Die werklike redes vir die aftakeling van Westerse standbeelde

Die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth voordat dit beskadig is. Foto: Twitter

Die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth voordat dit beskadig is. Foto: Twitter

Die besmering en aftakeling van Westerse standbeelde bied gewis aan radikale groepe die ideale publisiteitsplatform om hulle haatpolitiek te verkondig. Maar daar steek meer in die saak as net vulgêre populisme. Standbeelde versinnebeeld die samelewingsorde van die  tydvak toe die beelde opgerig is, en die afbreek van beelde kom neer op die simboliese omverwerping van daardie orde.

Die feit dat dit nie net Afrikaner-standbeelde uit die apartheidsera is wat onder skoot is nie, maar selfs Engelse standbeelde uit die koloniale era, wys dat hierdie afbreekaksies eerder anti-Westers as anti-Afrikaner is. In die koppe van hierdie kulturele vandale beweeg die land waarskynlik van ’n post-apartheidsera na ’n post-koloniale era. Omdat hulle hierdie standbeelde as oorblywende simbole van die era van Westerse oorheersing sien, is hulle strewe om dit om te gooi terselfdertyd tekenend van die strewe om die Westerse stelsels in die land omver te werp. Die vraag is dus of die eintlike dryfveer agter die vernieling van die standbeelde nie eerder ’n opstand teen verwestering is as net ’n drang om te vernietig nie?

Oorsprong van verwestering

Westerse state het sowat 500 jaar gelede stadig maar seker deur ’n stel unieke vernuwings ’n voorsprong op ander beskawings begin kry. Hierdie vernuwings het die Weste in staat gestel om die wêreld die afgelope vyf eeue polities, ekonomies, militêr, godsdienstig en kultureel te oorheers.

Die belangrikste van hierdie vernuwings was Westerse ontwikkelings soos die wetenskap en tegnologie, die vrye mark, die regsorde, die burgerlike samelewing en later die demokrasie. Hierdie stel Westerse “hardeware” is aangevul deur ’n “sagteware”-pakket van protestantse waardes soos roeping, werketiek, selfverantwoordelikheid, spaarsin en entrepreneurskap. Hierdie omwenteling is grootliks moontlik gemaak deur die Protestantse hervorming wat die Rooms-Katolieke Kerk se versmorende houvas op die samelewing verbreek het.

Dit het Westerlinge se energie vrygestel en gelei na talle wetenskaplike, ekonomiese en militêre uitvindings en deurbrake wat die Weste mettertyd laat uitstyg het.

Die resultaat van hierdie Westerse kultuurerfenis was die sterkste en voorspoedigste beskawing in die wêreldgeskiedenis, wat die Weste in staat gestel het om die wêreld die afgelope vyf eeue te oorheers.

Meerderwaardigheid

Westerlinge het mettertyd so gewoond geraak aan die voorsprong wat hierdie stelsels aan hulle gee, dat dit aanleiding tot ’n gevoel van meerderwaardigheid gegee het. Westerlinge het begin voel dat hulle innerlike meerderwaardig is, gekoppel aan die innerlike minderwaardigheid van die ander beskawings op die aarde. Westerse lande het dit as doodnormaal begin beskou om ander lande te onderwerp en te koloniseer, en om daarmee saam ook hierdie lande te probeer verwesters en hul kulture te misken.

Die verwaande aanname is gemaak dat verwestering sou lei tot die modernisering van hierdie “agterlike” groepe, en dat modernisering weer sou lei tot verwestering. “Ons is die maatstaf van beskawing, en hulle sal soos ons word as hulle maak soos ons maak”, was die etnosentriese aanname. Westerse stelsels soos demokrasie en kapitalisme is selfs op lande afgedruk waar dit nie ’n kans gehad het om te slaag nie, soms selfs met geweld soos op Irak. Die dawerende mislukkings waartoe hierdie eksperimente om die Ooste en Suide te verwesters soms gelei het, is toegeskryf aan swak leierskap en Moslem-ekstremisme eerder as aan die ontoepaslikheid van die Westerse stelsels.

