Die teenstelling tussen Engelse liberales en Afrikaanse linkses

ringting_pylDie teenstelling tussen Engelse liberales en Afrikaanse linkses het die afgelope tyd besonder opvallend geword.

Terwyl die meeste Engelse liberales steeds die klassieke liberalisme ondersteun, het ’n klein groepie Afrikaanse liberales skynbaar soomloos na ’n linkse ideologie oorgeskakel. Hierdie verskil het in die praktyk die twee groepe lynreg teen mekaar én die groot meerderheid Afrikaners opgestel.

Terwyl invloedryke Engelse liberales die ANC se staatsideologie van rassetransformasie onbeskroomd as die grondoorsaak van die land se probleme beskryf, bevorder die nuwe Afrikaanse linkses dieselfde ideologie met mag en mening. Maar meer nog: waar die Engelse liberales die ANC se rasse-ideologie trompop loop, verguis Afrikaanse linkses daarteenoor Afrikaners wat nie by hierdie demografiese rassedwangbuis wil inval nie.

Dit lei daartoe dat Afrikaners wat byvoorbeeld hul grondwetlike reg op universiteitsopleiding in hul moedertaal uitoefen, deur hierdie Afrikaanse linkses as regs, konserwatief, verskuilde rassiste en, o weë, as gekant teen transformasie uitgekryt word. Net so word Afrikaners wat hulle grondwetlike regte op gelykheid en menswaardigheid teen rassekwotas in die werkplek wil verdedig, deur Afrikaanse linkses daarvan beskuldig dat hulle na apartheid verlang én teen nasiebou en versoening gekant is.

Aan die ander kant word die meerderheid Afrikaners hierin ondersteun deur Engelse liberales wat dieselfde ANC-beleid as ’n terugkeer na apartheid bestempel!

Dis belangrik dat hierdie vreemde toedrag van sake verder ontleed moet word, omdat mens nie sou verwag dat Engelse liberales en Afrikaanse linkses so diepliggend oor sulke grondliggende sake in die liberale ideologie sou verskil nie.

Engelse liberales

Die pas afgetrede hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), John Kane-Berman, is waarskynlik die verpersoonliking van die Engelse liberale tradisie in Suid-Afrika. Hy het apartheid voor 1994 skerp teengestaan en die SAIVR het die simbool van Engelse liberale weerstand teen die vorige bedeling geword. Maar sommer vinnig ná die aanbreek van die nuwe bedeling was baie mense verras toe Engelssprekende liberales soos Kane-Berman en Tony Leon die ANC heftig begin kritiseer het.

Hierdie optrede van Kane-Berman en Leon moes eintlik niemand verbaas het nie. Die Engelse liberale tradisie word gekenmerk deur ’n stel vaste standaarde waarteen enige regering gemeet word. Hierdie standaarde begin vir hulle by die grondwetlike demokrasie, wat onder meer die regstaat, die oppergesag van die reg, persoonlike en mediavryheid, die onafhanklikheid van die howe, gelyke geleenthede, ’n vrye ekonomie, eiendomsreg, nierassigheid en goeie en skoon regering beteken.

Nog ’n kenmerk van hierdie tradisie is dat Engelse liberales mense se reg om te verskil sal verdedig, al stem hulle nie met ’n bepaalde standpunt saam nie. So was Afrikaanse onderrig waarskynlik nie vir Tony Leon ’n prioriteit nie, tog het hy dit verdedig omdat hy die grondwetlike voorsiening daarvoor respekteer het.

Die botsende sienings van Afrikaanse en Engelse liberales oor deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) wys die diep verskille tussen hierdie twee groepe goed uit. Terwyl Afrikaanse liberales in die RNE gedien het, het Tony Leon ’n kabinetpos geweier en daarna die DA tot die grootste opposisieparty uitgebou deur die ANC se foute hard en duidelik aan te val.

