Daar gebeur iets wanneer mense bymekaarkom… #ItsTimeSA  

angus buchan (michael mol) 03

It’s Time- nasionale biddag (22 April 2017) Foto: Dr. Michael Mol (Verskaf aan Maroela Media deur die organiseerders)

Daar is soveel te leer uit die It’s Time-gebedsbyeenkoms. Een van hierdie lesse is dat ons meer kan bereik deur dinge sáám te doen, skryf dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS).

Natuurlik kan ek alleen in my binnekamer bid. Ek kan ook op my eie op my rusbank na ’n rugbywedstryd kyk of alleen bal skop op my grasperk. Maar daar gebeur iets wanneer mense bymekaarkom.

Die onlangse It’s Time-gebedsbyeenkoms in Bloemfontein was een van daardie geleenthede waar iets gebeur het. Daar is al baie oor oom Angus en oor die geleentheid geskryf (positief én negatief), maar die “bymekaarkoms” en “saamwees” het ’n ander energie losgemaak.

Ons gesin was ook daar en ek kon so ʼn bietjie meer van die ratwerk beleef as deel van ’n reusespan-vrywilligers wat tydens die geleentheid diens gedoen het. Groot getalle mense het weke voor die tyd al gewerk om alles vlot te laat verloop. Gewone mense het hulle dienste, toerusting en tyd gegee ­– sommige het sommer net opgedaag om kos, koeldrank of huisvesting vir die werkspanne te gee, ander om te bemoedig en saam te bid. Huise is vir wildvreemdes (“familie in die geloof”) oopgemaak en vreemdes het vriende geword. WhatsApp-groepe is gestig om die werk te koördineer – praktiese reëlings. Die groepe gons steeds met verhale van gewone mense se belewenis, getuienis en ontmoeting met die Here.

Ons is gemaak om saam te wees. Oor die wêreld heen en deur die eeue was daar nog altyd ’n menslike hunkering na samekoms. Verskillende geloofsgroepe of denominasies vergader in groot getalle (dink aan Mekka, die Vatikaanstad of ons eie Morea), ons verenig in massas oor naweke in stadions om ons sportspanne te ondersteun, massa-optogte is ook nie onbekend in ons land nie. Wat was dan anders aan die byeenkoms buite Bloemfontein?

Eerstens is dit besonders om deel te wees van ’n miljoen plus mense. (Ek sien daar word hare gekloof oor die presiese getal. Ek dink nie dit is die punt nie; wat belangrik is, is daar was báie mense!) Al die kleure van ons reënboognasie was in alle ouderdomme, geslag en taal en van alle uithoeke teenwoordig. Letterlik te voet, te perd en alles wat daar is!

Dit was aangryplik om die massa mense op hul knieë in gebed voor God te sien. Ek het parkering help aanwys vir mense met gestremdhede of wat weens een of ander rede naby moes stop. Toe die byeenkoms begin, het ek ook naby hierdie groep mense gaan sit. Ek was aangegryp en aangedaan toe oom Angus vra dat ons hande vat, hoede afhaal en kniel en die ou oom hier voor my sy kunsbeen afhaal om ook op sy knieë te kan aanbid. Sy vrou het telkens gespook om hom op en uit die stoel te kry, maar hy wou niks misloop nie – hy wou deel wees.

Die boodskap is eenvoudig, sonder fieterjasies: Begin in jou eie binnekamer. Werk aan jou verhouding met God, dan jou gesin en dan verder na buite – en doen dit op jou knieë. Die gebede was opreg vir ons land, ons leiers en ons toekoms. Daar is ook gebid vir onderwysers en hulle is uitgedaag om openlik by skole te bid.

Daar gebeur iets wanneer mense bymekaarkom … werkloses wat saam opstaan (’n hele gesin het naby my opgestaan en mekaar styf vasgehou), groot getalle mense wat opstaan wat sukkel met angs, depressie, bekommernis of siekte – sonder om skaam te wees of verneder te word. Daar is nie ʼn towerstaf geswaai sodat alles reg sal wees nie – die hartseer en versugtinge is aan die Here opgedra. Daar is hoop in die toekoms geskep. Ek is nou een van miljoene Christene (dié wat op Wilde Als was en dié wat nie daar kon/wou wees nie) wat weer uitgedaag is om ons geloof te gaan leef in Suid-Afrika – om die energie van die “deelwees” huis toe te vat, werk toe te vat en ’n verskil in my gemeenskap te gaan maak.

