Die ATKV ly aan ‘mission creep’

atkv logo 2Jammer dat ek nou so ’n Engelse term moes insluit by die titel van hierdie geskriffie van my, maar dit is die beste wat ek kon doen om die ATKV se rigting oor die laaste dekade of so en ook sy nuwe planne te beskryf. Ek belowe dis die enigste een.

“Mission creep” word gewoonlik geassosieer met militêre aangeleenthede en oorloë (veral in die Amerikaanse konteks), maar dit kan desgelyks ook in ander kontekste aangewend word. Dit beteken basies die vergroting of verbreding van ʼn projek of missie nadat aanvanklike suksesse behaal is. Hoewel dit dalk ambisieus en soms selfs edel klink, hou dit baie gevare in – nes die Amerikaners in 1993 in Somalië en oor die laaste anderhalf dekade in Irak uitgevind het. Elke skynbare sukses lei dan na nog groter en ambisieuse doelwitte totdat ʼn finale katastrofale gebeurtenis alles tot stilstand ruk.

Nes ander (oorspronklik en nominaal) Afrikaanse instellings en organisasies het die ATKV in die post-’94 epog naarstiglik probeer om so “inklusief” moontlik voor te kom en terselfdertyd nie té Afrikaans (en beslis nie pro-Afrikaner) te lyk nie, terwyl hulle steeds uitsluitlik op Afrikaners se geld staatmaak om te oorleef en ook ander gemeenskappe te bedien. Die ironie is dat meeste van hierdie instellings vandag nie meer bestaan nie of nie meer ʼn Afrikaanse karakter het nie. Hulle het dus eerstens hul bestaansrede deur middel van “mission creep” verloor en daarna ontbind of ʼn totale gedaanteverwisseling veroorsaak.

Wat ek kan aflei uit vorige navorsing wat die ATKV onder hul lede gedoen het, gee baie lede slegs geld omdat hulle die voordele wil benut – soos die vakansieoorde. Hulle is nie in die meerderheid nie, maar hulle gebruik ook die oorde omdat hulle ʼn Afrikaanse karakter het. Daar is dan ook ʼn klomp lede (veral dié uit die hoër inkomstegroepe) wat geld gee sodat Afrikaans bevorder kan word en die ATKV as ʼn voertuig daarvoor sien. Afrikaans en sy gemeenskap is dus die primêre of sekondêre prioriteit vir die ATKV se lede. Hierdie lede is mense wat terselfdertyd hul belastings betaal en waarskynlik ook geld vir hul kerke of ander liefdadigheidsorganisasies gee. Hul werk lewer ook waarskynlik regstreekse bydraes tot die land in sy geheel. Maar hulle gee geld vir die ATKV vir ʼn spesifieke rede en doel.

Deidre Le Hanie, besturende direkteur van die ATKV, se nuwe Afrikaans Plus-plan is een wat al in talle kontekste probeer is en groter skade berokken het. Dit lyk op die oog af natuurlik baie edel om die hele land te bedien en nuwe gemeenskappe te betrek, maar die duiwel is in die detail (en die uiteindelike uitvoering en impak). Ons almal kan baat daarby om ʼn derde taal (naas Engels en Afrikaans) aan te leer en meertaligheid te bevorder, maar jy kan ongelukkig nie alles vir almal wees nie, want dan loop jy die risiko om niks vir enigiemand te wees nie (of ten minste vir die mense wat jou vir ʼn bepaalde rede geldelik ondersteun).

Le Hanie gee hoog op oor die groot verantwoordelikheid om lede se geld reg aan te wend. “Ons moes ʼn fundamentele oordeelsbesluit maak en die rigting van die organisasie effens verander,” het sy luidens Maroela Media gesê. Sy verwys dan na ʼn gesegde wat kortweg beteken dat indien jy nie die draai saam met die pad maak nie, jy oor die afgrond kan stort. Die feit is egter dat jy steeds op dieselfde pad moet bly en nie ʼn afdraai neem wat jou in die verkeerde rigting (en weg van jou bestemming) neem nie. Draai is onafwendbaar; afdraaie is iets totaal anders.

