Die ANC se toweroplossing vir alles – wysig Artikel 25

Deelnemers aan die openbare verhoor wat handel oor die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet by die Heartfelt Arena in Pretoria. Foto: Reint Dykema

“Artikel 25 van die Grondwet moet gewysig word om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak. Dit sal Suid-Afrika se probleme van armoede, werkloosheid en swak ekonomiese groei oplos.”

Dit was min of meer die trant van meeste argumente by die openbare verhore oor grondonteiening.

In baie toesprake was daar haat en wraak teen wit mense. Dit is die gevolg van ANC-leiers, veral in die Zuma-tydperk, wat hul kiesers oor jare op ’n haatdieet teen wittes gevoer het as ’n manier om hul eie mislukkings weg te steek.

As jy fyner geluister het, soek meeste van die sprekers egter net ’n kortpad uit armoede uit. Dit was desperate hulpkrete aan die regering om hul armoede te verlig.

Dit pas die ANC om verkeerdelik uit die verhore af te lei dat grond en die behoefte om te boer die meerderheid mense se eerste en belangrikste prioriteit is.

As enige persoon die keuse kry of hy/sy verniet ’n plaas of grond kan kry, wie sal “nee” sê? Daarom kan die verhore moeilik as ’n wetenskaplik korrekte referendum oor grond vir boerderyaktiwiteite gesien word.

In ’n onlangse landwye meningspeiling van die Instituut vir Rasse Verhoudinge (IRV) is bevind dat swart mense glo werkskepping moet die regering se eerste prioriteit wees. Werkskepping en beter onderwys is deur 64% van die mense as hul eerste en tweede prioriteite aangewys. Vinniger grondhervorming was tiende op die lys met 1% steun (IRR FreeFacts No2/2018 June p.6).

Die pleidooie by die verhore het wel daartoe gelei dat president Ramaphosa skielik en ondeurdag aankondig dat die ANC die grondwetlike verandering van artikel 25 steun.

“Skielik” omdat die ANC vrees dat hulle swak gaan vaar in die verkiesing oor nege maande.

“Ondeurdag” deurdat die parlementêre komitee se ondersoek na die saak nog nie afgehandel is nie.

Die toekoms sal wys dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (Nuk) in hul oorhaastigheid (en waarskynlik paniekerigheid) Ramaphosa geforseer het om ’n aankondiging te maak sonder dat hulle enigsins die gevolge van so ’n aankondiging deurdink het.

As die ANC dink dat die party die towerformule gekry het om armoede, werkloosheid en die swak ekonomiese groei van Suid-Afrika op te los deur artikel 25 van die Grondwet te wysig, wag daar ’n baie groot verrassing op hulle. Presies die teenoorgestelde gaan gebeur.

Daar is geen manier hoe die ANC “ ’n beter lewe vir almal gaan skep” sonder hoër ekonomiese groei en beduidende beleggings vanaf die buiteland nie.

Met grondonteiening sonder vergoeding stuur die ANC ’n boodskap na buite wat beleggings uit die buiteland totaal afskrik en alle ekonomiese groei gaan kelder. Dit gaan lei tot “ ’n slegter lewe vir almal in plaas van ’n beter lewe.”

Waarom het grond so ’n emosionele saak geword?

Omdat die regering telkens voor ’n verkiesing groot verwagtinge ten opsigte van grond skep. Ná die verkiesing gebeur daar niks nie. Deurlopend word die wit boere en die Grondwet dan geblameer vir die stadige vordering met grondherverdeling.

Die fout lê nie by die Grondwet of by die boere nie.

Die meerderheid boere, TLU SA en AgriSA het al talle voorstelle gemaak oor hoe die probleem opgelos kan word. Die regering ignoreer hierdie voorstelle.

Die vorige minister van grondsake, Nkwinti, het erken dat nege uit elke tien grondoordragte misluk het en tans nie produktief is nie.

