Demokrate se makabere dans in Trump-skouspel

rhoda-kadalie

Rhoda Kadalie. Foto: Reint Dykema

In my vorige rubriek het ek verduidelik hoe die Demokratiese Party-masjien op versoek van die Clinton-veldtog die regstelsel gekoöpteer het om te verhoed dat Trump die presidentskap haal.

Lisa Page, ’n voormalige FBI-advokaat, het onlangs met nog meer onthullings vorendag gekom toe sy onder eed verklaar het dat Loretta Lynch, prokureur-generaal van Obama, die FBI opdrag gegee het om Hillary Clinton, minister van buitelandse sake, nie te vervolg vir die gebruik van ’n privaat diensverskaffer in haar kelderverdieping óf vir die uitwissing van 33 000 e-posse nie. Obama was ten volle bewus van hierdie oortreding en het ook boodskappe van haar op sy selfoon ontvang. ’n Tweede onthulling: teen die tyd dat Robert Mueller, senior raadslid, in Mei 2017 aangestel is, was daar geen bewyse van sameswerings tussen Trump en Rusland nie. Crossfire Hurricane, soos die FBI die teenintelligensie-ondersoek genoem het, het as versekeringspolis teen Trump se veldtog gedien (of ingeval hy sou wen).

Trump se verkiesingsoorwinning het die Demokratiese Party en hul surrogate tot raserny gedryf. Permanent. Dit het hulle geskud – hulle was nie meer die lojale liberale opposisie nie, maar ’n party van skelms en obstruksie.

Nie in staat om Trump te verslaan op die gebied van ekonomie, buitelandse beleid, deregulasie, belastinghervorming en arbeidsgroei nie, het die kultuuroorloë die politieke kompetisie as strategie teengewerk om Trump en sy ondersteuners uit te roei. Swartsmeerdery, naamskending en tot swye dwing was aan die orde van die dag. Hillary Clinton het Trump se kiesers ’n reddelose klomp ellendelinge genoem; die komediant Bill Mahler het gesê hulle is onnosel; pro-Clinton-FBI-amptenare het beweer hulle kan die Trump-ondersteuners in Walmart ’n myl ver ruik; Obama het smalend na hulle verwys as mense wat aan hul gewere en Bybels vasklou. Hollywood-akteurs het vieslike vloekwoorde saam met sy naam gebruik; en die DEM-medianapraters het Trump herhaaldelik ’n rassis, seksis, homofobies, Islamfobies, ’n Nazi en selfs Hitler genoem.

Hierdie soort skelname was bedoel om ’n nar van Trump te maak en het (uit die aard van die saak) alle vigilante optredes teen die Republikeine “geregverdig”.

Maxine Waters, senior politikus van die Demokrate, was ook nie skaam om hierdie soort boeliery van Trump-ondersteuners in die openbaar aan te moedig nie. Eric Holder, voormalige prokureur-generaal van Obama, het saam aangehits: “When they go low, we kick them.”

Ten spyte hiervan was die DEM’e heel in hul skik met verloop van (politieke) sake en het hulself as helde van die armes, die werkersklas en die randfigure beskou en het hierdie posisie gebruik om nóg meer ingryping van die regering se kant te versoek om die armsaliges te red.

Die feit bly dat hulle beslis die party van die rykes, akademici, groot borge en groot tegnomaatskappye en selfs Hollywood geword het. Die historikus Victor Hansen het dit soos volg bevestig: The Left has partnered with the nation’s richest. The new big fortunes of America are now mostly in high-tech, media, and finance, not in the old conservative and muscular corporations centered in farming, manufacturing, or oil and minerals. And the new zillionaires are left-wing, and they are activist: Bezos, Bloomberg, Buffett, Gates, Zuckerberg, the Google and Apple teams, Soros, Steyer, and a host of others. Through grants, foundations, purchased media, and super PACs, astronomical amounts of money flow into federal, state, and even local midterm election campaigns, and into voter harvesting and issues from global warming and late-term abortion to open borders, gun control, and identity politics.” Hanson het voorts gesê: “The new mega-wealthy envision an America in a way that satisfies identity politics while exempting their own monopolies, trusts, and billion-dollar fortunes from the ramifications of their own ideology.”

