Die heimwee na die Mandela-era

Mandela as jong prokureur Foto: Webwerf http://seoppc.co.za

Die waardige statuur van Nelson Mandela was histories die gesig van die ANC. Sy internasionale ikoniese status was die versinnebeelding van die beeld van Suid-Afrikaanse swartmense as die verdruktes en witmense as die verdrukkers. Die lang tronkstraf wat hy as leier van die ANC uitgedien het, het hom die simbool gemaak van die ANC se stryd om demokrasie en die bevryding van swartmense.

Deur die jare is die ingewikkelde Suid-Afrikaanse problematiek vereenvoudig tot ‘n stryd tussen die goeie en die slegte- ‘n stryd vir en teen demokrasie en menseregte. Daar is nie ruimte gelaat vir die moontlikheid dat die Afrikaner self ook geldige aansprake, regte en vrese kon hê nie. Die skadukante en donker kolle van die ANC is gaandeweg ignoreer, vergewe of verswyg, in kontras met die ou Suid-Afrika wie se foute dawerend uitbasuin is. In die oë van die wêreld kon die een kant niks verkeerd doen nie, en die ander kant niks reg nie. Die een kant is onder die mikroskoop geplaas, vir die ander is die oë toegeknyp. Die wit Afrikaner het mettertyd die teenpool van die morele onverwondbaarheid van die Mandela-beeld geword, die simbool van uitbuiting en onderdrukking. Die Afrikaner was vir die Weste die gesig van hulle eie skuldige koloniale gewetes, waarop hulle alles wat sleg is projekteer het.

Die Koue Oorlog en die alliansies wat dit onderlê het, het enige makro politieke beweging vir jare bevries, omdat daar nie die politieke bewegingsruimte was om oplossings te onderhandel nie. Die partye was net te ver uitmekaar. Na die val van die Sowjetunie kon die onderhandelde skikkingsproses hier begin, en die uiteindelike ooreenkoms is deur die wêreld as ‘n wonderwerk verwelkom- met Mandela as die gemoedelike en gematigde gesig daarvan. Die ANC het daarna stadigaan begin om sy greep op die land te verkry, onder die reënboogkleurige rookskerm van die Madiba-magic. Suid-Afrika se geskiedenis en status as die vasteland se ekonomiese reus, het saamgewerk om die Mandela-beeld nou verder te laat groei tot die simbool van hoop van die hele Afrika.

Ná Mandela-afdraande

Na Mandela se aftrede het dinge begin skeefloop, namate die momentum van die vorige werkende staat afgeneem het. Gaandeweg het die Mandela-beeld en –era begin verdof, en die wonderwerk-liefling van die wêreld het net nog ‘n Afrikastaat geword- met gewone leiers en hulle lande se buitengewone probleme. Suid-Afrika is steeds as een van die suksesvolle uitsonderings op die vasteland beskou, ‘n soort laaste kans vir Afrika. Tekens van demodernisering en staatsverval het wel begin kop uitsteek, maar daar is geglo dat die land en sy leiers steeds die wil en vermoë het om hulle probleme op te los en Afro-pessimiste verkeerd te bewys.

Maar toe kom Julius Malema op die toneel, en begin groot onttrekkings maak uit die politieke kapitaal wat die ANC oor jare opgebou het. ‘n Voormalige kinder-kryger, wat homself voorgehou het as ‘n toekomstige leier van die ANC volgens die voorbeeld van Mandela as voormalige ANC-jeugleier. Sy roekelose retoriek het ingedruis teen die versigtig geboude morele hoëgrond-beeld van die Mandela-ANC. Malema se radikale uitsprake oor onteiening, nasionalisering en rasseverhoudinge, het Idi Amin-beelde opgeroep van Afrika-mislukkings, veral omdat hy vir ‘n lang tyd sterk steun in die ANC geniet het. Kiddi Amin, soos ‘n joernalis hom genoem het. Die AfriForum hofsaak en Malema se veldtog teen Zuma het dit later onmoontlik gemaak om hom in die party te hou, en hy is uiteindelik uitgedryf. Die Economist het bespiegel dat hy nie in die politieke wildernis ingejaag is vanweë sy radikalisme nie, maar omdat hy Zuma teengegaan het.

