Die geloof in ongeloof is ʼn bygeloof

christene-jerusalem-godsdiens-kerke

Christene besoek Jerusalem. Foto: Betticohen/Pixabay.com

Die groep wat Christelike skole vervolg, is deel van ʼn liberale stroming in die Weste wat ʼn grondliggende denkfout oor geloof maak, sê Flip Buys.

’n Invloedryke deel van die Westerse elite glo vas dat geloof geleidelik sal verdwyn in ’n onkeerbare proses van sekularisasie of verwêreldliking. Hierdie onwrikbare geloof in ongeloof spruit uit ’n oortuiging dat geloof ’n neweproduk van onderontwikkeldheid en selfs agterlikheid is. Daarom glo hulle dat geloof sal kwyn namate kennis, opvoeding, demokrasie en welvaart oor die aardbol versprei. Hierdie mening het die afgelope paar eeue wye steun geniet – vanaf die denkers van die Verligting tot die Marxiste.

Hulle glo dat namate mense deur wetenskaplike kennis gevorm sou word, geloof in ’n Almagtige Godheid gaandeweg vervang sou word deur ’n geloof in die magtige mens en sy vermoë om self ’n hemel op aarde te skep.

Die verwoestende “godsdiensoorloë” van die ou Europa was ’n mengsel van godsdienstige onverdraagsaamheid, politieke magstryd en gevegte om beheer van mense, grond en hulpbronne. Dit het die sekulêre wensdenkers laat glo dat, namate geloof verdwyn, die wêreld ook ’n veiliger plek sou word. Geloof het die skuld gekry vir die lyding weens oorloë, en nie die mens wat teen die gebod van naasteliefde geweld gepleeg het nie.

Bevryding

Die liberale en sosialistiese vryheidsoorloë teen outoritêre koningshuise was daarom meermale ook ’n stryd teen godsdiens se “onderdrukking” van die mens se vryheid en sy reg om vir homself ’n aardse paradys te skep. Godsdiens is gesien as die “opium van die volk” wat die massas onderdanig aan hul verdrukkers gehou het. Dit was deel van die knellende kettings wat verbreek moes word. Maar rewolusionêre bewegings het self toe ook geloof en kerke ingespan om hul waens deur die politieke driwwe te trek en geweld te regverdig. Daar het selfs ʼn teologie van rewolusie ontwikkel wat wapengeweld bevorder het.

Maar die stryd om menslike bevryding van die afgelope 200 jaar loop die gevaar om in totale bandeloosheid te ontaard. Die spore hiervan kan reeds in Suid-Afrika se kultuur van geweld, vandalisme en verval gesien word. ʼn Ordelike samelewing en demokrasie is onmoontlik as almal kan doen wat hulle wil – sonder ʼn waardegedrewe gedragskompas wat riglyne vir saamleef bied. As niemand meer aan samelewingswaardes gebonde wil wees of iemand se gesag wil aanvaar nie, leef ons soos Hobbes gesê het, in ʼn natuurstaat waar die lewe “eensaam, naar, brutaal en kort sal wees”.

“God is dood”

Dit is inderdaad so dat mo­dernisering ’n belangrike rol gespeel het in die Europese oorgang na ’n post-Christelike era. Ná die bloedige wêreldoorloë het mil­joe­ne mense begin glo dat God dood is en dat die almagtige Westerse welsyn­staat of Oosterse werkersparadys sy plek ingeneem het. Maar tot die sekulêre wensdenkers se ontnugtering het dit algaande duidelik geword dat politieke “geloofsbewegings” net tydelik die plek van die kerke ingeneem het.

Hierdie ideologiese bewegings het gestreef na ’n aardse hemel en het baie van die sielkundige en sosiale funksies van geloofsbewegings aangeneem. Vir ’n eeu het selfs kommunisme betekenis gegee aan die lewe van miljoene mense wat hul drome van hemel op aarde geglo het. Ná die val van die kommunisme was Westerlinge baie verlig dat hul Europese welsyns­­­­hemel of Amerikaanse kapitalistiese utopie nog steeds volstoom sake gedoen het. Hulle het God nie meer nodig gehad nie, want die staatsgod of geldgod sou steeds vir hulle kon sorg

Vervolging

Hierdie ideologiese verwaandheid het uiteindelik gelei tot ’n tipe sekulêre fundamentalisme, gekenmerk deur ’n onverdraagsaamheid teenoor geloof of gelowiges. Hul geloof in menslike saligheid deur ongeloof, lei meermale tot die intellektuele vervolging en verbranding van gelowiges op die brandstapels van die openbare mening. Dit het weer duidelik geblyk in die afgelope hofsaak teen gelowiges. Die militante geloof van talle sekulêre Westerlinge in hul ongeloof het bygedra tot onbedoelde gevolge soos die opkoms van militante Islam, wat teen die afdwing van sekulêre Westerse waardes, verbruikerskultuur en gewaande dekadensie in opstand gekom het.

Christene-en-Moslems

Die verspreiding van Christene teenoor Moslems in 2006. Grafika: Verskaf.

Jesus in China

Godsdiens is steeds ʼn sterk faktor in die VSA en speel ʼn groeiende rol in Afrika, Indië, Suid-Amerika, Rusland en China – hoewel dit soms verskillende godsdienste is. Die Christengeloof word toenemend gewild in China. Talle Chinese glo dat die Christendom onafskeidbaar deel is van die opkoms van die Westerse beskawing. David Aikman van Time het gesê dat die groei van die Christendom in China selfs die globale magsbalans kan beïnvloed. Hy haal ʼn invloedryke Chinese leier aan in sy boek,“Jesus in Beijing: “One of the things we were asked to look into was what accounted for the success, in fact the pre-eminence of the West all over the world. We studied everything we could from the historical, political, economic, and cultural perspective. At first, we thought it was because you had more powerful guns than we had. Then we thought it was because you had the best political system. Next we focused on your economic system. But in the past twenty years, we have realized that the heart of your culture is your religion: Christianity. That is why the West is so powerful. The Christian moral foundation of social and cultural life was what made possible the emergence of capitalism and then the successful transition to democratic politics.”

Eiland Europa

Die World Values Survey meen selfs dat Europa ʼn “eiland van ongeloof kan word in ʼn see van geloof”. Die botsende sienings oor geloof en die waardes wat daaruit spruit van die Weste teenoor ander magsblokke, gee reeds tot globale spanning aanleiding en kan die Weste isoleer as dit so aangaan.

Die val van polities utopiese gelowe, soos die kommunisme, het daartoe gelei dat miljoene mense begin terugkeer het na hul tradisionele godsdiens toe mensgemaakte gode nie meer reën kon maak nie. In die VSA en Europa is daar onder miljoene Westerse kiesers ʼn groeiende vervreemding in die demokratiese kapitalisme, wat nog tot groot onstabiliteit kan lei as die samebindende waardes verder vervaag.

In Suid-Afrika is die gebrek aan ʼn sterk gedragskompas ʼn groot rede vir die wydverspreide geweld en verbrokkeling van talle gemeenskappe. Dit is die gevolg van die verval van instellings wat waardes moet oordra soos die regering, gesinne, die media en talle openbare skole.

