Die IRV neem stryd oor eiendomsreg na buiteland

frans-cronje-irr

Dr. Frans Cronje, uitvoerende hoof van die IRV en ander leiersfigure van die instituut is tans op ‘n buitelandse veldtog om eiendomsreg in SA te beskerm. Foto: Instituut van Rasseverhoudinge/Youtube.com

Deur Marius Roodt

Leierfigure van die Instituut van Rasseverhoudinge (IRV) is hierdie maand op pad na verskeie hoofstede in die buiteland met hul veldtog om die eiendomsreg van alle Suid-Afrikaners te beskerm.

Frans Cronje, uitvoerende hoof van die IRV is reeds in die VSA, en Terence Corrigan, projekbestuurder, beplan om hierdie week nog na Europa en Engeland te vertrek om met beleggers, ontleders en ander belangstellende partye te vergader betreffende die implikasies van die voorgestelde beleid van onteiening sonder vergoeding (OSV).

Die gevare van OSV en die langtermyngevolge wat dit op Suid-Afrika en al sy mense sal hê, vorm deel van die IRV-veldtog.

Ná verskeie inisiële openbare en privaat vergaderings verlede week in Washington, het Cronjé die volgende te sê gehad: “Daar is sonder twyfel partye in die Amerikaanse hoofstad wat ongemaklik voel oor die wyse waarop Suid-Afrika sy verhoudinge met die VSA hanteer en wat glo dat Pretoria probeer misbruik maak van die VSA se goedgesindheid. Daarby is hulle bekommerd oor hoe die OSV-kwessie Suid-Afrika se VN-stemrekord gaan beïnvloed en die toekoms van VN-Suid-Afrika-verhoudinge sal affekteer.

Min gebeure het Suid-Afrika in die verlede so aangegryp soos die OSV-kwessie – dit sal geensins ’n oordrywing wees om te sê dat dit die mees belangrike beleidsdebat is wat in ons land gehou sal word sedert onderhandelings om apartheid te beëindig en ’n nuwe konstitusie in die vroeë- en middel negentigs te implementeer nie. Daar bestaan ’n aantal wanopvattings oor die OSV, en die IRV het intussen hard gewerk om te verseker dat die publiek bewus is van die gevolge indien hierdie beleid geïmplementeer sou word.

Een van die grootste misdade van apartheid-Suid-Afrika was dat die eiendomsregte van swart Suid-Afrikaners onseker was. Maar onder ’n bewind met ’n OSV-beleid, sal die eiendomsregte van álle Suid-Afrikaners onseker wees. Dit sal ’n klap in die gesig wees teen alle sosiale en gemeenskaplike vooruitgang wat sedert die einde van apartheid in 1994 gemaak is. Gemiddelde inkomstes sal vinnig daal, dienslewering sal verder agteruitgaan en daar sal ’n uittog van belegging en vaardighede wees – en hierdie keer sal dit nie slegs wit Suid-Afrikaners wees wat die land verlaat nie.

’n Gemeenskap waar eiendomsreg nie ’n sekerheid is nie (wat beslis die geval in Suid-Afrika sal wees indien die OSV geïmplementeer word) kan nie voorspoedig wees nie – ’n mens kan maar net kyk na die mislukte sosialistiese eksperimente van die 20ste eeu, die meer onlangse ekonomiese rampe van Venezuela en, op eie drumpel, Zimbabwe.

Voorts is eiendomsreg die hoeksteen van enige demokrasie. ’n Gemeenskap waar mense se eiendomsreg verseker/veilig is, is ’n gemeenskap waar individue teen ongewenste ingryping deur die regering, beskerm word. ’n Gemeenskap wie se eiendomsreg seker en veilig is, beteken dat die mense ook veilig kan wees in die wete dat hul bates hulle s’n is, gepaardgaande met die nodige waardigheid wat dit verskaf, en dat dit nie arbitrêr op beslag gelê kan word nie.

Hiervoor, vir die eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners, het die IRV sedert 1929 geveg en sal voortgaan met die stryd so lank as wat dit nodig blyk te wees.