In die proses is die NNP vernietig, het hul leierskap by die ANC aangesluit en het die meerderheid Afrikaners DA begin stem vanweë die party se sterk opposisie teen die ANC. Dit is ook betekenisvol dat talle Afrikaanse linkses Leon en die SAIVR se harde kritiek teen die ANC teengestaan en eerder Afrikaners bly kritiseer het! Dis asof hierdie Afrikaanse linkses in die apartheidstyd bly vassteek het en nie soos hul Engelse eweknieë die ratte na die nuwe bedeling kon wissel nie.

Ou verdelingslyne

Hierdie verskille tussen die Engelse liberales en Afrikaanse linkses het lank voor 1994 ontstaan en verduidelik baie van die oorsake van die ideologiese taalverdeling.

Die SAIVR met Kane-Berman aan die voorpunt het nie net die destydse NP-regering heftig gekritiseer nie ‒ die ANC was meermale ook in hulle visier. Die ANC se linkse beleidsrigtings, soos nasionalisering, terrorisme, ontwrigting van skole, bande met die Kommunistiese blok en die veldtog om die land onregeerbaar te maak, het gereeld onder die instituut se kritiek deurgeloop.

Daarteenoor het die meeste Afrikaanse linkses net die NP, apartheid en Afrikaners aangeval en die ANC-foute grootliks doodgeswyg. Waar die Afrikaanse linkses uitsluitlik fokus op apartheidsmisdrywe soos dié van Eugene de Kock se Vlakplaas-polisiemoordbende, publiseer die SAIVR ook deurtastende ontledings van ANC-vergrype tydens hulle People’s War voor 1994.

Dis nie net die standpunte van die Engelse liberales en Afrikaanse linkses wat verskil nie- dis hulle styl ook. As Kane-Berman se styl kenmerkend van die Engelse liberales is, is Piet Croucamp se styl moontlik meer verteenwoordigend van die Afrikaanse linkses.

Die Kodesa-onderhandelinge het ook die verskille tussen die Engelse en Afrikaanse liberales duidelik uitgelig. Terwyl die Engelse liberales met oortuiging vir ’n toekomstige liberale bedeling standpunt ingeneem het, het die leidende Afrikaanse onderhandelaars belangrike toegewings aan die ANC gemaak wat die land nou duur te staan kom.

Die beste voorbeeld hiervan is die opneem van sosiaal-ekonomiese regte in die Grondwet, wat in praktyk ’n onbekostigbare welsynstelsel in die Grondwet ingebou het. Die SAIVR was tereg só bekommerd dat die politiek hierdeur verwagtings sou skep wat nie deur die ekonomie bekostig sou kon word nie (Van Zyl Slabbert se standpunt), dat hulle tydens die sertifisering van die Grondwet voor die konstitusionele hof sterk daarteen standpunt ingeneem het ‒ teen die ANC en die NP se liberale Afrikaanse elite.

Nog ’n belangrike verskil tussen die twee groepe was die verbasende naïwiteit van die meeste Afrikaanse onderhandelaars teenoor die ANC. Daarteenoor het die leidende Engelse liberales gewaarsku teen die gevaar dat die ANC tydens die onderhandelinge toegewings sou maak om die mag te kry, maar die mag ná die verkiesing dan kon misbruik om hulle oorspronklike doelstellings deur te stoomroller.

Kritiek op die Engelse liberales

Met hierdie ontleding word nie bedoel dat die Engelse liberalisme foutloos was nie. Die Engelse liberales se belangrikste ideologiese blindekol is dat hulle nie kultuurgroepe raaksien nie en die politiek as mededinging tussen beleid in plaas van identiteit beskou ‒ oftewel die politiek van individue in plaas van groepe.