Elke jaar is ongeveer 5% grond op die ope mark te koop. Daar was genoeg geld vir grondhervorming begroot sedert 1994 om jaarliks van hierdie grond te koop. Dan kon meer as 40% grond reeds in swart hande gewees het.

Deur die ANC se lomp werkswyse is dubbeld vir grond betaal. Ná ’n suksesvolle grondeis koop die staat die plaas vir byvoorbeeld R5 miljoen. Tot 92% van die grondeisers het eerder kontant as die grond verkies. Dan moet die staat ’n verdere R5 miljoen kontant aan die grondeisers betaal. Die hele transaksie kos die staat nou R10 miljoen. Die duur grond bly egter in besit van die staat. So is daar tans meer as 4 000 plase in staatsbesit.

In die ANC se nasionale ontwikkelingsplan, wat in 2012 by hul Mangaung-kongres aanvaar is, word voorgestel (p. 227) dat grondherverdeling op distriksvlak gedoen word. Boere en ander belanghebbendes van die distrik kom bymekaar en dui 20% grond aan waar swart boere in die distrik gevestig kan word. In meeste distrikte is daar 20% grond te koop of boere wat wil ophou boer. Die staat betaal 50% van die koste vir die 20% grond, die wit boere maak ’n bydrae en tree as mentors op vir die nuwe swart boere. Daardeur kry die 80% wit boere swart bemagtigingstatus wat beteken dat hulle eie grond hierna veilig is. Hoever hierdie voorstelle kan werk, weet ons nie, want dit is nog nooit geïmplementeer nie.

Die fout rus dus vierkantig op die regering en die departement van grondsake se skouers wat vir 24 jaar geld gemors het en talle voorstelle geïgnoreer het om die probleem te probeer oplos.

Die ANC se eie paneel van kundiges, onder leiding van oudpresident Kgalema Motlanthe, bevestig dat die fout hoofsaaklik by die regering en die departement van grondsake lê. In hul verslag wys hulle daarop dat korrupsie, oneffektiewe amptenare, geen oordrag van eiendomsreg nie, asook die bevoordeling van regeringslede, die belangrikste probleme is.

Suid-Afrika kort baie meer suksesvolle swart kommersiële boere met titelaktes van hul grond. Om daarin te slaag moet ons die ontwikkelde lande se patroon volg en nie dieselfde foute as baie Afrikastate maak nie.

In 1870 was 80% van die Amerikaanse bevolking in landbou op die platteland betrokke. Vandag is die grootste deel van die Amerikaanse bevolking verstedelik. Minder as 2% van die bevolking is in landbou betrokke. Tog produseer daardie 2% met moderne metodes genoeg voedsel vir al die verstedelikte Amerikaners.

In Afrika boer meer as 80% van alle landbouers op plasies van 2 hektaar en kleiner. Daarom is die meeste landbouers bestaansboere wat net vir hom/haar en die gesin kos produseer. Waar Afrika steeds vinniger verstedelik, skep dit groot voedseltekorte. Vyf-en-dertig van die Afrikalande Suid van die Sahara het geen voedselsekerheid nie en moet voedsel invoer.

Suid-Afrika gaan binne enkele jare 70% verstedelik wees. Wil ons terugbeweeg na bestaansboerdery of eerder die behoefte aan grond in die stede bevredig? Daarom moet stedelike inwoners so gou as moontlik titelaktes kry daar waar hulle woon.

Mondli Makhanya, vorige redakteur van die Sunday Times, som dit so op:

“We are wasting valuable time and energy trying to restore people to their peasant ways. Ordinary South Africans either do not want land or just do not have the capacity to work it. They want to go to cities and work in modern economy…

“Large-scale, highly mechanised commercial farming is now the way of the world. You cannot turn the clock back four decades. That is just the reality. Furthermore, the young people would, as has happened elsewhere, have simply upped and headed for the towns and cities. Yet we continue to nurse the notion that we can reverse the inevitable march to an urban future. We keep wanting to fight the logic of large-scale commercial farming…

“The money and energy that is spent on getting peasants back into subsistence (farming) would be better used to create a strong class of black commercial farmers who actually do farm for commercial rather than sentimental reasons.” (Sunday Times, 28/2/2010, p10)

Minder blamering en meer waardering is vir ons kommersiële boere nodig.

