Die ANC se KOÖPtasie-suksesresep

verkiesing-5Die ANC het so pas onder die bedenklike leierskap van mnr. Jacob Zuma 62% van die stemme gekry, teenoor die 64% in 1994 onder leiding van mnr. Nelson Mandela.

Talle kommentators het verwag dat die ANC swakker gaan vaar as gevolg van die deurlopende ontevredenheid en daaglikse protesaksies, asook die Nkandla-skandale van die president. Daarom was baie mense verbaas oor die sterk steun wat die ANC steeds geniet, en hulle kan eenvoudig nie verstaan wat soveel (veral swart mense) besiel om nog steeds vir die ANC te stem nie.

Uiteenlopende verklarings word hiervoor gebied, soos die ANC se status as bevrydingsparty en die “uitgebreide familiekultuur” van die party. Selfs die gemiddelde opvoedingsvlak van baie van sy kiesers of “Afrika-politiek” word ook as rede voorgehou.

Dis vanselfsprekend dat die party se bevrydingstatus; mnr. Mandela se politieke nalatenskap; die ANC se politieke kultuur en die gevoel van talle swart mense dat die ANC hul menswaardigheid herstel het tot groot lojaliteit onder miljoene van sy kiesers lei. Die belangrikste, voor die hand liggende rede is egter dat die ANC wel sy kernbelofte nagekom het om sy kiesers se lewens te verbeter – al sou mens nie saamstem met hoe dit gedoen is nie.

“Steunkoop”-strategie
Die party het sy verskillende magsbasisse sedert 1994 saamgehou deur elkeen se steun met beloftes en werklike bevoordeling vas te sement. Die swart elite se steun is verseker deur bemagtigingstransaksies wat talle kitsmiljoenêrs geskep het. Rassewetgewing en derduisende staatsdiensposte het ’n soort “politieke” swart middelklas help skep wat baie aan die ANC te danke het. Kyk maar na die omvang hiervan: oor die vyf jaar van 2008 tot 2013 het die nasionale en provinsiale regering se salarisrekening met byna 93% gestyg van R177 miljard tot R341 miljard. Dit sluit nie munisipaliteite of die uitgebreide openbarewerke programme in nie.

Miljoene armes se steun is vasgesement met die grootste welsynstelsel in die ontwikkelende wêreld. Die sosialistiese blok se steun is verseker deur die alliansie met Cosatu en die SAKP, en die opneem van sy leiersfigure en beleidsrigtings in die regering. Die Afrikaniste is, danksy die ANC se klem op ras, lojaal aan die party, terwyl die tradisionele blok ingetrek is deur die opname van hul leiers in die party en die erkenning en vergoeding van tradisionele leiers. Die swart jeug se steun is verkry deur die hoë profiel wat aan die ANC-jeugliga verleen is, tesame met die jare lange geduld met hul luidrugtige leiers soos Julius Malema.

Daarby het die ANC probeer om die ou magsorde deur die inlywing van die NP in te trek. Die wit sakelui se samewerking is verkry deurdat die ekonomiese beleid ruimte vir hulle gemaak het in ruil vir die ondersteuning van ANC-beleidsrigtings soos rasseverteenwoordigendheid. Liberale elitegroepe, soos die media, se steun vir die post-’94-orde is verseker deur die liberale grondwet en demokratiese bestel. Om hierdie almal-insluitende “steunkoop”-strategie af te rond, is die breë bevolking se lojaliteit verseker deur toe te sien dat die staatsmedia die stelsel legitimeer; deur skoolleerplanne; en deur die vestiging van die ANC-regering se mag oor alle sektore van die samelewing heen deur middel van die rasgedrewe transformasiestrategie.

Die gewildheid van ANC-leiers soos Nelson Mandela het gehelp om die party se beeld onder alle bevolkingsgroepe te verbeter.

EFF en ANC
Dit is so dat die DA steun bygekry het; ook onder swart mense, en veral in Gauteng. Al is die EFF ’n politieke stiefkind van die ANC, het hierdie twee partye egter saam bykans 70% van die steun wat meer as genoeg is om ingrypende veranderings aan die Grondwet aan te bring.

Die gevaar bestaan ook dat die opkoms van die EFF die ANC nog verder na links kan druk. Aan die ander kant kan die ANC se steeds oorweldigende steun hom juis die selfvertroue gee om wel die noodsaaklike veranderings aan te bring wat die ekonomie weer kan laat groei. Die ANC word tans geteister deur die groeiende ontevredenheid van groot dele van sy kieserskorps as gevolg van die party se verswakkende regeringsvermoë, én sy eie stygende verwagtings.

