Die verskil wat #ImStaying maak

‘n Hooffoto van die #ImStaying se Facebook-blad.

Deur Mercy Kannemeyer  

Met die nuwe hutsmerk, #ImStaying, wat sosiale media soos ʼn storm getref het, probeer allerlei Suid-Afrikaners stories en staaltjies deel waarom hulle kies om in die land aan te bly. Interaksie op die Facebook-blad is volop en die kommentaar loop oor van positiwiteit en aanvaarding.

Party mense op sosiale media meen ’n blad soos #ImStaying is presies wat Suid-Afrika tans nodig het. In hierdie tyd van onluste, geweld, onenigheid en verdeeldheid het ons nodig om herinner te word aan die mooi wat ook hier bestaan.

Van die stories wat op die blad gedeel word spreek van petroljoggies wat die ekstra myl sal loop vir hul klante, maar ook huiswerkers en hul werkgewers wat aktief aan hul verhoudings en samesyn werk. Die boodskap is duidelik: Al verskil ons van mekaar, kies ons om mekaar te leer ken en daarmee saam mekaar te respekteer. Verder is daar ook ’n gevoel trots wat gekweek word. Party ondersteuners van die blad het al stories gedeel van hul oorsese reise en dat hulle veel eerder kies om in Suid-Afrika te woon, ongeag ons moeilike verlede en al die uitdagings wat vandag nog bestaan weens ons geskiedenis.

Natuurlik moet ’n mens nie naïef in hierdie goeie nuus vas staar nie. Net omdat ’n groep Suid-Afrikaners besluit het hulle maak dit hul missie om hier te bly en te veg vir ons land, vat dit nie al ons probleme weg nie. Ons leef steeds in baie opsigte ongelyk. Talle voel asof die regering nie na hulle luister nie en daarom ook nie na hul behoeftes omsien nie.

Myns insiens is die doel van die blad om te midde al die chaos wat rondom ons aangaan, gesprek te begin oor redes waarom talle mense steeds lief is en lief sal bly vir die land. Hoewel emigrasie nog hoogmode is, is daar diegene wat pogings aanwend om eerder te bly as te gly. Ek blameer nie diegene wat kies om die land te verlaat nie, want die realiteit vir baie mense is dat daar beter geleenthede elders is.

Die rede waarom soveel Suid-Afrikaans aanklank vind by #ImStaying is omdat dit vir die eerste keer in ’n lang, lang tyd positiewe nuus omtrent Suid-Afrika die wêreld instuur. Die stories wat gedeel word spreek van eenheid, samesyn en aktiewe burgerskap.

mercy-kannemeyer-2019-01

Mercy Kannemeyer. Foto: Verskaf.

Die groep is gestig deur Jarette Petzer en het tot dusver meer as 170 000 ondersteuners. Die groep groei daagliks en Suid-Afrikaners van reg oor Suid-Afrika voer gesprekke met mekaar oor dit wat ons anders maak, sowel as dit wat ons in gemeen het. Dit is verblydend om te sien hoe mense byeen kan kom en saam en vir mekaar kan lag.

Ek voel weer soos wat ek gevoel het met die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi. Ja, alles is nie perfek nie, maar dit voel goed. Ek hoop dat diegene wat so graag in die slegte en negatiewe vas staar ʼn bietjie by die #ImStaying-groepie kan gaan kers opsteek. Veral party lede van ons regering. Verbeel jou, as ons regering ook tot die besef kom dat Suid-Afrika vir Suid-Afrika kan werk in watter lekker land ons sal woon. Tot dan kan ’n mens maar net hoop. En aanhou luister.

  • Mercy Kannemeyer voltooi tans haar meestersgraad in drama en teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

101 Kommentare

Klip ·

Teen die tyd glo ek dat daar al meer as 500 000 mense op die groep is.

Ek glo dis ‘n goeie inisiatief! Ons hoor so gereeld die negatiewe dat dit lekker is om vir ‘n slag positiewe stories ook te lees en te sien. Ek het self besluit om te bly ten spyte van teenkanting van soveel mense wat my aanpor om te gaan. Dis lekker om te sien dat daar wel mense is wat nog positief is.

Ons kan nie naïef wees en vergeet van die negatiewe nie, maar die positiewe en mooi is altyd meer. Almal se stories verskil, maar ek en my gesin is so geseënd in hierdie land en geniet elke dag met al sy uitdagings. Ons kan tog nie gaan uit vrees vir ‘n onsekere toekoms nie… Daarom bly ons!

KaterinaKat ·

Ja ne..dis nou briljant..en wanneer die Rwanda styl slagting van die blanke etnisiteit kom, wil die buiteland nie help want hulle kan nie glo dit gebeur regtig nie. Dit gaan dan so jolig en so goed hier volgens #I’mStaying. Die energie en tyd wat aan hierdie belaglike oefening spandeer word, kon beter gebruik geword het om by die regerings van ons stamlande, en baie ander lande, te smeek vir vlugtelingstatus vir ons blankes. Maar as die dag van die pangas kom, sal hul seker eers besef hoe idioties dit was om the bly terwyl hul kon ontsnap het. En om vir die buiteland te vertel hoe “goed” dit hier gaan. Maak my Siek dat mense so dom is.

Lee ·

En dit maak die res van ons wat hier wil bly net so siek om na swartgallige mense soos jy te moet luister. As jy dan nie gelukkig is in SA nie, move dan!! (Ek wou eintlik n ander wooed gebruik!)

