Die Belhar-debat: Die pad vorentoe

ng-kerk-waterbergHierdie artikel deur Pieter Hurter is deel van Maroela Media se reeks uiteenlopende artikels oor die Belhar-debat. Volg gerus die Belhar-debat op Maroela Media se debatsplatform, Die Groot Debat. -Red

Die debat rondom die Belydenis van Belhar het opnuut in die pers opgevlam. Die rede is dat NG-gemeentes tans in die proses is om te stem vir die wysiging van Artikel 1 van die kerk se Kerkorde. Die proses is goed op dreef en elke lidmaat van die kerk word daarby betrek.

Ten spyte van pogings om lidmate in te lig oor waaroor Belhar eintlik gaan, wat die oorsprong daarvan is, die teologiese inhoud en waarde van die Belydenis en die samehang met die Kerk se drie ander Belydenisskrifte, word daar van sinodale kant op ‘n skreiende manier eensydig voorbrand gemaak vir die aanvaarding van die wysiging sonder dat lidmate ingelig word oor die konsekwensies van die aanvaarding van die wysiging van Artikel 1. Die gevolg is lidmate raak al hoe meer verward en afsydig en baie verlaat die kerk.

Om dus orde in die chaotiese situasie te kry, sal ‘n mens die agtergrond, doelwitte en konsekwensies van hierdie proses noukeurig moet ontleed.

Histories

• Die NGK was sedert sy planting aan die Kaap baie nou gekoppel aan die regering van die dag. Gedurende die Britse besetting in die negentiende eeu het die Kaapse regering die NG Kerk verbied dat predikante van die kerk die Trekkers na die noorde vergesel. Die kerk moes daarby inval want die regering het predikante se salarisse betaal en kerkgeboue vir gemeentes gebou. Die gevolg was dat slegs die sendeling, eerwaarde Erasmus Smit , die trek vergesel het. Hy was nie gelegitimeer nie.

• Die NG Kerk was ten nouste met die Nasionale Party en die Afrikaner-Broederbond vervleg en word as die “moeder van apartheid” beskou. Die Engelse pers het grappenderwys na die NG Kerk verwys as “the Nationalist Party at prayer”.

• Gegewe die geskiedenis, was dit te wagte dat die NGK na die regime-verandering in 1994 na die nuwe politieke heersers van die dag sou vry. Met die hartlike verwelkoming van pres. Nelson Mandela by die 1994 sinode en sy besoeke aan die Groote Kerk in Kaapstad in 1994 en 1999 (Die Burger, 5 Nov. 2014) was dit reeds in ‘n vroeë stadium duidelik dat die Kerk, in die “gees van versoening” sy seile na die wind hang. Reeds in die tagtigerjare het die NGK ‘n paradigma skuif gemaak.

Dit is teen hierdie agtergrond dat daar na Belhar gekyk moet word. Belhar is ‘n struggle-dokument, punt. Die konsep-belydenis het in 1982 tydens die destydse NG Sendingkerk se sinode die lig gesien. Die vryheidstryd was op sy felste en dissidente soos Allan Boesak en andere het dit goedgedink om ook die kerk by die stryd te betrek. Die NGK se teologiese regverdiging van apartheid is geradikaliseer tot ‘n “pseudo-teologie”, ‘n valse evangelie wat die evangelie van Jesus Christus in sy wese aantas en kragteloos maak. Daarom is dit as ‘n dwaalleer en kettery deur die VGK verwerp.

Die leiers van die NGK het intussen ook oor die apartheidsbeleid begin nadink en reeds tydens die sitting van die Algemene Sinode van Oktober 1986 was daar ‘n paradigmaskuif binne die kerk met die aanvaarding van die eerste weergawe van “Kerk en Samelewing”. Daarin is daar wysigings ten opsigte van die kerk se siening van apartheid aangebring. ‘n Verdere ontwikkeling van hierdie nuwe koers wat die kerk ingeslaan het, was tydens die Algemene Sinode van 1990 waar “Kerk en Samelewing II” aanvaar is en die kerk apartheid as sonde verklaar het.

