Die winde van verandering waai weer wêreldwyd

Suid-Tirool

Suid-Tirool

Daar word vertel dat ’n Amerikaanse vlieënier in die tagtigerjare net ná sy landing in Johannesburg sy passasiers aangeraai het om hulle horlosies 20 jaar terug te stel – omdat Suid-Afrika in die verlede vasgesteek het! Hierdie storie het by my opgekom toe ek onlangs teruggekeer het van ’n studietoer na Europa. Ek het gaan ondersoek instel wat die jongste ontwikkelings is vir die beskerming van taal- en kultuurgroepe in die wêreld. Helaas, Suid-Afrika is weer agter, want die wêreld het aan beweeg. Net voor die aanvaarding van ons finale grondwet in 1996, het Europa in 1995 die raamwerk-konvensie vir die beskerming van Europese nasionaliteite aangeneem. Dit het omvattende regte en magte aan minderheidsgroepe toegeken en die aanvaarding en nakoming daarvan is ’n voorwaarde vir toelating tot die Europese Unie.

Maar kom ons gaan ’n bietjie verder terug. Die destydse Britse premier Harold Macmillan het in 1960 sy opspraakwekkende wind-van-verandering-toespraak in die Suid-Afrikaanse parlement gehou. In hierdie toespraak het hy gesê dat daar onkeerbare winde van verandering oor Afrika waai, dat kolonialisme uitgedien is en dat Brittanje al sy kolonies gaan bevry. Hierdie beleidstoespraak is gevolg deur die toekenning van onafhanklikheid aan al Brittanje se kolonies, en die wêreld het gejuig oor die talle nuwe state wat hul vryheid gekry het.

Vry lande, onvrye bevolkings

Maar hierdie vreugde was van korte duur, want hoewel die lande hul vryheid gekry het, was die bevolkings nie vry nie. Dit het ná onafhanklikwording regoor Afrika gou duidelik geword dat bevrydingsbewegings nie soseer vír demokrasie geveg het nie, maar eintlik vir mág en sélfverryking. Martin Meredith, een van die gesaghebbendste skrywers oor Afrika, sê in sy nuwe boek, The Fortunes of Africa, dat die reeks staatsgrepe in Afrika mekaar so vinnig opgevolg het dat die post-onafhanklikheidsgeskiedenis in ’n waas verbygeflits het. In die eerste twee dekades van onafhanklikheid was daar sowat 40 suksesvolle staatsgrepe en talle ander onsuksesvolle pogings. Daar was nie een geval waar ’n Afrika-regering vreedsaam uitgestem is nie. Vanuit sowat 150 staatshoofde het net ses vrywillig die mag afgestaan, waarvan sommige eers ná dekades aan bewind. Uit ’n lys van 50 Afrikastate was feitlik almal eenpartystate of militêre diktatorskappe, terwyl in 32 state opposisiepartye onwettig was. Wanneer verkiesings gehou is, was dit bloot om die bewindhebber en sy party se mag te bevestig. In 150 verkiesings wat tussen 1960 en 1989 in 29 lande gehou is, is opposisiepartye nie toegelaat om ’n enkele setel te wen nie. Die gemiddelde leeftyd van ’n grondwet in Afrika is net tien jaar.

Bestaanskrisis

Flip Buys in Suid-Tirool

Flip Buys in Suid-Tirool

Die oorsaak van die mislukking van demokrasie in Afrika en ander multi-etniese lande is ten beste verwoord deur die Amerikaanse staatsman Henry Kissinger. Hy het gesê dat demokrasie in die Weste ontwikkel het uit homogene samelewings. Verkiesingsneerlae is tydelike terugslae wat weer omgekeer kan word, en die verloorders se fundamentele belange bly veilig. Maar Kissinger het gewaarsku dat demokrasie in multi-etniese lande gereeld tot permanente diskriminasie en die vernietiging van minderhede se fundamentele belange lei.

Die neiging dat meerderheidsregering in ’n etnies- of rasgebaseerde meerderheidsoorheersing oftewel ’n “tirannie van die meerderheid” ontwikkel, het tot gereelde geweld, staatsgrepe en afskeidingsbewegings in Afrika gelei. Minderheidsgroepe het hul teen meerderheidsoorheersing en die gevolglike bestaansbedreiging verset, en Afrika het in voortdurende politieke konflik en ekonomiese krisis beland.

