DA en demokrasie kry taai klap met Zille-saak

Helen Zille Foto: Helen Zille, Facebook

Vir enigiemand met ’n sprankie insig in die Suid-Afrikaanse politiek moet dit duidelik wees dat die ANC half uitgetel teen die toue lê. Die oomblik nader dat sy belangrikste teenstander, die DA, hom ’n linkerhaakhou gee wat sy kop laat tol.

Maar nee. Wat doen die DA? Hy gaan en skiet homself in die voet. Nie onwillekeurig nie. Nie daarin gedwing nie. Hy doen dit weloorwoë.

Dis om van te wanhoop as jy dink dit gaan hier om die enigste politieke krag in die land wat ’n geloofwaardige alternatief vir die intens korrupte en gedegenereerde ANC is.

Die DA se optrede teen sy vorige leier, Helen Zille, laat ’n mens snak na asem weens die opperste domheid wat die huidige leier, Mmusi Maimane, en dié se ondersteuners in die partyleiding aan die dag lê.

Kom ons kry eers een ding van die tafel: Hierdie artikel is nie ’n verdediging van Zille nie. Sy het moeilikheid gesoek.

Dis uiters onwys om per twiet met jou kiesers te kommunikeer. ’n Medium wat jou 120 karakters toelaat, bied geen ruimte vir die noodsaaklike nuanses wat ’n politikus moet nakom as hy uit die moeilikheid en by die waarheid wil bly nie. Enige politikus moet banger vir ’n twiet as die duiwel vir ’n slypsteen wees.

Tweedens moes Zille geweet het dat die swart mense – selfs dié wat die DA steun – nie dié ongenuanseerde boodskap oor kolonialisme sou waardeer nie. Dat sy, streng feitelik, korrek was, is nie ter sake nie – in die politiek tel persepsies dikwels vir meer as objektiewe feite. Trouens, die persepsies wórd in eie reg feite, want hulle help jou beeld bou of afbreek.

Dus: Zille het vir haarself ’n lat in die pekel gelê vir haar teenstanders binne en buite die DA om haar te gesel.

Goed, dis uit die pad. Kom ons pak die DA.

Die politiek is tot op sekere hoogte ’n kwessie van bemarking. Dit vertoon ooreenkomste met – sê maar – die bemarking van ’n fabrikaat motorkar, supermarkte, ensovoorts, maar daar is ook deurslaggewende verskille.

Die tegnieke wat vir die bemarking nodig is, is baie dieselfde. Jy wil immers jou markaandeel vergroot.

Dan dink ek aan iets wat die bemarkingsdeskundige en oudpredikant Bertie du Plessis – ’n ou studentemaat van my – in ’n voorlegging voor sy ontydige dood aan Die Burger se hoofredaksie gesê het: As jy die bad vol water wil laat loop, help dit nie jy draai die kraan oop en trek die prop uit nie. Overgezet zijnde: Pas jou produk só aan dat jy nuwe klante trek, maar sonder dat jy jou getroue ondersteuners van die verlede verloor.

Maar die DA wil nie net skoene verkoop nie. In sy marknavorsing moet hy nie bloot vasstel of mense skoene met ’n spits of stomp voorkant soek nie.

Hy verkoop bowenal ideale en hoop, wat tog ’n groot verskil maak.

Die DA se reklameveldtog is dus enersyds daarop gemik om die ANC – volkome tereg – as onherroeplik besmet met korrupsie en fundamentele onbekwaamheid voor te stel; andersyds om te wys dat hy self ’n veel beter alternatief is.

Hieruit volg dit logies dat die DA na buite bekwaamheid, integriteit en eensgesindheid moet uitstraal.

Nou ja, op die plekke waar die DA regeer, doen hy dit relatief goed. En daar is ook geen yslike skandale van oneerlikheid nie – altans niks wat met die ANC se fundamentele morele verderflikheid vergelyk kan word nie.

Maar nou jaag die DA self ’n molshoop wat beperk kón gebly het, tot ’n yslike berg op. Zille het ’n tik op die vingers verdien. Maar daar is ’n groot moontlikheid dat sy vandeesweek uit die party geskop gaan word.