Dit het tot kerkskeuring gelei en die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) is gestig. Die NGK se finale afskeid aan apartheid was in November 1990 tydens die Konferensie van Kerke op Rustenburg toe wyle prof. Willie Jonker namens homself en namens die NGK die sonde van apartheid bely en verskoning daarvoor gevra het.

• Belhar is in sy finale vorm tydens die sinode van die VGK in 1986 aanvaar. Daarmee is ‘n stok geskep om die NGK te slaan vir sy jarelange sonde van apartheid. Alle toenadering van die NGK se kant is op hardvogtige wyse deur die VGK óf verwerp óf met die grootste agterdog benader. Die volle aanvaarding van Belhar as vierde belydenisskrif van die NGK is van dag een af tot op hede deur die VGK as ‘n ononderhandelbare voorwaarde gestel vir enige vorm van kerkvereniging tussen die twee kerke.

Die dilemma van die NG Kerk

Met die aanvaarding van Kerk en Samelewing II, die verskoning van Willie Jonker, die nuwe politieke bestel en die paradigmaskuif van apartheid na versoening, was die tafel vir die NGK gedek om “sigbare eenheid” met die ander “dogterkerke” na te streef en daadwerklik te probeer implementeer.

Om finaal aan die Wêreldraad van Kerke (WRK), die VGK en die ander kerke te wys dat die NGK inderdaad apartheid afgesweer het en om in pas met die wêreldwye ekumeniese beweging te wees, het die kerkleiers van die NGK besef dat hul geloofwaardigheid op die spel is as kerkvereniging nie ‘n werklikheid word nie. Die grootste struikelblok om dit te bereik, is die VGK se ongenaakbare houding en voorwaarde dat die volle aanvaarding van Belhar as belydenisskrif deur die NGK, nie onderhandelbaar is nie.

In wat gelyk het na ʼn ommekeer om die NGK tegemoet te kom, het die leiers van die VGK die NGK in 2006 meegedeel dat hulle voortaan nie die aanvaarding van Belhar as voorwaarde vir kerkvereniging sal stel nie. Dit is voorgehou as ʼn groothartige toegewing van die VGK. Belhar sou dan soos die NGK se Algemene Sinode voorgestel het, as ʼn opsionele belydenis in die belydenisgrondslag van die verenigde kerk opgeneem kon word wat nie deur die ander kerke onderskryf hoef te word nie. (Só altans het baie lidmate van die NGK dit verstaan.)

Neels Jackson het dit goed saamgevat toe hy op 31 Augustus 2007 in Die Burger skryf: “daar is wyd geglo dat Belhar nou nie meer ʼn struikelblok op die pad na kerkeenheid is nie.”

Maar dit was ʼn mistasting.

Op die VGK-konferensie waaroor Jackson verslag gedoen het, het dit geblyk die VGK stem nie met die vertolking hierbo saam nie. Ds. James Buys, vorige VGK-moderator, sê die belydenisgrondslag van die nuwe kerk moet eers uitgesorteer word voordat tot kerkeenheid oorgegaan word.

Via die dagbladpers van daardie jaar is egter van die VGK verneem dat die sogenaamde “deurbraak” niks meer was nie as ʼn vernuftige truuk waardeur die lede van die ander drie kerke, en in besonder die NGK, om die bos gelei is.

In reaksie hierop het prof. Piet Strauss, ‘n vorige moderator van die Algemene Sinode van die NGK, vroeg in September 2007 saam met die moderators van die ander drie kerke ʼn verklaring uitgereik waarvolgens Belhar nie as voorwaarde vir kerkeenheid beskou word nie – “nie aan die begin nie en ook nie later nie”.

Hy vertolk dit so dat “nie van alle nuwe predikante in die verenigde kerk verwag sal word om Belhar te onderteken nie. As dit wel die geval moes wees… sal dit nie in die NGK aanvaar word nie.” (Die Burger, 10 Sept. 2007)

Die VGK-moderatuur van daardie tyd, onder wie prof. Kgatla en dr. Allan Boesak, se reaksie hierop was: die vier moderators se verklaring “verteenwoordig nie die VGK se standpunt oor Belhar nie”. Vir die VGK is Belhar “onvervangbaar” en “onvervreembaar” (Die Burger, 10 Sept. 2007)

Vroeg in September 2007 het kerkrade van die NGK ʼn memorandum van sinodale kant ontvang, naamlik: “Voorstelle waaroor gemeentes nou gekonsulteer word”. Hoewel dit duidelik gestel is dat dit nie ‘n meningsopname is nie, het byna 70% van die respondente laat blyk dat hulle ten gunste van kerkvereniging is, maar Belhar verwerp.