Bogenoemde is inderdaad ’n beskuldiging van ’n party wat, volgens hulle, van koers af is. Groot nuusnetwerke het gewetenloos as hul handlangers opgetree en was ’n illustrasie van die mees blatante partydigheid tot op hede. Sedert November 2016 het hulle elke skelmstreek, elke leuen, elke brokkie fopnuus wat Trump beswadder het, as geloofwaardig voorgehou. Hansen het dit só opgesom: “The media are not just becoming left-wing (they’ve always been); they’re no longer even a news-gathering operation. Reporting is synonymous with editorializing. Fake news … is simply a word for thirty-somethings who believe that they have a duty to promote race, class, and gender agendas that they were spoon-fed in college.”

Daar Trump se opponente nie in staat was om ’n verkiesingstryd teen sy formidabele sukses ten opsigte van arbeidsgroei, deregulasie, belastingbesnoeiings en lae werkloosheidsyfers (in dekades) te voer nie, het hulle besluit dat ’n kultuuroorlog hom waarskynlik sal onderkry.

Konserwatiewe oortuigings en geloof in ’n klein regering, die vryemarkstelsel, individuele regte, vryspraak en godsdiensvryheid word daagliks teengestaan deur die DEM’e se handel in identiteitspolitiek, kulturele progressivisme, morele relativisme en politieke korrektheid. Dit word as ’n verskansing teen hul teenstanders, wat daagliks as wit heerssugtiges, godsdienstige fanatici en geweermal bestempel is, gebruik. Hulle het as’t ware soos hedendaagse vigilante gelê en wag op enige beskuldiging, waar of vals, van rassisme, homofobie, seksuele teistering, tesame met ’n paar Pawlowiaanse tjankies van selfgeregtigheid teen die Republikeine wat as oudmodies beskou is en wat vasklou aan ou waardes in ’n land waar alles vir ’n appel en ei te koop is.

Die smerigste was die nasionale spektakel met regter Brett Kavanaugh, Trump se genomineerde vir die federale hooggeregshof, in die hoofrol. Ten aanskoue van die ganse nasie moes ’n regsgeleerde van onbesproke akademiese prestasies die mees verfoeilike en versonne aanklag van seksuele teistering aanhoor – sy loopbaan was feitlik daarmee heen en sy gesin het geweldig hieronder gely. Die aanklaer, dr. Christine Blasey Ford, wat verskeie getuies genoem het (dog nie een kon die beweerde verkragting onthou nie), het DEM-prokureurs gehad en is agterna vir haar (vals) bravade geprys.

Hierdie skandelike sage het presies gedemonstreer hoe laag die Demokrate bereid was om te daal in hul gewetenlose najaging van mag.

Kort hierna was daar nóg ’n smerige veldtog, hierdie keer teen die Covington-skoolseuns, spesifiek die 16-jarige Nick Sandman. Hulle was op pad terug van ’n protesoptog toe die Black Israelites allerhande rassistiese en seksistiese aanmerkings na hul kant geslinger het. Daarbenewens het ’n swart Amerikaner op ’n trom, byna in Sandman se gesig, geslaan om hom uit te lok. Hierdie voorval het vinnig op die internet versprei en ’n vieslike spektakel teen ’n onskuldige kind, wat dit gewaag het om ’n MAGA-pet na ’n protesoptog te dra, laat opvlam. Groot mediahuise, komediante en politici het die kinders in plaas van die volwassenes wat hulle uitgelok het, veroordeel nog voordat hulle seker gemaak het van wat regtig gebeur het. Die woede wat gevolg het, het die mees verfoeilike vorme van teistering ontlont – selfs doodsdreigemente teen die skoolkinders en hul families. Nodeloos om te sê dat hofsake van multimiljoene rande teen die lasteraars aanhangig gemaak is.

