Die korrupsieduiwel

Argieffoto

Hierdie week was dit weer so – die korrupsieduiwel woel behoorlik onder ons land en ons mense, sodat mens later nie meer weet hoeveel eerlikes daar in ons openbare lewe oor is nie.

Wat die openbare sektor betref, het hierdie naweek nuus gebring van ʼn verskeidenheid bekende politici en betrokkenes by staatsondernemings wat beveiliging van die omstrede maatskappy Bosassa ontvang het, asook ʼn klomp ontmoetings wat dit laat lyk asof ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma besig is om president Cyril Ramaphosa te ondermyn.

In die private sektor flikker die gevaarligte ewe helder, met die Steinhoff-debakel duidelik in die gedagtes, en die voormalige hoofamptenaar, Markus Jooste, wat mens nie veel wyser laat oor wat daar gebeur het nadat hy deur parlementslede ondervra is nie.

Wat staan ʼn mens te doen te midde van die korrupsie wat soos pokke op ons samelewing uitslaan en mens heel moedeloos kan laat?

Die eerste is om jou rol as Suid-Afrikaner te speel en elke stuk korrupte gedrag aan te meld sodat daarteen opgetree kan word. Dit verg dikwels moed, want dit skep moeite vir jouself wat dalk ook maar kon gebly het – of so sal die versoeking wel wees om soms te dink. Dit is egter nooit so dat dit maar kon gebly het nie – Suid-Afrika het van die strengste antikorrupsiewetgewing in die wêreld, en die enigste manier om dit te aktiveer en die skuldiges aan die pen te laat ry, is om dit te gebruik.

Die tweede plig wat jou te doen staan is om nie self by enige korrupte gedrag betrokke te raak nie. Dit is eerstens ʼn etiese en tweedens ʼn wetsargument. Wat die etiek betref, lui die ou spreekwoord dat die deler so goed – of in hierdie geval bepaald so sleg! – is as die steler. In ons alledaagse handel en wandel beteken dit betaal maar elke bietjie belasting eerlik, en moenie die verkeerspolisieman vir korting op die boete probeer omkoop nie.

Wat die wetsargument betref, is dit belangrik om te besef dat die omkoper kragtens Suid-Afrika se Wet op die Bekamping van Korrupte Aktiwiteite ewe skuldig is as die persoon wat omgekoop is. Ewe belangrik: die wet bepaal dat enigeen wat redelikerwys moes vermoed of geweet het dat omkopery of korrupsie aan die gang was, en dit nie aangemeld het nie, ook skuldig is aan ʼn strafbare oortreding. Dit is dus wetsgewys in jou eie belang om nie alleen self jou hande skoon te hou nie, maar ook alarm te maak as jy bewysbare vermoedens het – jy kan trouens gestraf word as jy dit nie doen nie.

Die laaste verpligting betreffende die bekamping van korrupsie is die opvoedingsplig. Elkeen met kinders moet hulle leer om eerlik en korrek op te tree. Dit beteken om dit in die praktyk in die huis te vereis, asook om die voorbeeld as ouers te stel in ons eie gedrag, en ook nie skelm gedrag bewustelik of onbewustelik op te hemel nie.

Alles sal regkom as elkeen sy plig doen. Dit geld ook vir die bekamping van die korrupte gedrag wat tans soos kakiebos in ons samelewing uitslaan.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

moeilik ·

Werk gekry deur ‘n lewenslange vriendin(nou nie meer) en moes toe uitvind dat skelm die reel is. As jy nie saamspeel nie verloor jy jou werk. Dis nie net een persoon wat in so ‘n plek skelm is nie. Almal is want as jy nie is nie werk jy net ‘n maand of twee vir ‘n hengse salaris en dan verloor jy jou werk.

Celtis Africana ·

Dit behoort in interressante artikel af te gee indien sielkundiges vir ons kan vertel hoe diegene besnaard is wat so lustig korrupteer.
Hoekom dit so ongebreideld toegeem het die laaste kwarteeu en watter pilletjie daar te drinke is vir die skeet.
Suiwer sielkundige evaluasie sodat ons nie in die slagysters trap wat so in oorvloed rondlê nie.

Jerry ·

Wanneer die gevaarligte van korrupsie in die privaatsektor begin rooi flikker dan moet jy weet die skrif is aan die muur. Die mense skep en maak hulle reg om te vlug omrede alle aanduidings begin dui daarop dat die popo die fan gaan strike! Mense gaan oor na survival mode en raak nou desperaat om n uitkoms te vind vir die gemors waarin hulle hulself bevind. Vir die ongelowiges en kleingelowiges is daar absoluut niks wat aandui dat dit beter gaan raak nie.