Die IRV se toer na die buiteland vorm die tweede fase van ons stryd teen OSV en volg op die eerste fase wat verskeie aspekte behels het. Een daarvan was die uitgebreide dekking in die media betreffende ons standpunt oor OSV en eiendomsregte – albei is gedoen deur middel van meningstukke asook onderhoude met verskeie nuuskanale.

Ons eerste fase het ons voorlegging aan die parlement op 15 Junie ingesluit. Hierdie voorlegging het ons op die IRV se webblad beskikbaar gestel, waar lede van die publiek dit kon onderskryf. In minder as twee weke het nagenoeg 60 000 Suid-Afrikaners uit verskillende lewens- en kultuurvlakke die voorlegging onderskryf – waaruit ons ons argument en stryd teen OSV uiteengesit het. IRV-personeellede het selfs Kaapstad toe gereis om ons voorlegging, sowel as die voorleggings van ander wat dit onderskryf het, persoonlik aan die parlement te oorhandig.

Frans Cronje het reeds met ’n wye verskeidenheid van belangstellende partye vergader, insluitend verteenwoordigers van die Amerikaanse regering. Tydens sy besoek aan die VSA, het hy ’n kragtige toespraak by die hoogaangeskrewe Cato Instituut gelewer oor die bestaande rigting wat ons land inslaan. By die Cato Instituut het hy ook ’n omvattende dokument bekendgestel waarin die gevare van OSV asook moontlike oplossings vir die land se grondhervormingsvraagstuk uiteengesit is.

Daarbenewens het Cronje ook met lede van die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington DC ontmoet – die IRV het hom daartoe verbind om ’n oplossing vir die debat oor OSV te vind, en onderhandelinge met ons regering is van kardinale belang om só ’n weg te vind na volhoubare en ekonomies uitvoerbare grondhervorming.

Die IRV is bekend vir die gehalte van sy ontledings en die werk wat ingesit word om toekomstige ontwikkelings te modelleer, en ons wil hierdie vaardighede op ons buitelandse toer inspan om ’n eerlike assessering voor te lê aan diegene wat om advies gevra het. Ons wil die oordrywing en grootspraak, wat in sekere gebiede reeds posgevat het, en die selfvoldaanheid wat in ander heers, voorkom. Ons wil ook die ontwikkelings ten opsigte van OSV binne die kort- en langtermynkonteks daarstel.

Die derde fase van ons veldtog teen OSV sal ’n bekendmaking wees van ’n antwoord op die grondhervormingsvraagstuk, gepaardgaande met beleidoplossings wat op bewyse gebaseer is. Vir ons land sal dit nie alleen ’n weg vorentoe bied nie, maar ook ’n voorstel wees om grondhervorming op só ’n wyse aan te pak dat daar behoorlik aandag gegee sal word aan onregte in die verlede sonder om die ekonomie te skaad.

Die IRV sal aanhou om die eiendomsregte van alle Suid-Afrikaners te verdedig, soos ons vir die afgelope byna negentig jaar (sedert 1929) steeds doen.

  •  Marius Roodt is ’n veldtogbestuurder by die Instituut van Rasseverhoudinge (IRV).
  • Sluit aan by die IRV om die instelling van onteiening sonder vergoeding teen te staan. Besoek die IRV se webblad vir meer inligting of stuur ʼn SMS na 32823.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan ·

Dankie vir die IRV se pogings, dit is van kardinale belang dat die buiteland van ons benarde posisie ingelig word.

thinus ·

IRV die Wereld Bank het reeds onteiening sonder vergoeding in SA goedgekeur. Druk hul in ‘n hoek en vra dat hulle standpunt ook uitbrei na Zim waar OSV reeds plaasgevind het.
Indein hul dit daar ook gekeur, vra of hul die huidige stand van A landbou en B totale ekonomie van Zim kan verklaar aan die hand van die suksesvolle OSV wat daar plaasgevind het, en of die proses die arm meerderheid bevorder het.
Indien hul die prosese en uitkoms in Zim nie kan goedkeur, vra hulle hoekom dink hul dit in SA gaan werk en wat is die verskil.
In elk geval is hul spul skelm tweegesigte en hulle sal geen bevredigende antwoord kan gee behalwe: “But because of Apartheid………”

