Dawie Roodt: ‘Onnoselheid en kripvretery eindig altyd dieselfde’

dawie-roodt-begrotingsrede-2018

Dawie Roodt. Foto: Reint Dykema/AfriSake.

Die verstommende vlakke wat korrupsie en plundering in ons land bereik het, is sonder twyfel die rede hoekom die meeste Suid-Afrikaners tans so desperaat voel. Sal ons verder swyg om die mees destruktiewe mag wat hierdie land nog ooit gesien het, uit te wys? Nee, want teen hierdie tyd kyk almal na die skuldige party: Die ANC en sy bondgenote

Daar het wel intussen ʼn paar skommelinge plaasgevind, maar Zuma was slegs die simbool van korrupsie, onbevoegdheid en staatskaping. Dus, ons mag dalk ʼn nuwe president hê, maar hy verteenwoordig steeds dieselfde ANC. Te oordeel na pres. Ramaphosa se aksies tot dusver, is hy óf te lig in die broek om ʼn behoorlike leier te wees, óf hy verstaan nie die gevaar waarin die Suid-Afrikaanse ekonomie tans verkeer nie óf hy gee eenvoudig nie ʼn flenter om nie.

My vermoede is dat ons ʼn swak president het wat doodeenvoudig net nie die politieke mag het om ongewilde strukturele veranderinge aan te bring nie. Al wat hy tans doen, is om geplunderde instellings soos die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te gebruik om die swaar werk vir hom te doen. Hy speel vir tyd en dink hy kan só iets verrig, maar sy ekonomie het nie meer speeltyd oor nie.

Selfs al kan ons op die een of ander manier ʼn towerstaf swaai en oornag ontslae raak van al die korrupsie en onbevoegdheid in die staat en staatsbeheerde ondernemings, sal ʼn buitengewone poging aangewend moet word om die haglike toestand van die staat se finansies om te keer en die land van verdere ekonomiese ineenstorting te red.

Die fiskale tekort (“fiskaal” is afgelei van dieselfde Latynse woord wat “skatkis” beteken en waarin geld [belastinginvorderings] gehou word) is die verskil tussen wat die staat (gewoonlik bekend as die “nasionale regering”) spandeer, minus sy inkomste (belasting). Hierdie tekort is die bedrag nuwe geld wat die staat moet leen en word gewoonlik uitgedruk as ʼn persentasie van die bruto binnelandse produk (BBP).

Kom ons speel gou ʼn speletjie: Voeg die fiskale tekort by die BBP van ʼn land vir ʼn gegewe tydperk (gewoonlik ʼn fiskale jaar) en trek nou die koers van ekonomiese groei van hierdie syfer af. Wat oorbly, is ongeveer met hoeveel persentasiepunte die staatskuld in verhouding tot die BBP sal styg.

Byvoorbeeld, ons fiskale model voorspel dat die fiskale tekort in die huidige fiskale jaar (2019/20) waarskynlik om en by 6% gaan wees. Terloops, ʼn nuwe fiskale jaar begin elke jaar op 1 April. Ons staatskuld as ʼn persentasie van die BBP aan die begin van hierdie fiskale jaar was reeds 56,7%. Ons verwag dat ekonomiese groei vir die huidige fiskale jaar ongeveer 0,5% sal wees, maar om te vereenvoudig, gebruik ons 1%.

Maar ons is nog nie klaar met die speletjie nie: 6% (BBP-tekort) minus 1% (BBP-groei) is gelyk aan 5% – die koers waarteen die fiskale skuld teenoor die BBP hierdie jaar sal toeneem. Voeg nou die 5% by die bestaande 56,5% staatskuld en ons sit met skuld van sowat 62% aan die einde van hierdie fiskale jaar. Daar is natuurlik ʼn paar veranderlikes wat hierdie koers ook sal beïnvloed, maar vir ʼn eenvoudige berekening behoort hierdie model voldoende te wees.