Sy vertel oor hul gewetenswroeging oor hoe hul reikwydte slegs tot Afrikaanse skole beperk is – so asof dit iets is om oor skuldig te voel. En dan raak sy iets betekenisvols kwyt: dat die ATKV nie met die nuwe strategie nét na nuwe lede op soek is nie, maar ook op soek is na korporatiewe beleggings. Hulle het nietemin ʼn doel van 1 miljoen lede (hulle het tans slegs 70 000 lede) teen Januarie 2018 te bereik. Ek twyfel sterk of hulle daardie hoeveelheid lede in so ʼn kort tydjie uit die Afrikaanse gemeenskap gaan trek (want anders sou hulle reeds by die ATKV aangesluit het). Daardie lede sal van iets of iewers anders af moet kom en indien hulle daardie doelwit behaal (en dit is hoogs onwaarskynlik), sal die ATKV bepaald nie meer ʼn Afrikaanse organisasie wees nie. Die betrokkenheid van groot maatskappye by die ATKV voorspel om verskeie redes ook niks goeds nie.

Die aanvanklike sukses, naamlik om Afrikaans en die Afrikaanse gemeenskap te dien, het nou vergroot tot kore wat in enige taal buiten Afrikaans en Engels móét sing en om duisende nie-Afrikaanse skole by te staan. Hierdie oogmerke is deugliewend, maar is dit die werk van ʼn lede-organisasie met beperkte bronne soos die ATKV? En hoe word Afrikaans hierdeur gedien? Le Hanie, wat erken dat sy eintlik ʼn Engelse agtergrond het en nou vir Afrikaanse klasse moet gaan, verwys na hoe leerders van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad (wat aan hul ATKV-tak verbonde is) leerders van Khayelitsha met hul wiskunde gehelp het terwyl die Riebeeck-leerders Xhosa geleer het. Die uiteindelike doel moet ten minste wees dat Afrikaans groter vastrapplek onder tweede- en derdetaalsperekers kry en daardeur uitbrei, maar hierdie weldaad is ʼn voorbeeld van welwillendheid en om Afrikaanse kinders ʼn ander taal te leer. Nié om Afrikaans te bevorder en dit oor te dra nie. Dit is nasiebou (nog ʼn uitdruklike doelwit van die ATKV) deur die uitsluiting van Afrikaans, nie daardeur nie.

Die ATKV se toekomsplanne is helaas ʼn naïewe strategie wat dalk aanvanklike suksesse sal oplewer en die projek vergroot, maar die ATKV desnoods uiteindelik gaan verander of selfs onder sal laat gaan. Die ATKV neig al vir ʼn ruk in ʼn rigting wat Afrikaans nie veel baat nie deur byvoorbeeld rektore se flou verskonings oor die uitfasering van Afrikaans by hul universiteite geredelik te aanvaar en nie teen magsmisbruik teen Afrikaanse skole op te staan nie. Le Hanie het dalk self ʼn meer korporatiewe ATKV in gedagte met haar groeiplanne en dalk raak die ATKV ʼn groot maatskappy met aandeelhouers, maar dit sal waarskynlik nie meer ʼn Afrikaanse instelling wees nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Eugene Brink

Dr. Eugene Brink is ʼn entrepreneur, sake-konsultant en onafhanklike politieke kommentator.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

humor ·

Dankie Eugene jy het hom nou gese soos hy moet gese word. Die feitelike tref die hardste en wie nie dan wil hoor nie is blood benepe en daarby ook moedswillig.

Vannessa ·

Briljante stuk wat die onvermydelike ondergang van die ATKV op sy nuwe beplande roete verwoord

Vannessa ·

Briljante stuk wat die onvermydelike ondergang van dir ATKV verwoord indien hul sou voortgaan op die beplande roete

CJ ·

Eugene. Baie goed gestel! Indien jy reg is dat baie lede net lid is ter wille van die voordele, is hier is ‘n geleentheid aan ‘n organisasie wat dieselfde, of sommer beter voordele kan bied.

