Die toekoms van Afrika

afrika-952x1024Gaan Afrika ooit ontwikkel en suksesvol moderniseer? Dis die kwelvraag van waarnemers wat sien hoe vinnig die bevolking van Afrika toeneem. Dis nie die eerste keer wat hierdie vraag gevra word nie.

Die Britse ekonoom, Thomas Malthus, was reeds in 1798 bekommerd dat die Britse bevolking baie vinniger as kosvoorsiening groei. Malthus se beroemde uitspraak was dat die “krag van bevolking sterker is as die krag van die land.”

Daarmee het hy bedoel dat die bevolking eksponensieel toeneem terwyl die kosvoorsiening net reglynig groei. Malthus se waarskuwing dat Brittanje hierom op ’n rampspoedige hongersnood afstuur, is nie bewaarheid nie, omdat die Nywerheidsrewolusie die land só laat ontwikkel het dat daar genoeg kos vir almal was om van te leef.

Die Nywerheidsrewolusie wat hierdie ontwikkeling, oftewel modernisering, aangedryf het, het mettertyd oor Europa versprei. Vanaf 1868 het Japan dit ook reggekry om te ontwikkel deurdat hulle Westerse wetenskap en tegnologie in ’n rekordtyd bemeester het. Daarna het geen ander beskawing vir bykans ’n eeu suksesvol gemoderniseer nie totdat die sogenaamde Asiatiese Tiere soos Singapoer, Taiwan, Suid-Korea en Hongkong vanaf die 1970’s op die Japanse manier met behulp van die “Westerse resep” ontwikkel het.

Islam en Afrika
Ná die einde van die Koue Oorlog in 1990 het China, en later Indië en Brasilië, begin ontwikkel, terwyl Rusland die afgelope jare ook ’n herlewing beleef het. Dit beteken dat net die Islam- en Afrika-blok nog nie suksesvol ontwikkel het nie, al het Arabiese lande met olie en Afrika met grondstowwe gedeeltelik ekonomies gegroei.

Waar die Islam-beskawing se trae vordering veral aan hulle premoderne waardestelsel toegeskryf word, is die rede vir Afrika se onvermoë nog onduidelik. Die antwoord op die “Afrika-vraagstuk” is moontlik reeds ontdek deur die Keniaanse intellektueel, Ali Mazrui. Hy het al in die 1960’s die teenstelling tussen die suksesvolle Japanse modernisering en die onsuksesvolle Afrika-pogings om te ontwikkel, duidelik uitgelig.

Mazrui het korrek uitgewys dat Japan se sukses te danke was aan hulle strategie om Westerse wetenskap en tegnologie oor te neem, maar nie die Westerse tale en kultuur nie. “Westerse wetenskap, Japanse gees” het die Japanners dit genoem. Al die ander sukseslande het later hierdie suksesresep gevolg. Daarteenoor het Afrika net die teenoorgestelde gedoen, sê Mazrui. Hulle het die Westerse tale en kultuur aangeneem, maar nie hul wetenskap en tegnologie nie.

Japanse resep
Soos Mazrui dit gestel het: “Afrika in sy geheel het die verkeerde dinge van die Weste oorgeneem – selfs die verkeerde dele van kapitalisme. Ons het die winsmotief oorgeneem, maar nie die ondernemingsgees nie. Ons het kapitalisme se materialisme geleen, maar nie die skeppende waagmoed nie.”

Die gevolg hiervan is dat, benewens ’n klein elite van verwesterde Anglo-Afrikane, die massa nie ontwikkel het nie. Hulle kón nie ontwikkel nie, omdat die Westerse tale prakties ’n onoorkomelike versperring tot die Westerse wetenskap en tegnologie was.

Die toekoms van Afrika lyk steeds donker, ten spyte van sekere ligpunte. Afrika staan tans in die pad van sy eie ontwikkeling en sal eers uit die Japannese suksesresep moet leer voordat hy daarin sal slaag om te ontwikkel.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

andries ·

Ek kan nie sien dat daar ‘n toekoms vir Afrika is nie aangesien ‘n groot aantal bewoners nie opgelei is nie en dink net aan die dag van vandag en het geen insigte oor die dag van môre nie. Daar is by hulle geen beplanning vir die toekoms nie. Ongelukkg is dit ook waar dat die bevolkingsaanwas die kontinent gaan uitwis want daar sal op ‘n stadium nie genoeg voedsel geproduseer kan word om al die monde te voed nie.

shannon ·

Gaan Afrika ooit ontwikkel en suksesvol moderniseer? Dis die kwelvraag van waarnemers wat sien hoe vinnig die bevolking van Afrika toeneem. Dis nie die eerste keer wat hierdie vraag gevra word nie.

Die Britse ekonoom, Thomas Malthus, was reeds in 1798 bekommerd dat die Britse bevolking baie vinniger as kosvoorsiening groei. Malthus se beroemde uitspraak was dat die “krag van bevolking sterker is as die krag van die land.”

Daarmee het hy bedoel dat die bevolking eksponensieel toeneem terwyl die kosvoorsiening net reglynig groei. Malthus se waarskuwing dat Brittanje hierom op ’n rampspoedige hongersnood afstuur, is nie bewaarheid nie, omdat die Nywerheidsrewolusie die land só laat ontwikkel het dat daar genoeg kos vir almal was om van te leef.

