Die DA ruk homself reg

Deur Cilliers Brink: DA Parlementslid

Cilliers Brink. Foto: Twitter

Dr. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus (VF+) is bekommerd dat die Demokratiese Alliansie (DA) oorreageer op die teleurstellende uitslag van die 2019-verkiesing. Op 13 November vra hy op Maroela Media “Nou wat nou met die DA?”, en ek antwoord hom graag.

Dat ’n mededinger van die DA so gemoeid is met die party se welstand, is op sigself merkwaardig, en ek vermoed dat dr. Mulder dit opreg bedoel as hy die DA se rol as onontbeerlik beskryf.

Maar om Mmusi Maimane en Herman Mashaba se bedankings te tipeer as ’n “inploffing”, en Helen Zille se terugkeer as ’n terugslag, is te dik vir ’n daalder. Dalk wil dr. Mulder tog hê dat die DA homself moet regruk, maar nie te veel nie.

Vir die DA was 2019 ’n wekroep. Die party het in elke verkiesing sedert 1994 gegroei, en kernbesluite geneem op die aanname van voortgesette groei. Natuurlik sou ʼn skielike verlies van bykans 450 000 stemme, en die onvermoë om nuwe stemme te wen, die party dwing om ernstige nabetragting te doen.

Wat die DA so onontbeerlik maak, is dat ons die enigste party is wat ’n aanbod aan alle Suid-Afrikaners maak, gegrond op gedeelde waardes, en ongeag kleur of herkoms. Dis ʼn roeping wat indruis teen die trant van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, en so verg volgehoue vooruitgang uitsonderlike leierskap.

Maar dis juis leierskap wat in die aanloop tot die verkiesing ontbreek het. So het Ryan Coetzee, Tony Leon, en Michiel le Roux se hersieningspaneel bevind. Gewone DA-lede het dit self ook beleef. Die Coetzee-verslag, wat nou in die openbare domein is, noem die mistastings by die naam – Ashwin Willemse, Schweizer-Reneke, en die verwarring oor swart ekonomiese bemagtiging.

Die kiesers wat ons in 2019 die rug gekeer het, het nie hul politieke oortuigings oornag verander nie. Ons het hul vertroue verloor. Terwyl baie besluit het om eerder vir dr. Mulder se party te stem, meer uit protes as innerlike oortuiging, het ander by die huis gebly.

Soos enige instelling waar die topbestuur uiteindelik verantwoordelikheid aanvaar vir uitkomste, het die DA nou die kans om homself reg te ruk. ’n Nuwe DA-leier en -voorsitter is die naweek verkies. Die Coetzee-verslag bied die nuwe leierskapspan die doepa om die DA reg te dokter, en dis die moeite werd om ten volle te lees.

In klinkklare taal verwerp die Coetzee-paneel die valse keuses wat die DA se mededingers, sowel as meeste politieke kommentators, nou vir die party voorhou.

Die DA hoef nie te kies tussen die terugwen van verlore steun, en die oorwen van nuwe steun nie. Dit gaan ook nie oor etikette soos “sosiaal demokraties” en “liberaal” nie. En die laaste ding wat die land nou nodig het, is nog ʼn party – soos die IVP, Cope, en die UDM – wat probeer om homself in die beeld van die ANC te herskep.

Die land pluk elke dag die vrugte van mislukte ANC-beleid, en gewone mense smag na ʼn DA wat die insig en selfvertroue het om die wêreld deur sy eie oë te sien, sy eie waardes te verkondig, en sy eie beleid voor te skryf.

Hier is die regstelling van die land se verlede natuurlik eerste ter sprake. In plaas daarvan om ongelykhede reg te stel en nuwe geleenthede vir swart Suid-Afrikaners te skep, het die ANC se rasgebaseerde beleid net nuwe ongelykhede geskep. Dit rem ook ekonomiese groei, en verswak staatsinstellings.

Die DA moet iets anders voortbring.

Natuurlik is ons nie bly om mnr. Maimane te verloor nie, en lê daar nog harde werk voor om mense se vertroue terug te wen. Maar ons is wel opgewonde oor die kans om die DA reg te ruk, en Suid-Afrika die kans te gun op iets wesenlik anders as wat die ANC-regering vir die land, insluitende miljoene swart Suid-Afrikaners, kan bied.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Kerneels ·

Solank die DA dink hulle besit die kiesers en dat ons geen ander opsie het nie sal dit sleg gaan met hulle. Ons het keuses on te stem of nie te stem nie. En indien ons wel stem is daar baie partye om uit te kies. Om dan vir my sleg te se oor ek nie vir hulle stem nie het my laat besluit ek sal nooit vir hulle stem nie. Hulle slegse politiek het hier in ons dorp aan laster gegrens

Gert ·

Die DA het hulle stemvee verraai deur teen hulle te draai met elke besluit wat hulle in die parlement geneem het. Hulle verdien hulle agteruitgang ten volle.

riaan ·

Ha ha ha!