Jan van Staden ·

Die ATKV staan nog al die jare vir AFRIKAANS en sy kultuur . Verander dit en Afrikaners sal weer wys ons kan saam staan. N ENGELSE sprekende nou aan beheer…is ons weerens verraai deur ons eie mense…hoe het sy daar gekom. Alles wat vir ons belangrik is word van ons vervreemd. Ek en baie Afrikaners sal summier onttrek….dan sal ons sien of hulle gaan oorleef.

Eish ·

Dankie vir die inligting oor ” Mission Creep” Daar bewoord jy toe wraggies ons jeukplek!

Eish ·

Mevroutjie Le Hanie, nou moet jy net hoop en bid dr. Dirk Herman verloor nie ook sy lus vir vir die ATKV nie.

JC ·

Ek hoop werklik so Eish!
Dr. Hermann, verloor asseblief jou smaak en lus vir die manterdraers ;)
Sjoe, die artikel het die skille van my oe laat afval.
So… so jy kan nie beide Afrikaner, Afrikaans en inklusief wees, en trots wees op jou geskiedenis en wat jy is nie, dis nuus vir my!
Waar was die ATKV toe Afriforum die Staatsuniversiteite hof toe gesleep het oor hul diskriminerende beleid?
Nee dankie, dan behou ek eerder my trots, erfenis en ‘n ruggraat! Nooit in my lewe sal ek dit WAAG om iemand soos Genl de Wet so te verloen deur so ‘n vertoen van ruggraatloosheid nie!

Daan ·

Daar gaan een van Afrikaans se laaste sambrele. Nou laatmiddag… sal more bedank as lid.

Gideon ·

Le Hanie moet Bell Pottinger kry om ‘n kommunikasiestrategie vir die ATKV uit te dink.

Andre Kapp ·

Ek het al die “creeps” gekry met haar eerste optrede op tv.na haar aanstelling.

JC ·

Nou baie bly ek het dit gemis ;)
Ek wil nie die “creeps” kry nie hehe.

Nee ·

Wat ek nie kan verstaan nie,is dat die regering alle afrikaans uit skole,universiteite, kollege,besighede,ens uithaal,en nou vra die ATKV ons om hul taal te leer. Aai, hoe belaglik. Moenie nou iets soek wat as verskoning gebruik kan word deur “voordele” aan te haal. Die nuwe SA wil nie Afrikaans in hul hierdie land he. Hulle brand en breek af deur te toy toy om nie Afrikaans toe te laat. ATKV gaan n BBEEE word,of druk die regering julle in daai rigting dat julle nie anders kan om met hierdie voorstel vorendag te kom

Boerie ·

Hoe de hel kan ‘n Engelse persoon aan die hoof van die ATKV staan? Wie de hel het haar aangestel? Was daar regtig nie ‘n Afrikaans sprekende persoon (wit of bruin) wat geskik was vir die pos nie? Dit lyk my die ATKV is alreeds gekaap deur die veraaiers wat haar aangestel het. Die ATKV moet bitter vinnig van haar ontslae raak en nie aan haar vasklou soos wat die SPUR aan hulle “van Tonder” vasklou nie. Dit gaan hulle duur te staan kom. In teendeel, ek dink hulle het klaar geknak.

Willie ·

Dankie Eugene. Dit was hoog tyd dat ons mense begin besef dat die ATKV totaal irrelevant geword het. Mev Le Hanie, doen maar liewer aansoek om die ATKV in ‘n vakansie klub te omskep. Op die wyse kan jy gemaklik, die hele reënboog inpas. Eish, hier kom nog ‘n “Spur” boikot.

JC ·

Willie, jy noem die “praat met my beursie” boikotte, die begin van die oplewing van Afrikaner nasionalisme.
Met trots gebring aan jou deur Solidariteit(ek’s doodernstig! Nie bedoel om sarkasties te wees nie; eerder: my opregte dankbetuiging VIR WAT REG EN GOED IS!) Sjoe, ou Oompie Max draai seker in sy graf om, sy “ergste” vrese is besig om bewaarheid te word, oeps;)

