Brexit: ‘Dis ongenadig moeilik om die EU te verlaat’

Argieffoto

Toe die Britse kiesers in 2016 met ’n effense meerderheid ten gunste van uittrede uit die Europese Unie (EU) gestem het, het talle mense luidkeels gejuig. Dis ’n keerpunt in Europa se geskiedenis, was die euforiese gevoel.

Die ironie was dat dié gejuig aan albei uiterstes van die politieke spektrum weerklink het. Linkses het ewe entoesiasties as regses gejubel.

Elke groep het sy eie motiewe gehad.

Die linkses sien die EU as ’n kapitalistiese Molog, ’n sameswering van die rykes en magtiges om die gewone Jan en alleman onmondig en onmagtig te hou. Die EU moet afgebreek word om die sosialistiese paradys in sy plek op te rig.

Van regs is die EU ook gesien as ’n sameswering van die geldmagte, maar dan om alle “natuurlike” grense tussen volke af te breek en alle mense tot ’n grys, vormlose en manipuleerbare massa te omvorm. Dis ’n noodsaaklike stap onderweg na ’n “eenwêreldregering”, is die geluid wat ’n mens vanuit dié geledere hoor.

Albei is verkeerd. Die EU en sy voorgangers, die Europese Steenkool- en Staalgemeenskap (ESSG, 1951) en die Europese Ekonomiese Gemeenskap (EEG, 1957) is gebore uit die smeltkroes van die twee verwoestende wêreldoorloë wat die vasteland en ’n groot deel van die res van die aarde in ’n goeie imitasie van die Bybelse Armageddon omgeskep het.

Toe die wêreld in die begin van die jare vyftig van die 20ste eeu al steierende op sy voete begin kom het, het verstandige leiers voelers na mekaar uitgesteek met die eenparige boodskap: Nooit, nóóit weer mag dit gebeur nie. Dit het groot geeste ingesluit soos Winston Churchill, Charles de Gaulle, Konrad Adenauer, Robert Schuman en andere.

Die ESSG en EEG het op beskeie skaal begin met ses lidlande, te wete Wes-Duitsland, Frankryk, Italië, Nederland, België en Luxemburg. Brittanje het in 1973 lid geword, en allengs het steeds meer lande toegetree totdat dit tans (saam met Brittanje) uit 28 lidlande bestaan.

Toe die EEG in 1991 tot die EU omvorm is, was daar politici wat met vergesigte oor ’n Verenigde State van Europa rondgeloop het. Enkele koester steeds só ’n hoop, maar verreweg die meeste het intussen ingesien dis geen praktiese politiek nie; daar is eenvoudig geen steun onder die bevolkings daarvoor nie.

Tog het die ontwikkeling van die ESSG tot die EU gepaard gegaan met ’n rasionele eenwording van Europa se ekonomie.

’n Sentrale pilaar van die EU se bestaan is die vrye beweging van mense, goedere en geld binne die groep se grense. Die afsonderlike ekonomieë van die 28 lidlande bestaan prakties nie meer nie; dis tot één enkele ekonomie vervleg.

Die oorspronklike onderliggende idee bly staan: Maak dit onmoontlik dat Europa ooit weer ’n grootskaalse oorlog beleef.

Die ontwikkeling het ’n belangrike implikasie: In teorie bly die lidlande elkeen soewerein en behou elkeen die reg om sy lidmaatskap van die EU te kanselleer. Dié teorie sal bly. Maar Brexit wys dat die praktyk grense daaraan stel.

In die jare sedert 1973 het Brittanje se ekonomie so vervleg met dié van die res van Europa geword dat Brexit – sekerlik as dit sonder ’n behoorlike egskeidingsooreenkoms gebeur – vergelyk kan word met ’n arm wat met geweld van ’n lyf afgeruk word.

Dis nie die eerste keer dat iets dergeliks gebeur nie.

Voor 1914 was die Weste ook besig met ’n globaliseringsproses, een waarin ekonomieë steeds afhankliker van mekaar geword het. Dis wreed deur die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog tot ’n einde gebring.

Ná 1918 het politici op groot skaal invoertariewe gebruik om hul eie ekonomieë te beskerm. Dit was een van die redes vir die yslike omvang van die Depressie van die jare dertig, wat bowendien deur ’n tweede wêreldoorlog – en ongelooflike verwoesting – opgevolg is.

