Diplomatieke botsing tussen Frankryk en Italië

Geelbaadjie-betogers in Marseille, Frankryk (8 Desember 2018) (Foto: AP Photo/Claude Paris)

Frankryk en Italië, twee kernlande van die Europese Unie, is tans in ʼn diplomatieke konflik betrokke, die ergste nog sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Die begin van die botsing was die onaangekondigde besoek van Italië se vise-eerste minister en leier van die Vyf Sterre Beweging (die grooste party in die parlement), Luigi di Maio, aan Frankryk se Geelbaadjiebeweging. Vir di Maio was dit blykbaar die eerste van talle besoeke met die idee om die bande tussen sy party en die Geelbaadjies te verstewig. Hy het ook in ʼn twiet gepraat van die “winde van verandering wat nou die Alpe oorgesteek het”, bedoelende dat ook in Frankryk ʼn grondvlakprotesbeweging op pad na die mag is. Die geelbaadjies is ʼn grondvlakprotesbeweging teen die gevestigde orde en fokus veral op ekonomiese probleme van die middel- en laerklas. Dit was ʼn spontane protesbeweging, maar uit hulle het intussen ook ʼn party gevorm wat by die verkiesing vir die Europese parlement in Mei vanjaar sal staan. Ook die Vyf Sterre Beweging het as protesbeweging teen die gevestigde orde begin en later in ʼn suksesvolle party ontwikkel wat tans in ʼn koalisie met die regse Lega regeer. Di Maio het die Geelbaadjies geloof vir hul aksies en hulle moed ingepraat om voort te gaan. Hy is blykbaar ook op soek na bondgenote vir die Europese verkiesing en wil ʼn alliansie van populistiese grondvlakbewegings vorm.

Vir die Franse president Emanuel Macron was dit die spreekwoordelike kat in die duiwehok. In sy eie land het sy status en mag erg skade gely deur die Geelbaadjies se proteste. Hy moes reeds van sy ekonomiese maatreëls en belastingvoorstelle aanpas of kanselleer om die Geelbaadjies tegemoet te kom. Dat hy, wat self deur ʼn golf van entoesiasme vir ʼn nuwe beweging (En Marche) as ʼn nuwe leier in die presidentspaleis gespoel is, nou deur ʼn (meer outentieke) grondvlakbeweging bedreig word, moet erg wees vir sy ego. Dienooreenkomstig vererg was Macron oor di Maio se steun aan die Geelbaadjies. Macron het dit as inmenging in Frankryk se huishoudelike sake bestempel en het so ver gegaan om die Franse ambassadeur in Italië vir konsultasie terug te roep, in diplomatieke terme ʼn teken dat daar ernstig fout is.

Die verhoudinge tussen die twee lande, of eerder tussen die twee regerings, is al geruime tyd gespanne. Daarby gaan dit veral oor die vlugtelingpolitiek. Italië se regering uit die Vyf Sterre Beweging en die Lega het van die begin af erns gemaak met die aanspreek van die vlugtelingstrome wat vanaf Noord-Afrika via Italië na die res van Europa spoel. Hawens is gesluit en talle voordele vir vlugtelinge ingekort. Italië is ook van mening dat dit sy eie verantwoordelikheid is om sy grense te beskerm, terwyl Frankryk en Duitsland graag praat van ʼn “Europese oplossing” wat dié verantwoordelikheid aan multinasionale organisasies wil oordra.

Di Maio het Frankryk ook beskuldig van ʼn siniese spel, deur as voormalige koloniale moondheid Afrika met neo-koloniale metodes te verarm en mense daardeur aan te moedig om na Europa te vlug. Ook was daar bekgevegte tussen Macron en die leier van Lega, Matteo Salvini. Hulle het min ooghare vir mekaar en staan in heeltemal verskillende politieke kampe. Die pogings van Salvini om ʼn regse blok vir die Europese verkiesing te vorm, word deur Macron as bedreiging vir die huidige sentrum-linkse EU-regering gesien. Macron is uit en uit ʼn globalis wat die kiesers waarsku teen die populistiese bewegings as ʼn soort siekte wat beveg moet word. Daarmee was natuurlik ook die Italiaanse regering bedoel en beskuldigings het heen weer gevlieg, wat die verhoudinge tussen die twee regerings verder versuur het. Salvini en di Maio het op hul beurt Macron weer daarvan beskuldig dat hy teen sy volk regeer.

Daar was in die onlangse verlede ʼn Noord-Suid-verdeling in die Europese Unie tussen die lande wat ʼn streng fiskale beleid voorstaan het, soos Duitsland, Brittanje, Nederland en ander noordelike lande, en die sogenaamde Club Med, bestaande uit die lande rondom die Middellandse See soos Frankryk, Italië, Spanje, Griekeland en ander, wat ten gunste van ʼn lakse fiskale beleid en hoër skuldvlakke is.

