’n Paar jaar gelede kom ek op ’n dokument af wat die boeiende en omstrede verskynsel van goederekultusse (Engels: cargo cults) beskryf.
’n Goederekultus word beskou as ’n geloofstelsel waarvolgens die navolgers daarvan bygelowige rituele volg in die hoop om die verskyning van gesogte goedere – wat tipies in eietydse, tegnologies gevorderde ontwikkelde lande voorkom – te bewerkstellig.
Dié geloofstelsels is vir die eerste keer in Nieu-Guinee en die Melanesië-omgewing opgeteken ná kontak met Westerse soldate en hul gevorderde tegnologie tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die geloof bepaal, naamlik, dat die namaak van verskeie ritualistiese gebruike, soos die bou van aanloopbane en radartorings uit stokke en klippe, die manifestering van materiële rykdom sal bewerkstellig – veral luukse Westerse goedere (wat dié mense gesien het) wat van werklike vliegtuie afgelaai word (vandaar “cargo”). Daar word geglo dat dié goedere eintlik deur voorvadergeeste geskep is en dat hulle dus daarop geregtig is.
Volgens die literatuur ontwikkel sulke goederekultusse oor die algemeen tydens ’n sameloop van krisisse. Dit is veral onder die omstandighede van maatskaplike spanning dat so ’n soort beweging onder die leierskap van ’n charismatiese leier ontstaan wat ’n sogenaamde visie van ’n helderder, voorspoediger toekoms koester. Dié leier skryf gewoonlik die aftakeling van die ou sosiale orde voor, asook die bekendstelling van ’n reeks nuwe rituele om dié beoogde heilstaat te bewerkstellig.
As dié kort opsomming jou aan die huidige Suid-Afrikaanse politieke landskap en die belofte van ’n “helder nuwe dagbreek” herinner, moet ek seker maar erken dat grootse denkers se gedagtes kruis (of dat dwase nooit verskil nie).
In sy 2019-staatsrede het president Cyril Ramaphosa die verbeelding van vele “Nuwe Dagbrekers” aangegryp met beloftes van skouspelagtige nuwe stede wat vanuit die leë vlaktes oprys, reusagtige wolkekrabbers wat hemelwaarts strek en ’n supersneltrein wat die wyse omver sal werp waarop Suid-Afrikaners oor interstedelike vervoer sal dink. Elkeen van dié utopiese lugkastele slaag bykans daarin om die geestesoog op te helder – maar hulle stort elkeen in duie as mens één vraag vra: Hoe? Meer nog: President Ramaphosa het die Wet op Koolstofbelasting, 2019 (wet 15 van 2019) in 2019 bekragtig.
Wat ’n bisarre stap vir ’n land wat 1,3% van die wêreld se koolstof vrystel en spook en spartel om elektrisiteitsonderbrekings te voorkom.
Ek is bevrees dat Suid-Afrika se eie weergawe van goederekultusnavolgers die kar voor die perde inspan met hul beloftes van ’n nuwe era van ongeëwenaarde materiële voorspoed sonder om eers die grondbeginsels te snap. Pleks daarvan om innoverende ambisie te toon wat op gesonde ekonomiese beginsels gegrond is, lyk hulle meer na misleide – hoewel ook ambisieuse – klomp jongmense wat deur ’n selfhelp-pulpboek oortuig is dat die eerste tree na sukses daarop neerkom om volgens die rol aan te trek.
’n Toenemende aantal mense blyk raak te sien dat die keiser geen klere dra nie; tog is net ’n handjievol dapper genoeg om dit hardop te sê. Die rede hiervoor kan gevind word in Aleksandr Solzhenitsyn se boek The Gulag Archipelago, waarin hy beskryf hoe Josef Stalin ’n staande toejuiging van elf minute lank ná een van sy toesprake verseker het – want die eerste persoon wat ophou hande klap het, is summier in hegtenis geneem.
Helaas, in die gedagtes van ’n sosialis blyk dit dat die heilstaat maar altyd slegs net een regeringsbeheerde skema ver is. Die ewige staatsbelofte staan: “Ons sien die probleem raak; al wat ons benodig, is meer mag, beheer en belasting om dit die hoof te bied.”
