Deur Paul Maritz
Demokrasie is ʼn woord wat die gewone Suid-Afrikaner op straat redelik gereeld hoor. Alhoewel ons regering homself dikwels heeltemal te veel mag toe-eien, is die amptelike regeringstelsel wat binne die grense van Suid-Afrika heers, ʼn demokratiese stelsel. Die woord demokrasie kom van die Griekse woorde demos, wat beteken “mense” en kratos wat beteken “heers”. ʼn Demokrasie is dus ʼn regeringstelsel waarbinne dit die mense toelaat om te heers. Oor hierdie regeringstelsel en hoe dit beter kan funksioneer, sou daar sekerlik baie geskryf kan word, maar kom ons fokus op media, en veral die vryheid en ongestoordheid van die media, se rol in ʼn demokrasie.
Siende dat moderne demokratiese prosesse daarvan afhang dat mense gaan stem, dus hul stem agter ʼn persoon of party sit, is dit noodsaaklik dat daar in ʼn demokrasie so veel moontlik inligting beskikbaar moet wees. Onder alle omstandighede is ingeligte landsburgers voordelig vir ʼn land, maar in ʼn demokrasie is dit juis belangrik omdat kiesers veronderstel is om die beste kandidaat in ʼn verkiesing te kies en goeie, volledige inligting is nodig om te kan bepaal wie presies hierdie “beste kandidaat” is. Dit is op hierdie punt waar die media ʼn kernrol speel.
Die eerste koerante is in ongeveer 1780 versprei en sedert daardie tyd is die media gebruik – aanvanklik slegs die gedrukte media, maar later alternatiewe, soos die radio en televisie, en tans moderne tegnologie om mense in te lig van die dinge wat om en oor hulle aan die gang is. Die media is, wanneer dit reg funksioneer, is die groot klok waaraan regeringsvergrype of korrupsie, of enige ander vorm van magsmisbruik of oortreding van regulasies deur die regeerder wat ons oor ons staat aanstel, gehang kan word. Só word burgers teen die vergrype en misbruike beskerm.
Dit is van kernbelang dat die media vry en ongebonde moet wees, juis omdat die werk van die media dikwels is om fel kritiek teen gesaghebbendes uit te spreek.
Op 20 November 2018 het Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, (EFF) aan ʼn skare mense buite die kommissie van ondersoek na staatskaping, gestel dat sy ondersteuners “met oortuiging moet afreken” met die media, wat volgens Malema teen hom en sy party gekant is. Na afloop van sy kommentaar het die Suid-Afrikaanse Redakteursforum, SANEF, hom uitgenooi na ʼn gesprek, omdat hulle die intimidasie van joernaliste natuurlik in ʼn uiters ernstige lig beskou.
Sou Julius Malema daarin slaag om joernaliste in die samelewing te negeer tot “personae non gratae”, waarop konstant gepik word en wat gebuk moet gaan onder alle vorme van intimidasie en selfs fisieke geweld – soos in die geval toe die EFF se adjunkhoof Floyd Shivambu op 20 Maart vanjaar vir Adrian de Kock, ʼn joernalis, buite die parlement rondgestamp het – sou dit beteken dat kiesers nie meer volledige inligting sal kry nie omdat joernaliste nie daaroor verslag sal lewer nie.
As samelewing is dit ons plig om van joernaliste akkuraatheid en eerlikheid te verwag, maar ons het ook die plig om hulle te beskerm, om hulle die kans te gee om die oë en ore van die burgers te wees en hul werk doeltreffend en gereeld te kan verrig!
- Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Mini Idi is n diktator in wording.
Vandaar die vyandigheid.
Malema moet nou leer wat jy uitdeel moet jy kan terug ontvang, anders………….
Solidariteit, AfriForum, Steve Hofmeyr, Dan Roodt en ander moet gereeld koes vir onregverdige, venynige, verdoemende aanvalle uit hierdie einste joernalistieke geledere wat nou so sensitief vir “intimidasie” is.
Die EFF moet kwansuis doodgeswyg word, op aanbeveling van bekende meningsvormers. Waarom word die stilte van ANC kant af telkens wanneer Malema dreigemente uiter teenoor wit mense nie luidkeels veroordeel deur hierdie verontwaardigde joernaliste nie? Jammer, geen simpatie.
Deur daaroor te praat, skryf, optogte en deur kruise te plant werk nie, so Paul hoe stel jy voor moet die samelewing daadwerklik hierdie joernaliste beskerm teen EFF idees wat deurgegee word na die massas toe?
Paul, jy gaan ń lang pad moet stap voor jy simpatie vir joernaliste by die deurslag Afrikaner wek. Jy noem dat die werk van joernaliste is om die regering aan te vat en vel kritiek te lewer… jy sien, dit is presies die punt. Dit is nie die werk van joernaliste, of koerante of TV nuuspanne on enige mense of instansie aan te vat nie. Om vir die “media” te sê dat dit hulle taak is, is bitter gevaarlik en skep juis die giftige en totaal verotte media soos ons in die VSA sien. ń Groep sluimerige mense wat enige… Lees meer »