Japanse modernisering

Die suksesvolle Japanse blitsmodernisering van 1860 tot 1900 was die eerste bewys dat modernisering nie noodwendig verwestering beteken nie. Die Japannese het wel selektief Westerse stelsels oorgeneem soos wetenskap en tegnologie, maar het nie die Westerse tale en kultuur oorgeneem nie.

Die onvergelykbare sukses van die Weste en die Japanse bewys dat ander beskawings ook kan moderniseer, het gelei tot talle pogings om hierdie Westerse suksesresepte na te volg, met wisselende sukses. ’n Bekendste voorbeeld hiervan is die gedeeltelike sukses waarmee Kemal Attaturk Turkye ná die Eerste Wêreldoorlog moderniseer het. Daarna het geen ander beskawing suksesvol gemoderniseer nie totdat die Asiatiese Tiere soos Singapoer, Taiwan, Suid-Korea en Hongkong sedert die 1970’s op die Japanse manier met behulp van die “Westerse resep” ontwikkel het.

Die Kommunisme het vir ’n paar dekades geglo dat hulle ’n alternatiewe antwoord vir die Westerse modernisering gehad het, maar die dawerende inploffing van die voormalige Oosblok het ’n bloedstreep deur hulle projek getrek.

Opkoms van die res

Die afgelope twee dekades het verskeie ander kulture hierdie Westerse suksesverhale suksesvol maar selektief begin naboots. Daarteenoor het die Weste sy eie kultuurwaardes begin afwater en daardeur in ’n ekonomiese krisis beland terwyl die res met die hulp van Westerse stelsels begin opkom het. China het die Westerse wetenskap, tegnologie en ’n ruim mate van kapitalisme oorgeneem, maar nie die Westerse demokrasie en regsorde nie. Indië het die Westerse demokrasie oorgeneem, maar het baie lank gevat om die Westerse ekonomie na te boots. Die Russe het die wetenskap en tegnologie baasgeraak, maar sukkel ook met die Westerse vryemarkstelsel en demokrasie. Brasilië het die demokrasie aanvaar, maar sukkel nog met die vryemarkstelsel en skoon regering. Maar selfs die gedeeltelike nabootsing van die Westerse stelsels het al baie gehelp. Die gevolg was die opkoms van lande soos China, Brasilië en Indië, en die heropkoms van Rusland. China het meer as 500 miljoen mense daarmee uit die uiterste armoede opgehef, en Indië 250 miljoen mense.

Daarteenoor het die ANC-regering se uitgediende linkse resepte Suid-Afrika op ’n glybaan na demodernisering geplaas. Hierdie probleem strek natuurlik wyer as Suid-Afrika, omdat Afrika die een beskawing is wat ten spyte van gedeeltelike suksesse nog nie ’n unieke suksesvolle moderniseringsmodel ontwikkel het nie.

Afrika-foute

Die antwoord op die “Afrika-vraagstuk” is moontlik reeds ontdek deur die Keniaanse intellektueel Ali Mazrui. Hy het al in die 1960’s die teenstelling tussen die suksesvolle Japanse modernisering en die onsuksesvolle Afrika-pogings om te ontwikkel, duidelik uitgelig.

Mazrui het korrek uitgewys dat Japan se sukses te danke was aan hulle strategie om Westerse wetenskap en tegnologie oor te neem, maar nie die Westerse tale en kultuur nie. Al die ander sukseslande het later hierdie suksesresep gevolg. Daarteenoor het Afrika net die teenoorgestelde gedoen, sê Mazrui. Hulle het die Westerse tale en kultuur aangeneem, maar nie hul wetenskap en tegnologie nie. Soos Mazrui dit gestel het: “Afrika in sy geheel het die verkeerde dinge van die Weste oorgeneem – selfs die verkeerde dele van kapitalisme. Ons het die winsmotief oorgeneem, maar nie die ondernemingsgees nie. Ons het kapitalisme se materialisme geleen, maar nie die skeppende waagmoed nie.”

