Die 8 Januarie-verklaring maak voorbrand vir ʼn vrouepresident

anc-vieringe-7

Foto: Twitter via @MYANC

Deur Jeannette Gnade

President Jacob Zuma se 8 Januarie-verklaring, tydens die ANC se 105de verjaardagvieringe, het baie kritiek ontlok. Opposisiepartye sê dit was ʼn blote herhaling van vorige verklarings en bevat niks nuuts nie.

Sy belofte, dat grondonteiening versnel sal word, het ʼn mate van kommer geskep, maar gelukkig bied wetgewing steeds genoeg van ʼn veiligheidsnetwerk om ʼn totale grondroof, soos in Zimbabwe, te voorkom. Die president het faksievorming en korrupsie uitgelig as die hoofredes vir die verdeeldheid in die ANC, maar dit was net ʼn afgewaterde napratery van ander senior leiers.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het darem vertel hoe houers vol geld in motors se bagasiebakke gehou word om steun op ANC-konferensies te koop. Dit het ook geblyk dat die verjaardagviering hoofsaaklik bygewoon is deur party-ondersteuners wat met busse aangery is. Die gebruik van die kleinerige Orlando-stadion in Soweto, pleks van die reuse FNB-stadion, verklap ook die ANC se voorgevoel dat hy nie ʼn reuse-opkoms verwag het nie.

Die president het wel een opmerking in sy verklaring gemaak wat nie vantevore gesê is nie. Hy het met verwysing na oud-ANC-president, Oliver Tambo, se ideale gesê vroue is onontbeerlik in die algehele bevryding van die Suid-Afrikaanse samelewing. Volgens Zuma moet die ANC-Vroueliga toesien dat dié bevrydingsideaal verwesenlik word. Dit is glo al manier waarop die onderdrukkende patriargale stelsel verbreek kan word.

Dit is interessant dat die Vroueliga juis ʼn dag voor die verjaardagpartytjie aangekondig het dat Dlamini-Zuma die liga se voorkeurkandidaat vir die ANC se volgende opperleier is en hopelik ook die volgende president van die land.

Waarom wil die president sy tweede vrou, met wie hy 16-jaar getroud was, so graag in die warm stoel sien? Sy het immers tydens die geskiedkundige Pietersburg-konferensie haar steun aan oud-president Thabo Mbeki toegesê.

Daar moet in gedagte gehou word dat Nkosazana Clarice Dlamini-Zuma ʼn gesiene lid van die Zoeloevolk is. Dié etniese groep beskou hulself beskou as verhewe bo ander volksgroepe, veral die Xhosas, waaruit Zuma se twee voorgangers spruit.

Haar naaste teenstander, Cyril Ramaphosa, is ʼn Venda, wat nie hoë aansien onder die Zoeloes het nie en ook net ʼn minderheidsgroep in die ANC verteenwoordig. Dit is ook onwaarskynlik dat Jacob Zuma vervolg en tronk toe gestuur sal word as die ma van vier van sy kinders aan bewind is.

Boonop is hulle steeds hegte vriende, al moes sy hom by geleentheid hof toe sleep omdat hy nie onderhoud betaal het nie. En dan praat die huidige president van faksievorming as een van die redes vir die ANC se dreigende skeuring terwyl hy dit onderling aanmoedig net om sy eie bas te red!

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

Die kandidaat, wat het sy al ooit gedoen wat tot SA se voordeel sal wees? Sy was ons Minister van … Wie kan onthou? Hierdie tannie gaan wild wees, baie wild, sy en haar Vrouliga-‘tea-party’-vriendinne en hul Jeugliga-raadgewers. Sy gaan ons vat na waar ons nie wil wees nie, glo my… Boere gryp julle… en saal op jul … Die weer steek op. Kry die vee in die kraal.

Rasper ·

O my genade, ou klaas vakie, dan hoef ou klaas nie tronk toe te gaan nie…..behoede ons dit asb.

jan ·

Hy wat dit gepredik het, het standard 3, en hy het met der miljoene onderdane gepraat.

Johann ·

Ek sien Cosatu vra nou waarom het Zuma, soos dit 10 jaar gelede nog die tradisie was toe hulle hom, wat toe adjunkpresident was, as president verkies het, dit nie op daardie stadium aan hulle genoem het, dat hy graag ‘n vrou as president sal wil sien nie? Maar natuurlik het hy toe sy oog self op die joppie gehad.

Ek sien Zuma sê verder dat die onderdrukkende patriargale stelsel moet verbreek word. Dan vra ek vir Zuma, waarom begin hy nie sommer en stel die voorbeeld deur te agiteer dat vroue ook hoofmanne, kapteins, koninginne ens, in hul kultuurverband, kan word nie.

Krobb ·

Wat hy eintlik sê is dat hy nie vir Cyril Ramaphosa daar wil hê nie.

Gus Dry ·

Glo dis n uitgemaakte saak dat sy vorige vrou gaan oorneem en nog n Nkandla sal gebou moet word.of is ek verkeerd ?

Gus Dry ·

Virseker gaan sy oorneem en nog n Nkandla gaan gebou moet word of us ek verkeerd ?

John ·

Grondonteiening is glo vanjaar sy prioriteit het Zuma vandag tydens vieringe vir die Zoeloes beloof. Sy ex sal skynbaar sy planne voortsit, vandaar sy ondersteuning van haar as opvolger. As hy glo net sy volk en hul vriende, die Indiers, gaan wegstap met groot lappe aarde op hul naam, maak hy ‘n liederlike fout. Die ander stamme praat miskien Engels/Fanagalo, maar die kiem van volkswees loop dik in hul are en hulle hou ook van gryp. Die bloed sal vloei (of kruip as dit moet)… en dan moet hulle nog verby die eienaars van die grond kom… en dis ‘n heel ander storie. Partykeer kan mens ‘n te groot hap wil vat en dan byt jy sommer ook jou eie hand af…

Uitdaging ·

Wat van ‘n WIT vrouepresident, SA het nog nooit ‘n vrouepresident gehad nie, nie ‘n wit of swart een nie? Ek sien die MINDERHEIDSGROEPE is nie oral goed verteenwoordigd nie. Om ‘n goeie balans in ‘n DEMOKRATIESE bestel te handhaaf sal jy mense van alle kleure MOET betrek en ook wys dat jy na ALMAL se belange omsien, ook die minderheidsgroepe s’n. Komaan, wys ons julle is nie rassisties nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.