Daarmee saam beskou hulle die Engelse liberalisme nie as ’n ideologie nie, maar as ’n universele standaard wat vir alle lande geld, al is die bestaansvoorwaardes daarvoor afwesig. Hierdie swakpunt in die Engelse liberalisme het al tot talle state se mislukking bygedra en tot groot leed en ellende gelei. Hierdie probleem van die liberale stelsel is ten beste deur die Amerikaanse staatsman Henry Kissinger verwoord:

“In die Weste het demokrasie ontwikkel uit homogene samelewings. Daar was nie institusionele versperrings vir ’n minderheid om ’n meerderheid te word nie. Westerse verkiesingsneerlae is gesien as ’n tydelike terugslag wat weer omgekeer kan word. Maar in multi-etniese lande beteken minderheidstatus gereeld permanente diskriminasie en die risiko van politieke uitwissing.”

Nog ’n uitdaging vir die Engelse liberales is dat hul ideologie soms deur ander as verwaand en selfs rassisties ervaar kan word. Soos die bekende akademikus en rektor van die Universiteit van KwaZulu-Natal, professor Malegapuru Makgoba, dit gestel het: “South African liberals and the self-declared champions of liberal values are in general English-speaking white South Africans. According to this logic, it seems there are no Afrikaners, Africans, or Indians who are categorised as liberals … The denial or exclusion of this recognition of others, combined with the perceived association of a particular race group, is not only alienating, but is also associated with arrogance, lack of racial sensitivity, and feelings of superiority (the holier-than-thou approach) that have become the features of some of our liberals – all I might say, recognised features of racism.”

Afrikaanse linkses

Die vraag is hoekom en ten opsigte waarvan die Afrikaanse linkse elite so gereeld, so skerp van hul Engelssprekende geesgenote verskil, terwyl die massa gewone Afrikaners deur die ANC sien? Dit bly interessant dat hierdie groepie Afrikaanse linkses probeer om hulle politiek onder die meer aanvaarbare vaandel van liberalisme te bedryf. Hierdie klein groepie linkse Afrikaanse aktiviste veg harder teen alles Afrikaans en Afrikaner as teen die ANC!

Die belangrikste verskil tussen hierdie twee groepe is dat die Afrikaanse linkses tot ’n baie groter mate deur die ANC se ideologiese, Afrikanistiese projek gekoöpteer is, terwyl die Engelse liberales die einddoel van swart oorheersing (“hegemonie” in ANC-beleidsdokumente) deur die reënboogkamoeflering raakgesien het.

Daarby het Kane-Berman in sy afskeidsrede by die instituut gewaarsku teen die groeiende “herrassifikasie” van die land en gemaan dat die ANC die Grondwet nie as die belangrikste riglyn vir die landsregering sien nie, maar steeds vasklou aan hul uitgediende Nasionaal Demokratiese Rewolusie.

Daar is moontlik ’n verklaring vir al hierdie grondliggende verskille tussen die Afrikaanse linkses en Engelse liberales. Dit is dat die Afrikaanse liberalisme nooit ’n diep ideologiese onderbou gehad het nie, maar ’n betreklik oppervlakkige reaksie was op die vorige bedeling se foute en die destydse konfliksituasie wat in die land geheers het. Dit is begryplik, omdat hulle vanweë hul Afrikanerskap kwalik geneem is vir apartheid ‒ selfs al het hulle meestal daarmee verskil.

Hierdie “ideologiese vakuum” het waarskynlik veroorsaak dat hulle ná 1994 die ANC se staatsideologie as verstekideologie aanvaar het omdat hulle nie oor ’n uitgewerkte alternatief beskik het nie.

Daarmee saam kan talle Afrikaanse linkses se bykans slaafse onderdanigheid aan die nuwe bedeling moontlik toegeskryf word aan ’n smagting na aanvaarding deur die nuwe orde en skuldgevoelens oor die verlede. Afrikaners het ná 1994 ’n ongewilde minderheidsgroep geword wat kwalik geneem word vir bykans alles wat verkeerd geloop het.

Om hiervan te ontkom, neig hierdie groep linkses moontlik om ander Afrikaners deurlopend aan te val om so juis hul lojaliteit aan die nuwe orde te bewys, hul “progressiewe” denke uit te stal en hul afkeer van alles Afrikaans en Afrikaner in die openbaar te toon. Dit verklaar miskien hoekom hulle stryd teen apartheid nou ’n stryd teen Afrikaners is en hoekom hulle op die voorpunt van enige geveg is teen van wat nog oor is van Afrikanerinstellings en -tradisies en selfs grondwetlike en demokratiese ruimtes.