Regs! ·

Ek bly om een rede! Ek glo in ons God van van Israel en ek glo in die profisieë. Net ‘n klein handjie vol van ons ware Israeliete wat die ware God aanbid sal hierdeur kom. Die res wat so jolig en hand om die blaas staan met die vyand in baal kerke sal die spit afbyt!

Neels ·

Lee, dis lekker in die sosialistiese paradys. Tien miljoen werkloses, 17.4 miljoen ontvang weldynstoelaes en net 4.8 miljoen betaal direkte inkomstebelasting. Jy moet asseblief harder werk om meer mense te onderhou. Terloops, jy moet Ramaphosa steun en mag nie kla nie.

KaterinaKat ·

Lee, ek sou n been of n arm gee om te kan ontsnap, move of “ander woord”. Daar is niks wat ek meer graag sou wou doen as om te “ander woord” uit hierdie helhool!!! Maar ek kan nie, te arm en te oud, so i iam trapped here with my kids and grandkids. Nie een van ons het die geld om te ontsnap nie. So ons moet nou maar bly en wag tot dit ons beurt is om uitgemoor te word. Dis nie swartgalligheid nie, dis REALISME. As n hondsdol hond op jou afstorm, is jy swartgallig om te dink jy gaan gebyt word? OF IS JY REALISTIES???

RN ·

Dis presies mense soos jy wat nie in SA hoort nie. As jy nog gevlug het nie, vlug asb. Ons kan nie almal a g v ‘n denkbeeldige vrees land verlaat nie. En wys jy my watter land bied sommer vlugtelingstatus vir SA’ ners?? Gaan bly elders waar jy veilig voel en hou op om positiewe mense te probeer verkeerd bewys. Pak jou lappe en gaan.

JA ·

Lee, ek stem volhartig saam met jou! En hierdie spul negatiewe mense moet liewer ook maar loop. Hulle beteken in elk geval niks hier nie. Mind you, hulle gaan nerens iets beteken nie.

Sven ·

@JA. Emigrante moet aan streng vereistes voldoen. Ander lande laat nie paloekas toe nie.

Kol ·

Each to their own. As jy wil waai moet jy en bly as jy wil. Maar nie ek of my familie wil n statistic wees nie. Not worth it.

sweis ·

Ek sien niemand sê iets oor die diskriminasie teen wit mense wat met wetgewing afgeforseer word nie so n half miljoen mense sê hulle aanvaar dit en voel tevrede om so te leef wel ek is nie so noem my wat julle wil ek distansieer myself van julle.

Hoe Kostelik ·

Hoe lekker lag ek nou. Enige normale intelligente persoon weet daardie valse-vlag FB blad is ‘n desperate propaganda poging – as’t ware ‘n multikultureel-versuikerde fopspeentjie waaraan die land se babatjies kan suig sodat hulle nie moet huil nie. Die getalle sogenaamde “positiewes” wat by daardie blad aansluit weerspieël die persentasie naïewes – en dit opsigself motiveer net méér nugterdenkende mense om nie deel van só ‘n “slim” samelewing” te wees nie, naamlik deur te emigreer.

Frik ·

Waarskynlik is die regering self agter #Imstaying. Belastinggeld word dan daarvoor gebruik.

Madeleine grobler ·

My opinie: die mense wat so negatief is oor ons land se wereldtjie is bitter klein en kom min of was nog nie in die buiteland nie.
Punt. Toer bietjie die wereld en jy sal gou sien dat ons bly in die land van melk en heuning. As jul dink ons het arm mense; gaan Indie of suid-Amerika of selfs na die Oosblok lande. Ek was al baie lande. Hier dien ons meerderheid mense nog die Here of het n tipe Godsvresendheid in hul. Daar is dit goddeloosheid en selfs satanisme hoog in skole.
Maar die wat wil negatief wees; pak jul goedjies en gaan? Dan is daar meer plek vir ons hier!

@Frik ·

Ag asseblief, nog een van die ‘conspiracy’ believers. Alles is nie altyd een of ander geheime plan nie. Party dinge is maar net wat dit is. Klomp mense wat siek en sat is vir negatiwiteit, iemand wat ‘n behoefte gesien het en toe plan gemaak het.

KaterinaKat ·

@Madeleine Grobler – Dit gaan nie oor armoede nie. Mens kan lekker eet met min as jy weet hoe om te kook. Jy kan gelukkig wees al het jy weinig besittings solank jou geliefdes, jou kinders en kleinkinders veilig is. Solank jy weet hulle gaan nie uitgemoor word net vir hulle velkleur nie. Glo my, ek het geen groter hart en sielsbegeerte as om weg te kom uit hierdie hel- nes van n land nie, saam met my familie. Ek sou met n lied in my hart gaan om meer plek te maak vir julle.

Sven ·

Frik het ‘n punt beet. Die regering is tot alles instaat en het hul kredietwaardigheid lankal verloor. Die staat se propaganda masjien is magtig, en hulle het by die beste geleer. Dink maar aan “white minority capital” saga. Die enetjie wat so gal braak oor “negatiwiteit” word wakker en kyk wat rondom jou gebeur. Daar woon reeds 1.5 miljoen Suid Afrikaners in die buiteland en dit groei met 3,000 per maand. Jy kan nie teen syfers stry nie.