Cellirs Brink het saam met Solly Msimange by Tshwane wergehardloop tou dinge te warm raak so hoe kan enige iemand hom ernstig opneem?

Ek se weer, as die da aansien wil herwin MOET hulle van hulle patetiese burgemeesters en raadslede op plaaslike vlak, soos in Pretoria, ontslae raak want dit is hulle wat die da met nog meer eier in die gesig gaan los na die 2021 verkiesing! Mense is moeg vir hulle diskriminasie en niks doen terwyl hulle buitensporige salarisse verdien VIR NIKS!

JohanR ·

Kan net dink hoe sterk ‘n DA/VFPlus alliansie sal wees in ‘ verkiesing? Maar in SA trek die osse nie altyd in die selfde rigting nie, en met die selfde doel op oe nie. Die ANC sal nooit verslaan word nie, tensy daar saamgewerk word nie, en saam getrek word nie!

Leon ·

JohanR…stem saam, maar wat wou! Het jy al ooit, afrikaners gesien wat kan saamstem en saamwerk onder een vaandel…??? Ons is maar baie lief, om te wil koning kraai, op onse eie ou mishopies…

Wilhelm ·

Jy’s reg oor die paar punte wat die DA duur gekos het, maar jy mis een: Die politici in die DA wat so baie praat en niks sê nie… soos byvoorbeeld hierdie briefie van jou. Jy praat van regstel van die verlede as eerste ter sprake is, maar jy sê nie wat jy daarmee bedoel nie. Dis net daar waar jy die fout maak my maat. Ek is ‘n kapitalis en as julle met sosialistiese en ideologiese praatjies kom kan jy maar verbyhou. Ek stel nie belang in die verlede van 40 jaar terug nie en ek stel nie belang in wie se skuld dit nou presies is dat ons hier is nie. Ek wil voorentoe beweeg, al wat die DA wil doen is vinger wys en nonsens praat. As jy my stem wil hê stel ek voor jy hou op praat en begin iets doen, m.a.w. werk ‘n slag as jy iets wil verdien.

an ·

STEM SAAM!

Die ANC beywer hom vir ‘n “beter verlede” …. iemand moet aan die TOEKOMS DINK!

As die DA hulle beywer vir ‘n BETER TOEKOMS … nou ja … dan kan ons gesels.

NET EK ·

Ruk maar so veel soos julle wil – ek sal nie weer vir julle stem nie!!

Gert van Wierdapark ·

Die DA het meer as een chiropraktisyn nodig om hom en ou Bokke van die Kaap reg te ruk. Dit lyk en klink darem om John Steenhuizen genoeg “common sense” het om die perde weer voor die wa gespan te kry!

Anti-Progs ·

Die DA se nuwe leier, Steenhuizen, wil die Afrikaner nou weer looi oor “Apartheid” en steek kolonialisme weg. Geen standpunt teen plaasmoorde. Ons is nie dom nie hoor.

Feite ·

Die DA het duur lesse geleer en hopelik sal die DA die lesse ter harte neem. Wees n ware nie rassige party wat gelyke geleenthede voorstaan en wie geen haatspraak, rassisme of diskriminasie teen enige individu of groep duld nie. Nail die ANC staat vir enige vorm van pligsversuim mbt onwettige, onbeheersde immigrasie, vervolging vir staatskaping, drinkwater, see en lugbesoedeling, wanbestuur, korrupsie, plundering, geweld en misdaad. Baklei vir vryemark handel en beveg nasionalisering en sosialisme. Waar die ANC/eff rewolusioner is, wees anti-rewolusioner. Dwing die ANC om onregmatige botallige kaderstrukture by SOE’s te ontbind. Oorreed die ANC om geld by die IMF te leen om onder streng voorwaardes die geld te moet aanwend om die ekonomie te herstel en nie te kan aanwend vir ANC elite en kaderverryking nie. Verhoed die ANC om privaatfondse en pensioenfondse te kaap vir kwansuis die ekonomie, maar vir selfverryking. Verminder buitensporige salarisse van top amptenare en verklein salarisgapings tussen die topbestuur en die res. Verklein die staatsdiens, ingesluit SANW en munisipaliteite. Laat meer skole, universiteite en hospitale bou met IMF geld. Sien toe dat boere steeds kan boer tesame met opkomende boere en dat grondtitelaktes en privaatbesit nie sneuwel nie. As ek nou aanhou gaan ek nie stop nie, so laat ek eerder stop. Sterkte DA. Ondersteun ander anti-rewolusionere partye waar daar gemeenskaplike belang is ten einde n mate van eenheid onder opposisiepartye te bewerkstellig, uitgesluit die eff!

