Bly koelkop

land-grond-landbou-deur-edouard-tamba-unsplash

Foto: Edouard Tamba/Unsplash.com

Die skrywer van Spreuke 15 vermaan ons in die 1983-vertaling van die Bybel: “ ’n Sagte woord keer die grimmigheid af; ’n krenkende woord laat die toorn ontvlam.” Dit is goeie raad in hierdie dae van verhoogde spanning oor die kwessie van onteiening van grond sonder vergoeding.

Die debat oor grond word tans deur onbeteuelde taalgebruik gekenmerk. Die aanvang daarvan is gewoonlik die stelling dat dit ’n emosionele kwessie is, en vandaar laat die spreker of skrywer hul taalluste botvier. Dit geld alle kante – diegene wat onteiening sonder vergoeding ondersteun, en diegene wat dit teenstaan.

Voorbeelde die afgelope week het gekom van diegene in die EFF wat gewoon meen dis ’n kwessie van noodwendige afrekening en regstelling van foute van die verlede om kaart en transport af te vat by mense wat vir grond betaal het en produktief daarop boer – mense wat hulle as “plunderaars” en dies meer afmaak – aan die eenkant, en van sommige boere op die kongres van Vrystaat Landbou wat die regering bestempel as “die vyand” wat op hul grond as sulks behandel sal word.

Die huidige verloop van die grondverhore toon dat die EFF besig is om hulself te isoleer deur hul uitlokkende gedrag, wat ook die lawaaierige ontwrigting en vertraging van sittings ingesluit het. Dit is vir almal duidelik dat die EFF probeer om die kwessie, en die openbare sittings daaroor, aan te gryp om hul beperkte steunbasis deur opswepery uit te bou. Dit is ook duidelik vir die ANC, ten koste van wie sulke stemme gewerf word, en dis besig om groeiende weerstand teen en selfs weersin in die ANC te ontlok.

Aan die anderkant gaan die vegterstaal deur sommige boere hulle ook nie goed bekom nie. Dis seker lekker om jou mond van tyd tot tyd behoorlik uit te spoel en stoom af te blaas, maar dis baie teenproduktief. Wat is jou doel met die oefening? Tog seker om onteiening sonder vergoeding te help keer? Gaan dit gebeur deur jou belediging van die mense wat die besluit moet neem – die regerende party met ’n volstrekte meerderheid in die parlementêre arena waarbinne hierdie stryd afspeel? Waarskynlik nie.

Daar is ’n ander manier om die stryd te voer, naamlik op ’n besliste en feitegedrewe vlak, in beskaafde en versoenende taal. Nou sal die emosioneles aan albei kante – want dis ’n hoefystersituasie waar die grofste teenstanders se gedrag mekaar eintlik weerspieël – hulself dadelik opruk met die klaarblyklike belediging dat so iets “politieke korrektheid” beteken, wat in hul taal “kruiperigheid” beteken.

Maar hulle sou die pot mis sit. Deurdagte en kalm taalgebruik is geensins ’n teken van swakheid en kruiperigheid nie. Dis ’n teken van beskaafdheid en volwassenheid, soos die in toom hou van emosie eintlik deurgaans is. In die konteks van die gronddebat sou mens kon aanvoer ordentlikheid kos niks. Ter stawing, die begin en einde van Rudyard Kipling se gedig “If”:

“If you can keep your head when all about you  

Are losing theirs and blaming it on you,  

Yours is the Earth and everything that’s in it,  

And – which is more – you’ll be a Man, my son!”

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jerry ·

Goeie raad om koelkop te bly, maar ongelukkig gaan dit nie vir Afri-Forum geld wat reeds kop verloor het nie, want as jy reeds kop verloor het is die kanse uitstekend dat jy ook jou onbenutte grond gaan verloor.

Boerboel ·

Beste Jerry, die ANC kan nie gepaai word nie. Dit werk nie. CR is ons vyand nie ons vriend nie

Liberaal ·

Jerry my liberale linkse vriend, wie betaal jou om hier kommentaar te lewer en die Afrikaners te probeer beinvloed, ‘n Nuwe Wereldordegroep of die ANC?

Henry ·

Ek stem allie pad met die skrywer saam.
Maar.
Hoe werkbaar/toepaslik is Kipling se uitstekende raad, wanneer sy boodskap aan mense gerig word wie se enkulturasie proses hemelsbreed van Kipling en geesgenote s’n verskil?
Mense wie se onderdanigheid aan stamhoofde, duidelike ooreenkomste toon met eeue gelede se Feodalestelsel, gekoppel aan ‘n goeie skeut geweldadigheid om die “boodskap” deeglik tuis te bring?
:-)

Frikkie ·

“If—” first appeared in the “Brother Square Toes” chapter of the book Rewards and Fairies, a collection of Kipling’s poetry and short-story fiction, published in 1910. In his posthumously published autobiography, Something of Myself (1937), Kipling said that, in writing the poem, he was inspired by the military actions of Leander Starr Jameson,[4] leader of the failed Jameson Raid against the Transvaal Republic to overthrow the Boer Government of Paul Kruger. The failure of that mercenary coup d’état aggravated the political tensions between Great Britain and the Boers, which led to the Second Boer War (1899–1902)- Wikipedia

Wys jou net hoe inspererend ons Boere iemand kan maak!