Ek het al baie opgewonde by die Vrystaat-stadion uitgestap (hopelik sal dit nog baie gebeur), maar die wegstap van die plaas was anders. Daar het iets spesiaals gebeur toe ons vir Suid-Afrika gebid het – nie vir wit of swart nie, vir Suid-Afrika. Ek het so ʼn klein ietsie ervaar van die skare mense waarvan ek in Openbaring lees – ’n skare geloofsvriende wat die Here aanbid. Word vandag nog deel van die geloofsgemeenskap by jou plaaslike kerk.

Ons land se leuse is “eenheid in diversiteit”, met ander woorde uiteenlopende mense, maar sáám.

Natuurlik kan ek alleen in my binnekamer bid. Ek kan ook op my eie op my rusbank na ’n rugbywedstryd kyk of alleen bal skop op my grasperk. Maar daar gebeur iets wanneer mense bymekaarkom …

  • Dr. Jaco Deacon is die adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, outeur van Skoolbeheer: Antwoorde op alledaagse uitdagings en redakteur van die Juta Education Law and Policy Handbook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Annette ·

Sal dit nie fantasies wees as iemand al die stories bymekaar bring in ‘n boek nie? Ek sal met liefde betaal om te hoor van al die wonderwerke voor, gedurende en na die tyd.

Ronald ·

Ja mense kom bymekaar en sweep mekaar op. Dis hoekom dieselfde nie gebeur as jy alleen op jou bank sit, al bid jy net so hard. Simpel nê?

Ester ·

Niemand het mekaar opgesweep nie….As jy daar was sou jy iets anders gesê het, maar as jy op jou rusbank bid met n goeie gesindheid is dit ook mooi. Ons mag nie oordeel nie.

Leonard ·

Annette,
Ek sal graag betaal om die wonderwerke te sien en nie net daarvan te hoor nie.

Louis ·

Wonderwerke is gratis daar is aan die kruis met bloed en liefde betaal.

Adriaan ·

Om in jou binnekamer te bid is Bybels, en nie iets om van ‘n ligsinnige opmerking te van maak nie. Ek wil nie Oom Angus oordeel nie omrede ek nie self daar was nie maar as hy sê die “Here sê” en dit is nie so nie dan is dit valse profesieë wat volgens Jeremia 23:30-32 & 39-40 nie noodwendig goed vir die volk is nie. Ek dink om agter wonders aan te hardloop is ook ‘n probleem want die “seun van die verderf” wat homself voordoen as “‘n engel van die lig” gaan vuur uit die hemel laat kom ens. Kom ons haal maar erder geld uit vir ‘n ou KJV of ‘n 33 Afrikaanse Bybel (wat uit die regte brontekste vertaal is en nie iemand se opinie is nie) en leef daarvolgens en dan het die gebed van ‘n regverdige groot krag en sal gehoor word (Jacobus) Let op Spreuke 28:9

japie ·

Praat jy Ronald. Soos rugbyspelers wat weggaan vir n naweek om gees te gaan vang..Dit is hoe Benni Hinn en al daardie ouens dit doen. Angus is geoefen daarin. Hy het by Rick Joyner gaan leer, hulle almal behoort aan die Promise keepers, mense is so blind rondom hierdie Mega verleiers, tog se Jesus self, nou is die weg en min is hulle wat daardie weg vind, as Jesus se hulle is min, dan is dit die waarheid en jy kan dit glo, nie soos vandag se leiers wat se 1 miljoen en dan is daar minder as n half miljoen nie. Word God se raasdsplan nou uitgevoer deur die massas, het Hy nou hulp nodig om dit te doen wat Hy al voor die grondlegging van die aarde vas besluit het? Het God self nie vir Gideon gekry om sy 35000 te verminder na 300 toe nie? Wat nog van Dawid toe hy die volk getel het wat n sonde in God se oe was. God het Dawid daarna voor drie keuses gestel om te boet vir sy sondes, en die een wat Dawid gekies het, het n engel duisende laat sterf. Pasop Angus, jy is buite die Skrif.

