Die tirannie van verteenwoordigendheid: Herbedink van regstellende aksie

dirk_hermann

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit

Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, het op 6 Augustus tydens die jaarlikse Arbeidsregkonferensie ‘n toespraak gelewer getiteld: Die tirannie van verteenwoordigendheid: Die herbedink van regstellende aksie.

Jan de Lange het die naweek in reaksie hierop ‘n berig in Rapport geskryf:

“Beste Dirk,

Jy het al baie bewys dat jy die woord kan rig voor ’n vyandige gehoor, maar dié keer, met jou eerste verskyning Woensdag voor die jaarlikse arbeidsregkonferensie, het hulle jou tjank afgetrap.

Dis jammer, want die boodskap wat jy wil oordra, is ’n baie, baie belangrike een. Dis net dat jy dit nie reg doen nie, veral nie vir ’n gehoor soos dié nie.”

(lees die volledige berig hier).

Dr. Hermann se toespraak:

Hierdie sessie handel oor die herbedink van regstellende aksie. Herbesin oor regstellende aksie? Dis ’n vars gedagte. Daar bestaan min ruimte in Suid-Afrika vir debat oor dié onderwerp. Enigeen wat die staat of die regerende party se idee van gelykheid en regstellende aksie uitdaag, word beskou as anti-revolusionêr, anti-transformasie, ’n reaksionêr wat hunker na die verlede, of selfs as ’n rassis. Dit het beperkte debat oor die konsep van gelykheid en terselfdertyd ook beperkte evolusie van die konsep tot gevolg.

My punt vandag is dat regstellende aksie wegbeweeg het van die gelykheidskonsep soos wat dit in artikel 9(2) in die Suid-Afrikaanse Grondwet bepaal word en dit is nou ’n suiwer rassekonsep. Weg van mense na syfers toe gerig. Weg van tydelik na permanent. Weg van nierassig na ras. Regstellende aksie is nie meer regstellende aksie nie: dit het in ’n ideologie, wat die tirannie van verteenwoordiging genoem kan word, ontwikkel.

Renate Barnard

In September 2005 het Renate Barnard saam met ses ander kandidate aansoek gedoen vir pos nommer 6903 in die polisiediens. Renate was verreweg die beste kandidaat en die paneel was van mening dat haar aanstelling beslis ’n hupstoot aan dienslewering sou gee.

In weerwil hiervan het afdelingskommissaris Rasegatla besluit dat die pos nie gevul moes word nie aangesien Renate se aanstelling nie rasseverteenwoordiging sou bevorder nie.

Die pos is in Mei 2006 weer geadverteer en Renate het weer aansoek gedoen.

Sy was weereens die beste kandidaat en wéér was die paneel se aanbeveling in haar guns.

Dié keer het Rasegatla die aanbeveling goedgekeur en gemotiveer dat dit dienslewering sou verbeter en die regte boodskap aan Renate sou uitstuur.
Jackie Selebi, wat in daardie stadium die nasionale kommissaris was, het toe geantwoord dat die aanbeveling nie goedgekeur kon word nie aangesien dit nie verteenwoordiging bevorder nie.

Dieselfde pos is ’n dérde keer geadverteer en Renate het nogeens aansoek gedoen – net om van die skielike besluit om met die pos weg te doen, te verneem.

Die inhoud van gelykheid

Op Donderdag, 20 Maart 2014 het Suid-Afrika se konstitusionele hof vir die eerste keer ’n regstellendeaksiesaak ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming aangehoor, dié van Renate Barnard.

Die saak is een van die deurslaggewendste konstitusionele hofsake in Suid-Afrika. Die wese van gelykheid, wat ’n kernwaarde van die Grondwet van Suid-Afrika is, is intrinsiek aan hierdie saak. Die saak sal derhalwe help om een van die fundamentele konsepte van die Suid-Afrikaanse demokrasie te definieer. Daar is duidelik geen regsekerheid oor die betekenis van gelykheid in ’n regstellendeaksiekonteks nie. Dit blyk duidelik uit die pad wat die Renate Barnard-saak deur die Suid-Afrikaanse howe geloop het.