Die breë moderatuur van die NGK is daarmee in ‘n hoek vasgeverf en hul reputasie op die spel geplaas. Ter wille van kerkeenheid, móét Belhar as vierde belydenis aanvaar word maar die meerderheid lidmate verwerp Belhar as belydenisskrif.

Artikel 44.1 van die NGK se Kerkorde bepaal dat die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode en ring en gemeente afsonderlik met ‘n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan besluit het. Sonder hierdie tweederdemeerderhede kan Belhar nie as ‘n vierde belydenis aanvaar word nie. Lidmate het verwag dat ‘n referendum oor artikel 44 gehou sou word.

Die moderatuur van die Algemene Sinode het egter terdeë besef dat tweederdemeerderhede nie behaal sal word nie. Gevolglik is tydens die Algemene Sinode van Oktober 2013 besluit dat lidmate, kerkrade, ringe en al die sinodes goedkeur dat art.1 van die kerkorde gewysig word volgens art. 44 van die kerkorde sodat Belhar as ‘n opsionele belydenis deur die kerk aanvaar kan word.

Punt 2.2 van artikel 1 van die Kerkorde sal dan na goedkeuring soos volg lui:

Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie .

Indien hierdie voorstel kerkordelik met tweederdemeerderhede goedgekeur sou word, sal Belhar daarmee by die kerk se agterdeur ingesmokkel word. Terwyl dit aan lidmate voorgehou word dat hulle Belhar as belydenis na eie keuse kan aanvaar of verwerp, los dit steeds nie die probleem op wat die VGK se onverbiddelike voorwaarde vir eenwording betref nie, naamlik dat Belhar ten volle deur die kerk as vierde belydenisskrif aanvaar word.

Die sinode het in gebreke gebly om die versekering te gee dat die gewysigde Art 1 die finale en ononderhandelbare standpunt van die NGK is. Versoeke tot so ‘n besluit het op dowe ore geval. Daar is ook geen onderneming van sinodale kant dat daar weer oor die belydenisgrondslag van die nuwe kerkverband gestem sal word nie.

Daar is reeds gesê dat lidmate wat nie Belhar aanvaar nie, “op ‘n reis daarheen begelei moet word”. Dit toon duidelik die tydelike aard van die proses wat nou gevolg word. Hierdie waarheid word egter van lidmate weerhou en baie lidmate sal ‘n “ja-stem” uitbring al sou hulle Belhar verwerp “ter wille van die vrede”.

Memorandum van Ooreenkoms en die pad vorentoe

‘n Dokument wat geen geheim is nie maar wat terselfdertyd ook nie aan lidmate van die NGK voorgehou word nie, is die Memorandum van Ooreenkoms tussen die moderature van die NGK en die VGK waarop tydens vergaderings in November 2011, Februarie 2012 en Julie 2012 ooreengekom is.

In hierdie memorandum word onder meer bepaal dat:

• ‘n Nuwe organies-verenigde kerk tot stand sal kom, volgens Sinodaal-Presbiteriale strukture en waarin al die lidmate se taal van keuse gekoester sal word.
• Die gereformeerde kerke glo dat die plaaslike kerk ‘n manifestasie van die kerk van Christus in die plaaslike gemeenskap is, maar daar word ook geglo dat die plaaslike gemeenskappe in gemeenskap met mekaar sal saamleef en dat hierdie gesamentlike gemeenskap op verskeie maniere neerslag moet vind.
• Daar word ooreengekom dat die eenwording ‘n proses oor ‘n tydperk sal wees en dat alle lidmate hulself daartoe sal verbind op ‘n reis om nader aan mekaar te groei.
• Die “reis na ten volle eenwording”, sluit die volgende in:
o Die vorming van ‘n gesamentlike sinode as uitdrukking van die nuwe kerkverband
o Goedkeuring vir die wysiging van die onderskeie Kerkordes vir die vorming en strukturering van ‘n verenigde kerk
o Na die vorming van die nuwe Algemene Sinode sal daar ‘n proses wees waarby die onderskeie streeksinodes en gemeentes ook betrek word om die ware eenheid van die nuwe kerk uit te druk.
o Die nuwe kerk sal ‘n nuwe naam kry.
o Die onderskeie actuarii van die Algemene Sinodes sal die onderskeie kerkordes evalueer en waar nodig, wysig om die proses van eenwording ook kerkordelik vlot te laat verloop.

