Die ware toets vir haatspraak

Advokaat Roelof du Plessis, advokaat vir die Transvaalse Landbou-unie.

~ deur Nico Strydom ~

Adv. Roelof du Plessis SC, senior advokaat van TLU, het tydens ʼn FAK-simposium oor die Julius Malema-haatspraaksaak, gesê die ANC se appèl aansoek by die konstitusionele hof is grootliks gebaseer op die aanname dat regter Colin Lamont volgens hulle bevele gemaak het waarvoor daar nie gevra is nie. Du Plessis sê TLU het uitdruklik gevra vir ʼn interdik teen die sing van die woorde “dubula iBhunu” of “skiet die boer”.

Du Plessis het gefokus op die “toets vir haatspraak” en dat dit nie strook met wat die ANC sê nie. Hy sê die toets, wat internasionaal toegepas word, behels dat daar gekyk word na hoe redelik die persoon is wat die woorde hoor en hoe redelik sy reaksie daarop is. “Jy kyk nie na die bedoeling van die mens wat dit sê nie, jy kyk na dit ervaar word deur die persoon wat dit hoor en dit is die bepalende faktor. As die ANC in die konstitusionele hof gaan argumenteer dat hulle nie die bedoeling gehad het om haatspraak te pleeg nie, gaan dit ʼn irrelevante argument wees”.

Du Plessis sê die TLU het dit van die begin af duidelik gemaak dat hy namens Afrikaners optree maar spesifiek namens boere wat op plase is. Hy sê die man op die plaas hoor van die nasionale demokratiese revolusie wat sê dat wit boere se plase gevat moet word sonder betaling. “Hy hoor ons moet die myne, en nie net die myne nie, ander bates ook nasionaliseer. Dan sit hy daar op die plaas en hy kyk televisie en hy sien Malema wat sê Zimbabwe is ʼn wonderlike plek en ons moet doen wat hulle doen. Hy sien die misdaad rondom hom. Hy hoor van die plaasmoorde en hy het dit waarskynlik al beleef ook. Hy lees dat internasionale organisasies sê hierdie is die begin van volksmoord. Die Afrikaner voel onderdruk, hy is gemarginaliseerd, hy word uitgeskuif, hy is nie aanvaarbaar in Suid-Afrika nie. Dan is daar nog ʼn man op televisie wat sing ‘shoot the boer’”.

Du Plessis het ook daarop gewys dat Malema net dele van die lied dreunsing en dat dit in konteks ʼn ander betekenis het. Hy sê die boer hoor ook dat Malema sing “I’ll kill for Zuma” en met sy hand ʼn rewolwer wys terwyl hy dit doen. Du Plessis sê dit mag wel vir sekere mense snaaks wees maar dat dit ernstig is vir iemand wat nie werk het nie. Hy sê dit is geïllustreer deur Malema-ondersteuners wat tydens die hofsaak buite die hof plakkate rondgeswaai het en die woorde “skiet die boer” gedreunsing het. “Dit is die reaksie. Nou wil hulle vir ons kom se niemand word beïnvloed daardeur nie, niemand gaan regtig iets doen daaroor nie en niemand gaan geïnspireer word om plaasmoorde te pleeg nie”.

Du Plessis het verwys na ʼn plaasaanval waar die aanvallers niks gesteel het nie, maar die boer probeer vermoor het. Du Plessis sê die aanvallers het “Viva Malema” geskreeu toe hulle die boer se kamer binnegekom het. Hy sê “indien mens objektief kyk na die boer op die plaas en vra of hy redelik is om te dink dat iemand wat die woorde “skiet die boer” sing meer bedoel as net ʼn struggle-lied, dan moet dit redelik wees en dit is die toets”.

Du Plessis het benadruk dat die “toets” in lande soos Kanada, Duitsland, Engeland, Australië en ander Europese lande toegepas word. Hy sê indien die konstitusionele hof dus ʼn ander bevinding maak sal dit in teenstelling wees met wat in die res van die Westerse wêreld die norm is. Du Plessis sê dit sal ook die benadering wees wat TLU volg indien die saak na die konstitusionele hof verwys word. “Ek dink ons het ʼn groot kans op sukses. Ek dink die groot debat gaan wees rondom die omvang van die interdik”.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Roelof du Plessis

Adv. Roelof du Plessis tree namens die Transvaalse Landbou-unie op in die Malema-haatspraaksaak.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LLRudman ·

[Hier is ‘n berig op Nuus24 op 6 Oktober 2011. Die inligting hieronder kom uit ‘n onbevestigde e-pos wat tans versprei word sonder dat die oorspronklike bron bevestig kan word. Tensy die bron vasgestel kan word, moet ‘n mens in ag neem dat die inligting deur enigiemand aangepas en aangestuur kan word – ook deur mense wat bereid is om feite te verdraai of verkeerde inligting het. ~ Red.]

Walkerville Killing

To those of you who have heard about the killing of a family in Walkerville on Saturday night, these are the true facts.

This did not happen in De Deur. This happened on a plot near the Walkerville show grounds.

The Mother, Father and 12 year old Son plus the family dog, were not shot as the press claims.

They were hacked to death with pangas, the Mother was raped and then had a broken bottle rammed into her vagina.

The family was chased around their 13 room home and hacked to pieces as they ran.

The son was drowned in the bath with his hands tied behind his back.

The savages tortured this family before killing them, while drinking the alcohol they found in the house.

There were blood splashes and smears in every room of this large home.

The dog was hacked to pieces and shot.

This was done by the 20 year old son and his buddies of a black family who had worked for the family for many years.

Anyone old enough to remember the Congo and ‘Uhuru’, will recognise this.

There is a march against crime being planned, but those of us who have done this before, know that this does not help.

These bastards, when or if they are caught (the son is in custody, found with the family car), will be held in cells while becoming local hero’s.

They will probably be granted bail and someone will conveniently lose the dockets and they will walk free as is the case with so many of our criminals in SA.

This is what is going to happen more frequently.

There will be the usual cover-ups and sweeping under the carpet of these incidents to keep the citizens of SA unaware of just how bad things are here.

This is not simply crime.

This is racial extermination and they are hell bent on chasing every white man, woman and child of any age, out of the country.

They are being fuelled by the likes of Malema and the ANCYL and the rest just turn a blind eye.

Frank Passano ·

Wat gaan [kan] blanke Suid-Afrikaners doen om hierdie moorddadige grondgrypers se strategie te ontglip?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.