Die onopgevoedes sal nie altyd wen nie

EFF-betoging by H&M (13 Januarie 2018) Foto: @mtshwaku (EFF Wes-Kaap), Twitter

Deur Jeannette Gnade

Die vlakke van onbeskoftheid en verwaandheid in Suid-Afrika het ʼn krisispunt bereik.

Terwyl die nuwe ANC-president, Cyril Ramaphosa, ʼn beroep op internasionale beleggers doen om hulle geluk in Suid-Afrika te beproef, rig die EFF duisende rand se skade aan in H&M-takke in die land. Net omdat ʼn kindermodel in ʼn advertensie met ʼn dieremotief verskyn wat glo rassisties is. H&M is ʼn Sweedse maatskappy wat ʼn groot bydrae tot die ekonomie lewer.

Die vandalisme was natuurlik ook om die aandag van die ANC se verjaardagvieringe in die Oos-Kaap weg te lei. Asof die gewelddadigheid nie genoeg is nie, dreig die EFF om van ʼn DA-burgemeester ontslae te raak net om te wys hy kan.

ʼn Mens kan nie glo dat mense wat hulle op hul geleerdheid beroem, so kan optree nie. En so gewelddadig en venynig.

Julius Malema het al sy sjarme verloor en dit is deesdae mense uit alle etniese groepe wat hulle van hom en sy uitsprake distansieer. Hy verkondig ook nie politiek of nasionalisme nie. Hy probeer bloot om konfrontasie te skep of dalk het hy ʼn gewapende stryd in gedagte.

Pleks dat die ANC en die regering hom vasvat, verkondig hulle sy onrealistiese grond- en gratis onderwysplanne – net om die EFF se steun te probeer afrokkel. Die ANC en sy nuwe leier gaan niks bereik as hulle nie daadwerklik optree teen jongmense en hulle morele verval nie.

Die EFF moedig – nee, sweep jongmense op om in groot getalle by kampusse op te daag om instap-registrasie af te dwing. Al wat die regering doen, is om anderpad te kyk en te hoop die polisie en kampussekuriteit hanteer die probleem. Intussen word ʼn soort politieke herlewing verkondig wat sonder korrupsie, staatskaping en die ander euwels sal wees. Hierdie euwels moet kleintyd in die kiem gesmoor word.

Té veel jongmense leer nooit selfbeheersing aan nie, is buitengewoon selfsugtig en eiegeregtig. Gelukkig vir dié groepies jongmense in die land wat ʼn mens net as edel kan beskryf. Hulle is altyd bereid om hulle medemens te help, bou hard aan ʼn toekoms en tree op wanneer hulle beginsels dit verg. Hulle sal die uiteindelike oorwinnaars wees – wag maar en sien.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wonder net ·

Wonder of die mense vd EFF vir al die werkers wat hulle werk gaan verloor as H&M uit die land onttrek nuwe poste gaan aanbied?

Eish ·

Ons lees in die Bybel dat voor die Israeliete die beloofde land in gegaan is, dat seën vir gehoorsaamheid en n vervloeking vir ongehoorsaamheid aan hul voorgehou is. Hul het ook duidelik opdrag ontvang om die stede wat ingeneem word, met die banvloek te tref. Dit beteken eenvoudig geen inwoner se lewe moes gespaar word nie. Dit is juis gedoen vanweë die moontlike verleiding agter ander afgodediens aan.
Hierdie tydige, en goedgeformuleerde artikel, laat my onwillekeurig dink aan die verbasende korrelasie tussen die kaliber leierskap van die meerderheidsregering waar staatskaping, bedrog, geldwassery, nepotisme ensovoorts hoogty vier en die optrede van die burgery soos die artikel tereg na verwys.

Die Varkerasie Genootskap van Suid-Afrika ·

Die EFF neem duidelik die reg in eie hande. So, wat gaan die ANC daaromtrent doen? Dít is waar die “nuwe” ANC leierskap NOU sy ware kleure moet wys. Mnr Cyril Ramaphosa, die Suid-Afrikaanse nasie hou u fyn dop! En die EFF toets die kwaliteit van u leierskap! Waak daarteen dat die EFF nie die kitaar slaan en u en die ANC dans op hul deuntjie nie. Met respek, die Suid-Afrikaanse nasie hou u fyn dop mnr Ramaphosa. Fyn dop.

Jaco ·

Wat vir my baie snaaks is mens hoor niks van die DA se MM inverband met die hele H&M en Overvaal hoerskool storie nie, maar laat Helen nou net `n verkeerde tweet stuur.

Mense moet wakker word, hy is kop in een mus met die ANC.
Hou op om vir die DA te stem!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.