Die Stem: Laat hulle sing as hulle wil sing!

steve-die-stem-innibos

Innibos-fees in Nelspruit op 5 Julie 2014 Foto: Steve Hofmeyr, Facebook

Los hulle. Laat hulle hulle liedjie sing!

Daar is dalk history, maar daar is geen haatspraak in nie, net gebergtes en kranse en stuff. As jy rassisme haat, moet jy lief wees vir rassiste, anders is jy nie konsekwent nie. Gun hulle hulle pret.

Nie dat ek dink almal wat die Stem sing is rassiste nie. En ten minste ‘n paar van hulle sing bloot saam as gevolg van groepsdruk (op die Innibos-video op YouTube het baie mense verveeld gestaan en rondkyk sonder om te sing, terwyl ander gejive het – op die STEM!).

Lets face it, dit was lekker vir baie van daai mense, dit het hulle tone laat krul (baie van hulle se tone krul ook as Gerrie Pretorius, Annemarie my skat, sing).

Maar laat die wat wil sing, sing. Mandela het after-all opgestaan vir die sing van die Stem – moet nou nie lelik wees met ‘n liedjie omdat jy nie van Steve hou nie!

Dis eintlik wonderlik dat ons volkslied so divers is.

Ek sou natuurlik ook verkies dat die klomp die hele volkslied sing, maar dit gebeur darem gewoonlik by kultuurbyeenkomste (soos Innibos) – van ‘n klein groepie mense in ons land – en nie by die World Cup nie (want ons het mos nie gekwalifiseer nie). Die media gee te veel mag aan hierdie klein groepie mense. Hulle begin nou al dink hulle is vryheidsvegters.

Ek voel daaroor soos ek destyds oor die AWB gevoel het as ek op die TV sien hoe hulle parades hou, dril en vlae hys. Ek het altyd gedink, goed so, ten minste hou hierdie ouens hulle besig. Terwyl hulle dril, praat net een ou. Ten minste vir ‘n rukkie was hulle besig met iets anders as om pypbomme te bou en wapens en blikkieskos te versteek (terwyl soveel mense honger is). Terwyl hulle parades hou kon hulle nie die kinders indoktrineer by braaivleisvure of lelike goed skree vir swartmense op straat nie… En jy kon hulle duidelik uitken, jy’t geweet waar hulle is.

Die klomp is darem nie almal soos die AWB van ouds nie. Maar is dit noodwendig ‘n slegte ding as Steve hulle besig hou met die sing van liedjies?

Baie linkses is net verdraagsaam met alles links van hulle. As jy wil vry wees, moet jy vry wees al die kante toe. Ook die ou wat jou irriteer, sy plekkie gun. Vryheid van spraak beteken almal mag hulle liedjies sing – solank die woorde nou nie sê “maak dood die boer” of “d*nner die m*ffies” of “swartmense is dom” (of die tipe goed wat Steve deesdae twiet) nie.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Strydom

Jaco is betrokke by ECHO, ’n geloofsgemeenskap wat geleenthede en ondersteuning bied aan jongmense in nood en probeer om weer die eenvoud van kerkwees te herontdek. Hy skryf rubrieke vir onder andere Beeld en Kerkbode. Lees sy artikels op ECHO Jeugontwikkeling se webwerf.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Servaas Hofmeyr ·

Ons mis waarom die mense so opgesweep raak. Hulle soek die een ding wat mens die meeste creave “liefde” die keer gespel kameraderie.

Ek het so n ruk terug n openbaring gehad. In die bybel se dit jy moet jou vrou meer lief he as die kerk. Maar eers het dit nie sin gemaak. Toe besef ek dat dit is wat die ouens in die vroee kerk sou ervaar het. N kameraderie wat so sterk sou wees dat hy hom sou moes wegskeur van die kerk om na sy bruid te gaan. Nou deesdae is daar nie meer daardie kameraderie.

So nou vul Steve maar net daai leempte.

Servaas

Mandela sing vir volksmoord ·

Die media het dubbel standaarde. Wanneer die stem gesing word gaan die media tekere en keur dit af, maar wanneer Nelson Mandela sing vir die volksmoord op blankes en boere is die media stil, en liberaliste sal allerhande verskonings vind om dit goed te praat. Vergelyk die stem se singerey met die gesingery van Nelson Mandela.

http://www.youtube.com/watch?v=fcOXqFQw2hc

Die wit man langs Nelson Mandela is die Jood Ronnie Kasrils.

Kobus ·

Nou waarom ‘n probleem met Die Stem? Goeie genade die wie die grootste rassiste is, is die wie daarteen is. Dit is dan deel van ons huidige volkslied!

Maar weet julle wat, hulle het nie ‘n probleem daarmee as daardie verse in Afrikaans en Engels SAAM met Nkosi gesing word nie.

Die probleem is, dit moet tog om vaders naam net nie in geheel gesing word nie, verkieslik ook nie al die verse nie en dit mag ook nie alleen gesing word sonder om ook met Nkosi in te val nie.

Kobus ·

My Japie, my skapie die son sak weg, die son sak weg, daar anderkant …. en in tussen gaan als by ons verby terwyl die rassiste vuur spuug en ons betrek.

Kom ons vra die liberalis, nou wat van die toekoms? Waarom so hap in die verlede? Nee sê die liberalis, ek moet nog eers afskeid van die verlede neem en kan dit nie doen sonder om jou by te sleep nie. Jy moet onthou, ek is nie ‘n realis nie.

Ons raak so verstrengel in ‘n klomp twak en word saam ingetrek in die dieptes van die oseaan terwyl die son sak en ons staar maar net.

En die liberaliste sit die oogklappe op en jaag die wind terwyl die toekoms vir ons wink.

Therese van Schalkwyk ·

En hier gebeur dit toe sowaar op Maroela ook. Vergeefs gehoop op nog ‘n webwerf sonder skrywers wat nie twee paragrawe kan voortbring sonder Engelse woorde en -uitdrukkings, en om andersdenkende Afrikaners op ‘n manier ‘by te kom’ nie.

Rupert Ashford ·

Ek stem saam – 100%!!! Ons moet try om altyd suiwer Afrikaans te praat op hierdie website…

Fanus Pienaar ·

As wie ookal die Stem ‘n guns wil doen in die openbaar, sing die lied en sluit die vertoning af deur die gehoor te vra om op aandag te staan en die Nasionale Volkslied te sing, wys jou SUID-AFRIKANERSKAP. Ons moet versoen, nie vervreem nie.

Bertus ·

Daar is die wat die Stem sing bloot oor die nostalgie daarvan. Daar is die wat saamsing omdat dit protes is teen die Nuwe SA wat op ‘n ramp afstuur. Dan is daar die wat sing omdat hulle haters is.

Ek sing die Stem omdat dit deel van my erfenis is. Maar die sing daarvan word nou ongelukkig gekaap deur die regses sowel as die linkses. Die regses maak van dit ‘n politieke kwessie en die linkses maak van ons almal rassiste.

Ek sal dit bly sing maar ek weet dat die Stem ‘n simbool van apartheid is vir baie ander Suid-Afrikaners. Dit maak seer en dit maak kwaad. Daarom behoort ons sensitief wees wanneer ons die Stem sing.

Vir die wat Die Stem sing omdat hulle voel hulle protesteer verval, rassisme en misdaad: dink hulle nie dit is teenproduktief nie? Om vyande te maak is dom. Wat presies word bereik om mense te vervreem? Ek sal graag wil weet wat hierdie mense probeer bereik?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.