Zuma-demodernisering

Die bekende joernalis Brian Pottinger, het in sy boek oor Mbeki sy nalatenskap beskryf as die “demodernisering van Suid-Afrika.” Om dit kort te stel, het Mbeki nie aan die verwagtinge voldoen nie. Maar die waarheid is veel erger. Mbeki het ‘n werkende staat met ‘n moderne infrastruktuur geërf, maar die staatsdiens só transformeer dat die staat toe mnr Zuma oorgevat het nie meer kón doen wat die regering wóu nie.

Mnr Zuma het op sy beurt weer begin struikel van een skandaal na ‘n ander. Talle politieke kenners glo dat hy nie ‘n moderne land kan regeer nie, en wens kliphard dat hy uittree. Die sluimerende vrees van nog ‘n Afrika-mislukking- die van Afrika se laaste hoop- word stadigaan weer wakker. Maar dis nie so eenvoudig om net mnr Zuma vir die land se toestand verantwoordelik te hou nie. Hy is maar net die onbevoegde leier van ‘n onbekwame party. ‘n Party wat in die Mandela-era tydens die Kodesa onderhandelings toegewings gemaak het om die mag te kry, maar nadat hulle mag stewig genoeg gevestig was dit gebruik om hulle oorspronklike doelstellings te verwerklik. Die gevolge is daar vir almal wat dit wil sien. Mnr Zuma is dus nie die probleem nie, maar die gevolg van die eintlike probleem, naamlik die ideologies gedrewe onvermoë van die ANC se derdewêreld struggle-ideologie- om ‘n moderne land soos Suid-Afrika te bestuur.

Heimwee na die Mandela era

Die nasionale reaksie op hierdie nasionale verval is ‘n heimwee na die Mandela-era, toe die staat nog gewerk het, rassebetrekkinge hartlik was, mense nie skaam was vir die President nie, en daar nog nie soveel geweldsmisdaad, staatsverval en rassewette was nie. Dis heimwee wat gedryf word deur die gevolge van sy opvolgers se swak leierskap, wat dreig om sy nalatenskap te vernietig. Die Mandela-era het ‘n standaard gestel waaraan die ANC in die toekoms gehou sal word, ‘n standaard waaraan hulle nie kan voldoen nie, omdat hulle die staat se vermoë om die land suksesvol te regeer en te bestuur sélf te ver afgetakel het. Die ANC kan maar aanhou om die verlede te beskuldig, maar die grootste probleme is tuisgemaak- deur die ANC self. Die ikoniese status van Mandela is nie genoeg om die verval in die land om te keer nie, maar dit stel ‘n belangrike standaard om die ANC in die toekoms te meet. Dit is nie nou al moontlik om te onderskei tussen die werklike Mandela en die wêreldbeeld van Mandela nie, die geskiedenis sal nog daaroor uitspraak gee.

Nelson Mandela was ‘n waardige leier wat die ANC met groot bekwaamheid tot ‘n oorwinning gelei het. ‘n Oorwinning wat deur gesiene joernaliste soos Patty Waldmeir as ‘n “onderhandelde rewolusie” beskryf is- iets wat eers lank na die Mandela-era vir almal duidelik geword het. Mandela het die land met wysheid gelei, en was die simbool van die nuutgevonde nasionale eenheid na 1994.

Die politieke wittebrood van die Mandela-era is ongelukkig nou lankal verby, en almal wat lief is vir hierdie mooi land en sy mense sal die hand aan die ploeg moet slaan om nie die “laaste hoop van Afrika” te beskaam nie. Suid-Afrika verdien beter.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Charlotte Barnard ·

Baie dankie Flip, dit plaas die huidige politieke klimaat van Suid-Afrika in ‘n feitelike perspektief. Dankie vir die goeie werk wat julle organisasie doen. Doen so voort!

Ebert Terblanche ·

Dankie vir ‘n baie goeie meningstuk en beknopte samevatting van die afgelope twee dekades se politieke gebeure.

Ek wil egter op die laaste stelling, dat Suid-Afrika beter verdien, reageer.

Ek stem nie met hierdie stelling saam nie. Ek dink Suid-Afrika se mense verdien beter, maar dat Suid-Afrika as sentrale staat, deel van die probleem is.