Die gretigheid waarmee daar op haar jag gemaak word, blyk ook uit die feit dat die partyleiding die DA se eie grondwet oortree het. Mmusi Maimane het laas Saterdag ’n perskonferensie belê om Zille se skorsing aan te kondig, maar binne ure moes hy dit verleë terugtrek met ’n tweede aankondiging dat sy 72 uur kry om redes aan te voer waarom sy nié geskors moet word nie.

Dié oorgretigheid om Zille by te kom reflekteer sleg op Maimane. Vergete is die uitstekende, selfs indrukwekkende, toesprake wat hy teen pres. Jacob Zuma in die parlement gehou het. Wat sy beeld nou oorheers, is die verbetenheid en nydigheid waarmee Zille agtervolg word.

Dis relevant om te vra waarom dit so is.

Is daar onoorbrugbare prinsipiële verskille tussen die twee? Nee.

Het hulle só ’n persoonlike hekel aan mekaar dat hulle mekaar nie langer in een party kan verduur nie? Ek ken Maimane nie; ek ken Zille taamlik goed, en ek weet sy kan ’n moeilike mens wees as sy wil. Maar sover ek weet, het Maimane sy leierskap van die DA onder meer te danke aan Zille se bereidheid om terug te staan as leier.

Nou waar kom die geveg dan vandaan?

Ek kan natuurlik nie in Maimane se hart kyk nie. Maar logika bied ’n moontlike verklaring aan.

Dit is gewoon maar iets wat al duisende kere in die geskiedenis gebeur het: Dis die nuwe bul wat nie die aanwesigheid van die ou bul in die kraal kan veel nie. As die oue nie self heeltemal wil padgee nie, moet hy uitgedrýf word.

Dit gaan om wie die enigste koning op die DA-mishopie moet wees. Solank Zille ’n meter of twee ver daarvandaan staan en kyk, voel Maimane nie seker van sy leierskap nie. En dus moet sy, goedskiks of kwaadskiks, waai.

Dat die DA – en ook die Suid-Afrikaanse demokrasie – in die proses ’n taai klap kry, is nie ter sake nie. Dit gaan om Maimane se mag, wat vir hom blykbaar baie belangriker as enigiets anders is.

As daar mense in die binnekring van die DA is wat dié verklaring geloofwaardig wil betwis, hoor ek dit graag.

Natuurlik wil die DA ’n deurbraak na die swart kiesers maak, en Zille se kolonialisme-twiets was nie verstandig nie. Maar deur haar só kompromisloos uit te dryf trek die party ook die prop uit die bad, want hy beledig ’n groot deel van sy ou ondersteunerskorps.

My stem is maar ’n enkele een. Maar die DA sal taamlik moet verander voordat hy mý weer vir my stem kan vra.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Leopold Scholtz

Leopold Scholtz is 'n onafhanklike politieke kommentator en historikus. Hy is al sedert 1972 as joernalis en historikus werksaam.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Bert ·

Goeie ontleding waarmee ek kan saamstem. Ek wonder net wat die transformasie van die DA uiteindelik gaan beteken vir die DA. Tot watter mate is die fondasie van klassieke liberalisme ‘veilig’ in die hande van die nuwe opkomende ‘bulle’? Daar is alreeds daarvan afgewyk met die ondersteuning van regstellende aksie ens. En daar is sommige swart DA leiers wat enige dag tuis sal voel in die EFF. Die DA is inderdaad ANC lite.

Johan Friis ·

Ek hoop nie ‘ n dag gaan kom dat ek moet tou staan virANC lidmaatskap want EFF gaan nie werk Maimane moet nugter dink!!

Leendert ·

Mens kan net ten volle onderskryf wat u hierbo sê. Wat vir my ook goed is, dat hierdie gebeur het, is dat alle mense weer selfondersoek kan doen na hul waardes en waaraan hulle glo, vir wie hulle stem. Hordes Afrikaanssprekendes en wit mense stem vir die DA omdat hulle van die ANC ontslae wil raak, maar dan verloën hulle ook hulself.

