Buitelandse skakeling word al nodiger

bennie-van-zyl-tlu-sa

Bennie van Zyl van TLU SA. Foto: Facebook.

Deur TLU SA

Dit is verblydend dat ook Agri SA begin insien dat dit nodig is om die situasie van Suid-Afrika se landbouers aan die internasionale groot klok te hang, veral in die lig daarvan dat hulle in die verlede openlik krities was daaroor.

TLU SA (vroeër bekend as die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika) het al sowat ’n dekade gelede met sy veldtog in dié verband begin, en ook AfriForum en VF Plus het hul deel ruimskoots bygedra.

Dit is daagliks al hoe duideliker dat gewone gesprekvoering met die regering geen resultate oplewer nie, selfs nie al is daar ʼn vergadering van die presidensiële landbouwerkgroep nie.

Intussen word die onbekwaamheid van die ANC-administrasie tasbaar ervaar deur internasionale besoekers. Verlede week het ’n afvaardiging van Europese parlementslede, saam met ’n politieke adviseur van die Europese parlement en ’n Italiaanse joernalis, die land op ’n feitesending besoek. Hulle het eerstehands ervaar wat beurtkrag beteken en hoe dit die land negatief raak. Dit is iets wat selfs in die armste of mees agtergeblewe Europese land nie voorkom nie, en die feit dat ’n staatshoof vir drie uur lank in ’n stilstaande trein vasgekeer word, het koppe in ongeloof laat skud.

Wat egter geblyk het in ’n gesprek wat die afvaardiging met die TLU SA gehad het, is dat die diplomatieke verteenwoordigers van Italië en die Europese Unie, volstruispolitiek bedryf. Toe die afvaardiging dié twee instansies gaan besoek het, het dié eenvoudig ontken dat plaasmoorde ’n probleem is, en het hul onkundigheid vergroot deur te beweer dat die grootste probleem met plaasmoorde in die Wes- en Oos-Kaap voorkom – wat indruis teen TLU SA en AfriForum se gesaghebbende statistiek.

Dit is dus duidelik dat die diplomatieke verteenwoordigers in die land sterk rug skuur met die Suid-Afrikaanse regering, en alles wat uit daardie oord aan hulle opgedis word, as soetkoek opeet.

Daarom is dit seker ’n geldige vraag oor wat die Amerikaanse ambassade in Pretoria aan president Donald Trump deurgee, en dus moet dit verwelkom word dat hy iemand na Suid-Afrika stuur, om nie net met die regering te vergader nie, maar ook met burgerlike organisasies kontak te maak om die ware toedrag van sake vas te stel.

Wat ook blyk uit die besoek van die Europese parlementslede, is dat die meeste Europese lande hulle steeds blind staar teen die sogenaamde Mandela-faktor. Selfs meer as ’n dekade ná sy uittrede as president, en jare na sy dood, word daar aan hom vasgeklou, asof hy uit die graf sou kon toesien dat alles gaan regkom.

Daar vind einde Mei weer verkiesings in Europa vir die Europese Parlement plaas. Die onlangse terreuraanslag van ’n Turkse immigrant in Nederland, saam met die aanslae deur immigrante in Duitsland, Frankryk en België, gaan Europese kiesers beslis meer ten gunste van partye wat die eie volkskap en identiteitsbehoud beklemtoon, laat stem.  Dit is juis daardie partye wat begrip toon vir die situasie van Afrikaners en ander minderhede in Suid-Afrika, en wat nie meer verblind word deur die oorlede Mandela-euforie nie.

Om hierdie rede is voortgesette skakeling met hulle noodsaaklik. Daar is egter enkele jare gelede vanuit Europese kringe ’n versugting uitgespreek dat ’n groter enkele buitelandse aksie gevoer moet word deur alle organisasies saam, want hulle raak daar anderkant deurmekaar met al ons groeperinge. Dalk het die tyd aangebreek dat al die instansies wat hulle besig hou met internasionale bewusmaking, byeen kom en ’n gesamentlike aksie van stapel stuur, ook na die buitelandse missies in Suid-Afrika.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hendrik UAE ·

Bennie, Ek noem nie sommer iemand meneer nie, maar wragtag is hierdie ‘n meneer se voorstel. Ek ys net as ek dink al die instansies kom by mekaar en al hierdie bedrewe redenaars begin praat oor wie wat moet se. Sterkte vir die ou wat eenstemmigheid moet kry tussen die klomp wat almal oorsese hulp soek maar gaan stry oor allerhande onbenullighede onder mekaar.

Stephan de S ·

Ek het soveel waardering vir hd standpunt en optrede. Tydens apartheid het verteenwoordigers vd swart inwoners voortdurend die taktiek van internasionale bewusmaking toegepas. Dit is een vd noodsaaklike strategieë wat deur -gevoer moet word.Mag daar spoedig eenheid oor die saak kom.

Andrea ·

Baie nodig, om uit een mond te praat. Letterlik en figuurlik. Maar wie gaan die leiding neem om al die organisasies te verenig? Afriforum dalk?

