Bly of gly?

tasse-tonnel

Foto: Mantas Hesthaven/Unsplash.com

Erik Coetzee van Bloemfontein skryf:

Ek besef hierdie onderwerp is al baie gedebatteer en dat almal hul eie opinies het, maar hier is my storie.

As ’n professionele man van in my dertigs, getroud met ’n professionele vrou en twee jong seuntjies, gaan nie ’n dag verby wat ek nie dink aan emigrasie nie. Ek glo ons is in staat om te emigreer, maar om een of ander rede het ek nie vrede daaroor nie. Tog bly dit by my spook. Inteendeel, die gedagte put my uit!

Ons lewe ’n goeie, bo gemiddelde lewe. Ons albei het goeie werke, en daar is ’n tekort aan ons beroepe, so ons leef nie in vrees vir afleggings nie. Ons beleef ook nie dikwels rassisme nie. Ons kinders is gelukkig in hul skole en die meeste van ons familie bly binne ’n radius van 10 km van ons af. Ons was ook nog nie slagoffers van ernstige misdaad nie en leef in ’n redelike veilige omgewing waar kinders wel nog fietsry in die strate. Ons geniet ook meestal die diversiteit van Suid-Afrika se mense.

Aan die ander kant is ons duidelik bewus van misdaad. Word yskoud wakker snags as ons ’n geluid in die huis hoor. Ons is bekommerd oor ons twee seuntjies se toekoms in hierdie land, alhoewel ons vertroue in die Here bly. Hulle sal seker moet gaan studeer by ’n universiteit wat met doringdraad omhein is soos reeds die geval by Kovsies. Ek weet ook dat indien hulle sou wou, hulle dan eendag kan emigreer. Ek kan ook sien hoe alles agteruit gaan om my en was al oorsee en kan dit vergelyk.

Ek is bang ons beleef ’n ‘leë’ en doellose gevoel as ek emigreer sonder my mense, maar in ’n land waar alles werk. Hier voel my hart vol en gelukkig en is ek amper bereid om saam met die onsekerheid en misdaad te leef – al klink dit vreemd. Die hele wêreld voel vir my deurmekaar en navorsing toon dat emigrante in Aus en NS se nasate ’n goeie kans het om nie meer Christene te wees nie. Wat help dit dan hul is veilig, maar nie gered nie?

Dis moeilike besluite, maar vir nou, en my emigrasie tyd hardloop uit, bly ek eers in Suid-Afrika. Dalk is ek blind en ’n volstruis, maar ek het nog bietjie hoop! Vir nou …

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

55 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gemaskerde Sopbeen

My Pa sou jou gevra het “Wie probeer jy oortuig? Wel, dit werk…”

Anoniem

Presies my hart verwoord……Durf nie gaan as ons nie vrede het dat dit God se wil is nie…..maak nie saak wat sê wie nie! Ken baie mense in ander lande….verlange na jou se mense EN ons klimaat is iets waaroor hulle nie graag “spog” nie.

Salamander

Moenie wag nie! As jy jou oë uitvee, is jy 45! Dan raak jou kanse al minder en kort voor lank is jy oor die 50 en dan is daar bykans geen kans meer nie!

AV

“Where The Heart Is”

Maybe other streets are wider
Than these narrow streets I know
Still you’ll find here, ties that bind here
Where the heart is

Maybe other lights are brighter
Than these streetlights row by row
All I know is, this is home it’s, where the heart is

Maybe other grass is greener
And what if it is?
I belong here, right or wrong here’s
Where the heart is

Maybe other grass is greener
And what if it is?
Well get by here, laugh and cry here
Where the heart is
We’ll thrive here, it’s alive here’s
Where the heart is
-Prefab Sprout.

My opinie

Geagte Erik – My situasie lyk baie soos joune. Waar ek vrede in my hart gekry het is dat of 1) ek groet my dogter op die lughawe as sy 18 word sodat sy ‘n lewe kan lewe waar sy nie gehaat voel in haar eie land nie en kan studeer wat sy wil; en sodat sy ‘n veiliger toekoms kan hê vir haar en haar familie; of 2) ons emigreer nou en ek kan saam met haar haar toekoms kan beleef en nou al verseker dat sy beter vooruitsigte het. Moenie wag tot jy of jou familie sit in… Lees meer »