Betreffende taal, BEE, regstelaksie, indiensneming, gelyk beregtiging, jy noem dit, is hul beleid dieselfde as die van die ANC. Nou vra ek, hoe stem ‘n mens vir ‘n party wat ‘n ANDER persoon se belange en nie my eie nie, op die hart dra, ‘n beleid wat my benadeel. Solidariteit en Afriforum veg nou teen die ANC in regsaksies, in my belang, waar hulle teen my diskrimineer, maar die dag as die DA aan die bewind sou kom, dan sal Solidariteit en Afriforum ook teen hulle regsaksie neem omdat hulle ook teen mens/my met hul indentiese beleid as die ANC diskrimineer. Dus stem mens vir ‘n party waarteen Solidariteit en Afriforum, in daardie mense se belang insgelyks regsaksie sal neem. Hoe verloën mens jouself, op dié manier?

Kosie ·

Leendert, jy is heeltemal reg. Die DA was nog altyd na my mening ANC-lite, maar het in onlangse tye al hoe meer ANC-beleid begin aanhang. Ek het nog nooit, en sal ook nooit, vir die DA stem nie, juis om die redes wat jy noem. Trouens, ek bemoei my nie met partypolitiek nie, maar ek is wel ‘n trotse lid van AfriForum, weer eens om die redes wat jy noem. Ek wil alle Afrikaners aanmoedig om by AfriForum en/of Solidariteit aan te sluit sodat dié organisasies se hande verder versterk kan word om vir ons regte en vryhede te veg.

Ou Afrikaner Vlakvark ·

Beste Leopold, ‘n uitstekend geformuleerde mening. Baie dankie.

Baie Afrikaners stem vir die DA om aan hul ander medeburgers te toon dat hulle geen beginselprobleme het om met alle kultuurgroepe saam te werk op die basis van “dieselfde waardestelsel nie”.

Die heksejag op Helen Zille wek die oortuiging dat Afrikaners liewer hul stem uitbring op ‘n party wat onbeskaamd primêr fokus op die belange van die Afrikaner. So ‘n party kan dan altyd in alliansie met ander partye optree maar die belange van die Afrikaners sal dan duidelik te onderskeie wees van ander partye. Die “church for all”-partye werk maar eenvoudig nie. En die bruinmense gaan uiteindelik ook hul eie pad openlik loop.

Francois ·

Dis baie goed gestel, DA glo beter as die ANC ? maar hul gedrag is presies die selfde. DA kry nie my stem nie, ek glo nie meer in hulle nie

Janette Bruwer ·

Francois, ek stem saam met jou. Die DA sal baie beslis ook nie weer my stem kry nie.

John ·

Mmusi speel op mense se wanhoop weens munisipaliteite se verval en korrupsie, maar ontken die bydraes van wit mense in die vooruitgang en beeld van die party. Hoe het hy gekom waar hy vandag is? Hy wil oor mense klouter tot bo. Sy huidige raadgewers sal ook uitgewerk word. Hoewel die Engelse leke-prediker by Bloemfontein dwarrels-fantome oor ‘n nuwe Christen-landsleier, met Mmusi in die voorste ry, oor die vlaktes langs vergete visioene van boere-konsentrasiekampe uitbasuin het, terwyl sy vliegtuig gereed staan vir vlug, is die werklikheid ‘n heel ander storie. Zille se keuses van vriend en vyand was nog altyd haar ondergang.

Vinkie ·

Ek het, toe Me Zille so ‘aangeval’ word deur haar twiet, besluit die DA sal NOOIT my stem kry nie. Ons is 5 in die gesin en ons almal het dit eenparig besluit. Ons het GEWEET dat Mmusi nie anders is as Zuma en Malema nie. Nou kom sy ware kleure ook uit. Ek stem VF+ al vir 22 jr.