Die gevolg hiervan is dat, benewens ’n klein elite van verwesterde Anglo-Afrikane, die massa nie ontwikkel het nie. Hulle kón nie ontwikkel nie, omdat die Westerse tale prakties ’n onoorkomelike versperring tot die Westerse wetenskap en tegnologie was.

Suid-Afrikaanse uitdaging

Die ANC het die knaende ontwikkelingsprobleme wat die hele Afrika teister heeltemal misgekyk en blameer bloot Afrikaners en apartheid vir die knellende armoede van miljoene swart mense. Maar omdat hulle die probleem oorvereenvoudig het, oorvereenvoudig hulle die oplossing ook, en daarom lei die verkeerde diagnose van die probleem tot die verkeerde antwoord, naamlik transformasie. Maar noudat “transformasie” nie werk nie, blameer hulle leiers weer die Weste en Westerlinge soos Jan van Riebeeck en Paul Kruger. Maar dis ’n selektiewe verwerping van die Weste. Westerse simbole en standbeelde word afgebreek, maar ander Westerse stelsels soos Engels en die verbruikerskultuur met blink karre en mooi selfone word innig omhels.

Daarmee saam word erkende Westerse stelsels soos skoon staatsadministrasie, meriete, produktiwiteit, ekonomiese vryheid en die regsorde deurlopend deur die regerende elite afgewater en soms selfs verwerp.

Dit plaas Afrikaners voor ’n unieke uitdaging om ons Westerse kultuurerfenis en lewenswyse te beskerm omdat die staat gaandeweg al meer Afrikaniseer. Die kern van Afrikaners se Westerse erfenis is ons bewese vermoë om ’n eerstewêreldse Westerse beskawing in Afrika te ontwikkel. Die enigste manier om dit te doen is om Westerse ruimtes met sterk gemeenskapsinstellings te skep. Hierdie instellings moet hierdie ruimtes so vinnig as moontlik sodanig verbreed en verdiep dat dit die lewensruimte kan skep waarin die Afrikaner blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan voortbestaan.

Ons standbeelde word nie geteiken waarvoor hulle gestaan het nie, maar wie hulle was en wie ons is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Theresa Papenfus ·

Dankie vir die uiteensetting. Dit sluit op ironiese wyse aan by wat Max du Preez geskryf het. En Annie Erickson se versugting na ‘n luistersessie vir almal.

Gert Bothma ·

Dit is n mooi polities korrekte verduideliking van wat tans gebeur in land.My persoonlike siening is dat dit n uitvloeisel is van die revolusie wat nog nooit gestop is met Bewind oorname onder n “vrye demokasie” deur swart regering.Die blankes is geleidelik gewoond gemaak aan omgekeerde rassistiese wetgewing om ons te verarm en te reduseer tot niks.Als is aanvaar met die hoop dat dit sal lei tot n beter en vreedsame SA en dat daar op n stadium teruggekeer sal word na “die regte man vir die regte pos”Na 21 jaar aan bewind het wetgewing net feller geword teen blankes.Die Plaasmoorde en moorde het in felheid toegeneem om ons bang te maak en te verminder omrede die finansiele mag nog in blanke beheer is.Die EFF is deur ANC gestig as rookskerm om felheid van revolusie te verskerp.Blankes word nou openlik uitgelok om oor te gaan tot gewapende geweld sodat die meerderheid “wettiglik” toegesluit en of geskiet kan word om dit Internasionaal aanvaarbaar te maak.Hoekom se ek so? Pres Zuma en ANC Regering het n spesialr vergadering bele en besluit dat alle Standbeelde uit Koloniale en Apartheids era voor 1 Mei 2015 vernietig en of geskuif moet word saam met seker geboue.Malema en sy party ,EFF word gebruik as die voertuig.Tot op hede het die Pres hom glad nie uitgespreek teen die beskadiging en of vernietiging van Standbeelde nie.Paul Kruger het destyds gese dit gaan nie oor stemreg nie maar my land wat jul wil he.Ek se dit gaan nie oor Standbeelde nie maar die uitmoor en vernietiging van my Volk en sy mense.en die ontse van n toekoms vir ons blankes se nageslag.Die totale uitwissing van ons blankes oor die lange duur.Hul reeds besig die laaste 21 jaar om ons mense te vermoor onder die vaandel van misdaad en die ontwapening van die blanke.Mense hou op om sienende blind,horende doof en aan ontkenning te lei.Die blanke Volk staan voor n geen keuse as ons n toekoms wil verseker vir ons kinders en kleinkinders in ons geboorteland.

