Die stryd om Pretoria

Uniegebou, Pretoria

Die Tshwane-metroraad het Donderdag besluit om 25 straatname in die hoofstad te verander. Daar is aanvanklik gesê 27 straatname sou verander maar Paul Kruger- en Pretoriusstraat het behoue gebly. Lees meer hier.

Nadat Maroela Media dié artikel op Facebook publiseer het, het een van die lesers die volgende kommentaar gelewer: “Ek hoop Steve Hofmeyr is nou tevrede. Die wiel draai. En hoe groter hy is, hoe langer draai dit…” Sy het verder verduidelik: “Steve het ‘n tydjie gelede op sy FB-blad genoem dat hy ‘n ontmoeting met die nuwe burgemeester van Pretoria gehad het, oa oor die naamsverandering van Pretoria. Hy het ook gesê dat hulle die straatname wil verander en dat hy voel dis ‘n billike skuif om die straatname op te offer vir die stadsnaam. Dit was ‘n bittere terleurstelling. Hy skaar hom al vir jare vir die behoud van Pta se naam, en skielik is hy bereid om die straatname op te offer. Dis mos soos ‘n leë dop sonder enige eier in!! En dan’s dit net ‘n kwessie van tyd voor die stadsnaam ook groet. My groot ongelukkigheid is dat Steve regtig nogal die voortou geneem het met hierdie kwessie en baie mense hom gevolg het. Nou voel dit asof hy al hierdie navolgers na ‘n afgrond gelei het. Want sy getroue ondersteuners sal eerder die stryd om die stadsnaam laat vaar as om teen hom te draai…”

Maroela het dit goed gedink om Steve self te nader en sy reaksie hieroor in te win. Hy skryf:

Ek is uit die staanspoor teen ENIGE naamsveranderinge. Enige terapiegeskiedenis en enige fabrikasie by die afwesigheid van ou geskiedkundige bydraes van jou eie voorvaders en hul verlamming terwyl ander strate en bakens opgerig het. Twee punte is akkuraat: indien hulle Pta behou, sou daardie die eerste vergunning wees ooit en sal hulle verbaas wees hoe graag ons (eintlik ek) sou onderhandel oor die res. Ek sou dink dit is n briljante beginpunt. Tot op hede is ek NIE so seker oor Pta self nie. In my gesprek met die burgemeester het ons eintlik net vier strate bespreek. Hy het gekom met voorstelle o.a. dat ons praat oor Schoeman, Pretorius en Kerk en watter een ek gewillig sou wees om op te gee. My antwoord was Schoeman, as dit moet. Hy wou ook weet hoekom ons Kerkstraat sou wou hou, waarop my antwoord was dat dit die oudste en eerste straat was, asook die hoofstraat, met heelwat geskiedenisspore daarop. Ek is deur hom herinner dat hy eintlik gad nie die finale besluitnemer was nie. Om die beurt het ek hom herinner dat die biljoene wat dit die stadsraad sal kos, sal moet verdubbel as hy vandalisme insluit tov sy nuwe voorstelle. Dit het minder goed afgegaan.

Ek is gewillig om my gewig by die VF+ en Afriforum in te gooi om hierdie gekkery te staak. Maar ek is nie teen die benaminging van nuwe strate nie en, as ons Pretoria mag behou, is ek gewillig om te onderhandel. Die alternatief is, ons verloor alles.”

Steve skryf 2 April die volgende op sy Facebook-blad:
Ek was een van die partye waarmee burgemeester Ramokgopa informeel wou gesels oor Pta. naamsveranderinge. Natuurlik is ek uit die staanspoor teen ENIGE naamsveranderinge. Dit weet hy ook. Eintlik enige terapiegeskiedenis oor jou eie voorvaders se verlamming terwyl ander se voorvaders stede, strate en bakens opgerig het. Dit weet jy reeds. Sovêr verloor ons die stryd heeltemal. Soek maar vir Pietersburg, Potgietersrus, Naboom, Nylstroom en Warmbad op jou kaart. My voorstel was: indien hulle Pretoria behou, sou daardie die eerste vergunning wees ooit en sal hulle verbaas wees hoe graag van ons sou onderhandel oor strate. Ek sou dink dit is ‘n praktiese beginpunt. Tot op hede is ek NIE so seker of hulle woord sal hou oor Pretoria self nie. Ek is deur hom herinner dat hy eintlik gad nie die finale besluitnemer was nie. Om die beurt het ek hom herinner dat hy die R1,5 biljoen wat dit die stadsraad sal kos, sal moet verdubbel as hy die jaarlikse uitgawe vir vandalisme insluit. Dit het minder goed afgegaan. Maar ek is nie teen die benaming van NUWE strate nie en, as ons Pretoria mag behou, selfs meer. Ek weet nie wat AfriForum, VF+, DA en ander belangegroepe met die burgemeester bespreek het nie. Hulle is tog die enigste groepe met mandaat om werklik namens sekere Afrikaners te skik. Dit lyk egter of die stadsraad die name WEER wil deurjaag sonder dat JY gekonsulteer is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr is onder meer skrywer, aktivis en geselsprogramaanbieder. Hy het meer as 2 miljoen CD's op sy kerfstok en is 'n driemalige SAMA-wenner (insluitende Besverkoopte Suid-Afrikaanse Kunstenaar 2004). www.stevehofmeyr.co.za

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.