Black Lives Matter vs. All Lives Matter en ‘Doublethink’

Deur Bernard Pieters

(Foto: AP Photo/Alex Brandon, File)

Doublethink is ʼn woord wat sy ontstaan in George Orwell se boek 1984 gekry het. Dit is ʼn proses van indoktrinasie waar daar van die persoon of groep verwag word om dit wat onwaar is, as waar te aanvaar, of om terselfdertyd twee teenstrydige oortuigings as korrek te aanvaar, dikwels in stryd met dit wat ʼn mens se eie herinneringe of sin van die werklikheid is, deur feite te ignoreer of oor te skryf.

President Cyril Ramaphosa sê vandeesweek dat alle moorde, dus lewens, saak maak. Dit kom kort nadat hy sy steun aan die Black Lives Matter (BLM)-groep uitgespreek het. Rachel Kolisi, vrou van die rugbyspeler Siya Kolisi, sê All Lives Matter (ALM) “stinks of white privilege”.

Het president Ramaphosa dan nou volgens haar ook “white privilege”?

BLM-ondersteuners in die VSA het ʼn jong ma van 24 doodgeskiet nadat sy gesê het dat alle lewens saak maak. Is Ramaphosa dus nou pro-BLM of pro-ALM? Want die BLM en die linkse groepe en individue in Suid-Afrika is duidelik van mening dat jy nie albei kan ondersteun nie.

ʼn Medestigter van die BLM-beweging beskryf haarself as ʼn opgeleide Marxis en kommunis. Die teorie leer duidelik dat die doel van kommunisme die omverwerping van kapitalisme deur ʼn revolusie is. Tydens die onwettige besetting van die Capitol Hill Autonomous Zone (CHAZ) in Seattle het betogers gesê hulle is bereid om als te doen wat nodig is om hul doel te bereik. Kommunisme fokus ook op die uitwissing van geskiedenis, geloof, persoonlike eiendom en vryheid van spraak.

Die BLM het reeds talle standbeelde verwoes, kerke gevandaliseer en ook diefstal gepleeg – laasgenoemde word as ʼn “unplanned donation” beskou.

Vryheid van spraak word ook nou ingeperk deur veral tersiêre instansies en mediahuise wat sekere menings en terme as problematies en ongemaklik beskou (die “safe space”-idee).

(Foto: AP Photo/Rick Rycroft)

Die kersie op die koek is die BLM se beleid tydens die besetting van CHAZ. Lesers sal onthou hoe dié en ander linkse elemente in die VSA die muur op die suidelike grens van die land veroordeel het en rassisties van aard genoem het. Tog was ʼn muur een van die eerste infrastruktuurveranderings wat hulle aangebring het om mense van wie hulle nie hou nie, uit te hou. Hulle het ook jare lank die ontwapening van die VSA ondersteun en wil nou hê dat die polisie ontbind word of hulle befondsing drasties besnoei word. Tog was ʼn gewapende groep veiligheidswagte ook een van die eerste veranderinge wat hulle ingestel het, en een van die eerste moorde was dié op ʼn swart 16-jarige. Onder andere is ʼn 14-jarige ook gewond.

Die meeste mense met wie ek al gepraat het wat die BLM ondersteun, ondersteun die beweging oor dit wat hulle sê en wat die media oor hulle berig. Die dade soos hierbo gelys en hulle ideologie word natuurlik nie deur agendagedrewe mediahuise gedra nie. Die meeste van hierdie mense ondersteun die BLM uit goedhartigheid en dink dat dit wat die BLM sê, waar is. Ongelukkig is dit nie die geval nie. Verduidelik aan ʼn BLM-ondersteuner waarvoor die organisasie staan en wys hulle dade uit eerder as om so ʼn persoon te kritiseer.

Stuur die artikel aan en oorreed hulle met die feite.

AfriForum Jeug se standpunt is dat die dood van enige onskuldige persoon verkeerd is. Wanneer “ras” of enige ander soortgelyke woord egter voor die woord “geregtigheid” gebruik word, is dit nie meer geregtigheid nie, maar ʼn politieke agenda waarvoor die dood van onskuldiges gebruik word.