@Sven ·

Dis nie net ‘n Suid-Afrikaanse verskynsel nie en 3000 per maand is glad nie baie nie! Gaan kyk gerus hoeveel mense per maand ander, selfs eerste wêreld lande, hulle lande verlaat. Ons bly in ‘n ‘global village’ en migrasie is baie algemeen.

JA ·

Madeleine Grobler het ‘n baie goeie punt hier beet. Was ook al ‘n slag of wat in die buiteland, nogal die eerste wereld lande ook. En my ervarings met ander reisigers gedeel. En die negatiewes sal niks goed wil hoor nie, maar dis okay, hulle moet loop. Ons soek hulle nie hier nie. Hulle beteken niks. Maar die ouense wat reis sal weet. Ons lewens standaard is nie baie hoog nie, maar ons lewens kwaliteit is off the charts. Daar is nie sommer plekke waar jy beter gaan leef soos ons leef nie!

sheryah ·

#IAmDefinitelyNOTStaying – Hoe gouer mens kan wegkom uit Suid-Afrika hoe sekerder sal mens kan wees dat jy sal oorleef. Die enigste verskil tussen ‘n vlugteling en ‘n immigrant is tydsberekeing…

Liza ·

@Sheryah jy is reg. Daardie getal “positiewe” ondersteuners wat op daardie blad aansluit sal in die nabye toekoms vlugtelinge wees in hul eie wonderlike land.

sweis ·

LIza jy vergeet om by te voeg slawe wat net goed genoeg is om belasting te betaal.

Positief ·

Jinne, maar die mense hier is darm maar erg negatief! Die mense met wie ek elke dag te doen het is glad nie so negatief nie.
Almal hier met hul “conspiracy” stories wat almal weet tog nooit gaan realiseer nie. Kan net my kop skud. Party mense wag al jare en dekades vir die land om te vergaan!
Suid-Afrika het baie uitdagings, maar ek geniet dit te veel hier. As negatiewe nuus my nie persoonlik raak nie(dit raak my 99% van die tyd nie) ignoreer ek dit net. Dit beïnvloed my mos nie dan nie?
Vir my altyd vreemd hoe mense in dieselfde land onder dieselfde omstandighede so verskillend kan dink en leef. Die een huis se mense is gelukkig en positief en leef voluit in ons land, terwyl die huis langsaam, in dieselfde omstandighede, in vrees lewe in ‘n sogenaamde helhool van ‘n land!
Noem my maar naïef, maar ek bly! En is lief vir my land en sy diverse kulture en mense.
‘n Boererepubliek sal my nooit sien nie. Nie as ek saam met die ou kwaai, negatiewe omies en tannies hierbo moet saamleef nie! Selfs nie al bak julle die lekkerste koeksusters en pannekoeke nie.

Praat maar voort ·

Ja, dis reg so…. vra maar die huis langsaan (en langsaan in elke dorp en stad) wie se gesinslede aangeval, beroof, aangerand, verkrag en/of uitgemoor was. Hulle sal jou ook sê hoe “positief” jy moet wees. En ons sal jou seker glo.

Dj ·

Positief-ek dink ń boererepubliek sal die paradys wees.Dit sal egter nie deur kwaai omies en tannies bevolk wees nie maar deur geweldig positiewe jongmense.Hierdie jongmense sal wel nie skille op hul oē hê en die propaganda van veelrassigheid omarm nie.Hulle gaan positief wees omdat almal in die republiek wel beskaafd is en dieselfde waardes deel.Dink jou in : ń land met ń zero moordsyfer.Geen heinings,geen elektriese drade,geen waghonde,geen bosse sleutels,geen ‘armed response’.
Waaroor sou jy nou kwansuis nie in ń boererepubliek wou bly nie?
Heeeemel op aaaarde!

@Praat maar voort ·

Liewe genade maat, waar bly jy? Dit gaan rof, baie rof, maar die mense hier om my gaan nie ALMAL deur alles wat jy daar noem nie. Neem aan jy bly op die Kaapse vlakte dan verstaan ek jou kommentaar.

Sarel ·

Lees die NEGATIWETEIT wat op alle media gedurig in ons kele afgedruk word dat jy al naar word daarvan. Hier word verhale vertel wat die media nievin bekangstel omdat dit die positiewe kant tussen almal in SA. Uitbring. Julle spul wat gedurig so NEGATIEF is het reeds Boedel oorgegee. Die vyand lag want dit is waar hulle sukses is. En nog daar word geen Politiek gepredik nie.

Wees Positief Ja ·

Die huidige statistiek van 260 000 huisrooftogte per jaar is maar net een wonderlike voorbeeld waarom jy glo “positief” moet wees. Hoe kostelik.

RN ·

Of jy positief of negatief is, die statistieke gaan seker nie verander nie. Daar is ‘n soreekwoord:’ If you worry, you’ll die. If you don’t worry, you’ll also die. So why worry? ‘ Dis dieselfde. Hoekom heeltyd negatief wees as daar eerder ‘ n bietjie positiwiteit kan wees??

Reinhardt ·

Sjoe, maar ons is negatief so op n Vrydag. Ja, ons land het onsettend baie probleme, maar wat doen julle om dit te verbeter? Sit agter n sleutelbord en klink “slim.” Hou op kla, doen iets. Ons kort hoop, en dis wat hierdie inisiatief doen.

Hoop is geanker in geloof ·

Hoop kom nie van mense met “feel good” verhale op Facebook af nie.

