Die IRV se eerste 2019-verkiesingsvoorspelling

da-anc-eff

Argieffoto.

In die aanloop tot die verkiesing van volgende jaar bereik ons weer die tyd van kontrasterende meningsopnames en verkiesingsvoorspellings. Alhoewel die datum van 2019 se nasionale verkiesing steeds onbekend is, verhinder dit nie organisasies en politieke partye om solank te begin peil hoe die Suid-Afrikaanse kiesers volgende jaar gaan stem nie.

Die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV) het op 23 September 2018 hul eerste meningsopname van die opkomende verkiesing bekendgemaak. Volgens die opname word voorspel dat die ANC 52% van stemme gaan ontvang, die DA 23% en die EFF 13%. Die opname bevind verder dat geen politieke party meer as 51% in Gauteng gaan kry nie en dat grondhervorming ʼn lae prioriteit is vir almal wat aan die opname deelgeneem het.

Indien die afgelope drie jaar vir ons enige iets geleer het, is dit dat dít wat mense tydens opnames antwoord, nie altyd strook met waar hulle by die stembusse hul kruisies trek nie. Indien meningsopnames akkuraat was, het ons nie vandag Brexit of ʼn Donald Trump-presidentstermyn gehad nie.

Die eerste interessante punt van die IRV se opname is dat grondhervorming nie vir die meerderheid Suid-Afrikaners ʼn prioriteitskwessie is nie. Dit beaam vorige opnames deur verskeie organisasies wat bevind het dat die meerderheid burgers nie bekommerd is oor grondhervorming nie, maar eerder oor armoede, werkloosheid en oorweldigende misdaad. Die huidige proses rakende grondonteiening sonder vergoeding blyk niks meer te wees as ʼn politieke speelbal wat aangehits word deur die politiese elite nie.

Wat die voorspellings van die party betref, is die algemene konsensus dat die EFF se 13%-ondersteuning oordrewe is. Dit is belangrik om te onthou dat verkiesings bepaal word deur die mense wat op die verkiesingsdag opdaag. Die EFF se geskiedenis dui daarop dat die party se ondersteuners luidkeels voor ʼn verkiesing geraas maak, maar dat hulle nie so vol entoesiasme die moeite doen om op te daag en te stem nie.

Dit blyk dat die DA se ondersteuning effens gestabiliseer het na ʼn reeks van openbare flaters wat die party gemaak het. Ten spyte daarvan toon die opname dat die DA bestendige ondersteuning in middelklaswoonbuurte geniet saam met effense hoër ondersteuning in informele nedersettings. Die ANC lyk asof hulle ʼn harde hou gaan ontvang in die volgende verkiesing. Ramaforie gaan nie die party kan red nie.

Wat wel belangrik is om in ag te neem, is dat hierdie opname voorlopig en vroeg in die verkiesingstyd is. Slegs 1 000 mense se insette is gevra en die opname is telefonies gedoen. Hierdie opname moet egter met ʼn knippie sout geneem word. Alhoewel dit besonder interessant is en vir ons ʼn gedeelte van die prentjie skets, is dit hoegenaamd nie in klip uitgekerf nie.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Daniël Eloff

Daniël Eloff werk by Hurter Spies Ing., ʼn regsfirma wat spesialiseer in openbare belang-litigasie en is tans besig met sy meestersgraad in publiekreg. Hy is ook ʼn direkteur van AGENDA, ʼn nie-winsgewende organisasie wat hulself beywer vir die ontwikkeling van debat in Afrikaans in Suid-Afrikaanse skole en op ons land se tersiêre kampusse.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Rupert Ashford ·

Hier is my knippie sout Daniel. Die gesamentlike steun van die ANC en EFF sal so rondom die 66% vlak boer. Die verdeling tussen hulle sal afhang van hoe hard die ektremistiese trom geslaan word deur die ANC, maar feit is die hoop vir ‘n bewindsoorname deur sg gematigdes is nul.

Jerry ·

Stem saam dat 13% vir die EFF erg oordrewe is. CR gaan n haas uit die hoed trek met die ANC wat almal gaan verras!

Celtis Africana ·

Die plaasmoorde haas?
Die grondbesettings haas?
Die nuttelose ekonomiese stimulushaas?
Die aanstel van Afriforum op die artikel 25 komitee?
Na sy aard sal dit verseker weer n kulkunsie wees.

