Christen-kers in Midde-Ooste byna uitgedoof

Palestynse Grieks-Ortodokse Christene bid Maandag by die St. Porphyrios-kerk in Gasastad. Foto ter illustrasie. (Foto: Khalil Hamra, AP)

Massamoorde wat ekstreem-regse Westerlinge op Moslems, Jode of linksgesindes pleeg, is die laaste tyd herhaaldelik onder die wêreld se neus gevryf. Begryplik, want die moorde in Christchurch, Nieu-Seeland en Pittsburgh, Amerika, was skokkend.

Maar daar is ’n ander probleem waaroor in die Weste óf glad nie óf slegs fluisterend gepraat is: Die grootskaalse vervolging van Christene, veral in die Midde-Ooste en Noord- en Oos-Afrika.

Einde 2018 het die Britse minister van buitelandse sake, Jeremy Hunt, die Anglikaanse biskop van Truro (’n diosees in Cornwall), eerw. Philip Mounstephen, gevra om ’n omvattende verslag oor juis dié verskynsel op te stel. Die idee was om die verslag teen Pase vanjaar uit te reik, maar Mounstephen skryf die probleem is só omvattend dat hy nie naastenby sy spertyd kon haal nie.

Gevolglik het hy pas ’n tussentydse verslag gepubliseer. Die volledige een kom nog.

Mounstephen se verslag draai nie doekies om nie. Hy meen maklik ’n derde van die wêreldbevolking is op die een of ander manier die slagoffer van godsdienstige vervolging, met Christene wat die meeste deurloop.

Hy maak ook die punt dat die doel van sy verslag nie is om ander minderhede te benadeel nie, maar juis om hulle te help deur die probleem in die breë te identifiseer.

’n Ontleding van die wyd gerespekteerde Pew-navorsingsentrum, sê hy, wys dat Christene in 2016 in 44 lande vervolg is, aansienlik meer as die 25 van 2015. Die Christelike organisasie Open Doors skat dat sowat 245 miljoen Christene in 2019 wêreldwyd onder vervolging deurgeloop het, of sowat 30 miljoen meer as verlede jaar.

Mounstephen skryf: “Die getuienis wys nie slegs die geografiese omvang van Christenvervolging nie, maar ook die groeiende intensiteit. In sommige streke benader die vlak en aard van die vervolging moontlik die internasionale definisie van volksmoord, soos die een wat deur die VN aanvaar is.

“Die uitwissing van Christene en ander minderhede ‘deur die swaard’ of ander gewelddadige metodes is die spesifieke, uitgesproke doel van ekstremistiese groepe in Sirië, Irak, Egipte, Noordoos-Nigerië en die Filippyne. ’n Voorneme om alle spore van die Christelike teenwoordigheid uit te wis, is duidelik gemaak deur die verwydering van kruise, die verwoesting van kerkgeboue en ander kerklike simbole. Die moord op en ontvoering van geestelikes verteenwoordig ’n regstreekse aanval op die kerk se struktuur en leiding.”

Die belangrikste gevolg hiervan is ’n grootskaalse uittog van Christene uit die geteisterde gebiede.

“Die Christendom staan nou voor die moontlikheid dat hy in dele van die Midde-Ooste, waar sy wortels die diepste is, uitgewis kan word.”

In Palestina het die persentasie Christene tot onder 1,5 miljoen gedaal, in Sirië het die Christene van 1,7 miljoen in 2011 tot onder 450 000 gedaal, en in Irak het hul getal van 1,5 miljoen voor 2003 tot onder 120 000 tans afgeneem.

Die verslag behandel in detail welke vorms die Christenvervolging aanneem. Dit wissel van uitbarstings onder die Moslems tot die wegneem van regte tot burokratiese rompslomp wat die lewe vir Christene uiters moeilik maak.

Daarby het ekstremiste – soms gedryf deur godsdiens, soms deur nasionalisme – ’n narratief geskep dat die Christendom “vreemd” aan daardie lande is en dat Christene nie daar tuishoort nie.

In sy reaksie op die verslag het Hunt die rede waarom daar so min aandag in die Weste vir die probleem is aan “politieke korrektheid” toegeskryf.

“Ek dink daar is ’n misplaaste kommer dat dit op die een of ander manier kolonialisties is om te praat oor godsdiens wat geassosieer is met koloniale magte eerder as die land waar ons as koloniseerders ingemarsjeer het. Wat ons vergeet het in dié atmosfeer van politieke korrektheid, is dat die Christene wat vervolg word, inderwaarheid onder die armste mense op die planeet is.”

Ook die Britse troonopvolger, prins Charles, het die vervolging “ ’n onbeskryflike tragedie” genoem. Tot sover die verslag en onmiddellike reaksie. Twee punte moet vir ’n behoorlike perspektief bygevoeg word.

Die een is dat die Christendom se geboorte in die Midde-Ooste lê. Die Christelike geloof is uit die Joodse geloof gebore. Jesus van Nasaret was ’n gelowige Jood.