Francois Kroukamp ·

Gelukkig is ons lief vir jou ook wat die oordeel vel oor een van God se kinders.Genade en vrede vir jou

Dries ·

Japie ek is van dieselfde mening as jy, maar ek reken ons mors ons tyd met hierdie mense. Hulle ore is toe, hulle kan nie sien nie want die Here wil nie he hulle moet sien of hoor nie. Ons is nie beter as as Anghus nie of enige een anders nie ons kan maar net vir hulle bid. Kyk maar na die voorbeeld van Juda wat vir jaare gewaarsku is oor hulle afval en dat hulle in ballingskap sal gaan vir 70 jaar , en vergelyk dit met ons land, hoe lank is ons nie al op die afdraande pad nie, kyk wat gaan aan in die Kerke hoe ver het die meeste nie al afgedwaal van die Woord van God nie. Is dit dan ‘n wonder dat ons in ballingskap verkeer en dit in ons eie land. Sien ons enige berou voor God en ‘n terugkeer na die ou paaie? Nee eerder verder die verderf in. Daar was in Israel se tyd ook valse profete. Anghus is nie die eerste en seker ook nie die laaste nie. Die ou Skot is ‘n egotis dit is alles oor wat Anghus besluit en nie God se woord nie.
Sterkte in jou stryd Japie mag die Here jou wysheid en leiding gee.

Kosie ·

Japie, Nou as oom Angus so verkeerd is hoekom reel jy nie n byeenkoms en lei ons (soos oom Angus) deur skrif gedeeltes hoe ons as VOLK moet optree in hierdie moeilike tye nie? Of is alles “Hunky Dory” in ons land?
Se jou en Ronald wat, Oom Angus se ” I cannot save South Africa, You cannot save South Africa, only JESUS can” Jy en Ronald sal nog eendag sien “its not all about you” nie. Ons kan (En doen) gebede in ons binnekamer,Ons kom weekliks as sell groepe bymekaar en bid vir ons mense en ons land. Hierdie byeenkoms was om n halstarrige, eiewysige, Christen volk byeen te bring en saam as n volk ons sondes te belei en ons voor God te ootmoedig. ” Don’t shoot the messenger”. Doen liewer self ondersoek en sien wat jy vir jou eie soort doen in hierdie moeilike tye.

Genieve ·

Dinge is aan die gebeur.Oral ini weskaap is dit besig met reen want daar was mos gebid daarvoor.Julle moet wag op die Here want hy alleen kan antwoord.

Lemmer ·

Ek stem saam Ronald. As kind was ek eendag uitgenooi na ń kerk waar mense op die grond neerval en in vreemde tale skreeu, lag en te kere gaan asof hulle by die sirkus is. Ek het daar beleef hoe mense mekaar kan opsweep en ek twyfel baie sterk of hulle dieselfde doen by die huis as hul alleen in hul “binnekamer” is.

Sons ·

Lemmer het jy weer probeer om na so diens te gaan noudat jy groot is?Het jy al gehoor van die Heilige Gees se werking?Die Heilige Gees is n werklikheid,net soos n bose gees ook n werklikheid is

japie ·

Hi Anette, ek luister so na jou, die Bybel is vol wonderlike wonderwerke en jy hoef nie te betaal daarvoor om dit te belewe nie. Vandag se geslag soek wonders en tekens se die Here, en geen teken sal aan hul gegee word behalwe die teken van Jona nie, daar is soveel valse getuies vandag in die kerk, wat so graag God wil help en alles te vergroot sodat God nou nog groter moet lyk, God se oordele begin by Sy huis se Hy, en glo my elke valse getuie of een wat dinge vergroot gaan God in die gerig bring, en dit sluit al die leiers in want die Skrif se hulle gaan met harder slae geslaan word. Ek wil vandag vir u se dat Angus nie net een leuen vertel het nie, maar baie. Byvoorbeeld in sy boek Faith Like Patatos skryf hy dat sy twee kinders wat nie syne is nie, maar sy vrou se eerste man in S.A. sin is, in Zambie gebore is, wat n leuen is, sy vrou het met hulle van S.A. oorgetrek soontoe, hom daar ontmoet en met hom getrou. Dit is maar net een voorbeeld, u hoef nie ver te soek om al die ander te kry nie..blessings

rosetta ·

Dit was so awesome om daar kon gewees het. Jy kan dit nie beskryf nie. Om al die voertuie agter jou te sien ry, die mense te sien loop , ver loop en te sien almal kniel om te bid en hande vat om te bid. Die worship was awesome gewees. Dit het gelyk soos miere wat van oral kom . God was daar, jy kon dit voel. Almal het met iets weggestap van die event. Ek sal beslis weer gaan. God gaan ons land verander. Signs, wonders and miracles. AMEN