B ·

Frikkie, jy klop my met ‘n paar minute, ek wou nou net dieselfde kommentaar lewer :)

(Dat ironies genoeg was die gedig geinspireer deur ‘n verlore Engelse geveg teen die Boere, wat toe weer aanleiding gegee het tot die Anglo-Boere oorlog. )

Dallk is dit profetiese woorde?

Gerhard ·

Die bg. sou dalk van toepassing wees as daar ‘n debat was, daar is egter nie. Wat besig is om te gebeur is sleg oëverblindery om te lyk of daar ‘n debat of regverdige proses is. Wanneer dit klaar besluit is deur die regerende party dis daar tog geen debat meer nie. ‘n Meer akkurate vergelyking sou die Kaal Keiser situasie wees, waar sommige hulself wysmaak dat as hulle nie kan sien die Keiser is gekleed nie dan sal mense agterkom hulle is dom.

Andrea ·

Presies! Die Keiser deur Barto Smit vervat die situasie in die land perfek

Kalahari Kind ·

Die ergste is dat sekere instellings en mense wel val vir die keiser se oëverblindery.

Celtis Africana ·

Met die Bybelse aanhaling asook die algemene trant van die artikel kan n mens nie verskil nie.
Die praktyk egter, dwing jou om op n werklikheids en waarheidspelgrimstog te gaan waar koue feite bepaal word en strategië vir oorlewing rondom dit gebou word.
Woordgetrou moet ons die ander wang gaan draai wanneer ons op die een geklap word, twee myl gaan saamloop indien een myl van ons afgedwing word en ook die onderkleed gee indien die bokleed van ons geëis word,
Dan sit ons met die gelykenis van die onregverdige regter wat toegegee het en reg aan die weduwee gedoen het nadat sy sonder ophou haar saak voor die regter gebring het.
Leef en laat leef is sekerlik die goue draad van Bybelse riglyne. Waarheid en geregtigheid die fondasie vir rigting. Dus is die aktivisme van die waarheid aan die buiteland geregverdig, synde ons plaaslik met n vyandige, vernietigende en leuenagtige omgewing te doen het. Hierdie aktivisme was nog altyd in die milieu van die waarheid gedoen, met die bal wat gespeel word. (Feite)
Wat egter die stok in die fietswiel is, is wanneer met halwe waarhede omgegaan word.
Wanneer die die tafel word gedek met vreemde eetgerei gaan dit tog maar tot gevolg gaan hê dat jy jouself bemors.
Wees opreg soos duiwe en versigtig soos slange.
Ons Verlosser het gesterf vir die waarheid, nadat die leuen voorgehou is as die waarheid ten einde Hom aan die kruishout te kry.

Liberaal ·

Die beste manier om ‘n volk uit te skuif is om hulle heeltyd te vertel als gaan reg wees terwyl hulle stukkie vir stukkie, skool vir skool, werk tot werk, stelselmatig getransformeer word. Maar dis ons geheim…

Mornay ·

En dis presies wat hulle doen. My swart kollegas het dit met my bevestig. ‘n Padda in a pan waarvan die water stadig na kookpunt gebring word. Ons boere sal eventueel wakker skrik nadat ons alles verloor het. Kyk na regstellende aksie. Nerens in die wereld word dit toegepas teenoor n minderheid tot voordeel van n meerderheid nie en ons aanvaar dit. Ons boere het geen rugraat meer nie. Niks meer as n klomp lafharte wat klou aan ons geld en status terwyl die Titanic sink nie. En dan is daar nog wat Afriforum kritiseer ook terwyl hulle skitterende werk doen vir ons boere. Elk geval laat die kritiek kom van die “keyboard” soldate af …. pffft

Oudste ·

In Spreuke staan daar ook dat jy nie met ‘n dwaas moet redekawel nie. sodat jy nie ook as ‘n dwaas gereken word nie.

Etienne Prinsloo ·

Kobus, waarskynlik die beste stuk kommentaar op hierdie skrywe. Jerry “the appeaser feeding the crocodile” se benadering sou toegelaat het dat die ANC doodeenvoudig oor almal gestoomroller het. Diegene, soos Afriforum het die kollig op hulle geplaas en hul grondgryp aan internasionale “scrutiny” onderwerp.

Erick ·

Dieselfde Bybel sê ook dat jy die moeilikheidmaker moet verwyder sodat die moeilikheid kan stop.

Johanna Botha ·

Afriforum het dan presies dit gedoen . Hulle het die feite aan die buiteland bekend gemaak ….hulle het niemand verskreeu of beledig nie ……feite is rustig en op beskaafde manier deurgegee !