Deesdae loop die kraak eerder tussen Oos en Wes en is die verdelingsfaktor die hantering van vlugtelinge. Italië is saam met Oostenryk en ʼn reeks Oos-Europese state vir die strenger beheer van grense, terwyl Frankryk, Duitsland, Spanje en ander vir oop grense is.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Sebastiaan Biehl

Sebastiaan Biehl werk tans as ʼn analis in Berlyn, Duitsland. Hy is ook ʼn skrywer van romans en reisbeskrywings in sy vrye tyd en was op ʼn tyd (2001-2005) ook vir Solidariteit se media-afdeling werksaam. Sy kwalifikasies is BA algemeen, BA Hons (Politieke Wetenskap) en MA Politieke Wetenskap by Bloemfontein en RAU, onderskeidelik. Sebastiaan se gebiede van belangstelling is veral politiek, geskiedenis en reis.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Halleluja ·

Lank lewe Di Maio en Slavini, weg met Macron, Merkel en die klomp linkse ruggraatlose humaniste wat Europa besmet het met parasiete!

Charles ·

Ek stem heelhartig saam met jou. Weg met die manteldraaiers en gewetenlose skarminkels!

Europa se uur het gekom!

Charles ·

Broeders van Italië,Italië is ontwaakt.
Met de helm van Scipio
heeft zijn hoofd zich getooid.
Waar is Victoria?Laat haar voor Italië buigen,want als slavin van Rome
is zij door God geschapen.
Sluit de rijen tot een cohort,wij zijn tot de dood bereid,
Italië riep!
Gedurende eeuwen werden wij
vertrapt en bespot,omdat wij geen volk zijn,omdat wij verdeeld zijn.
Laat ons samenkomen
onder één vaandel en één hoop.
Het uur van onze eenheid
heeft reeds geslagen.Sluit de rijen tot een cohort,wij zijn tot de dood bereid,
Italië riep!
Laat ons samen komen en elkaar liefhebben.
Eenheid en liefde openbaren
zich aan het volk,
het pad des Heeren.
Wij zweren te bevrijden,
de grond van onze natie.
Verenigd door God
Wie kan ons overwinnen?Sluit de rijen tot een cohort,
wij zijn tot de dood bereid,Italië riep!
Van de Alpen tot Sicilië
Legnano is overal.
Alle mannen van Ferruccio
hebben een hart en een hand.
De kinderen van Italië
noemen zich Ballila.
In ieder klokgeluid weerklinken de vespers.
Sluit de rijen tot een cohort,wij zijn tot de dood bereid,
Italië riep!
Zij zijn als riet dat buigt,
het zwaard van de huurlingen.
De Oostenrijkse adelaar
heeft reeds zijn veren verloren.
Het bloed van Italië
en dat van de Polen
heeft hij gedronken met de Kozakken
maar zijn hart brak!

Boer ·

@Charles

Sjoe, so jy sou graag wou sien dat die populisme van Malema en die BLF en sulke karakters se hand gesterk word in Suid-Afrika?

Charles ·

Is Italie se volkslied nie vir jou mooi nie. Wat van Afrikaner populisme??

John ·

Sake het ‘n totale ander kleur in SA. Populisme is ‘n woord soos lug… jy kan dit voel maar die omvang en aanwending is onbeperk. Die groot kwessie is die migrante wat meestal voet aan wal sit in Italiè en die land moet hul met ope arms ontvang, maar moet hulle asseblief tog net nie hierheen pos nie. Gehoor! Macron se onvolwassenheid word al meer duidelik. Hy is te groot vir sy skoene.

Koos ·

Europa het afsonderlike ontwikkeling van SA afgekeur.
Die Black Sash vrou, Zille wat so teen apartheid baklei het en premier van WK, het die pragtige oplossing van oop grense aan haar Duitse vriendin, Merkel gaan verkondig, wat op haar beurt as EU hoof, dit in die EU implementeer het.
Nou dat hul instroming van vreemdes aan hul eie bas voel, kom daar erge weerstand, die EU is besig om te verbrokkel.
Jammerlik om te sê, als dui op n groot depressie as die strukture inmekaar tuimel.

Stephan de S ·

Dankie Charles……dit is nou lekker afwisseling. Doet zo voort.

JBP ·

Bly al vir 14 jaar in Italie, en sal nooit trek nie, what a place, en die kids looove dit. Gebore Italians, nog net 1 keer in SA, en sal nie sommer wil terug nie.

Herman ·

Tong in die kies….. Siener het gese ” As rasisme in Europa opvlam sal die Afrikaner se laaste vryheidsstryd begin. En dit alles waneer die ys begin smelt.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.