ena diedericks ·

Jesus het die gelykenis van skape en bokke vertel en dit was ‘n verhaal van die verdeling wat sal kom in sy kerk. Ek het nie vreemde gedrag gesien in die byeenkoms nie. Ek het wel ‘n rustige gehoor gesien wat die geleentheid waardeer en nederig voor die Here die knie buig in gesamentlike gebed en die openbare hertoewyding van hul geloof in die ware en Lewende God. Hulle is voorwaar geseën deur daar te wees. Dit was nie nodig om vooraf toestemming van hul denominasies en ander gelowiges te vra nie. Hulle is ook nie die groep wat kritiek uitspreek teenoor diè wat nie daar was nie. Ons wat tuis was en gevolg het soos ons kan, ook saamgebid het en op ons knieë gegaan het, is ook geseën. Dit was voorwaar ‘n heilige geleentheid. Heilig, in die sin dat nederige gelowiges ‘n dag tot eer van God afgesonder het en in die openbaar voor al die owerhede en magte in die lug hul loyaliteit aan die enigste en ware Lewende God en Jesus Christus verklaar het. Dit was ‘n liefdesgebaar, ‘n aangename geur en ons Hemelse Vader se hart is nie onaangeraak nie.

Knikkebollen ·

Toe Dingaan se impies regmaak om die skaars 300 Boere by Bloedrivier uit te wis, moes dit gewis vir diegene in die laer gevoel het asof die einde van die wereld aangebreek het. Tog het hulle nie begin profeseer nie. Niemand het aanspraak gemaak daarop om namens God te praat nie. ‘n Stil kerkbyeenkoms, ernstige gebed en ‘n belofte is afgele. Niemand het daarna gepraat van hoe hulle God daar ‘gevoel’ het nie- hulle het hulle laers getrek, hulle roers gevat en die vyand die stryd aangese. Dis ware geloof. Hoe skryend anders as die massa sielkumde an vandag wat met aanbidding verwar word…

Roux ·

Eks so bly daars nog mense wat die waarheid kan praat. Ware geloof. Ware vertroue in die een lewendige almagtige God. Wat nie omgee oor nommers nie.

Melany ·

Typical of South African White’s. Tear each other down. Criticise and judge ALL the time. Instead of Judging get up and take action.

Willie ·

Wat n pragtige antwoord. Stem 200/. Saam. Hulle sit en kritiseer wat ook verkeerd is. Bou mekaar met liefde en wardering op.

Knikkebollen ·

Jesus het die HELE TYD die Fariseers en Skrifgeleerdes gekritiseer.

Andrea ·

Magtig mense, niemand was daar vir oom Angus nie, hulle wou saam kom as n volk en hy was die instrement wat dit laat gebeur het. Hou op slim wees en te ‘over anilise ‘ dit was freaking amazing en daar is krag in nommers ! Moet net nie nou ophou bid nie, carry on! Oggies op die kruis en PATIENCE blikemmer! Regtig mense get real!

Skatymir ·

Hierdie gebid in Bloem het niks opgelewer nie en sal ook nie. Kyk hoe gaan dit in Coligny en daar was al klaar weer moorde in die Vrysraat. Waneer sal die mense uit hierdie droom wakker word? Ek het al menige maal gevra hoekom die gebede van die meer as 30000 vrouens en kinders wat in die konsentrasiekampe wreed gesterf het niks gehelp nie. Dit kan net twee dinge beteken: 1. Die god van die Bybel is nie in staat om te help nie wat hom dan impotent maak of 2. hy laat die wreedheid toe, wat hom dan ‘n bose god maak. Hoekom gaan bid die predikante nie vir die kindertjies met kanker in die hospitale as die gebede so effektief is? Moet net nie sê dit is god se wil dat die kindertjies so ly nie, want dan aanbid jy ‘n genadelose en bose god.

Sê net ·

Soos tipiese rugby ondersteuners wat op die kantlyn staan, maar glo veel beter weet wat op die rugbyveld aangaan is julle klomp wat oom Angus so vreeslik oordeel, maar nie eens moeite gedoen het om daar te wees nie! Dit was n wonderlike dag en n geestelike hoogtepunt in my lewe! Dag van opbou en herstel en nikse “ge-opswepery”! Tog snaaks dat die Fariseers van die Bybelse tyd vandag nog tussen ons teenwoordig is – baie kritiek maar min/geen geloof!!

