Die land brand en julle eet koek

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Twitter)

Geagte president Cyril Ramaphosa,

Die land brand.

In Januarie steek misdadige studente die Howard College van die Universiteit van KwaZulu-Natal aan die brand. Ook in Januarie word nóg treine in die Wes-Kaap aan die brand gesteek. Tot soveel soos 140 treinwaens is die afgelope drie jaar in afsonderlike voorvalle aan die brand gesteek.

Op simboliese vlak is staatsondernemings aan die brand en in huise brand kerse. Die Suid-Afrikaanse ekonomie brand en poste word vernietig. In Januarie is ons geskok oor duisende werkers wat afgedank gaan word.

Steeds in Januarie steek die ANC kersies op ʼn verjaarsdagkoek aan die brand en sny die koek. Hulle lag en lyk gelukkig. Hulle vier die stand van die land. Die land brand en die ANC eet koek en drink sjampanje.

En ons gewone mense is kwaad oor die toestand waarin die land is. Terwyl ons die hitte beleef, praat die ANC oor ʼn beter lewe vir almal.

Ek praat graag met u uit my hart met die oog op die staatsrede op 13 Februarie.

Ek is ʼn gewone burger, man van my vrou en pa van my kinders wie se toekoms nou begin. Ek wil hê hulle moet hier bly en daarom kan ek nie stilbly nie.

Ek praat dus brutaal eerlik juis omdat ek nie wil hê die land moet misluk nie. Ek verlekker my nie in die staat wat verswak nie. Nee, ek treur.

Van al die ongelykhede in ons land is daar geeneen so breed soos die ongelykheid tussen die ANC se denkbeeldige prentjie van Suid-Afrika en die werklikheid nie.

Terwyl ons in die koerante lees oor binnegevegte en verskillende faksies in die Suid-Afrika van die ANC, sien ons elke dag hoe die regte Suid-Afrika begin inplof.

Beurtkrag het nou bykans ʼn daaglikse verskynsel geword. By u presidentswoning is die krag nooit af nie. U ministers weet ook nie hoe dit voel om in die verkeer vas te sit weens beurtkrag nie – hulle word deur blouligbrigades deur die verkeer gelei. Ons gewone mense dra die gevolge van die regerende party se mislukking. Ons is moeg van die donker en moeg daarvan om staatsverval in ons huise te beleef.

Mnr. Ramaphosa, die ANC baklei onder mekaar terwyl gewone Suid-Afrikaners om oorlewing moet baklei.

Die land en sy werkers word geoffer vir uitgediende, sentralistiese staatsideologieë.

In 2020 sien ons, weens ʼn krimpende ekonomie, ʼn bloedbad van afleggings oor alle bedrywe en sfere heen. Telkom, Samancor, Glencore, Massmart, Amsa, MultiChoice en soveel ander ondernemings moet werkers in hul duisende aflê. Slegs vier uit tien volwassenes in Suid-Afrika werk. Vir dié wat werk en dié wat nie werk nie, is daar geen rede om koek te sny en “Geluk liewe maatjie” te sing nie.

Ons is nie gelukkig oor die stand van sake nie.

Terwyl tallose Suid-Afrikaners in haglike omstandighede in die openbare gesondheidsektor behandel word en 144 gesinne van die Life Esidimeni-pasiënte oor onbevoegdheid treur, wil die regering nou die totale sektor nasionaliseer.

Terwyl daar na skuld gesoek word, tot sover terug soos Jan van Riebeeck, loop Suid-Afrikaners bekommerd rond oor ʼn land wat besig is om te misluk.

Terwyl 75% van skole disfunksioneel is, is dit Lesufi se missie om presterende Afrikaanse skole te teister. Terwyl die polisiemag verswak en die land verstom is oor die swak dissipline van polisieleiers by ʼn staatsbegrafnis, is Suid-Afrikaners oral onder misdaadbeleg.

Terwyl die res van die wêreld én die geskiedenisboeke bewys dat privaat eiendomsreg ononderhandelbaar vir sukses is, gaan die ANC net eenvoudig voort om eiendomsreg aan te val.