Die ongeveer 34 000 wit en swart kommersiële boere produseer tans 95% van ons kos. Hulle is minder as 0,07% van die bevolking, maar maak dat ons een van die min lande in Afrika is met voedselsekerheid. Hulle is die grootste werkskeppers vir veral ongeskoolde werkers en betaal salarisse aan ongeveer 800 000 mense. Met hulle aktiwiteite hou hulle die ekonomie van landelike dorpe aan die gang terwyl hulle terselfdertyd waardevolle buitelandse valuta vir Suid-Afrika verdien.

Deurdat die ANC hierdie boere deurlopend negatief teiken, skep dit ’n klimaat van totale onsekerheid maar ook van vyandigheid wat beslis bydra tot die groot aantal plaasmoorde.

Op die harde manier gaan die ANC en die deelnemers aan die openbare verhore leer dat die onteiening van grond nie die kortpad uit armoede is nie. Inteendeel. Die enigste kortpad uit armoede, is om die lotto te wen. Al die ander paaie sluit harde werk en eiendomsreg in.

Die regering se taak is om ’n gunstige klimaat te skep wat tot ekonomiese groei en meer werksgeleenthede lei. Dan kan armes deur werk hulself uit armoede oplig en ’n eie huis met ’n titelakte in die stad of ’n stuk grond op die platteland afbetaal.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Pieter Mulder

Dr Pieter Mulder is ’n voormalige VF Plus-leier, voormalige parlementslid en professor.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

CG ·

Die beste beskrywing van die situasie wat ek nog gelees het. Dankie Dr. Mulder! U insig en insette het steeds ontsaglike waarde!

Oom Piet ·

Dr Mulder, bekom asseblief die gedetaileerde lys van alreeds meer as 4,000 opgekoopte maar uitbetaalde landeise plase in Staats besit (werklik ANC beheerde Regering ), verseker dis korrek, en versprei en blaker dit uit as beskikbare ground vir max. 2 Ha elk verdeling aan derduisende net behoeftige vorige geboortereg RSA Burgers Families vir T&C’s okkupasie, self verbetering, produktiewe gebruik en vrugte/wins Regte), wat nie verhuur of verkoop mag word vir minstens 7 jaar nie, en voltyds deur die begunsdigde bewoon moet word om regte te behou./nie the verbeur nie.

Gert ·

Uitstekende assessering!

Dr Mulder, stuur die artikel asseblief ook vir News24. Daardie blad sien soms goeie artikels, en dan is daar mense soos Melanie Verwoerd wie woorde soos “responsible” rondslinger wanneer sy van die ANC se grondgryp beleid praat. Dit is tyd dat die waarheid moet seevier.

Celtis Africana ·

Die voortdurende vooropstel van die politieke agenda bo redelikheid, opsweping van die massas en gevolglike vyandige rassisme wat dit tot gevolg het, sal die land baie duur te staan kom. Ons as die party wat as die Asàselbok woestynwaarts gestuur word vir die sondes, het vanweë ons getalle, bittermin opsies oor. Met politieke mag ge FW (Fare-Well), is die grond in privaatbesit die enigste troefkaart wat nog deur ons as minderheidsgroep gespeel kan word. Speel dit dus met die opregtheid van duiwe, maar met die versigtigheid van n slang.

Rynhardt ·

Daar was destyds by Kodesa vir daai towerformule geonderhandel volgens die kommunistiese dokument,die Vryheidsmanifes! Van daai politici wat by kodesa was sit nog steeds vandag lekker in die parlement en ontvang nog steeds n lekker vet salaris.?????