Arak ·

Die DA se reaksie is soos mosterd na die maal. Eers veg die DA met alles in hulle om engels orals in te forseer en nou kom hulle en gee voor dat hulle iets vir die Afrikaner voel. Een van my drome is dat alle DA Parlementslede spoedig sonder werk sit, en soos ons gewone sotte kan belasting betaal.

Werner ·

Na die gemors wat die DA n klompie jare gelede aan die Weskus veroorsaak het, het ek ook uitgestap.

bokke ·

DA sal altyd meer stemme trek as die VF+. Genade, die DA is amper 20 keer groter. VF+ is ‘n peanut in ‘n baie groot pak, useless, beteken niks en het ook nog niks gedoen of iers beteken nie. Ek stem eerder ANC voor ek VF+ stem.

bokke ·

Ek bly nie daar nie maar weet dat die stad so ver in die rooi was dat dit eintlik ‘n wonderwerk is hoe die DA die situasie in ‘n paar jaar omgekeer het. Maar moenie vrees nie, een van die dae is die ANC weer in beheer en dan is julle almal weer gelukkig soos voordat die DA oorgeneem het. Byt net nog ‘n rukkie vas. So terloops, die woord is kwydraak.

bokke ·

Useless party, beteken niks en het in die verlede ook niks beteken vir Afrikaner nie. Begin met die goed wat julle beloof het soos selfbeskikking voordat julle enigsins ernstig opgeneem kan word.

bokke ·

Maroela, die skoothondjie van VF+. Julle is lekker selektief met die plasing van kommentaar, né? Lagwekkend en pateties.

Theoman ·

Ag ou bokkie wil jy maar so biedjie gaan wy nie daar inni geel en droe vaal gras vanni DA jy sien as jy kan bokkie, die groen gras aan die anderkant dis die VF PLUS grassies sterk, gesond en groei dat die biesies bewe net jou 4 beentjies ou bokkie.

Johanna Botha ·

Dan kan die DA ook dalk begin om PTA regteruk en die 100de straatligte wat deur die dag brand aftesit …daar is nie krag nie !

bokke ·

Klink vir my na goeie instandhouding. Die ligte brand sodat hulle kan vasstel welke nie werk nie en reggemaak moet word. Wat sê die VF+ as koalisievennoot daar van die swak dienste. Hulle is mos saam in regering, of hoe?

Riaan ·

@bokke (hoop nie verwysing na die Springbokke nie want jy is ‘n vernedering vir hulle)

Jy is 100% verteenwoordigend van die da en hulle onbevoegdheid.
Moenie seker wees dat julle nie ook een van die dae onder anc se beheer, of nog erger, julle koalisie vennoot die rooi beret brigade se beheer is nie.
Dankie vir die spel les. Baie bly om te sien jy is nog half by!

bokke ·

Sover ek weet is die EFF nie in koalisie met enige ander party nie. Byt vas, man. Een van die dae lewer die ANC weer skitterende dienste daar in Tshwane, ons Kapenaars gun julle dit.

KrokodilBotha ·

Praat nie eers van ander stede , dorpe buite die Kaap nie. In my Wes Kaapse dorp het julle sleg misluk. Kyk noord swaer , volgende stem verloor julle nog meer, daar is mense wat wakker geskrik het. Anti DA elke dag, 24 uur, 365 dae n jaar. Waar ek kan .

KrokodilBotha ·

Trots anti DA, 24 uur n dag, 7 dae n week , 365 dae n jaar. Dag en nag sal ek die DA en sy Een Suid Afrika misoes idee nie vertrou nie.

Frik Lotz ·

Die DA voel niks vir Afrikaners en ander minderhede nie. Enigste party wat opstaan vir minderhede se regte en veg vir behoud van Afrikaans, is die VF Plus!