Willem ·

Ek dink ons het hier op die kommentae twee Jerry’s, die realistiese een hier bo en dan die ander een wat net wil versoen, ongeag.

Jerry ·

Willem, ek hanteer elke onderwerp volgens meriete, nie volgens vasgesemente sentimentele standpunte nie en ook nie wat mense wil hoor nie, maar wat mense moet hoor!

Jan Seerot ·

En jy reken jouself as gekwalifiseerd om met gesag oor ‘n onderwerp te praat, dit te analiseer en tot ‘n slotsom te kom wat ek as intelligente en kritieke leser, notisie móét van neem?
Jou eiewaan is ongevraagd en onvanpas.

Gemsbok ·

Steinhoff het geval weens bedrog en nie korrupsie nie.

Die verskil tussen die private sektor en die staatsdiens is dat Markus Jooste onmiddelik net soveel soos sy beleggers verloor het toe gerugte aan die lig kom terwyl die publieke sektor se skurke nog steeds in weelde en heldeverering omgaan.

Hoe groter ‘n organisasie, publiek en privaat, hoe groter is die skade wat hul kan aanrig. Daarom is die konsentrasie van mag deur die ANC en deur ons belaglike grondwet so gevaarlik.

Pvt ·

Daar is nog baie bedrog en korrupsie in SA besighede.
Ons het nie die “guts” om dit oop te vlek nie.
PIC se ondersoek gaan baie goed wees. Hou dop wie en wat gedoen word. Kyk bietjie waarin besit hulle meerderheid en dan krap verder en kyk na BBBEE. Dit is nog groter as wat nou gebeur.
Ons bejaardes se geld.

JAN ·

Die vrye mark is nie korrup nie. Daar is 10 staatsfunksies. Google.
Milton Friedman.
Wat korrup is is die Media.inligtings industrie. Soos 500 jaar gelede.
Trump is besig om WO 3 af te weer en ontsnap uit die Gulag diep moeras van Fake Info.
Hiermee is Afrkaners losvoor voortrekkers baanbrekers vir 50 jaar.

Jerry ·

Willem, Jan Seerot en Afri-Forum my eiewaan wat onvanpas en ongevraagd is waarsku julle dat julle intelligente vasgemesselde standpunte julle die argwaan op die hals haal van die ANC, EFF, BLF, die verontregtes, gematigdes en die buiteland! Julle boikotaksies gaan boikotaksies teen julself veroorsaak totdat julle weerstand verkrummel en julle versoen. As voorbeeld, julle en die boere wat nie versoenend optree se produkte kan geboikot word en ten duurste ingevoer word met julle eie belastinggeld totdat julle weerstand verkrummel en julle versoen. Soos julle kan sien, eiewaan stel my instaat om aksies en inisiatiewe gegewe n situasie te analiseer en te waarsku van wat die argwaan van gevolge kan wees. Intelligensie en kritiese lees stel julle weer instaat om in plaas daarvan om kommentaar te lewer op die onderwerp eerder kommentaar te lewer op my kommentaar wat aanduidend is dat ek julle tref daar waar julle graag nie getref wil word nie. Ek tref julle soos wat die meningsvormers veronderstel is om te tref, maar nie kan regkry nie. Julle kommentaar op my kommentaar is onversoenend, dreigend, uitdagend en beledigend wat geensins bydrae tot oop en eerlike debatvoering nie en glad nie goed is vir julle eie gesondheid nie. Dit pas my uiteraard soos n handskoen! Dit wil voorkom asof julle tot die besef kom dat julle, julle moses teegekom het, so ek stel voor dat julle ophou om teen die prikkels te skop en vir Moses begin luister voordat dit heeltemal nag raak!

JAN ·

AG NEE JERRY !!
ek is dan jou maatjie! verstaan jou strratigiese denke en beplanning – waardeer.
Maar ek kom nog nie agter wat jou operasionele strategie is nie.. Dit raak meestal nie grond nie – soos duiwelsadvokaat ??
Buitendien is ons rowe rou.
Waar die honde ons flenters gebyt het – sukkel om gesond te word. [paranoied is ek ja beslis.]
Doe voort met die toekoms en verdra ons ou spul bedswere met ons pyne en verwyte van dekades.

JAN ·

Die korrupste industrie wat tot die ondergang van ons blanke Christelike beskawing in SA gelei het is Tabak. WGO se opinie.
Mees toksiese voorkombare oorsaak van siektes ooit. en meeste korrup.
Verwoerd was die vyand van korrupte tabakverbouers in die tuislande.

[ geskik vir plasing onseker]

Paul ·

Paul Kruger het gesê, “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms”.

Die ANC regering sê, “Breek uit die verlede alles wat goed en edel is af, en bou daarop die toekoms”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.