Winde waai weer

Hierdie mislukkings het die winde van verandering weer oor die wêreld laat waai. Wenlande het besef dat vry lande met onderdrukte volke die dood in die demokratiese pot is. Daarom is politieke standaarde ontwikkel waar meerderheidsregering aangevul is deur minderheidsbeskerming. Die gebrekkige “1960”-model van demokrasie is vernuwe deur verskeie nuwe modelle in die internasionale reg en moderne staatspraktyk. Die VN het al in 1992 belangrike handveste vir die beskerming van minderhede ontwikkel, wat al verskeie kere verder ontwikkel en opgedateer is. Daarbenewens het talle ander wêreldliggame al standaarde ontwikkel, soos die Europese Unie en tot ’n mindere mate selfs die Afrika-Unie. Die bekendste voorbeelde van lande wat reeds omvattende gebieds- en nie-gebiedsgebaseerde minderheidsregte toepas is Spanje, Italië, Skotland, Finland, Denemarke, België, Switserland, Rusland, Portugal en Kanada.

Die probleem is dat hierdie nuwe standaarde vir demokrasie nie outomaties werklikheid word nie omdat meerderheidsgroepe graag vasklou aan hulle mag oor minderhede. Daar is ook soms praktiese struikelblokke, soos dat sommige minderhede verspreid woon of nie bewus is van die oplossings wat die wêreld reeds vir hulle dilemmas ontwikkel het nie. In Suid-Afrika is ons land se intellektuele  en politieke afsondering ’n belangrike rede waarom mense oor die algemeen nie daarvan bewus is dat die wiel reeds ontwerp is en goed werk nie. Maar in ’n geglobaliseerde wêreld sal die nuwe winde van verandering nie vir altyd teengestaan kan word nie. Suid-Afrika is immers ’n medeondertekenaar van talle internasionale handveste, en die internasionale reg is grondwetlik deel van ons reg. Dit sal egter nie help om vir die reg te wag nie, omdat ervaring al geleer het dat die reg veel eerder deur praktiese selfdoen-werklikhede geskep word as andersom. Hoewel Suid-Afrika nog ver agter die res van die wêreld is, bevat ons grondwet wel ruimtes wat as vertrekpunt vir verdere demokratisering kan dien. Die grondwet maak byvoorbeeld voorsiening vir die erkenning van  “taal- en kultuurgemeenskappe”, al word dit nie goed uitgespel nie.

Tien beste praktyke

Buys saam met verteenwoordigers van Verteenwoordigers van ander Afrikaner-organisasies in Suid-Tirool

Buys saam met verteenwoordigers van Verteenwoordigers van ander Afrikaner-organisasies in Suid-Tirool

Verteenwoordigers van tien Afrikaner-organisasies het onlangs Europa tydens ’n studietoer besoek, waaronder Solidariteit, AfriForum, die FAK, Radio Pretoria, Orania en sakelui. Daar is veral gefokus op die Duitse deelstaat Suid-Tirool in die noorde van Italië, omdat dit beskou word as een van die suksesvolste staatkundige projekte in Europa. Hoewel daar groot verskille tussen Europa en Suid-Afrika is, is daar wel verskeie lesse wat uit hierdie “beste praktyke” in die wêreld geleer kan word. Dit kan kortliks as volg opgesom word:

  1. Minderhede bestaan oral ter wêreld. Suid-Afrika is nie uniek nie;
  2. Minderhede word amptelik erken en die verontagsaming daarvan is ondemokraties;
  3. Minderhede en hul instellings soos skole, universiteite, tale en dorpe word beskerm;
  4. Hulle kry magte én regte om self te besluit oor die belangrikste sake wat hulle raak;
  5. Kulturele groepidentiteit soos “Afrikaner” is normaal en nie rassisties of regs nie;
  6. Die inwerkingstelling van groepregte geskied op inisiatief van die groep self, waarna dit deur regerings erken word;
  7. Individuele regte is nie genoeg om groepbelange te beskerm nie;
  8. Die prys van nasionale eenheid is ruimte vir verskeidenheid;
  9. Politieke vryheid sonder kulturele vryheid is betekenisloos, omdat minderhede wel stemreg het, maar weens hulle getalle nie “stemkrag” nie;
  10. Groepverhoudinge verbeter wanneer minderhede se belange veilig teen oorheersing is.
  11. Die Solidariteit Beweging se siening van “gemeenskapsfederalisme” as oplossing vir die politieke- en kulturele ongelykheid in SA is volledig in pas met die beste praktyke van wenlande.
  12. Hierdie wenlande het ’n soort “dubbele burgerskap”, waar mense gelyktydig burgers van ’n land en lid van ’n bepaalde kultuurgroep is. Hierdie “burgerskap” is aanvullend en nie botsend nie en die een is ’n voorwaarde vir die ander.