Dewald ·

Ek dink jy slaan die spyker op die kop met die EFF en ANC. Die EFF is die ” Black Opps” van die ANC. Ek dink as n wit auditeer mooi gaan soek, sal hy die koneksie kry.

Bert ·

Ek is jammer Flip maar ek begin dink dat dit onverantwoordelik is om te probeer voortploeg in Afrika. Die prognose vir ons is swak. Is ons werklik bereid om te sterf vir die volk? Want dit is tog waarop dit gaan neerkom (en alreeds het baie daardie prys betaal). Ander minderhede in SA beplan stil-stil om hul kinders uit te kry. Waarom ook nie ons nie?

Hendrik ·

Ek stem saam. Dis tyd dat ons sekerheid kry: welkom of nie. Dan kan ons met wêreldleiers praat om ons volk se voortbestaan te verseker. As regering amptelik standpunt in neem teen ons, begin dit n humanitêre krisis raak wat nie afgemaak kan word mie.

bert ·

Ek hoop regtig Flip het iewers in sy lessenaar laai ‘n plan b dokument vir as die ondenkbare gebeur. Hoeveel skoolgaande Afrikaanse kinders is daar? 300 000? Beurse, finansiele pakkette en ander metodes kan baie 1ste jaars ‘n vastrap plek gee. Ek gaan by voorbeeld my kinders laat Duits neem vanaf Graad 8. Daar is baie geleenthede in Duitsland wat ek dink die wereld se 4 de grootste ekonomie is.

Jaco Smith ·

Dankie vir die uiteensetting. Dit verduidelik baie onbeantwoorde vrae. Snaaks dat hulle die voordele geniet maar nie hou van waar dit vandaan kom nie.

Petrus ·

Flip dit is ‘n baie briljante uiteensetting.Ek glo stellig die blankes moet versoen en aangaan met hulle lewens.Die landing van blankes na 94 was sag.Blankes het baie om te doen om die land heel te maak.Kom ons begin in de doorns.Hoekom wil plaasboere nie plaaswerkers shareholders maak nie.Die rede is hulle wil he plaaswerkers moet arm sterwe en daar moet nie vooruitgang in hulle lewens wees nie.Mense werk tot 40 jaar op plase en aan die einde van hulle lewens besit hulle niks.Plaasboere in de doorns het tot 10 plase maar hulle mense wat vir hulle werk eindig op in plakkerskampe.Vrede sal nie kom as sulke dinge gebeur nie.

ria dreyer ·

Sekerlik is jy nie i boer nie…hoekom mense “shareholders maak”. Dis preies wat d probleem is soos Ali Mazrui gesê het..hulle wil di voordeel he maar nie werk daarvoor nie. Stop asseblief die idee dat als net gegee moet word!!!
Lees aasblief weer die berig en dink mooi oor wat gesê word!!!

Alberta ·

Asseblief – is jy ‘n “share holder” van die firma vir wie jy miskien werk – as boere dit moet doen wat van al die ander firmas vir wie meeste mense werk? Dink voordat jy sulke polities korrekte nonsens kwytraak asselief

Alberta ·

Asseblief – is jy ‘n “shareholder” van die firma vir wie jy werk – as boere dit moet doen wat van al die ander firmas vir wie meeste mense werk? Dink voordat jy sulke polities korrekte nonsens kwytraak asselief

Christo ·

Petrus, is jy in ‘n diepe slaap? Het die werklikheid jou verbygegaan? Dis nie ‘n skande of ongewoon om tot jou aftrede te werk en dan nog steeds geen eiendom te besit nie. Miljoene blankes verkeer in so ‘n situasie. Kry hulle eerder jammer. Die Suid-Afrika van vandag het nie ‘n filantroop nodig nie, maar eerder ‘n kragdadige leier wat by sy bevolkingsgroep staan.