Op die heel basiese vlak is daar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens besluit dat rasseverteenwoordigendheid en gelykheid aan mekaar gelyk is. Die uitgangspunt is dat as ’n posvlak nie verteenwoordigend van die nasionale rassedemografie is nie, gelykheid nie bestaan nie. Die SAPD se siening blyk duidelik uit die volgende toneel wat hom in die arbeidshof in Braamfontein afgespeel het.

Superintendent Ramathoka, ’n menslikehulpbronpraktisyn, het soos volg getuig:

Then in that regard when we allocated the positions using the national demographic figures, in terms of representivity, eight positions of the 16 were supposed to be allocated to African males and no posts were supposed to be allocated to Indian males. One post was supposed to be allocated to coloured males. No post to white males. African females six posts allocated to them. Indians no post and coloured females, one post and white females no posts.

Volgens Ramathoka mag ’n onderhoudspaneel nie persone uit die nie-aangewese groep aanbeveel as dit so sou wees dat daardie groep oorverteenwoordig is nie. Mense uit daardie groep mag aansoek doen om ’n pos maar hulle sal nie aanbeveel word nie.

“What is the point in allowing them or inviting them to apply?” het advokaat Grogan gevra.

En dan volg Ramathoka se verstommende antwoord dat, ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming daar nie ’n absolute verbod op aansoeke mag wees nie. Wittes mag dus aansoek doen, maar ingevolge streng toepassing van die SAPD se plan beteken dit dat wittes derhalwe nie aanbeveel mag word nie.
“That’s cynical,” het Grogan gesê.

Die regter was ook uit die veld geslaan:

Sorry, I just need to clarify something. Superintendent, I am confused. Are you testifying that the policy and process of the SAPS, once a plan has been issued which shows an overrepresentation in a particular position, is an absolute rule? That the SAPS will not, and may not, appoint a person from a non-designated group to that position, as an absolute rule?

“It is an absolute rule, my lord,” het Ramathoka geantwoord.

Dit is dan die siening van die SAPD. Absolute rasseverteenwoordiging is gelyk aan absolute gelykheid.

Absurde ideologie

Volgens die bekende swart ekonoom van die VSA, professor Thomas Sowell, is daar nêrens in die wêreld ’n land waar die nasionale rassedemografie regdeur die land presies dieselfde weerspieël word nie.

Dit is nog nooit in die wêreld bereik nie en sal nooit bereik word nie.

Die staat se idee van verteenwoordigendheid het ontwikkel in ’n absurde ideologie wat nie die werklikheid in ag neem nie. Tog pas die staat hierdie idee blindelings en ideologies toe.

Hierdie ideologie van die SAPD vind algemeen neerslag in die staatsdiens. Die onlangse saak van tien werknemers van die departement van korrektiewe dienste (DKD) oor regstellende aksie het getoon hóé absurd die ideologie van absolute verteenwoordigendheid kan wees.

Volgens hierdie ideologie moet die nasionale rassedemografie selfs in ’n provinsie soos die Wes-Kaap toegepas word. By implikasie beteken dit dat bruin Suid-Afrikaners daar van meer as 50% (provinsiale demografie) na minder as 10% (nasionale demografie) afbestuur moet word.

Dit kan slegs vermag word as ’n reuse-sosialemanipulasieprogram gevolg word, of anders gestel, gedwonge verskuiwings gemaak word.