Jerry ·

Selfs Afrikaners is verward met al die verskillende Afrikaner groeperinge en erg verdeeld met al die verskillende sienings. Geen wonder dat die buiteland nog erger verward is en eerder die volstruispolitiek volg mbt die Afrikaner. n Mens moet jouself die vraag afvra oor hoekom die groeperinge nie saamstaan, al is dit net vir buitelandse feitesendings. Dalk le die rede daarin dat die meerderheid van die groeperinge veel eerder gedryf word deur projekte vir die bevordering van eie sakebelange as vir werklike Afrikanerbelange.

aj ·

Jerry
Waar kom jy aan die gedagte dat alle Afrikaanses moet saamstaan? Uit een mond moet praat?
Bog!
Laat elke groep hule eie gesang sing op hulle eie manier en tempo!
Kom ons maak soveel lawaai moontlik!!!

Judge Dredd ·

Eenheid tussen die boere Afrikaner(konserwatief, calvinisties) en die liberale Afrikaners/ hensoppers/joiners/verraaiers? – Good luck with that.

Die grootste gevaar vir “Afrikaner” belange kom uit eie geldere.

humor ·

Judge Dredd jou laaste opmerking is baie waar. Sentimente vanuit ons verre volksverlede word nog steeds vertroetel al druis dit in teen die ware oplossigns van ons probleme.

Jan van Houwelingen ·

Helaas is er weinig aandacht voor hoe het in Suid-Afrika werkelijk gaat. Ze willen niet erkennen dat de regenboog natie van Mandela één grote mislukking is geworden. In Europa is het overwegend links wat de klok slaat.
Maar zoals in dit stuk al staat vermeld met verkiezingen verandert het ten voordele van aandacht voor de blanke minderheid in Suid-Afrika. Met de laatste verkiezingen vorige week voor provincies en eerste kamer is er een ongelooflijke ruk naar rechts gemaakt.
Ik probeer ook mijn bijdrage te leveren door hier te vertellen hoe het met jullie en je mooie land werkelijk gaat.
Sta sterk. Groeten uit Nederland

Dup ·

Dankie vir jou bydrae.

Dit word opreg wardeer.

Groete uit die land van moord, misdaad en kurupsie.

Andre ·

Dankie Jan

Die ‘struggle’ was toe al die tyd slegs ‘n rookskerm vir misdadigers wat die staatskas wou roof vir eie gewin.

Europa (en die res van die beskaafde wêreld) is om die bos gelei!

Die ANC is ‘n bose rampokker bende, witgepleisterde grafstene vol verottende doodsbeendere.

Die ANC het ‘n ongekende ramp vir SA veroorsaak waarvan die land nie in ‘n 100 jaar sal kan herstel nie.

Jerry ·

aj, jou voorstel skep n ongeloofwaardige fopnuus broeder teen broeder situasie, soos wat dit tans blyk die geval te wees. Hoekom dink jy bepleit Bennie n gesamentlike aksie, al is dit net eers om ten minste uit een mond die buiteland te vergewis van dieselfde feite. Wanneer n persoon van Bennie se statuur gesamentlike aksie bepleit dan moet ons besef dat die lawaai wat elke groepie op sy eie maak deur die buiteland as ongeloofwaardig, ondermynend van die demokrasie en as niksseggend afgemaak word. Die oplossing om die buiteland nie net bewus te maak nie, maar om eers ons geloofwaardigheid te herstel en te wys dat ons ernstig is om die buiteland betrokke te maak le in dit wat Bennie bepleit, almal onder een sambreel en uit een mond vir buitelandse sendings. Hoeveel langer moet dit vir Afrikaners vat om te besef dat ons eers ons geloofwaardigheid in die buiteland moet gaan herstel voordat hulle ernstig na ons gaan luister. Die gesamentlike aksie het dit verder ten doel om buitelandse onafhanklike feitesendings na Suid Afrika te bepleit en waarvan die Afrikaner sambreel hom by die uitslag daarvan sal berus. Ons moet dus gesamentlik en met onafhanklike deskundiges van die buiteland die ANC en die demokrasie ontbloot vir die kommunistiese klug wat dit is! Tans word ons moeite en verskillende waarhede as ongeloofwaardig afgemaak deur die staat en so deur die buiteland aanvaar en dit kan slegs herstel word deur gesamentlike aksie wat buitelandse belangstelling sal prikkel.

marco polo ·

Jerry, ek stem heeltemaal.saam met jou. Die ANC het aan die bewind gekom danksy buitelandse druk en die enigste wyse hoe daar verligting vir die Aftikaner gaan kom, is vir die buiteland om te besef waartoe hulle aandadig was.

Dries du Toit ·

Mnr van Zyl, almal op hierdie forum is op soek na oplossings maar al wat hulle doen is braak gal ,myself ingesluit. Jy kom met n baie werkbare voorstel wat jy in ons koppe kom plant het. Ek kry hoop vir ons mense met sulke leiers. Asb werk aan jou voorstel. Jy sal vreeslike steun kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.