Die artikel stel heeltemal tereg: “Maar dis nie so eenvoudig om net mnr Zuma vir die land se toestand verantwoordelik te hou nie. Hy is maar net die onbevoegde leier van ‘n onbekwame party.” Hierop wil ek byvoeg dat dit nie slegs die ANC wat verantwoordelik gehou kan word vir sy onbekeaamheid nie. Hy is maar net in beheer van ‘n onwerkbare politieke entiteit.

Suid-Afrika as sentrale staat sit met al die slegte nagevolge van koloniale grensafbakening waarmee die res van Afrika worstel. Volke soos die Sotho en Tshwana word deur sy grense verdeel terwyl die staat nooit oor die vermoë (selfs toe die staat nog onder Mandela gewerk het) beskik het om die geldige, maar uiteenlopende, behoeftes en botsende belange van die mense in die land te verwesenlik nie.

Om Suid-Afrika soos hy tans daaruit sien te probeer regeer is soos om met ‘n sak klippe te probeer swem. Geen politieke party van die Sappe tot die Natte en nou die ANC kon ‘n sukses daarvan maak nie. Dit voorspel nie goeie dinge vir die ANC se opvolgers nie.

Wat ons benodig is ‘n degesentraliseerde, federale bestel, geskoei op die suksesvolle voorbeelde van veelvolkige state elders.

Awie ·

Met alle respek aan die Mandela familie. Ek deel glad nie Flip Buys se stellings oor die standaarde tydens Mandela se presidentskap nie. Inteendeel geweldsmisdaad het vanaf sy vrylating, nog 4 jaar voor die NP regering oorgegee het aan swart meerderheids regering begin toeneem. Plaas aanvalle-ongesiens voor 1990 in SA het begin en eskalerende misdaad. SA het inderdaad toe al begin agteruitgaan. Regstellende aksie, waarteen Solidariteit en Afriforum nou met hart en tand baklei, is ‘n wet wat in Mandela se tyd ingestel is, so ook SEB. So, ek weet nie of Flip hom ook nou verheerlik en net ‘n huldeblyk bring nie, maar vir my was hy nie so ‘n groot staatsman of leier soos wat die wêreld hom nou voorhou nie.

Theresa Papenfus ·

Ek mis omtrent nooit iets wat Flip Buys skryf nie. Baie dankie vir hierdie nugtere, gebalanseerde artikel en die waardige verskil wat julle maak, dikwels te midde van giftige beledigings en kritiek.

Danie Kriel ·

Ek is geneig om saam te stem met Awie. Mandela was nie die heilige, onkreukbare wese wat deur die linkse media in SA en die buiteland aan ons voorgehou word nie – dit was bloot ‘n voortvloesel van die ANC se kommunistiese en Anglo-Amerikaanse propagandaveldtog wat oor jare en jare teen die Calvinistiese Afrikaner gewoed het. Mandela was ‘n terroris en kommunis, ‘n Afrikanerhater sonder gelyke. PUNT. Die soetsappige storietjies dat hy deur die ou NP-demone
tronktoe gestuur is omdat hy teen apartheid gekant was, word weerspreek deur historiese en
gedokumenteerde feite. Hy was aangekla van hoogverraad, wat ‘n halsmisdaad was, maar dit is later verwater (dit rym nogal!). My goeie vriend Flip Buys sê tereg dat dit nou nog te vroeg is om Mandela op ‘n objektiewe wyse te beoordeel.

Flip Buys ·

Ebert, ek stem saam dat SA nie net ‘n nuwe regering kort nie, maar ‘n nuwe bedeling nodig het. Die probleem gaan dus veel dieper as mnr Zuma of die huidige ANC. Ek probeer ook glad nie mnr Mandela verheerlik nie- maar die tyd vir dieper ontledings sal nog kom. Flip