Pietman ·

Hierdie redenasie sou sin maak as daar twee partye is wat debatteer vanuit ‘n gemeenskaplike grondslag. In hierdie geval is die aanhoudende rustige saampratery bloot ‘n manier om die paddas in die pot te hou terwyl die water na kookpunt toe verhit word.

Neewat! Spring eerder uit in plaas daarvan om rustig te wil redeneer oor hoe warm die water nou eintlik is…

John ·

… versoenende taal… Die prez self het in ‘n middernagtelike eskapade die ANC se geheime planne oor die reenboognetwerk uitgeblaker; die prentjies deur die etermuur laat bars vir almal om te sien en hoor. Daar was ‘n lys van plase, vir watter doel ook al… miskien wou CR net by die boere gaan teedrink het en nou is die fun gespoil… maar iemand het dit opgestel. Die prez het die vure aan die brand gesteek en mense emosioneel gedestabiliseer vandaar die woede en skok. Nou moet die boere kalmeer en hul mooi gedra en rustig oor hul lot en ondergang besin en gesels. So is daar in 1993 ook gemaan en ge-oo en ge-aa en ge-saam. Die president het nog nie sy woorde teruggetrek nie. Dit is nie Trump wat woorde in CR se mond gele het nie. Nou moet Trump ‘met sy langhare’… sy woorde terugtrek. Hoe neerhalend en swak van die kruiperige witdoekbende om sulke gedrag te openbaar. Deur 100kmpu in ‘n muur vas te ry kry jy ‘n 100kmpu hou terug… en dalk nog erger as jy in ‘n ou Afrika-tjor sonder veiligheidsgordels ry.

Jerry ·

Fox news het n ommekeer gemaak en se nou dat boere in SA nie onteien word sonder vergoeding nie. Waar laat dit Afri-Forum nou? Geisoleerd en met n geloofwaardigheidskrisis! Vir almal wat so graag die waarheid aanhaal, die forum het gelieg!

Jerry ·

Ongelooflik hoe julle die waarheid graag aanhaal ter ondersteuning van Afri-Forum wie se geloofwaardigheid n lelike knou toegedien is deurdat Tucker van Fox news nou omgedraai het en die ware toedrag van sake mbt OSV gebeeldsaai het. Afri-Forum se geloofwaardigheid was en is nog altyd onder verdenking en die feit dat dit nou bevestig is dui daarop dat die forum onbevoeg is om van voor af te lei, juis deurdat hulle die buiteland, Fox news en vir julle mislei het! Die slimjanne van die forum het heel gepas hulle eie doppie geklink!

Gerhard ·

Jerry. Niemand is geïsoleer nie, behalwe linkse Afrikaners wat nêrens meer inpas nie.

Hendrik ·

Waar het Afriforum gelieg of nie die waarheid verkondig nie? Fox news en spesifiek Tucker het dit groter opgeblaas as wat Afriforum gesê het.

John ·

Sjoe, die logika van ons ou volkie. AfriForum moet dus nie die waarheid plaas nie… die ANC doen en sal. Laat dit dan bekend wees dat elke boer wie se plaas afgeneem word deur die ANC of Fox News uitbetaal sal word. Dagvaar Foxie en sy base. Waar kom die gesegde vandaan: Twee-‘mond’-jakkals?

Erick ·

Gaan doen julle huiswerk. CNN is die linkervlerk en FOX die regtervlerk van een en dieselfde voël.

Francois vRvO ·

Goei artikel met putkos vir die wat ‘n oor het om te hoor.
Gister het my swart kolega my kom aanval in my kantoor en my vertel hoe sy voorvaders van grond verwyder was. My antwoord dat van ons grond ge-erf het , het hom ontstook en hy vertel my dat ons vir ons voorvaders se sondes moet boet.
My antwoord vir hom was dat waneer gaan dit ophou , Hy wil my kom dood maak omdat my voorvaders sy voorvaders weg gejaag het toe hulle wou plak.
Ek het hom verduidelik dat hierdie praatjies genoeg is om hom in ‘n moordenaar te verander en as hy eendag dood gaan moet hy dieselfde storie verduidelik aan die een wat gaan oordeel of hy Hemel of hel toe gaan.
Hy sal ook moet verantwoording doen vir al die Zimbabweers wat hy gemobiliseer het om te moor ,met daardie storie.
Hy probeer altyd my laat skuldig voel omdat ek wit is en ek skuld hom iets , maar ek glimlag net en loop weg.
Die verkeerdste ding om vir hom te se sal wees dat ons nie skaam is dat ons wit is nie , dat die voorvader wat ons aanbid geen sonde gehad het nie , dat ons meer seeninge ontvang omdat ons sy gebooie onderhou.

Jerry ·

Oubaas se Boerboel honne het vreeslik gebollie, maar oubaas bly koelkop terwyl hy met baie geduld hulle die leviete voorlees en met groot omsigtigheid die honne se bollie verwyder!

Essa ·

Dapper siening Jerry. En jy gee die manne en vroue ‘n forum om hulle menings en griewe te lug. Bly vir jou onthalwe daar is nie virtuele vrot eiers om mee te gooi nie ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.