As ons hierdie proses vir die volgende aantal jare herhaal, gaan die prentjie nie mooi lyk nie. En dit is die rede waarom die regering se staatsfinansies in hierdie dodelike spiraal beland het, spesifiek omdat staatsuitgawes sedert 2009 meedoënloos toegeneem het in ʼn tyd toe die belastinginvorderingstelsel in duie gestort het – grotendeels weens die wankelende ekonomie. Teen hierdie koers van skuldtoename, is dit baie duidelik dat dinge binnekort liederlik gaan skeefloop.

Ten einde die ineenstorting van fiskale rekeninge om te draai, moet daar ʼn kombinasie van drie dinge gebeur om die koers van skuld teenoor die BBP te stabiliseer. Eerstens behoort die ekonomie teen ʼn koers van 6% te groei – ʼn koers waarteen die skuld teenoor die BBP-verhouding sal stabiliseer.

Ongelukkig blyk dit dat die regerende elite eerder moeite sal doen om die ekonomie meer skade te berokken met allerhande sotlike sosialistiese idees en voorstelle, soos die oprig van nog ʼn staatsbank, ʼn nuwe mandaat vir die Reserwebank en die onbekostigbare Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Glo my, as dít gebeur, sal ekonomiese groei ons nie van hierdie fiskale afgrond kan red nie.

ʼn Tweede opsie is om belasting te verhoog met die ekwivalent van 5% van die BBP (huidige markprys), wat op sowat R250 miljard neerkom! As voorbeeld, sal belasting op toegevoegde waarde (BTW) met meer as 11 persentasiepunte moet styg om so ʼn groot bedrag te genereer; so nie moet persoonlike inkomstebelasting met ʼn gemiddeld van byna 10 persentasiepunte verhoog. Dis ʼn sinnelose argument, aangesien so ʼn groot verhoging in belasting ʼn uiters negatiewe effek op groei sal hê en oorbelaste belastingbetalers sal allermins hiermee gelukkig wees. Maar wat soos ʼn paal bo water staan, is die omvang wat die vereiste belastingverhogings moet inneem.

Verkieslik – en die enigste realistiese opsie wat oorbly – is om staatsuitgawes met dieselfde bedrag te sny: R250 miljard. Persentasiegewys is dit ʼn werklike besnoeiing van staatsuitgawes van ongeveer 15%, oftewel 20% in nominale terme. En is daar ʼn hardebaard-politikus wat bereid sal wees om hierdie goeie nuus aan Cosatu te gaan oordra?

Maar al sou ons selfs sulke besuinigingsmaatreëls kon implementeer, sal die aanvanklike impak op die ekonomie geweldig negatief wees en sal ons ons tussen die duiwel en die diep blou see bevind.

Maar wag, ek is nog nie klaar nie … Ons almal weet dat die staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) eintlik oëverblindery is – kammamaatskappye met direksies, voorsitters en al die gepaardgaande voordele. Maar wanneer die nood druk, dan het hulle skielik ʼn aandeelhouer (lees: belastingbetaler) wat hul borggeld kan betaal – ʼn baie onprofessionele optrede wat mens nie van ʼn maatskappy sal verwag nie.

Indien die skuld van die SBO’s ook by die staatskuld bygereken word, sal dit die staatskuld teenoor die BBP tot sowat 72% teen die einde van hierdie fiskale jaar opstoot. En wat nog van plaaslike owerhede, die Padongelukfonds (POF), die tekorte by die Pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF/PFSA), en so meer?

Dit is baie duidelik dat ons kniediep in die gemors is. Die kripvretery (lees: onnoselheid) van sosialiste soos hierdie eindig altyd dieselfde, en dit is wat volgende gebeur:

Eers het die staat skielik ʼn tekort aan belastingbetalers. Die belastingbetalers wat nog nie geëmigreer het nie, word buitengewoon belas en enige verdere verhogings in belasting sal ʼn nadelige effek/uitwerking op werklike belastinginvorderings hê.

Dan wend hy hom na die bates onder sy beheer, soos die SBO’s. Maar uiteindelik verloor die staat ook daardie bates weens plundery, soos Eskom, die SAL, die SAUK…

Nou draai die staat na die volgende teiken, die paar potte goud wat nog oor is – die spaarders. Spaarders is diegene wat, byvoorbeeld, vir hul aftrede spaar, en as jy kyk na die finansiële vuilspel by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), het jy genoeg bewys wat met die bates van die spaarders gebeur.