Godsdiens as moedertaal

Die Duitse denker Goethe het in die 1800’s gesê dat die Christendom die “moedertaal” van Europa is – ʼn “taal” wat almal verstaan en wat oor die baie verdelingslyne die kontinent kon saambind.

Daarom is dit belangrik dat ons in ʼn diep verdeelde land soos Suid-Afrika ons gemeenskaplike “moedertaal” beklemtoon, omdat 86% van die bevolking volgens statistieke hulself as Christene aandui. Boonop het die Wêreldwaardesopname getoon dat 97% Suid-Afrikaners godsdienstig is. Dit kan ook gesien word in die waardes wat daaruit voortspruit.

Daarom maak dit nie sin as ʼn statisties onbeduidende groepie aan Christene, Moslems en Joodse gelowiges wil voorskryf dat hulle nie hul geloof in die skole mag uitleef nie. Geen polisieman gaan ʼn onderwyser in hegtenis neem wat vir haar Christenleerders voor die eksamen bid nie. Ons land het vrede en versoening nodiger as ooit. Maar die strydlustige uitsprake ná die godsdienshofsaak van die groep wat die Christenskole vervolg, voorspel net verdere polarisasie en konflik. Hul stellings dat Christenskole “een vir een” hof toe gevat sal word, klink so hatig soos die Franse filosoof Diderot se geloof dat “die mens eers werklik vry sal wees as die laaste koning verwurg word met die derms van die laaste priester”.

Maar net soos Diderot swem hulle ook hulself teen die gety van die geskiedenis te pletter, en wel teen dieselfde denkfout wat hom nou al vir eeue vasloop teen die blywende geloof van die grootste deel van die mensdom.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Veritas ·

Flip, ek kry die gevoel dat ons, as Christene, hierdie aanval van Satan met alles tot ons beskikking moet teëstaan. Dit is nie nou die tyd om die ander wang te draai nie. Alle Christene moet gemobiliseer word om die Ogod-groep met hand en tand te beveg. Die geestelike toekoms van ons en ons nasate, hang af van ons reaksie teen die spul Antichriste wat openlik oorlog verklaar het teen die Almagtige. Gebed is al wat ons kan red want ons, as mense, is te swak.

Helizna ·

JA! Ateïste staan bankvas aan die verkeerde kant van die geskiedenis.

Marius ·

Met 86% gaan Ogod dit moeilik hê.Ongeag wat enige hof beslis,die Christelike geloof sal en hoef nie gehoor te gee aan n hofbeslising wat die uitleef van jou geloof affekteer nie.Ek glo nie dat vasberade christene die knie sal buig nie,hier is n goeie kans om vir ogod te wys waar Dawid die wortels gegrawe het- as hulle dit maar net wou glo.

Marius ·

Die Christelike geloof is in werklikheid besig om te groei. Dis net in die Weste waar dit erg aan die kwyn is. ‘n Puik boek om te lees is “Making sense of God” van Tim Keller, een van die voorste Christen filosowe van hierdie era. Ateïsme is net ‘n nuwe stel gelowe wat aangeneem word. Geen mens kan geheel en al sonder ‘n geloof wees nie. Sonder geloof is enigiets eintlik geöorloof. Alhoewel ek heelwat baie beskaafde ateïste ken is die waardestelsel wat hulle het ook maar bepaal deur ‘n kollektiewe “geloof” van wat aanvaarbaar is. Maar sonder die rigtingwyser van die Bybel is enige stel waardes, hoe barbaars ookal, aanvaarbaar. As daar geen “handleiding” is nie en die mens kan self sy waardestelsel bepaal, dan is dit verwaand van enige groep om te besluit wat is aanvaarbaar al dan nie. Dis heeltemaal in orde om eintlik dan so hedonisties te leef as wat jy wil. Alles gaan tog in die einde uitbrand in ‘n hoop as.

MCH ·

Daar boor u nou n gevoelige senuwee raak. Buiten die onlangse gesamentlike interkerklike inisiatief wat veroordelend staan teenoor staatskaping, is die kerk se stem besonder stil in hierdie tye van hewige turbulensie. Gemeet aan die geskiedenis is dit nie in die aard van die kerk om hom grootliks te weerhou van kritiek op die verkeerde nie. Tog, is daar deesdae n dawerende stilte, veral uit die Afrikaanssprekende kerkgemeeenskap. Dit mag wees dat hul stem nie publisiteit geniet nie vanweë die aanslag soos deur u gemeld veral uit die oord van die wetenskap en politiek. Daar is eenvoudig weinig verdediging aan die kerk se kant. Die waardestelsels wat veronderstel is om ons as gelowiges aan mekaar vas te sement, doen dit eenvoudig nie en gevolglik kry die liberale minderheid dit reg om met ons te ploeg. Innerlike verdeeldheid haal eerder die nuus dan kerklike uitsprake oor reg en verkeerd. Dit laat die vraag ontstaan waarom die kerk dan nie sy relevantheid uitleef nie? Die Afrikaanse kerk vandag is oënskynlik in stryd met homself, veral oor kwessies soos dieselfde geslag huwelike ens. In n groot mate is lidmate meer ondersoekend en krities teenoor die instelling kerk, juis vanweë foute van die verlede waarvoor in die openbaar verskoning gevra moes word. Miskien sal Christene per se meer suksesvol wees deur die waardestelsels van Chistenskap individueel uit te leef eerder dan hul te onderwerp en te wag vir kerklike inisiatiewe. Byvoorbeeld soos deur Solidariteit en Afriforum gedoen, Christelik gefundeerd, sonder verdelende bagasie.

Leonard van der Dussen ·

Dit is verstommend hoe stil die kerk is oor die eer van God wat aangetas word deurdat die hele hofsaak gevoer is op grond van grondwet, menseregte, wetgewing en regspleging, sonder dat die getuienis êrens gehoor is dat God ‘n Enige HERE is, Christus die Enigste Weg. Die Tussenkerklike Kommissie (TKR) reik ‘n verklaring uit oor die hofsaak, en sê ons moet dankbaar wees oor ‘n uitspraak wat verbied dat enige skool en personeellid van ‘n skool een godsdiens bo ‘n ander mag verkondig. Hoe verkondig jy die enigste ware God sonder dat ‘n vorm van uitsluiting van ander gode/godsdienste gebeur nie? As staatskole nie die een ware God alleen mag bely nie, is daar die opsie vir Christene om in privaatskole saam te kom. Is dit krag van oortuiging daar dat dit gaan gebeur om die “moedertaal” van Christelikheid te handhaaf, soos Flip Buys na verwys hierbo?

Disselboom ·

Dat daar hard geveg moet word vir Christelike geloof, is ‘n feit; maar solank organisasies soos Fedsas bly ontken dat ons veld verloor en dat die onlangse hofuitspraak oor godsdiens in skole ‘n terugslag en nie ‘n soort oorwinning is nie, gaan mense gesus bly en nie tot aksie opgeroep word nie. Disselboom hou nie van wat hy hoor nie, maar tegnies gesproke was die SAOU dalk nader aan die regte interpretasie van die wetgewing in die omswaaiery voor die hofsaak as wat Fedsas se insigte is.