Toe die Britte in 2016 vír Brexit stem, is hulle verlei deur leuenagtige populiste soos Boris Johnson, wat op hul nostalgie oor hul imperiale verlede gehamer het. Brittanje moet weer onafhanklik word, was sy en ander “Brexiteers” se boodskap.

Wat hulle nié gesê het nie, is dat hul land reeds te diep in die Europese ekonomiese maalkolk ingesuig was. En ’n mens sien nou reeds hoe die afskeiding ’n groot politieke en ekonomiese chaos veroorsaak.

Die kompromis-dokument waartoe die Britse regering met die EU ooreengekom het, is van sowel links as regs aangeval. Die regses verkeer steeds onder die illusie dat Brittanje ook in die praktyk ’n soewerein onafhanklike land kan bly; die linkses sien ’n kans om die Tories uit die regering te kry.

Dis twyfelagtig of premier Theresa May die storm sal kan oorleef. En as dit op nuwe verkiesings uitloop, is die kans goed dat die volgende premier die harde Marxis Jeremy Corbyn kan wees.

Intussen het Brexit – altans as ’n mens dit vanuit ’n vastelandse Europese perspektief bekyk – wel een goeie uitwerking gehad.

Nadat die Britte tot Brexit besluit het, was daar onder die Europese ekstremistiese linkses en regses taamlike opgewondenheid oor Frexit (Franse uittrede), Nexit (Nederlandse uittrede); Dexit (Deense uittrede), Ixit (Italiaanse uittrede), ensovoorts.

Daardie geluide het min of meer stil geword. In die gerespekteerde Duitse nuustydskrif Der Spiegel skryf die bekende politieke kommentator Henrik Müller (skrywer van heelparty boeke): “Die Brexit-ooreenkoms openbaar ’n eenvoudige saak: Die Europeërs vorm al lank ’n lotsverbonde gemeenskap wat hom nie so maklik laat ophef nie.”

Hy gaan voort: “Die lande van Europa is intussen so nou vervleg dat dié verbindings eintlik nie meer gebreek kan word nie, in elk geval nie teen ’n prys wat enigsins verduur kan word nie.”

En in die Nederlandse kwaliteitsdagblad NRC-Handelsblad skryf Caroline de Gruyter (iemand wat ’n buitengewoon nugtere rubriek hanteer): “Wie die Brexit-chaos ’n bietjie volg, begryp wat vele EU-kenners voorspel het: Dis ongenadig moeilik om die EU te verlaat.”

Sy haal die Britse ouddiplomaat Robert Cooper aan: “In ’n wêreld waar almal afhanklik is van iedereen, is dit onmoontlik om jou in jou eentjie te onttrek.”

En dus, sê De Gruyter, het die oproepe om die EU te verlaat, stil geword.

Feit is: Brexit het die EU in ʼn sekere sin ’n guns bewys. Dit het aangedui wat die prys is wat jy vir uittrede betaal. En selfs die ekstremiste is dus op die agtervoet gedwing.

Of ’n mens nou van die EU hou of nie, hy is ’n onverbiddelike feit van die lewe. My voorspelling is dat hy nie so maklik uitmekaar gaan val nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stephan de S ·

Dankie Leopold.
Dit mag wees dat jou samevoeging van n aantal feite billik en korrek is.Maar dit mag ook later blyk dat jy belangrike veranderlikes of misgekyk of verswyg het. Net die tyd sal dit uitwys.

Pietman ·

So die Britte kan nie skei nie. Waarom nie? Te vervleg? wat beteken dit? lyk meer of sekere elemente in die Britse regering en die EU die Brexit wil saboteer. May was dan in die begin gekant teen Brexit maar moes die skeiding bestuur. gin wonder daar is nie vordering nie.

nico k ·

Uitstekende artikel. Dit is ongelukkig so dat geen land ekonomies kan alleen staan nie. So om dan ‘n groep te vorm maak hul bedingings mag sterker. Dit is ook waar dat politieke eenheid ‘n onpraktiese droom was. En ek wonder of die toelating van al die Oos Europese lande nie tot nadeel van die groep was nie. Die aanvanklike groep was redelik op dieselfde ekonomiese vlak.

Frans C ·

Daar is ‘n veel groter onderliggende probleem en dit is die instroming van vreemdelinge
oor die oop grense wat alhoemeer in kompetisie met plaaslike inwoners raak.
‘n Goeie voorbeeld is bv die stad van sommige van my voorouers. In 2018 was die bevolking van Amsterdam 49.5 % Hollands en 50.5% vreemdelinge.

