De Lille-ooreenkoms ’n nederlaag vir almal

Patricia de Lille voormalige burgemeester van Kaapstad. Foto: Chantall Presence/ANA

Die sage om die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, het Sondag ‘n afloop gehad wat net verloorders opgelewer het; geen wenners nie.

De Lille het ingestem om aan die einde van Oktober te bedank as burgemeester, en die DA het ingestem om alle dissiplinêre klagtes teen haar terug te trek.

Die gevolge is ‘n nederlaag vir almal.

De Lille het omtrent ‘n jaar lank volgehou sy wil haar naam deur middel van ‘n oop dissiplinêre proses met ‘n onafhanklike voorsitter skoon kry. Sowat tien dae gelede het die DA daartoe ingestem, en nou swaai sy om.

Vir haar om vanoggend te wil beweer haar naam is nou skoon, is nie ‘n stelling wat wyd respek of aanvaarding sal afdwing nie. Al wat gebeur het, is dat die dissiplinêre proses laat vaar is. Enigeen met meer as twee breinselle sal wonder hoekom sy dan as burgemeester bedank nadat sy so onlangs nog volgehou het sy het niks verkeerd gedoen nie.

Veral ter sprake is twee SMS’e wat sy na bewering gestuur het om aanstellings in die personeel van die stadsraad en op ‘n stadsraadskomitee onregmatig te beïnvloed. Daardie bewerings is nou nie getoets nie, en haar naam is beslis nie daarvan gesuiwer nie. Vrae sal bly hang.

Ondersteuners naby aan haar voer aan sy het bloot moeg geword vir die nimmereindigende gestry, en dat sy bekommerd was oor die skade wat die DA onteenseglik besig is om binne die Wes-Kaap te ly.

Sy bly ‘n DA-lid.

Denkende teenstaanders van De Lille binne die DA sal ook weet dat hul probleme deur haar weggaan vererger is; nie verbeter nie. Daar is ‘n baie, baie sterk vermoede dat die heksejag teen haar, wat allerlei leuens ingesluit het tot die punt dat die ouditeur-generaal later moes ingryp, aangevuur is deur ‘n klompie wit Engelssprekendes en hul begunstigdes wat van De Lille en haar ondersteuners ontslae wou raak om posisies vir hulself in te palm.

Dit sal die gevoel versterk dat die stert in die DA eintlik maar die hond swaai, en dat swart, bruin en Afrikaanse ondersteuners van die DA nie die magskern van die party kan binnedring nie, al verskaf hulle die kiesersgetalle.

Boonop het die hele sage ‘n baie onaantreklike nydigheid en ongeorganiseerdheid in die DA ontbloot, en is dit duidelik dat die DA, wat altyd oor alles op openlikheid by die regering en die ANC aandring, so bang was vir ‘n openbare dissiplinêre verhoor soos die duiwel vir ‘n slypsteen. Waarom? Is daar iets om weg te steek?

Vir die DA om met eer uit die stryd te tree, sou dit nodig wees dat die vereiste prosesse korrek en openlik afgehandel word, maar dit gaan nie nou meer gebeur nie. Dit is absoluut duidelik dat dit die DA ook nie pla nie – tensy dit hul kiesersteun kos.

Die DA het die afgelope bykans ‘n jaar die kreeftegang gegaan in Wes-Kaapse tussenverkiesings, met ‘n gemiddelde agteruitgang van 13 persentasiepunte per tussenverkiesing. In die res van die land was die invloed meer gering.

Die gevaar vir die DA in spesifiek die Wes-Kaap, was nie juis dat kiesers na ander partye toe sou gaan nie – die toestand van ander politieke partye in die provinsie is selfs meer beroerd en onaantreklik as die DA.

Die vraag is nou of DA-ondersteuners keelvol genoeg is vir die gekyf om van die stembus weg te bly aanstaande jaar. As die DA werklik wys dat hul die gebeure agter hulle kan sit en nie teen De Lille se mense gaan diskrimineer nie (en gegewe die gif in die party, is dit uiters onwaarskynlik dat sulke relatiewe grootmoedigheid aanwesig is), sal Wes-Kapenaars seker maar weer DA stem, gegewe die gebrek aan alternatiewe. As die stryery voortduur, sal hulle waarskynlik nie.

Maar een ding is seker – die ywer waarmee Wes-Kapenaars DA gestem het, het weens die gebeure in die hek geduik. Geen denkende mens sal tans, of in die nabye toekoms, kan aanvoer dat die DA ‘n skoon, aangename of goed georganiseerde party is nie.

Dat daar dus aan die diepte van steun ingeboet is, lei geen twyfel nie. Of die DA aan die wydheid van steun ook gaan skade ly, sal die verkiesingsuitslae wys.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Helizna ·

Daar is baie alternatiewe in die Wes-Kaap vir die DA! Daar is VF+, FN, Cape Party, USAF, en nog ander waarvan ek bewus is, en ek bly nie eens daar nie. Sekerlik kan die skrywer wuer dink as sy noue broekspype?