Die kersie op die koek is die liegspul deur die Empire-akteur slegs ’n paar weke gelede. Swart en gay, het dié akteur ’n storie gefabriseer en beweer dat wit mans met MAGA-pette hom in die middel van die nag aangeval het. Natuurlik was niks hiervan waar nie – hy het twee Nigeriese Amerikaanse spiertiere betaal om hom te karnuffel om sy politieke geloofwaardigheid as Trump-hater te verhoog en sy monetêre waarde as akteur ’n hupstoot te gee.

Eie aan die media het hul kultuuroorloë by die dag toegeneem, uitsluitlik om Trump vir die toksiese atmosfeer te blameer in plaas daarvan om ’n ryk swart man te bestraf vir sy narsistiese bedrog wat die polisie van Chicago duisende dollars en honderde ure aan mannekrag gekos het.

Hieruit is beslis ’n les te leer: As jy nie jou teenstanders by die stembus kan klop nie, moenie vuilspel gebruik om jou politieke mededinger te uitoorlê nie. Hierdie soort speletjies het al deel geword van die sosiale struktuur van ’n nasie en sal vir altyd met ons wees.

In Amerika het vuilspel al ’n instelling geword.

Voetnotas:

  • Op Vrydag 22 Maart het senior raadslid Robert Mueller president Trump van koalisie met Rusland gedurende die presidensiële verkiesing vrygespreek.
  • Op 26 Maart het die Staat al 16 aanklagte van ernstige misdaad teen Jussie Smollett laat vaar. Die Amerikaners was woedend oor wat na ’n reuse-toesmeerdery van die inmenging van Demokrate politici op die hoogste vlak gelyk het.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Rhoda Kadalie

Die rubriekskrywer Rhoda Kadalie is afgetree en woon tans in die VSA. Sy is die voormalige direkteur van Impumelelo Sosiale Innovasiesentrum, menseregtekommissaris en akademikus.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Luïse ·

Uitstekende artikel, dankie Rhoda. Jy sê dit alles in ń neutedop.

Knight ·

Ek is 100% oortuig dat die politieke kwessie in Amerika deur Rhoda; nie better geartikuleer kan word nie. ‘N onthulling wat die Demokrate in Amerika duidelik bloot le met die verwydering van ‘n drakoniese rookskerm.

Rhoda, dit is ‘n finominale artikel!

Gert ·

Hierdie is die ware feite, maar in RSA weet byna niemand dit nie, weens ons media se samewerking met CNN en soortgelyke media oorsee.
Wag nou vir Ronnie en Jerry se kommentare, daardie twee sal glo 2+2=5 as CNN so sê.

Hendrik UAE ·

Maggies, dis goed nagevors en dis lekker om die waarheid raak te lees vir ‘n verandering.Dankie.

Ra Amon Khan ·

.
.

Onthou net ….die “One World Government” is oppad…die “Cashless Society” is oppad…die “One World Religion ” is oppad….die “Beast System” is reeds hier….jy sal in die nabye toekoms vrywilliglik verplig word om n merk in jou regterhand of in jou voorkop te kry,waarsonder jy nie sal kan koop of verkoop nie….als gaan n produk word…jy sal ge “tax” word op alles….tot die water wat jy opvang,die lug wat jy in-asem,die kos wat jy plant….maak vir jou skatte in die hemel bymekaar.

.
.

Piet ·

Stem saam met jou. Ongelukkig wil die meeste Christene dit nie hoor nie.

TN ·

Gelukkig praat jy totale snert ; hierdie tipe van bangmaakstories doen al die ronde die afgelope 100 jaar of meer en julle voorspellings is presies nog netso ver van die merk af . Ek was nog ‘n ondersoekende kind toe al hierdie verdoemende geruget al die ronde gedoen het __ niks het nog verander nie !

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Moenie ophou soek nie TN …. die ware lewende God sal nie sy Verlosser vir ons terugstuur voordat elke “oor” op die planeet die boodskap gekry het en verstaan het dat daar n vrywillige keuse is wat net jy kan maak….onthou net Lucifer en sy demone sal die padkaart korrup…maar as jy die waarheid weet en verstaan om jou, dan sal jy geen mens vrees nie…maar slegs God die Skepper wat jou siel kan vernietig.