Dup du Plessis ·

Dit is verskriklik om te dink dat die toekoms vir Afrikaners (eintlik almal met ‘n ligte gelaat) maar Afrika donker is. Om te dink dat ons Keiser sonder klere en al sy raadsmanne nie destyds net vir ons ‘n klein tuislandjie kon beding nie, dit terwyl ons die hele land beheer het, ‘n plan “B” vir net ingeval ‘n ou nie al die gepraat vertrou nie. Almal wil dan ‘n tuisland vir die Palestyne he, so Afrikaners sou seker ook kon. Was self ‘n jaar in 1983 as Valskermsoldaat in Angola, 18 jaar oud , en geglo ons doen dit vir ‘n toekoms. Van ons Kompanjie se seuns het Suid-Afrika nooit weer gesien nie. Ek het altyd geglo dat dit wat ons as kinders opgeoffer het, dan praat ek nie eers van wat ons boere-mense in die verlede moes deurmaak nie (oorlog, konsentrasiekampe, ens.) genoeg was vir ‘n plekkie in hierdie land. Maar helaas dit was vergeefs. Ironies is my seun op PUK in die koshuis en was hy dan ook verlede jaar van die laaste ontgroende eerstejaars wat se mensregte volgens Beeld geskend was. Maar swart kinders mag jaarliks doodgemaak word tydens inisiasieskole, menseregte skending in die ergste graad, maar dis “OK” dis Afrika kultuur, net nie onskuldige afrikaner-ontgroening nie. Vir my persoonlik is die enigste positiewe dat ‘n ou dit sien kom het na 1994. As boer ry jy nou elke nag jou kampe, hoe moeilik ookal, anders is daar ‘n bees geslag of ‘n paar gesteel die volgende dag. Maar patrioties vir Suid-Afrika nooit weer nie. Ons is 3de klas belasting-betalende burgers. Hoop die ou Keizer en al sy raadsmanne en al sy oud aanhangers draai maar om in die nag wanneer die son sak en ‘n ou wonder of jy of jou huis een van die statistiek gevalle die volgende dag gaan wees.

Prit ·

Duppie, dankie vir wat jy op die grens vir ons gedoen het. Julle manne was veraai maar julle het vir ons n klyn bietjie tyd gekoop. Baie dankie!

OB ·

Gert Bothma se opsomming is in die kol.Dit verstom my egter dat so baie Blankes nog met blindheid geslaan is en nie regtig besef wat is aan die gebeur nie.

Rudie ·

Dit gaan oor materialisme. Geld en goed het ons bass geword.

Pieter Albertyn ·

Flip, wat ‘n puik artikel! Verhelderend en eerlike ontbloting van ‘n uiters emosioneel gelaaide onderwerp. Ek dink dit is krities dat jy hierdie artikel in Engels op die regte platform gepubliseer kry.

Sus ·

Ons ‘Westerlinge’ in die land is leierloos. Waardevolle tyd gaan verlore. Sal die leiers wat geroepe voel asb opstaan sodat ons kan sien wie dit is sodat ons saam kan beweeg.

Therese van Schalkwyk ·

Skitterende artikel!

Dis egter verdoemend wat betref blankes se toekoms in SA. As Westerse standbeelde nie geduld word nie, hoe op aarde gaan “Westerse leefruimtes” geduld word?