Albert ·

Die uitspraak bevestig in baie opsigte dat SAOU verkeerd was. SAOU het aangevoer dat die Nasionale beleid bindend was. Die Hof het anders beslis en die skole gelyk gegee.

Leonard van der Dussen ·

Die bewering dat die skole gelyk gegee is, word nou orals gesê, maar wat is die substansie daarvan, die aanhaling uit die hofuitspraak wat die stelling staaf? Die regter het weliswaar die meeste van die aansoeker se versoeke nie toegestaan nie, maar dit na aanleiding van regs- en logikabeginsels. Die inhoud van die versoeke is nie werklik behandel nie, vanweë die vaagheid en dat dit aan die verkeerde instansie gerig is en so meer, nie toegestaan nie. Die aansoeker kan baie maklik hierdie sake nou stuk-stuk opper deur dit, soos die regter die pad aangedui het, meer spesifiek met die toepaslike liggame op te neem, bv beheerliggaamreëls spesifiek by die beheerliggaam aanval. Die finale deel van die uitspraak (item 102) maak bevindings uitdruklik in terme van die skolewet wat skoolpersoneel verbied om God as enigste ware God te verkondig.

Willem ·

Sjoe Flip, ek dink jy mis die punt van die hofsaak heeltemal – dalk aspris? Niemand vervolg Christen skole nie en die pogings (van veral Solidariteit en Afriform) om die hofsaak in ‘n vervolgingsraamwerk te plaas is fundamenteel oneerlike. Al wat gevra word is dat Christene andersdenkendes met dieselfde agting en respek sal hanteer as dit waarop hulle self aanspraak maak. Ek vermoed egter dat dit haas onmoontlik is om ander standpunte te kan insien as jou grondliggende uitgangspunt is dat jou (Christelike) geloof die enigste ware geloof en waarheid is – al die ander gelowe is dan mos gewoon heidens of gevaarlike dwalinge. So ‘n waarheid-in-pag arrogansie bied die ruimte om met vroomheid te regverdig waarop dit reg, nee, noodsaaklik is om ‘n bepaalde geloofsiening in die res van ons se kele af te dwing.

Frans C ·

Veronderstel nou dat ander gelowe dieselfde uitkoms het as die Christelike geloof.Sou dit ‘n waarheid wees dan was Christus se koms na hierdie aarde,sy lewe en sterwe en opstanding verniet.Hoekom ‘n wrede kruisdood sterf as jy deur enige ander geloof dieselfde einbestemming kan bereik?

Moenie nie dink dat ek of ander dwepers is nie.Dit is verre daarvan.As ek toelaat dat Christus figuurlik oor en oor gekruisig word deur ‘n siening dat ander gelowe dieselfde
uitkoms bied, dan verloën ek soos Petrus, Christus en sê dan dat alles wat Christus hierop aarde gedoen het,eintlik onnodig was,en dat Christus nie meer die enigste toegang tot ‘n ewige lewe is nie.

Willem ek sal meer respek vir jou hê as jy net soos baie ateïste eenvoudig die bestaan van Christus en sy versoeningswerk ontken.Nee ‘n mens kan nie ander gelowe as heidens bestempel nie,dit is gelowe,wat halwe waarhede beet het,soos dit ook deur die
Apostel Paulus in sy beroemde sendingtoespraak op die Areopagus verduidelik is, en die onbekende God-Jesus Christus aan hulle bekend gestel het.

Alles is aandagtig na gesluister ,maar toe dit by die opstanding uit die dode kom, het party gelowig geword,ander het hardop gelag en hul ruggedraai.Dit is presies wat die ander gelowe doen en dus met halwe waarhede die pad na die ‘ewige lewe’ probeer vind.

Willem ·

Frans C, jou kommentaar bevestig presies die punt wat ek maak. I rest my case.

Ou Vrydenker Wildevark ·

Kom ons verstaan mekaar reg: Ons sal almal toenemend moet leer hoe om in ‘n toenemende multikulturele samelewing te figureer en dit te bestuur : om aan andere te doen wat jy verlang hulle ook aan jou moet doen. Dit is die goue reël van naasteliefde.

Nou, godsdiensonderrig hoort tuis en by die kerk en privaat skole. Godsdiensonderrig en godsdiensbeoefening hoort nie tuis in die openbare skole nie. Waarom nie? Omrede daar geen wetenskaplik gefundeerde kriteria, standaarde, meetbares en meettegnieke is om te bepaal wanneer en hoe en hoeverre ‘n bepaalde godsdiensbenadering voorkeurbehandeling in die openbare skool gekry het nie. Wie het enige beter voorstelle sonder om in die “net ons denke en godsdiens is alleenlik reg”- modderpoel te versink?

BadPrit ·

“Do what thou wilt shall be the whole of the law.” Alistair Crowley

Die satan is los, moet nie n vout maak nie.

Ernie Hall ·

Deur my verstand te gebruik glo ek nie in god nie, geen god nie

Albert ·

Die indrukwekkende lys van wetenskaplikes ook in moderne tye wat christen gelowiges is, spreek boekdele. Die lys kan op Wikipedia gesien word.

William Allworth ·

OGOD het eintlik christene ‘n groot guns gedoen, hulle so biedjie van hulself gered. Wanneer jy geloof op kinders afdwing op skool skep jy juis ateiste, as jy hulle uitlos om te glo in die christendom wat hulle by die huis leer kry jy daai nice christene wat af en toe biedjie twyfel maar nie te veel daaroor dink nie.

Apostaat ·

Ek weet nie of ek hieroor met jou saamstem nie. As jy grootword in ‘n louwarm godsdiens is dit maklik om teen dieselfde snelheid aan te karring met ‘n halfhartige geloof. As ‘n kerk nie deelneem aan die gesprek nie, kan sy lidmate nie van hom verskil nie, en dan is dit minder waarskynlik dat hulle sal afdwaal. Dit is ‘n eienaardige kombinasie van arrogansie en ruggraatloosheid, en selfs dít sal nie genoeg wees om die kerk te red nie.
Wat die onlangse hofuitspraak beteken is dat kinders op skool ander idees gaan teëkom as dié wat hulle by die huis hoor. Hulle sal weet daar is mense wat nie glo wat húlle geleer word om te glo nie. Dié wat omgee oor die waarheid sal dus die geleentheid hê om ondersoek in te stel en te bepaal wat om te glo volgens wat hulle as waar en vals kan identifiseer. Vir diegene wat nié omgee oor die waarheid nie, kan ek slegs ‘n meer regverdige samelewing voorstel as ‘n rede om dit te vier.

Ou Tante Huisvark ·

Ja-nee liewe mensedom, ek is al so moeg daarvoor dat my 20 tjinners op die openbare skool so geintrodoktineeeer word. Hulle word vertel ons varkerasies se voorouers het die land se grond gesteel. En al die multikultureles wil ons oortuig hulle godsdienste is die enigste ware godsdiens. En ons tjinners word geintrodoktineer dat ons huishouding se ekonomie geradical economic getrensforgaan word. Nou, ek, Ou Tante Huisvark, dink al hierdie politiek en godsdienspratery en gekef gaan ‘n muis baar en dit terwyl die wêreld ekonomie ons as werkloses, armlastiges en hoopverlorenes agterlaat. Ek gaan nou koffie drink.