Daan Erasmus ·

Kan iemand asb hierdie stuk vir Max du Preez stuur. Glo nie Max lees MM nie. Dit sal goed vir Max se balans wees om MM te lees. Maar meer belangrik: vertaal en stuur vir Musi hy het dit meer nodig

Kare Kat ·

Uitstekende analise Dr Leopold.
Ek het nooit verwag om “Afrika sterkman” politiek in die DA te bespeur nie; dít stem my tot kommer.
Mnr Mosiuoa Lekota van Cope & Dr Mangosuthu Buthelezi van IVP is deesdae die enigste swart politici na wie se beredeneerde uitsprake ek graag luister.
Musi Maimane se skel retoriek in die parlement ken ons nou al uit ons koppe uit.
Dit was Mnr Mosiuoa Lekota wat tydens die Plaasgeweld debat in die parlement, opgestaan het vir boere se regte, terwyl bykans die hele parlement hom uitgejou het.
Maimane dink ek was dié dag afwesig gewees??

Die winde van verandering is wéér besig om te waai

Rina Pretorius ·

wat my aanbetref is die DA total en al teen die wit bevolking en dus sal ek in my lewe nooit vir hulle stem nie. Hulle haat is baie deursigtig so ek hoop hulle wen nooit ooit in SA nie

Hendrik ·

Ja nee Ed die protes het so stilletjies begin met die die ignorering van die e-etol, die stille boikot van Spur en soos jy noem die stem verskuiwing vanaf die DA na ander partye. Daar is natuurlike ‘n grotenwordende getal wit en swart kiesers wat net eenvoudig wegbly van die stembusse. 26 miljoen stemgeregtiges en met die laaste verkiesing net 16 miljoen mense wat gaan stem het. Indien die 10 miljoen mense weer begin stem waarvan net 2% witmense is en hulle stem links(EFF) van die sentrum gaan die wit stemme nie eers saak dat hulle gaan stem nie.

Theuns ·

More Leopold, Hoor hoor! Uitstekende blik op die werklikheid. Ek is bly om ook die kentering te merk in die uitsprake van die kommentators hierbo! Groete my vriend.

fritz breitenbach ·

dit maak nie saak watter kant toe die DA met SHILLE gaan nie hy is die verloorder

cjm ·

Ek twyfel of die ANC teen die toue is. Hul ondersteuningsbasis red hulle elke keer.

Ek wonder ook of ‘n swart DA enigsins beter as Cope sal vaar. As daar ‘n party was wat die ANC uit die toue moes lig, dan was dit Cope.

Mmusi deel daagliks in koloniale voordele. Hoe op dees aarde die party koloniale voordele kan ontken gaan my verstand te bowe. Die voordele/nadele van kolonialisme is ‘n debat wat vir dekades in akademiese kringe gevoer is en ek twyfel of daar ‘n klinkklare antwoord is.

Ten laaste is dit (vir my) onbegryplik hoe dissiplinêre kodes die reg op vryheid van spraak wat in die heilige grondwet verskans is, ongedaan kan maak. As jy die reg het om iets te dink of te sê, moet daardie reg beskerm word.

Johann ·

Maimane laat my aan Zuma dink met sy dors na mag. Zuma het die ANC en die regering gekaap, Maimane het nou met sy dors, die DA probeer kaap. As hy dit reggekry het, dan het hy die hele DA koukus in sy hand gehad.

Nico Lemmer ·

cjm, jy moet tog begryp dat ‘n persoon se reg op vryheid van spraak nie absoluut kan wees nie. Twee eenvoudige voorbeelde: ‘n Dosent in Geografie kan tog nie aan studente leer dat die aarde eintlik plat eerder as rond is nie. ‘n Predikant in die NG kerk kan nie in sy gemeente die leer van Islam verkondig nie. in beide gevalle het die persoon die reg op ‘n eie mening, maar het hy/sy uit eie vrye keuse hom/haarself verbind tot ‘n bepaalde beroep waar ‘n spesifieke siening van ‘n betrokke saak by verstek aanvaar word. Dieselfde geld ook vir ‘n politikus.

Ek is jammer vir Zille, maar sy het haar eie graf gegrawe met haar onnadenkende voortvarendheid.