Nadat die Christendom in die laat-Romeinse tyd al hoe dieper wortelgeskiet het in die omgewing, het die Midde-Ooste – oor die Noord-Afrikaanse kusstreke tot Egipte, Sirië, Jordanië en Turkye – ’n bastion van die Christendom geword. Dit was eers nadat die aanhangers van die profeet Mohammed dié wêrelddeel in die 7de en 8ste eeu gewapenderhand verower het dat die Islam die toonaangewende godsdiens daar geword het.

Maar deur al die eeue sedertdien het die Christendom ’n flou kersliggie in die streke aan die gang gehou. Volgens die Mounstephen-verslag is daardie kersie nie ver van om uitgedoof te word nie.

Ten tweede: Dit sou maklik – en nie heeltemal verkeerd nie – wees om die skuld op fundamentalistiese, onverdraagsame Moslems te pak. Maar die geskiedenis het ’n wrede manier om oorvereenvoudigde gevolgtrekkings nek om te draai.

Want as daar één individu buite die Midde-Ooste is wat ’n gróót verantwoordelikheid vir die agteruitgang van die Christendom dra, is dit (ironies genoeg) die gelowige Christen pres. George W. Bush.

Bush, aangemoedig deur sy adjunk-visepresident Dick Cheney, het in 2003 die noodlottige besluit geneem om Irak binne te val om dié land se wrede diktator, Saddam Hoesein, tot ’n val te bring. Die voorwendsel was dat Saddam massavernietigingswapens het en dus ’n gevaar vorm, en dat hy betrokke was by die terreuraanvalle van 9/11. Maar agterna het onomstootlik geblyk hy hét geen massavernietigingswapens nie, en hy wás nie by 9/11 betrokke nie.

Hiermee het Bush die spreekwoordelike wet van onbedoelde gevolge laat oorneem. Sonder Saddam se harde hand het Irak vinnig tot ’n chaos gedegenereer, en in dié magsvakuum het religieuse fanatici, onder meer, die beweging Islamitiese Staat, vinnig inbeweeg.

Sedertdien het terreuraanvalle in die Weste grootliks vermenigvuldig. Maar ook die Christene in die Midde-Ooste, synde die laagste trap op die sosiaal-ekonomiese leer, was ’n gerieflike teiken.

Vandaar dat Mounstephen woorde kan gebruik wat niemand ligtelik moet aanwend nie: “grensende aan volksmoord”.

’n Laaste gedagte: Die verslag het nogal groot aandag in die Europese en Amerikaanse media getrek. Maar dis spoedig agterhaal deur die volgende sensasie van die Brexit-drama, die eskalerende rusie tussen pres. Donald Trump en die huis van verteenwoordigers, die skietery in die Gasa-strook, die gissings oor die geboorte van prins Harry se eersteling en die bewindsoorname van die nuwe Thaise koning.

Niemand gaan veel moeite doen om die Midde-Oosterse Christene te help nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Regs! ·

Die kerk soos dit vandag bestaan word mooi in Openbaring beskryf. Die hoer van babilon. Lees gerus Openbaring 17 en 18 asook die geskiedenis van die kerk. God se toorn word nou oor haar uit gegiet. Maar die mense wil nie die waarheid hoor nie.

Marius ·

Christen vervolging is besig om stadig in die westerse wêreld onder die vaandel van politiese korrektheid en sogenaamde sosiale geregtigheid in te tree.
Die skeidslyn is besig om baie duidelik te word tussen dié wat die Bybel sien as God se onbetwiste woord en die wat hom aanpas om meer soos ‘n Oprah Winfrey motiveringsboek te laat lyk. Dit gaan moeiliker word om te sê sola scriptura( God se woord as absolute gesag) en stelselmatig sal die onverdraagsaamheid teenoor die wat so glo verander na voor die voet vervolging!

John ·

Siriè was redelik verdraagsaam teenoor Christene se ou stede wat deur Isil en Westerse magte platgevee is. Christus was nie net ‘n Christen-Jood nie, hy was die ware outentieke Christus, Seun van God. Die vervolging van Christene is tydens sy leeftyd begin… Die woord Antichris word in die Bybel genoem wat bogenoemde navorsing dus as baie aktief bewys. In SA is godsdiensonderrig soetjies uit skole verwyder glo om menseregte-redes. Is dit nie maar dieselfde as ‘n aktiewe Antichristiese aksie nie?

jaco ·

Die ou SA se godsdiensonderrig in skole was STERK onder die invloed van die NG Kerk, veral in wit Afrikaanse skole. Die arme Dopper-kinders moes maar die NG-gesange sing. Die pentecostals moes lofpsalms op trekkerige 16de eeuse wysies sing en die enkele Rooms-Katolieke het bitter min verstaan van wat aangebied is. In die skool se godsdiensklas moes ek hoor dat die enigste korrekte vorm van doop baba-besprinkeling is. En dan moes ek ook hoor hoe apartheid die nogal ewige wil van God is.