Ons onthou almal Jimmy Manyi se woorde:

This overconcentration of coloureds in the Western Cape is not working for them. They should spread in the rest or the country. There is a requirement or coloureds in Limpopo and all over the country. They should stop this overconcentration. Because they are in oversupply where they are. So you must look into the country and see where you can meet the supply. (sic)

Voordat u meen dit is net Manyi wat dink dat gedwonge verskuiwings gepas is in ’n demokratiese Suid-Afrika, luister na wat die staat se senior advokaat, Bantubonke Tokota, in die interdikaansoek van Solidariteit namens Christo February teen die DKD aangevoer het:

February could move anywhere in South Africa if the demographics in the Western Cape did not benefit him. Take North West for instance, the population is mostly black. They need a combination of black, coloured and white people. The idea is to fill the gaps.

Die arbeidshof in Kaapstad het beslis dat die gebruik van die nasionale demografie onwettig is. Die staat het egter so sterk oor die saak gevoel dat hy ’n appèl aanhangig gemaak het.

Die staat het dit selfs verder gevoer deur die Wet op Gelyke Indiensneming te wysig en het nuwe konsepregulasies uitgevaardig wat groter maatskappye gaan dwing om die nasionale demografie te implementeer.

Dit bring ons terug by die Renate Barnard-saak.

Renate het haar saak in die arbeidshof gewen; in die arbeidsappèlhof het sy verloor en sy het haar toe tot die hoogste hof van appèl gewend.
Die hoogste hof van appèl het die saak op 6 April 2013 aangehoor.

Die regters het die staat gelooi omdat Renate se passie en vaardighede nie in aanmerking geneem is nie.

Uitspraak is op 28 November 2013 gelewer.

Geregtigheid na agt jaar!

In die uitspraak word die Renate Barnard-verhaal as ’n tipiese Suid-Afrikaanse verhaal beskryf. Dit handel oor die uitdagings van ’n samelewing op pad na ’n toekoms waarin elkeen ’n plekkie in die son sal hê. Die Renate-verhaal vertel van ’n nasie wat groeipyne beleef (Einde van aanhaling).
Die regters skryf dat Renate danksy haar toewyding en talent vinnig opgang gemaak het.

Sy was die enigste kandidaat wat in die keuringsproses ’n uitsonderlike mengsel van passie en entoesiasme getoon het om met lede van die gemeenskap, wat ontevrede is met die polisie se diens, te werk.

Die uitspraak lui voorts dat die paneel, wat drie senior swart polisieoffisiere ingesluit het, hierdie onderskeidende kenmerke van Barnard raakgesien en besef het dat dit die polisie se diens sal verhoog.

Met verwysing na dienslewering word vermeld dat die pos ongetwyfeld ’n kritieke pos was. So ’n senior pos moes in die belang van ’n professionele en doeltreffende polisiediens geskep word.

Die regters het die SAPD nogal kwaai oor die vingers getik:

One is left with the distinct impression that the explanation that the post was not filled because it was not critical was contrived. Moreover, the post was advertised on no less than three occasions, lending a lie to the assertion that it was not critical.

Die regters het bevind dat die negatiewe impak van ’n dubbele verwerping op twyfelagtige gronde van ’n lojale en toegewyde lid van die SAPD nie buite rekening gelaat kan word nie.

Wat verteenwoordigendheid betref, skryf die regters dat teikens wat absoluut toegepas word niks anders as kwotas is nie en dat kwotas deur die wet verbied word.

Kortom doen die uitspraak ’n beroep op ’n buigbare en situasie-sensitiewe benadering.

Die staat het egter besluit om sy rassebeleid tot in die konstitusionele hof te verdedig.

Op 20 Maart het die konstitusionele hof die stryd van idees oor die inhoud van gelykheid in die werkplek in die saak Solidariteit versus die staat van Suid-Afrika aangehoor.

Ons wag nog op die uitspraak, maar die landskap van regstellende aksie sal nooit weer dieselfde wees ná die uitspraak van die konstitusionele hof nie.

Stryd om idees

Deur die staat se idee in ’n hof te betwis gaan nie daaroor om die konstitusionele imperatief van gelykheid en restitusie teen te staan nie. Dit kan juis daaroor gaan om konstitusionele inhoud aan gelykheid te gee.