Tobias Reichel ·

Sonder God en ouers wat hulle kinders Christelikke waardes gee en n staat wat dit aanmoedig nie sal daar totale verval van waardes wees!!!!

Waarmee bepaal mens anders regdenkinde waardes, mense met goeie waardes? Daar moet n riglyn wees met waardes, die Christelikke geloof bied sulke riglyne/waardes.

Het jou naaste lief soos jouself en God bo alles! Net n ander Christen is my naaste, hetsy watter geloof ook al!!

Mense wat teen Chritene is verkondig anargie en is die oorsaak daarvan! “Draadsitters” het miskien n hemel op aarde in hulle eie klein wêreldjies, maar die tyd op aarde is kortstondig…..

Apostaat ·

Tobias Reichel, glo jy dat dit ‘n Christen se plig is om die Woord te verkondig?

At Fourie ·

Ek lees al hierdie insetsels en dit verstom my dat daar nog soveel geïndoktrineerde mense in ‘n oer-godsdiens glo. Hoekom glo mense? Twee redes: 1. Oningelig oor waar en hoe godsdienste ontstaan het en 2. vrees vir die onbekende na die dood. Die “kerk”waaraan mense nog steeds vashaak leer hulle so. Mense is deur baie eeue heen geïndoktrineer om te glo, slegs tot voordeel van ‘n spesifieke kerk genoodskap. Indien die Bybel so “onfeilbaar”is, hoekom is daar ter duisende verskillende vertolkings van die “Ewige Ware Skrif”? Hier verwys ek net na die Christelike geloof. Hoekom is daar soveel verskillende Afrikaanse kerk genoodskappe, wat mekaar nie kan verdra nie? Wat van al die Pinkster en Charasmatiese kerke? In ons omgewing, waar ons woon is daar 53 verskillende Christelike genoodskappe. Dit, alreeds moet mense se wenkbroue laat lig. Hoekom sal ‘n “Alwyse God”Sy Woord so dubbelsinnig stel dat Christen-mense nie mekaar se geloof kan respekteer nie? Hoekom is dit so, en dit is ‘n feit, dat godsdiens verdeeldheid in plek van liefde vir mede mens bring? Die antwoord op al hierdie vrae is eenvoudig, en dit is: Die mens het vir hom gode geskep na die mens se beeld en om aan die mens se behoeftes te voorsien. Die mens se verstand, wanneer dit by godsdiens kom, het dit vasgehaak by ‘n voor-wetenskaplike konstruk, ‘n oer-godsdiens…en dit as gevolg van indoktrinasie.

Nuwe Opium van massas ·

Die opium van massas, soos deur die elite as instrument van manipulasie gebruik, is nie meer geloof nie. Nou is dit ligte vermaak, sport en skuld maak in die mall.

Jakes ·

Mens hoor so gereeld dat godsdiens/die bybel etc mense morele waardes leer en gee. Maar dis nie waar nie. Volgens United Nations 2011 Global Study on Homicide wys dat die top 10 lande met die hoogste moord aanvalle, is almal baie godsdienstige lande. En die top 10 met die minste moord, is almal baie nie godsdienstige, sekulere lande. En die 2017 World Happiness report wys ook dat die top 10 lande waar mense die mees gelukkigste is, is ook die nie-godsdienstige lande. Die report kyk na vele aspekte vam vryheid van spraak, ekonomiese welvaart, algemene veiligheid, etc.

Johan Brink ·

Die skrywer van in die lokval van ou argumente wat gegrond is op stellinge wat al meer maal weerspreek is. Die voorbeeld van Suid Afrika wat verval weens ‘n gebrek aan Christen geloof waardes weerspreek sy eie statistiek dat die Christendom groei in Afrika. Die groot meerderheid van Suid Afrikaners is Christene. Wat sê dit dan van sy redenasie dat slegs godsdiens ons ‘n morele kompas kan gee?

Rooikop ·

Ek het ‘n vraag vir almal wat glo alle gelowe is “equal”. Hoekom word NET christene vervolg reg oor die wêreld? Hoekom word NET Jesus se naam gebruik as vloekwoord? Hoekom probeer al wat atiës is om alewig te bewys daar is geen Christelike God nie? Word wakker mense. Daar is net 2 opsies: lig of donker. As jy aan die kant van die lig staan (Jesus) sal jy dit baie vinnig weet…want al wat donker is (ander gelowe) sal jou begin aanval en vir jou vertel jy’s verkeerd. Sê my…hoeveel budiste word vertel hulle is verkeerd, of dat hulle “budha” net ‘n fabel is en dat hulle alle ander gelowe moet aanvaar en inlaat in hulle tempels…

Morian ·

Omdat hierdie kamtige “vervolging” meestal in Christenne se verbeeldings plaasvind, soos in hierdie geval.

Jakobus ·

Enigiemand wat ń paar ure na Christopher Hitchens op YouTube kyk sal besef hoe mensgemaak en toksies alle vorme van geloof is.

Disselboom ·

Dis onverstandig en ook wetenskaplik onverantwoordelik om na net een mens te luister en gevolgtrekkings te maak.

Marius ·

Kyk so bietjie op youtube na Tim Keller(talks at Google). Mnr. Hitchens dra ook maar sy eie stel toksiese gelowe. Organisasies soos Google nooi deesdae Christene wat werklik iets te sê het omdat hulle oopkop is en ook wil hoor wat gelowiges te sê het. Ek wil nie neerpraat teenoor die tele-evangeliste wat mense uitbuit vir eie gewin nie, daarom pleit ek dat ons na gelowiges luister wat wel die Bybel ernstig opneem. Deesdae word die Christelike geloof belaglik gemaak deur gladdebek ouens met private stralers en snyerspakke. Die ware liggaam van Christus is besig om elke dag te dien in obskure en uiters beproewende plekke. Niks bring die mens by ‘n dieper vlak van diensbaarheid nie. Daar is wetenskaplik bewys dat die grootste vooruitgang van die mensdom in wetenskap, kuns en kennis agv die Christen geloof gekom het. Bykans elke slegte ding wat van dit af voortgespruit het was omdat daar ‘n verdraaiïng was van die waardes wat Jesus gebring het.

Ian C ·

Hi Jakobus, jammer ek antwoord Marius op jou stelling, maar sien nie ander plek hoe om dit te doen nie.

Marius, ek wil net ‘n punt lig en vra, as mense se wetenskaplike vooruitgang ‘n resultaat van christian geloof is, hoekom bewys wetenskap dit dan verkeerd?

Die feit dat mense ‘n label gedra het, het niks uit te waai met die wetenskaplike vooruitgang nie. Dit is soos om te se dat al die mense wat dakteels insit christene is/was, bedoel dit jy moet ‘n christian wees om dakteels te kan insit?

