Die versugting na selfbeskikking

blou-stad-in-marokko

Marokko se Blou-stad. Foto: Kollynlund/Pixabay.com

Deur Jeannette Gnade

Marokko se hertoelating tot die Afrika-Unie (AU) voorspel niks goeds vir Wes-Sahara se selfbeskikkingsideale nie.

Die Koninkryk koninkryk van Marokko het reeds die AU – destyds die Organisasie vir Afrika-eenheid – verlaat omdat die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek as ʼn lid van die AU toegelaat is. Marokko het die gebied in 1975 geannekseer, maar die Polisario Front het voortgegaan om homself as minstens ʼn gedeeltelike soewereine staat te verklaar totdat die internasionale gemeenskap dit later bekragtig het.

Heelwat bloed het in die woestyn gevloei en Algerië was een van Wes-Sahara se grootste bondgenote in sy strewe na onafhanklikheid. Wes-Sahara se uitgeweke regering word ook in die Algerynse stad Tindouf gehuisves. Algerië het vroeër die week saam met Suid-Afrika teen Marokko se hertoelating gestem, maar 39 van die AU se 54-lidlande was daarvoor.

Die Verenigde Nasies het Algerië destyds van grootskaalse menseregteskendings onder Marokkaanse vlugtelinge verdink, maar het ongelukkig na die Koninkryk van Marokko as ʼn besetter verwys en die hoop op ʼn blywende oplossing was daarmee heen. Marokko het tot verlede jaar nog geëis dat die AU Wes-Sahara se lidmaatskap beëindig, maar sal nou as gevolg van die AU se meerderheidsbesluit die liggaam se grondwet moet onderteken en bekragtig.

Voorlopig sal Wes-Sahara dus aanbly as ʼn lid. Die Polisario Front was verlede jaar in Suid-Afrika en pres. Jacob Zuma, as die hoof van die regering, het opnuut onderneem om hom te beywer vir selfbeskikking vir die gebied. Hy het Marokko se aanspraak op die selfverklaarde republiek as kolonialisme bestempel – al was die gebied vroeër Spaans-Sahara wat op versoek van die VN gedekoloniseer is. Zuma se beloftes aan Wes-Sahara is nogal ironies as in gedagte gehou word dat hy die Afrikaner se strewe na selfbeskikking van die tafel gevee het.

Selfs nadat Suid-Soedan die jongste onafhanklike staat in die wêreld geword het, was die Suid-Afrikaanse regering steeds neusoptrekkerig by die blote gedagte aan selfbeskikking. In 2009 het die president in sy staatsrede bevestig dat Wes-Sahara steeds gesteun sal word om ingevolge internasionale wetgewing respek vir menseregte in besette gebiede af te dwing – veral wat betref die reg op vryheid van assosiasie, beweging en spraak.

Suid-Afrika sal ook alles doen om buitelandse maatskappye se ontginning en uitbuiting van Wes-Sahara se natuurlike bronne te verhoed. Die regering se steun vir Wes-Afrika lees soos ʼn sprokie. Daarom is dit so jammer dat vryheid van spraak, assosiasie en beweging in ons eie land nou deur haatspraak en haatmisdaadwetgewing bedreig word.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Herman Toerien ·

Goeie stuk. Daar word dikwels gesê Spanje het Spaans-Sahara vir Marokko gegee, maar in werklikheid het Spanje benadruk dat hy net die administrasie, en nie soewereiniteit aan Marokko (ongeveer tweederdes) en Mauretanië (‘n derde) verdeel het. Dit was om te voorkom om in ‘n oorlog met Marokko ingesuig te word. Na die Polisariogront Mauetanie effektief verslaan het, het dié land sy gedeelte ontruim en is dit ook deur Marokko oorgeneem. So is Wes-Sahara uit sy bestaan uit gedekoloniseer.

jaco ·

zuma beywer hom vir selfbeskikking vir Wes-Sahara en vir die Palestyne, maar vir die Afrikaners in SA word geen selfbeskikking gegee nie…

Vytjie Molefe ·

Kan Zuma nie vir hulle daar gaan “help” nie? Soos in ‘n permanente aftreejoppie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.