Inwerkingstelling

Dit is so dat die regering nie op die kort termyn Afrikaners se aansprake op minderheidsregte of gemeenskapsfederalisme sal erken nie. Daar is wel ruimtes in die grondwet wat ons kan gebruik, soos die magte van beheerliggame van skole of die rade van universiteite. Die belangrikste ruimte is egter die voorsiening vir taal- en kultuurgemeenskappe om self organisasies te stig om hulle belange te bevorder, soos wat die Solidariteit Beweging reeds met groot sukses doen. Daarom bly ons tweebeen-strategie in die kol: Ons moet net voortgaan om ons selfdoenaksies groter en vinniger te doen, terwyl ons waar nodig met die owerhede moet skakel om ooreenkomste oor knelpunte te sluit. Ons toekoms is immers te belangrik om net aan die regering oor te laat.

Kom ons stel ons horlosies dus op die internasionale tyd in en kom só in pas met die nuwe winde van verandering wat oor die wêreld waai.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Flip Buys

Flip Buys is voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

HEVW ·

Baie verkwikkende nuus. En hiermee ook alle waardering aan Sloidariteit, Afri Forum, FAK, Orania ens. Agressiewe bemarking is sonder ophou noodsaaklik. Veral ons kunstefeeste en die huidige onderwyssisteem asook Sarfu sal moet ernstig kennis neem. Onder volgehoue druk sal daar sekerlik weer n volksbesef ontwikkel, en wat die huidige regering betref onder volgehoue hamerslae gee selfs die hardste rots mee. Miskien sal daar n uiteindelike besef kom dat hul medeondertekenaars van die internasionale handves is en dat die internasionale reg deel van van ons reg is.

Theart Korsten ·

Baie indrukwekkende artikel. ‘n Paar vrae. Hoe, deur julself as Afrkaners af te sonder van die res van die land gaan julle ‘n voortbestaan maak? Moet almaal dan na een area to trek soos bv. Orania? Wat verhoed die meerderheid om nog steed almaal uit te wis as dit tot op daai punt kom? Deur julself af te sonder kan dit nie meer haat en afgunstigheid veroorsaak nie, Ek dink aan die Jode tydens die tweede wereld oorlog en basies hulle hele 5000 jaar lange geskiednis en selfs nou in die midde ooste? Ek wonder maar net of integrasie oor tyd soos die VSA dalk nie ‘n beter lang termyn strategie sou wees nie. Die blanke mens op die aarde is in die minderheid. Moet hulle dus beskerming kry van die meerderheid? Ons het ons nie goed van die taak gekwyt toe ons ‘n verskil kon maak nie. Hoekom nou kla?

Hennie Smook ·

Theart, Jy mis die punt van beskerming van minderheidsregte totaal. Waar word van afsondering gepraat ? Waar word enigsins genoem om in n streek te groepeer?
Dit gaan om eie belang in byvoorbeeld eie skole ens te mag uitoefen. Dit wat nou deur die ANC op alle fronte gesaboteer word.
Ons weet FW en sy 67% comrades het ons uitverkoop. Ek stem saam met jou met daardie geleentheid het die ja-broers ons in een groot gemors ingestem.
Ek dink hier lê n moeilike pad voor maar ons het geen keuse anders as om dir inisiatiewe van fie groep te ondersteun nie.
Ons heil lê gewis nie in die DA nie!

johan ·

Dankie Hennie vir die reaksie op Theart se tipiese snert waaraan party mense dink. En terloops Konflik tussen rasse ontstaan waar hul naby mekaar is, nie in afsondering nie.

JC ·

Jy verstaan verkeerd. Die reg tot kultuur-selfbeskikking het niks te doen met wegtrek na ons eie afgesonderde gebied toe nie. Tensy ek verkeerd verstaan het.

Pietertjie ·

Hier gaan ons ou volkie alweer: die eerste paar dwarstrekkers spring alweer op! Hoekom nie eerder ‘n bietjie insig aan die dag lê, en die artikel bestudeer en evalueer vir waarvoor dit bedoel was nie?