Deon ·

Beste Flip, dit was nie Mandela se skuld dat Suid-Afrika gaandeweg verswak het nie – die realiteite was bekend – dit was kortsigtigheid en hoogverraad van FW en Pik om die landsbestuur te oorhandig aan onbeholpenes sonder om voorsiening te maak vir ‘n provinsie of tuisland of voorkeur gebied vir hul eie Volk voor onderhandelings en ononderhandelbaar. As jy die Volk verteenwoordig en die ANC raak bang en bied jou ‘n land aan sal jy dit ook mos aanvaar. Die ANC het nie die land verwerf nie, dit was ‘n wilsbesluit van die NP-AB-NG troika om ons geboortereg te oorhandig omdat hulle moeg geword het of vir ander sinistere redes soos om te dink hulle kan die meerderheid swartes uit landsbestuur uit negeer. Maar dis nou ‘n gegewe. Gaan jy al die bewegings waar jy invloed het gebruik om die Volk te mobiliseer vir die opeis van Selfbeskikking of word die politieke verkiesingsproses gebruik om eendag miskien saam met die DA die ANC te wil hokslaan in die parlement? Ek vertrou net die geldmaak van lede raak nie later meer aantreklik soos dit was met die NP as Volkswaardes nie.

Joffre Papenfus ·

Mandela was uit die staanspoor ‘n geweldenaar en het enduit geweld op onderduimse wyse aangeblaas. Hy was egter ‘n meester van die kuns om te verseker dat ander in die openbare oog sy vuil werk doen.

Terwyl ons sekerlik kan ruimte laat vir ander wat ‘n persoon se heengaan wil betreur, is daar die waarheid wat steeds verdoesel word:

Voordat ek ´n paar gedagtes deel, enkele aanhalings wat belangrik is:
“At the end of the day, I said, violence was the only weapon that would destroy apartheid …
I began to sing a freedom song, the lyrics of which say, There are the enemies. Let us take our weapons and attack them.” [1953]
“In my mind we are closing a chapter on the question of a nonviolent policy.” [1961]
“I argued that the state had given us no alternative to violence. Chief Luthuli … initially resisted my arguments. But we worked on him the whole night … In the end he was persuaded.” [1961]
“For myself, I have never regretted my commitment to the struggle” [1995]

Die voorgaande is aanhalings (my eie klem) deur Nelson Mandela in sy outobiografie: uit die staanspoor was hy ´n voorstaander van geweld; na sy formele pleidooie ten gunste van geweld (1961) word hy mede-stigter (leier van ´n driemanskap) van MK, wat sou voortgaan om duisende se lewens te neem deur geweld.

Vandag weerklink herinneringe en oproepe “om te onthou” – en daarom wil ek een en almal vra dat ons moet onthou:
Kerkstraat 1983
Landmyn voorvalle reg deur die 1980’s, wat vele gedood en vermink het
Bom ontploffings in openbare plekke reg deur die 1980’s, wat meer gedood en vermink het
Bomme en dreigende aanvalle op skole
Brutale moorde op die veiligheidsmagte, meermale dood geslaan of dood gebrand
Grootskaalse sabotasie van infrastruktuur
St James kerk aanval 1993

Ja, kom ons onthou ook:
Sharpeville 1961, toe gewapende skares tot aanval oorgegaan het teen die polisie
Soweto 1976, toe die geweldenaars agter kinders geskuil het
Die daaglikse petrolbom-aanvalle, stenigings en “necklace”-moorde in swart woongebiede

Maar by uitstek moet ons ook onthou van duisende volksmoord-slagoffers sedert 1994 ….

Hiermee wil ek nie enige standpunt rondom die sogenaamde “struggle” beredeneer nie:
Die omvangryke geweld en lewensverlies spreek van vanself;
so ook “For myself, I have never regretted my commitment to the struggle”

En die nalatenskap van die sogenaamde nuwe suid afrika spreek ook duidelik!

Boelie Brand - Beste in die land ·

Dagsê Flip

Dit is so, dat in die konteks van post-apartheid Suid-Afrika, Mandela beskou kan word as die beste president wat die land tot dusver gehad het. Veral gemeet teen die presidentskap van die skandbevlekte Jacob Zuma, kan mens verstaan waarom daar heimwee was na die Mandela era.

Ek dink egter dat die mensdom as gevolg van die massiewe hoeveelheid propaganda rondom die man, sekere dinge miskyk in terme van sy presidentskap (asook van die voorafgaande gedeeltes van sy lewe).