Ook Charles Darwin se doel was om god te bewys toe hy begin het met sy evolution studies, en toe vat die bewyse/feite hom in die teenoor gestelde rigting, hoe sou jy dit verklaar?

Ook, ek sal nie stry dat die kerk sekere goed goed doen nie, maar dis die mense, nie die instituut nie. Niks keer mense om godsdiens te los en nogsteeds goed vir die wereld te doen nie.

Groete

Dawid ·

Jakobus, Christopher Hitchens se redenasie skiet baie kort.
Lees eerder breër en dink!
Of as jy YouTube wil gebruik, kyk na ander wat van mening verskil van hom.

Ian C ·

Goeie more mense,

Ek dink as julle die geen-god redenasie kan insien sou julle verstaan hoekom mense geloof uit skole sal wil uithou.

Enige geloof word in gevaar gestel soos ons meer met wetenskap die wereld ontleed en verstaan, om ‘n punt of twee te gee:

1. Lank terug het mense gedink dat donderstrale deur gode gegooi word aarde toe as hulle kwaad is, vandag weet ons beter.

2. Mense dink vandag dat daar ‘n globale vloed was, met basiese wiskunde en wetenskap weet ons beter.

Deur kinders van jonk af(voor hulle logika en kritiese denkwyse ontwikkel) te indoktrineer met godsdiens, kry die kerk, mosque of temple die kans om hulle lewenslank gevange te hou.

Ek was self gelowing groot gemaak en toe ek uiteindelik vrykom, toe kan ek sien hoe geloof my muslims laat haat het, ander velkleure laat haat het, gays laat haat het. Sonder geloof het ek vrede, ‘n nuwe lus om te leer, myself te aanvaar en meer geluk te vind in die een lewe wat ons weet ons het.

Kan ons nie net skole vir onderwys gebruik en dan dat die ouers self die besluit laat maak oor hoe om hulle eie kinders se godsdiens te benader nie?

Frans C ·

Ian C
Jy het soos ekself groot geword in huis en kerk waardaar talle misleidende verduidelikings
gegee is is deur ouers ,onderwysers en predikante.Ek het op die kerkrade van al die susterskerke gedien,was jarelank ouderling en diaken.

Ek het myself voorgeneem dat as ek eendag aftree sal ek alles rustig en op my eie tyd
ondersoek en alle standpunte voor en teen dit wat jy sê lees.Ek kom toe gou tot my ontnugtering agter dat dit bv nie Moses was wat die skeppingsverhale op skrif gestel het nie, maar wel die Jode in ballingskap.

Hulle het vrylik in hulgesprekke gebruik gemaak van die dit wat hul om hul sien.
Die pragtige tuine waar skuiling teen die versengende hitte gesoek is,van die werkers in die tuin wat veral uit die omgewings se gehuggies gekom het. Van Heersers wat die tuin
besoek.Van mak diere ,ontelbare voëls ens.

Dit is dus verstaanbaar dat hul vrylik begin vertel oor die onstaan van ons heelal en aarde
en dat die Skepper ook so die mens op aarde besoek het en die mense wat nie sy gebooie
onderhou het uit die tuin verban het. Maar dieselfde as wat die Konings met droogmakers
in sy tuin gedoen het.Onthou nou God het nie die mens in ‘n Paradys gemaak nie,maar eers
die ‘tuin’ gemaak en toe die mens daarin gesit en later weens sy ongehoorsaamheid verban.

Ian C ·

Hey Frans

Ek stem 100% saam jou dat die onduidelike antwoorde veroorsaak dat mense gan gaan soek vir beter antwoorde.

Ek sal se die “hoe het ons hier gekom” vraag het talle aande se gespreke en redenasies al gesien en omtrent 200 jaar terug sou die beste antwoord nogsteeds gewees het ‘n skepper het ons geskep.

Maar as jy in vandag se tyd kyk na hoe teenstrydig geloof se antwoorde is met wat ons verstaan en verduidelik met wetenskap as realiteit, is geloof se antwoorde net nie meer goed genoeg nie.

Dit laat mens wonder of die kerk uit nalatigheid uit preek of is dit nou net ‘n sisteem wat op mense se wetenskap onkunde teer nie?

Op die einde van die dag sal ek se mens moet net navorsing doen oor wat jy glo, en dan ander mense hanteer soos jy hanteer wil word
( die Golden rule-800 jaar voor christianity al uitgedink :P )

groete

Dawid ·

Ian, deel van die probleem is opvoeding.
Tydens die middeleeue kon mense dink – hulle het rubuuste redenasies binne universiteite gehou. Filosofiese beredering was standaard.
Vandag is die nie so nie.
Die konsep van “Natural Law” onder filosofie bestaan al vir oor 2000 jaar. Dit bots nie met dit wat geloof voorhou nie, maar bevestig dit!
Dit beantwoord die “hoe het ons hier gekom” vraag veel beter as vele van die hedendaagse “kenners”.

Frans C ·

Die verkondiging van die Evangelie het in skrille kontras gestaan teenoor die ontstaan
van bv die Moslemgeloof.Enig iemand wat al ooit die geskiedenis van Mohammed gelees het
sal tot die gevolgtrekking kom.

Ons Moslem gelowiges worstel dus met ‘n halwe waarheid en erken Christus as ‘n groot
profeet en nie as die Seun van God nie.Hierdie stelling tesame met ander het dan ook tot
Christus se kruisdood deur die Jode gelei.

Hulle het naamlik geglo dat daar EEN ondeelbare God is, en dat die Christelike geloof
in die opsig godslasterik is.Daarom sterf talle Christene ‘n wrede dood veral aan die hand
van Islam ekstremiste.

Hulle verwerp dus die idee dat die Skepper van hemel en aarde sigself in meer as een vorm,
aan die mensdom bekend sal stel.Dit is nogal teenstrydig met die gedagte dat God,tot alles
instaat is en niemand het met Christus gestry nie,toe hy vir die Sadduseërs gesê het:
Maar ek se vir julle:God kan van hierdie klippe kinders van Abraham maak nie.’

Hierdie mense het nie geglo dat mense weer sal lewe nadat hul gesterf het nie.Dit is dan ook hierdie waarheid wat vandag deur talle mense verwerp word en daarmee ‘n streep
deur die Bybel trek.En daarmee maak hul van Christus en die ooggetuies leuenaars en verwerp dit as versinsels en laat hul dan lei deur hul eie gewete, waarvolgens God hul dan ook sal oordeel want die Cristusskild staan nie voor hulle nie.

Jacobus ·

Ek was 40 jaar ń gelowige en het grootgeword in ñ Christelike huis. Het eendag uit nuuskierigheid Richard Dawkins se ” God Delusion” gelees. Ek was nie 100% oortuig nie en het selfs skuldig gevoel om die boek te lees. Het daarna Sam Harris, Christopher Hitchens, Daniel Dennet en Lawrence Krauss se boeke gelees asook honderde ure se gestruktureerde debatte gekyk op Youtube tussen hoogs geleerde teoloë en hierdie ateiste. Ek het ń goed nagevorsde en ingeligde besluit geneem dat ek nooit weer ń godsdienstige persoon kan wees nie.
As godsdienstige mense die moeite doen om hierde materiaal te bestudeer sal hulle besef hoekom daar sekere mense is wat nie gemaklik voel met godsdiens nie en hopelik sal hulle ophou om neer te kyk op ons en verstaan hoekom ons onsteld raak oor sekere kwessies.