Hierdie aktivistiese mikrogroep Afrikaanse linkses kan as ’n randverskynsel afgeskryf word omdat hulle hoogs waarskynlik minder as 5% van Afrikaners uitmaak en nie in magsposisies is nie. Hulle afbrekende impak is egter om twee redes groter as hulle getalle. In die eerste plek is hulle oorverteenwoordig in die Afrikaanse media en in die “sagte” akademiese studierigtings, waar hulle meestal verskans is teen die al harder werklikhede van die nuwe bedeling. Tweedens het hulle, as gevolg hiervan, ’n buite verhouding groot invloed op gewone, gematigde Afrikaners.

Wat ook al die presiese rede is vir die kwalik bedekte anti-Afrikaner-houding van hierdie groepie, is hulle besig om die breë massa Afrikaners op ’n groot skaal en met ’n groot spoed van hulle te vervreem. Die positiewe uitwerking hiervan is dat ’n groeiende ooreenstemming of “nuwe middel” onder Afrikaners oor die spektrum heen begin ontwikkel, waar hulle saamgebind word deur wat moontlik ten beste as ’n moderne, Christen-demokratiese of kulturele federalisme beskryf kan word.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Flip Buys

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

22 Kommentare

Somerset (Sommie) Morkel ·

Dis goed.
Hoe harder hulle skree – en hulle skree hard – hoe meer mense word wakker vir hul onrealisties-linkse ideologiese benadering.
Hulle kry goeie publisiteit in die media soos Skewe-Beeld en Nasionale Pers, wat ook sterk linkse elemente bevat.
Dit is ironies dat klassieke liberalisme hier aan die ‘regte’ kant is..

Hanno Visagie ·

Die Here het grense tussen nasies en tussen volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is ‘n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die oë van die Here dat die Babiloniërs ‘n wêreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wêreld word ons ook na elke volk en taal gestuur sodat hulle verkieslik in hulle eie taal geëvangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet ‘n wêreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wêreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal ‘n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig.

Hanno Visagie ·

Kultuur- en volksverskeidenheid:- Die Here het grense tussen nasies en tussen volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is ‘n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die oë van die Here dat die Babiloniërs ‘n wêreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wêreld word ons ook na elke volk en taal gestuur sodat hulle verkieslik in hulle eie taal geëvangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet ‘n wêreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wêreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal ‘n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig.

Lido Pellencin ·

Dankie Flip, ek verstaan nou Leon Wessels se optrede beter.
Dit is jammer dat ons kinders in ons skole so geindoktrineer word, dat van hulle ons geslag kwalik neem vir die politiek van toentertyd. Iets moet hieraan gedoen word.
Wat van ‘n lys van hierdie liberale Afrikaners? Hulle is tog tans ons grootste vyand.

Jaco ·

Baie goeie artikel Flip, ek dink jy beskryf ons baie goed as Christen Demokrate of kulturele federalisme, jou artikel het my dag gemaak.Wat van Federale Christen Demokrate? Voorwaarts!

Fanie Oosthuysen ·

Hierdie groepie liberale Afrikaners laat my dink aan die oorlopers tydens die anglo-boereoorlog. Hulle is bereid om hulle eie ma’s aan die ANC te verraai solank hulle net in die ANC se goeie boekies kan bly of so dink hulle. Gelukkig het ons nog leiers soos Flip Buys en sy personeel wat die valsheid van die Croucamp gespuis uitwys.

Fanie Oosthuysen ·

Hierdie groepie liberale Afrikaners laat my dink aan die oorlopers tydens die anglo-boereoorlog. Hulle is bereid om hulle eie ma’s aan die ANC te verraai solank hulle net in die ANC se goeie boekies kan bly of so dink hulle. Gelukkig het ons nog leiers soos Flip Buys en sy personeel wat die valsheid van die Croucamp gespuis uitwys.