Die eerste hiervan is die grootskaalse elemente van korrupsie in die staatsdiens wat in werking getree het tydens sy termyn. Geen kind of kraai durf waag om Mandela se betrokkenheid hierby te bevraagteken nie, dit terwyl:
– Die omstrede wapentransaksies onderhandel en gefinaliseer is gedurende Nelson Mandela se ampstermyn
– Daar sterk bewyse is daarvan dat die maatskappy Thyssen-Krupp, wat die kontrak gekry het om Suid-Afrika met oorlogskepe te verskaf, groot bedrae geld aan onderskeidelik die Nelson Mandela kinderfonds en ‘n ander liefdadigheidsorganisasie waarby sy vrou Graca Machel betrokke was, oorbetaal het.

Tweedens moet in ag geneem word sy hegte vriendskappe met diktators soos Fidel Castro en Muhammar Gaddafi en die feit dat hy deurlopend geweier het om hulle menseregteskendings te kritiseer.

Daar is nog vele voorbeelde daarvan dat Mandela nie die man is wat die media hom voor uitgee om te wees nie, te veel om in die kommentaarseksie op uit te brei. Dit is gewis so, dat sonder Mandela die ’94 oorgang veel slegter kon verloop het. Maar laat ons asseblief nie meegesleur raak in die massa-aanbidding van hierdie man nie.

Daarby gesê, Flip, het ek groot agting en respek vir die groot selfbeheersing waarmee die leiers van onderskeidelik Solidariteit en Afriforum hulle uitsprake maak.

marinus de jong ·

Ons slaan ons oe op na die berge waar sal ons hulp vandaankom? Ons hulp Afrikanervolk kom van die Here! Laat ons terugkeer na ons Hemelse Vader ons kerke loop leeg en die geboue verkoop waar is ons heen op pad? Dankie vir die mooi stuk wat ons kon lees hierbo wat gaan ons doen? Hande vat met mekaar en saam ons land weer opbou? Met ons oe en harte gerig op Christus! Amen

emiel ·

Al hierdie lofliedere vir iemand wat sy produktiewe lewe geweld teen burgerlikes beplan en gepleeg het, wat tot en met sy vrylate geweier het om geweld af te sweer, wat behalwe vir sy kinderlike thesis “How to be a good Communist” geen intelektuele idees nagelaat het nie; wat a.g.v.sy nalatigheid honderduisende van sy mede swart burgers tot ‘n VIGS dood verdoem het; wat betrokke was in geweldadige komplotte soos die Shell Huis gebeurtenis ens. ens.

Danie ·

Danie Kriel en Emiel.julle kommentaar is regtig baie eensydig,en die argumente wat julle gebruik kom so reg uit die apartheidstyd.toe daar nog gewapende konflik was.
Julle kan nie ontken dat apartheid tot groot onregte en diskriminasie teen swart mense en bruin mense gelei het nie.As mens die verlede beoordeel,beoordeel dit in die geheel,en kyk ook na die tydperk van apartheid uit die oe van swart mense en bruin mense wat onder apartheid gelei het.
Wat van swart en bruin mense wat van grond afgesit was bv,of die feit dat hulle aparte ingange bv by die poskantoor moes gebruik,of pasboeke moes dra,Kortom hulle het nie dieselfde geleenthede as blankes gehad nie.
Daar was baie wreedheid onder apartheid en ek vir een sal apartheid nie verdedig nie,want mens moet aan die einde van die dag besluit wat is reg en wat is verkeerd.
Dit is teen die agtergrond van die geskiedenis wat Mandela die ANC se leier geword het en n opstand beplan het.In sy oe wou hy net sy mense bevry.
Alle kante het foute gemaak,en vandag se ANC glo ek is nie die ANC van Mandela nie.Die ANC van Zuma is net ingestel op sefverryking.En hulle gaan al hoe meer die rassekaart speel om aan bewind te bly.Ek glo hulle gaan nog skeur daaroor.
Toe Nelson Mandela staatspresident geword het,na 27 jaar in die tronk,was hy n baie waardige staatsman,met geen haat teenoor die mense wat hom vantevore in die tronk gesit het nie.Om die waarheid te se,was hy sy hele lewe n baie waardige man,en n gebore leier.
Nelson Mandela het nie verniet n wereldwye ikoniese status bereik nie.Almal het sy foute,maar op die ou einde het hy geveg vir die regte van sy mense om vry te wees,sonder om ander mense,ook Afrikaners se regte weg te neem.Ons grondwet is tog onder sy bewind aanvaar,al het baie mense daaraan geskaaf.
Dit is waar dat onder Zuma terugbeweeg word tot omgekeerde diskriminasie,en korrupsie is aan die orde van die dag.Die land gaan onder Zuma net verder agteruitgaan.
Dit is teen hierdie agtergrond wat mnr Flip Buys die Solidariteitsbeweging begin het,want die regering gaan nie na Afrikaners en minderhede omsien nie,so hulle sal hulself moet help.Dit is sy visie.
Dit is n nuwe reddingsdaadbond tipe organisasie.Dit is hoekom Afriforum bv daar is,om menseregte wat die grondwet bied te beskerm.Solidariteit het reeds reuse oorwinnings in die howe behaal.en daardie oorwinnings skep presedente.
As ons die geskiedenis beoordeel,kom ons beoordeel dit in die geheel.en kyk na alle relevante feite.