Nou kan ‘n mens maar kwik en kwaak soos jy wil en my enigiets onder die son noem wat jy wil, maar die 50.5% vreemdelinge is nie my voorouers nie.Trouens die stad met ‘n ryke en roemryke geskiedenis loop gevaar om totaal te verswart en kan in die toekoms netsowel ‘n stad in Afrika gewees het.

Dit is vir my nie die moeite werd om die opofferinge te maak terwille van ekonomiese
voorspoed , om te keer dat een mal man soos Hitler wat in reaksie op die behandeling
wat Duitsland na die 1ste wêreldoorlog van sy huidige vriende gekry het weer eens sal opstaan om Europa in chaos te dompel.

Trouens as die huidige vriende betyds aandag op die waarskuwings gegee het kon ‘n 2de wêreldoorlog vermy gewees het.Ongelukkig het die waarskuwings soos in Suid Afrika op dowe ore geval met rampspoedige gevolge vir beide.

Twakkie ·

In die kol, Frans C. Niemand het ‘n probleem met die EU gehad totdat hulle beleid van oop grense oral massas Derdewêreldse ekonomiese vlugtelinge uit mislukte state toegelaat het om eeue-oue Europese beskawings met hulle primitiewe, dikwels gewelddadige kultuur te kom oorweldig nie. En soos in die VSA, verswyg die hoofstroommedia die onbeskaafde inkommers se vergrype en beskuldig die gevestigde Europeërs van die gewone stel -ismes waarin die linkse media spesialiseer by gebrek aan gegronde argumente. As ‘n mens die hoofstroommedia ignoreer en die vele video’s van konserwatiewe groepe sien oor die ware toedrag van sake in die stede waar die migrante ‘n skrikbewind van vernietiging en geweld voer, lê ál jou simpatie dadelik by die lank gevestigde inwoners van dié lande. En voel jy net veragting vir die linkse media en linkse ideoloë wat meestal die middele het om die gevolge van die Derdewêreldse migrasie te vermy of te ontsnap. Dit is altyd die gewone, armer en middelklas-mense in dié lande wat die spit moet afbyt. Soos ons boere met die plaasmoorde. Die geskiedenis van die EU en die ekonomiese en ander gevolge van Brexit het niks met die werklike, huidige probleem te doen nie en Boris Johnson en Nigel Farage, en tans ook ander Tories, gee bloot om vir hulle mense. Soos pres. Trump in die VSA.

DewaldS ·

Ja – wat julle sê dra baie meriete. Ek kan twee moontlikhede sien.

Die eerste moontlikhied is dat die redes vir die EU se vorming die redes is soos wat Leopold hierbo noem. Uit daardie perspektief is dit verskriklik moeilik om te verstaan hoekom die Europese leiers hierdie oorstroming uit 3e wêreld-lande toegelaat en selfs aangemoedig het. Dit het dan mos nou die projek gesink?

Die tweede moontlikheid is dat daar van die begin af ‘n ander agenda was en dat die oorstroming heeltyd deel van die plan was. Daardie agenda is dan seker die NWO agenda..?

aj ·

Engeland was verplig om die EU te verlaat ter wille van oorlewing.

Die onbeheerde instroming van miljoene armlastige buitelanders het veroorsaak dat die nasionale bronne uitgeput is. En dit deur andersoortige mense wat nie kan (of wil?) inskakel by die Britse stelsel nie.

Dit sou op ‘nasionale selfmoord’ uitloop indien die Britte nie die indringer-‘tsunami’ kon stop nie.

Brexit gaan oor OORLEWING!

Andre ·

Waarom sukkel die wêreld só met miljoene vlugtelinge?

Afrikane en Suid Amerikaners vlug na Europa en die VSA omdat hulle lande se regerings MISLUK het.

In plaas van die “simptome” van massa migrasie te probeer ‘dokter’ behoort die wêreld eerder die oorsaak nl. BOSE REGERINGS reg te maak.

Dit is tog baie makliker, goedkoper en BETER om disfunksionele regerings te vervang as om miljoene honger en ontheemde burgers te probeer akkommodeer?

In die onlangse verlede is baie disfunksionele regerings suksesvol (tydelik) vervang met ‘n onpartydige VN administrasie.

Suid Afrika sal ook kan baatvind deur die korrupte, onbevoegde ANC regime te vervang met ‘n onpartydige, professionele VN administrasie.

Tydelik!