Frans C ·

Ek het presies dieselfde goed gelees en juis tot die teenoorgestelde gekom.
Alles wat ‘n begin het het ‘n einde.Daar kom dus ‘n einde aan ons planeet ,wat gekoppel kan word aan die einde van on eie ster,nl die son.

As ‘n mens lees hoe ‘n ster tot sy einde kom sal jy verstaan dat ons planeet se einde ook heel anders sal gebeur as wat talle mense dink dit sal gebeur en ook wat in die Bybel
opgeteken is. So gaan ons heelal ook sy einde bereik.As dit dan alles tot ‘n einde kom,dan was die hele mensdom se bestaan ‘n vrugtelose en nuttelose bestaan.

Die vraag is dus is dit die einde of is daar ‘n lewe na die einde.Wat wel duidelik is dat
die OORSAAK waardeur alles tot stand gekom het nie te vinde is in ons tydelike heelal nie.
Daar is dus nie ‘n hemel en aarde as eindbestemming in ons heelal te vinde nie.Dus geen
‘pie in the sky’ nie.

Nee die hemel en hel is plekke in ‘n ander oneindige dimensie, sover verwyder van mekaar as die Ooste van die Weste.As Christen lê my eindbestemming dus nie in hierdie heelal nie,maar in die oneindigheid wat altyd daar was,en waar die Oneindige, soos geopenbaar in die Bybel, oneindig teenwoordig was en aan my iets geskenk het,wat saam vir ewig kan lewe.

Ian C ·

Frans,

Ek dink hier gan ons verskil:

Die bestaan wat jy as nutteloos beskou, moet deur jy self doel gegee word.

Net omdat ons nie weet wat gebeur aan die begin of einde nie – bedoel nie ons hoef goed op te maak nie.

Wetenskap is tans die beste gereedskap wat ons het om die groot vraag aan te pak, en deur net te se “God did it” is dieselfde as om te se by ‘n magic show”its magic”

Hoekom werk mensdom nie liewers saam en soek die regte antwoord as om te se “its magic” nie?

En hoe weet enige persoon met die selfde mental capacity as ek soveel meer as ek van iets wat ons nie in ons realiteit kan waar neem nie?

Sou jy my glo as ek se ‘n pink leeu met die kop van ‘n olifant het alles geskape en jy moet in haar glo anders gan jy hel toe?

Om uit die bybel uit te wil stry is (argument of authority) en dit gan geen non-believer oortuig nie. Harde feite en bewyse is die beste oortuiging.

Groete

Gerhardus Petrus Padda ·

“Aan die vrug sal jy die boom ken” het Jesus vertel.

Ek wil met jou verskil Flip, daar is heel waarskynlik nie eers 10% Christene in SA is ek kyk na die morele waardes wat mense uitleef nie.

Christenskap is n diep persoonlike verhouding met die Here waar jy:

1. Aanvaar dat jy n diep sondige mens is. Dat jy dit in jou het om die slegste mens wat daar ooit was te kan wees.
2. Dat jy nie jouself kan red nie.
3. Dat slegs Jesus ons kan red deurdat Hy die Prys betaal het en die dood oorwin het.
4. Dat ons moet lewe in dankbaarheid vir hierdie onverdiende gawe en mense vergewe soos wat ons vergewe is.

Kom ons vergelyk dit met die Sosialistiese morele stelsel:

1. Die mens is inherent goed EN inherent gelyk. Net party mense het sonde gepleeg as gevolg van n “stelsel” wat hulle meer mag gegee het. Af hangende van die “sonde” wat beveg word (materiele ongelykheid, rasse ongelykheid, geslag ongelykheid ens.) is die “sondige stelsel” dan kapitalisme, wit oppergesag, patriargie ens.
2/3.. Die mens KAN homself red deur die “sondige stelsels” af te breek. Waaneer dit afgebreek word sal almal gelyk wees want die mens is inherent goed EN gelyk.
4. Jy moet “rewolusie” najaag en moet “ongelukkig” wees oor alles totdat absolute gelykheid bereik word in ALLES.

Hoeveel mense wat hulleself Christene noem leef Sosialistiese moraliteit uit?

Jy kan nie 2 meesters dien nie.

Barry le Roux ·

Godsdiens is nie die bakermat van morele waardes nie. Wanneer daar gepraat word van Christelike waardes, is dit bloot morele waardes waaraan die naam Christelik gekoppel word. Christelike waardes was en is nog steeds verantwoordelik vir die voorkoms van rassisme, diskriminasie teen “gay” persone, en vir die regverdiging van slawerny asook vir die vernedering van vroue. Waardes kan onafhanklik bestaan.

Kom ons vergelyk lande met min of verskillende godsdienste. In Japan, wat volgens Christene die verkeerde weg volg, vind ons ‘n kultuur wat onberuspelik goed ge-orden is. In Esland (Estonia) en Holland kwyn die kerke en die tronke loop leeg, terwyl die mense meer-en-meer beskaafd teenoor mekaar lewe. In SA en Afrika (Suid van Sahara) waar die Christelike geloof hoog is, vind ons die grootste voorkoms van ongeruimdhede.

Hoekom is daar teenstand teen godsdiens in skole? Hoekom loop kerke leeg in SA? Omdat die verkondiging van die Christelike geloof hom berus op leuens en by-geloof (superstition). Meer-en-meer mense be-oefen kritiese denke met behulp van wetenskaplike kennis. Leerders in skole word ge-indoktrineer om die feitlikheid van biologiese evolusie te verwerp ten gunste van die bybelse sprokie skeppingsverhaal. Kerkleiers doen dieselfde en koppel natuurrampe en reen-gawes aan die wil van ‘n God. Sulke assosiasies van gebeure is “post hoc ergo propter hoc” en “non sequitur”, logiese valshede wat die basis vorm vir bygeloof.

Die Dalai Lama se^ dat wanneer wetenskap bewys dat hulle “geloof” verkeerd is, dan moet hulle, hul geloof gevolglik aanpas.

Ian C ·

Wow Barry,

Die is brilliant gese, Hierdie was punte wat ek ook wou staaf, maar jy meneer het ‘n talent met woorde!

Wel gedaan en laat weet as jy ‘n boek skryf waar ek dit kan koop :D

Frans C ·

Jyhet die klok hoor lui tov die Christelike geloof maar weet beslis nie waar die bel hang nie.

Andrew ·

Barry
Enigste probleem is dat die wetenskap nognie Christenskap verkeerd bewys het nie.
Die baie aanhangers van evolusie hou deesdae voor dat evolusie wetenskaplik bewys is wat gladnie die geval is nie. Daar is nogsteeds baie vrae om evolusie wat onbeantwoord is.
Verder is daar ‘n nuwe tendens wat kritiese denke as teenvoeter vir geloof voorhou – dat geloof slegs is vir diegene wat nie slim genoeg is om die waarheid te sien nie. Dis ook ‘n verdraaing van die waarheid – daar is vandag en was in die verlede baie wetenskaplike wat godsdienstig was en groot bydraes in die wetenskap gemaak het.