JC ·

Die belaglikheid van die hele storie laat my skaterlag( eerder dit, anders sal ek seker mal raak
Julle sal sekerlik onthou dat die “University of the Orange River Colony” verlede jaar hul deelname mooitjies gestaak het aan die ATKV Ser Kompetisie.
Wat ‘n wonderlike wyse om jou dank te betoon aan die ATKV vir sy onbaatsugtige terugtrek vanaf Afrikaanswees ensyomhelsingvan “multikulturalisme/inklusiwiteit en die “ryk ondervinding” daarvan, en om jou dank te betyg vir hul wonderlike oorgawe en miskenning van hul Afrikaner erfenis! Dit is nou stank vir dank op jou beste, want ten spyte van die ATKV se oenskynlike beste pogings om hul Afrikaans, maar veral hul Afrikanerbaadjie af te skud, was hul steeds nie goed genoeg vir laasgenoemde instelling nie. Ag hoe wonderlik is dit nie om jouself te verloen nie?
Hierdie staaltjie laat my dink aan Oom Jannie wat verwag het; as prys vir sy jarelange opoffering aan die VVO (later die VN); dat SA(hy) bedank sal word met Suid-Wes Afrika; maar mooitjies die deur gewys was omdat hy, ten spyte van sy internasionalisme en ontkenning van sy Boer/Afrikanergeid/ou testamentiese konserwatisme, NOG STEEDS NIE GOED GENOEG VIR HULLE WAS NIE.
Nee wat, eerder dan Hertzog, wat ‘n eksentrieke karakter en opportunis was(MAAR NOOIT SY AFRIKANERSKAP OP SO AFSKUWELIKE WYSE ONTKEN HET NIE) en veral dan EERDER die FAK wie gesien kan word dat hul werklik hard probeer om ‘n OPREGTE en nie geveinsde lansie te breek vir Afrikaans en Afrikaners, as ATKV. Sela!

JC ·

Wat interessant is, is dat deur die verskynsel van Afrikaner nasionalisme in die vorm van die Spur boikotte, word die “kaf van die koring geskei”, en gaan “afrikaanse” instellings, wat in der waarheid nog net ‘n spook is van dit wat hul eens op ‘n tyd was, not niet. Logieserwys is dit geen verlies vir Afrikaners nie, en ontstaan die geleentheid om nuwe AFRIKAANSE organisasies te skep, of selfs beter dan, aan die bestaande Afrikaanse organisasies te beitel, wat is wat hulle voorgee om te wees; en nie net voorgee om dit te wees wat hulle duidelik nie MEER is nie. SO word sterker organisasies gekweek, ‘n BAIE goeie analogiese geval is die STERKER situasie van AFRIKAANSE staatsskole, alhoewel AFRIKAANSE STAATSSKOLE se getalle verminder het. Minder=Sterker.
Organisasies wat onmiddellik opkom en steun VERDIEN, en derhalwe ons steun KAN EN MOET geniet, en NIE hul karakter prysgegee het nie, is natuurlik vanselfsprekend Solidariteit en sy Suster organisasies, DIE Afrikanerbond, die FAK, en ander organisasies soos Orania wat daadwerklik werk en ‘n antwoord bied vir al die aanhoudende vrae oor Afrikaners se selfbeskikking. Natuurlik kan 2,7 miljoen mense nie “inpas” in Orania nie, en le daar nog BAIE werk voor en uitdagings wat ons wilskrag sal toets. Nog organisasies wat ondubbelsinning AFRIKAANS EN AFRIKANER GOEDGESIND IS, is ook die APA, Aros en Akademia, en nuwe VOETSOOLVLAK organisasies soos Gelyke Kanse.

Gerhard Burger ·

JC ek stem absoluut met jou pleidooi saam dat bestaande Afrikaanse- en Afrikanerorganisasies met lidmaatskap en opvolgende deelname en ondersteuning gesteun moet word. Binne die Afrikaner-huishouding moet die organisasies genoem ook sterk hande vat om op hul onderskeie sfere van bestaan ondersteunend te werk. Dankie ook Eugene – vir ‘n oogoopmaker artikel!