Charles ·

Die ironie van die situasie; (en daar moet gese word; ten spyte van die besbedoelde andersluidende neutrale probeerslae daartoe) EN toonkrul-lekkerkry gevoel;kan mens TOG NIE verbygaan nie!

OF die VK,(wat voorheen by uitstek die imperiale mag was)maak ‘n harde Brexit(met redelike onstuimigheid onmiddellik daarna-maar op die ou einde SOEWEREINITEIT!) of hulle word ‘n EU kolonie of vassaalstaat-met EU reels betreffende watter grootte blokkies margarine hulle mag verkoop en verbruik,hoe groot trokvensters mag wees, onderdanigheid aan ‘n EU massa-immigrasie gelatenheidsbeleid, en ondergeskiktheid aan die Europese “Hof” en Brussel,terwyl hulle na 29 Maart 2019 GEEN SEGGENSKAP EN VERTEENWOORDIGING SAL HE IN ‘N ONVERKOSE BUROKRASIE WAT NOG STEEDS VIR HULLE SAL VOORSKRYF hoe hulle blokkies seep mag lyk vir ‘n aansienlike tyd daarna-en meer!-en by wyse waarvan hulle vir alle praktiese doeleindes hulle beheer oor Noord-Ierland (EN HULLE EIE LAND EN SOEWEREINITEIT) sal verloor- met ‘n sagte grens-[DIE EU VEREIS ‘N HARDE (EGTE) GRENS INDIEN DAAR ‘N “HARDE” BREXIT SAL WEES D.W.S. AS DIE VK DIE DOEANE UNIE VERLAAT,WAT DIE VK NIE KAN OF WIL DOEN NIE- DITTO DIE BEKENDE EN GEYKTE PROBLEEM VAN “IERLAND”-DUS GEBRUIK DIE “IMPERIALE EU MAG” HIERDIE HENGSE KOPSEER AS ‘N GOEIE “BARGAINING CHIP” OM DIE VK TE “HIET EN GEBIED”].

Hoe voel dit om aan die ontvangkant van imperialisme te wees vir die Britte?

Charles ·

Die ironie van die situasie; (en daar moet gese word; ten spyte van die besbedoelde andersluidende neutrale probeerslae daartoe) EN toonkrul-lekkerkry gevoel;kan mens TOG NIE verbygaan nie!

OF die VK,(wat voorheen by uitstek die imperiale mag was)maak ‘n harde Brexit(met redelike onstuimigheid onmiddellik daarna-maar op die ou einde SOEWEREINITEIT!) of hulle word ‘n EU kolonie of vassaalstaat-met EU reels betreffende watter grootte blokkies margarine hulle mag verkoop en verbruik,hoe groot trokvensters mag wees, onderdanigheid aan ‘n EU massa-immigrasie gelatenheidsbeleid, en ondergeskiktheid aan die Europese “Hof” en Brussel,terwyl hulle na 29 Maart 2019 GEEN SEGGENSKAP EN VERTEENWOORDIGING SAL HE IN ‘N ONVERKOSE BUROKRASIE WAT NOG STEEDS VIR HULLE SAL VOORSKRYF hoe hulle blokkies seep mag lyk vir ‘n aansienlike tyd daarna-en MET REDELIKE SEKERHEID meer-sien die oorgangsbepalings en -tydperk!- en by wyse waarvan hulle vir alle praktiese doeleindes beheer oor Noord-Ierland (EN HULLE EIE LAND EN SOEWEREINITEIT) sal verloor- met ‘n sagte grens-[DIE EU VEREIS ‘N HARDE (EGTE) GRENS INDIEN DAAR ‘N “HARDE” BREXIT SAL WEES D.W.S. AS DIE VK DIE DOEANE UNIE VERLAAT,WAT DIE VK NIE KAN OF WIL DOEN NIE- DITTO DIE BEKENDE EN GEYKTE PROBLEEM VAN “IERLAND”-DUS GEBRUIK DIE “IMPERIALE EU MAG” HIERDIE HENGSE KOPSEER AS ‘N GOEIE “BARGAINING CHIP” OM DIE VK TE “HIET EN GEBIED”].

Hoe voel dit om aan die ontvangkant van imperialisme te wees vir die Britte?