Intussen word voorgeskrewe beleggings ook voorgestel wat die reeds benarde toestand van die spaarders net vererger. Neem ook in ag enige belasting op kapitaal is eintlik die konfiskering van spaargeld. Ander maatstawwe word ook nou gebruik, soos beheer oor buitelandse valuta, byvoorbeeld Forex – alles terwyl die spaarders al hoe minder word en die goudpotte leegloop.

Ongelukkig sal niks hiervan die onvermydelike kan verhoed nie: skuld sal aanhou ophoop, die ekonomie sal struikel, armoede en werkloosheid sal toeneem en diegene wat vir al die probleme verantwoordelik is, sal net aanhou om die blaam vir hul absurditeite op “die ander” te plaas.

Teen hierdie tyd sal die enigste oorblywende alternatief wees om skuld met skuld te betaal. Om dit te laat gebeur, is dit egter nodig om die Reserwebank te beheer, en met Lesetja Kganyago aan die stuur, sal dit nie maklik wees nie. Maar wees verseker, soos ons al hoe dieper in hierdie skuldput insak, sal die druk op die Reserwebank uiteindelik so erg word, dat dit ook sal knak. En dan… inflasie!

Maar dit kán anders wees.

Wat ons baie goed moet verstaan, is dat geen strukturele aanpassing, geen nuwe daeraad, geen vars begin ernstig opgeneem kan word indien dit nie die erkenning insluit dat daar te veel mense op te min ander probeer leef. Tienduisende amptenare, onder andere, dié by die SOB’s, word eenvoudig nie benodig nie – hulle moet gaan!

Nou kom die vraag: Is ons demokratiese instellings sterk genoeg om ons ekonomiese ellende in die oë te kyk, selfs al beteken dit om politieke ideologieë en politieke bondgenote aan te durf? Sal ons president die polisie, en selfs die weermag (indien dit nodig word) oproep om ons te beskerm teen ʼn plunderende golf van sabotasie en vernietiging die dag as ʼn oorgewig, oorbetaalde en onderpresterende staats“diens” uiteindelik besef dat die pret en plesier nou verby is? Of sal ons net maar nóg ʼn sosialisties mislukking word?

Met hierdie geringe kanse, kan ons die krimpende getal welvaartskeppers blameer as hulle dekking teen verliese uitneem, hul werksmag verminder, hul welvaart uit die land neem en eerder “wag en sien” voordat hulle hulself aan Suid-Afrika verbind?

Ek dink nie so nie.

  • Dawie Roodt is die hoofekonoom van die Efficient Group. Besoek hul webtuiste hier of kontak Roodt by [email protected]

 

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Dawie Roodt

Meer oor die skrywer: Dawie Roodt

Dawie Roodt is direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep en lewer gereeld ekonomiese kommentaar.

Deel van: Meningsvormers, Ontledings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

B ·

Dawie, wat maak ek met my geld, aftreefondse ens? (Artikel asb :) )

SjN ·

B, daar is legio opsies en fondse beskikbaar volgens jou persoonlike risikoprofiel en behoeftes. Praat met n geakriditeerde beleggings adviseur.

honourable member ·

Dawie dis tyd dat jy Minister van Finansies word dan sal hierdie land in die regte rigting begin beweeg. Hierdie ander mense weet nie wat hulle doen nie.

B ·

SjN – ek weet dankie, en my les geleer met fin adviseurs ook :)

Baie praat, maar negatiewe opbrengs – kyk bv na AG se Orbis

Gert ·

Uitstekende artikel, ek wens daar was nog besluitnemers oor in hierdie land wat hierdie uitleg kon verstaan.
Helaas, daar is nie.
DIs hoekom Johan Rupert ook nou wil waai.

Jimmy ·

In Zimbabwe het die ekonoom Dr John Robertson al dertig jaar gelede presies dieselfde waarskuwings aan sy regering gerig. Mugabe en sy trawante het nie na hom geluister nie. Wat daar gebeur het is nou geskiedenis. Ongelukkig gaan dieselfde hier gebeur.

