Deur Paul Maritz
Op 2 November 2019 het Suid-Afrika vir die derde keer die William Web Ellis-trofee verower, en as wêreldkampioene in rugby na vore getree. Groot was die feesviering die wêreld oor, en dit het voorgekom asof almal vir ʼn oomblik vergeet het van die uitdagings wat ons land daagliks in die gesig staar om net vir ʼn oomblik saam te trek. Alhoewel baie mense tog saamgetrek het, was daar natuurlik hulle wat nie net negatief oor die Springbokke se oorwinning was nie, maar sommer afgunstig.
Voor in die koor van skoorsoekers was die EFF se woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi. Meneer Ndlozi het, onder meer, op sosiale media geplaas dat hy aan die kaptein, Siya Kolisi, gelukwensings stuur, maar dat die res van die span by Prins Harry hul gelukwensing moet gaan kry. Die gewone Suid-Afrikaner op straat word natuurlik deur sulke opmerkings warm onder die kraag gemaak, maar as ʼn mens ʼn tree terug sou neem en sou verstaan dat meneer Ndlozi eintlik maar net probeer relevant bly in ʼn rigtinglose bootjie, maak sy kamma-afguns baie meer sin.
Teen die einde van 2017 kon die EFF homself op sy verlinkse beginsels skoei, en ʼn vaste identiteit daar rondom vestig. Grond moet weggeneem word uit private besit, en die Reserwebank se mandaat moet verander word om linkse herverdeling te vergemaklik. In hierdie stadium het die EFF ook as morele helde na vore gekom omdat hulle in opstand teen die korrupte oudpres. Jacob Zuma gekom het met hulle “Pay Back the Money”-krete. Hierdie drie sake was, onder andere, beginsels van die EFF, beginsels waarmee die regerende ANC nie saamgestem het nie. As ʼn mens bykans twee jaar vorentoe sou spring, word dit duidelik dat die EFF se bestaanskrisis besig is om teen ʼn snelle tempo te verdiep.
Een van die eerste dinge wat pres. Cyril Ramaphosa begin doen het, was om ten opsigte van sy beleid verder links te skuif. Uitsprake soos dat onteiening sonder vergoeding ondersoek moet word, en dat die mandaat van die Reserwebank hersien moet word, het die rooi mat as’t ware onder die EFF uitgeruk. Alhoewel hierdie skuif na links verskeie Suid-Afrikaners goed die josie in gemaak het, en dikwels baie bang gemaak het, was dit betreffende politiek goeie skuiwe van die ANC af omdat dit die politieke beweegruimte van die EFF drasties verminder het. Die klein bietjie morele hoëgrond wat die EFF in die Zuma-era gehad het, is ook ʼn ding van die verlede gemaak deur die onthullings oor die VBS-bank, waarby verskeie EFF-topbestuurslede geïmpliseer word, asook die ANC se uitskuif van Zuma.
Met hierdie konteks in ag genome, besef die Suid-Afrikaner dat die EFF se radikale opmerkings oor transformasie en rasseverteenwoordiging heel moontlik niks meer is nie as ʼn versmorende party se pogings om relevant te bly. Ons sal heel moontlik nog erger polarisering in die volgende jare ervaar, namate hierdie party poog om ruimte aan die verlinkse kant oop te kap.
- Paul Maritz is die koördineerder van Solidariteit Jeug.
Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.
Selfs die EFF se eie ondersteuners begin hulle sien vir wat hulle werklik is, opswepers en geraasmakers sonder enige bydrae tot die welvaart van die land en sy mense.
Wat my dronkslaan is hoekom enigiemand enigsens omgee oor sy rugby opmerking, wou ons in die eerste plek regtig die EFF se gelukwense vir die res van die span gehad het?
Nee jammer, ek stem gladnie saam met die artikel nie. Ek reken die EFF se populariteit, neem toe met rasseskrede…maak maar reg vir pres. Malema, binnekort! Hy maak en breek nes hy wil, almal in die kabinet is bang vir hom en boonop mag hy mense ‘honde’ noem en niks oorkom
Ek vrees jy is heeltemal reg Leon. Kyk maar hoe word die eff se “verkiesingsbeloftes” oral om ons waar. My munisipale rekening het by voorbeeld vanjaar net mooi verdubbel. Erfbelasting gaan jaarliks op al het ons niks aan ons huise gebou nie. Ons betaal mos vir die oppervlakwat gebruik word. Hoe kan die koste opgaan as die huis nie aangebou was nie? Dit is net om die eff se belofte dat blankes die menigtes se koste sal dra, waar te maak.
Wat my verbaas is dat daar gereeld gedebatteer word oor hoe die een of daai een onbelangrik en niksseggend in die politiek mag wees. Staan buite en wees ‘n toeskouer en dan sal jy die werklike storie sien. Ongeag die warmlug blasery en verwyte en vinger wysing is die Groot Plan onverbiddelik nog steeds aan die gang. Hierdie land gaan presies dieselfde paadjie loop as al die ander Afrika lande hoër op in Afrika. Totale vernietiging van als Westers. Oor alles negatief word gepraaat en gedreig, maar uiteindelik vind dit plaas. Wat is daar wat suksesvol verander het nadat daar gepraat was? Uiteindelik gaan SA totaal kommunisties wees en ons gaan goed voel daaroor want ons het daaroor gepraat.
Ag man hy is sommer ‘n Juju!
Die enige, strukturele oplossing is #selfbestuur, ‘n soort Boputhatswana aan Afrikaner selfregerende gebiede met eie weermag, polisie en fysiek bewaakte grense. Dan hoef ons ons nie meer te bekommer oor wat hulle almal aanjaag.
Michiel, Orania beweeg in daardie rigting. Maar kyk net hoeveel “Afrikaners” kap en kerm oor hulle!
Al uitweg wat ons oor het.
Orania is n plaas in SA, val nog steeds onder sa regering so n onafhanklike tuisland en orania is so ver verwyder soos dag en nag.
VAT DIT VAN wie. DIT KOM!!!
Wat die mense nie besef nie is dat die EFF baklei teen die tradisionele leiers wat miljoene hektaar grond het wat braak lê en wat hulle vir die Chinese gee om op te doen wat hulle wil. Die tradisionele leiers laat hulle toe om mynbou toe te pas sonder permitte en laat nie die regmatige burgers toe om daar te boer nie. Hieroor word nie in die media berig nie, want die tradisionele leiers is mos bo die wet en die reg verhewe en die ANC is so diep ingekruip by die tradisionele leiers dat hulle voete nie uitsteek nie. Die ANC moet seker baie baat by die tradisionele leiers se doen en late.
Regte Ou Bitterbek!!