Cherokee ·

Reinhardt, as jy die mense probeer motiveer om te gaan riool skoonmaak in die woonbuurtes, stel ek voor jy, Lee en die ander ‘bly-net-hier’s’ gaan doen dit. Ons standaarde is hoër.

#Jymoetbykom ·

Hoe verfrissend dat party redeneer as dit my nie direk raak nie, kan ek dit ignoreer….wel ja, mens is dan miskien meer as naief, jy kort ook ‘n bietjie grysstof.
Gaan kyk na die toneel van een plaasmoord en sê vir my jy glo jou eie slaapstories.
Ag en die die alewige etiketering van iemand as ‘negatief’ omdat hy verstand het en kan sien waarop ons afstuur….dis nie NEGATIWITEIT NIE, DIS REALISME.

Casper Labuschagne ·

Ek bly, maar vir ander redes as die 170,000 op #ImStaying. My volk het ‘n verbond met die Here gemaak, en daardie verbond bestaan steeds. Die land sal mettertyd inmekaarstort en uit daardie puinhoop sal verskeie lande ontstaan volgens etniese grondslag. Die vierde Boererepubliek (Na Natalia, Transvaal en Oranje Vrystaat) sal rys.

As jy wit is en nie ‘n Afrikaner is met ‘n sterk nasionalistiese ideaal nie, sal jy bitter swaar kry om te oorleef deur wat vorentoe gaan kom.

·

Die ergste Casper is dat ek 10 gesinne sien saam gaan woon het op ñ plaas met die selfde gedagtes as jy. Hulle het alles agter gelaat om dit te doen. Vandag praat hulle nie eers met mekaar nie. Want om almal om julle bang te te praat, om deel van ñ groep te wees is maklik. Daar is net een probleem- die hande arbeid en die werk wat gedoen moet word. Moet nie ñ fout maak nie, hier is klomp baie hardwerkende jong mans en dames. Baie van hulle werk oorsee. Hulle is egter nie arbeiders vir mense wat net praat nie.

JV ·

Ons land is nommer 3 op die lys met die meeste misdaad in die wereld. Kyk na die huisbraak syfers. Die magdom huisbrake en moorde. Kyk vandag se Etsebeth saga. Duidelike bewys dat die MRK n rassistiese organisasie is insluitend die Madela stigting, ens, ens. Word wakker mense, ons word gehaat en dit gaan nie stop nie, nie nou nie, nie die volgende 1,000 jaar nie.

Doen iets ja ·

Haai sies vir die moaners. Julle moet mos “iets doen”. Julle moet reg maak wat die ja-stemmers verbrou het. Julle moet ook konstant probeer bou wat die hordes elke dag breek. Toe nou! Wees positief! Julle sal wen…………. en ons glo dit.

Verskil ·

So dis beter om realisities te wees, negatief en heeltyd te kla?

Baai se meisie ·

In dié mooi land sal ek bly. Ek sal krepeer sonder die bosveld en my mooie Stormsrivier.

Ex Kapenaar ·

My liberale familie sê ook so. Hulle sal ook krepeer met of sonder die land se pragtige besoedelde damme en riviere; bankrot stadsrade; wonderlike dienste; bevoegde beamptes; aanvalle op paaie en toeriste (selfs in die bosveld); huisrowe; inbrake; ESKOM beurt-kerslig; en al die ander pragtige dinge wat mens se siel betower. Hulle vloek my omdat ek nie wou bly nie want ek is glo “negatief”.

Ex Krepeerder ·

My liberale familie is kwaad vir my omdat ek nie wou bly en krepeer sonder die aanvalle op toeriste in die bosveld nie; ook nie sonder die besoedelde riviere en damme nie; sonder ESKOM beurt-kerslig nie; sonder aanvalle, aanrandings, huisrowe en moorde nie; sonder bankrtot stadsrade nie; sonder “bevoegde” beamptes en politici nie, ens.

Anoniem ·

Feeling good isn’t going to resolve the country’s massive crises.
No amount of beautiful nature scenes are going to make up for a person’s life…or change the crime and violence and corruption in this country

Asking ·

What do you suggest? To be negative and complain all the time by sitting and being passive? What a way to live your live!

Anoniem ·

Om by te voeg, dis alles baie oppervlakkige redes om aan te bly!

RN ·

Nou maar kom met voorstelle waarheen ons moet vlug, waar ons moet gaan bly, werk ens. Julle laat dit so eenvoudig klink om net te gaan. Dis ‘n massiewe proses. Mens kan nie net besluit hierdie maand vat ek my salaris en trek oorsee nie. Waarheen? Sê asb vir ons dan kan ons ook so maak.

Alex ·

High Five @ Josef. Great plek waar jy woon. Ek is gereeld daar. Woon ook al 16 jaar oorsee. Die spul azaniërs sal nooit besef wat LEWE is terwyl hulle suig aan die vuil stroop-gedoopte Afrika fopspeen nie.

schaun ·

Jy moet regtig aan min gewoond wees om die piesangrepubliek van azania as die plek te kies waar jy jou kinders en kleinkinders wil sien grootword maar wag die groot swaarkry lê nog voor en die diskriminasie gaan erger word wag todat die plase gevat word en hulle kom vir jou eiendom in die dorp en stad.

Verskil ·

Of miskien innerlik gelukkig en nie afhanklik van eksterne faktore om jou geluk te bepaal nie. Ek sien nogal baie glimlagte in die plakkerskampe. Maar as ‘dinge’ jou geluk bepaal is jy reg, jy gaan sukkel hier.

