Die republiek van die paddas wat uit die pot geklim het

Deur Marike Labuschagne

Marike Labuschagne.

Vandag herdenk ons 59 jaar sedert Suid-Afrika ’n republiek geword het op 31 Mei 1961. Dr. HF Verwoerd het in 1960 ’n referendum geroep om onafhanklikheid van Brittanje te verkry. ’n Meerderheid het ten gunste van republiekwording gestem.

Die jare wat daarop gevolg het, het voorspoedige vrugte vir die land afgewerp: groot maatskappye soos Sasol en SAL is gestig, die eerste hartoorplanting is gedoen, die land se ekonomie het floreer en die Afrikaner was vry.

Ons kan egter nie die gebeure wat tot republiekwording gelei het, uitlaat nie. Republiekwording is die realisering van ’n ideaal wat reeds oor eeue strek; die vryheidsideaal van die Afrikaner om oor homself te regeer. Gebeure soos die Groot Trek, asook die stigting van die twee Boererepublieke (die ZAR en die Oranje-Vrystaat) getuig hiervan. Ten spyte daarvan dat hierdie twee republieke op 31 Mei 1902 tot ’n einde gekom het, het die Afrikaner se vryheidsvlam steeds bly brand om in 1961, dekades later, weer ’n werklikheid te word.

Ná die magsoorname deur die ANC-meerderheidsregering in April 1994 het ons egter ’n nuwe bedeling gekry en ook weer deel geword van die Britse Statebond. Pres. Cyril Ramaphosa het per geleentheid wit mense met ’n padda in ’n pot vergelyk waarin die koue water langsaam verhit word.

Dié opmerking van Ramaphosa het stelselmatig deur die optrede van die ANC-regering tot ons lewens deurgedring. Dit is op universiteitskampusse, in ons alledaagse samelewing, asook waar ons onsself tans midde in die Covid-19-pandemie bevind sigbaar met die regulasies en wette wat daarmee gepaardgaan.

Ons kan die huidige geslag Afrikaners rofweg in drie groepe verdeel; vir argumentsonthalwe gaan ek hulle met drie tipes paddas vergelyk:

Die padda wat nie hoor, sien of praat oor wat aan die gang is

Daar is steeds sommige Afrikaners wat vergeet het dat hulle Afrikaners is. Dié groep swem nog gerieflik in die pot rond en besef nie dat die water in die pot al hoe warmer word nie.

Die padda wat in sweet begin uitslaan

Dan is daar ’n groep paddas wat weet dat hulle Afrikaners is en begin agterkom dat die water in die pot al hoe warmer word en dus begin om ’n bietjie meer benoud rond te swem. Hulle swem egter in sirkels en weet nie regtig watter kant toe nie.

Die padda op die rand van die pot

Hierdie groep paddas weet wat om hulle aangaan en besef dat hulle Afrikaners in murg en been is. Hulle staan reeds buite die pot en waarsku die ander twee groepe dat die water nou te warm is en dit tyd is om uit te klim.

Die vraag is egter die volgende: Wat beteken dit om uit die pot te klim? Weereens is daar rofweg drie opsies:

Opsie 1: Maak die kopskuif

Volg die nuus en ander bronne, lees op oor die geskiedenis, maak die gevolgtrekking en klim uit die pot, selfs al is dit net eers in jou kop.

Opsie 2: Ruil jou apatie vir ywer

Word deel van ’n organisasie of instelling wat jou belange op die hart dra en opstaan vir dit waarin jy ook glo. Ondersteun mense en ondernemings wat dieselfde as jy glo en dink. As jy jou eie onderneming besit, gee daardeur terug aan jou gemeenskap.

Opsie 3: Trek

Vestig jou op ’n plek soos ’n ankerdorp waar daar getalsgewys genoeg Afrikaners woon om verskillende vlakke van selfbestuur moontlik te maak.

Ons is verby die tyd waar ons onsself uit ’n situasie kon skiet of stem, maar dit is nie ’n tyd om moedeloos te raak nie. Dit is ’n tyd om tot nuwe insig te kom en nuwe planne te maak. Ons het ’n punt bereik waar dit tyd is om uit die pot te klim en ’n dam te gaan soek. En as dit nodig is, om daardie dam self te bou. Hier – in Suid-Afrika.

  • Marike Labuschagne is die nasionale koördineerder vir jeugontwikkeling by AfriForum Jeug.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Tienie ·

Marike.

Briljant.

As ek die storie so kyk, dan lyk dit vir my dat daar “sekeres” is wat in n warmder pot water is as wat ons Boere Afrikaners tans is.

pokkel ·

Is jy seker dat Cyril so gesê het? Ek dog die hele padda in die pot ding is net nog fopnuus en konspirasie stories

Herpiet ·

pokkel jy is duidelik in groep een. vergewis jou bietjie wat om jou aangaan

Manie ·

Dankie vir ‘n puik stukkie anker inligting. Daar is altyd die drie V opsies wat ons altyd eerste in Vrede wil oplos as die omgewing dit vir ons toelaat. Vlug is nie ‘n opsie want ons is hier deur God geplaas op die Afrika vasteland en beskerm en lei ons vir 12 tot 13 geslagte al deur baie diep waters (Onthou die Isrealiete was vir langer verdruk en onderdruk in Egipte as wat ons geskiedenis in hierdie land is). Veg is in ons are en daardeur het ons ‘n lang mooi geskiedenis wat ons nie NOOIT moet vergeet nie. TROTS is ons Afrikaners en daaraan kan ek niks doen nie maar hoe ek optree is die verantwoording wat ons het.