Louis ·

Vriende,

dalk is die vraag eerder hoe die staatshoof(onthou hy was die hoof van die Staat RSA of u hom as staatshoof wil erken of nie en of u hom wettig so wil erken of nie, die regerende party van die dag het voorgegee dat hul die mandaat van die Afrikaner geniet het en niemand het op ‘n wettige wyse aanhoudende beswaar aangeteken teen die bewindsoorname of -weggee nie) homself gehandhaaf het en of hy werklik ‘n goeie leier was.

Die antwoord op bogenoemde moet wees dat hy ‘n baie beter bedeling beding het vir sy eie volk as wat ons onderhandelaars vir die Afrikaner beding het, hy was ‘n goeie leier en hy het die versoeningsgedagte so tuisgebring dat almal dink dat die ANC die verlede sou vergeet het. Verder, hy was waardig van gestalte, hy het goeie uitsprake op die regte tyd gelewer, sy stem het gewig gedra, waarom sou ons dan voel dat hy nie ‘n goeie leier was nie? Was die Romeinse keiser wat die weerspannige stad Jerusalem in 70 n.C. met die aarde gelykgemaak het, ‘n goeie leier vanuit die Romeinse RYk se oogpunt gesien, of ‘n slegte leier vanuit die Israelse oogpunt gesien?

Elke leier doen wat die beste is vir sy mandaat en nie noodwendig wat die regverdigste is vir die geheel nie en dit is wat die oud-staatshoof gedoen het, hy het die beste beding vir sy eie mandaat.

Vriende, my ontleding was bloot ‘n oorsig van die politieke prosesse waardeur die land gegaan het, en nie ‘n waardeoordeel oor Mandela se ikoniese status nie. My beskrywing was ‘n waarneming van wat gebeur het, en beslis nie ‘n ‘bevinding’ dat hy ‘n Heilige was nie. Ek respekteer hom en wat hy bereik het, maar bewonder hom en wat hy gedoen het nie. Dit kon slegter gegaan het, maar dit kon ook beter gegaan het. As hy in 1960 oorgevat het, het SA deur dieselfde prosesse as die lande noord van ons gegaan, en was dit nie nou ‘n taamlik moderne land nie.

Wat ek wel bewonder, is dat (ten spyte van sy lang tronkjare), hy ‘n meer suksesvolle politieke leier vir sy mense was as die destydse Afrikanerleiers oor die spektrum. Daarmee bedoel ek dat hy ‘n beter bedeling (uit ‘n ANC-oogpunt) vir sy mense bewerkstellig het as wat Afrikanerleiers kon regkry.

Maar die tyd vir ewewigtige ontledings sal nog kom. Ek het al 6 die land se Presidente ontmoet, vanaf PW Botha tot Zuma, en sal nog daaroor skryf. Laat ons nou eers respek betoon vir die dood. Die ironie is dat hoe hoger sy beeld nou opgeblaas word, hoe slegter vergelyk die huidige ANC daarmee.

Frik Lotz ·

Nelson Mandela was maar net n mens soos elkeen van ons. Die omstandighede was egter net reg vir hom en die ANC om gesien te word as die bevryders van die swartmense. Die persepsie is ook in die buiteland gevestig dat Mandela n messias is wat mense gaan bevry van apartheid en n utopiese Suid Afrika daarstel. Netso het Mandela en die ANC die NP uitoorlê en die beste bedeling beding vir hul mense. Die Afrikaner is deur die NP in die steek gelaat. Die enigste party wat wel iets kon beding vir die Afrikaner,was die Vryheidsfront. Vandag staan die VF Plus aan die voorfront en veg vir die Afrikaner se regte en die regte van minderhede in die land. Ons kort n nuwe bestel en minderheidsregte en selfbeskikking is van die belangrikste komponente in so n nuwe bedeling.