Bertus ·

Flip, ek dink dat die mensdom verdeel kan word in liberales en konserwatiewes. Onder alle nasies kry jy hierdie basiese verdeling. Miskien is dit geneties. Jou meer konserwatiewe Neandertal sou dalk eerder die grot beskerm terwyl die liberale Neandertal miskien die vreemdelinge eerder sal innooi.

Op ‘n manier glo ek dat ‘n samelewing beide groepe nodig het. Vir balans.

Die Afrikaanse media het ongelukkig nie daardie balans nie. Dit is jammer dat Beeld so roekeloos omgaan met sy verantwoordelikheid om gebalanseerd te wees. Beeld moet meer gebalanseerd wees omdat daar nie ‘n ander Afrikaanse koerant in die Noorde is nie.

‘n Wyse ou Regter het eendag in die Hof opgemerk dat ‘n minderwaardigheidsgevoel teenoor andere dikwels die oorsaak van baie onmin is. Ek dink soms dat linkse Afrikaners minderwaardig voel teenoor veral Engelse Suid Afrikaners. Dit is asof hulle (die linkse Afrikaners) oorbehep is met wat ander van ‘ons’ dink. Daarom is hulle so venynig teenoor ander Afrikaners.

Johan ·

Moenie jouself te jammer kry oor die toestand van die Afrikaanse media nie Bertus. Hierdie is ‘n wereldwye tendens: Dat dit oorwegend ongebalanseerd links is. Om een of ander rede vind jy dit dat by meeste skole waar mense joernalistiek studeer die dosente oor die algemeen “links” in hulle beskouings is, en die skole is meesal ‘n “nes van liberalisme/sosialisme”. Dit vloei oor in die media tot so ‘n mate dat konserwatiewe kommentators of joernaliste uitgewerk of gesnoer word en baie lesers vreet alles op vir soetkoek. Daar is baie teoriee vir die rede (Agenda21 ens.) en baie gevolge (‘n relatief “onnosel” proletariaat wat nie vrae vra nie maar alles glo wat aan hulle opgedis word – ons samelewing word inderwaarheid al hoe meer geprogrammeer om dinge nie te bevraagteken nie (bv. die klimaatsdebat – “the science is settled”) behalwe as hulle aangese word om sekere dinge te bevraagteken soos voorgeskryf.

Jessica ·

Gesoek: ‘n vrye Afrikaanse koerant.

Want hierdie kliek is so sterk by Media Twenty-Four/Naspers ingegrawe (wat hulle duidelik hart en siel ondersteun) dat die sieklike skuldkompleks waarmee hulle die Afrikanerpsige tans besoedel, andersins dekades sal neem om uit te masel.

Wim Vander Cruyssen ·

Men kan niet tegen apartheid zijn en nadien een regering steunen die opnieuw een samenleving wil indelen volgens ras of kleur. Elke maatschappij die indelingen doet op basis van ras of huidskleur is racistisch. Ik begrijp niet dat die internationale gemeenschap niet reageert op de huidige racistische wetgevring in Zuid-Afrika. Het is een schande dat die nieuwe zwarte regering wetten maakt die mensen indeelt op basis van ras. Het onderwijs, de sport, de businesswereld heeft niets te maken met ras. Apartheid is slecht, maar ook zwarte apartheid of zwarte racistische wetten zijn slecht! The black empowerment act is een schande en is ondemocratisch en racistisch!

Chris du Plessis ·

Net een opmerking: het: het Maroele Media nie so n paar maande gelede die einste Akfrikaner liberale (nl. Piet Croucamp) se artikel hier geplaas wat ook teen Afrikaners gerig was nie ?
Die media wat hierdie Afrikaner liberale dekking gee is die eintlike probleem. As die Afrikaner liberale deur die Afrikaner media as eenigste meningsvormers gepubliseer word, wie is dan die skuldiges in die verhaal. Dit gaan nie oor standpunte nie, maar oor publisiteit.!
Afrikaner media , veral Naspers. die die d… in die drinkwater.