Adam ·

Helizna, die DA is in totale chaos, maar glo my, jou “alternatiewe” is absoluut hopeloos. Terloops, jou belediging van die skrywer is onvanpas.

Nettie ·

Man, stem VF+ as jy dan WÍL stem. Die DA is in elk geval LANKAL nie meer die party wat dit was in Tony Leon se dae nie. Daar is nie plek vir Afrikaanssprekende blankes in die DA van vandag nie. Beste nog is: bly sommer geheel en al maar weg van die stembus af, want ALLE politieke partye lieg dik strale net voor enige verkiesing en verdwyn daarná vinniger as mis voor die son.

Kobus ·

Het self nog NOOIT (jip, nog NOOIT) gestem nie. Nog nooit eens geregistreer nie. Ek het nog altyd beter (interessanter) dinge gehad om te doen.

Francois Joubert ·

Kobus, as jy iets van wiskunde en statisitek verstaan het sou jy besef dat jy elke jaar wat jy nié gestem het nie wel die oorheersende party se stempersentasie versterk het. Dus as dit die ANC was het JY hulle gehelp met hul meerderheid teenoor ander partye.

ZAR ·

Hoor hoor Francois! Ek het geen respek vir mense wat nie stem nie.

Hendrik ·

Kobus ek stem saam met jou. Ons as gemeenskap werk stemdag en al die ander dae , wanneer die stemmers klaar politiek politiek gespeel het, aan ons onafhanklike selfstandigheid. Die ouens met die oogklappe kan duidelik nie tel nie en hulle besef duidelik nie die realiteit van die huidge bestel. Enige bestel is nie in sement gegiet en sal verander maak nie wanneer nie. Dit is duidelik dat die grondwet misbruik word deur die huidge regering om nie demokrasie te bevorder maar om in bewind te bly al maak nie saak wat nie.

Rynhardt ·

Die vraag bly, wat was De Lille aangebied om ooreenkoms met DA te sluit?Gistraabd op E-Tv was dit duideluk deur haar op sosiale media gemaak dat die DA can boelie taktiek gebruik gemaak het.Die DA plus VF+ is geen faktor inbdooie politieke bestel van land nie.

bosbokkie ·

Daai is vir my die grootste twak wat ge-uiter word dat as jy nie stem nie, jy jy vir die ANC stem. So Kobus, as iemand jou dit weer sê, dan sê jy net vir hulle jy sou in elkgeval vir die ANC gestem het, jy het net nie jou tyd gemors om in die ry te gaan staan nie. Dan is almal se gesigte roou van woede, maar die bekke stil

Oudste ·

Bosbokkie, my kommentaar op Kobus se skrywe en op joune: Jy kan stem vir wie jy wil, jou demokratiese reg, maar om nie te stem nie is ‘n skande en bloot lamsakkig.

Francois Joubert ·

Te laat, te laat, te laat. Julle het soos die ANC oor mag baklei en die hele doel van dienslewering aan jou kiesers gemis. Daar is genoeg getuienis van baantjies vir boeties en die swak bestuur van die water tekort kan nie weggelieg word nie. Ek is klaar met die DA. Ek as Afrikaanse witmens was vir julle net ‘n stem, niks meer nie.

DERICK ·

hoor hoor Francois, wie het nou rerig iets aan regstellende aksie gedoen, NIEMAND!

Francois Joubert ·

Kobus, as jy iets van wiskunde en statistiek verstaan het sou jy besef dat jy elke jaar wat jy nié gestem het nie wel die oorheersende party se stempersentasie versterk het. Dus as dit die ANC was het JY hulle gehelp met hul meerderheid teenoor ander partye.

Rynhardt ·

Francois Joubert,24 jaar wys vir jou en talle afrikanertjies dat geen party die mag het om Anc te klop in verkuesing nie.Julle afrikaners leef in permanente ontkenning oor alles en word nog steeds deur jul sogenaamde pilitieke helde gebreinspoel!Die 17miljoen op welsyn wen elke keer die verkiesing vir die Anc!Afrikanertjies hier is die harde werklikheid:Julle sal nooit ooit n verkiesing wen in nuwe SA nie.Selfs Jaap Marais het dit voor ’94 vir jul gese en nog steeds het jul niks geleer nie.Raai wat?Hy en ek was julle almal ver voor!????

John ·

De Lille klou aan die Moeder Theresa-beeld vas wat sy opgebou het; dat sy vrou-alleen Kaapstad opgebou en gedra het. Sonder haar werk niks. Net jammer van die droogte. Nou wil sy die DA vernietig en sy gaan want net voor die verkiesing gaan die kluite spat. En sy het haar bewonderaars wat alle kritiek afskiet… en hul eie ondergang help bewerk. Die ANC wil Kaapland inpalm en De Lille sal vir Zille opvolg en die nuwe burgemeester sal uit haar hand moet eet… Die anderkant van die blink pennie sal dan wys…

Andre ·

Bye Bye DA!