Nelson Mandela was n gewone mens nes elkeen van ons. Die omstandighede en tyd was egter perfek vir hom en die ANC om n impak te maak. Gepaard daarmee het die ANC ook die NP uitoorlê by die onderhandelinge. Die ANC kon die beste bedeling beding vir hul mense,maar die NP kon nie dieselfde doen vir die Afrikaner nie.Slegs die Vryheidsfront kon destyds iets positief beding vir die Afrikaner en met spesifieke verwysing na selfbeskikking soos vervat in artikels 235 en 185 van die grondwet. Vandag is die VF Plus op die voorfront om te veg vir die Afrikaner se regte en die regte van ander minderhede. Suid Afrika het n nuwe bedeling nodig en selfbeskikking en minderheidsregte is belangrike komponente in so n nuwe bestel.

Frik,watter konkrete voorstelle oor selfbeskikking,en hoe dit tot uitvoer gebring moet word het die Vryheidsfront tydens die onderhandelinge op die tafel gesit?Die Vryheidsfront was die hele tyd gevra om met konkrete voorstelle te kom,en ons wag vandag nog vir die konkrete voorstelle.Die Grondwet wat die destydse NP onderhandelaars help beding het,is een van die gevorderste ter wereld,wat ook vryheid van assosiasie waarborg.As almal dieselfde regte het,kan almal mos die geleentheid kry om erens te kom,en die Afrikaners sal ook n bestaan kan maak.
Wat wel n groot probleem is,is omgekeerde diskriminasie.Hieroor sal regtig koppe bymekaar gesit moet word en ook die Grondwet gebruik moet word om dit te beveg.Die regering wat ons nou het onder Zuma ,en Zuma se waardes is baie anders as Mandela sn,sal nie regkry om die ekonomie te groei nie,daarom sal hulle al hoe meer en meer moet diskrimineer en wegvat van veral blankes,want anders sal hulle nie hulle ondersteuners gelukkig kan hou nie.
Die VF+ sien ek nie as die antwoord nie.Die party wat ek as die antwoord sien is die party wat omgee vir alle Suid Afrikaners,beslis ook Afrikaners,en daardie party is die DA.Die DA is die antwoord want dit is n party gebou en geskoei op waardes en gelykheid vir almal.
Dit is n party wat alle Suid Afrikaners wat dieselfde waardes deel bymekaar uitbring.Die redding en die toekoms van hierdie land is om te staan vir waardes.Die DA sal veg vir die Grondwet en dat dit eerbiedig moet word,maw geen diskrimasie teen enigeen.n Mens kan wit,bruin of swart wees maar tog aan dieselfde waardes glo.
Die VF+ soek net die steun van wit mense,net soos die ANC,onder Zuma,en Malema net die steun van swart mense soek.Beide glo aan rasse politiek.
Omdat die VF+ net die steun van wit mense soek,sal sy steun altyd ver onder 1% van die stemme wees.Watter verskil gaan julle daarmee maak?
Ek ondersteun eerder n party van waardes soos die DA,want ek weet dit is waardes wat my mense gaan beskerm.

AmY ·

Al wat ek weet, is dat toe hy uit die tronk gekom het, het veiligheidhekke en heinings en 6 en 8 voete hoë mure die inding geword. Al’s het verander met daai man se vrylating. Nee wat, hy is geen held of ikoon vir my nie. Jammer.

Kyk na sy gesig toe hy jonger was. Dit maak my vrêk-bang. Ek wil die vlaktes inhol, so wreed is dit.

Nee wat. Het hom nooit vertrou nie.

Matt Heyns ·

Apparently President Putin did not attend the Mandela Funeral and did not pay homage to Marduk as the new king of Africa because he refuses to submit to the Draco system which would produce nothing but more suffering and painful death for his Russian Citizens. He appears to have become informed that Marduk and his Dracos are the Third Force and are attempting to take over the whole world, only this time they will turn on those that served them in the greatest betrayal in history, one that will make the “Night of the Longknives” look like child’s play.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.