.
.

Charles ·

Baie dankie Rhoda-daar is eintlik NIKS by te voeg as kommentaar nie- jou artikel is UITSTEKEND.

Tog wil ek my verstout om te se dat Ek SO VERSKRIKLIK DANKBAAR is dat daar skrywers soos jy is wat die WAARHEID nie net ontbloot nie; MAAR OPENBAAR.

Onthou: (in Engels): “ALL that is necessary for evil to triumph; is for good men TO DO NOTHING.” Goddank het dit nie gebeur nie, en goeie mense het opgestaan en gese NEE! NEE! vir ‘n coup d’etat!

TRUMP/PENCE2020-KEEP AMERICA GREAT

Annie Webb ·

Dankie Rhoda! Skitterende opsomming. Ek luister nou juis na Victor Davis Hanson se nuutste iboek op Amazon Audible, die maklikste en goedkoopste manier om al die puik boeke te bekom deur regsgeleerdes en ander kundiges soos Pirro, Gingrich, Jarrett en ander, wat die skokkend ongelooflike skelmstreke deur die o-so-hoogheilige “liberale” blootlê. Dié mense wat natuurlik allermins meer liberaal is, in die sin van verdraagsaam teenoor mense wat van hulle verskil. Die venyn waarmee veral die luidrugtigste Dems en die dol-linkse media aan’t gil gaan oor totaal absurde gevalle soos Blasey-Ford, die Covington-kinders en Jussie Smollett, toon duidelik waar ‘n mens tans fasciste moet soek. Moeilik om te begryp hoekom soveel mense buite die VSA steeds dink CNN, Reuters en AP is betroubare, onbevooroordeelde bronne. Gewone mense kan ‘n mens nog verskoon as gewoon nie belangstellend genoeg om op te let hulle word linkse propaganda gevoer nie, maar is die hoofstroom-wêreldmedia werklik so ideologies oortuig links dat hulle nie wíl weet nie? Is dit gewoon te hartverskeurend vir hulle om te erken dat die liberale vryheidsbewegings wat dekades gelede met soveel wonderlike voornemens begin het en soveel goeie dinge bereik het, nou self uitermate fascisties en korrup geraak het? As ‘n mens “antennes” het wat gevoelig is vir twaknuus en genoeg belangstel om die heelwat meer positiewe waarheid oor die VSA-politiek te wil weet, is dit gelukkig maklik genoeg om die betroubare bronne op te spoor en hulle daagliks te volg. Want dinge gebeur vinnig in “the greatest country on earth”.

Charles ·

Annie, uitstekend hoor! – EK WAARDEER!

Jy kan maar by Rhoda aansoek doen om ‘n pos as assistent politiese joernalis :)

Charles ·

Annie, ek beveel The Gateway Pundit, Daily Caller, OANN en natuurlik Breitbart aan. (met so ‘n bietjie FOX en Townhall vir afleiding)

Annie Webb ·

Dankie Charles! Vir komplimente én aanbevelings van nog betroubare bronne.

RJ ·

Gert, ek woon nou al 10 jaar in die VSA en is baie gelukkig hier.
Tydens ‘n onlangse besoek aan SA was ek absoluut versom oor die ongelooflike, onophoudelike haat teenoor Trump en sy “volgelinge” onder sekere mense daar, sommige van wie ek selfs as goeie vriende beskou. Ek verstaan as iemand nie van Trump hou nie, ek meen, wie kan, maar die mate waartoe SA mense hulself besig hou met anti-Trump uitsprake en aanvalle maak geen sin vir my nie. Wat op aarde dink hulle kan hul daarmee bereik? Hulle kan ABSOLUUT niks verander aan enigiets in die VSA nie. Is dit dus maar net ‘n gejaag om gesien te word as die mees “progressiewe” in hul eie kringe?
Ek het vele male met skaamte gesidder as die woorde uit iemand se mond ‘n suiwer weergawe van CNN se sienings en “feite” was. Maar dit maak seker sin as dit die enigste bron van “informasie” oor die VSA is.
Ek is nou op die punt waar ek iemand eers vra of hulle meer wil hoor oor die lewe in die VSA en of hulle my wil vertel hoe die lewe hier is voor ek met hulle praat.