PJF ·

Ek het my aptyt vir die DA ook nou verloor, netsoos vir SPUR.

Rupert Ashford ·

Hallo Dr Leopold. Hier is ‘n stuk waaroor ons grootliks saamstem. Hartseer maar die Afrika sterkman siekte is ook in die moderne liberale geslag.

Elmer ·

Was Zille verkeerd? Sy het uit oortuiging gepraat. Kolonialisme het hierdie land met ‘n spoor- en padnetwerk, hawens, kommunikasienetwerk, kragstasies en nog meer gelaat. Maar die woord het nou ‘n politiese konnotasie gekry wat met alle mag uitgebuit word. Mense gebruik nie hulle ‘gesonde’ verstand nie.

Santie ·

Demokrasie is getalle. Zille is ‘n wit dinosourus wat steeds dink haar “struggle credentials” tel. Maimane moet groot swart steun kry om mag te he en hy gaan dit nie met so ‘n blok om sy been maak nie. Eienaardig hoeveel mense nog dink die “wit stem” tel in SA. Leopold Scholtz se skrywes word woordryker maar armer aan betekenisvolle bydrae, ongeag of dit oor SA of VSA gaan. Sy goeie reg om telkens vir die verloorders kant te kies, maar nie juis inligting wat ‘n betekenisvolle bydrae maak tot begrip van wat werklik aan’t gebeur is nie. Jammerte, hy kan sy kennis van geskiedenis beter aanwend.

Hendrik ·

Santie ek dink nie mense besef watter groot minderheid of hoe groot die getalle van die meerderheid stem is nie. Ek weet almal is vas gegroei aan die demokrasie en kundiges, soos prof Koos Malan, het al uitgewys dat daar ernstige tekortkominge in die grontwet is. Hy het ook al gese dat Suid-Afrika die mees ongrondwetlike wettige grondwet in die wereld is. Hoe minderhede in die land hanteer word moet voorwaar ongrondwetlik wees maar die grondwethof met hul uitsprake, soos met die polisie regstellende saak, wys hoe die swart “elite” die land stuur na hulle denkrigting. Deur te stem gee die witmense ‘n sekere mate van sekerheid maar die president doen wat hy wil want die grondwet gee hom die mag om te doen wat hy wil. Hoe protesteer ‘n minderheid teen hierdie vergrype? Deur deel te neem of ‘n stille protes wat ek nie mag noem op hierdie forum want dit is nie polities korrek of in pas met die demokrasie nie. Onthou geweld van enige aard is nie aanvaarbaar nie volgens my nie.

Hendrik ·

Hoekom sal die mense nog dink dat die “wit stem” tel? Naief of dood eeneevoudig nie al die feite ken nie?

Danie ·

As dit nie vir die “wit stem” was nie, sou die DA nie beheer in Pta, Jhb of PE oorgeneem het nie. Al was daar n groot invloed van die wegbly stem en al het meer swart kiesers vir die DA gestem was dit nie genoeg om op sy eie goeie resultate vir die DA in die laaste plaaslike verkiesing te verseker nie.

Leopold Scholtz ·

Beste Santie, ek neem kennis van jou snedigheid. Dis jou goeie reg. Net een ding: Waar het ek kant gekies vir Zille? Nie in hierdie of enige ander artikel nie. Help bietjie, asseblief.

Henry ·

Dankie vir jou innie-mirril-vannie-kol kommentaar Santie!!!
Mens kan nog ‘n paar sinnetjies byvoeg, maar dan sal ‘n dankbetuiging vir jou skryfsel nie daglig sien nie.
:-)

Dirk Breytenbach ·

Ek is nie’n voorstander van Helen Zille nie maar stem heelhartig saam met Leopold se ontleding van die situasie en ook met die meeste kommentators hierbo dat Helen Zille se uitlating haar eie ondergang bewerkstellig het . MM en die DA wys nou hul ware kleure en weereens kom selektiewe demokrasie na vore: wat van vryheid van assosiasie, vryheid van spraak, repek vir die individu, gelyke geleenthede en produktiwiteit as voorwaardes vir ‘n suksevolle SA ? Die DA staan op papier vir al die bogenoemde beginsels op voorwaarde dat dit hulle narratief ondersteun, maak nie saak wat reg of redelik is nie. Die gevaar van BBBEE en EE is wesentlik vir wittes en my oplossings was en is nog altyd:
Selfbeskikking
Geografiese grense
Federale SA
Erkenning van minderheidsregte

