Die afgradering is nie die eintlike katastrofe nie!

dawie-roodt-3

Dawie Roodt. Foto: Facebook.

Sommige kommentators noem ons onlangse afgraderings ’n “katastrofe” of ’n “ramp”. Dit is natuurlik verkeerd. Die afgraderings bevestig slegs die ramp wat reeds besig is om in Suid-Afrika plaas te vind, veral gedurende die Zuma-jare. Ons gaan nie nou swaarkry nie, ons kry al ’n ruk lank swaar.

Dís die rede waarom die finansiële markte verrassend ligtelik gereageer het op die afgradering; hulle word reeds onderdruk. Staatsfinansies is reeds besig om stadig ineen te stort, die meeste van die semistaatsinstellings is reeds vernietig, die ekonomie staan reeds stil, en werkloosheid en armoede is reeds op hartverskeurende vlakke. Die kredietgraderingsagentskappe het dus maar net vir ons gesê wat ons reeds weet, en – ja – dit sal baie jare neem om ’n beleggingsgradering terug te kry.

Dit is hoekom diegene wat aanvoer dat daar ’n ander (BRICS) graderingsagentskap gestig moet word, belaglik is. Dis soos om te hoop dat ’n ander skaal nie gaan wys jy is vet en oorgewig nie; so asof dit die skaal is wat verantwoordelik is vir jou gewig.

Dit gaan ’n lang ruk neem voordat ons ons beleggingsgradering terugkry – indien dit ooit gebeur – want eers moet ons verstaan wat die roete na herstel gaan verg. Eerstens moet ons besef wat verkeerd is en tweedens moet ons beleidsriglyne instel om dit reg te maak. Maar om dit te doen, het jy eerlike en bevoegde leierskap nodig. En ons het ’n hopelose gebrek aan al twee!

Die probleem is die staat is te groot, daar is te veel staatsamptenare en hulle word in die meeste gevalle heeltemal te veel betaal. Die gevolg is ’n belastinglas en -rekord wat al groter word en staatskuldvlakke wat styg. Dit onderdruk ekonomiese groei en ontmoedig die neem van risiko’s en die maak van beleggings.

Dis staatsamptenare, wat deel is van die staat, maar voorgee om “maatskappye” te wees met “rade”, “uitvoerende hoofde” en “voorsitters”, is ’n algehele gemors. Nie net moet die reeds oorlaaide belastingbetalers voortdurend vir hulle borg staan nie, hulle rig ook ontsaglike skade aan wat die ekonomie betref – Eskom is ’n perfekte voorbeeld daarvan. En dit alles dra by tot die tesourie se probleme.

Arbeidswette, arbeidsverhoudinge en die tekort aan vaardighede dra alles by tot ons ellende. Misplaaste beleidstellings vryf sout in oop wonde en baie ander struikelblokke belemmer groei: SEB, aanskaffingsmanipulasie, kompetisie, beskerming van alle soorte asook ander beleidstellings wat verwarring veroorsaak, SA as ’n beleggingsbestemming ondermyn en bydra tot die koste daarvan om sake in die land te doen. En dan is daar natuurlik die endemiese probleem van misdaad – dit sê iets oor ons huidige toestand dat hierdie probleem nou verdwerg word deur ons ander ekonomiese probleme en van die nasionale agenda afbeweeg het.

Maar die ergste van alles is dat ons naam vernietig is en ons drome in nagmerries verander het.

Ons moet hierdie dinge raaksien, ons moet dit by die naam noem en eerlik wees daaroor – en daarvoor het jy ’n leier nodig!

Dit is egter maar net die eerste stap. Daarna moet ons die regte beleidstellings instel en toepas om hierdie probleme op te los. Ons moet aan die staatsdiens sny, ondernemings in staatsbesit privatiseer asook bevry word van die las van SEB, verwronge aanskaffing, die teruggee van grond, handel- en arbeidsbeleidstellings en baie meer. Ons moet ook ’n vaardigheidsontwikkelingstelsel van wêreldgehalte skep. Dit gaan alles ’n baie lang tyd neem – en daarvoor het jy ’n leier nodig!

Moenie die graderingsagentskappe blameer nie en moenie vir Zuma blameer nie. Al is daar baie korrupte en onbevoegde leiers uit wie ons kan kies, moet daar ook baie goeie en bekwame leiers wees uit wie ons kan kies. Die ANC kies egter vir Zuma, en diegene wat die mag het om van hom ontslae te raak verkies om dit nie te doen nie. Moet ons vir Zuma blameer of vir almal wat aandadig is aan sy voortgesette leierskap?