Leon ·

Theart, hoekom dink jy aan afsondering en dat haat ens aangeblaas word deur minderheid regte te beskerm soos die artikel probeer verduidelik? Dit kom voor of jou kommentaar probeer insinueer dat mens maar stil moet sit en aanvaar dat jou regte geskend moet word, en dat dit maar so is. Dis ruggraatloosheid om so te redeneer. Verder as jy net na New York kyk, is daar verskillende minderheidsgroepe binne New York self. Om ‘n paar te noem: Grieke, Jode, Chinese, Italianers. Stap jy in New York, dan kry jy die groeperings daar. Dis toerisme aantreklik, en mense aanvaar dit ook so. Jy kan hul kultuur gaan beleef daar in New York sommer. Wat maak die Afrikaner dan so anders om dieselfde te wil hê? Die antwoord op my vraag: ons is bang ander nasies haat ons daarvoor. Hoekom?

So, wie dan het die haat, ons of die ander nasies teenoor ons. Watter haat word dan aangeblaas? Nie my haat nie! Maar volgens jou kommentaar, die haat van ander nasies teenoor ons. Hoekom moet dit ons besluite beïnvloed, as die haat dan reeds daar is?

Pieter van Rooyen ·

Dis nou maar een ding van die Afrikanerdom moet altyd kommentaar lewer wat negatief is sonder om mooi te lees wat daar voorgehou word. Het seker maar swaar gekry om sy begripstoets te slaag.
Dit is die eerste artikel in ‘n lang tyd wat ek gelees het wat vir my as Afrikaner inlig dat daar wel internasionaal voorsiening gemaak is om oor my en my kinders en my kleinkinders sê toekoms te kan besluit, gebaseer op ons geloof en kultuur, en dat dit internasionaal erken word.
Om egter vir die DA te stem gaan nie vir my oor of hulle vir my regte gaan baklei nie, maar om die mag van die ANC te breek, want sonder dié verandering is daar maar min hoop dat ons internasionale reg to selfbeskiking sal erken word.
Nee ons hoef nie almal op een hoop saam te trek nie, maar as ons net kollektief kan aandring op ons regte dan kan ons baie vermag, onthou “eendragt maak magt” of het ons die woorde al vergeet.
Hoe doen ons dit, baie maklik, as daar ‘n aksie is om ‘n saak te bevorder sorg dat jou naam daaraan gekoppel word, op watter manier ookal.
Ondersteun ten alle tyd die organisasies wat veg vir ons regte en veral Solidariereit wat aan die voorpunt stain.
Dankie aan Flip Buys vir hierdie uiters insiggewende artikel.

Theo ·

Dit wat aan ander volkere gegun word is al wat nodig is vir elkere volk in SA – “Traditional leaders are the custodians of culture, customs and tradition.” Zuma told the new king to look after the Xhosa nation. “Usiphathe kahle isizwe samaXhosa,” said Zuma in isiXhosa. “You must grow as big as the mountain and you must look after your nation. This day will be marked in history. And as we continue to work together, we are here to rebuild the nation.” News24 2015-05-15 18:08

Jannie Nell ·

Eerstens wil ek Flip bedank, sommer ook namens elke blanke AfrIkaner. Pieter ek wil jou aanhaling bevestig ” EENDRAGT MAAKT MAGT ” Dit is iets wat ons nooit durf vergeet nie. Kyk maar net na die bewyse wat ons mede landsburgers vermag deur hulle unies, optogte en stakings. Ons behoort hieruit te sien wat dit beteken om saam te staan. Ons mag ook NOOIT die gelofte wat ons voorvaders op 16 Desember gemaak het, vergeet nie. Laastens maar die heel belangrikste, ons mag nooit vergeet om te glo in ons HEILIGE VADER, ONS VERLOSSER EN DIE HEILIGE GEES NIE. Theo wat jy hier aanhaal is sekerlik iets wat ons leiers kan gebruik. Ons is ook mos ‘n volk. Nou wil ek graag ‘n beroep op alle blanke Afrikaners doen. Laat ons nie skroom om ons stemme te laat hoor en ons leiers te ondersteun in enige aksie wat hulle ons ondersteuning vra. Laat ons in ons miljoene opruk. Dit sal die regering van die dag laat regop sit. Laat ons almal deel in die stryd en uiteindelik in die oorwinning.

johan ·

Jannie, wat is n “blanke Afrikaner”, is daar dan ander.