Die Nywerheidsrewolusie wat hierdie ontwikkeling, oftewel modernisering, aangedryf het, het mettertyd oor Europa versprei. Vanaf 1868 het Japan dit ook reggekry om te ontwikkel deurdat hulle Westerse wetenskap en tegnologie in ’n rekordtyd bemeester het. Daarna het geen ander beskawing vir bykans ’n eeu suksesvol gemoderniseer nie totdat die sogenaamde Asiatiese Tiere soos Singapoer, Taiwan, Suid-Korea en Hongkong vanaf die 1970’s op die Japanse manier met behulp van die “Westerse resep” ontwikkel het.

Islam en Afrika
Ná die einde van die Koue Oorlog in 1990 het China, en later Indië en Brasilië, begin ontwikkel, terwyl Rusland die afgelope jare ook ’n herlewing beleef het. Dit beteken dat net die Islam- en Afrika-blok nog nie suksesvol ontwikkel het nie, al het Arabiese lande met olie en Afrika met grondstowwe gedeeltelik ekonomies gegroei.

Waar die Islam-beskawing se trae vordering veral aan hulle premoderne waardestelsel toegeskryf word, is die rede vir Afrika se onvermoë nog onduidelik. Die antwoord op die “Afrika-vraagstuk” is moontlik reeds ontdek deur die Keniaanse intellektueel, Ali Mazrui. Hy het al in die 1960’s die teenstelling tussen die suksesvolle Japanse modernisering en die onsuksesvolle Afrika-pogings om te ontwikkel, duidelik uitgelig.

Mazrui het korrek uitgewys dat Japan se sukses te danke was aan hulle strategie om Westerse wetenskap en tegnologie oor te neem, maar nie die Westerse tale en kultuur nie. “Westerse wetenskap, Japanse gees” het die Japanners dit genoem. Al die ander sukseslande het later hierdie suksesresep gevolg. Daarteenoor het Afrika net die teenoorgestelde gedoen, sê Mazrui. Hulle het die Westerse tale en kultuur aangeneem, maar nie hul wetenskap en tegnologie nie.

Japanse resep
Soos Mazrui dit gestel het: “Afrika in sy geheel het die verkeerde dinge van die Weste oorgeneem – selfs die verkeerde dele van kapitalisme. Ons het die winsmotief oorgeneem, maar nie die ondernemingsgees nie. Ons het kapitalisme se materialisme geleen, maar nie die skeppende waagmoed nie.”

Die gevolg hiervan is dat, benewens ’n klein elite van verwesterde Anglo-Afrikane, die massa nie ontwikkel het nie. Hulle kón nie ontwikkel nie, omdat die Westerse tale prakties ’n onoorkomelike versperring tot die Westerse wetenskap en tegnologie was.

Die toekoms van Afrika lyk steeds donker, ten spyte van sekere ligpunte. Afrika staan tans in die pad van sy eie ontwikkeling en sal eers uit die Japannese suksesresep moet leer voordat hy daarin sal slaag om te ontwikkel.

Dr P E van der Dussen ·

As afgetrede akademiese ekonoom het ek waardeiring vir Shannon se siening, ook al moet ek uit alles wat ek gesien en as dosent ervaar en geleer het met die wese van Andries se skrywe saamstem. Terloops: Malthus was nie ‘n ekonoom nie, maar as predikant baie bedrywig in die ernstige werkloosheidsprobleem wat as gevolg van die byna skielike nywerheidsomwenteling in Engeland ontstaan het. Dit is aangehelp deur die uiters liberale ekonoom Adam Smith (aanhanger van die Skotse Aufklarunggroep) met sy standpunt (1776) dat die hoogste wins teen die laagste koste die wese van die mens se betaan is. Hoewel Malthus se gedagte dikwels (ook deur my-:)) as geklikheid afgemaak is, was dit baie moontlik ‘n antwoord op Smith se standpunt wat in wese wreed was en is.
AlexanderForbes het pas die name van 19 Dollarmiljarders in Afrika bekendgemaak. Daarvan is vyf Suid-Afrikaans, naamlik Johann Rupert (2), Nicky Oppenheimer(3), Christo Wiese(9), Patrick Motsepe(13) en Alan Khan(18), asook Nathan Kirsh(9) van Swasiland. Daar is drie Nigeriese ondernemers (1, 5, 15) (van wie een ‘n vrou) en een Angolees-Portugese vrou(6). die origes is almal Arabiere, meestal Egiptenaars. Let op dat slegs vier Swart is – drie Nigeriers en een Suid-Afrikaner. Se dit iets?
U kan op aanvraag by [email protected] artikele oor die bogenoemde en verwante sake gratis per e-pos kry.

Carl Konrad ·

Die volgende is na mening nodig: Die geboortekoers moet so laag as moontlik wees, omdat beskikbare hulpbronne deur almal gedeel moet. Landbouproduksie moet verhoog word, omdat elke mens voedsel nodig het om te kan lewe. ‘n Gemeenskap, wat bestaan uit behoorlik funksionerende staatsdiens, nywerheid en handel moet geskep word.

Johan ·

Nee, behalwe as Afrika grootliks deur ‘n ander moondheid/nasie gekoloniseer word en vir bykans 100 jaar deur hierdie moondheid bestuur en onderdruk word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.