Spandeer ons nie onnodige energie met die manewales van die ANC, EFF en DA nie? Kan ons nie liewer begin werk aan ‘n alternatief om ons eie bestemming te verseker nie, of moet ons maar geduldig wag tot ons kultuur, taal en selfrespek deur die veroweraars en kolonialiste vertrap is en op die ashoop van die geskiedenis gegooi is?

Jakobus ·

Dirk, jy is soo, reg. Hier lê nog baie harde werk voor vir die Afrikaner en die minderheidsgroepe. Mainmane, lyk my, gebruik die DA as ‘n voertuig, hy het eers opgeklim, daarna die leisels oorgeneem, en nou wil hy die sweep klap na sy selektiewe demokrasie. Dis asof hy die DA vir die swart mense gekaap het.

Jacques Venter ·

Die DA sit met n baie groot probleem. Die ANC probeer die DA teken as n wit party. Die blanke konserwatiewes probeer die DA teken as n swart party. In werklikheid staan die DA vir almal se belange

Ongelukkig Dirk is jou droom van n blanke tuisland lankal uitgedien . Nie eers die FF+ glo meer daaraan nie

Erik ·

My hoop vir die DA was dat hulle uiteindelik mense op grond van waardes, instede van ras, sou kon saamsnoer. Die hoop het oor tyd vervaag, as gevolg van hulle beleid oor regstellende aksie ens. My gevoel oor hulle aksie teen Zille is dat dit in die 1ste plek is omdat sy wit is, en 2dens oor dit wat sy gese het. Was Miamane se tweet van 16 Nov 2016 @13:26 met 3 swart mans wat met sement blokke in die hande agter n gebou staan, met die onderskrif “Waiting for the 2 coffincase people …”, dan nie onvanpas nie? Dit kan gesien word dat hy geweld aanmoedig – in n land waar geweld buite beheer is.

humor ·

Daan laat tog vir Max met rus. Dis tog goed om so min van hom te hoor. In elkgeval wie het nog werlik na hom geluister. Hy kan nie verander nie, want net so min n mens sy eie ore kan sien, net so min kan n dwaas sy eie dwaasheid insien.

Sebastiaan ·

Maimane kom uit die ANC en dink soos ‘n ANC, en ANC-denke, veral wat afwykende opinies betref, is nie ver verskillend van kommunistiese denke nie. Almal moet in lyn gebring word en kritiek op die leier of selfs net debat word nie geduld nie. Dit strook glad nie met die liberale tradisie waaruit Zille en die oorspronklike DP kom nie, maar die DA het reeds in ‘n ANC-light ontaard. Terloops, die DA sou slimmer gewees het as hulle agter geslote deure vir Zille liggies oor die vingers getik het en dit daar sou gelaat het. Ek dink nie die gemiddelde swartmens het eers kennis geneem van haar twiet nie, en sou ook nie besonder ontsteld gewees het nie. Die DA sal nou wel heelwat Zille-aanhangers, wat veral wit is, verloor.

Dirk Jan Hofer ·

N Mens moet nie vergeet dat kolonialistiese vooruitgang grootliks net Britanje verryk het en dat kollonialisme altyd n voet dwarsgesit het teen die Hollands/Afrikaans sprekende wit afrikaanse burger – en dis vreeslik sag gestel. Elke keer het die mense die christelike wang gedraai uit deernis en omgee vir ander mense – veral swart Afrikaners in die geskiedenis van die land. In 1994 het ons weer die wang gedraai en ons is behoorlik teen die ander wang geklap deur die ANC. Nou weer het ons die wang gedraai vir omgee vir ander mense duer vir die DA te stem – en sie daar, weer word ons teen die ander wang geklap tot plat teen die grond. Dus stem ek saam met Dirk Breytenbach: geografiese grense, federale staat, selfbeskikking en erkenning vir minderheids regte. My nasate kom via Nederland van Tirool in Oostenryk af. Tirool is n’ selfbeskikkings federale staat binne in Oostenryk – werk vir die Tirolers en hulle is gelukkige, jofiale mense wat omgee vir almal. En ja die DA het ook my stem nou verloor.