Gert ·

Ek het my hart vir God gegee die 22 April 2017. Wat het met my gebeur daai dag…???ek weet nie, maar IETS is anders in my. Iets was anders in elkeen wat om my beweeg het daardie dag. God het met my gepraat daai dag en die heel dag. Daar het meer trane gevloei daar oor my wange as deur my hele lewe saam. As ek terug dink of praat oor die dag rol die trane steeds onwillikeurig. Om Angus het nie net n nasie saam gebring nie, maar elkeen daar se harte oopgemaak en verander, nie hy self nie, maar God. God het my gewys om my hoogmoed te laat staan, geleer om hande te vat, my gebruik om mense te help, my huis binne reg te maak, my te bekeer en vir my land te bid. Wonderwek na wonderwerk het daai dag met my gebeur. Ek kan n boek skryf oor die dag. Doe grond het met jou gepraat, iets wat jy net met iemand kan oor praat wat se voete ook op daai grond was. Elkeen wat daar was sal verstaan. Welkgedaan Oom Angus, almal wat daar gewerk het en elkeen wat daar was. Ek weet God het my daar kom ontmoet.

Sê net ·

Baie dankie vir jou pragtige getuienis Gert! So bly vir jou!! Die Here se genade is groot!!

Jenny ·

Julle mense wat so baie te sê het teen die samekomste en om kerk toe te gaan, gaan lees wat Hebreeus 10:24 tot 26 sê. Die Bybel sê dat ons nie die onderlinge byeenkoms moet nalaat nie en as ons dit doen sondig ons en daar is geen vergifnis vir dit nie.
Knikkelbollen, Jesus het hulle tereg gewys want hulle was vinnig om die mense tereg te wys terwyl hulle lewens nie in orde was nie. Hulle het laste op mense gelê wat hulle self nie nagekom het nie. Hulle het nie in Jesus Christus geglo as die Verlosser nie, hulle het hom verwerp. Hulle is die mense wat daarop aangedring het dat Jesus Christus gekruisig word want Hy het hulle tereg gewys op hulle sondes.

Ann ·

Ek was nie daar nie, maar my dogter en haar man was daar. Alle mense kan nie Bybels korrek wees nie. Ons probeer, maar is net mense. Ek gee nie om oor Angus of wie daar was nie. Wat verblydend is ons kinders het God gevind. Weer n wake up call gekry. Ons almal het op n tyd in ons lewe ons hart vir die Here gegee. Maak nie saak waar nie. God is oral en as een geraak is is God verheug. Ek bid dat God my kinders verder op die regte pad sal lei. Dankie Heer dat U hul aangeraak het. N Ouer kan nie dit alleen doen nie. Net genade.

John ·

Skatryk leke-predikers, soos eerwaarde Josua van Nigerie of die ryk familie in Limpopo wat konka’s vol note laai na Paasnaweek, is nie ‘n nuwigheid nie. Deur die eeue is mense emosioneel in ‘n staat van euforie geplaas en sielkundig bewerk deur individue met ‘n eie bybel en tema in die hand. Die regte atmosfeer en venue is altyd uiters belangrik. Die naam Christus is, tragies, altyd ondergeskik aan die naam van die teatrale spreker en opdragte kom van onder en nie van Bo… en enige kritiek, soos die’… word heftig afgeskiet.

Marius Viviers ·

Dit is kommerwekkend dat mense uit hul pad sal gaan om verskonings te soek om mense verdeeld te hou. As gelowiges wil saam aanbid, is dit hul reg. Vergeet wie dit rëel of watter kastige verskuilde agendas daar ookal mag wees. God was hier die oorwinnaar omrede Hy geprys en aanbid was.

Freddie. ·

Ag weet julle. As dit nie van God is nie sal dit doodloop. Maar as dit van God af is kan niemand dit stop al is hulle hoe negatief. Ek was ook daar en dit is die begin van groot dinge.