Jannie Nell ·

Ja Johan. Daar is verskillende sieninge en verklaringe oor die woord “Afrikaner ” Soos ek dit verstaan word die meeste volke genoem na die land/vasteland waar hulle woon en waar hulle gebore is. Bv Amerika – Amerikaners, maar daar is wit en swart Amerikaners. Dieselfde, volgens my beskeie mening, geld ook vir ons. Help my reg indien jy dink dit is die verkeerde term en verduidelik hoekom jy so dink. Weet nie of daar werklik iewers ‘n definitiewe benaming vir ons “Boerevolk” vasgele is nie. Groete. Ns. Miskien is daar iemand wat dalk konkrete bewyse het van die onderwerp. Laat gerus van julle hoor.

chris ·

Jan.
Bewyse het ek nie ek dink egter dit spreek van self.’n Voorbeeld sal wees as jy van ‘n Japanees praat wat sien jy?Sou ek Japan toe gaan en ‘n burger word is ek nou ook ‘n Japanees, of dalk my kinders wat daar gebore sou word Japanese,dws indien ek per epos jou kontak en se ek is ‘n Japanees wat sien jy?
Wat die Boerevolk aanbetref daar is verskeie voorbeelde Boere-oorlog,Boerehelde ,Boerewors ens.Die Afrikaner het ontstaan om juis die Boere uit die Boererepeblieke te versoen met die blanke afrikaanssprekende Kaapenaar .
Het jy al gedink hoekom die westerse lande so sukkel met die begrip van identiteit .Nou praat ek oor ras bv Engeland ,VSA,Frankryk,Nederland ens terwyl die ander lande nie ?As jy praat van ‘n Rus,Indier ,Shinees,Romenier,Tjeg ens wet jy presies hoe hierdie mense lyk?
Gaan wonder gerus hieroor. Dit is dan ook al die duiwelslande die wat almal “onderdruk”.

Frik Lotz ·

Die enigste uitweg vir die Afrikaner is minderheidsregte en selfseggenskap. Daar is verskeie vorme en vlakke van selfbeskikking, vanaf kulturele selfbeskikking tot territoriale selfbeskikking. Die Afrikaner moet na al die opsies kyk en dit toepas waar dit vir hom die beste sal wees. Dankie ook aan n party soos die VF Plus wat die vaandeldraer is van minderheidsregte en selfbeskikking.

Lizette ·

Julle almal mis die punt. Die inligting is gebaseer op Europa se politieke aftergrond. Dit is vir my duidelik dat daar sedert die sestigerjare al dear die Verenigde Nasies n plan in working is om Nasies se identiteit af te breek. Die situasie in Europa is duidelik geskep dat individuele lande magteloos is om vandag van die ongewenste minderhede van Afrika wat hul toestroom ontslae te raak. Dit vind aansluiting by die onnatuurlike situasies wat deur Amerika en sy bondgenote geskep word in Afrika en die Midde Ooste om mense te forseer om te vlug. Lande wat eeue lank reeds floreer word nou lamgele omdat hulle oorstroom word en belangrikste van als….. Hul identiteit word op die Lange duur weggewerk deur vreemde invloed en verbastering.

Koos le Roux ·

“Ons toekoms is immers te belangrik om net aan die regering oor te laat.”

Wat n kwinkslag aan die einde! Dankie Flip

Leon ·

Ook om by te voeg na hierbo, en ek hoop Flip’hulle sien hierdie kommentaar en besin daaroor: omtrent al die volke in Suid-Afrika het hulle stam hoofde en konings nog. Monargie wat saam demokrasie bestaan. Maar elke een van hulle word deur ons regering afsonderlike beskerming gegee, asook van my belasting geld. Hoekom kan ons as Afrikaners nie ook so beskerm word nie? Verder het hierdie volke nog hulle eie grondgebied ook. Ons het nie. Wat maak ons anders? Hoekom is dit verkeerd om dit ook so te hê? Ek se nie ons moet ‘n monarg hê nie, maar ons moet dieselfde regte en belasting geld kan toe eien. Of dit, of daardie stamme moet ook begin integreer soos ons, en hulle grondgebied beskikbaar stel vir ontwikkeling.

Enrico ·

Geen pogings vir die voortbestaan van die Afrikaner volk in Suid Afrika sal slaag as die afrikaners nie leer om saam te staan nie. Van die voortrekker tyd was die afrikaner al verdeeld. As ons kyk na die swart bevolking sien ons dat hulle meer saamstaan.Deur saam te staan en te veg vir die afrikaner meer uitgerig kry. Daar is te veel politieke partye. dit bring ook verdeelsheid. Staan saam om een sterk politieke party sodat ons iewers kaN KOM.