Die hofgedinge vorm dus nie net deel van ’n regsgeding nie maar verteenwoordig ook ’n stryd om idees. Ek vertrou dat die regstellendeaksiedebat van die howe af na ’n volwasse politieke debat sal skuif. Die antwoord vir regstellende aksie en die inhoud van gelykheid kan nie bloot net in die howe gesoek word nie. Ons moet dit vind in gesonde, maar robuuste gesprek.

Kom ons praat oor ’n herdink van regstellende aksie.

Ek glo aan ’n insetgebaseerde benadering tot regstellende aksie (wat opleiding en ontwikkeling behels). Volgens hierdie benadering sal mense in staat gestel word om suksesvol te wees en sal hulle vrygemaak word van die stelsel.

Ek glo aan ’n benadering wat spesifieke situasies in ag neem en waar die individu se passie en vaardighede deel van die besluit moet wees.
Ek glo dat die beskikbare poel van vaardighede in ag geneem moet word. Die werkplek in Suid-Afrika kan nie meer verteenwoordigend wees as die vaardigheidsaanbod nie.

Ek glo dat goeie dienslewering ’n regstellendeaksie-instrument is.

Ek glo dat die samelewing standpunt moet inneem teen absolute verteenwoordiging waarvolgens die nasionale rassedemografie oral weerspieël moet word. So ’n praktyk lei tot absurde resultate. Dit bring mee dat dienslewering ter wille van die ideologie van rasseverteenwoordiging opgeoffer word en die massa moet die prys daarvoor betaal. Poste word selfs vakant gelaat as minderhede oorverteenwoordig is, wat tot die vervreemding van minderhede lei. Niemand baat by die ideologie van absolute verteenwoordiging nie. Gelykheid is eenvoudig te kompleks om dit deur middel van ’n sakrekenaar en ’n enkelvoudige rasse-ideologie te bewerkstellig.

Die staat gee die pas aan in Suid-Afrika. As die staat ’n onregmatige praktyk toepas, sal die private sektor dit begin volg en weldra word dit so algemeen toegepas dat die onregmatige praktyk regmatig word. So volg die reg die praktyk, oftewel de jure volg op de facto.

Ons kan derhalwe nie die staat se onregverdige ideologie van verteenwoordigendheid net daar laat nie. In ’n konstitusionele demokrasie is dit die plig van die burgerlike samelewing om as waghond van die regstaat op te tree.

Om op te tree teen ’n staat wat buite die regsraamwerk en teen die grondwetlike demokrasie optree, is juis patriotisme teenoor die regstaat.
Is ons demokrasie volwasse genoeg vir ’n stryd om idees oor ’n sensitiewe aangeleentheid soos gelykheid en regstellende aksie?

Edelagbare, my slotbetoog kom uit die arbeidshofsaak van Jenny Naidoo teen die SAPD waar die polisie soos volg getuig het:

When the relevant position was advertised, the allocation for Indians was 2,5% of all available posts: 70% of the 2,5% for Indian males and 30% of the 2,5% for Indian females. (The SAPS’s target for women is 30% and for men 70%.)

For Indian females the calculation is 19 x 2, 5% = 0, 5% positions to be filled by Indians, then 0, 5% x 30% (30% is target of females) = 0, 1 Indian females and that is rounded off to zero. But there were only 5 available positions 0,125 could go to Indians x 30% gender allocation means 0,037 could be allocated to Indian females and that is rounded to zero.

Indian females on level 14 were ideal because there were none and the ideal was zero. There was one Indian male on level 14 but there ought to be none.

Edelagbare hiermee sluit ek my saak.

Wat dink jy? Lewer gerus kommentaar op die artikel.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris Nel ·

Dié Groot Debat regstellende aksie

http://debat.maroelamedia.co.za/die-tirannie-van-verteenwoordiging-die-herbedink-van-regstellende-aksie/

Dr. Dirk Hermann: “Wat dink jy? Lewer gerus kommentaar op die artikel.”