Peet. K. ·

Skatymir,
Ek is geneig om met jou saam te stem. Volgens statistiek sterf daar ongeveer 9 miljoen kinders onder die ouderdom van vyf elke jaar wêreldwyd. Die meeste sterf agv kanker, gebrek aan skoon drinkwater, mishandeling , oorlog en in onlus geteisterde gebiede. As daar dan ń god bestaan, hoekom sal hy/sy die moeite doen om homself/haarself te steur aan ñ miljoen mense wat op ń bepaalde plek saam bid as hy/sy elke jaar 9 miljoen onskuldige kinders laat sterf? Ek weet wat die antwoord sal wees as jy enige skrifgeleerde daarmee konfronteer: Wie is ons om die wil van god te ken….
Ek is jammer. In die 21ste eeu is daardie antwoord nie meer goed genoeg vir my nie.

Adriaan ·

Kanker is nie so wreed soos die behandeling daarvan nie..
My 3 jarige seun is laasjaar deur meer as 150 ure se chemo (maande in hospitaal) ..
Selfde met konsentrasiekampe ens.
Mense is wreed.. die Vader is regverdig
Die dag van oordeel sal kom vir die geweldenaars en daarna die loon “vertroosting” vir die wat gely het
Tydelike lyding kan jy nie vergelyk word met die ewige loon nie..
Hy is regverdig en Almagtig

Sann ·

Opvallend hoe elke stukkie negatiewe kommentaar van mense kom wat nié die Biddag bygewoon het nie. Dink julle werklik dat God so apaties teenoor die geleentheid gestaan het, dat hy alles maar begaan sonder om dit te stop? As enige een nog kan dink dat dit mense se werk en bydraes was wat alles moontlik gemaak het, is julle meer arrogant as wat ek ooit kon besef! God laat Hom nie tart nie, en as jy wil glo dat dit toevallig was dat die wind juis ná die gebed moes opkom, sal daar in elk geval niks wees wat jou ooit kan oortuig dat God ons hoor nie. Gaan vra maar vir Zuma hoe lekker hardloop mens as die markiestent, waar jy vir God staan en spot, begin omwaai… En hou maar op om dít af te keer, wat God in liefde reeds aanvaar het: ons bereidwilligheid om op te staan en weer ons lig vir Hom alleen te laat skyn, in ons land.

Marius ·

Liewe Broers en Susters in die Geloof. Hoekom stry en veroordeel julle mekaar? Maar julle doen dit uit onkunde uit want as julle die Woord van God geken het sou julle nie! Weet julle nie dat julle sondig en verswak julle geloof nie! Behalwe dat God se Woord vir ons gestuur is om die Boodskap van ons Verlosser Jesus Christus aan te kondig, is dit ook daar om ons te leer en te tugtig. Al julle antwoorde is daar gaan gerus en ondersoek God se Woord. Gaan lees nou eers dadelik Romeine 14 (14:1 “Aanvaar die ene wat in geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil”), en dan Romeine 13. Daarna gaan lees Hebreers, veral hooftsuk 3 en 4. Indien julle moontlik nie God se Boodskap mooi verstaan nie, gaan gerus na die volgende web adres wat alles mooi uitle vir ons…https://www.gci.org/bible/hebrews3

Ada ·

Gert is so bly! Jy is n nuwe mens en steur jou nie aan negatiewe kommentaar nie want dit is net die duiwel se listigheid. Ek is so opgewonde vir jou!

Gert ·

Los die negatiewe en kyk vas in al die mooi en positiewe wat daar gebeur het. As n mil mense moet bymekaarkom en een persoon verander is dit klaar die moeite werd. Ek glo elkeen wat daar was het iets gesien gebeur. Ek het gesien hoe n byeenkoms met n mil mense in ses weke gereel word, gesien hoe als seepglad verloop. Menslik is dit ontmoontlik. God wou vir ons wys die onmoonlike is moontlik by Hom. Daar was geen toegangsgeld gevra nie, geen donasies gevra nie. Alles deur vrywilligers geskenk. In ses weke. God se hand was daar. Meer as dit als kon Sy teenwoordigheid daar gevoel geword het. Elke hoenderwys, elke traan en elke vriendelikheid en verdraagsaamheid in die persoon langs, voor en agter jou was net AMAZING!