RN ·

Nou gee vir ons riglyne waar om te gaan werk en bly oorsee dan gaan ons

Hendrik ferreira ·

Jy kry positief en dan kry jy mense wat nie van beter weet nie ,stel ons almal gelyk met gelyke kanse sonder diskriminerende wette om ons te onderdruk en miskien sal ek ook positief kan wees.

Sê net ·

Jy mag maar positief wees al stem jy nie saam met al die wette nie. Jy mag Suid-Afrika se hordes foute erken, en nogsteeds positief wees. Probeer dit dalk bietjie!

Positief ·

Die 500 000 ‘liberale’ positiewe Suid-Afrikaners op die fb blad in vergelyking met die paar negatiewe kommentare hier spreek boekdele. Wonder wie is die regsdenkende? Ons het erge misdaad en baie probleme, maar dalk tyd om bietjie die positiewe ook raak te sien? Daar is baie positiewe!! Moses was getroud met ‘n swart Ethiopiër, so niks fout daarmee om reg te kom en saam met ander kulture te leef nie. Dis lankal algemeen in Amerika, Kanada, NZ en Aus. Ja, ek is seker vreeslik liberaal! Maar ten minste gelukkig!

@Piet ·

Dis reg so Piet, wil net seker maak, moet ek daardie deel vir eers skip in die Bybel? Ek verstaan ook dan seker die naaste liefde deel verkeerd nè? Sal dit ook seker maar moet skip. Pas die Bybel jou dan beter?

Piet ·

Positief, jy le woorde in my mond. Ek het nooit gese jy moet enigeiets skip nie.
Ek het 2 keer vir jou n link geplaas sodat jy agter die kap van die byl oor die troue met die Ethiopiese vrou kan kom. Terloops, Moses het geen kinders by haar gehad nie. Wel 2 seuns by sy Mediaanse vrou en daar is ook n storie oor die 2 seuns.

Om een of ander rede will MM nie die boodskappe met die link plaas nie.

Judge Dredd ·

Wie is my naaste?

Dit kan nie almal wees – Anders sou Jesus sekerlik gese het almal.

As daar my naaste is dan is daar sekerlik ook die wat nie my naaste is…..

Jy val maar net vir die klug van die links liberale globaliste wat alle kulture probeer omvorm in een homogene groep – en hulle gebruik die kerk/geloof om dit te doen. Dis nou die vals profete waarvan die bybel praat.

Nou net een vraag – Watter taal/kultuur/gewoontes/geloof of nie geloof gaan hierdie groep aanhang?

Sonder oogklappe ·

Ai, ek skud my kop as ek die verdedigende stories hoor van SA se sonskyn en spasie en goedkoop tjops. Mens kan tog nie houtstawe met goudstawe vergelyk nie? Kom nou mense. Wat klink beter: Om te gaan slaap in ‘n groot huis, jou maag vol tjops en jou binneste lam van vrees of jy vannag in jou bed vermink en vermoor gaan word; of gaan slaap in ‘n kleiner huis, jou maag vol hoender en jou siel salig en gelukkig, jou slaap rustig, en jou drome mooi? Veilig. Nie bedreig nie. Nie bang nie. Nie bekommerd nie. Nie onderdruk nie.

Daar is ‘n gesegde ‘Blom waar jy geplant is’ en daarmee stem ek saam. As jy in SA moet bly, maak die beste van die saak en probeer die bietjie goed om jou raaksien. Want ja, hierdie land het beslis goeie mense en mooi stories. Maar as jy kan gaan, gaan. Geen hoeveelheid bosveld en sonskyn is jou en jou kinders se siele werd nie.

Valerie ·

Die pro-Suid-Afrikaanse propaganda kom al uit die sestigerjare, en dit het nog nie gerealiseer nie; dit sal ook nie want dit kan eenvoudig nie. Skrik net wakker en kyk om julle heen: ‘n Vuil, derde wereldse plekkie wat daagliks gly en gly en gly. Wat die hemel het “chops” met die storie te doen? Baie, baie oppervlakkig vir iets wat baie diep gebreek is.

dfmeyer ·

Besluit self of jy bereid is om met die massas saam te smelt, en of jy jou identiteit en lewensstandaard wil behou. As jy jou identiteit en lewensstandaard wil behou, moet n persoon RSA verlaat. Die toekoms in Suid Afrika gaan n geween en gekners van tande wees. Derdewereldse mediese dienste, geen munisipale dienste – dink vrot water, vullis wat soos berge lyk, geen elektrisiteit. Plaas by dit alles hongersnood, armoede, ongeletterdheid , onveiligheid en dat jy getarget gaan word omdat jy in die minderheid is.

Nee wat ·

Jy klink nou soos my ouma in pre 1994. Dis nou al meer as 25 jaar later, sy is al oorlede, en dis nogsteeds nie die geval nie. Dalk nog 25 jaag wag? Goeie plan!

KaterinaKat ·

@Lee – Good grief as ek Kon Sou ek!! But i am trapped here! Dink jy nou Regtig ek sou in hierdie helhool gebly het as ek kon ontsnap???

Ek kan ·

Ek kan gaan, maar bly uit keuse. Met so ‘n ingesteldheid vermoed ek jy sal oral in die wêreld ongelukkig wees. Jy was duidelik nog nie oorsee nie.