Willem2 ·

Pragtig gestel, Barry!

Ek wil byvoeg dat ek gril elke keer as ek die sogenaamde statistieke hoor van 86% van ons land wat Christene is. Ek reken maklik meer as 30% of meer van hulle is eintlik ateïste, wat slegs as gevolg van vrees vir verwerping deur familie en vriende kerk toe gaan. Ek self het vir die grootste deel van my lewe stil gebly oor my ateïsme, agv die intoleransie van gelowiges.

Dit is vir my die grootste rede waarom geloof nie in ons publieke skole hoort nie. OGOD het volgens my nie vêr genoeg gegaan nie. Alle gelowige praktyke behoort verban te word. Dis die onderliggende intoleransie van gelowiges wat problematies is. As jou seun openlik sê dat hy ‘n ateïs is, gaan ‘n Christelike onderwyser hom g’n in die eerste span laat speel nie.

Barnabas ·

Flip, jy laat sekularisasie onnodig verdag klink. Godsdiens is ‘n oorblyfsel van primitiewe denke. Ja, dit sal verdwyn. In die wêreld se gevorderdste lande het dit reeds, en hier sal dit ook. Dis net ‘n kwessie van tyd.

Frans C ·

Ian C
Kom ons klaar ‘n paar misverstande op. In die eerste plek berus die vertolking van skeppingsverhale tov die mens op ‘n misverstand.Eintlik word daar in die meervoud gepraat oor dit.Die oorlede Pous het dit dan ook by Bybelstudies uitgelig.
‘n Beter vertaling in engels sou wees:’And God created humanity.Male and female He created them.Adam and Eve.
Daarmee word ook die raaisel van waar kom die ander mense vandaan opgelos.Dit is ook in lyn met diegene wat die ‘struikteorie’ instede van die ‘boomteorie’ aanhang.
Darwin het nooit gesê dat mense van ape afstam nie, maar wel dat daar ‘n verwantskap is in ‘n biologiese sin van alle primate.Lees gerus in die verband die verklaring van die RK
gepubliseer in 2004 onder die opskrif :”Adam ,Eve and evolution’.

Die mens het dus as ‘n biologiese wese ‘n oer herkoms en sit nog steeds met ‘n oorblyfsel daarvan in die vorm van ‘n oerbrein ,wat ook die bron van vlug/veg response is.Die Christe geloof draai dus ook om die verlossing van die biologiese mens in die sin,omdat geen sielkundige jou van die igebore instinkte kan red nie.Selfs nie jou gewete nie,want os biologiese staan lynreg teenoor die geestelike.
Daarom praat mense dus wanneer hul toegee aan versoekings dat die ‘gees gewilig was maar die vlees swak’, Daarom word gepraat van ‘ wedergebore mens in ‘n geestelike en nie vleeslike sin nie.

Willem2 ·

Frans, as ek vir iemand ‘n handleiding moes opstel oor hoe om te lewe, sou ek nie ‘n swakgeskrewe, dubbelsinnige, weersprekende en vrotsig vertaalde boek wat elkeen op sy eie manier kan interpreteer geskryf het nie. Dit behoort mos duidelik en maklik verstaanbaar te wees. Die bybel is loutere twak for the most part….gebaseer op die bitter min inligting wat beskikbaar was in daardie tye.

Dawid ·

Hierdie is ‘n baie belangrike artikel.
In sekere “ontwikkelde” lande oa Europa word geloof geminag. Selfs die Europese Unie het geweier om die Christelike fondament van Europa te erken.
Die “Verligting” was eintlik nie ‘n verligting maar ‘n narsistiese beweging waar die beginsels van die Christelike geloof as “onwetenskaplik”, irrasioneel en irrelevant beskou was. Met wetenskap is ‘n god mos nou onnodig!
Die protestantse rebellie was die begin hiervan – die protes het aanvanklike goeie redes gehad – korrupsie in die kerk. Die gevolge sien ons nou in ‘n goddelose Europa waar katedrale omskep word in moskees. Waar die nuwe “god” die mens self is en eie belang die evangelie is. Dit is geen wonder dat Europeese kultuur en bevolking kwyn nie! (The Unintended Reformation: How a Religious Revolution Secularized Society; Brad S. Gregory)
Min Christene het eers ‘n redelike begrip van hul geloof nie en kan dus nie argumenteer teen ‘n “wetenskaplike” ateis nie. Hulle weet nie eers van Thomas Aquinas se argumente wat hulle kon gebruik nie!
Min weet eers dat die oorsprong van moderne wetenskap in kloosters ontwikkel was nie. Of dat universiteite uit katedraalskole onwikkel het. Dat rubuuste debat debat daar geseёvier het. Mense dink nie meer nie! Die beginsel van fides et ratio word nie gehoor nie!

Is geloof waardevol? Daar was meer sterftes deur goddelose oorloë tydens die 20e eeu as deur alle geloofs konflikte oor die hele menslike geskiedenis. Geloof het meer waarde as blote “sentiment”.

Frans C ·

Die mense wat die wetenskap voorhou as die oplossing vir alles,is soos volstruise wat hul koppe in die sand druk.Hul kan gerus ‘n webblad met die opskrif:’The weighty history and meaning behind the word science lees.”

Besoek ook gerus ‘n webblad soos ‘Fact and faith’. Dit bevat in eenvoudige taal verduidelikings wat kerke nagelaat het om te doen.

Dawid ·

Frans C, jou skakel na “Fact and faith” is waardevol in die konteks van hierdie debat. Die outeur dr Marvis is ‘n wetenskaplike en bied ‘n perspektief wat min van bewus is.
Jou analogie van mense soos volstruise is geldig.
Min mense besef dat die ontwikkeling van die “Big Bang” hipotese deur ‘n priester en fisikus uitgevoer was. Hy het selfs met Einstein die konsep bespreek.
Gelowiges tydens die Middeleeue is verantwoordelik vir ‘n groot bydrae tot hedendaagse wetenskaplike kennis.
Jou stelling “..eenvoudige taal verduidelikings wat kerke nagelaat het om te doen” is nie heeltemal geldig nie. Die wetenskap is die gevolg van eeue se ontwikkeling deur die kerk se kloosters en universiteite. Min denominasies is wel geneig om daarna te kyk nie omdat hulle nie daardie geskiedenis of agtergrond het nie.
Nog ‘n Voorbeeld van ‘n webblad soos “Fact and faith” is die van die Magis Center wat weer van die fisika en filosofie perspektiewe weerspiël: https://www.magiscenter.org/

Frans C ·

Dit is verstommend dat mense nog steeds godsdiens as een van die hoofoorsake van oorloë,onluste ens sien. So’n siening is totaal verkeerd.Al die dinge het hul oorsprong in die menslike natuur.
Die mens ondanks die groot spronge wat die wetenskap gemaak het is nog steeds die grootste verwoester van planeet aarde en die natuur wat op die planeet ontstaan het.
Die onlangse program ‘plastic whale’ was ‘n uitstekende voorbeeld daarvan.