Gemaskerde Sopbeen ·

Mense luister nie mooi nie, en mense lees ook nie mooi nie. Terwyl ons voordurend gekonfronteer word met die “grondwet” is die ANC besig om sy vryheidsmanifes tot die letter te implementeer: gaan kyk self…”Restrictions of land ownership on a racial basis shall be ended, and all the land re-divided amongst those who work it to banish famine and LAND HUNGER;…………” Wat lees jy? “Famine” EN “land hunger” is nie dieselfde ding nie….maar as jy dit in dieselfde sin sit…dan dink die leser aan hongersnood. Dit is nie…..die ANC gaan sy kiesers se “LAND HUNGER” moet bevredig….

Jan ·

Nee dr mulder is die pad byster.mhy verstaan nie dat dieanc juis die land wil verarm en die wit ras wil uitroei nie.hoe armer die land is hoe beter pas dit die anc want arm mense kan maklik beheer word

Jan ·

En hoekom ia mulder en al die ander wit boere so bekommerd oor voedselsekerheid vir die einste mense wat al vir eeue besig is om die afrikaner tw probeer uitroei…

Pietman ·

Ons weet die goed. Die ANC waarskynlik ook . Dit pas net nie hulle politieke agenda om dit te erken nie. Die kern van die situasie is om dit om te draai. Met ander woorde, wat moet gebeur dat logika en rasionele denke bo politieke behoeftes gestel word? Dit gaan uitermate oor politieke wil wat staatsoptrede (beleid) dryf. Die ANC gaan nie skeilik uit die bloute vir ‘n slag die “regte” dinge begin doen nie tensy hulle nie daartoe gedwing word nie – die probleem is dat as selfs werkloosheid en ‘n tanende ekonomie hulle nie daartoe kan dwing nie, wat gaan? Ons moet begin dink aan inisiatiewe om ‘n platform daar te stel waar regering, staat en burgerlike organisasies begin saamwerk om die regte dinge te begin doen – die punt is dat niks sal gebeur as niks gedoen word nie,

Jan ·

Die komminisre wl jou uitroei en jou rukdom vernietig.en dan sommer die hele wit ras.onthou dis jode en chinese wat agter die anc sit….

Casper Labuschagne ·

DIe ANC se beleid is sosialisme en sosialisme is gelykstaande aan diefstal van besittings. Gevolglik moet eiendomsreg op die een of ander manier verdwyn, dit is ondenkbaar vir die kommuniste dat sosialisme nie SA se toekoms verteenwoordig nie.

Paul ·

En so meng die ANC regering hulle oral by die ekonomie in, plaas dat hulle die ekonomiese klimaat by wyse van minder beheer deur wetgewing skep dat die groei aan die gang kan kom. Plaas dat hulle die regte dinge reg doen.

lerato ·

Sosialisme maak voorsiening vir privaat besit, maar in ‘n kommunistiese stelsel behoort alles aan die staat. Die EFF is voorstaanders vir ‘n kommunistiese bedeling

John ·

… Jode, ag moeder… het die Nazi’s hierheen gevlug? Miskien kan ons by Israel gaan leer om te oorleef. Wat ek meer oor wonder is waar Connie Mulder al die jare was want as hy voor 1994 ontdek was, het dinge anders verloop. Die aangehaalde berig vra eerder vir groot swart kommersiele boere nie kleinboere nie…. en weg is ons wit megaboer. Net Afrikaanses lees Afrikaans en om verdraaistrategiee in artikels te probeer is om lesers se intellek te beledig.

Jan ·

Die kommunistiese pary en okk alle ander kommunistiese partye se leiers is bykans uitsluitlik jode en hulle is uitgesproke anti-christene

Jan ·

Henry hoekom is jy so bekommerd oor jou vyande se voedselsekeheid.ek kan jou belowe hulle gee nie n snars om vir jou of jou familie se voedselsekerheid nie…

lerato ·

Die EFF wat nie regtig ‘n beleid het nie, sleep die massas op sleeptou met die grond storie.