Betyds wakker geskrik ·

Ons het ons huis en alles verkoop en in n land bele wat ons by n bekende bank 22 persent rente eerste jaar verdien ,daarna meer rente.ons het ons huiswerk deeglik gedoen,en gesien dat SA is op d pad van die titanic.jammer so n pragtige land word deur hierdi bederwers van alles wat goed is bestr die seebodum in

Tom ·

Ek wonder of Tim du Plessis en ander verligtes nog glo dit gaan lekker raak hier (Boeta is die blikskottels in) herinner my aan die rooi ligte wat al oor 15 jaar flikker, so helder soos die son. As daar nie geld is nie is daar nie geld nie. Einde van die storie. Die Zulu Koning het sy standpunt gestel oor sy Stam Grond. Tim du Plessis, al wat interessant kan raak is jou meeloperry met jou verligtes se idiotiese denkwyse dat niks te sleg of te goed in Suid Afrika gebeur nie (Min Jannie Smuts) maar dit was in ‘n tyd toe almal nog in eerlikheid, lojaliteit en harde werk geglo het, waar misdaad ‘n basies onbekende konsep was, want almal het respek vir God en hulle naaste gehad. Tim ek glo jy en Max sal gaan daar waar dit interessant gaan wees. Ek sal bly tot hulle my en my familie hier uitmoor.

Eddy ·

Dawie se skrywe skep n donker prentjie vir SA ekonomie.Voeg daar by die 29% werkloosheidsyfer,voeg daarby die skokkende misdaadsyfer.Voeg daar by die arbeidsonluste,Voeg daar by die feit dat die staatspresident “ondersoek”word deur die O.B. Voeg daarby die soveelste Eskom reddingsboei nou onlangs en die feit dat die graderings agentskappe notisie gevat het daarvan.Ek stem saam met Dawie :Cyril is dalk beter as Zuma MAAR aan die einde van die dag is dit nog dieselfde ANC.Terwyl daar staatslas,staatskuld,korrupsie,werkloosheid,faksies ens in die ANC sal wees,sal daar nooit ekonomiese vooruutgang wees nie

Jimmy ·

Die tragiese kant is dat met ‘n flink regering en gesonde ekonomiese beleid kan die land binne twee jaar omgedraai word. Die potensiaal is hier. Maar nou ja, die ANC en sy mense teer maar op ander, en later mekaar. Dit was en is die lot van Afrika.

PJN ·

Hoe sal hierdie land van ons se ekonomie ooit stabiliseer en herstel. As ou Suidwester wat se voordele kan daar vir my wees indien ek besluit om na aftrede terug te gaan Namibia toe. Ek wil nie nou in die RSA alles verloor waarvoor ek al die jare swaar voor gewerk het nie.

Jean-Pierre ·

Die Panamese regering het die “Friendly Nations Visa” in Mei 2012 ingestel. Kortliks dit word bekom deur 5000 US$ in jou eie Panamese bankrekening te story en is gelding vir die 50 ‘vriendelike lande’ insluitend SA wat ook dan in aanmerking kom vir ‘n vinnige aansoekproses vir permanente verblyfreg in Panama.

Met die op set kry jy “Permanent Residence” in ‘n Spaans/Engels sprekende land.

Behalwe vir die Panamese Balboa ook die USA Dollar gebruik – Die geld eenheid van die no1 ekonomie in die wêreld.

So gepraat van geld, persoonlike belasting is 0% tot op netto 11,000 US$ en 15% van 11,000 – 50,000 US$ per jaar.

By the way vir ‘n besigheid idee landbou is altyd nommer 1 en boonop investeer mens in grond (wat self ‘n investering is) in ‘n land wat eiendomsreg respekteer.

Die res van die geld maar in Exchange Trade Funds

George Portwig ·

Baie goeie artikel. MAAR my vraag is, ons outjies wat werk en belasting betaal en probeer spaar, waarheen nou? Ek sou bly wees as Dawie vir ons ‘n eenvoudige artikel wil plaas om ons raad te gee oor wat ons te doen staan. Maar dit moet eenvoudig wees omrede nie almal toegang het tot die finansiele wereld soos Dawie en ander beleegers nie. DIt moet vir ons in eenvoudide taal kan verduidelik hoe om onsself teen die klipvreters te beskerm om die lange duur.
Asseblief Dawie en Maroela media?