Nou hoekom doen ons dit,uit onkunde? Ook net gedeeltelik want daar was baie opgevoede mense wat in moeilike tye enigiets sal doen vir oorlewing en nie omgee van wat in die slag bly nie.In die Heidelbergse Kategismus word van ‘n verdorwe natuur gepraat.

As iets verdorwe is,is dit iets wat sleg geword het. Ons word nie sleg gebore nie,maar word gebore met ‘n natuur wat regstreeks indruis teen wet en orde en gesag.Sonder opvoeding van mense wat gesag oor ons uitoefen ,sal ons nie gehoorsaam wees nie en vloermoere gooi so ver soos ons gaan.

Dieselfde geld vir ons geestelike lewe,uit ons eie kan ons nie geestelik groei nie,dit gebeur slegs deur die verkondiging van die Blye Boodskap en die werking van die Heilige Gees.

Die wetenskap kan ons nie verby die beginpunt neem nie.Slegs iets wat voor die begin bestaan het en nog steeds bestaan kan my na dit begelei en die onsterflike deel van my in ‘n nuwe nie-biologiese liggaam met dit vereenig.

Andrew ·

Vir my is dit nie te doen met of daar wetenskaplike bewys vir of teen godsdiens is nie. Ek glo skole moet leerders die kans gun om hul geloof uit te leef. Daar is egter ‘n probleem…..
In my dorp van heenkome is daar slegs 1 hoërskool wat Christelike beginsels nasteef. Die skool het egter moslem kinders wat die skool bywoon omdat dit die enigste skool in die omgewing is. Die skool ontvang staats geld – belastingbetaler geld.
Stel jouself voor, jy trek na ‘n nuwe dorp, daar is geen ander skool nie en die skool is oorwegend moslem. Jou kind moet in die saal sit terwyl daar slegs vir allah gebid word. As jy kan bekostig sal jy jou kind na ‘n ander skool stuur. Wat as jy nie kan nie?
Soos ons samelewing meer kosmopolitaans word, sal ons moet aanpas.
Daar is plek bir godsdiens in skole, maar niemand moet iemand dwing om aan ‘n godsdienstige praktyk deel te neem wat nie sy aagodsdiens is nie.
As jy wil bid na skool opening, gee almal ‘n kans om iewers bymekaar te kom waar hulle vir hulle god kan bid, terwyl jy as Christen vir jou God bid.

Jacobus ·

Frans C
As die mens hierdie wonderlike skepsels is wat deur ń god geskape was wil ek graag die volgende vraag vra:
Hoekom is daar dan so baie ooreenkomste tussen ons en diere. Alles dui daarop dat die mens deur evolusie ontwikkel het oor miljoene jare net soos die diere. Dit is ooglopend.
Ons naaste primaat familie is die chimpanzee. Dis ń wetenskaplike feit dat die mens en chimpanzee se DNA tussen 96-98% ooreenstem. Die verskil tussen ons en chimpanzees is slegs ń halwe chromosoom. Dus die vraag: As die mens na god se beeld geskape is soos geskryf staan in die bybel, na wie se beeld is chimpanzees geskape?
Ek dink die grootste rede vir baie mense om nog godsdienstig te wees is omdat hulle bang is vir doodgaan. Om te dink dat jy weer gaan leef nadat jy gesterf het ( ongeag of dit nou in ń fisiese of geestelike dimensie is) is niks anders as “wishful thinking” nie en daar is absoluut geen bewyse daarvoor nie.

Frans C ·

Jacobus
Jy is vasgevang in ‘n drogbeeld deur skewe Bybeluitleg en Predikante wat aan die letterlike uitleg by vasklou.In hedendaagse Afrikaans soos in die Boodskap sal jy lees.Gen. 27.God het toe die mens gemaak.En die mens het iets van God in hom gehad.God het ‘n man en ‘n vrou gemaak.In die voorafgaande vers sê die skrywer dat die die mens ‘n bietjie soos God lyk.(eienskappe)

Onthou nou dit gaan in die verhale oor die hoe nie maar wel oor die Wie.Dit is dus ‘n antwoord deur die Jode aan die Babiloniers na wie se land hul as bannelinge weggevoer is.
Die mense het baie skeppingsgode in hul verhale oor die Skepping voorgehou.

Daarteen oor het die Jode een Skepper verkondig.

Nou wat nou van die Chimps wat tot 97% van die DNS met ons deel.DNS behoort aan die biologiese (vleeslike) en nie geestelike sy van die mens nie.God het aan die mens iets
uitsonderlik gegee nl. n gewete en ‘n onsterflike siel.

Alhoewel ons as mense ook biologies primate is het die Skepper dit goedgedink om deur
‘n evolusionêre proses iets besonders op ‘n biologiese platvorm te skep wat ons totaal
uniek en regeerposisie oor die planeet maak.God het nie suurstof in die mens geblaas nie
maar iets besonders en die mens het begin lewe.(geestelike en vleeslike wesens in ‘n ewige
innerlike stryd betrokke).

Frans C ·

Jacobus
Baie van ons en myself ingesluit met ‘n drogbeeld van Darwin en evolusie.Daar is wyd en syd verkondig dat sou Darwin gesê het dat mense van ape afstam, wat natuurlik ‘n leuen is.Darwin het nooit so iets gesê nie.

Evolusie is nie die ontstaan van lewe nie. Darwin se evolusie teorie draai hoofsaaklik om
natuurlike seleksie.Dit is dan ‘n proses waardeur organismes deur veranderinge in sekere
oorerflike en gedragseienskappe beinvloed deur veranderinge in en aanpassing by omgewingsfaktore ontwikkel tot ‘n unieke spesie.

Dit is waar van die mens se ontwikkeling ook.Daar was talle oermense wat sy aan sy met ander oermense gelewe het,maar uitgesterf het totdat uiteindelik die ‘moderne mens’
oorgebly het.Jy kan gerus die RK kerk se verklaring gepubliseer is 2004 onder die opskrif
Adam.Eve and evolution lees in die verband.

Daar is ook bevinddat die moderne mens Noord van die Sahara ook nog steeds iets van die Neanderdalmense in sy gene ronddra,iets wat nie by mense Suid van die Sahara opgemerk is.Dit is dus duidelik dat trekkers uit Afrika met die Neanderdalmense op geringe skaal vermeng het.

Darwin se teorie van evolusie bly notans die beste verduideliking hoekom daar verskillende volke ontstaan het en hoe landdiere bv in seediere verander het.

Mina ·

Moenie die invloed van die hofsaak op die mensdom gering skat nie. Ek was 2mnde terug in ‘n gegoede afrikaanse buurt se nuwe kleuterskool, met jong afgestudeerde juffrou wat die skool wil begin. Haar woorde aan my toe ek vra of daar bybellesse in die oggend aangebied word was: Nee, ons wil geen geloof afdwing op die kinders nie. Dit was daar waar ek omgedraai het met ongeloof oor hoeveel skade die hofsaak in ons mense se denke gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.