Eskom is die simbool van transformasie in Suid-Afrika. Daar is met trots van wit mense en institusionele geheue ontslae geraak deur plekmaakpakkette en rassetransformasie. Vandag sit ons in die donker en die regering publiseer strenger rassewette

Terwyl duisende staatsdienswerkers hard werk, wil u die staatspensioenfonds gebruik om in die Eskom-put af te gooi. Gewone mense se belastinggeld is by Eskom en talle staatsondernemings geplunder en gewone mense se pensioenfondse moet nou gebruik word om die gevolge van die plunderaars reg te stel.

Ons moet uit die krisis, maar die ANC skep geen voorwaardes om uit die krisis te kom nie.

Ons wil nie die 13de Februarie ʼn mooi toespraak oor die droomwêreld van die ANC hoor nie. Ons wil hoor van die werklike stand van die staat en ons wil hoor van daadwerklike ingrepe.

Dit sal ʼn dapper leier verg wat bereid sal moet wees om met uitgediende ideologie te breek.

Ons wil eerder hoor dat die staat minder gaan doen, inmeng en reguleer. Ons wil hoor dat hande van ons pensioengeld af gehou gaan word. Ons wil hoor dat eiendomsreg gerespekteer sal word.

Ons wil hoor dat die opwekking en verspreiding van elektrisiteit gedesentraliseer word. Ons wil hoor dat die oorregulering van die ekonomie – rasseregulering ingesluit – gestaak word. Ons wil hoor hoe buitelandse vertroue herstel gaan word.

Ons wil hoor dat openbare skole nie staatskole word nie en dat die magte van ouers nie gesentraliseer word nie. Ons wil hoor en die vertroue hê dat die staat ons sal beskerm.

Ons wil hoor hoe die staat sy verantwoordelikheid in die openbare gesondheidsektor gaan nakom en ruimte vir privaat mediese dienste sal skep.

Ons wil hoor dat die privaat sektor en die gemeenskap meer in staat gestel gaan word om probleme self op te los.

Ons wil hoor dat plunderaars vervolg gaan word. Ons wil van radikale ingryp hoor.

Op 13 Februarie 2020 is u geleentheid om as staatsman die land bó die party te plaas.

Ek is egter bevrees dat die party die ideologie bo alles gekies het. Ideologie is werklikheidsvreemd en dit is wat met die ANC gebeur het.

Die prys is ongelukkig ʼn land wat brand.

Groete,
ʼn SA burger wat treur

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Oujongvrou ·

Baie lang en feite gebaseerde brief, maar dis net ons paar wat dit lees. Ons kan niks daaraan doen nie. Ons raak net al meer deppresief. ????????????

Rooijan ·

Dit is hoe ek ook voel die ANC leierskap stel net nie belang nie want die sheeple sal aanhou stem

Hermann P ·

Ai Dirk, dink jy nou werklik toordokter Ramaja ( Glenys Lynne ) of die ANC gaan ‘n traan stort oor hierdie pleidooi. ‘n Mors van tyd.

Luister gerus na bg liedjie se woorde. nogal ‘n ooreenkoms met jou pleidooi.

Antionette ·

Ek hoop en bid dat hierdie brief in Engels, Venda en Sotho aan hom gestuur is sodat hy die erns vd saak sal verstaan.

SomeOne ·

daars nie ‘n manier dat “cr y for me south africa” die brief sal kry om te lees nie

Anoniem ·

Ek se met tye dinge wat mense laat dink dat ek haat ander mense maar dit is nie so nie. Ek is een van die Suid Afrikaners wat vanaf 1976 deel was van n weermag wat ons wysgemaak het dat ons baklei vir oorlewering en dat swart ons vyand is, en vandag weet ek dat ons geveg het vir niks maar wat ek wel weet vanaf 1994 was daar geen staatsleier wat die waarheid gepraat het. Daar was geen staatsleier wat dit waardig was om hierdie land op die regte koers te hou. Die leiers van 1994 tot hede het net een doel voor oe en dit is kom ons vernietig die witman, maar die selfde tyd wat hulle die wit Suid Afrikaner wil vernietig deur sy werk,sy plaas en sy selfonderhoud van hom te stroop hardloop hierdie staatsleier na Duitsland, Amerika en and Europese lande en gaan staan by die witman met bakhande soos n pikkewyn en vra kom bele in ons land. Hulle skel ons uit as uitlanders, wit europese honde maar nog gaan soek hulle geld by die honde in plaas van saamwerk byt hulle ons.