HBS ·

Ek stem….
Ek wil nie emmigreer nie. My mense is hier. Maar ek moet myself beskerm teen die komende gemors. Hoe nou gemaak?

Kobus ·

Saam kan ons aansienlike welvaart in die buiteland skep. Op ons eie? Nee. So, HBS, dan kan ons steeds hier woon, maar ons beleggings is veilig.

Ja swaer ·

Mooi reguit en knap gestel, Dawie. Die probleem is jy kan netsowel met die muur praat.

Petrus ·

Wat kan ons doen om die regering onbevoeg te verklaar? Sekerlik kan die publiek teen ministers, amptenare en SOBs optree vir nalatigheid. Verkiesings gaan nie help nie, want ANC ondersteuners leef op staatstoelae. Indien ons niks doen nie is ons in ons se maaie. Dalk ‘n langtermyn staking? Werkers gaan salarisse verloor, maar doen ons niks sal ons in elk geval ons beleggings verloor. Moontlik moet ons doelbewus teen regeringsplanne werk. Gebruik sosiale media om die land te beswadder en buitelandse investering te ontmoedig. Vra sportliggame om SA uit internasionale sport te skop. Die IKR het Zim reeds uit internasionale krieket geskop as gevolg van politieke inmenging in die sport. Kwotas hier regverdig dit. Ons almal gaan verloor, maar op die huidige trajek is ons in elk geval klaar verloorders.

bekommerd ·

waaroor ek bekommerd is dat ons dalk een oggend gaan opstaan net om te hoor dat jy kan net R100 TREK UIT JOU BANK REKENING, 9 limiet)en dan is Al die Spaar geld gone!!!!

dit is wat in ander lande al gebeur het. die Res het hulle verloor.
Help, wat gaan ons maak.? Geld moet ons he, spaar moet ons, Inflasie vreet nie alles op,

Winx ·

Interessant hoe die % pas by die demografie van die land… say no more.

@PJ ·

Belê jou geld oorsee. Koop nou dollars voordat die Rand R20 teen die dollar is en belê oorsee. Sorg dat jou belasting uitsorteer is en dan kan jy 11 miljoen per jaar, per persoon oorsee belê. Luister wat ouens soos Magnus Heystek sê en maak ingeligte besluite.

George ·

Die vraag is hoe “invest” ek oorsee? Ek weet jy kan deur bv FNB in oorsese geld investeer, maar is dit veilig? Met wetgewing kan die regering seker die banke forseer om die geld vir hulle beskikbaar te stel? Ek sou graag wou weet hoe kan die gewone man op kantoor wat nie elke dag met oorsese beleggings werk nie, geld oorsee investeer?

DG ·

Dit wat Dawie sê is waar maar lankal ook bekend. Meeste mense sien nie juis meer ‘n oplossing nie want dit wil voorkom asof daar eenvoudig geen begrip vir die probleem en die oplossing by die Regering is nie. Die ANC wat aan bewind is, en die oorsaak van die probleem, kan en wil nie die enigste bestaande oplossing en raad van die beste kundiges ter wereld aanvaar en implimenteer nie. Die ongeluk is reeds besig om te gebeur en ons sal agterna maar moet sien wat met die flenters wat gaan oorbly, gedoen kan word. Niks anders as n totale ramp, wat veroorsaak is deur ongekende gierigheid, wat besig is om die land te vernietig!

Swannie ·

Dawie, soos gewoonlik is jy 100% in die kol !

Banke ontmoedig ook `n persoon om te spaar. Ek kry 5% rente tot en met R19 999.00 en sodra ek R20 000.00 bereik, word die rente verlaag na 2,5%. Hoe word dit verklaar ?

Die ANC regering het gehoor dat 100% `n getal is om na te strewe, daarom sal hulle nie rus voordat alle staatsinstellings 100% in hul maai is nie.