Paul ·

So, eerder dan vanaf “Heil, die leser!” na “Heil, die sensor!”?

VerVanRyn ·

Ek dink dit is tog nodig dat die Maroela die lingse Afrikaners se stanpunte dekking gee. Dit help “regses” om hul standpunte beter te vorm en te sien wat die liberalis deesdae glo. Dit is tog nodig vir ‘n mens om te weet wat glo sy vyand. Vanuit die kommentaar wat daardie spesifieke artikel ontlok het is dit tog duidelik dat Croucamp min steun het by Afrikaners.

Die Maroela het al menigte konserwatiewe standpunte gepubliseer, meer as lingse snert. Croucamp het baie al haat in my opgewek, maar as ons nie weet wat hy sê nie sal ons nie mooi verstaan waar artikels soos hierdie van Flip Buys vandaan kom nie. As mens nie jou vyand ken nie gaan jy nie weet waar en hoe jy gaan aanval nie.

Afrikaner selfbeskikking ·

Mens twyfel regtig of dit ‘n “teenstelling” is. As daar waarlik opnames (survey) gedoen is, kan dit dalk ‘n sekere persentasie van die Afrikaner bevolkingsgroep of Engelsprekendes raak, maar meeste inligting of uitlatings is gebaseer op “waarskynlikhede” en aannames. Dis verder ooglopend met al ons gebeure in Suid-Afrika, dat kommunisme ‘n duidelike en prominent rol speel op alle vlakke van die samelewing, daarteenoor is dit in die verlede met hand en tand op die grense baklei is (voor 1994). Die SEB en RA in ons land het nog ‘n groter afbrekende rol te speel in die hele opset, aangesien dit nie net teen die Afrikaner gemik is nie, maar teen elke ander minderheidsgroep, behalwe as jy ‘n swart persoon is.

selfbeskikking ·

Mens twyfel regtig of dit ‘n “teenstelling” is. As daar waarlik opnames (survey) gedoen is, kan dit dalk ‘n sekere persentasie van die Afrikaner bevolkingsgroep of Engelsprekendes raak, maar meeste inligting of uitlatings is gebaseer op “waarskynlikhede” en aannames. Dis verder ooglopend met al ons gebeure in Suid-Afrika, dat kommunisme ‘n duidelike en prominent rol speel op alle vlakke van die samelewing, daarteenoor is dit in die verlede met hand en tand op die grense baklei is (voor 1994). Die Swart Ekonomiese Bemagtiting en Regstellende Aksie in ons land het nog ‘n groter afbrekende rol te speel in die hele opset, aangesien dit nie net teen die Afrikaner gemik is nie, maar teen elke ander minderheidsgroep, behalwe as jy ‘n swart persoon is.

Theresa Papenfus ·

Baie dankie, Flip Buys. Uiteindelik ‘n analise van die verwarring wat mens deesdae beleef. Die Afrikaanse linkses is dus in der waarheid die ware verkramptes, juis nie-liberaal, ondemokraties, aan die verkeerde kant van menseregtekwessies. Watter ironie!

A Venter ·

En dan moet ons die broederbond en sy vriend die vrye messelaars se invloede in die media onderskat nie. Dit is die duiwels wat agter die graspolle wegkruip, hulle sit ons kerkrade /skoolrade vol solank dit oor hulle mislukings gaan dan is hulle tevrede omrede hulle dan die skuld op die regses kan pak (ek weet nie van een sukses buiten die veraad wat de Klerk/Botha gepleeg het, Ja dit was die broederbonders/ vrye messelaars se enigste sukses verhaal wat daar nog ooit was)
ONTHOU SOLANK DIE BROEDERBOND IN ONS RADE SIT SAL DIE AFRIKANER LIBERALISTE ONS VERPES HULLE IS BED MAAITJIES. HULLE MOET SAAM MET DIE VRYE MESSELAARS UIT GEROEI WORD DIT IS WAARVAN OOM SIENER PRAAT AS HY SE DAAR IS IN DAARDIE TYD IETS ONDER DIE VOLK WAT EERS UIT GEROEI MOET WORD,VOORDAT DIE HERE SY VOLK SAL VERLOS,MAAK JOU OE OOP EN ROEI HULLE UIT GOD SE KERK UIT DIT IS JOU OPDRAG VAN ONS HERE.