Mmusi se gemors het julle gesink, wit mense gaan nie vir hom stem nie.

Hendrik ·

Geen stem is ook ‘n stem. Dit beteken dat jy protesteer(en nie afbrand/vernietig/moor) teenoor die demokrasie wat teen jou as ras diskrimineer terwyl jy belasting betaal om teen jou te diskrimineer. Jy voer nie ‘n leeu wat jou op die einde opvreet nie. Jy sal uitvind dat mense wat nie stem nie, alreeds volhoubare alternatiewe oplossing het en dit opbou. Wel volgens my logiese en soos die realiteit hom afspeel in S.A is dit duidelik vir enige oopkop persoon dat etniese sessesie besig is om te gebeur en dit is beslis duidelik in die swartgemeenskappe. Die appelkar se een wiel is al af met die grondonteiening sonder vergoeding en deur ontrekking van afrikaner stem kan jy die regering se hok skud. Maar dit het natuurlik ruggraat nodig deur almal want dit sal dan aan die regering toon dat ons is nie bereid om deel te neem aan die demokrasie as hulle teen on diskrimineer.

Hendrik ·

Ouste hoe weet jy of dit nie werk nie. Het jy dit al probeer? Die wereld hou S.A dop en ons het sosiale media wat in die ANC se ‘struggle’ jare nie beskikbaar is nie. Moenie passief sit nie want Zim se mense het passief gesit.

Theo ·

As jy nie stem nie, bly dan liewers stil, jy lewer geen bydra tot die verbetering van die vrot situasie waarin ons huidiglik verkeer nie. Die wat nie meer kans sien om DA te stem nie, (ons Afrikaaners hoort nie meer daar nie), stem VF PLUS. Eerlikwaar dis ten minste n party wat nog altyd sonder skroom vir ons as minderheidsgroep sterk standpunt in geneem het.Kom ons versterk die VF+ dis ons mense.

Hendrik ·

Deur te stem gaan jy nie die rasgedrewe wetgewing stop nie en niks gaan verander nie. Om dinge te verander moet die regering na die onderhandelingstafel gebring word deur druk toe te pas. Ek as vorige VF+ ondersteuner en nog steeds het besef dat jy niks sal verander deur deel te neem aan die huidge stelsel. Stadsrade se moeilikheid tref ons as gemeenskap nie omdat ons selfstandig is en nie op stadsrade se onvermoe beinvloed word nie. Ek hoef nie stil te bly nie want as die VF+ my stem wil he moet hulle met ons as gemeenskap kom onderhandel. Ons gee nie blanko stem dat die kandidaat net die sitplekke warm sit nie en oorheers word deur die meerderheidsstem nie. Wat help dit? Ons neem aktief deel aan burgerregtegroepe en is soos Ernst Roets se dat stem is nie so belangrik nie maar opbou van jou gemeenskap is die belangrikste. Ons doen iets elke dag vir ons gemeenskap en is nie net betrokke elke 5 jaar tydens stemtyd nie.

Dirk Breytenbach ·

Ek verstaan nie Jan Jan se manier van redeneer heeltemal nie. As Me de Lille onskuldig was sou sy nie bedank het nie, punt klaar. Om nou te hamer daarop dat die beweringe nou nooit getoets kan word nie, is ‘n dwase afleiding, sy het skuld beken om te bedank daarom kan aanvaar word sy is wel skuldig aan die beweerde gedrag. Verder word die DA deur lesers gekasty dat hulle die proses verkeerd gehanteer het en hardhandih was, ook nie waar nie Me de Lille het die proses aanhoudend vertraag en aangehou sy wil haar dag in die hof gebruik, nou het sy bedank voor dit kon gebeur. Dis goed dat sy bedank het nou kan daar voortgegaan word met besigheid soos gewoonlik.

Frik Lotz ·

Die DA is maar net soos die ANC, geen verskil nie. Stem eerder VF Plus!

Loeis ·

Van die DA gepraat. Ek lees gister op News24 dat die DA hul beleid van swart bemagtiging wil laat vaar. Die DA parlementslid, Anchen Dreyer, het net voor 2014 se verkiesing in ‘n onderhoud op ‘n lid van Maroela Media se familie, Pretoria FM, vertel dat die DA nie BEE steun nie. Dalk kan sy vir ons kom vertel waarom sy dit gese het? En sommer verskoning maak aan almal wie sy mislei het om so teen hulle eie belange te stem!

Dr Pieter Mulder van VF+ het haar in daardie onderhoud op die feite gewys, wat sy ontken het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.