ANE ·

aaag, ou frikkie en krokkie, julle is seker twee neefs, of broers in n skamele ou 3000 stem party’tjie, wat ook na 25 jaar,ook nog NIKS vordering of selfbeskikking of behoud viri afrikaner kan wys NIE,behalwe om te kef, viri DA!! Julle windsakke is leeg en net n klinkende metaal wat miauww

Eunice ·

Sterkte DA! Bly julle kry jul huiswerk nou uiteindelik, in orde, wees verseker van my stem en lojaliteit! WELGEDAAN DA

Ernst ·

Verstommend hoe kwansuise mede afrikaners, die DA aanval en kritiseer, pleks hulle soek eerder koalisie regering,REIK UIT… vir hulle miniatuur politieke party, wat ook net belowe meti groot monde en niks KONSTRUKTIEFS uitgerig kry, op papier…viri afrikaner!!! WIL seker handevat meti EFF en ANC, die laat hulle so juig, oor DA se skommeling! Lekkerder om te veg teen mede-volkdgenote, as saam teen die meerderheid… maar jaa, afrikaners stry en baklei mos heerlik onder mekaar, al van voortrekkertyd af..

Judge Dredd ·

Korreksie Ernst – DA het begin as ‘n Engels liberale party, wat vere voel vir die Afrikaners se kultuur/taal.
DA het homself bewys om nogsteeds vere te voel vir die Afrikaner, inteendeel hulle werk saam om Afrikaners se kultuur/taal te onderdruk.
So dit is VERSTOMMEND dat daar Afrikaners is wat nog deur DA mislei word.
……en nog ‘n korreksie – dis die DA wat saam met die EFF werk……..

Judge Dredd ·

Die mense wat so versoening en samewerking preek se nooit met presies wat moet versoen/saamgewerk word – presies wat moet opgeoffer word.

Die ANC se versoening/saamwerk is maar net ‘n manier om buiteland te bluf en SA’ners meelopers van ANC plannetjies te maak.

Die DA se versoening/saamwerk is maar net om seveel moontlik stemme te werf – maar het hulself al bewys dat hulle nie skroom om die Afrikaner te versaak – Nes sekere besighede – begin/bou hul besigheid met Afrikaner geld/advertensie/personeel en dan as hul besigheid bestendig is dan word die Afrikaner maar weer opgeoffer.

So Ja Afrikaners sal moet begin saamwerk. maar hierdie slag met partye wat vir die behoud van die Afrikaner/minderhede se kultuur/taal is – die DA het homself bewys om nie daardie party te wees.

Frik Lotz ·

Ag ou ANE, jou DA is die Titanic en dit gaan nie help om die meubels op die Titanic te probeer rondskuif nie, die skip is besig om te sink! Waar was jy met die Nasionale verkiesing? Weet jy hoeveel steun het die DA afgestaan aan VF Plus en daai tendens duur nog steeds voort in tussenverkiesings, maar lyk nie of jy dit eers weet nie of hoe? As jy saam wil sink met die DA skip, dan is dit seker maar jou keuse, ne!

bokke ·

En weereens vermy ons die vragie oor selfbeskikking. Een van jou party se hoofdoelstellings en vekiesingsbeloftes is selfbeskikking. Vir 25 jaar nou het julle nog absoluut niks gedoen om hierdie verkiesingsbelofte en hoofdoelstelling aan te spreek nie. Useless party, praat en belowe, doen en beteken niks. Julle lieg vir julle kiesers.

DA suur druiwe ·

Die 2 stoele sit van die DA is verby. Die VF + is die wenner Afrikaner party. Hy veg vir die al die belange van die Afrikaner tot in die buiteland waar die DA se buitelandse tak plaasmoorde ontken.

Kobus ·

Suure, daar sal nooit weer ‘n Afrikaner party wees nie. Vergeet die DA en veg teen die ANC.

Johanna Botha ·

Bokke ….dit neem dan maw WEKE om die fout te vind …gladnie soos jy vermoed nie

Jaco ·

Dis nou die selfde DA wat kort na die verkiesing toe meneer Miamane uitgevra is oor die verlies aan wit stemme geantwoord het “good riddance we didn’t need them anyway”. Ek was een van daardie stemmers gewees (en nee ek’t nie vir die VF+ / volkstaaters gestem nie), julle sal ‘n drastiese omekeer moet maak om my vertroue terug te wen.

Boerseun ·

Nee wat Celliers, die land smag glad nie na n Engelse Liberale party nie. Jy moet passop dat jy nie die wat “nie innerlike oortuig is” verder oortuig om nie vir DA te stem nie.

Andreas ·

Net as die DA ten volle klasiek liberaal gaan, ten volle en niks meer progressive liberal nonsense nie sal hulle reg kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.