David van Vuuren ·

Goed gebalanseerde artikel. Die vraag is egter waar gaan dit eindig of met wat gaan dit eindig? Totale uitwissing van alle westerlinge in Suid Afrika, terwyl hulle lekker gerieflik vasklou aan al die gemaklike en voordelige gebruike, gadgets, blink voertuie, medisyne ensomeer, wat die haatlike westerlinge hierheen gebring het!

Boeta ·

Die skrif is aan die muur. As jy nie swart is nie, is jy nie welkom nie. As ons nie wil veg vir dag to dag oorlewing in die nabye toekoms nie, moet ons maar plan maak en pad vat. Ongelukkig is ek nie baie positief oor ons mense se gewilligheid om saam te staan teen die gees van wraak wat nou so heers nie, totdat dit vir baie te laat gaan wees.

Chris ·

Ons blanke volking in Suid-Afrika is slapgat en leierloos. Indien daar bv. standbeelde geskend of verwyder word, is ons gou om met petisies te gaan kla daaroor. Dit help niks! Die regering is kop in een mus met almal wat blankes haat. Ons moet optree. Skiet ‘n paar vandale daar en dan dood terwyl hulle besig is om standbeelde te skend en af te breek. Breek hulle standbeelde ook af. As hulle dit mag doen en niks oorkom nie, mag ons dit seker ook doen

nico ·

jou wereld leiers sit en wag vir n oorlog in die land dan kan hul net kom vat almal van hul soek die land nie vir wat hy is ni maar vir wat hy het ons mede land leiers wat ons voorvaders eintlik is sit en terug kyk en wag in spanning dai lande is ons herkoms nederland duitsland switzer land america brittanje hoeveel moet ek nog noem of jy n engelse blanke of afrikaanse blanke is word jy onder di selfde kamp geskeer

Paul ·

Die uitdrukking is “oor dieselfde kam geskeer”.

Mens skeer met ‘n KAM as jy al die hare dieselfde lengte wil hê, nie met ‘n kamp nie, en jy skeer OOR ‘n kam, nie daaronder nie.

Leon ·

Almal skryf, praat,bedink, redeneer en stoei met vraagstukke. Dit is goed en wel, maar ek sien bitter min reaksie wat geestelik aangebied word. Bid mense bid! Indien jy nie in n verhouding met ons Here staan nie, begin nou!

Egbert ·

Goeie stuk. Op ‘n ander webblad het ‘n “untouchable” denker reeds ‘n ruk gelede die saak beter uiteengesit. Die Engelse establishment het die swartes al die jare teen die Afrikaner opgehits. Wat gebeur het is dat hulle teen die witmense opgesweep is. Hulle weet nie veel van Westerse Beskawing ens nie maar wel wat is Wit en Swart.

JoeV ·

Hierdie kommentator ken hiermee die “D.Litt.” toe aan die skrywer, maar moet dit ongelukkig dadelik ontneem, nie oor plagiaat nie, slegs omdat die skrywer die akurate beskrywing sig aan almal wat dit reeds weet.
Die korrekte gehoor vir die skrywer kan ongelukkig nie Afrikaans nie, en wil ook nie. Die skrywer word aangemoedig om die skrywe te vertaal en te publiseer in die Sowetan.

Ronell ·

Ek stem met die algehele meerderheid saam hierbo buiten Petrus, wat sekerlik ‘n grap maak!!
Aandeelhouers van jou plaas maak?? Petrus as jy so sterk hieroor voel, as jy ‘n huiseienaar is, maak asb hierdie werkers ‘n aandeelhouer van jou huis of perseel. Sal jy dit doen? Ek glo nie so nie!! ‘n Mens werk vir jou eie besittings en jy sit nie bakhand en wag dat iemand jou iets gee nie, dit is niemand se skuld dat die plaaswerker die werk aanvaar het nie. Ek sal ook aftree sonder enige eiendom, so vir wie moet ek skuld gee, dink jy??

