DA sal sneuwel weens sy eie teenstrydighede

Swart Suid-Afrikaners stem nie DA nie, in elk geval nie op ‘n skaal wat dit moontlik maak vir die DA om die ANC in enige van die volgende twee verkiesings in die Nasionale Vergadering te ontsetel nie.

Helen Zille is dit eens met my logika, maar sy dink dit hoef nie so te wees nie; wat haar betref, moet sy net die identiteit van haar party bestuur totdat dit die kollektiewe disposisie van swart Suid-Afrikaners insluit. Zille is ideologies waarskynlik ’n ”Social Democrat” en die ANC se steunbasis is nader aan demokratiese sosialisme.DA2

Die DA se beleidsraamwerke korrespondeer met ‘n “teenwoordige” staat in die konteks van statutêre regulering en die ANC se beleid kan omskryf word as ‘n “betrokke” staat met statutêre regulering. Beide hierdie ideologiese disposisies val steeds binne die meester-narratief van ons liberaal-demokratiese grondwet. Op ‘n bepaalde manier is ons Grondwet dus nie so spesifiek en deterministies as wat baie graag sou wou glo nie. Hierdie spanning tussen twee ideologiese disposisies binne ‘n enkele statutêre bestel is ook ‘n manifestasie van die kompeterende narratiewe wat reg en geregtigheid in Suid-Afrika onderlê.

Die Sosiaal-demokrate hoop dat die meeste Suid-Afrikaners uiteindelik sal konformeer tot die ideologie van ‘n teenwoordige, regulerende staat, maar besef ook dat die motiverings wat demokratiese sosialisme onderlê net aan die einde van ‘n era van ekonomiese groei en ontwikkeling sal kom. Die belangrikste kenmerke van so ‘n ideologiese emansipasie is uiteraard die ontstaan van ‘n dominante middelklas (kwalitatief sowel as kwantitatief) wat ‘n organisatoriese belang in regulering eerder as politiek-ekonomiese ingenieurswese vereis.

Terwyl die swart middelklas in Suid-Afrika reeds beduidend groter as die wit middelklas is – ook ten opsigte van inkomste, maar nie wat bates betref nie – is hierdie middelklas grootliks van die staat afhanklik (by verre die meeste werk vir die staat) en daarom steeds vasgevang in die ideologiese veronderstellings van demokratiese sosialisme. Die gesprek oor wat uiteindelik van die swart middelklas Sosiaal-demokrate sal maak, is vir ‘n ander geleentheid, maar die status quo is, wat die ideologie van klas betref, belangrik vir die verstaan van die byna onmoontlike politieke spronge wat Agang en die DA nader aan mekaar wou gee in die aanloop na die verkiesing van 2014.

Daar is ook nie ruimte hier vir ‘n relaas met data nie, maar dit is dalk veilig om te spekuleer dat die gemiddelde Agang-ondersteuner met politieke weersin vervul word deur die moontlikheid om in die komende verkiesing vir die DA of Helen Zille te stem. Ideologies gesproke korrespondeer hul kollektiewe disposisie meer met dié van die ANC, maar met ‘n belangrike verskil; hulle voorsien dat die staat minder korrup, meer regverdig, en meer toeganklik kan wees, maar beslis ook ‘n “betrokke” rol en funksie in die politieke ekonomie moet hê.

Die nalatenskap van swart bewussyn is deel van die narratief en die liberale veronderstellings van ‘n regulatoriese staat uit die koloniale/wit politieke tradisie word steeds met groot wantroue bejeën. Gegewe hierdie logika, sal dit waarskynlik nié moontlik wees vir Agang om gelei te word deur iemand wat nie uit die bevrydingstradisie kom nie. En, ten spyte van haar fel weerstand teen apartheid oor dekades heen, kwalifiseer Zille nie as ‘n leier met die nodige historiese politieke bona fides nie. Die implikasie daarvan is, by ekstrapolasie van logika, dat die huwelik tussen dié twee partye die komplekse dinamika van ‘n maritale formaliteit tussen ‘n Israeliet en ‘n Palestyn manifesteer. Die werklikheid is egter dat selfs al sou Zille daarin slaag om Ramphele die nuwe leier van die DA te maak, sy waarskynlik min, indien enige, stemme in die proses sou werf; daar is dalk ‘n kans dat ‘n lid van Agang in ‘n oomblik van swakheid vir die ANC sal stem, maar daar is nie genoeg chemikalieë op die Kaapse Vlakte om hom of haar onder dwang tot by die DA te bring nie.