Net die tyd sal leer of die ANC in die komende jare sy koöptasiestrategie net so behendig kan toepas soos in die verlede; of dit later onbekostigbaar gaan word; en of sy regeringsvermoë as gevolg van sy eie beleidsrigtings verder gaan afneem. Die ANC sal nie die eerste bevrydingsparty wees wie se innerlike teenstellings uiteindelik so groot word dat dit die party laat verbrokkel nie. Kiesersgedrag is nie altyd soos kopersgedrag nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

henk ·

Ek is glad nie so seker oor die stellings ten opsigte van die ANC se steun danksy dienslewering nie. Ek het 8 ID dokumente wat aan Mosambiekers behoort wat in die verkiesing gestem het. Mpumalanga en Limpopo sowel as Gauteng is VERVUIL van mense regoor Afrika en China.Meeste werk nie eens nie en van die wat werk betaal die meerderheid ook nie belasting nie. Hulle kry ID dokumente in ruil vir ‘n ANC stem. Dit tesame met intimidasie in die plattelandse gebiede het ‘n enorme invloed op die kieserslys en stem uitslae.
Dan is daar natuurlik ook die twyfelagtige uitslae weens die feit dat daar baie houers met stembriewe waarvan die meerderheid stemme opposisie stemme is, gevind is. Natuurlik sal die gevalle toegesmeer word en natiirlik sal die instansies ontken dat die stembriewe regsgeldig is of selfs dat dit reeds getelde stemme is.

catryn ·

Ek stem 100% saam jou, die miljoene immigrante word OOK in wyke ingebring en het outomatiese stemreg, gaDan lees 5. van eff se manifes. Immigrante, wettig en onwettig koop huise, werk hier, gaan hier skool, hospitale, toelaes, kry id’s, en ek weet van heelwat immigrante wat dit kry en ingekom het in SA, sover as Somalie, Ethiopie, van chinese praat ek nie eers nie. DA A n c en EFF werk saam om immigrante op te neem en te betaal vir die X. Die fontein sal nooit ophou nie, en slegte dienste sal altyd apartheid se skuld wees. Tyd Afrikaners eis hul selfbeskikking en so ook alle ander minderheidsregte, dit was in 1994 ooreengekom om dit te kry. Dis nou 20 jaar later, en Afrikaners soek hul EKSTERNE selfbeskikking, waarop hul geregtig is, en dit het niks met apartheid te doen nie. As hulle dit as apartheid beskou, dit was ook met die zulu’s ooreengekom. Gaan terug in geskiedenis en kyk wat gebeur het. SEB het gekom om te bly, en Afriforum en Solidariteit gaan nog duur betaal aan regskostes, en al wat hulle voed is die anc regbank. Stop dit en bou ons eie staat, selfbeskikking.

Dewald ·

My opinie is dat daar baie meer stembriewe as kiesers vir die anc gegaan het; die meeste lede van die ovk is sterk anc-ondersteuners; dit sal my nie verbaas as daar grootskaalse korrupsie in die laaste verkiesing plaasgevind het nie, en dit net goed stilgehou word.

Shannon ·

Wanneer die ANC so oor … kom ons sê 40 .. 50 jaar finaal swig sal dit wees a.g.v. interne gevegte. Die E.F.F. oefening is die prototipe.
Teen daardie tyd sal die land basies `n soort van Angola, Moçambique, Zimbabwe wees en dalk verder. Min ‘wettige’ burgers sal nog belang stel in politiek.
Ek sou geld daarop sit dat volskaalse geweld dan aan die orde van die dag sal wees want, soos wat nou reeds duidelik is, die A.N.C. sal nooit volgens die roels speel nie. Hulle finansiering en wapens sal afkomstig wees van hulle huidige bondgenote wie almal geldelike belang het in die land. En soos enige korrupte kapitalis weet – `n gehoorsame kommunis is beter as `n regverdige demokraat.

Danie ·

Catryn,Dan praat jy sowaar nog van selfbeskikking.Waar en hoe?Word n slag wakker.Dit gaan mos nie gebeur nie en jy weet dit.Tensy jy Orania toe gaan.Ek het geen probleem met Orania se mense nie,al wat ek se is dat hulle ten minste doen en nie net praat soos jy nie.

Rudi ·

Dis die eerste artiekel wat ek lees oor die vekiesing wat 100% reg is.

Rudi ·

Dis die eerste artiekel wat ek lees oor die vekiesing wat 100% reg is.

d ·

Mese moet asb aansluit by Solidariteit en sy strukture.Die regering het nou sy “tweede oorgang” aangekondig en ook “radikale ekonomiese transformasie”.Regstellende aksie gaan verskerp word,selfs grondonteiening is nou op die agenda.Solidariteit is werklik die enigste organisasie waar Afrikaners kollektief kan saamstaan om hul regte te verdedig.Dis of n kwessie van saamstaan of gaan onder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.