Staatskuld van slegs 62% is nie goed genoeg vir die regering nie, hulle strewe na 100% !!

Kosie Kramer ·

Jy’s gelukkig, jy kry nog rente. By FNB, met my Easy Account, kry jy geen rente nie, en jy kan dit nie koppel aan `n spaarrekening nie. FNB sê dis vir arm mense, en hulle verdien nie rente nie.

Rasper ·

Dawie weet wat moet gebeur. Al maak hulle hom more minster van finansies, sal sy planne net nie geimplimenteer word nie. Wat maak jy met al die afgedankte staatsdienswerkers? Hulle is ‘n sekere leefstyl gewoond, en sal nêrens ander produktief aangewend kan word nie. Ek neem aan Dawie wil vir ons sê dat ons verby die punt is wat ‘n DA stem, of so iets, ‘n verskil sal maak. Ek neem aan dat hy eintlik vir ons wil sê dat jy jou moet regmaak, so goed as wat jy kan vir die anargie wat om die draai is. Ek neem verder aan, dat die enigste manier hoe hierdie land weer opgebou sal word, is as alles afgebreek is, en jy van die grond af sal bou.

HBS ·

Dit is wat ek ook lees. Is ons nou by omdraai verby? Dit wil so voorkom…

Swanie ·

Stem saam. Daar is darem nog een kans , hersien die hopelose , aggressiewe , vernietigende Arbeidswetgewing , ( bring ” hire & fire terug ) , hersien dus ” CCMA ” se mandaat , doen weg met ” BEE ” ( vervang met opgeleide waarde-toevoeging ), en die skip kan weer seil !!!!!!!!!

Vintcent ·

My probleem is dat ek geen aanspraak kan maak op die geld wat ek die afgelope 30 jaar in my aftreefonds belê het nie, want die werkgewer se reëls laat dit blykbaar nie toe nie, tensy ek nou dadelik bedank as werknemer. Jy sien die trein op jou afpeil, maar staan magteloos. Binne ‘n jaar of drie gaan ek en ander, ons geld kwyt wees, hetsy deur fondsstroping (diefstal) of ‘n totale ineenstorting van die SA-ekonomie. Ek soek asseblief raad en leiding. Daar is geen groei in my fonds die afgelope twee jaar nie.

jaco ·

stories van n donker ekonomie vir SA hoor ek al vanaf my kinderjare. Maar elke naweek, veral rondom maandeinde, is dit n gesukkel om parkeerplek by winkelsentrums te kry en mens wag BAIE LANK by Pick n Pay, Game, Checkers ens se kasregisters.
En elke vakansietyd word record getalle motors op lang paaie getel.
So gaan dit REGTIG so sleg???

Deon ·

Die skuld is ook hoog. In baie huishoudings gaan pa se geld vir die huis, bakkie, verekering en skoolgeld. Ma betaal vir kos, klere en kredietkaart. Geen spaargeld vir oudag.

brt van der merwe ·

As oud Johannesburgse bankdrywer het ek baie minder teorie as jy agter die blad Dawie, maar hope praktiese ervaring van wat gebeur as mens of instansie slordig of roekeloos met geld omgaan. Ek komplimenteer jou graag met hierdie en vele van jou vorige artikels. As die regering maar tog net wil kennis neem en minder oor ideologie bekommerd is het hulle dalk ‘n buitekans om van die siekte van Afrika te ontsnap nl. om uit die greep van sosialisme, en veral selfverrykende korrupsie te kom. Jy skiet telkens raak, hou so aan.

Manie ·

Baie goeie artikel dankie Dawie. Jy slaan die spyker op sy kop. My persoonlike gevoel is dat as die situasie nie omkeerbaar is nie, ons alles in ons vermoë behoort te doen om die staat van geld te weerhou en hulle sodoende te versmoor. Hoe vinniger alles [email protected] is, hoe beter.

Jeremia ·

Iemand wat reguit en verstaanbaar skryf: land en sy ekonomie s in sy kanon.
Nóg ‘n Afrika-tragedie.