Gerhard ·

Dit verstom my dat jy dink 2,7 mil. mense met jou saamstem. Ek dink die meeste mense wil nie ‘n 2de groot trek hê nie. Die enigste groot trek wat die professionele mense wat ek ken beplan, is uit die land uit. Hulle het die geleerdheid en finansiële vermoë om dit te doen. Daar is nie ‘n manier dat ek my kinders weer deur dit sal sit wat in 1838 gebeur het nie. Net soos wat die Nederlander en Fransman en Brit ‘n nuwe kultuur ontwikkel het deur sy Vaderland prys te gee, so sal die meeste mense hul “kultuur” prysgee(wat dit ookal beteken). My Christen waardes is nie kultuur gebonde nie, dis ewigheidsgebonde. My Franse oupagrootjie kon in Afrika aanpas, ek sal kan aanpas elders.

Werner ·

Tweehonderd jaar terug was daar geen kultuurorganisasies vir die behoud van Nederlands of Frans of wat ookal nie. In elk geval het die eeue bewys dat geen kultuur wat homself as eiesoortig of uniek probeer behou het en daarvoor geveg het behoue gebly het nie. Die enigste kultuur wat dit naastenby kon regkry is die Jood, omdat Joodskap en kultuur een is. Afrikanerskap en Christendom is nie een nie, net soos wat Engelswees en Christen nie een is nie. Die Christengeloof distansiëer homself van sentimentele kultuurgebondenheid. Jesus het sy Joodwees prysgegee want Hy het nie aan die Joodse geloof behoort nie. God behoort nie aan enige kultuur of geloof nie. Hy is God. Ek sou dink dis logies as Sy kinders dieselfde betekenis aan hul geloof heg. Daar is niks verkeerd met enige kultuurorganisasie nie. Die meeste mense steur hulself net nie daaraan nie. Ek weet ek klink vreeslik pessimisties, maar daar is elke dag miljoene swart en wit Christene en nie-Christene wat in harmonie saamleef. Ek is net bekommerd oor die subtiele praatjies van ons en hulle. Soms is ons self die stokers van anargisme net omdat ons duidelik die heel tyd wil bewys dat De Klerk verkeerd was en dat wit en swart nie in harmonie kan leef nie. Net soos wat Zuma nie vir my praat nie praat hy nie vir miljoene swart mense nie.

David ·

Ek staan vir die naam van die organisasie: ATKV. As die organisasie nie meer vir hulle naam staan nie, het hulle my lankal verloor. Ek wens ek was lid dat ek nou kon bedank, maar ek is nie.

RB ·

Ek moet ook sê dat ek ook tans nie ‘n lid is nie. Ek het nooit eers daaraan gedink nie. Maar ek voel deesdae al hoe sterker daaroor om op te staan vir Godsdiens, Afrikaans en Afrikanerkultuur. Ek het dus nou aangesluit by die FAK, en gaan ook aansluit by die ATKV sodra hierdie “mission creep” onomwonde verwyder is.

Johan ·

Eugene het op ‘n briljante manier ongetwyfeld die gevoel van die meerderheid ATKV-lede op skrif gestel. Veels geluk! Hierdie ondeurdagte rigting waarin Deidre le Hanie die ATKV gaan stuur gaan hulle baie lede en maandelikse lidmaatskapfooie, wat tans R81 is, kos. Verder gaan dit tot sy ondergang en tot nadeel van Afrikaans lei. Solidariteit hier is ‘n geleentheid om ‘n gekaapte Afrikaanse organisasie se oorde oor te neem en te help dat hulle weer op die “spoor” kom, soos dit met sy oorsprong was, ‘n organisasie wat vir die Afrikaners van die SAS&H gestig was, met klein maandelikse bydraes wat meeste kwalik kon bekostig.

Kaaksoek ·

Wat kry mens vir die R81 per maand in elk geval? ‘n koorkompetisie en afslag by vakansie oorde? ha ha.

Johan ·

R81 p/m is bitter min, korrek, maar as mens na 70 000 lede se bydraes kyk, word dit R5,67 miljoen p/m of oor die R68 miljoen p/j, waarmee ek kan doen. Beter is Lucas Maree se mikpunt, jare gelede.