My eerlike mening is dat almal besig is om mentale defeksie te toon,
want:

• die hele konsep van ‘regstelllende aksie’ in dienslewering is absurd en dit is selfmoord vir Suid Afrika,
want vir 3,500 jaar het al die perimeternasies, regoor die hele wêreld,
geen agraïse, boukundige, letterkundige of sosiale ontwikkeling getoon nie.

. . . . dit is eers nadat die Europieërs geland het in die Amerikas, Afrikas en Australasië, dat die Naturelle van hierdie lande,
ontdek het dat klere gedra behoort te word;
dat grond bewerk kan word vir voedsel produksie;
dat paaie gemaak kan word;
dat brûe gebou kan word;
dat huise gebou kan word;
dat daar skrif is om woorde neer te skryf;

• die hele hinterland-ontwikkeling in Suid Afrika was nie deur naturelle gebou nie, maar deur deur die Europieërs.

• om Suid Afrika net oor te gee aan die meerderheid, is selfmoord;

• daar bestaan geen manier dat Suid Afrika ekonomies en struktureel sal kan bestaan nadat die arbeidsmark tot stilstand gebring is nie.

• die Suid Afrikaanse Rand het alreeds 90% van sy koopwaarde vanaf 1994 verloor, en dit gaan versnel;

• dus is die voorland vir SA, anargie deur die naturelle,
wat al armer word en al hongerder word;

. . . . daar is geen manier dat hierdie land aanhou kan bestaan sonder die inset van die Blanke nie, en dit is wat die Swartes nie wil hê nie.

Volgens profesie, in Openbaring 6, die Vaal Perd,
gaan een kwart van die wêreld-bevolking uitgewis word deur:

Geweld, Hongersnood, Pessiektes en Wilde Diere (homo sapiens)

. . . . dit is my opinie.

Chris Nel ·

Dié Groot Debat regstellende aksie

http://debat.maroelamedia.co.za/die-tirannie-van-verteenwoordiging-die-herbedink-van-regstellende-aksie/

Dr. Dirk Hermann: “Wat dink jy? Lewer gerus kommentaar op die artikel.”

My eerlike mening is dat almal besig is om mentale defeksie te toon,
want:

• die hele konsep van ‘regstelllende aksie’ in dienslewering is absurd en dit is selfmoord vir Suid Afrika,
want vir 3,500 jaar het al die perimeternasies, regoor die hele wêreld,
geen agraïse, boukundige, letterkundige of sosiale ontwikkeling getoon nie.

. . . . dit is eers nadat die Europieërs geland het in die Amerikas, Afrikas en Australasië, dat die Naturelle van hierdie lande,
ontdek het dat klere gedra behoort te word;
dat grond bewerk kan word vir voedsel produksie;
dat paaie gemaak kan word;
dat brûe gebou kan word;
dat huise gebou kan word;
dat daar skrif is om woorde neer te skryf;

• die hele hinterland-ontwikkeling in Suid Afrika was nie deur naturelle gebou nie, maar deur deur die Europieërs.

• om Suid Afrika net oor te gee aan die meerderheid, is selfmoord;

• daar bestaan geen manier dat Suid Afrika ekonomies en struktureel sal kan bestaan nadat die arbeidsmark tot stilstand gebring is nie.

• die Suid Afrikaanse Rand het alreeds 90% van sy koopwaarde vanaf 1994 verloor, en dit gaan versnel;

• dus is die voorland vir SA, anargie deur die naturelle,
wat al armer word en al hongerder word;

. . . . daar is geen manier dat hierdie land aanhou kan bestaan sonder die inset van die Blanke nie, en dit is wat die Swartes nie wil hê nie.