Trots man ·

As ‘n trotse man kan ek se dat ek nog altyd opgekom het vir vroue en dat ek self nooit vroue sleg behandel het nie maar nog altyd met die grootste respek behandel het. My mansvriende kom ook op vir vroue en die wat nie doen nie het ons uit die vriendekring gewerk en kwaai aangespreek. Alle manne moet man tot man gesprekke he met ander manne wat nie vroue met respek behandel nie.

christa ·

ek kan nie sien wat het na 1994 gebeur wat goed was nie. Die dorpe en stede is vieslik vuil, die diens waar jy gaan is uiters swak en indien jy nog gehelp word, word daar nog met ander mense tussendeur gesels. Alles het agteruit gegaan. Korrupsie is hoof doel van die nuwe SA. Nooit was daar sulke getoi-toi en onluste nie, as daar was is dit gou uit gesorteer. Deesdae is daar elke dag ‘n staking en verwoesting die polisie en die Weermag is geensins meer om te respekteer nie. Die regstelsel is so eenrigting in gestel georienteer.

Trots man ·

My boodskap was eintlik bedoel vir n ander artikel, jammer.

Dankie ·

Noem ook asseblief die menseregteskendings wat gepaard gaan met voorbereiding vir onteiening. Noem dat die regering anderkant kyk, aanmoedig om grondeienaars te intimideer en te vermoor op groot skaal. Noem hoe onregverdig raskwessies in ons howe behandel word en dat SA al ver op ‘n afdraandepad van menseregteskendings is.

Henry ·

Wonderlike nuus!!!
Baie sterkte en groot sukses word julle toegewens.

Frans C ·

Weet iemand in hoeveel lande in Afrika privaat grondbesit toegestaan word?

bgj van der westhuizen ·

dit is tyd dat die swart mense in gelig word dat hulle moet onthou die wat wel eits het dit kan verloor wand daaris heel wat wat al huise en flats en besighied gekoop het dis hulle moet wakker gemaak word wand dit gaan hulle raak al se die regering dit is nie so nie

Eish ·

Uitstekende werk.
Ek hou al meer van die IRV se inisiatiewe. Hul hart klop op die regte plek!

Dirk Breytenbach ·

Gaan so voort asb. IRV en Frans Cronje, ten minste kan julle nie as verregs gebrandmerk word nie.

Liberaal ·

Enigiemand wat nie hulself aktief teen blankes uitspreek nie sal as verregs gebrandmerk word, welkom in die wereld van neoliberalisme waar minderhede nie meer so belangrik is nie.

Johann Basson ·

Geagte dr. Cronje en die IRV-span,
Baie dankie vir jul leierskap, waagmoed, en versiendheid. Ons beste wense vir julle op die pad van reg en geregtigheid. Niemand kan teen ware feite stry nie. Ons bid dat naasteliefde en geregtigheid in Suid-Afrika sal seëvier.

Jerry ·

Besoeke aan die buiteland vir hulp om druk uit te oefen op die SA regering teen OSV is n duidellike teken dat Afrikanerorganisasies begin besef dat hulle nie meer binnelands oor die spierkrag beskik wat hulle tot onlangs beskore was. Dit het dalk tyd geraak vir hierdie organisasies om eerlik te wees en dit hard en duidellik vir hulle lede te se sodat hulle lede ander en beter planne kan maak om te kan oorleef. Die Afrikaner kan nie bekostig om alles uiteindelik net te verloor net omdat hulle hulle hoop geplaas het op organisasies wat hard probeer het terwyl hulle geweet het dat sonder politieke mag, staatsondersteuning en werklike onafhanklikheid van die howe, kan jy maar eerder op jou kop staan en Sarie Marais fluit. Hierdie is desperate pogings wat die situasie net nog meer desperaat gaan maak. As jy nie swart is nie is jou dae getel, of dit nou oor n week is of eers oor 5 jaar, die punt is jou dae is getel. Beplan hiervolgens sodat jy beter sal kan oorleef.

Eish ·

Die Afrikaner gaan alles verloor wat hy opgebou het.
Die skakeling met die buiteland verleen n hefboom tydens onderhandelings. Soos die FW liefdadigheidsgroep politieke mag na die tafel gebring het. Kom jy met niks, gaan jy niks kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.