Strandloper ·

Ek voel dieselfde en onthou die wat die duurste tol betaal het. Daar is altyd hoop en ek weier om boedel oor te gee. Onthou “Eendrag maak mag”

VanAfrika ·

Ek wens ons kinders kon ons land geken het soos ons haar geken het. Sy was n baie gelukkige stukkie Goddelike aarde, maar nou, nou huil sy en is baie depressief vir die mishandeling waardeur sy gaan want die wat haar moet “voed” en verwerk brand en breek alles af.

Gato ·

Dr. Dirk
Ek dink dit is nou tyd dat Solidariteit registreer as ‘n politieke party en die ANC begin aanvat in die Parlement. Kry die VF+ om saam te werk en stig ‘n party wat ons weer hoop en vertroue sal gee in die politieke stelsel en in demokrasie.
Julle doen sulke goeie werk maar dit word nie ernstig opgeneem deur die regering of die ANC nie want Solidariteit is mos maar net ‘n vakbond vir die paar rassistiese witmense wat altyd kla oor alles en gekant is teen transformasie .

jinny jualinda ·

Dankie vir die artikel. (Sommige) mense wat van Europese afkoms is se waardestelsels en toekomsgerigte denke verskil hemelsbreed van inheemse Afrikane wat meer ingestel is op natuurlike drange wat dadelik bevredig moet word. M.a.w om oor die toekoms bekommerd te wees is vreemd. Dit is hoekom dit wil voorkom asof die anargie hulle nie pla nie. As n swerm springkane by groenigheid aankom word alles verorber totdat niks oorbly nie, hulle beweeg net verder en soek die volgende stukkie groen om te vernietig. Die regeringsamptenare voel nie self die pyn, honger en vrees nie, en het beslis nie slapelose nagte daaroor nie. Hulle sal ook nie toelaat dat ons ons eie skole ens beheer nie, want dit hou n bedreiging in. Dit help nie ons sit in sak en as nie, daar is ALTYD hoop. Uitkoms sal op die regte tyd kom, glo en vertrou net.

Snowball ·

Oor een ding stem ek met Malema saam, Cyril het nie die rugraat vir die taai besluite nie, al brand SA af tot ‘n ashoop gaan ToemaarMiena net pendulum tussen geskokte verbasing en droomverlore toesprake. Nie een van hierdie toestande gaan hom genoeg oorhaal om SA eeste te stel nie; die ANC is ‘n geveerde nes wat nog te lekker lê.

Martie ·

Fantasties gestel….
ongelukkig is dit soos om te wil fluit teen donderweer

Michiel ·

Die enige, strukturele oplossing is ons eie eerstewereld landje, so klein soos Swaziland is al genoeg.

Dan is ons permanent verlos van ANC-terreur, met fysiek grensbewaking, bloeiend ekonomie, Afrikaans as enige taal van staat & onderwys, lae werkloosheid, sosiale sorg vir arme en verswaktes, eie coalitie van politieke partye. En ons leef in rus & vrede.

Helaas.. ons het geen regering, geen beildsrigting.. ons ploeter maar net voort in di demografiese moeras. Wie nie wil sukkel – emigrasie na Panama is ‘n opsie.

Elma ·

Puik artikel Dirk. Ek is lewenslank ‘n inwoner van Johannesburg wat beskryf word as ‘n Afrika-wêreldstad – ongelukkig net wat die wolkekrabber-profiel betref. Op grondvlak – ellende, misdaad, verval en die ongelukkige menslike kondisie wat daarmee saamhang.

Jax ·

Goed geskryf en waar
Gaan kyk Lion King (die eerste ene wat uitgekom het) Dit is die verhaal van ons land en sommer ook die hele wêreld. Ek hoop en bid maar net dat dit so n Mooi einde Sal hê – ek is egter bevrees, soos dinge nou gaan, is dit klaarpraat met alles

Nico ·

Die ANC is ‘n kommunistiese party (ANC/SAKPCOSATU Alliansie). Die kommunistiese manifes sê “We abolish all forms of morality” dis hoekom hulle doen wat hulle doen. Die volgende (l)eier uit hulle geledere gaan nie beter as die vorige of die 10de in die toekoms wees nie. Kommunisme lei ondertoe van Karl Marx tot vandag.

Strandloper ·

Dankie Dirk en natuurlik Soldariteit. Kom maak ons dag en stig n poletieke party, vat hande met die res. “Eendrag maak mag.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.