Christelike perspektief op Vuurwapenwet 

Deur ds. G.J. (Gert) Erasmus

(Argieffoto ter illustrasie)

Stille waters diepe grond… onder draai die nuwe Wetsontwerp-oor-geen-selfverdediging rond…

Met die nuus wat gons oor die nuwe konsep van die Wysigingswetsontwerp op die Beheer van Vuurwapens, lê daar by talle Suid-Afrikaners vrees in die hart.

Die doel van die nuwe konsepvoorstel is om die betrokke kategorie oor die besit van ’n vuurwapen vir selfverdediging te skrap.

Nou is die groot vraag op almal se lippe… wat gaan ons maak en hoe moet ons dit hanteer?  Dit is nie noodwendig ’n verkeerde vraag in hierdie penarie waarin ons nou gewikkel is nie, maar te midde van hierdie dreigende tye en dreigende golwe van dít wat kán gebeur (as hierdie konsepvoorstel goedgekeur sóú word), moet die eerste vraag nie wees: Wat gaan ons maak nie, maar éérder wees: Wat moet ons (as gelowiges) doen?

Hoe gaan ons op ’n verantwoordelike manier kan staande bly terwyl daar gepoog word om die spreekwoordelike grond waarop ons as landsburgers tot nou toe gestaan het (wetsgehoorsames vanuit selfverdediging) om dit stukkie vir stukkie onder ons voete uit te delf?

Wat ons ook in gedagte moet hou, is dat daar in hierdie beoogde wysiging óók ’n gekamoefleerde geestelike staatsvervolging lê wat poog om die gehoorsame wetstoepassers te ontwapen (te dwing) deur ’n tipe van gogga-maak-vir-baba-bang-metode. Om die huidige Vuurwapenwet toe te pas om sodoende ’n wet (oorspronklike doel om reg en geregtigheid te bevorder) te skep om die wetstoepassers te dwing deur jóú van jou grondwetlike reg tot selfverdediging te ontneem en om op so manier afstand te doen van jou Godgegewe reg om jou en jou familie (jou naaste) se lewe te beskerm.

Die geloofsvraag is… wat móét ons maak?  Wat moet ons heel eerste doen? Die Skrif leer ons as gelowiges om ten eerste na God toe te vlug vir hulp en beskerming (Ps. 37; Ps. 121).  ’n Baie mooi voorbeeld is dié stukkie openbaringsgeskiedenis (hoe God Homself in die geskiedenis deur sy Woord geopenbaar het) in Eksodus 14. Daar géé die Here vir ons ’n mooi geloofsperspektief oor hóé ons prakties moet handel wanneer j‎‎y as gelowige/landsburger jouself in ’n geestelike doodloopstraat bevind as gevolg van uiterlike omstandighede buite jou beheer. Want ons weet, dat ons uiterlike omstandighede baie keer ’n negatiewe effek op ons innerlike ingesteldheid het.

In Eksodus 14 lees ons van die Israeliete wat ná ’n groot stryd met die Farao uiteindelik kon trek. In die trek van die volk Israel, het die Farao en sy manskappe die volk, wat op pad was na die Rooi See (deurgang na Kanaän) nog steeds agternagesit. Waarop dit neerkom, is die volk van die Here was by die Rooi See met hulle rug teen die muur (spreekwoordelik: teen die watermuur). Links en regs van hulle was twee bergreekse (Pi-Hágirot en Migdol) met hul rug teen Baäl-Sefon (die grens van Egipte) en voor hulle was die Farao en sy manskappe met sy enorme veglinie op pad om die volk Israel weer te onderdruk en te verslaaf. Menslikerwys – géén uitkoms nie! Hulle is in ’n doodloopstraat. Die volk Israel was bang gewees. Die uiterlike omstandighede het een enorme effek gehad op hul innerlike geloof. Druk en bedreiging het toegeneem en in vrees ontwikkel. Iets wat ons by die volk gevind het in Eksodus 14:10 is dat hulle bevrees was en benoud na die Here geroep het – ’n letterlike skreeu uit angs en vrees!

Hier vind ons nie ’n ootmoedige en nederige stilword voor die Here nie. Ons vind juis die teenoorgestelde. Dit is juis waarop die Here ons wys in Eksodus 14, in hierdie natuurlike amfiteater waarin hulle vasgekeer en vasgedruk staan. Dit is juis die punt van vergelyking waartoe die volk (en ons ook van vandag) gebring word met die vraag… waar lê ons uitkoms? Waarop moet ons ten eerste fokus in hierdie omstandighede waar die spreekwoordelike grond onder ons as gehoorsame wapeneienaars en wetstoepassers uit gegrou word? Die vraag is nie wát gaan ons maak nie, maar wat moet ons héél eerste doen?

