Diplomatieke krisis dreig tussen Suid-Afrika en Amerika

vsa-vlag-amerika-amerikaans

Foto: Samuel Branch/Unsplash.com

ʼn Reeks gebeure die afgelope paar weke dui daarop dat die diplomatieke verhouding tussen Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika besig is om te verswak met ernstige waarskuwings vanuit die VSA dat, sou die Suid-Afrikaanse regering nie die regte stappe neem nie, dit tot negatiewe ekonomiese gevolge vir ons land kan lei.

Verlede week het Republikeine wat op die buitelandse sake-komitees van beide huise van die Amerikaanse kongres dien, resolusies voorgestel wat Suid-Afrika se gesamentlike vlootoefening met China en Rusland veroordeel. In die resolusie wat in die huis van verteenwoordigers opgestel is, word daar spesifiek verwys na die feit dat Amerika die grootste bron van buitelandse beleggings in Suid-Afrika is, met 7,5 miljard dollar se beleggings uit die VSA wat in 2021 na Suid-Afrika gestroom het.

Die resolusies, waaroor daar nog in die Amerikaanse kongres gestem moet word, verwys na die handelsooreenkoms wat in 2012 tussen die VSA en Suid-Afrika onderteken is en die sterk groei in handel die afgelope paar jaar tussen dié twee lande met die gevolg dat Suid-Afrika ʼn groot handelsoorskot met die VSA opgebou het.

Die Amerikaners verwys egter voorts ook na Suid-Afrika se groeiende bande met veral China én die Chinese regering se invloed in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse regering se weiering om, soos wat in die verlede wel die geval was, vanjaar saam met die VSA aan militêre oefeninge deel te neem, word ook sterk deur die Amerikaners veroordeel.

Beide resolusies vereis dat die Biden-administrasie die verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika in heroënskou moet neem. Die afgelope twee jaar was daar ʼn groot poging van die Amerikaanse regering om bande met Suid-Afrika te versterk. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake het verlede Augustus ʼn besoek aan Suid-Afrika afgelê met president Ramaphosa wat in September by die Withuis ontvang is.

Dit lyk egter toenemend of die Suid-Afrikaanse regering die hand van vriendskap wat die VSA uitreik, wegklap. Suid-Afrika se stemme saam met muishondlande in die Verenigde Nasies, dikwels ook teen Israel, is ʼn groot irritasie vir die Amerikaners.

ʼn Paar dae gelede het die Amerikaanse ambassade in Pretoria ʼn waarskuwing aan Amerikaanse besoekers aan Suid-Afrika uitgereik weens die hoë vlakke van beurtkrag in die land. Volgens dié waarskuwing kan beurtkrag vir Amerikaners op besoek aan Suid-Afrika ernstige risiko’s inhou. Die ambassade verwys veral na veiligheidsrisiko’s en die toenemende risiko vir groot burgerlike opstande regoor die land. Dit is die tweede keer binne ʼn jaar wat die Amerikaanse ambassade ʼn veiligheidsrisiko vir Suid-Afrika uitreik.

Die Amerikaanse senator Lindsey Graham het verlede week op besoek aan Suid-Afrika nie doekies omgedraai oor die VSA se frustrasie met die Suid-Afrikaanse regering se hantering van diplomatieke verhoudinge met hulle nie. Suid-Afrika floreer op groeiende uitvoere na die VSA en enorme beleggings uit Amerika, maar verkies om eerder bande met China en Rusland, ten koste van die verhouding met Amerika, te versterk.

Die Suid-Afrikaanse regering se buitelandse beleid word toenemend gedryf deur ideologie, historiese kommunistiese vriendskappe en ʼn valse romantisering van sosialistiese, outoritêre state. Sou Amerika meer vervreem word kan dit katastrofiese ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika inhou. Dit is dus noodsaaklik dat die burgerlike samelewing en privaat sektor druk op die regering plaas om sy verhouding met die VSA te versterk.

Hierdie nuuskommentaar is deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans is hoof van internasionale skakeling vir die Solidariteit Beweging.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Sodra Amerika begin waarsku burgerlike opstande is aan die oplaai moet jy weet die CIA beplan iets. Voeg daarby die regime se anti-Israel standpunt. En ons weet Mossad is nie jou speelmaat nie. Dis nou ‘n perfekte geleentheid vir die Wes Kaap om af te stig.

houopkruip ·

Die manne sal dit nooit toelaat nie.
Die droom (LW net ‘n droom) sal slegs voortleef in ons nageslagte.

Snowball ·

Gryslys, Eskom en staatkorrupsie op sy ergste, misdaad buite beheer en dalk binnekort ekonomiese sanksies? – perfekte storm vir die totale ineenstorting van die ANC hool.