• Voorts word ooreengekom dat die Belydenis van Belhar in die nuwe kerk opgeneem sal word as een van die kerk se belydenisskrifte.
• Waar kerkrade en gemeentes nie Belhar aanvaar nie, sal hulle op ‘n reis na aanvaarding geneem word.
• “Restoratiewe geregtigheid” sal ook moet plaasvind. Dit word by voorbaat aanvaar dat dit ‘n komplekse saak is en dat daar opofferings gevra sal word.
• Wat die restoratiewe geregtigheid betref, sal daar met die VGK saamgewerk moet word in hul belangrike strategiese 5 jaar-plan en dat daar ‘n oudit van die kerke se eiendom sal wees.

In ‘n neutedop kom dit daarop neer dat daar met eenwording ‘n nuwe kerkverband met ‘n nuwe naam, nuwe kerkorde, prediking in verskeie tale en Belhar as een van die vier belydenisskrifte, tot stand sal kom. Dit beteken onder meer dat die NGK soos dit vir meer as drie eeue in Suid-Afrika bestaan het, sal verdwyn en in die plek daarvan ‘n nuwe kerk volgens bogemelde terme tot stand sal kom. Sonder dat die meeste lidmate daarvan bewus is, het die moderatuur deur die aanvaarding van bogemelde Memorandum van Ooreenkoms die NGK reeds hiertoe verbind.

Die “restoratiewe geregtigheid” is “kerk-speak” vir “skuldvereffening” sodat die NGK se bates, wat onder meer sy kerkgeboue, pastorieë en ander bates insluit, deel word van die nuwe kerk op ‘n wyse waarop nog ooreengekom sal word. Daarom sal die kerke se eiendom geoudit word.

Regtens is elke gemeente ‘n regspersoon in eie reg en het as sodanig seggenskap oor hul bates sonder tussenkoms van enige hoër of ander kerkvergadering. Dit kan beteken dat wanneer die afwenteling van die eenwording tot op gemeentevlak gevorder het, NG-gemeente A en VGK-gemeente B byvoorbeeld sal saamsmelt en dat die nuwe gemeente wat so tot stand kom, oor die bates van die vorige twee gemeentes sal beslis. Die nuwe gemeente word nou in eie reg ‘n regspersoon en impliseer dat die vorige gemeentes as regspersone moet ontbind. Die belangrike implikasie is dat ‘n gemeente nie mag ontbind tensy al die lede (lidmate) nie ten gunste daarvan is nie. Selfs net een teenstem, kan hierdie proses verongeluk.

So lyk die pad van die NGK vorentoe. Lidmate wat nou ‘n “ja-stem” uitbring, moet duidelik besef wat die volle implikasies daarvan in die toekoms sal wees. As dit eers goedgekeur is, sal dit te laat wees vir omdraai. Dan is dit die end van die NG Kerk soos ons dit ken.

Belhar_VoorbladBestel nou jou kopie van Belhar geweeg

In Kraal Uitgewers se boek Belhar geweeg ondersoek 18 skrywers en bekendes die waardigheid van Belhar as belydenisskrif. Belhar geweeg skets nie net die agtergrond waarteen Belhar saamgestel is nie, maar vra ook brandende vrae oor die moontlike invloed van die aanvaarding van Belhar. Die boek bestaan uit ses hoofstukke met artikels wat fokus op onder meer die ontstaan van die Belydenis van Belhar en die agtergrond waarteen dit saamgestel is, die kerkordelike pad wat gestap is en die reaksie van ander kerke en jonger kerkleiers in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Belhar geweeg sluit ook die volledige teks van Belhar in sowel as die begeleidende brief wat daarmee saamgelees moet word.