Amanda ·

Ek lees berigte in oorsese media oor Suid Afrika.Ons het n bespotting geword onder die nasies.Wat ervaar ek in my gees as ek bid.Daar is n wereldwye aanslag op die Westerse beskawing.Dat die Westerse beskawing gaan verkrummel?Ek lees die boek van Daniel oor die eindtye en die standbeeld met die tien tone.Al wat ek weet as kind van God is dat Jesus op pad is en Sy Koninkryk kom vestig en geen beskawing of nasie of leermag of owerste sal kan bly staan nie.Psalm2.Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.As julle die tyd sien aanbreek.Staan vas in die wete dat Ek wat God is nie verander nie.Gideon was n klein weermag wat n groot oormag verslaan het.Niks kan staan teen die gebed van die regverdige nie.

Willem ·

Ek was veral deur jou laaste paragrawe getref. Myns insiens is daar vir ons net een uitweg, afgesien van ermanente tweedeklas burgerskap, en dit is om ‘n outonome gebied of gebiede te verky. Ek het hierdie begrip in redelike detail ontleed en my slotsom was dat dit heeltemal doenbaar en lewensvatbaar is (ek wil net beklemtoon dat ek dit nie uit besondere politieke hoek aangepak het nie, ek wou net sien of dit gedoen kon word). Ek het ook besef dat dit ons grondwetlike reg is en nie ‘n toegewing inie, en dat die regering deur die howe gedwing moet word om die saak aan te spreek.

Willem

Will ·

Geen gesprek rondom Flip se insig of die situasie in die land is op hierdie stadium nodig nie. Die ongelooflike sterk negatiwiteit wat een Afrkaner teenoor die aksie van die volgende opebaar, beteken dat ons, ons eie bestaansreg in ons eie land in gevaar stel. Hier verwys ek nie na die vorige skrywers as sulks nie, maar na die algemene gesprek wat in die sosiale media gevoer word. Ons almal het `n mening, en die reg daartoe. As ons begin om na mekaar te luister, sonder om lelik daaroor te raak, `n bietjie dink, bid en redeneer, sal ons wel ons volk by mekaar trek. Ons word aangeval, en sal mettertyd begin reageer, moontlik te laat, maar die huidige modder gooiery sal letsels laat wat die volk gaan verdeel voordat dit kans kry om saam te trek. Ons het leierskap nodig en insig tot die gevaar wat voorlê. Voorts moet ons trots bewys teenoor ons Afrikanerdom, wie ook al die leisels op hierdie oomblik hou. As ons aanhou om teen mekaar te praat, en veral in die ope forums, bewys dit ons het reeds teen mekaar gestem, en dan het Malema ook reeds gewen.

Martha ·

Dit is so hartseer dat ons in hierdie pragtige land soveel onenigheid het. Die voorgeslagte, vanaf Jan van Riebeeck, het maar net probeer om ‘n beter lewe vir almal te bewerkstelling. Vars kos vir die skepe tot die moderne samelewing met al sy uitvindings wat ‘n beter lewe vir almal in hierdie land beteken. Maar die Here het ons almal verskillend gemaak en daarom bid ek daagliks dat Hy ons asseblief genadig moet wees en bly en werk ek (rustig) voort en bid ek vir die mense wat deur soveel hel gaan in die gewelddadige aanvalle. Hulle gaan sekerlik hemel toe, want het hulle nie reeds hul hel op aarde nie.
Dit is seker maar moeilik om ‘n ander kultuur te aanvaar as dit so baie van jou eie verskil.

Johan Wiggill ·

Flip, weer eens ‘n politiek korrekte artikel. Dit grens aan snert. Jy en ons is +- 8% van die bevolking en in die pad van die swartes in die algemeen. Weet jy wat aangaan elke dag in die land? Waarvoor moet meer as 90% hul self beskerm met SEB en RA teen 8%? Daar is gelukkig mense wat besef wat aangaan en daarvolgens organiseer.

Christo ·

Ek wou ook kommentaar lewer oor iets, maar nadat ek die briewe van die lesers deurgelees het, is ek so opgewerk dat ek nie vanaand sal kan slaap nie! (Ek bedoel dit op ‘n positiewe manier teenoor kommentaarskrywers)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.