Die ANC het raad vir Amerika – maar wie het raad vir ons?

Deur Daniël du Plessis

Daniël du Plessis.

Die nuusdekking oor onluste in Amerika was vir talle mense in Suid-Afrika ’n surrealistiese toneel. Hoe kan iets wat so ver van ons af is, tog so bekend lyk?

Dit is daarom nie te verbasend dat Suid-Afrikaanse politici, dalk uit gewoonte, ook ’n eiertjie daaroor te lê gehad het nie. So het ANC woordvoerder, Pule Mabe, ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om raad aan die VSA te bedien oor hoe om “rassespanning te verlig en sosiale kohesie te bevorder”.

Dit is nie duidelik watter raad mnr. Mabe in gedagte het nie – en waarom die ANC sover versuim het om daarmee Suid-Afrikaanse rassespanning op te klaar nie. Gelukkig het Suid-Afrika al etlike dekades se ervaring met die ANC, en daarom kan ons met redelike selfvertroue spekuleer oor wat presies die ANC vir die Amerikaners sou sê. (Dis nou as Amerika ooit die onverklaarbare behoefte sou ervaar om vir daardie raad te vra.)

Die spanninge reg deur Amerika en Suid-Afrika op grond van ras is nie eintlik, behoorlik beskou, die een of ander besondere fenomeen wat ontstaan wanneer bevolkings se melamienvlakke verskil nie. Nee, dit is eerder die doodnormale gevolg van ’n samelewing waar daar verskillende groepe met verskillende belange bestaan.

Die probleem ontstaan egter eers wanneer daardie belange teenstrydig is – wanneer ’n samelewing nie tegelykertyd ewe veel plek vir alle belange kan inruim nie.

Ons leef in ’n beperkte wêreld, met beperkte hulpbronne – en dit is dus nie verbasend dat hierdie verskynsel gereeld voorkom nie. Ook kan dit gebeur dat dit juis een bevolkingsgroep se behoefte is dat ’n ander groep aktief te nagekom word. ’n Sirkel kan nie terselfdertyd ’n vierkant wees nie – en so ook kan jy nie tegelyk dieselfde aandag aan twee sulke teenstrydige belange gee nie.

Histories – en baie oorvereenvoudig – is daar maar twee hoofstrategieë wat gebruik word om hierdie netelige kwessie op te klaar. Een manier om aandag aan teenstrydige belange te gee, byvoorbeeld, is om dit te vereenvoudig na een stel belange toe.

In werklikheid beteken dit dat jy jou nie langer hoef te bekommer oor twee of meer belangegroepe nie, want jy het jou situasie vereenvoudig tot een. Dit kan gebeur deur dialoog, oortuiging – of, meer algemeen – deur swakker groepe te laat konformeer met mag.

Suid-Afrika se strategie vir sosiale kohesie val baie sterk binne hierdie kamp. Op sy beste het dit bestaan uit die reënboognasie-narratief – ’n nuwe uitverkore volk wat almal saam in dieselfde rigting trek. Die realiteit het egter baie vinnig anders geblyk, en Suid-Afrika word baie duidelik uit een baie spesifieke politieke en ideologiese groepering regeer.

Natuurlik word almal beleefd genooi om te kom konsulteer rakende beleid, maar dan ook net so beleefd weer geïgnoreer. Dit is uiteraard ’n baie harmonieuse bestel – mits jy jouself binne die politieke magsblok bevind.

Enigiemand daarbuite sal egter goed vertroud wees met die realiteit van ’n politieke bestel wat jou as ’n tipe veragtelike hulpbron sien, in plaas van ’n burger. Hieruit spruit beleide soos onteiening sonder vergoeding (OSV), swart ekonomiese bemagtiging (SEB), gedwonge beleggings en immergroeiende druk op ’n immerkrimpende belastingbasis.

Daar is egter ook ’n ander manier om teenstrydige belange in ’n samelewing te hanteer en, ironies genoeg, was dit dan ook hierdie strategie wat tot Amerika se grootste suksesse en breë welvaart gelei het.

Samelewings kan ook aanvaar dat teenstrydige belange ’n feit van die lewe is. Dit beteken dat mens alle groepe en individue die ruimte moet gee om daardie belange na te streef en, uiteindelik, vir mekaar tot voordeel en hulp te wees om sodoende onderskeie belange uit te leef.

Dít, mnr. Mabe, is goeie raad. En iets wat ons self eers maar ter harte kan neem.

  • Daniel du Plessis is ’n regsontleder by Sakeliga, ’n onafhanklike sakegemeenskap.

Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

MakersMark ·

Ja definetief kan die VSA leer van ‘n organisasie wat ‘n werkende ekonomie met uitstekende SOE vermink het in minder as 3 dekades. En daarmee saam die werkloosheid syfer onder “normale” omstandighede hoër laar styg het as die VSA in die hoogte van die pandemie. En nie te praat van misdaad nie……en gaan kyk wie is die kriminele in die VSA, selfde as hier. Niks met rasse harmonie uit te waai nie in die VSA is ‘n ordentlike polisiemag wat oor die algemeen nie snert vat van kriminele nie maak nie saak wie of wat hulle is nie. Heel anders as hier waar van hulle in die regering sit.

Frans ·

Stem saam met wat ekonomie aanbetref want Maryland een van die kleinste van die state se BBP was in 2018 gelyk aan Suid Afrika en no 15 in Amerika.

Pampoenboer ·

Die ANC kan nie eens n pisup in n brouery reel nie nou wil hul ander lande raad gee wat n grap

marius ·

Sal interresant wees om die man se raad aan te hoor as daar wit minderheid die strate invaar en alles afbrand en plunder omrede daar ‘n 86 jarige wit vrou op haar plaas verkrag , gruwelik vermink en daarna vermoor is deur ‘n groep swart mans .

Vrijburger ·

Mmmmm interessant die hallusinasie wereld waarin die ANC leef. En tydens die gespek kan die VSA asb ook sommer aan die ANC raadgee hoe om plaasmoorde te hanteer wat mos nie bestaan nie.

Fedup ·

Oh please plumb.
Your own backyard is a disgrace for the world to see.
Do you honestly think muppet will listen to your advice?
This is freaking hilarious.

Piet parys ·

In Amerika vermoor n polisieman n man en omdat hulle 2 verskillende rasse is , is dit rassisme . In Suid Afrika vermoor n polisieman n man omdat hy by sy huis drink maar omdat hulle beide swart is word daar nie n ophef gemaak nie . SO WIE IS DIE RASSISTE , DIE GEPEUPEL WAT NIE DIE VERSKIL TUSSEN MOORD EN RASSISME KEN NIE

skinderbek ·

ANC en die EFF is die grootste probleem in die land, kry hulle uit en ons mag dalk net weer n toekoms hê.

Cabytheron ·

Ek dink nie dié saak kon beter beskryf word as hoe Daniël de Villiers dit hier doen nie. Die ‘mense’ se optrede veroorsaak dat ek nie na hulle wil luister nie en geen simpatie hoegenaamd met hulle het nie. Een of ander Israelse minister, (nie seker wie hy was nie) het na dié mense verwys as ‘sub human beings’. Ek het ‘n punt bereik waar ek net met haat na die optrede kan kyk en my kop skud en in my hart wens dat daar uit die niet, ‘n bom kan ontplof onder die verwoesteraars. Daar is nie ‘n meer belaglike rede vir die anargie, verwoesting en stelery as sogenaamde rassisme nie. Dit klink my na ‘n siek spesie wat losgelaat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.