Rhamaphosa wat die middelgrond moet bewaar, moet fyn trap om die party en land van ‘n katesstrofe te bewaar.

As die gemagtigde middelgrond die billike kriteria uitspel vir onteiening, sal daar meer sekerheid en stabiliteit wees.

Ek haal Freedman aan.

If the Constitution is changed to make clear which property may be expropriated without compensation, property rights would be stronger because it would be clear to owners whether their property is safe and what to do to keep it that way.

lerato ·

Sosialisme maak voorsiening vir privaat besit, maar in ‘n kommunistiese stelsel behoort alles aan die staat. Die EFF is voorstaanders vir ‘n kommunistiese bedeling

Frans C ·

Die grondwet was ‘n kompromie tussen wat in die ANC se vryheidsmanifes staan en die westerse begrip van ‘demokrasie’.Nie een van die partye het gekry met die idees waarmee hul na die onderhandelingstafel gekom het.
Dit begin al in die voorwoord,waar God versoek word om die mense te beskerm en te seën.
Die vraag na wie se God daar nou eintlik verwys word bly onbeantwoord.En net daar het die sg Christelike onderhandellaars misluk want in die Bybel word slegs een God aan die mens geopenbaar.
As jou fondament verkeerd is kan die res wat daarop gebou word nie staande bly nie en is vandag magsmisbruik algemeen,want die President kan soos in Zuma se geval,die land
tot op die rand van die afgrond lei.
Die ANC kry as ‘n troosprys artikel 25 wat onteiening sonder vergoeding reeds moontlik maak want dit gaan oor toegang tot al Suid Afrika se ‘natural resources’ en ‘property’
‘is not limited to land’.
Dit is vir my duidelik dat artikel 25 baie na is aan wat in die ANC se vryheidsmanifes
vervat is en gaan dit terug tot 19 Junie 1913.
En dan kry die NP onderhandellaars as ‘n toegif artikel 235 ‘Self -determination’.
Of ons nou daarvan hou of nie die ANC het vanweë sy massiewe steun,dit reggekry om meer van sy gedagtegange vervat in sy Vryheidsmanifes verwoord te kry in die grondwet as wat die NP onderhandellaars tov selfbeskikking reggekry het.

Jerry ·

Die ANC se toweroplossing neem ons nader aan n kombinasie van n kapitalistiese en sosialistiese staat. So n stelsel kan werk vir alle Suid Afrikaners deurdat wit en swart sal kan boer en solank hulle dan ook die regmatige eienaars met titelaktes is. Bevoorregte mense sal moet aanpassings maak om die onreg van die verlede te help aanspreek. Die ANC beskik oor genoegsame politieke mag en dirty tricks om enige toweroplossing deur te voer. Die probleem is egter dat alles wat hulle alleen deurvoer op n groter gemors uitloop agv verskeie faktore wat al aan almal bekend is. Samewerking met die ANC op alle terreine ten einde te verseker dat dinge nie te sleg verkeerd loop nie is ons voorland ten einde te verhoed dat ons onverhoeds in n tweede Zimbabwe in gestoomrol word. Deur net ingestel te wees om weerstand te bied teen CR se intensies, plaas ons in isolasie en buite bereik van samewerkende skikkingsooreenkomste. Baie verkiesingsbeloftes wat die ANC weet hulle nie sal kan nakom nie, kan maklik gemaak word met die oog daarop om diegene wat tereg of nie tereg ondermynende inisiatiewe loods en weerstand teen alles bied daarvoor te blameer en hulle verdag te maak as die varke van die verhaal plaaslik en internasionaal. Weerstand inisiatiewe asook samewerking moet dus met uiterse omsigtigheid gepaard gaan ten einde te verhoed dat ons onself nie net aan die verloorkant bevind nie en dat ons by n langtermyn oplossing kan uitkom.

1+1 ·

Dr. Pieter, ek hoop hierdie artikel is ook in Engels en ander Afrika-tale vertaal. Hierdie waarheid moet met almal gedeel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.