RJ ·

Goed opgesom Annie. Ek en my vrou staan daagliks verstom oor hoe gebreinspoel (dis al moontlikheid wat sin maak) mense met MAs en PhDs hier by die universiteit waar ons werk in die VSA blyk te wees. Die linkses tree wragtag op asof hulle hondsdolheid gekry het, skuimende bekke en al!

Merkur ·

Annie Webb, uitstekende beskrywing wat van toepassing is op die meeste westerse lande.

Human ·

Rhoda wat het gebeur in die tydperk, vandat jy SA verlaat het vir die VSA ? Van `n vuurvreter linkse na `n vuurvreter regse. Gaan Trump jou Amerikaanse burgerskap goedkeur, omdat jy die GOPs bo die DEMs verkies ? Dit kan ek verstaan, maar dat jy `n bewonderaar van Trump is laat my dink daar is verskuilde motiewe. Haal jou Trump oogklappe af en luister en sien hoe hy lieg op nasionale TV netwerke wanneer dit hom pas. As die Demokrate so agterbaks en gewetenloos is soos wat jy voorgee is dit nodig, dat Trump tot die vlak daal.

DewaldS ·

Ek dink eerder Rhoda is ‘n vurige aanhanger van die waarheid. Ek weet daar is geen absolute waarheid nie, maar sommige standpunte word darem meesal deur feite ondersteun en ek dink dis nogal haar ding. Maar jy is eintlik baie aanvallend teenoor haar – die feit dat die vrou vir haarself dink (en besonder helder dink) en besig is om jou wêreldjie wat jy by die hoofstroommedia aangekoop het onder jou uit te pluk – dis maar pynlik, nê?

Andreas ·

Human, ek kan nie wag die dag as Rhoda weer Suid-Afrika besoek en ‘n artikel skryf oor hoe sy dit ervaar nie. Laat ons regverdig wees, sy was lank voor sy USA toe is al onvergenoeg met hoe die land (SA) polities bestuur word. Vir haar gaan dit nie oor kleur nie, maar oor wat reg is.

Annie Webb ·

Ai, Human. Jy is natuurlik geregtig op jou opinie, maar hoekom raak jy persoonlik aanvallend? Dit is juis so verfrissend dat Rhoda se artikels ‘n breër insig bied op beleid en groter strominge en dat ons kan wegkom van die kleinlike persoonlike aanvalle op pres. Trump en alle mense met konserwatiewe standpunte. Rhoda sê dit ook duidelik: die linkses het geen wenbeleid meer nie, daarom kan hulle nie anders as om hulle teenstanders aanhoudend op persoonlike vlak aan te val nie. Dié aanvalle is uit die aard daarvan oppervlakkig en beperk en is al lankal meer holrug gery as die arme Don Quixote se donkie. (Met Beto O’Rourke as die windmeul?) Die VSA- en Westerse wêreldpolitiek is darem sóveel meer ingewikkeld as die oppervlakkige linkse media se halfdosyn skelname vir “regses” en die Washington Post se lys van Trump se “leuens”. Terwyl hy die eerste VSA-president in menseheugenis is wat ál sy verkiesingsbeloftes reeds nagekom of probeer nakom het. Obama, terloops, het nooit een enkele van sy beloftes nagekom nie; nie sy verkiesingsbeloftes of enige van die baie grootdoenerige beloftes wat hy daarna met die gepaste pouses-vir-nadruk gemaak het nie. Dis skrikwekkend dat die VSA-hoofstroommedia so magtig is dat hulle ‘n negatiewe “wrecking ball” soos Obama tot god kan verhef. En ‘n doodgewone Amerikaner wat alles vir sy land feil het, soos Donald Trump, kan probeer vernietig. Die feit dat hulle nou self in die graf val wat hulle gegrawe het, herstel mens se geloof in ‘n Greater Go(o)d.