  • Bernard Pieters is die bestuurder van AfriForum Jeug.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

tweeling ·

Shame Rachel Kolisi, miskien moet jy maar stilbly, klink al te veel na iemand want aandag soek.

Anoniem ·

Sal nie op hierdie forum vir haar kan sê waarna sy stink nie.

Net ek ·

Ek vermoed sy het lanklaas in die spieel gekyk, sy moet onthou sy is ook wit en deel van die sogenaamde previously white privilege.

Paul ·

Sielkundig moet mens verstaan wat Rachel sê en hoekom sy dit sê.

MakersMark ·

Rachel Kolisi, jy moet eerder stilbly. Jy sal nog leer die harde manier. Jy klink al klaar na ‘n anc politikus. Sluit een van die dae aan by die < 70 klub. En daar is baie lede.

Jeandre ·

Maar haar man het dan “black privilege” gekry om in die rugby span te wees.

MakersMark ·

Presies, en nie net “black privilege” nie kwota voordeel ook. Maar hy moes verskriklik “suffer” want die lynstaan calls was in afrikaans. Die lyding was onbeskryflik.

Die Wolf ·

In my opinie is BLM maar net n klomp juvenile delinquents wat aandag soek. Hoe minder aandag aan hulle gegee word, hou gouer sal hulle sterretjie verdwyn.

Snowball ·

Die wit vrou van die swart Springbok kaptein sê, wit lewens maak nie saak nie, want hulle mag nie dieselfde reg, voorregte he as swart nie, want dít kom neer op white privilege????? Ragel, moet miskien ‘n kusrsus in kritiese denke doen. Dit moet moeilik wees om ‘n gebalanseerde verhouding te hê met enige mens of jouself wanneer jy jou eie aard so moet misken om ook darem net iets te kan sê.

Anoniem ·

Nou wonder ek net in watter groep sal haar kinders val want hulle is nie “Black” nie ?en is ook nie “White” nie.

Chris ·

Rachel o Rachel. Living Life is a choice. If you make a bad decision in life, admit it, stick to it and get over it. Sue your parents for raising you as a privilaged white peson. Join your parents in law wherever they are from.

Frans ·

Wat sê ‘n voormalige burgermeester van New York?That’s former New York Mayor Rudy Giuliani offering his perspective to Fox News on rising concerns that police disproportionately kill black Americans.

“The unarmed shootings — which are the ones that are the troublesome ones — there are only 9 of them against blacks — 20 against whites in 2019. So that‘ll give you a sense. Meanwhile, there were 9,000 murders of blacks, 7,500 of which were black-on-black,” Giuliani told Fox’s Ed Henry during a recent interview.

Chris ·

Die “white privileged” verstaan; Verstaan diegene wat BLM steun, aanhits en skuldig is aan verwante misdade?

Niklaas ·

Die Rachel Kolisi kan gerus maar haar smoel hou. Oor plaasmoorde sal sy net so tjoepstil wees as ou Francois Pienaar. Nie mooi seker watter tipe boodskap wil sy lewer nie. Dalks te min in die kalklig. Haar man sou in elk geval dalks erg gesukkel het om plek in Engeland of Ierland se span te kry. Dalks moet sy dit eerder onthou.

Objektief ·

Miskien moet die “white privilege” geld uit rugby verdwiyn dan gaan haar “black privilege ” huisie en karretjie ook verdwyn. Laat die BLM beweging maar die geld aan haar en haar ma voorsien.

Ek weier om enige rugby of krieket wedstryd by te woon en het ook my DSTV gekanseleer, so geen “white privilge” geld van my nie

Pieter ·

Mense se lewens was nog nooit, en sal ook nooit, belangrik wees vir politici. Alles gaan net oor watter politieke wins hulle daaruit kan kry. anc is maar een uitstekende voorbeeld daarvan. As die stem datum nader kom, gaan hulle weer by almal witvoetjie soek!!

Pieter ·

Al “privilege” wat ons wittes het is om hard te werk, belasting te betaal en nog geld uitdeel sodat die res net kan “demand”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.