Nartin Jonker ·

ʼn Inwoner van Afrika is ʼn Afrikaan. Die Afrikaner is ʼn etniese groep wat in Suid-Afrika tot stand gekom het na ʼn gemeenskaplikke drang om vry te wees van Imperialisme en onderdrukking en is ook hoofsaaklik saamgevoeg uit verskeie groepe mense wat weens hulle Christelikke oortuigings uit hulle lande moes vlug en het deur die bestuuring van ons Almagtigge Vader hier aan die Sudipunt van Afrika beland en later n onafhanklikke Volk geword het. Dit weet ons!
Ongelukkig was hier ook al ander mense wat om ander redes reeds hier was, wat wissel van najaag van rykdom en die strewe om belangrikke posisies te beklee. Ook is die Christen vlugtelinge nie net in vrede gelaat om hulle geloof hier aan die Suidpunt met vrede na te jaag nie, maar het die invloede van die bose wereld en die van die geheimenisse in skaapklere geklee ook in die selfde naam van Christenvlugteligge ons voorvaders agtervolg. Die luste “ schemes “ van die duiwel is in baie vorme onder ons aanwesig
Ek hoor en verstaan al die wonderlikke dinge van minderheidsregte en selfs selfbeskikking. Wat my bekommerd maak is dat ons ʼn gelofte by Bloedrivier afgelệ het, dat as Abba Vader vir ons die oorwining gee ons vir Hom, God Drie Eenig ʼn huis sou bou wat nie noodwendig ʼn gebou is nie, maar ʼn geestelike huis is, wat die leefstyl is van ʼn volk, ʼn groep mense wat werklik die Here vrees.
Wat my tref is dat ons nie werklik nog die punt aanraak oor hoe die Afrikaner werklik in die posisie beland het wat hy hom in bevind nie.
Daar is die wat die politiek van die verlede aanraak . Ons probleem is egter baie dieper as die oppervlak van politiek en lệ vasgevang in ʼn baie lustigge vyand wat ons eie mense doelbewus en onwetend misbruik. Die doelbewuste is nog steeds daar en steek sy kop uit in elke vasset van ons Afrikaner groeperings van die Kerk tot ons Volkstaat gedagtes.
Die Woord van God leër my dat elke keer as Israel hulle tot afgode gewend het, het die Here hulle uitgelewer aan “Oorheersing” . Wat maak ons so spesiaal dat dit nie die geval met ons is nie. God het dan ons gelofte by Bloedrivier verhoor, so Hy het ons as ʼn volk aangeneem. Hy het ons ook nou as ʼn volk aan oorheersing uitgelewer.
Ons sal geen grond wen as ons nie tot erkenning en belydenis van ons sonde en afgodediens kom nie. Ek praat nie net van die drankgod en sedeloosheid nie, maar sonpilare en beelde en simbole wat onder ons hoogtui vier wat hulle oorsprong in songodaanbidding het. Ons is so besorg oor ons monumente en beelde en logo’s en ons het nie eers daaraan gedink om die agtergrond van die argutekte van ons skate na te speur nie. Ons ondergang is grootliks vasgevang aan ʼn gebrek aan kennis en soms sommer net omdat ons die harde feite vermy.

Dit is vir my interessant toe die Here by Gídeon kom in Rigters 6, is die eerste opdrag wat God vir Gídeon gee voor hy die vyand kan verslaan om sy Pa se sonpilare en heiligge boomstamme af te breek in vers 25 en 26. Ons soek allerhande redes sonder om ons leiding in die Woord te soek. Ons dink ons is anders en die tiepe afgodediens is nie onder ons Afrikaner geledere nie. Waarop sinspeel een van ons Banke as hulle n handelsnuusgreep maak waar daar deur ʼn driehoek geloër word na n kind wat albaster speel ? Is hulle nou deel van die Uliminatie en wat se logo’s maak hulle wat soos n maan en n son lyk? Ons sal nie die mense konfronteur nie, inteendeel die meeste Afrikaners bank by hulle.
Gaan “Google”, maar op die internet “modern sun god symbol” en “sun god symbol” en kies “images” en kyk hoeveel van die simbole gebruik ons in ons land en onder ons geledere. Hoekom speel ons so met allegorie?
Ek wil afsluit met Deuteronómium 4 vers 12 En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het ’n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie — net ’n stem was daar. 13-14, 15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele — want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie —,16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ’n gesnede beeld, ’n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: ’n afbeelding van man of vrou, 17 ’n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ’n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,18 ’n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ’n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is; 19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie — dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het. Vers 23-24
Asb. Abba Vader verander ons, vorm ons en breek ons om U wil te doen en nie ons wil nie!
Groete
Martin Jonker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.