Lenette ·

Ek kan net kop skuddend se shoe aan al die kritiek en kommentare. Ekt nooit oordeel gevel oor die wat besluit het om by die huis te bly met die It’s time bid dag, selfs my eie Pa ook n christen, wie ek baie graag daar sou wou he, het nie gegaan, maar uit respek vir sy keuses en besluite as n eie mens en christen het ek hom nie allerhande dinge toegesnou en beter weterig probeer optree. Ons geloof in God, ons verhouding met God was nog nooit bedoel om n debat te wees, n kritiseer sessie of n oordeel nie. God vra net hou jou oe op Hom gerig, hou jou geloof in Hom! Hy vra nie allerhande besprekings en bespiegelinge wie reg of verkeerd is, God gee net om oor jou hart en Hy sien elke ware hart raak. God gee nie om oor wat ieder en elk te se het, Hy is soveel groter as dit en waar jul dalk nou een dag sien sien Hy baie verder. Dalk moet ons ophou om namens God te probeer praat en eerder bid dat Hy ons genadig sal wees, want elke nuwe dag op hierdie aarde is n geleende dag uit God se genade en liefde vir ons. Hou op om jul dae te verspil om vinger te wys na ander en leef God se beeld na, want dis hoekom ons hier is.

Valerie ·

Al wat gebeur is massa histerie as soveel mense bymekaar kom. Niks meer nie…en dan begin die verbeelding op hol gaan, veral as daar iemand staan en skreeu en propageer asof dit uit die mode uitgaan en sê wat die mense wil hoor.

Mrs Smith ·

Wie gee om wie bid waar-BID NET!! Almal is so besig op sosiale media om die oordeel te voltrek, oor wie waar bid, dat ons vergeet ons is ALMAL afhanklike mense. As jy enkel bybel gedeeltes wil aanhaal sal jy jou eie opinie kan staaf, maar dit gaan nie oor, my, ons, jy of julle nie. God het elke mens uniek geskape en daarom is verskillende mense gemaklik om te bid op verskillende maniere en plekke. Maak vrede met ander (en jou eie) uniekheid. Vir die wat die seer en hartseer van hierdie wereld gebruik om God te tart en sê Hy is nie daar-God laat nie met hom spot nie. God laat nie toe dat slegte dinge gebeur nie, ‘evil’ is ongelukkig steeds deel van hierdie wereld, want ons is nog nie in die hemel nie. God is ook nie ‘n puppet master nie. Hy kan wel alle dinge laat meewerk tot die Goeie en Hy beloof dat HY jou nooit sal verlaat nie. BID NET MET ‘n OPREGTE HART, maak nie saak waar nie!!

Gypsey2 ·

John 10:10 The thief comes only to steal, destroy and kill but I have come to give life in abundance. To give life in abundance,first define the meaning of abundance.Ek treur oor die agnoste en sweepswaaiers teen mense wat ‘n lewendige,liefdevolle God dien.Dit is waarom die ‘slim” blankes nie kan saam staan nie – want dit is te lekker om iemand wat reeds in die “gutter” is,verder te vertrap!!! Jammer vir julle wat nog nie wonderwerke beleef het van die Koning bo alle Konings – maar,wag en beleef die eurofie van die werklike kinders van God wanneer Vader se golf beweeg.

Marius ·

Die realiteit is dat hierdie ‘n stukkende wêreld is en as ek Openbaring lees gaan hy net meer en meer stukkend word. Die golf van ongeregtigheid gaan die wêreld oorspoel. Ek dink wat Angus doen is goed, maar ek dink dis so ietwat gerig op die hier en nou se seer. Ons as gelowiges moet weet ons is eintlik bywoners op aarde, en dat verdrukking ons nie moet onkant vang nie. Daar is niks verkeerd om besorgd te wees oor plaasmoorde en die ekonomie nie, maar ons grootste besorgdheid moet die verlorenheid van hulle wees wat Jesus nog nie ken nie. As die kern van Angus se oproep was dat ons moet evangeliseer onder ongelowiges en as gelowiges ons geld en tyd gee om ‘n verskil te maak in die seer sou daar nie ‘n duisend mense gewees het nie. Almal soek hul veilige welvaart, en dis eintlik maar waaroor die byeenkoms gegaan het. Dit wys eintlik maar net op die ware motief van ons sondige harte. Om Christen te wees moet nie gaan oor ons voorspoed en gemak nie. Ek dink vir baie gaan sulke byeenkomste eintlik maar net oor dit. Breek ons harte werklik oor verlorenes? Dis die eintlike oproep van Jesus, nie ons veiligheid en beleggings nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.