Gert ·

Onthou dat Britanje nie die Euro as geldeenheid gebruik nie. Om uit te kom, is vir hulle waarskynlik makliker as wat dit vir die lande sou wees wat die Euro gebruik. Veral Italie met sy buitensporige skuld mag dalk, sou Italie die unie en die Euro geldeenheid verlaat, nodig he om massas note te druk net om hulle rente te betaal. Dus sal hulle baie gou met ‘n swak geldeenheid skuld in ‘n sterker geldeenheid moet betaal. Die EU mag dalk wel inmekaar stort sou die drie groottes, Italie, Duitsland of Frankryk, onttrek.

Wat immigrante betref is die skade reeds gedoen: die immigrante se bevolkingsaanwas is veel meer as die Europeers s’n. Dit is net ‘n kwessie van ‘n paar dekades.

nico k ·

Charles jou standpunt is nie so eenvoudig nie. Britanje kon soewereniteit kies, met ‘n baie swakker ekonomie. En onthou toe die EU gestig is, was daar polities min verskil tussen Wes Europese state.
En ek wil net vir Andre sê dat jy heeltemal reg is, maar hoe raak jy ontslae van bose regerings. Ons glo tog in onafhanklike lande.
En dan die laaste punt, waar kom julle daaraan dat die EU glo aan oop grense. Dis nonsens. Oop grense tussen mekaar ja, maar nie vir die hele wêreld nie.

Frans C ·

Nico lees gerus https://www.citylab.com/equity/2016/02/european-union-open-border-belgium-checks-syrian-refugee-isis/470733/
Jy sal sien dat sommige lande reeds weer outydse grensbeheer begin toepas.
Ja een bou selfs ‘n muur.’Austria has already built a wall at its busiest frontier crossing with Slovenia, and last Friday it introduced a cap of 80 asylum applications per day, after which its border would be closed to further applicants.”

So Pres Trump is nie so gek soos mense hom uitmaak nie.

Andre ·

Nico k

Voordat miljoene wanhopige burgers landuit vlug behoort hulle die VN te petisioneer (versoek?) om die land onder administrasie te plaas.

En / of wanhopige landsburgers behoort die geleentheid te hê om hulle land se regering as onbevoeg te laat verklaar deur die Internasionale Hof.

Die Internasionale Hof moet in so ‘n geval gelas dat die onbevoegde regering abdikeer ten gunste van ‘n VN administrasie.

Die VN gaan sodoende enorme pyn en lyding van ‘vlugtelinge’ voorkom … en biljoene dollars vlugtelinghulp bespaar.

So ‘n meganisme gaan ook druk plaas op regerings om verantwoordelikheid te regeer in belang van AL die landsburgers.

Andre ·

Wanneer miljoene burgers hul land verlaat op soek na veiligheid in ander lande ..(. soos Afrikane na Europa, Suid Amerkaanse mense na die VSA)… veroorsaak hulle geweldige probleme in die gasheer lande.

Terselfdertyd verander hulle migrasie niks aan die ongunstige omstandighede nie, in hule eie lande.

Dit sou beter wees vir ALMAL indien die migrante in hulle eie lande aanbly maar onder die administrasie van die VN.

Dis tog baie makliker, goedkoper en BETER om ‘n VN administrasie in ‘n disfunksionele land te plaas eerder as dat miljoene burgers landuit vlug om weg te kom van ‘n PROBLEEM REGIME?

Dit het dikwels gebeur in die onlangse verlede dat disfunksionele lande onder administrasie geplaas is deur die VN. Dink aan Namibië, Hong Kong ensovoorts.

Marthinus Willemse ·

Drie van die baie redes oor die onvrede in Europa, is die manier hoe sekere Europese lande behandel word, Brussel se houding, en misdaad.
De Gaulle het gesê Europa strek van “die Atlanties tot by die Oerals”, en Marine le Pen het `n jaar of wat gelede dit herhaal. Dit beteken dat Rusland deel is, en hulle is weens Amerikaanse inmenging in die Oekraïne, op aandrang van die Amerikaners, uit die EU-organisasies geskop.
Brussel huisves `n horde burokrate, wat nie per verkiesing verkies is nie, maar dikteer hoe die Europeërs moet lewe.
Wat misdaad betref: `n Boelgaarse krimineel klim op `n vliegtuig, land in Nederland, beroof `n besigheid, vlieg terug Boelgarye toe.

Jerry ·

Terrorisme het die streep in die sand getrek vir Brexit. Vir die britte is veiligheid eerste prioriteit vir oorlewing, daarna volg ekonomiese oorwegings. As daar nou weer een of ander aanval plaasvind sal Brexit plaasvind, mark my words!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.