Pierre E ·

Baie goed gestel…. Ek sien ook dat die ATKV op die verkeerde weg is en dit is nie meer lank nie dan sal die lede tal weer met duisende val soos toe hul die korporatiewe rigting ingeslaan het.

Gerhardus Petrus Padda ·

Onderliggend aan die idee van onvoorwaardelike “inklusiwiteit” is dat alle kulture maar dieselfde is.

Dit is doodgewoon nie waar nie, en niks goeds kan op hierdie leuen en bedrog gebou word nie.

Koos ·

Alke kulture is nie dieselfde nie, maar kultuur is ook nie alles nie. Tweede generasie Afrikaners in Australië is baie gelukkige Aussies. Afrikaners wat Argentinië toe uitgewyk het vroeg in die 1900s is nou Argentyne in murg en been en trots daarop. Hulle is baie gelukkig daar. Ek hou van my Afrikaansskap, maar heng, ek het Engelse vriende vir wie ek ongelooflik agting het. As Christene praat ons dieselfde taal. Ek dink nie ons moet oordrewe sentimenteel oor kultuur wees nie. Kultuur is dit wat vir jou geleer word, jy word nie daarmee gebore nie. Dit is so veranderlik soos die weer in die kaap. Ek hou nie van baie mense se praatjies nie. Ek behoort nie aan die ATKV nie maar as die direksie besluit dis die rigting waarin hulle gaan is dit goed so. Dis mos positief as ‘n Engelse persoon Afrikaans wil leer. Luister tog na julleself. Eugene, jy slaan ‘n verkeerde rigting in. Jy gaan die verkeerde ouens kry om saam met jou te stap.

Therese van Schalkwyk ·

Koos

Liewe land, Koos, jy moet gerus “na jouself ook luister”.

So die “verkeerde ouens” volgens jou is mense wat in ‘n see van Engels, Zulu, Xhosa e.a. poog om ook vir Afrikaans ‘n plek in die son te behou?

Afrikaans is reeds sy plek kwyt in lesingsale en die uitwissing vorder fluks in skoolklaskamers, maar jy meen dis nie genoeg nie? Die ATKV moet ook waai?

JC ·

Ek stem saam Petrus Padda. In my opinie is Koos verkeerd, en wys hy self die simptome van “paaibeleid” (JA, daar is ‘n mooier woord IN AFRIKAANS vir “appeasement”!) My hemel: iewers moet iemand opstaan en se “genoeg is genoeg!” en ‘n streep trek. Ek is Afrikaner, Afrikaans en trost daarop, en indien jy nie my taal en kultuur wil eerbiedig en respekteer uit eie beweging nie, basta dan met dit, en ek hoef nie met paaibeleide te kom om JOU te oortuig van die verdienstelikheid daarvan nie!!!!!
Theresa is ook reg, ek stem 110% saam met haar. Laat die wat dan voel dat kultuur ‘n “vloeibare” ding is ONS kultuur vaarwel roep, maar ek weier om die opofferinge wat MY voorouers gemaak het, en hul lyding, net so ongedaan te maak deur ondeursigtige aksies!
“Ik ben een Africander”

Eugene Brink ·

Hallo Koos,

Dankie vir jou terugvoer. Ek respekteer jou mening, maar vir baie van ons is kultuur wel geweldig belangrik omdat dit ten nouste met jou identiteit en leefwyse verband hou. Net omdat sommige Afrikaners elders assimileer, beteken nie dit is nie ten nouste verweef met baie Afrikaners – hier en oorsee – se menswees nie. Dit mag dalk vir jou ‘n baie lae prioriteit wees, maar vir ander mense is dit kernbelangrik. En dit geld ander kulture en tale ook; nie net Afrikaans nie. Wat die ATKV mee besig is, is nie om Afrikaans te bevorder nie, maar met sogenaamde nasiebou deur die afskaling en onderbeklemtoning van Afrikaans (sien asb. weer my ontleding van die gevallestudie van die leerlinge van Jan van Riebeeck hierbo.). Derhalwe word die anderstalige mense nie Afrikaans geleer nie terwyl Afrikaanse kinders en personeel moet leer. Daar vind nie ‘n oordrag van Afrikaans plaas nie. En om uit te reik na ander gemeenskappe en wedersydse begrip te kweek, is nie dieselfde as om jou eie nisorganisasie se karakter totaal te verander en iets vir almal te probeer wees nie.