KrokodilBotha ·

Volgens die Bybel is die aarde plat, die wat trek moet versigtig wees wanneer hulle op die rand staan.

Judge Dredd ·

Waar se die bybel die aarde is plat?

Was dit nie eerder mense se interpretasie van die Bybel wat verkeerd was nie.

Josua wat vir God gebid het dat die Son moet stilstaan sodat hy sy vyande kan verslaan.
Wil mense nou he dat God, Josua opsy moes vat en eers ‘n les sou gee dat die aarde rond asook nie die middelpunt van die heelal is?

Feit is God het geweet wat Josua wou bereik.

Valerie ·

KrokodilBotha, jy vermorsel jou skuilnaam met ‘n reuse plank.

RN ·

Nou gee vir ons riglyne waar om te gaan werk en bly oorsee dan gaan ons

GL ·

Ek het 4 jaar terug Facebook gelos juis deur sulke propoganda.
I’m STAYING (because I don’t have the finances to leave).

Cherokee ·

Maar jy oefen darem jou Ingels vir in case jy die lotto wen.

KaterinaKat ·

@Ek kan – Glo wat jy wil, maar ek vermoed dat enigiemand Veel gelukkiger sal wees in n land waar jy nie heel waarskynlik vermoor gaan word oor jou velkleur nie. Nog erger, jou kinders en kleinkinders ook. Ek dink enigiemand sal gelukkiger wees in n land waar korrupsie, moord en doodslag en verkragting en alle misdaad wat jy aan kan dink en gewelddadige betogings, afbrand en vernietiging, anti- wit haat en diskriminasie ens nie aan die orde van Elke Dag is nie. Ek sit nie op die ashoop nie, au contraire, ek leef elke dag asof dit my laaste is. Because it may Very well be. Maar ek is nie naief of onnosel genoeg om myself desperaat te probeer oortuig dat daar n toekoms in hierdie land is nie. Veral nie vir blankes nie. So ja, ek sou bitter bitter graag wou ontsnap uit hierdie slow motion trainwreck van n land. Want ek is n realis.

@KaterinaKat ·

Amen Suster. Dié wat jou so kielhaal is dié wat glo as hulle jou bykom is hulle ‘positief’. Duisende voel soos jy en dit is maar ‘n kwessie van IK as jy jou laat wysmaak dat ‘n Facebook blad jou lot hier gaan verander. Die illusie van hoop is seker beter as niks. Die wat jou wegjaag is waarskynlik dié wat self eerste sou spaander as hulle kon, maar hulle wil maar eerder aan die illusie klou, want dit onderdruk die harde werklikheid wat ons almal snags laat wakker lê oor die toekoms van ons kinders.

@Katerinakat ·

Het jy al gaan kyk hoeveel van die 57 moorde per dag blankes is? Bitter min, sommige dae geen. Ek stem wel saam dat ek baie meer gemoedsrus gaan hê wat baie dinge betref in ‘n veilige land, maar weet ook dat ander dinge (soos die groeiende ateïsme, weg wees van familie en swak dissipline onder die jeug) my weer sal pla en bekommer. Bly of gly – jy gaan ‘n prys moet betaal. Maar jou gesindheid, bly of gly, is jou keuse.

Ek kan ·

Ek stem wel saam dat ek verseker meer gemoedsrus sal hê in ‘n veiliger land wat baie dinge betref, maar dat ek ook ‘n prys sal moet betaal (verlange na familie, lewensgehalte, toenemende ateïsme, swak dissipline onder jeug, nie ‘n gevoel van behoort nie, en nog baie ander). Wat ek sê is dat ons aan ons gesindheid moet werk, want om met bitterheid deur die lewe te gaan gaan niemand baat nie. Veral iemand in jou skoene wat nie kan gaan nie sal moet probeer, want anders gaan jy die mooi en lekker in die lewe, en in ons land, heeltemal mis.

Frans C ·

Solank die ANC sy ideale vervat in die Vryheidmanifes bly najaag sal die Republiek nog steeds ‘n mislukte eksperiment wees met hier en daar eilandjies van voorspoed in ‘n swart see van mislukking.

Lees geus hoe negatief die ANC se ‘NEC’ reageer op Tito Mboweni se ekonomiese reddingsplan en jy sal besef dat selfs 500 000 positiewe mense ‘n klein % is van 58.78 miljoen mense ,minder as 1%.

Dit is ‘n onmoontlike taak vir die getal ekonomies aktiewe mens om in die behoeftes van die ontploffende bevolking te voldoen.Dus is meer onluste en stygende belastings op alle vlakke die voorland en is President Ramaphosa ongelukkig vasgevang tussen twee pole ,nl die belang van die ANC gemeet teenoor die belang van Suid Afrika, wat ‘n verlammende uitwerking op hom en die regering het,

Dit is mi die realiteit van Suid Afrika.

Dj ·

Spreuke 18:1-Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek
Wat strek waarlik tot voordeel?
-eer jou vader en moeder
-sorg vir die weduwee en wees
-staan op vir die regsaak van die onderdrukte
-versprei die goeie nuus van Jesus
-laat jou vriendelikheid bekend word aan alle mense
-dra mekaar se laste
-dien jou gemeenskap
-wees vrygewig
-help die armes
Hierdie is die dinge wat waarlik tot jou voordeel strek.Doen dit en jy sal ń skat in die Hemel hê.
As jy weghardloop sal jy armer wees aan hierdie dinge en ja God sal met jou wees in New Zeeland -Hy is ook daar -maar as jy kies om te gaan het jy nie maar jou eie begeerte gesoek nie?
Ek is positief oor SA want my positiwiteit is nie gesetel in my omstandighede nie.Lees Habakuk 3:17 en verder.
Ek salueer elke gelowige wat bly en wat bly hoop op God.