Skrywers sluit in prominente kerklui soos die voormalige moderator van die NG kerk, prof. Piet Strauss, en bekendes soos die voormalige polisiehoof, genl. Johan van der Merwe.

Belhar geweeg is beskikbaar by Kraal Uitgewers. Maroela Media-lesers kan die boek nou bestel teen die spesiale afslagprys van R70 (R20 posgeld en verpakking uitgesluit). Besoek www.kraaluitgewers.co.za om dit te bestel.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Pieter Hurter

Meer oor die skrywer: Pieter Hurter

Pieter Hurter is 'n NGK-lidmaat en sakeman van Hermanus. Hy is een van die bydraers tot Belhar geweeg

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

13 Kommentare

Andre Steyn ·

Die hele Belhar politieke gemors het reeds die einde van die NG Kerk ingelui

Ons geloofsbeleidenis het hoegenaamd niks met menseregte en politiek te doen nie, maar is ‘n belydenis teenoor God en ook die rede waarom die huidige belydenis in sy verskeie vorme reeds eeue lank bestaan

Met die aanvang van hierdie gemors, toe dit duidelik geword het dat die NG Kerk dit gaan oorweeg, het ek en ‘n horde ander mense oorgegaan na ander Kerke waar die Geloofsbelydenis nog erns is en nie ‘n politieke speelbal nie
Ons sal ook nooit terugkeer na die NG Kerk nie

Henkst ·

Die Belydenis van Belhar is geïnspireer deur die menseregte-beweging wat in die 1970s verrys het, in die besonder onder die sosialiste van die tyd in Oos- en Wes-Europa, met belangrike bydraes van die Verenigde State van Amerika en Latyns Amerika. Die beweging ontaard spoedig as sosialistiese aktivisme en politiese retoriek by baie nasies wat dit hoog op die wêreld agenda plaas. Teen die 21ste eeu het Samuel Moyn beweer dat die menseregte-beweging verder as sy aanvanklike anti-totalitarisme uitgesprei het om verskeie beweegredes, soos om filantropie en sosiale- en ekonomiese ontwikkeling in die Derde Wêreld in te sluit.

Kobus ·

Ek sien Pieter Hurter sê daar aan die begin: “Die proses is goed op dreef en elke lidmaat van die kerk word daarby betrek.”

Maar dan berig Netwerk24 as volg oor die Oos-Kaapse sinode:

Die Oos-Kaapse sinode van die NG Kerk het vandeesweek ’n “Rubikon oorgesteek”.
Altesaam 70% van die lede van dié sinode het Dinsdag ten gunste van die insluiting van die Belydenis van Belhar in artikel 1 van die kerkorde gestem.
“Ek sien dit as ’n waterskeidingsoomblik vir ons sinode,” het dr. Chris van Wyk, moderator van die NG Kerk in die Oos-Kaap, gesê.
“Ander voel ook as ons lidmate toelaat om sélf oor ’n belydenisskrif te besluit, maak ons die deur oop vir mense wat anders dink oor kwessies soos die duiwel en homoseksualiteit. Dit kom daarop neer hulle wil nie hê mense moet anders as hulle dink nie,” het Van Wyk verduidelik.
Lidmate van die NG Kerk in die Oos-Kaap sal vroeg volgende jaar ook die geleentheid hê om oor die voorstel te stem.

Per die berig blyk dit dus dat alle lidmate nie naastenby betrek word en ‘n mandaat vir die sinode gee nie, maar soos dit blyk in die Oos-Kaapse geval, die sinode al reeds besluit het.

Dr Philip Venter ·

Ek het in 2002 ‘n “konvent vir eenheid” in Pretoria bygewoon. Ek het daar besef: 1) Kerkeenheid is onafwendbaar. 2) ‘n Nuwe (Engelse) naam sal aan hierdie kerk gegee word. 3) Die voertaal op meerdere vergaderings (en uiteindelik die enigste amptelike taal) sal Engels wees. 4) Dit gaan geweldige finansiële implikasies vir die NGK inhou. 5) Belhar sal die primêre belydenis van die nuwe kerk word.