Jakobus ·

Jy is 100% wat die verryking van Brittanje aan betref, ook wat daarop volg, wat ook wel so is, is dat daarmee saam het daar baie kundigheid in daardie lande wat gekolonialiseer is, ingekom, kon hulle dit later jare aanwend om ook in die wëreldmarkte mee te ding en het hul ekonomies uiteindelik baie daardeur gebaat.

Lea ·

Kan die Afrikaners nie net vir eens en altyd saam staan en VF➕? maak nie,dis tog hulle wat die Afrikaner en ander se menseregte en belange op die hart dra! DA is nie vir my nie,het al lankal deur Musie gesien. Ek stem met almal hier bo saam,nou moet ons net SAAMSTAAN ook! ?

Riana ·

Ek het reeds ‘n tyd gelede agtergekom wit tel nie by MM, wat ek nie verstaan, hy is met een getroud, mens sou dink hy sal vir hul ook veg. DA het reeds my stem verloor en ek is seker baie ander sin, hierdie optrede gaan nog meer kiesers laat draai. Dit word elke dag net duideliker dat mense soos Malema en ander geen doekies omdraai dat daar nie meer plek in SA vir wittes is nie. Wat ek ook nie verstaan, daar word ‘n verbod geplaas oor hoeveel mense landuit mag gaan. Dit is ‘n groot hartseer om te sien hoe ons mooie SA agteruit gaan!

CJ ·

Die DA se ware kleure kom nou uiteindelik vir baie kiesers duidelik na vore. Ons is so verstom oor kiesers wat maar telkens vir die ANC stem. Wittes en Afrikaners stem al vir hoeveel jare vir die DA. Ons moet liewer verstom wees oor ons eie politieke “insig”.

Veritas ·

‘n Wegblystem dra meer gewig as ‘n stem vir die DA. Blanke kiesers word om die bos gelei om te wil glo dat die DA enigsens van die ANC verskil. Gee bietjie tyd.

Tian ·

Mooi gesê Leopold en ek voel presies dieselfde. As Helen Zille uitgeskop word verloor hulle my stem. Hulle het dit eintlik al klaar verloor met hulle hantering van die gemors.

Tian ·

Die dat Maimane hand om die blaas met Malema is spreek ook boekdele…

Eish ·

Baie dankie vir n nugtere artikel wat netjies die skadukolle verlig.

Schalk ·

Baie goed geskryf Mnr L. Soos met enige stelsel is niks dalk perfek nie. So ook was kolonialisme verseker ook nie. Die grondbeginsels het egter waarde toegevoeg tot die infrastruktuur. Dis maklik om iemand te kruisig vir ‘n opinie en jou eie te lig. Gaan praktiseer egter jou eie idees en jy gaan ook tereggewys word. So ook vir die DA wat haar uitskop. Onthou sy het waarde aan julle toegevoeg. Verseker het julle nou ook gewys julle straf haar openlik maar onthou dit kan ‘n tweesnydende sward word in die toekoms. Ek hoor daagliks hoe julle ander partye kritiseer oor alles behalwe as daar teen blankes gediskrimineer word. Stemtyd is dit egter afrikaanse slagspreke en Party Plakkate , Nou hoe nou?