Oo Jinne ·

Nê? So, die Hugenote wat na SA gevlug / getrek / weg gehardloop het was toe al die tyd “selfsugtig” en net agter “hul eie begeerte” aan?? Oeps? Hoe briljant.

@Oo jinne ·

Is dit die 1600s? Moet ons ons keuses basseer op grond van ons voorvaders se keuses en redes hoekom hul na SA gekom het?
Of jy hier bly en of jy gaan, tye het verander. Maar om alles en almal heeltyd sleg te praat help niemand nie.

Regtig? ·

@ @Oo jinne

Dis nou oulik. So, Spreuke 18:1 tel eweskielik net vir die 1900’s en 2000’s en nie vir die 1600’s nie? Hahaha! Julle spul libbies skuif maar lekker die doelpale nes dit julle pas, nê? Trouens: Daar is ‘n reuse verskil tusen “sleg praat” en “rapporteer”. Ek het byvoorbeeld nou net Moses se briljante skrywe heel onder gelees waar hy julle “positiewes” uitmekaar trek, en dit wat hy daar doen staan eerder bekend as “rapporteer” en nie “sleg praat” nie. So….. don’t shoot the messenger. ;)

Valerie ·

Dj, jy weerspreek jouself soveel maal dit is verbysterend embarrassing. Verder, SA is nie ‘n “uitverkose” land nie…wie het dit aan jou gelieg? Jy kyk neer; kyk liewer op.

Afrikaner ·

@RN As jy die vermoee het om hier te skryf, het jy genoeg verstand om op die internet werk te soek of maak gebruik van betroubare agente . Ons is op die oomblik in n situasie waar elke gesin vir homself moet werk soek. Dis baie moeilik maar die moeite werd. Sterkte.

Wielspore ·

Jy kan vir party mense ‘n nuwe motor gee, dan kla hy by ander mense dat hy die registrasie gelde en nommerplaat moet betaal. Van hulle het hier kommentaar gelewer.
Ek is hier om te bly omdat dit my keuse is en het niemand se toestemming of negatiewe kommentaar nodig.
Ons werk elke dag met verskeie landsburgers op ‘n persoonlike vlak en die meerderheid is ten gunste van beter SA en lewer bydrae daartoe.
Die nuwe FB blad kan hierdie positiewe gesindheid nog sterker maak. As jy met ‘n mandjie vrot appels loop gaan jy dit nie verkoop kry, vervang dit met gesonde appels jy verkoop alles.
Moet nie dat negatiwiteit jou brein vrot maak.

AV ·

Enige slagoffers van plaasmoorde op die Facebook groepie? Of word slagoffers van misdaad doelbewus vermy, ter wille van positiwiteit? Die vrot appels van stukkende verminkte mense sal seker nie lekker pas in die mandjie positiwiteit nie. Die werklikheid kan tog so ‘n pretbederwer wees.

@AV ·

Jip, hulle is nogal daar hoor! Jy kan gerus gaan loer. Dis amper juis waaroor die blad gaan en dis baie inspirerend. Baie mensedankie se misdaadstories en hoekom hulle, ten spyte daarvan, kies om te bly.

Cherokee ·

Jy is nie hier omdat dit jou keuse is nie. Wees meer eerlik en erken jy is hier omdat dit jou finansies se keuse is. Of jy hou van die stank van riool.

Moses ·

Ons wat geëmigreer het gun (met blydskap) ouens soos “positief” die reg om volgens hul gekose (Afrika) “standaard” te leef in hulle geliefde hool: Hulle is welkom om tussen die massas verswelg te word. Hulle is welkom om met die Ethiópiër te trou. Hulle is welkom om hulle wonderlike regering te omhels. Hulle is welkom om die reënboog te was. Hulle is welkom om die besoedelde damme en riviere te benut. Hulle is welkom om die NHI te beleef. Hulle is welkom om hulle pensioenfondse te laat plunder. Hulle is welkom om hoë belastings te betaal wat in die oneindige diep donker gat verdwyn. Hulle is welkom om in die bankrot en korrupte stadsrade te woon. Hulle is welkom om met “hoogs bevoegde” amptenare oor die weg te kom. Hulle is welkom om wonderlike dienste soos ESKOM te ontvang (en te bataal). Hulle is welkom om misdaadstatistieke te word. Met die res het ons innige simpatie.

Positief ·

Jy klink na ‘n baie gelukkige ou… Ek ontken absoluut niks van die negatiewe wat jy hierbo noem nie, jy mis die punt. En ek veroordeel niemand wat emigreer nie, aangesien almal hul eie goeie redes het. Ek is net moeg om nie toegelaat te word om gelukkig te wees in Suid-Afrika nie, want ek is. En ek was al oorsee, en dis wonderlik, maar my hart sal leeg wees as ek daar bly. Die treine is betyds en die water skoon (wel, nogal nie altyd nie), en my kanse om deur misdaad getref te word veel minder, maar Kersfees sit ons gesinnetjie stoksiel alleen. Of by vriende wat hul oor ons ontferm/jammer kry? Wees jy gelukkig daar, en laat my toe om hier in my 5 slaapkamer huis met al my familie binne 2km van my af gelukkig te wees. Met die Afrika son, ‘n werk wat ek geniet en iemand wat elke dag my tuin en huis netjies hou. Ek leef, deur genade alleen, soos ‘n koning. Dalk verander my, omstandighede eendag dan join ek jou daar, maar nog te gelukkig op die oomblik. Ek sommer net, ek ondersteun nie ons regering nie. Ek is getroud met ‘n Afrikaner net soos ek, maar weereens, ek probeer om ander nie te veroordeel nie.