Hul beloof ’n veel groter koek deur ’n paar valse kapitalistiese rituele na te aap en dit in hul sosialistiese mengsel in te roer. Die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering wat oor ’n skynbaar sonlose horison opkom, is maar net nóg ’n passende voorbeeld van ’n regime wat probeer hardloop nog voordat hulle geleer kruip het.
Die ANC het opmerklik bedrewe geraak daarin om ’n skynvooruitgang deur vensterversierings te bewerkstellig. Om dié fasade voor te hou, beoefen die ANC ’n ongewone ritueel deur oordadige strooimonsters te skep wat hulle dan onmiddellik met matelose trots, ywer en geesdrif afsny. Hulle verkondig wyd en syd dat die grootste hindernis wat tussen Suid-Afrika en ongebreidelde voorspoed staan die geharde, byblywende spook van apartheid is, wat hulle dan onverskrokke probeer uitdryf deur Afrikaanse simbole te verwyder, en straat- en skoolname te verander.
Die tragiese, wrede werklikheid is dat verarmde, werklose Suid-Afrikaners egter geen slapelose nagte het oor die naam van die straathoek waarop hulle daagliks staan en bedel nie. En tog sal die ANC se ritualistiese pogings om die oersonde van rassisme die stryd aan te sê, nie ’n enkele werkgeleentheid skep, een maaltyd voorsien, een puttoilet vervang of een siek persoon gesond maak nie.
En net soos in die geval van die arme Melanesiese goederekultusse blyk dit dat die ANC steeds glo dat hulle – deur op kunsmatige wyse sommige kapitalistiese vrugte van sukses na te boots – ’n sosialistiese tyd van voorspoed vir die nasie kan inlui.
Dit word egter algaande duideliker vir almal om te sien dat dié vrugte eintlik meer lyk soos die plastiese vrugte wat toeriste in Noord-Koreaanse winkelvensters raaksien.
En so staan ons langs ons lughawens van klei en stokkies en wag op die terugkoms van die vliegtuig van voorspoed wat, sonder dat ons dit weet, ’n gans ander bestemming met ’n ordentlike aanloopbaan en geen beurtkrag gekies het nie. As ons aanhou om toe te laat dat ons aan ons neuse rondgelei word op hierdie misleidende utopiese sosialistiese tuinpaadjie, sal die enigste ding wat ons uit die Weste kan naderlok, ’n paar akademici wees wat effens verward en tog gefassineerd dié hedendaagse goederekultus aan die suidpunt van Afrika kom bestudeer.
… en moenie nalaat om te verwys na die hulpmiddele om die visioene te laat kondenseer nie soos met ons jongste landbou-uitvoerproduk: cannabis. Die res word in oormaat ingevoer. Die VSA se dromers lè op straathoeke en wag op die beste in die Weste na ‘n skoot duur morfien of kokaien of of… Pick and choose… Only death will ease the pain.
John stem heeltemal saam met jou Ernst goed gedoen bly om te sien ons JONG mense is bereid om te sien wat met ons land gebeur BRAVO
Uitstekende skrywe en vergelyking van n goedere kultus. Dit is beslis so dat die regerende party en die se president se kapitalistiese sosialistiese ideologie baie naby kom aan n goedere kultus, maar dit is ook so dat n goedere kultus hoofsaaklik op drome/wensdenkery geskoei is en die ANC se ideologie is alles behalwe op wensdenkery geskoei. Die ANC se misleidende lippetaal/beloftes, kommissies van ondersoeke, aanstelling van sogenaamde buitelandse ekonomiese kundiges en blameringsretoriek mag dalk grens aan wensdenkery, maar die ANC ideologie is geskoei op die harde denke realiteite wat teweeg gebring word deur die doelbewuste toepassing van wanbestuur, wanbetalende gemeenskappe/munisipaliteite, korrupsie/selfverryking, staatskaping, privaatsektor kaping, denke polisiering en diskriminasie ten einde hulle opponente gyselaar te neem en die se denke en weerstand te verlam deur hulle boetedoening te laat doen deur die opponente losprys op losprys te laat betaal totdat hulle leeg gemelk is en in vernedering, armoede en ellende vergaan. Hierdie doelbewuste realiteite wat teweeg gebring word bring mettertyd n welsynsstaat tot stand met ontsaglike sterk politieke mag en ekonomiese beheer. Sodra die gewenste verandering en beheer teweeg gebring is met anti-rewolusionere opponente wie se weerstand heeltemal verarm en verkrummel het, dan word al die ekonomiese lewensvatbare planne van opponente en buitelandse ekonomiese kundiges afgestof en doelbewuste streng ekonomiese bestuur daarvolgens toegepas en word n IMF lening verkry om noodgedwonge die ekonomie volgens streng voorwaardes te herstel deur die ANC en vir die ANC!