Niemand het my geglo nie.

burger ·

Dan is dit die end van die NG Kerk soos ons dit ken… is dit nie nou juis tyd dat die mens se kerk plek maak vir God se kerk nie. Geestelike genesing is n mens ding, nie n instelling se funksie nie. Genesing begin by myself. n Predikant vriend van my het my sy eie terugkeer storie tot God vertel . Eers toe het sy bedienning begin krag kry. Jy kry n nuwe hart , nuwe oe , nuwe gesindheid , nuwe visie en geen belydenis skrif kan hiervoor instaan nie .

Baie predikante is opgelei as instrument van die vorige regering se apartheidswetgewing. Wat het in hulle eie lewe in daardie tyd plaasgevind ? Baie van hulle staan nog in beheer van gemeentes . Hoe kan so n gemeente geestelik groei as die predikant nog onder daardie bindinge handel? Daar is ook predikante wat wil aanbeweeg, maar hulle vrees die gevolge van hulle besluit.

Dan dink ek , wie regeer werklik ?

Ons kan nie meer sensitief en verdraagsaam wees teenoor leuns nie . Onmoontlik kan almal gelukkig gehou word. Solank elkeen homself bo ander stel gaan konflik heers. As ek glo ek is Christus kind , moet my karakter begin vorm soos die van Christus sin. Christus het die harte van mense raak gesien. As Christus werklik nie vir die sinode net n platvorm is waarvan hulle hulle kerk bedryf nie en hulle glo werklik dat Christus redding verteenwoordig, raak dit tog maklik om leuns en waarheid te onderskei .

Die antwoord le in bekering en die aanneem van Christus karakter . (heiligmaking ) Belhar gee n vals hoop tot herstel en vergifnis. Gee mense opnuut geleentheid om hulle te bekeer en vreugde en vryheid van n weergeborene te ervaar. Aanneming en voorstelling het nie die ding gedoen nie. Dit was n gemanupileerde proses. Net so n mens geval God en Hy aanvaar hom as Sy kind en instrument . So n mens veroordeel nie , hy werk saam in vreugde en liefde tot die herstel van God se ryk.

Johann de Beer ·

O ja, beslis soos met die Nasionale party se veradelike skerp leuns, politiek, word die Afrikaner nou in sy kerk ook mislei met die selfde taktiek. En dit weer deur sy “eie mense”. Want wie ken die Afrikaner die beste……?

Ons word gebreinspoel. Die oorgrote meerderheid Afrikaners wat nie betrokke is nie en nie veel weet van hierdie probleem vraagstuk nie. Gaan die massas wees wat “ja” stem. En dan verloor ons maar weer…. Hoekom? Ons het nie meer dapper leiers wat die dinge weet en wat kan opstaan en standpunt in neem nie. (vir die swakkes en sterkeres)

Banggatte…..?!!!!

Soos u sien is ek teen die dubbelsinnige kopswaai wat ‘n gat in my kop wil inpraat. Ek sê Nee…!!! Maak nie meer saak wat se mooi geleerde woordjies en verduidelikings julle gee om op my gevoel te speel nie. My antwoord is nee…nee… Neeee….

Ter afsluiting. Soos ek al gesê het in die tagtiger jare. “Iemand is agter die beursie van kerk aan…?” So is die hierdie land se ekonomie al reeds geplunder. Bewyse kan alreeds gesien en gevoel word. Dit alles onder die dekmantel van Chritelikheid. (ja, ek weet die kerk en sy bates sal my nie in die hemel in kry nie) Maar nogtans…..
Ek is nou al vir geslagte in die NGKerk en kan seker aanspraak maak op eiendoms besit….? Nou wil ek na ‘n ander kerk toe gaan? Hoe nou gemaak, dat my aandeel oorgeplaas word na die kerk waartoe ek wil gaan? (nie in my sak nie, Dit sal ghaos en korupsie veroorsaak met die grooter massa weggaaners)

Die einde van die NGKerk is in sig!!!!!

Bekommerde NGKerk lidmaat.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.