Chris ·

Ek staan nog elke keer stom as ek hoor van blankes wat uit politieke partye gegooi/weggejaag word. Mense, wanneer sal dit ooit by julle tuis gebring word, in Afrika, werk die Westerse Demokrasie net eenvoudig nie. Die huidige regime sal aan die bewind bly tot wanneer die politieke meesters daaroor besluit. Kyk na die afgelope 23 jaar se wit/blanke politici. Waar is bv Kareltjie Niehaus? Ronnie Kasrils en vele ander. Hulle is gebruik en binne in die tande geskop. Waarvoor staan die woorde ANC. Die klem val op African. Ons wittes is nie Africans nie en sal nooit wees nie, al sê jy wat en veg dat die spoeg spat. Ons bleekgesigte is gaste en word sodanig gesien.

Akademi Buktu ·

Maimane het voor die plaaslike verkiesing net so kinderagtig opgetree met sy uitspraak oor wie asseblief nie vir die DA moet stem nie. Dit gaan nie altyd oor wat jy doen nie, maar hoe. Vir my het hy nou onteenseglik bewys hy is nie die leier wat mens gehoop het hy sal wees nie.

Knikkebollen ·

Tensy- die hele storie deel is van die nodige reinigingsproses wat die DA moet deurgaan om sogenaamd die etiket van ‘n ‘wit’ party vir eens en altyd af te skud. Me Zille is klaar haar werk gedoen. Die finale bydrae wat sy sal maak is dalk nou besig om voor ons af te speel….

gideon ·

Uitstekende artikel Dr Scholtz, u slaan die spyker op die kop. Die analogie van die prop uittrek terwyl jy water intap is uit die boonste rakke. Ek besef maar weereens, stem volgens jou beginsels, nie agter mense, organisasies of ideologiee aan nie.

Rita van Wyk ·

Tien uit tien, Chris. Ek het in Soweto skoolgehou en moes tot my skok besef ons wittes loop met oogklappe. Al is hulle ons hoe goedgesind, beskou baie swartes ons nog as “colonials” wat een of ander tyd “huis toe” sal gaan. Die optrede teen Helen Zille is ‘n klap in die gesig vir al Suid-Afrika se wittes. Terwyl die euwels van kolonialisme nie ontken word nie, word die enorme bydrae wat dit wel tot ontwikkeling en vooruitgang gemaak het, word van die tafel gevee. Die DA verloor nie my stem nie want hy het dit nooit gehad nie. My kruisie word langs die Vryheidsfront Plus getrek.

Jacques Venter ·

Mooi Rita. Daar is hoop. Die FF+ gaan vir jou n blanke tuisland gee

Johan. H. ·

Al hoekom die da so goed gevaar het in die verlede is omdat die mense nie anc wou stem nie en o aseblief tog net nie vir n afrikaner party nie,, TaTa da jy is sopas gespur,,,,Fv+ hier kom ek weer,,,

Pieter Streicher ·

Briljante stuk, ek kon dit nie beter gestel het nie. Dit gaan alles oor Miamane se plan om van Zille ontslae te raak . Sy het hom net die ammumisie gegee. Hy gee nie om of hy die DA vernietig nie solank hy net wen. Wie wil dan vir n party en ‘n party leier stem wat nes die ANC is. Nee wat die DA en Miamane het nou bewys hulle is ‘n twee gesig party. Ek hoop die DA verloor 50% van hulle stemme en fire Miamane. Nooit weer stem ek for die twee gesig party nie.

Reti ·

Ek stem vir ‘ons’ party. Ek weet ‘ons’ sal nooit regeer nie maar ek weet ‘ons’ party is soos ‘n foxterrier wat ons belange op die hart dra en vir ons kan opkom. Ek weet ook ‘ons’ party kan dalk die verskil maak om in koalisie groter dinge te help doen. DA doen dit nie vir my nie. Ek was al by ACDP, Patricia, COPE en uiteindelik vasgehak by ‘ons’ party. Dankie vir geen skandale ens.

Jacques Venter ·

Reti
Nou het jy my aan die raai. Wie is ons party?

Jacques Venter ·

Zille het.Maimane met n groot probleem gelos. Tree hy teen haar op.verloor hy die wit stem. Tree hy nie teen haar op nie verloor hy die swart stem.

Ns. Die besluite teen Zille is deur die party geneem wat baie wit lede het. Dit was nie slegs Maimane se besluit nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.