Andreas ·

Annie, ek skryf onder paar name, hangende af van die onderwerp. Ek het hier onder die kommentare nou net een gebruik. Ander kere het ons al onder ‘n ander naam gesels. Facebook en so. Ek lief die natuur, die … en daar … ja en as almal so neelsie langenhoven olifant bewarings sagmoedig was … die renoster … de hel met geblikte leeus!!

En daar is ek so kwaad …

Veritas ·

Rhoda dit is hoog tyd dat jy, op gereelde basis, vir ons begin skryf. Dankie vir ‘n uitstekende artikel wat ons konserwatiewe Suid-Afrikaners bietjie hoop gee.
Doet zo voort!

Allan ·

Pragtige artikel, 100% korrek, dankie Rhoda – skitterent. Daar is niks om te kan byvoeg nie,

@Gert – jy is ook 100% reg. @Ra Amon Khan – dit gaan nie gebeur nie. Doen bietjie meer navorsing, die operasies om die Cabal uit te haal is lank aan die gang (Whites Hats, Positive Military, Resistant Movement, etc). Die Geo-Politiese, Regs en Staatkundige omgewing (GESRA, NESARA), Globale Finansiele stelsel (Quantum Financial System, Gold Back currencies, Revaluation, ens), ens, ens gaan verander.

Die hele top globale hirargie (Britse Monargie, Pope, Secret Societies, Rothschild, George Sorrow, Bush, Clinton, Obama familie, ens. gaan in hegtenis geneem word. daar is reeds 83,000 dagvaardigings van hoë profile persone wat geseël, en reg vir aflewering op regte tyd.

Die jaar gaan geweldig interesant word, hou “popcorn” reg.

Anti-Trump ·

@ Human, dankie vir jou skrywe. Jy slaan die spyker op die kop! Hoe is dit dan dat mense nie verder as hul neus kan kyk en net wil hoor wat hulle wil hoor nie?

Jerry ·

Tannie Rhoda hierdie keer moet ek jou komplimenteer omrede jy nie net die een kant van die muntstuk aanbied nie. Ek hou van die gedeelte waar jy feitelik tereg verwys na die persepsie oor President Trump en die republikeine as wit heerssugtiges, godsdienstige fanatici en geweermalles! Ek het so n spesmaas dat wanneer al die ondersoeke uiteindelik afgehandel is dan gaan die persepsie dat President Trump gelieg het, bedrieg het en n “con artist” is, bygevoeg word! Dank de vader dat hy net dit gaan wees en nie ook n russiese samesweerder nie!

Andreas ·

Tannie Rhoda? Dan is jy mos maar nog ‘n youngster! So sal ek jou kommentare vorentoe met ‘n knippie sout op neem, dalk perper en masala of chalalaka by gooi.

Ronnie ·

Goed gestel Jerry. Hehehehe. Devin Nunes doen dit nog beter. Op Fox News: Die Meuller verslag kan maar net sowel verbrand word. Dit is ‘n “partisan” dokument. Terselfdertyd sê Trump en die Republiekeine dit spreek hom vry. Die waarheid: “The Special Counsel states that this report does not conclude that the President committed a crime, it also DOES NOT exonerate him.”

Rhoda Kadalie ·

Jerry en Andreas ek is nie julle tannie nie. Julle doen dit met vroue omdat julle hul denke wil verminder!

Pro Jerry ·

@Andreas
Jerry praat tong in die kies (verstaan jy dit?) Sou hy ‘n jong man wees, is hy beslis ‘n briljante jong man!

Andreas ·

Pro Jerry, Net solank die ‘briljante jong man’ nie op haar af gepraat het nie.

JAN ·

Die Coventry mannetjies het $250 miljoen skadevergoeding ge-eis van koerant vir laster en haatspraak..dis die waarde van die koerant. Ons wet teen haatspraak is op die tafel.
Hhmmm Human et al mag Vrydenk maar dan nie meer haat spreek en skryf nie.