Treurwilger ·

Die dae van “muishondlande” in die stoute hoekie, en elite demokrasieë met goue sterretjies, is vir lesende, denkende mense lankal verby.
As die VSA van mening is dat Suid-Afrika nie hul enorme beleggings waardeer nie, staan dit hul vry om die vermorsing van hul belastingbetalers se hardverdiende dollars stop te sit.
(China stof die res van die wêreld uit op 37 uit 44 tegnologiese gebiede)

Treurwilger ·

Ja, regtig.
Ek maak nie ‘n gewoonte daarvan om leuens te versprei nie.
Google: “China beating West in race for critical technologies”.
Reuters noem dit ‘n “stunning lead”.

Autobahn ·

Treffend gestel Treurwilger,
en ek het ‘n lagkramp gekry toe ek die “muishondlande” lees. Hoe ‘n mens op die idee kan kom om ‘n kultuurland soos Rusland so te betitel spreek boekdele.

Autobahn ·

Die betekenis van „muishondstaat“ het ek verkeerd geïnterpreteer.

De Bok ·

Ek verstaan nie die term “muishondland” nie. Wat beteken dit?

Fluisterwind ·

Almal wat hulle assosieer met kommunisme, KUBA, RUSLAND, NOORD-KOREA, CHINA ens,

Marthinus W ·

n “Muishondland” is iemand wat nie volgens Amerika se reels wil speel nie. n Land wat dit durf waag om soewerein te wees.

Autobahn ·

Dankie Marthinus vir die verduideliking! Dit het ek nie geweet nie.

Autobahn ·

Fassinerend hoe die woord skielik ‘n positiewe klang of konnotasie kry.

Fluisterwind ·

Amerika het dit self veroorsaak toe hulle ‘n stokkie in ons Angola grens oorlog gesteek het. Hulle moenie nou kom huil nie.

H.A. ·

Amerika julle aanbid mos mandela en sy familie, hoe dan nou ?

CA ·

Amerikaanse “diplomasie” in Afrika werk deesdae dikwels via afpersing, dreigemente en sanksies. Dis sekerlik beter dat SA self besluit met wie hy verhoudinge handhaaf, en hoe wyer die spektrum hoe beter. Ekonomiese aktiwiteit is uiteindelik afhanklik van goedkoop en beskikbare energie en ander grondstowwe. Rusland klink na ‘n goeie kandidaat hiervoor. Brand jou brue na Rusland dan sit jy gou met Europa se huidige penarie: vrekduur energie vanaf hulle goeie “vriende” die VSA, en nywerhede wat dus gevaar loop om nie-kompeterend te word.

Human ·

Nog halwe waarhede. Die ANC kan by jou kom leer hoe om propaganda oor te dra.

Nettie ·

Die probleem is, pype word so maklik opgeblaas….
Die boelie op die speelgrond hou nie daarvan as ander rolspelers op die toneel verskyn nie.

Buks ·

Die mense wat druk kan en sal uitoefen op die regering is in die minderheid. Die regering luister net by die stembus. Ongelukkig is hulle kommunistiese ondersteuners die meerderheid. Die oningeligde onopgevoede massas word maklik oortuig deur die ANC om vir hulle te stem en sal hulle oor die afgrond volg. Die regering sal nooit ideologie prysgee vir die groter goed van die land nie hulle is daar vir eie gewin. Hier is geen uitkoms onder die huidige regering nie.

Harley Davidson ·

Goed so hoekom sal Amerika hom ophou met ‘n piesang Republiek.

TruthDealer ·

Amerika, JY het destyds grotendeels daarvoor gesorg dat die ANC regering SA oorneem. Actions have consequences. Your tantrums are getting tedious. Next time you directly cause a regime change, make sure you can trust the regime you install. I will say it again: Actions have consequences. Now go away – don’t you have some small defenceless country somewhere to “bring democracy to”? Time is a’ wasting. Scoot.

annie ·

Og ja, die sankies van die wêreldheerser ken ons mos en dit ná die destydse weermag so mooi geluister het om die oliebronne van Angola uit die Russe se hande te hou. Toe het ons tog maar boedel oorgegee aan die US en oorgestap na ‘n Marxistiese bestel met Mandela as leier. En nou is die ANC opstandig teen sy bevryders? Miskien maar weer straf uitdeel? Wie gaan dan hier oorneem. Dalk Navo om die seeweg na die Ooste op te pas vir die US-skepe vir proviant soos van ouds.

Keelvol ·

Dit help nie die VSA wil nou huil nie. Julle was gewaarsku teen die anc…… maar julle was bulhardhorend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.