Hierdie punt word ook geïllustreer deur die feit dat die wegbrekers van Cope daarin kon slaag om met die laaste nasionale verkiesing meer as 7% steun, redelik eweredig oor die land versprei, te werf; hul leierskap was selfs in die konteks van die ANC swak, maar hulle het steeds uit die bevrydingstradisie gekom. Die logika agter die opportunisme van die kortstondige verbintenis tussen Mamphele en Zille, en wat Zille al so dikwels openlik genoem het, lê moontlik daarin dat die DA uiteindelik ‘n swart politieke leier sal moet kry sodat swart Suid-Afrikaners met die moed van hul oortuiging vir dié party kan stem. Wel, dit kan nié enige swart leier wees nie, en dan het die DA ook nog nie die probleem van die noodwendige ideologiese sprong aangespreek nie.

In ‘n onlangse gesprek was ek en Tim du Plessis dit min of meer eens dat Helen Zille beslis geweldige potensiaal in Lindiwe Mazibuko en Mmusi Maimane sien, maar uiteindelik is dit uiters onwaarskynlik dat dié twee jong, vaardige karperde die komplekse narratiewe binne die DA bymekaar sal kan hou. Die DA is in hul samestelling nie minder kompleks as die Bevrydingsbeweging nie. Daar is die keiharde liberaliste soos Athol Trollip wat skepties is jeens die ‘politieke swart bemagtiging’ van iemand soos Mazibuko; driekwart van Pieter Mulder se ontnugterde Afrikaners skuil ook tydelik by die DA omdat die ANC steeds die vrees van die hel in hulle indryf; die bruin mense is ‘n duidelik identifiseerbare diskoers binne die party wat sekerlik nie meer as tydelike gaste kan wees tussen die liberale Engelse en die senuagtige Afrikaners nie; en dan is daar ‘n klein garnisoen swart Suid-Afrikaners wat met tandekners-politiek die chauvinisme van ‘n ekonomies-dominante minderheid moet verduur.

Nóg Mazibuko, nóg Maimane sal die middelpunt-vlietende-kragte van die noodwendige familietwis by die politieke afsterwe van Zille kan blus nie. Hulle is vaardig, maar boesem nie die vertroue in van ‘n leierskap wat die demografiese en klas-klowe van die party kan oorbrug nie. Helen Zille weet dit ook; die dood is in die pot vir dié party as daar aan die einde van haar termyn nie ‘n dominante, swart leier met ‘n bevrydingsgeskiedenis na vore tree wat dié skeptiese konglomerasie kan oortuig dat eendrag wel maak mag nie.

Self is sy te wit om die party tot op 30% van die nasionale steun te trek, maar Ramphele is na hierdie onlangse oortreding van die politieke ontugwet dalk ook nie meer swart genoeg nie; soos Mazibuko het sy haarself finaal van die swart bewussyn-identiteit vervreem toe sy die Judas-kus met die liberales gedeel het. In Suid-Afrika is ras steeds belangrik, maar anders as wat RW Johnson ons probeer oortuig, staan swart Suid-Afrikaners nie in verwondering en staar na die deugde van wit politiek nie; “they are masters of their own destiny”, en opposisiepartye wat politieke kapitaal wil verkry uit die swakhede van die regerende party, sal ‘n nasionale identiteit moet aanneem waarmee swart Suid-Afrikaners kan identifiseer.

Tot Zille se eer het sy die insig om dit te besef, maar sy behoort nou ook te besef daar is nie ‘n kortpad na ‘n hervormde DA nie. Die persoonlike aanvalle wat sy in teleurstelling op Mamphele geloods het, getuig van ‘n onredelike en onwaardige hartseer-woede. Die vernedering wat Zille ervaar het, was persoonlik en sou in menige ander politieke stelsels die einde van haar loopbaan beteken het. Zille se integriteit het deur haar eie toedoen net soveel skade gely as deur die gedrag van Ramphele. Sy moes tot ná die verkiesing gewag het en dan, as ‘n gebaar van versoening en samewerking tussen Agang en die DA, vir Ramphele wat op haar eie stoom die Nasionale Vergadering sou haal, as presidentskandidaat genomineer het. Dan was daar ‘n behoorlike platform vir samewerking in die vorm van ‘n koalisie, en kon die demokratiese sosialiste en die sosiaal-demokrate ingevolge ‘n kompromie ten opsigte van hul gemeenskaplike vyand, die ANC, nader aan mekaar migreer het.