Ons sal uiteindelik weer die kans kry om die meesters van ons eie lot te wees. Wie weet hoeveel skade teen daardie tyd al aangerig sal wees. Maar as ons die vry en voorspoedige nasie wil wees waarna so baie van ons smag, sal ons moet seker maak ons kies iemand wat eerlik gaan wees in die identifisering van ons probleme, en eerlik in die regmaak daarvan.

Onthou egter een ding: Dit gaan ’n taai en moeilike reis wees, maar die alternatief gaan erger wees.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dawie Roodt

Dawie Roodt is direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep en lewer gereeld ekonomiese kommentaar.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Elizabeth ·

Hi MM
Hoe lyk dit met ñ paar artikels hoe om die rommelstatus en swak ekonomie te oorleef? Nie net finasieël nie, maar met besparing, goedkoper voedsame voedsel, waar om verder te sny en te kan oorleef. Onthou asb, baie van ons trek alreeds vir ñ paar jaar baie swaar en lewe allankal onder die normale broodlyn. My begroting is alreeds tot die uiterste gesny, maar die wil tot oorlewing is ver te groot om boedel oor te gee. Iemand met kennis wat ons raad kan gee?? ñ Vrywillige kos fundi vir goedkoop, voedsame resepte?

Janie Monsieur ·

Dagsê Elizabeth,

Dankie vir jou kommentaar. Ek stuur dit deur na die betrokke nuusredakteur vir oorweging.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Ken2 ·

Dit is n baie goeie plan! Skryf ook artikels met raad om ons teen misdaad te beskerm.

Lora ·

Baie goeie artikel, Dawie! En jy skroom tereg nie om dinge wat fout is by die naam te noem nie.

Jurgens tubb ·

Ek stem saam met Dawie. Dit is die ANC wat verantwoordelik is vir die gemors want hulle het die leiers gekies wat ons land so swak bestuur.

Henry ·

Wat ‘n voorreg om ‘n kundige soos Dawie Roodt se kommentaar en toeligting oor ons droewe land se ekonomiese en finansiële krisisse, hier te lese te kry!

Doe ‘seblief zo voort!

apie ·

Henry ek stem saam. Mens se maag draai maar die boodskap is duidelik en meesterlik uiteengesit . Knap gedaan Dawie.

Dries ·

Nee Jurgens dit is nie ANC nie maar wel die kiesers wat vir hulle gestem het

John ·

?.. en die volgende een het vandag haar toetrede tot die een-kandidaat-resies aangekondig en veral klem gele op die bron van alle probleme, nl die kleinnnn groepieee witttt kapitaliste e e wat die land bestuuur. Ja-nee, Dawie moet asb nie asem ophou nie. Hou eerder die yskas vol vir afkoel met hierdie finans-fundi saans op ons 7-uur-kassie.

Stella ·

Ek lag my slap vir daardie skaal wat verantwoordelik is vir die oorgewig

Leendert ·

Dankie Maroela, dat julle nou ook Dawie betrek het. Ek het hom nogal gemis.

Henri du Plessis ·

Wel, die spyker is voorwaar hier op die kop geklits. Meneer Roodt, ek wens sulke helder denke was meer algemeen in die ou landjie van ons. In hierdie geval sal herstel ook maar lank vat as mens in ag neem dat al val Zuma, sit ons steeds met ‘n kleurvolle klomp sosialistiese kwaksalwers wat die kannonvoer gepeupel steeds aan die gang sal hou met hul eie weergawes van radikale ekonomiese verandering.
Beste wense aan al die Maroelamense.