Afrikaanse Knaap ·

Ek hoop die Vryheidsfront Plus kry genoeg stemme om die meerderheid van die minderheid te wees sodat ons die regering kan gaan vra vir ons #Volkstaat.

Fortis ·

Die VF+ het definitief my stem, en ek hoop alle ander regdenkende Afrikaners s’n ook.

Jan ·

Die regering sal julle oukies iutlag.julee het niks nie. Nie wapens nie nie geld nie nie getalle nie julle is basies n klomp swakkelinge…

Eish ·

Ons bly maar tussen die duiwel en die diepblou see.
Dit sal wonderlik wees indien ons minderheidsgroepie wat Afrikaans besig tog maar kraal toe kom, weg van die Daliansie se beswymende lostrekkery soos n gebreide trui waar n paar steke laat val is.

apie ·

as Afriforum of Solidariteit partye was het ek vir een van hulle gestem.

Mrs H ·

Ons ook! Glo die uitslae gaan n stille verrasing wees wat niemand sien kom het nie. Soooo cool!

Hendrik ·

As ek twee stemme gehad het, sou die eerste vir die VF+ wees en die tweede vir mnr Patrick Terror Lekota se COPE.

Jakkalsdraai ·

Al is ek die laaste, sal ek bly stem vir die VF + – hulle het definitief my stem. Nou en vir altyd. Ek hoop nie dit sal ooit gebeur nie, maar indien hul nie meer bestaan, sal ek vir Terror Lekota stem. Virseker!!!! My hele familie handhaaf hierdie scenario.

Krummel ·

Hoe op aarde kan 52% kiesers nog vir die agbare stem? Dit wys mens net hoeveel mense in hierdie land ware integriteit het! Dit weerle ook die statistieke, dat daar kwansuis so ‘n groot % christene in hierdie land is. ‘n Christenmens sal nie hierdie leuens aanvaar nie.

Jan ·

Die anc lag vir julle oukies.julle het nie wapens nie.julle het nie getalle nie julle het nie geld nie en julle het nie invloed nie.net n klom swak en dom afrikanerkies…

Piet ·

Hierdie ou se twak word geplaas, sommer twee keer, maar my bydraes nie. Ek wonder indien ek n finansieele bydrae maak of my kommentaar dan geplaas sal word

Michelle ·

Ag ou Jan. Minstens het ek dan die regte ding gedoen. Jy en die ANC en EFF en wie ook al kan maar lekker lag, as dit al is waaroor dit vir jou gaan. Iewers in die toekoms sal die ‘grap’ lei na meer swaarkry, ongelukkig nog eers te ver weg vir mense soos jy om te besef wat gaan gebeur. Dus al weet ek my stem gaan wegraak tussen die massas, my stem sal gaan vir dit waarin ek glo en nie vir die massa nie. Staan sterk, ontwikkel bietjie ruggraat!

Jan ·

Piet ek sal enige tyd jou kommentaar plaas en jou mening luister.maar aan die einse van die dag is ek reg.sonder getalle kan geen spesie op aaede oorleef nie.die anc sien die afrikaners as n onbenullige ou groepie en ongelukkig is hulle reg…

Jerry ·

Beide die DA en VF dien sekere Afrikaner belange. Stem DA op nasionale vlak, hulle het die getalle teen ANC NDR programme soos OSV. Stem VF op plaaslike vlak, hulle het die Afrikaner inisiatiewe wat nodig is op voetsoolvlak.

Rover ·

Volgens my staan die ‘catch’ in die berig, ek haal aan uit die berig “…en dat grond herforming ń lae prioriteit is vir almal wat aan die opname deel geneem het.”

Dus dink ek dat nog nie al die meerderheid ‘stem krag’ opgeneem is nie.

JG ·

@ Jan(nie)…jy is op die verkeerde forum…Tellytubbies is nie hier nie…gaan laat jou Mammie jou doek ruil…

JG ·

@ Jan(nie)…jy is op die verkeerde forum…Tellytubbies is nie hier nie…gaan laat jou Mammie jou doek ruil…dwaas

JG ·

@ Jan…een baie belangrike ding wat jy nie wil of kan erken nie…die Afrikaner se saak is REG…en ons het die Lewende Skepper van alle dinge aan ONS kant…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.