Die antwoord, soos in Eksodus 14:14, is om in geloofsgebed op te kyk na die Here. “Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees. Toegepas op ons…

Die Here bring ons baie keer in omstandighede wat buite ons beheer is om ons in die geloof tot halt en tot besinning te roep oor ons manier van kyk. Die troos van hierdie vers 14 lê daarin dat God in beheer is. Hy bestuur ons omstandighede, want aards is daar nie vir ons uitkoms nie. Aards word die omstandighede so bestuur, sodat ons tot die besef sal kom dat daar net één uitkoms is, en dit is die hemelse uitkoms in Christus. Want Hy is die ware stryder. Agter die aardse skerms stry Hy vir ons in die hemel (Romeine 8:34). Want bo die onreg wat hier op aarde woel, staan God se heilige regterstoel vas in die hemel. Die Here laat hierdie omstandighede soms toe om te gebeur sodat ons sal vra na sy wil. Want die Israeliete het vasgekyk in die links, die regs, die agter en die voor (die wat-gaan-ons-maak), terwyl die Here van ons vra om op te kyk na Hom, want daarin lê die uitkoms (dit wat ons moet doen).

Hierdie stilwees beteken nie om niks te doen nie. Néé! Hierdie stilwees beteken om in die uitleef van jou roeping op aarde as wetsgehoorsame in geloofsgebed óók in hierdie saak (waar die regering besig is met die onreg van ontwapening) op jou knieë voor die Here besig te wees. Dit is ons roeping.  Dit is ons geloofsopdrag om as geloofskind en gehoorsame landsburger, te bly veg in gebed vir dit wat reg is.

Voeg jou naam by die petisie. Moet nie dat die vrees van ONTwapening jou uitbring by ’n ONTroeping nie.  God vra juis… Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees. Die vraag is nie wat gaan ons maak nie, maar wat moet ons heel eerste doen? Staan op deur op jou knieë voor God te kniel.

  • Gert Erasmus is leraar verbonde aan die Gereformeerde Kerk Pretoria-Magalieskruin asook medewerker van Begrond, die Instituut vir Christelike Grondslagstudies.

 

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
James

Onnodig om die “reg” tot selfverdediging in godsdiens te probeer fundeer: Of jy bid tot Odin, Jahweh, Budha, Christus, Mohammed, Rama, ensovoorts – of geeneen nie: Die “reg” om jou eie lewe, diegenes rondom jou – asook jou eiendom – te beskerm is nie ‘n “reg” nie. Dit het geen validasie nodig van enige godsdiens of filosofie nie – Dis INSTINK. Dit is soos die wildebees wat terugbaklei wanneer die leeu hom plattrek: Dis natuurlik, en behoef geen fundering in enige dogma nie.

James

Opvolgend: ‘n Monster by name Stalin, het eens verklaar: ” Godsdiens is Opium vir die Massas.” Dit is hoekom hy nie die kerke in Rusland vernietig het nie. Stalin het besef dat mense hul natuurlike instink om te oorleef sal prysgee – in die naam van hul godsdiens (wat daardie godsdiens ookal is). Soos lammers, sal hul ter slagting gelei word, klouend aan hul tekste en juweliersware. Sonder om terug te veg. Hier is die raad wat ons ontvang in die aansig van ontwapening deur ons heersers, in die mees gewelddadige land in die wereld van Dominee Gert Erasmus: Wees… Lees meer »

Kobus

Verkeerd Ds,ons leef nie in vrees oor die voorgestelde wet nie,ons is net gatvol vir hierdie kommunistiese beheer van ons wetsgehoorsame burgers.

Kiewiet

James ek neem aan jy is nie n Christen en geregtig op jou eie opinie Stalin was beslis nie n guru met diepe insig nie. Dit pas net by jou opinie wat jy op geregtig is . Gee my ook die grasie om lymreg van jou en Stalin te verskil . Sonder God is die lewe nuteloos en selfde vlak as n dier Dominee as jy n toffie wil wees moet jy gekou word . Die dae waar die staat die kerk gebruik het om ons tebeheer is verby. Besef dit en bly weg van politiek jy is nie meer… Lees meer »

Kiewiet

Opvolg n les vir my ook het in beginsel geantwoord maar James se gou: Het stalin dit gese ? Of. Was dit Karl Marx!!!! En 2 het hy dit presies so gese en is jou intripitasie reg ???? Nee hy het nie ! En volksmond intripitasie is n verdraaing

So James doen volgende x eers huiswerk. Ha ek het my les geleer en sal !!! Sy volle aanhaling maklik te kry !!!!