DA3Wat die toekoms betref, is die DA soos ‘n Super 15-speler wat net nooit die finale stap na toetsrugby kan gee nie. Die party sal uiteindelik in die aangesig van sy inherente kontradiksies sneuwel en drie verkiesings van nou af sal ons van die DA praat soos die grootmense oor die Sappe gesels – die laaste wit party wat moedig teen die vrieswinde van meerderheidspolitiek gebeur het. Ironies genoeg het hierdie poging om aan die DA ‘n nasionale identiteit te gee, eerder die strukturele kontradiksies binne die party beklemtoon, en nou weet ons hoe die skip uiteindelik sal sink.

Die ANC se toekoms lyk waarskynlik nie veel rooskleuriger nie; patronaatskap as ‘n bindingsmeganisme vervreem belangrike steunbasisse, soos byvoorbeeld die middelklas en die werkloses. Die staatskas is tans onder geweldige druk en die ekonomie gaan nié binne die volgende twee tot vyf jaar tot die regerende party se redding kom nie. Die geweld in die informele nedersettings van Gauteng en Noordwes het gekom om te bly omdat die staat té swak, té afwesig en té militant geraak het om die vertroue van die massas terug te wen. Die ANC kan nie hervorm word nie en sal uiteindelik vervang word, maar nié deur die DA nie.

Die toekoms lyk nie noodwendig duister nie, maar dit gaan beslis baie anders daar uitsien.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Piet Croucamp

Meer oor die skrywer: Piet Croucamp

Piet Croucamp gee klas aan die Universiteit van Johannesburg en spesialiseer in navorsingsmetodes, die demokratisering van politieke stelsels en sy ‘eerste liefde’ politieke geweld. Hy het studeer aan die Stellenbosch Universiteit, die RAU en het ‘n doktoraal verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat oor die oorsprong van geweld en konflik in die taxi-bedryf. Sy navorsing is in verskeie nasionale- sowel as internasionale joernale gepubliseer. Hy boer in die Namibiese Kalahari en bestuur ‘n Land Rover "omdat hy nie anders kan nie".

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

60 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shannon

Piet, ek het ook `n doek oor my kop getrek en myself toe ook in `n BA graad gaan verdiep. En in die proses kom ek toe af op `n aantal vervangings vir jou anglisismes. disposisie = ingesteldheid korrespondeer = stem ooreen narratief = gesproke teks deterministies = spesifiek / bepalend (trouens, daar is eintlik nie so woord nie, nie barbaristies of andersins nie) manifestasie = aanduidend kompeterende = mededingende konformeer = voldoen emansipasie = bevryding kontradiksies = teenstrydighede Jou verwarring van wetenskaplike terme met die gemompel van filosofie umm …. irriterend. Daar is nie so iets so “politiek-ekonomiese ingenieurswese”… Lees meer »

Shannon

Piet, ek het ook `n doek oor my kop getrek en myself toe ook in `n BA graad gaan verdiep. En in die proses kom ek toe af op `n aantal vervangings vir jou anglisismes. disposisie = ingesteldheid korrespondeer = stem ooreen narratief = gesproke teks deterministies = spesifiek / bepalend (trouens, daar is eintlik nie so woord nie, nie barbaristies of andersins nie) manifestasie = aanduidend kompeterende = mededingende konformeer = voldoen emansipasie = bevryding kontradiksies = teenstrydighede Jou verwarring van wetenskaplike terme met die gemompel van filosofie umm …. irriterend. Daar is nie so iets so “politiek-ekonomiese ingenieurswese”… Lees meer »

Slim Daan

Wel.
Hou jou argument water is dottor French Flair van PLAAG dan eerder bekend as dr Johnson’s baba poeier.

Slim Daan

Wel.
Hou jou argument water is dottor French Flair van PLAAG dan eerder bekend as dr Johnson’s baba poeier.

Slim Daan

Dr Piet. Van die os op die jas. Dis op rekord wat u as beroepssoldaat opgeoffer het vir jou land. Insgelyks het n ander dr dit gerade geag om in hierdie tyd eerder glasies vol Beaujolais met sy hedonistiese Franse ewekniee te drink. ( Die toelaat tot die binnekring van ander Afrikaner ‘ letterkundige ‘ weghardlopers – was hom nie beskore nie. ) Die agbare dr gooi wild poeiers daar op sy PLAAG-forum in n poging om hierdie ‘eerbare’ optrede van hom te kwantifiseer / rasionaliseer ( met apologie aan Shannon. ) Benewens sy een of twee getroue skoothondjies, is… Lees meer »