Volgens profesie, in Openbaring 6, die Vaal Perd,
gaan een kwart van die wêreld-bevolking uitgewis word deur:

Geweld, Hongersnood, Pessiektes en Wilde Diere (homo sapiens)

. . . . dit is my opinie.

Renate Barnard ·

Dankie, Dirk dat jy en Solidariteit julle nie laat onderkry deur kritiek, politiek en onkunde nie. As daar een mens is wat weet hoe dit voel om aan ‘regstellende aksie’ onderwerp is, is dit ek. Ek dink ‘n ope brief aan Jan de Lange sal dalk help om onkunde te verlig!! Die feit dat mense SLEGS op grond van velkleur gekeur word vir ‘n pos/aanstelling is absurd. Veral gesien in die lig van ons Grondwet. Die kritici sal baie wees, maar die binne in die kryt (mense soos jy en ek en talle ander wat die stryd stry) sal weet dit is makliker om te praat as te doen. Al hierdie argumente en opmerkings maak mens net meer vasberade om die onreg van regstellende aksie te beveg – veral ter wille van ons kinders en die land se behoud. Regstellende aksie bevoordeel beslis nie die massa nie (soos jy telkemale uitgewys het), diensleweringsbetoging en ‘vigilante’ groepe wat reg in eien hande neem is maar twee voorbeelde hiervan. Ek is baie dankbaar om jou en ‘n uitstekende vakbond soos Solidariteit aan my kant te he. Baie dankie dat julle nie handdoek ingooi nie.

Renate Barnard ·

Dankie, Dirk dat jy en Solidariteit julle nie laat onderkry deur kritiek, politiek en onkunde nie. As daar een mens is wat weet hoe dit voel om aan ‘regstellende aksie’ onderwerp is, is dit ek. Ek dink ‘n ope brief aan Jan de Lange sal dalk help om onkunde te verlig!! Die feit dat mense SLEGS op grond van velkleur gekeur word vir ‘n pos/aanstelling is absurd. Veral gesien in die lig van ons Grondwet. Die kritici sal baie wees, maar die binne in die kryt (mense soos jy en ek en talle ander wat die stryd stry) sal weet dit is makliker om te praat as te doen. Al hierdie argumente en opmerkings maak mens net meer vasberade om die onreg van regstellende aksie te beveg – veral ter wille van ons kinders en die land se behoud. Regstellende aksie bevoordeel beslis nie die massa nie (soos jy telkemale uitgewys het), diensleweringsbetoging en ‘vigilante’ groepe wat reg in eien hande neem is maar twee voorbeelde hiervan. Ek is baie dankbaar om jou en ‘n uitstekende vakbond soos Solidariteit aan my kant te he. Baie dankie dat julle nie handdoek ingooi nie.

Sarone van Niekerk ·

Wat moet mens se. Idees is ‘n moeilike ding om te verander, veral as ‘n mens se idees vir jou gevorm word. En jy nie die inligting het om vir jouself uit te maak waar die kap van die byl le nie. En solank die soustrein loop, hoekom sal ons nou die kole ontneem?

Ek hou van wat jy aanvoer as ‘planne’ om ‘n ommekeer te bring.

Sarone van Niekerk ·

Wat moet mens se. Idees is ‘n moeilike ding om te verander, veral as ‘n mens se idees vir jou gevorm word. En jy nie die inligting het om vir jouself uit te maak waar die kap van die byl le nie. En solank die soustrein loop, hoekom sal ons nou die kole ontneem?

Ek hou van wat jy aanvoer as ‘planne’ om ‘n ommekeer te bring.

jaco ·

Regstellende aksie en BEE is maar net rasisme onder die dekmantel van gelyke regte vir alle rasse. Dankie solidariteid vir julle werk en Maoela media vir die artikel.

jaco ·

Regstellende aksie en BEE is maar net rasisme onder die dekmantel van gelyke regte vir alle rasse. Dankie solidariteid vir julle werk en Maoela media vir die artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.