Hierdie artikel bevat soveel waarhede wàaroor mens andersins eerder stilbly omdat jy magteloos voel. Maar as ons opstaan en begin saamwerk met leiers en inisiatiewe wat nou aan die gang is, kan daar n nuwe daeraad opdaag – wat hd tydelike aardse omstandighede betref. Sonder n visie en leierskap raak die volk(mense) bandeloos,rigtingloos en moedeloos. Kom ons begin by onsself: kom ons los die verwyte en skellery en die dwaasheid v om elkeen n leier op sy eie mishoop te probeer wees. Dinge kan en gaan verander: die Romeinse Ryk het geval, die Empire het geval, kommunisme en naziïsme het geval, die NP het geval en die ANC se dominansie oor ons lewns gaan val. Kom ons los die regeringspappegaaiery maar ook die slagoffermentaliteit. Mense wat vorentoe kyk en werk en rugstekery los, sal iets bereik. Ons geskiedenis in n treffende bewys daarvan. Dankie vir die leierskap wat besig is om op te staan. Prof Herman noem in sondag se Rapport dr Dirk Hermann as die moderne dr Kestell.
Dankie vir die artikel in Afrikaans Ernst. Ons moet nooit ophou praat en publiseer in Afrikaans nie.
Die kultuur van ongegronde geregtigheid (entitlement), oningelightheid en sosialistiese populisme is ‘n toksiese kombinasie wat ons almal se toekoms vergiftig. Die enigste pad uit hierdie morsige moeras is om die massas opgevoed en ingelig te kry dat sosialisme altyd in ‘n put van ellende eindig . Die resep daarvoor moet nog gevind word. Die ANC/SAKP kan nooit daarmee vertrou word nie. Hou aan skryf en moet nooit moed opgee nie. Julle jongmense gaan ons almal dalk tog verras deur met ‘n splinternuwe plan ons land se koers te verander.
Om die “massas opgevoed en ingelig te kry”, is ‘n pypdroom. Dit was nog altyd ‘n pypdroom, oor duisende jare se verval van beskawings. Dit werk nie so nie. Ek wens dit kon so werk – maar die geskiedenis leer jou dat dit nooit so gebeur nie. Die massas, moet maar na hulself begin omsien – of vergaan. Al wat ek en jy moet doen, is om onsself te beskerm teen die massas se aanslag.
Kom ons neem “vlug” as voorbeeld. Vir duisende jare het mense na voels gekyk en gewonder hoe hulle kan vlieg. Observasie van vlerke het gelei tot die vroegste drome oor sweeftuie – Michelangelo – as antwoord. So maklik was dit egter nie. In die 1800’s – verskeie sweeftuie, asook die konsep van die warmlugballon: Alles gemik daarop dat die mag van swaartekrag oorkom kan word deur “lift”. Ook dit, het nie gewerk nie – of beperk gewerk. Toe kom die era van die Wright broers, waar die VIER kragte verstaan word: “Gravity, Lift, Thrust, Drag.” Toe hierdie 4 kragte die eersste keer verstaan is – na honderde jare van lees oor jou voorgangers, dink en eksperimenteer – en die dinamika tussen die vier kragte verfyn is – kry jy vandag die reusagtige Airbus A380.
Die Wrightbroers sou hom nie kon bou nie, maar tree’tjie vir treetjie – sonder om stappe oor te slaan – vlieg die Airbus vandag. Al 560 Ton daarvan.
Afrika, het te veel stappe oorgeslaan. Dis hoekom Afrikane nie die wereld rondom hulle verstaan nie.
Wanneer ‘n leerling sekere leerprobleme toon, kom kenners dikwels agter dat sekere stappe in die ontwikkeling, oorgeslaan is, bv dat hy/sy nooit gekruip het nie en direk geloop het na hulle geleer het om te rol. Gewoonlik beveel hulle aan dat so’ n kind weer leer kruip om die agterstand uit die weg te ruim. Miskien moet Afrika weer terugverwys word na die tekenbord en eers die WIEL gaan uitvind…