Sam ·

Do not be misled.
Hollywood is not an entity conspiring against the president. The FBI and other security organizations are not corrupt. Some in Hollywood are for Trump and others not. The security services are filled with dedicated, honorable officials with very few exceptions. Some are Republicans others are Democrats.

Merkur ·

„The FBI and other security organizations are not corrupt.“ Dis selfbedrog.

Maar die beste is: „Some in Hollywood are for Trump and ““others““ are not.“ Die „others“ is maar baie luidkeels in vergelyking met die „some“.

Sam ·

Also, The Barr summary does not state that the president has been exonerated.

This Administration is not unlike many African countries in which a president surrounds himself with corrupt officials who seek to enrich themselves and their leader at the expense of ordinary citizens. It is typical of Third World countries’ leaders to suppress information and to be intolerant of criticism and opposition. Unbelievable as it may seem, America is going down a dangerous path in this regard.

No-one should be quoted partially if the intent is to distort the truth and the opposition should not be mischaracterized and vilified. At the very least it is un-American and at worst it has the potential to propagate violence. Smollet is as unworthy of being mentioned in serious discussion as is Jacob Wohl who faked death threads to himself and falsely reported to law enforcement that he is in danger.

The name calling, swearing, chest beating gold leaf would-be dictator is destroying everything that makes America great. His followers are cheering him on even though the health care and social security they desperately need is in jeopardy, simply because the president hates his predecessor.

Democracy is precious. Don’t allow it to be undermined.

Sam ·

The Barr summary does not state that the president has been exonerated.

This Administration is not unlike many African countries in which a president surrounds himself with corrupt officials who seek to enrich themselves and their leader at the expense of ordinary citizens. It is typical of Third World countries’ leaders to suppress information and to be intolerant of criticism and opposition. Unbelievable as it may seem, America is going down a dangerous path in this regard.

No-one should be quoted partially if the intent is to distort the truth and the opposition should not be mischaracterized and vilified. At the very least it is un-American and at worst it has the potential to propagate violence. Smollet is as unworthy of being mentioned in serious discussion as is Jacob Wohl who faked death threads to himself and falsely reported to law enforcement that he is in danger.

The name calling, swearing, chest beating gold leaf would-be dictator is destroying everything that makes America great. His followers are cheering him on even though the health care and social security they desperately need is in jeopardy, simply because the president hates his predecessor.

Democracy is precious. Don’t allow it to be undermined.

Dries du Toit ·

Rhoda jy het regtig nie nodig om te reageer op die absolute oningeligte kleinlike reaksies van die kleinste minderheid op hierdie forum se laakbare kommentaar nie. Jy het n oorweldigende hoeveelheid aanhanfers van jou goed nagevorsde artikels. Doen so voort asb

Dries du Toit ·

Rhoda jy het regtig nie nodig om te reageer op die absolute oningeligte kleinlike reaksies van die kleinste minderheid op hierdie forum se laakbare kommentaar nie. Jy het n oorweldigende hoeveelheid aanhanfers van jou goed nagevorsde artikels. Doen so voort asb..

Annamarie Olivier ·

Rhoda jy is ‘n eerbare mens wat vir die waarheid staan, ek dank jou vir hierdie puik artikel wat wys hoe laag mense kan daal om hulle doel te bereik.

Landi ·

Puik artikel, Rhoda. Kan ek egter daarop wys dat die man wat die Covington seuns getart en uitgedaag het met sy drom spelery in die seun se gesig was nie n swart man, soos jy noem in jou artikel nie, wel ‘n Amerikaanse Indiaan (Native American).

Rhoda Kadalie ·

Dis n fout van die vertaler wat ek vroeg vandag ook opgelet het. Dankie.

Merkur ·

Het die uitstaande goeie geartikuleerde artikel en ook verstaanbaar making van die politiek en hedendaagse samelewing in die VSA baie geniet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.