Francois Du Plessis ·

‘n Baie Lang tyd, miskien as die perde horings kry. Wanneer gaan die besef dat die koeel deur die kerk is en herstel van SA net wens denkery is by die paar inteligente mense soos jy Dawie ( gewese buurman) in sink. Briljante Suid Afrikaners is reg oor die wereld besig om naam te maak, nadat hulle die sonde besef het van om jou talente onder die maatemmer in SA te versteek. Meeste bekwame professonele is nie meer Welkom in SA nie, want hulle stel die onbekwame leierskap in n swak lig. Indien jy voel dat jy op enige gebied n bekwame professonele persoon is, dit is jou laaste kans om n nuwe lewe in n nuwe land te begin. Jammer om te se maar jy raak nie jonger en jy het nie die tyd om te wag tot die perde horings kry. Ek hoe slegs die nuus in SA dop om my besluit te bevestig as ek na SA verlang.
Baie Groete en sterkte aan julle hier van die toekoms af ( 10 ure voor SA)

Barry ·

Die grootste tragedie is dat daar niks sal kom van Dawie se voorstelle nie. ANC leiers wat Zuma gekritiseer het is vinnig gerepudieer.

Ramkat ·

Aan Barry,
Wil jy tog nie al boedel oorgee voor ons begin het nie?
Ek vra maar net.

Riaan ·

Wie is hierdie “ons” van wie jy praat Ramkat en waarmee gaan “ons begin”?

Bert ·

Maroela – sal graag meer van Dawie Roodt wil hoor op hierdie blad!

Johan ·

Goeie artikel maar aanvaar dat die ANC/Zuma gehoor gaan gee aan die grondwet, wat maar net n stuk papier is en dat Zuma enige intensie het om as President af te staan en nie alreeds n strategie van permanente Presidensie het en in plek stel nie.

Dirk ·

So presies uitgebeeld deur Dawie. Wel die ANC het nie so n leier soos wat ons nodig het nie. Diesulkes het reeds die party verlaat. Daar is destyds gese n “vryheidsvegters” kan nie n politiekeparty ook vervul nie. Ons is in die hande van miljoene onkundige stemgeregtiges wat nie n vaagste benul het waarvan Dawie praat nie. Mag die Here ons help en dat ons in hierdie Paastyd weer ons Skepper en Verlosser aangryp.

Dirk Breytenbach ·

Selfbeskikking vir Afrikaners voordat dit te laat is?

Ken2 ·

Selfbeskikking sal die enigste werkbare opsie wees. Ons is ekonomies nou inelkgeval so opgemors, ons sal makliker en vinniger self weer kan opbou van voor af as om in die land te probeer regkom.

jaco ·

ek kan nie verstaan hoe gesê kan word dat die ekonomie stilstaan nie. Gaan kyk net hoe besig is groot winkelsentrums oor ‘n naweek. Gaan kyk ook na die verkeer op SA se paaie as daar ‘n langnaweek is. Iewers word dus nog lekker gekoop en verkoop en “groei” daar steeds ‘n ekonomie.

Ken2 ·

Ry bietjie wyer rond as net jou gemaksones en jy sal armoede sien op massa skaal.

Ken2 ·

Voeg ook die groot las van maatskaplike toelaes by. Die massas wil nie hoor hulle moet hard werk vir geld nie.

Oupa ·

Die “ekonomiese aktiwiteit” waarvan Jaco praat is maar die verkwisting van die laaste geld wat nog in die spaarvarkie oor is: wat produseer die mense wat so kwistig koop? ‘n Skyn-mark as gevolg van SEB en dies meer. Die rykes (wit én swart) word minder en ryker; die res word meer en armer.

anton ·

Die ANC gaan skeur. Dan kan Pravin Gordhan president word !

Braam Stander ·

Baie dankie vir die helder en duidelike kommentaar van dr. Dawie. Ons het hierdie stem só nodig en dat hierdie boodskap onverpoos uitgedra word. Sal die dag tog nie kom dat ‘n min. van finansies dit begryp nie! (Dankie, dr. Dawie, dat jy nie ook opgepak het nadat jy daai aanrander “goed gem……r” het nie.)

AndreK ·

My gevoel is dat die lede wat die ANC ingestem het, die enigste is wat hul kan uitstem…dis hul verantwoordelikheid, nie dat hul dit sal aanvaar nie. Die ANC se beleid is om hul kiesers so onopgevoed as moontlik te hou want as hul opgevoed raak, sien hul die bedrog en wanbestuur wat plaasvind. Betogings het geen voordeel nie, die Keiser se dis apartheid, hoe belaglik dit ook al mag klink, en hy glo homself en sy gelowige volgelinge ook……. daar is nie mense met ruggraat in die ANC nie, nie eens Gordon was so n hero soos hy gemaak word nie, onthou, hy is steeds iemand wat die Kommunistiese beleid navolg, kyk maar hoe het die RSA agteruit gegaan in die tye wat hy aan die stuur was.
Ek voel nie gemaklik om te betoog nie want ek is nie so groot gemaak nie, dis nie deel van my verwyssingsraamwerk nie, en ek beplan geensins om dit deel te maak nie.
Ek is van mening dat elkeen sy moue moet oprol, n ekstra uur of twee per dag te werk, sonder verdere vergoeding, om die produktiwiteit op te kry sodat die land weer winsgewind bedryf kan word en dan moet die ANC ondersteuners hul kant bring of die gevolge dra…
Om te wag vir die politici om iets te doen, nou ja, daaroor hoef ons niks te sê nie, want hul kyk net na hulself en kom tot dusvêr weg daarmee, net my 2 sent opinie….