Jy noem dat Afrikaners Doer Onder en in Argentinie nou so gelukkig geassimileer is. Dit is waarskynlik presies wat met Afrikaans en die ATKV binne die Afrikaans Plus-konteks gaan gebeur: Dit sal total omvorm word totdat dit iets is wat dit nie oorspronklik was nie. Terloops, daar is amper niks van die Afrikaners in Argentinie oor nie.

Beste groete,
Eugene

Riaan V ·

As Eugene kan “mission creep” kan ek maar “bye bye” le hanie. Oral word Afrikaans vertrap en verneder, afgeskaal, afgeskaf, afgeskuif, nou wel as die organisasie wat die TAAL moet bevorder nou eerder ander wil ophef, het hulle my nie nodig nie. TOTSIENS ATKV !! Laat die “A” in ATKV dan nou maar vir alternatief staan as dit julle gelukkig maak maar ons is nou geskei, ons gesels verder op julle webblad sodat ek kan bedank, en sou julle WAAG om nog EEN lidmaatskappremie te verhaal kla ek julle van bedrog aan.

Annatjie Kruger ·

Lyk moes vir my asof die Afrikaanse Taal Kultuur Vereeniging deur Engelssprekende mense geannekseer is. Ek het ook hierdie naweek verneem dat die persoon aan die bestuur van die ATKV in Bishop Lavis in die Kaap ook Engelssprekend is. So is haar man ‘n Britse burger wat na SA geimmigreer het.

DeonC ·

Betalende lede moet die bestuur tot orde bring en Afrikaner organisasies moet meehelp dat bates v Afrikaners behou word. Dit raak tyd dat n nuwe generasie Afrikaner leiers na vore tree.

JoeV ·

Volke oor die wereld en veral in Europa raak darem nou wakker vir die kulturele terrorisme(*) wat van uit hulle eie “kultuur” voortspruit, en geniet die regte aandag.
Geen persoon hoef in vrees vir sy voortbestaan te lewe oor ander se politieke korrektheid en neigings om mense tevrede te stel wat nie van dieslefde kultuur is nie, Almal het die reg tot kultuur, behalwe die wat nie wil assosieer met hul eie nie, die is van geen kultuur, want waar wil die nou inpas? Waar het enige van die ander twalf kulture nou al uitgereik na Afrikaans, maar Afrikaans moet pa staan – maak regtig geen sin nie.
Dink maar solank aan nuwe name vir die ATKV-oorde, die mark gaan skuif… en daardie mark voel vere vir Afrikaans.
Die is darem ‘n klap in die gesig, het 378 maande bygedra vir die! (Februarie 1984 – Junie 2017)
(*) die gebruik van geweld en intimidasie vir politieke gewin.

JC ·

Dankie JoeV. ek was nie naastenby so lank soos jy lid van die “Al Ternatiewe Kultuur Vereniging” nie, maar het ook reeds bedank. Bly jy het ook die LIG gesien :)
Ons is NIEMAND se slaansak nie, en hoef vir niemand pa te staan of terug te staan nie, want boonop ons en ons wonderlike kultuur en pragtige TAAL nog verwerp ook nie!
Die Afrikaner was eens op ‘n tyd baie liggelowig en naief, daardie tyd is verby!

Hans ·

Kan die 40 miljoen mense wat nie Afrikaanssprekend is dit werklik nie,onder andere,dit geldelik by bring om hulle eie taal en kultuurvereniging tot stand te bring nie.

Henry ·

Soos altyd, uitstekende, ingeligte en OORSPRONKLIKE kommentaar deur Eugene Brink, wat grootliks bydra/help om op objektiewe wyse agter die spreekwoordelike ‘kap van die byl’ te kom. Die afwesigheid van allerlei kleingeestigeite, oor-gevoeligeite, spoeg en plak-geite is ‘n teken van ‘n kommentator wat regtig KAN.

Wou nie alweer die man se lof besing nie, maar kon myself okkie briekkie.
:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.