Uitlander ·

@Positief
Terwyl ek 100% met Moses saamstem wens ek jou terselfdetyd die beste toe. Jy het jouself mooi verwoord. Ek glo nie iemand hier wens jou sleg toe nie. As jy gelukkig is daar, dan is dit goed so. Ook mooi van jou om ons wat nuwe burgerskap het voorspoed toe te wens en ons waardeer dit. Goed gaan en voorspoed vir jou en jou gesin.

Kallie ·

Positief, jy is ‘n bevoorregte Afrikaner. Jy is die EFF se vyand nr 1. Slaap maar lig.

Swartwolf ·

SA is die korrupsie, moord, verkragting, lae geskoolde, werklose model van Afrika en binnekort ‘n kombinasie van Zimbabwe en Rwanda. Hoop alleen maak geen verskil nie. Wat gaan verander in die ANC ? Wat gaan verander in die regering ? Wat gaan Eskom weer ophou, wat gaan die water sisteem upgrade sodat dit nie verval nie, wie gaan betaal vir NHI ? SA is ‘n kollosale tragedie reeds besig om te gebeur.

Bitterbessie ·

Hoeveel van die wat soveel lofliedere spartel ook al vir drie jaar om werk te kry? Elke maand word jou geld al minder en jy sukkel meer en meer om te oorleef. Ek wou ook nooit immigreer nie. Vandag is ek spyt. My man is afgelê en hyn kry eenvoudig net nie weer werk nie!! Dis baie maklik om oor die rugby en sonskyn en braaivleis te sing as jy in jou veilige huisie woon met ‘n stabiele werk, mediese fonds waar jy nie id lang rye by staatshospitale hoef te gaan sit nie en jy het genoeg geld om jou “geseënde lewe” te leef!. Kom klim in my skoene ne voel, dan praat ons weer….

Sê net ·

Dink jy jou man sou nie afgelê geword het as jul geemigreer het nie? Dit gebeur daar ook. Ek is jammer vir julle omstandighede, maar dit sou nie noodwendig beter gegaan het sou jul emigreer nie.

Wingman ·

Ek glo nie haar man sou weens ‘n rassistiese beleid in die buiteland afgelê word nie.

humor ·

In baie van die gevalle wat hier met selfvoldaanheid te kenne gee dat hulle hier is om te bly, het ek maar my bedenkinge, want dit gaan hoofsaaklik oor dit wat die land hul nog bied. Eerstens ontbreek dit aan realisme. Daar is beslis aanduidings dat hef aan nog vir ons voorle. Niemand kan ontken dat ons toekoms gekenmerk sal word deur n nimmereindigende stryd nie. So oor n tyd kan baie van julle n ander deuntjie sing en ewemaklik emigreer.. Ek wil hier bly, maar nie oor die voordele wat dit nog inhou nie, maar omdat ek hier n roeping het en bereid is om te offer. Ek wil hier bly want dit is my geboortegrond wat ek liefhet. Ek wil hier bly want ek het agting vir dit wat aan my gegun is om hier tot stand te bring. Ek wil hier bly omdat ek agting het vir dit wat my voorouers op die altaar gele het sodat ek hier kan wees. Ek wil hier bly om n stryd te stry. Ek wil hier bly omdat dit vir my God- gegewe is. Ek wil hier bly omdat ek die land liefhet. Nie omdat hier vir my nog voordele is nie. Wie is jy om mense wat negatief is uit die land uit wil jaag. Jy in jou gemaksone kan dalk spoedig van hierdie mense anderkant die water ontmoet.

Waarom is Suid Afrikaners so desperaat? ·

Daar is ‘n gevoel van wanhoop in SA, daarvan is die behoefte aan hierdie Facebook blad absoluut ‘n bewys. Dit is egter tragies, dat Suid Afrikaners in iets so oppervlakkig soos sosiale media, hoop en ‘n toekomsverwagting moet konstrueer. Die realiteit raak eenvoudig te oorweldigend om hom vierkantig in die oë te kyk.
‘n Artikel wat handel oor positiwiteit versus realisme beeld dit as volg – As jy vrot vleis in jou mond sit, gaan jou reaksie wees om dit uit te spoeg, jy gaan nie jou tong oortuig wat jy eet is reg nie. Eers as jy uitspoeg wat vrot is, kan jy met die negatiewe klaarmaak, eers dan kan jy werklik positief reageer. Om positief te voel oor vrot, is om te lieg vir jouself. Positiwiteit ten koste van die erkenning van die omvang van die negatiewe en die invloed daarvan op jou lewe is gevaarlik. Vals euforie wat poog on die werklikheid te onderdruk waai uiteindelik oor wanneer die realiteit inskop. ‘n Gesonde begrip van positiwiteit én negatiwiteit word benodig om intelligente besluite te maak oor jou en jou kinders se toekoms in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.