Boland ·

Vanoggend vir Dawie by KKNK geluister saam met EFF leier in Wes Kaap.Kan net my kop skud en vra as dit die leiers is van die EFF gaan hulle nie baie lank hou nie.Dawie jou yster.Die EFF kla dat die boere grond aan swartmense verkoop wat hulle onvrugbaar gemaak het.Dis hoekom hulle sukkel.Dan koop die boere dit terug.Wat n grap.

Helene Vanderw@lt ·

Dis waar wat een leser hierbo gesê het, die inkopiesentrums bars uit hul nate oor vakansietye en lang naweke. Selfs in klein dorpies. En die verkeer op ons hoofpaaie lyk nie of duur brandstofpryse enigsins ‘n faktor is nie.

Daniël ·

Ek lees al die wyshede en wonder onomwonde hoe hierdie inligting by die massas kiesers in plakkershutte gaan uitkom. Net soos met ‘Praatsaam’ soggens op RSG wonder ek hoe die erns van ons ekonomiese verval onder die huidige leierskap, ooit inslag sal vind by die man op straat, wat nie belasting betaal nie, maar met ‘n wettige SA ID dokument geregtig is om sy/haar kruisie langs die party te trek wat van hulle nageslag bedelaars gaan maak. Professor Ken Peters, ekonomie kenner in die Tjeg republiek het met reg gesê ons probleem lê by die “…..mense wat so ‘n leierskap aan bewind bring” en aan bewind hou! Hierdie forums en gesprekvoering is nuttig, maar ek dink dit vergelyk met ‘n wetenskaplike wat ‘n nagraadse studente probeer oortuig dat die aarde rond is. My vraag bly: hoe kom hierdie ‘vreemde’ westerse konsepte by die hordes uit wat heeldag en aldag gevoer word met die ‘voordele’ wat ‘Social Democracy’ en ‘Affirmative Action’ en ‘Land Redistribution’ vir hulle inhou, in ag geneem dat meeste niks het om te verloor nie? Nog nooit het ek enige kommunis hoor propageer oor ‘Wealth Distribution’ as hy/sy gewerk het vir sy/haar suksesse nie! Die kommunistiese ideologie sê: “Ek het niks, maar ek is bereid om dit te deel.” Wie van hierdie korrupte leiers sal sy/haar finasiële vergype, met enige arme deel? Dis die kapitalistiese gans wat die goue eiers lê, nie SEB nie!

Anonoom ·

O, meesters, meesters, meesters,
meesters moet ons wees..
meesters met ‘n toekoms…

Eks seker Schumpeter, waar hy ook al
homself bevind, glimlag vir die Afrika
toneel, waar die kop van die gebroke
beeld op die grond beledigings jou,
soos die toue span, aan die volgende
in lyn.

Peanut ·

Iewers in Spreuke as ek reg onthou staan daar dat n dwase koning (president) sy volk onnodige swaar belasting laat betaal. Daar is nog n paar verse in Spreuke wat ek maar nie sal aanhaal nie, maar dit se ook wie nie koning in n land moet word nie.

Eddie Roos ·

Baie dankie Maroela Media dat Dawie weer vir ons kommentaar lewer ! Wil julle dit nie asb ook oorweeg om Nico van Gijsen en Tertius Maree te nader om ook hulle kundige raad met ons op Maroela media te deel nie, dis alledaagse probleme wat ons almal in die gesig staar , ASB ?

J ·

Dankie alles is insiggeewend….. maar ons moet ALS maar met potlood skryf…(planne) en die pen vir GOD gee, want ons SAL wik en weeg en bly vertrou want HY beskik oor ieder en elke plan se toekoms en UITKOMS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.