Jimmy ·

Gaan lees ook RW Johnson se artikel ‘Our coming train crash’ wat op 1 Augustus 2019 in Politicsweb verskyn het. Dit maak my nog meer depressief.

Jerry ·

Wanneer die land leierloos is en die opposisiepartye het geen byt nie en die land se probleme is buite die beheer van die gewone man, dan gaan skroei hy maar nog so vir oulaas n paar lekker tjoppies en braaibroodjies oor die kole!

Kobus ·

Alleen kan jy nie veel doen nie. Ons moet almal saam werk.

Lourens Benade ·

Eenvoudiger kan dit nie gestel word nie, maar steeds bestaan daar te veel twyfel of enige van die besluitnemers, of sal ons sê “besluitmanipuleerders” dit sal verstaan. Hulle het almal immers vir te lank weggekom met uiters gebrekkige ekonomiese insigte. Ten eerste behoort hulle te weet dat ‘n ekonomiese vraag (economic demand) na produkte en/of dienste bepaal word deur die waarde van sodanige goedere en dienste en die vermoë (koopkrag) om dit te verkry. Anders getel, die begeerte (desire) sonder koopkrag is niks meer as dit nie en verseker nie gelyk aan ekonomiese vraag nie. Kom ons probeer voort bou op Dawie se uitstekende voorbeelde: As al die 50 miljoen + mense in die land begeer om ‘n S-Klas Mercedes te ry beteken dit nie die vervaardiger het more ‘n mark vir 50 miljoen karre nie.

Met apologie aan die lesers wat in elk geval hierdie beginsels verstaan terwyl ons liewe regering nog steeds dink hulle gaan iewers die geld vandaan kry om vir 50 miljoen mense genoeg geld te gee sodat hulle hul begeertes kan bewaarheid.

Dswart ·

Vir my klink dit na..The day the rand(dollar)die.is baie naby..eish. wat van ons arme Jan Alleman

Therese van Schalkwyk ·

@aj
“All right, I’m outa here”. :-)
Ek is mal oor die ou, so ernstig en werklik begaan oor SA en al sy mense.
Hoop sy boodskap vat vlam, versprei en kry iets verrig!

dawie ·

Maak wat jy wil…daai politieke manne kyk net vir hulle self…foute gaan met foute reg gemaak word…eerstens om hul eie sakke vol te maak en tweedens on hulle verwonderaars te oortuig dat hulle reg gestem het….jy gaan dit nie verander nie. Die skole het hulle bewonderaars net slim genoeg gemaak om te “dink” hulle is slim. En presies dit het in politiek ook gebeur en die meeste senior posisies……Perde wat dink hulle is slim…..’n ou wat ‘n pepperduur voertuig ry en dit snags langs ‘n oop kaya laat staan omdat hy nie ‘n huis kan bekostig nie, gaan hom in elk geval nie steur aan “more” nie….Dawie Roodt die sotte gaan nie verstaan wat jy hierbo sê nie.

Marinda ·

Ontnugtering is groot.

Stem maar weer vir hierdie regering.

Mark ·

Bou vir jou skatte in die hemel. Hierdie wereld MOET verby gaan, hoekom stres as God na ons kmsien.

Tragies ·

Dis tragies, hoe almal gesê het ons sal nooit ‘n Zim word nie, want ons ekonomie is te sterk. Kyk nou. Reeds onomkeerbare skade gedoen. Niemand het seker besef hoe gulsig en korrup die ANC is nie. En hoe dom die stemvee is nie.