TN ·

Hy ” was ” gladnie ___ nie die seun van enige iets of iemand nie __ mite geskep deur die kerk van daardie tyd vir vernuwing omdat die kerk van daardie tyd op die punt was om dood te loop . Dieselfde kategorie as Kersvader .

Valerie ·

Jaco . . . so in die kol. Die klomp het SA in ‘n krisis gedompel; sowaar!

Barend ·

Dankie vir hierdie artikel. Voorspellings wat 2 000 gelede gemaak is, word tans bevestig. Ek dink die vyeboom se takke het reeds begin sag word en begin blare uitstoot.

Wens Coetzer ·

Baie dankie Leopold vir ‘n baie kommerwekkende artikel. Jesus sê die volgende in Matteus 24 vers 9: “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely”. ‘n End Tyd voorspelling wat nou bewaarheid word.
Ek wil graag ‘n regstelling maak as ek mag. In die vyfde laaste paragraaf van jou artikel sê jy: “Sonder Saddam se harde hand het Iran vinning tot ‘n chaos gedegenereer………” Ek dink jy het seker bedoel Irak?

Groete,
Wens Coetzer.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Wens

Baie dankie, ons het gou die fout reggestel.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Leopold Scholtz ·

Dit was inderdaad ‘n tikfout. Dankie vir jou skerp oog!

Gustav ·

Moenie so dom wees om n politikus te glo as hy homself as lid van n sekere geloof beskryf nie. Ek sou sê 99.999999% van politici (links, regs, in die middel) is heeltemal goddeloos, ongeag die geloof wat hulle op n vorm sou kies.

Db ·

Die verskil tussen ons en die vervolgers is dit:-

Ons weet waar ons siele heen gaan
Hulle dink as hulle die liggaam kan doodmaak dan is jy vir ewig dood dit is hoekom hulle alle Christene wil uitwis. Kan ek met vreugde sê dat my Jesus se graf leeg is en dat Hy weer sal kom. Waar is hulle gode / afgode begrawe wat nog nooit opgestaan het nie? God belowe in Sy Woord dat diè wat nie afvallig word nie die ewige lewe sal beërwe. Mede gelowiges, hou vas aan die ware en enigste God wat wel die siel kan doodmaak van diè wat Hom en sy kinders minag

Jerry ·

Ai tog, deesdae eindig te veel Christen, Moslem en joodse/palestynse mense, se lewens met vervolging, moord en doodslag. Dit lyk asof die bose een wat die aarde bewandel beslis besig is om sy verdraagsaamheid te verloor, nie net in die midde ooste nie, maar beslis ook in Suid Afrika. Mense sal hulself n groot guns bewys deur nie mensgemaakte idees en fanatiese gelowe aan te hang en slaafs na te volg nie en ook om nie te assosieer met diegene wat dit wel doen! Selfs in SA kan dit te gevaarlik raak vir mense om geloof of kultuur in groot groepe en by sametrekke te hou, doen dit dan maar eerder daar waar niemand jou kan sien of hoor nie!

CW le Roux ·

Dit is absoluut waar dat Christene die mees vervolgde geloof is. Maar dis glad nie waar dat Christene besig is om te kwyn in Midde-Ooste nie, inteendeel. Dit groei baie sterk. Waar Christene voorheen 1 of 2% uitgemaak het rondom 1950 is dat al hier rondom 6 en 10% in baie Midde-Oosterse lande is. Teen die huidige groeitempo kan Christene ‘n meerderheid vorm hier by 2070 rond in sommige lande in Midde-Ooste. Die skrywer is ook 100% in die kol is dat VSA se invalle Christene se posisie verswak en hulle uitdryf. Die rede is duidelik voor die hand liggend Sionistiese magte in VSA-regering se invloed om die Christelike geloof daar uit te wis en oorlog daar te stel…

Veritas ·

C.W le Roux, of jou inligting aangaande die groei van die Christendom in die midde-ooste, korrek is aldan nie, weet ek nie. Wat ek wel weet is dat die Sioniste net so’n groot gevaar vir die Christendom inhou as wat Islam doen. Inteendeel, die hele gereformeerde Christengeloof, word bedreig deur die Joodse en Moslem gelowe.

Wei ·

Leopold; Jy is 101% korrek. Ek woon in Sjina en sien eerstehands hoe Christene vervolg word. Eeerste was dit die kuise van kerke, toe kerke, met die verskoning/verduideliking dat die geboue nie aan bouvereistes voldoen nie.

In SA ook ·

Dit herinner aan POTCH universiteit waar ons eie mense Christenskap weggevat het, en ons skole wat nie meer Christenskap kan aanbied nie, en ons het geen weerstand gebied nie, so dis ons eie skuld. Ons is te passief.

Werner Ernst ·

Elke knie sal buig en elke tong bely: Jesus Christus is Heer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.