Walter ·

Now Marike knows exactly what she is talking about. Mooi uit een gesit en duidelik verstaanbaar.

Lorette ·

Een van die beste opsommings wat ek nog gelees het en dan nog so duidelik gestel!

Die Wolf ·

Ek dink R is nou self deel van die warm pot. Opsie 4: R Zim. wink.

SomeOne ·

vergeet van opsie 4, ons is afrikaners en ons SAL daar deurkom

Grassie ·

Pragtig uiteengesit Marike. Met mense soos jy bedrywig daar by AfriForum Jeug skep ons ouer garde weer moed.

Adam ·

Die idee is effe naief. Die Afrikaner staan nooit saam nie en hoe meer konserwatief hy is, hoe vinniger hardloop hy weg as hy nie sy sin kry nie.

Rooijan ·

En daar bewys jy jouself reg. Want instede van saamstem, saamstaan en saambou, trek jy klaar dwars. Terloops die enigste Afrikaner wat vinniger “weg” hardloop as n konserwatiewe een is n liberale een wat nie nie sy mantel na die wind gedraai kry nie.

Kanjynoumeer ·

Klein dorpe se verval, yl verspreiding van Afrikaners (wit) mense, werkloosheid, armoede…die lys raak langer en daar is nie meer eenvoudige besluite om te neem vir ons toekoms nie. Planne moet net nie ophou nie. Elke plan is n moontlike oplossing. Kom asseblief na vore met die planne.

Fedup ·

Great post. We saw this coming and did nothing about it. We were led like sheep. Now we want to cry wolf. I for one will not stand to be cooked. Time to put the foot down firmly.

Linda ·

Ek dink 95% van die paddas staan en wag vir die bottelstoor om oop te maak. As mens so op sosiale media kyk na die sogenaamde Afrikaner en sy kommin TikTok videos, lyk dit nie of die kokende water hulle baie pla nie, solank daar brandewyn en Coke saam vloei nie..

Rooijan ·

Alle volke het hulle wash-out’s Linda hoekom sal die Afrikaner volk anders wees? Om egter te beweer dat 95% van die Afrikaner alkoholiste is wat aan niks as hulle volgende brandewyn en Coke dink nie is maar baie pessimisties dink jy nie? Ek vermoed dit was nie mense met sulke futiele uitkyk op die lewe wat oor die Drakensberg getrek het vir n beter toekoms nie. Die Afrikaners waarmee ek meng is mense wat nog n toekoms sien, hetsy binne die land, binne n eie spasie, en ja sommige buite die land. Maar hulle werk aan iets en glo in n toekoms. Hulle spot lekker saam oor die rye voor die drankwinkel maar meeste van hulle was gister by die werk net soos voor en gedurende Lockdown, besig om n bydrae te maak.

Pierreli ·

Ja Marike, soveel van ons mede Afrikaners het vergeet van die padda in die pot wat Cyril na verwys het. Ons mense vergeet so maklik dat die ou vyand van die Boere Volk, die Engelse nog steeds besig is om ons Volk te probeer uitwis.
Gaan kyk maar hoe elke president die engelse gaan besoek het om met bak hande te gaan bedel vir geld of om omgekoop te word.
Dis tyd dat ons mense begin self dink en ophou om alles te glo wat in die hoofstroom media en die regering ons mee te probeer breinspoel.
Die regering se denke laat my wonder of daar nog logika toegepas word met die huidige reels soos bv, Die mense wat ‘n huishulphet kan in jou huis kom werk, maar jy mag nie jou familie wat self-isoleer en nie onnodige kanse vat nie, nie sien nie. Dit maak nie sin nie.
Dis maar my tiekie opinie.

Termiet ·

Briljante skrywe! Publiseer en versprei dit asseblief wyd ens suid..

William ·

Baie pragtige en preetsame Afrikaans. My oupa, M.S. Taljaard, was hoof van Geologie en D.F. Malan se buurman. Hy was telkens nie so behep met rasse-klassifikasie soos die aanhangers van Verwoerd nie. So ‘n politieke houding is maar die treurlied van die verlore Afrikaner volk, wie nou moet Liewe Heksie en Nils Holgersson videos op joubuis (die sogenaamde “youtube”) moet kyk.

Frans ·

Paddas sê jy.Hang natuurlik af watter soort paddas mens praat. Die grootbrulpadda isso eie aan Suid Afrika soos die Afrikaners en baklei vir elke stukkie grond wat sy eie is, maak nie saak wie die pot roer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.