Frans C ·

Sien my kommentaar is geskrap. Wat Dawie sê is eintliks niks nuut nie.Jare gelede lank
voor die 1994 verkiesing is daar ‘n vrywillige vergadering by die werk waarin ons
ingelig sou word oor wat die toekoms onder die ANC in Suid Afrika sal wees. Die analise was baseer op dit wat reeds in die res van Afrika gebeur het en wat besig was om te gebeur in die tyd.
Ek dink toe na die afloop daarvan dat dit ‘n heeltemal ‘n te donker en somber prentjie skep en dat na aanleiding van al die versekering deur politici dit nooit sou gebeur nie want ons land was te ver ontwikkel en ons ekonomie te sterk.Ander kollegas het openlik gesê die ouens praat twak,sal nooit gebeur nie.In een van die scenarios is ‘n wisselkoers van R14 teen die USD en R18 teen BP voorspel,wat nou bewaarheid is.
Van my kollegas het dit egter ernstig opgeneem en pad gegee na lande soos NZ en Australie.Nou vra ek myself die vraag af hoe is dit moontlik dat hierdie mense ,ek gaan nie name noem nie,want dit gaan niks aan die toestand verander nie,nooit ernstig opgeneem is nie en verkleineer is.
Nabetragting help niks om uit die huidige gemors te kom nie.Veel eerder wat moet ons doen om te red wat nog te redde is.

Kallie Grafie ·

Eendag, laaank, laaaaaaaank gelede, was ek `n vermoënde man. Toe begin my familie te verarm, en ek help. Toe begin ek te verarm, weens swak gesondheid, en ek moes geleidelik, jaar na jaar, my twintig of so spaarplanne, polisse, annuiteite en dinge laat opbetaal, later afbetaal en uitbetaal. En alhoewel ek op die rand van 60 nog nooit gerook of gedrink het nie, is ek vandag arm, maar oorleef deur genade.

My familie stel toe voor dat ek aansoek doen om `n SASSA Ongeskiktheidspensioen; die R1900 per maand is `n fortuin (tans, vir my). Maar toe ontdek ek, dat jy `n SASSA kan kry, al verdien jy geld, bv:

As enkeling, mag jy R78,120.00 per jaar verdien, en bates van R1,115,400.00 hê, en steeds `n SASSA kry. As getroude mag julle R156,240.00 per jaar verdien, met bates van R2,230,800.00. Dis mos nie reg nie. So word die staatskas leeg betaal aan diegene wat reeds `n inkomste het.

Jerry ·

Frans C daardie mense was tot verlede week nog beledig en as doemprofete uitgeskel. Jare later, om presies te wees, tot gister toe, toe sluit Dawie Roodt homself einde laaste by die doemprofete aan. So ja, baie geluk aan Dawie, dit is net jammer dat hy eers so laat besluit het dat die omdraaipunt Suid Afrikaners reeds ongesiens verby gegaan het, want dit is nou waaragtigwaar soos mosterd na die maal vir sy kliente!

Frans C ·

Ek weet nie hoekom ek so ‘toe’ was nie.Dit was baie duidelik op die eerste vergadering by ‘n groter Munisipaliteit aan die Oos Rand die ‘Comrades’ net in een ding belang gestel het en dit was hoeveel geld daar in die skatkis was.
In alle voorleggings oor die funksionering van ‘n moderne Munisipaliteit het die ‘Comrades’ nie belang gestel nie,want hulle het nie belang gestel in wat die ‘clowns’
dit is nou die ampternare te sê het en wou net met die baas van die sirkus,dit is nou die Stadsklerk onderhandel.
Iemand moes my ‘n skop onder die egterent gegee het,want ek het gesien en nie verstaan nie,was horende doof en siende blind.

Kobus ·

Charles, die privaatsektor loop nou dieselfde pad, selfs by JSE genoteerde groepe. Van die nuwe bestuurders en die maatskappye het vasgehak in die vroeë 2000s . Sake planne is nou uitgedien en die mededingheid is zero. Kyk maar net hoe gaan dit by banke, konstruksie maatskapye en selfoon groepe.

John ·

‘n Baie droewige voorspelling vanuit Dawie se pen.

Gaan ons grafsteen se opskrif so lees:

Afrikaners
Gebore 6 April 1652
Oorlede 6 April 2020
Hulle het ‘n moedige stryd gestry
Hulle is nie oorwin nie
Hul nagedagtenis is in Sy hart weggebère
Dit is al wat tel
Tot weersiens burgers en vriende…

Vaalseun ·

Voeg daarby:-

…en toe stem hulle daarvoor dat hulle land weggegee word en nou hardloop hulle weg.

Vaalseun ·

Ons moet maar die skuld vir die gemors voor die JA-stemmers se deur plaas, die ‘ons kon nie anders’ groep.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.