Laubie Laubscher ·

Insiggewend, dankie Flip!

Jy skryf :”Hierdie klein groepie linkse Afrikaanse aktiviste veg harder teen alles Afrikaans en Afrikaner as teen die ANC! ”

Ek ervaar hierdie “evangelisasie” ook op persoonlike vlak tussen Afrikaners en vriende.

Volgens ‘n Joodse Prof. Paul Gottfried is hierdie verskynsel juis eie aan Protestantse samelewings (sien MULTICULTURALISM AND THE POLITICS OF GUILT, PE Gottfried).

Die publieke aanslag van hierdie Afrikaanse linkses op Afrikaners verlig hul eie skuldgevoelens: “… to feel righteous individually while being part of a historically wicked society. And as a country redeemed from its own racist, sexist, homophobic past, the repentant Protestant is allowed to go forth and bring enlightenment to others.”

Volgens Gottfried is hierdie skuldgevoelens nie teenwoordig by gemeenskappe wat nie Protestants is nie; inteendeel ander volke is bewus van die Protestantse neiging tot skuldgevoelens en buit dit uit.

Kyk suid! ·

Hierdie debat is m.i. n bietjie “onsuiwer” (om die trant opbouend te hou). Eintlik is daar geen verskille tussen liberale nie. Alle liberale in die wereld (en SA) wil lewe in n gemeenskap wat deur n stel beginsels gereel word. Soos mens in ons 1996-Grondwet vind. (n tussenwerpsel: baie van daardie beginsels kan mens ook in die Bybel vind). Die belangrike punt: die gemeenskap moet op basis van ooreengekome beginsels gereel word. En die gemeenskap moet daardie beginsels LEEF. In daardie opsig is die Engelse en Afrikaanse liberale een.

Tweede punt: Ek vind dit “onsuiwer” (ek skryf met opsig nie “oneerlik” nie), dat voorgegee word die “liberale Afrikaners” is tevrede met die huidige stand van dinge in SA. Hulle is nie. Nietemin verdedig hulle die nuwe SA – maar nie die ANC nie, die beginsels waarop die nuwe SA gebou is. In daardie opsig is die Liberale en konserwatiewe Afrikaners een. Almal is ontevrede met die situasie. Die verklaring van waarom ons ontevrede is, word hier egter n bietjie “onsuiwer” voorgehou.

As julle die liberale Afrikaners wil platskiet, kan julle dus aanvoer hierdie en daardie beginsel wat hulle ondersteun, is eintlik nie te ondersteun nie. En julle kan met hulle debatteer oor watter stel beginsels in n Afrikanerland behoort te geld. Maar julle kan nie die liberale Afrikaners as “ANC-ondersteuners” of “anti-Afrikaners” afskiet nie. Dis “onsuiwer”.

Anders as alle kommentatore wat tot dusver hulle eiertjies gele het, moet ek dus se: Flip Buys se artikel gaan van verkeerde standpunte uit. Dis in sy wese onsuiwer.

Ek is n ex-Naspers-liberaal, wat in die laaste jare tot die slotsom gekom het dat die een-volk-in-een-land idee van Nelson Mandela nie werkbaar is nie. Ek meen nou daar moet n eie land wees. Maar, ook daardie land moet n “beginselgebaseerde” gemeenskap wees.

Watter beginsels in so n land moet geld, is m.i. waaroor ons eintlik behoort te debateer – nie oor “onsuiwerhede” nie, wat eintlik net die spalting van die Afrikaner aandryf.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.