‘Dis hoekom die DA veg vir Afrikaans en ander minderheidstale’

[Red] In aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar gee Maroela Media politieke partye die geleentheid om hul menings oor verskillende kwessies wat kiesers raak op Maroela Media se debatsportaal te lug. Alle politieke partye is welkom om meningstukke vir publikasie voor te lê onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Maroela Media se redaksionele beleid.

Prof. Annelie Lotriet. Foto: DA/Flickr.com

Deur prof. Annelie Lotriet, ‘n parlementslid van die DA

Daar is ’n kommerwekkende tendens wat die afgelope dekade of wat posgevat het: In die een ná die ander staatsdepartement, tersiêre instelling en openbare instansie word Afrikaans en ander inheemse tale al meer op die kantlyn gestoot. Dit raak al moeiliker om in ons voorkeurtaal bedien te word, ’n Afrikaanse skool vir ons kinders te vind of om dokumente in ons moedertaal te lees.

Dis duidelik die ANC-regering gee nie om vir Afrikaans of ander minderheidstale soos Xhosa, Zoeloe of Sotho nie. In plaas van om die status van Afrikaans te behou en Afrikatale op te hef, onderdruk die ANC-regering alle tale behalwe Engels.

Die feit van die saak is dat ons in ’n veeltalige land woon. Volgens die 2011-sensusuitslae is Zoeloe 11,5 miljoen Suid-Afrikaners se moedertaal (22,7% van die bevolking), 8,1 miljoen praat Xhosa (16%) en 6,8 miljoen (oftewel 13,5% van die bevolking) praat Afrikaans as moedertaal. Slegs 4 miljoen Suid-Afrikaners (9,6%) se huistaal is Engels. Jy sal dit egter nie sê as jy kyk na die oorheersing van Engels nie…

Artikel ses van die eerste hoofstuk van die Grondwet is duidelik dat “alle amptelike tale gelykheid van aansien [moet] geniet en billik behandel [moet] word”. Dis ’n prysenswaardige ideaal, maar in die praktyk geskied dit glad nie. Subartikel 3 (b) stipuleer verder dat “munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem”. Dis ook iets wat al minder gebeur.

Engels oorheers en in stede van die bevordering van inheemse tale, laat die ANC toe dat dit afgetakel word. Hoe gaan ons die ideale van die Grondwet bereik deur Afrikaans se gebruik af te skaf? Nee, ons doen eerder afbreuk aan veeltaligheid deur net Engels te bevorder. Die DA glo onomwonde dat ons nie enige inheemse tale se gebruik moet afskaal ten gunste van Engels nie.

As ’n staatsdepartement byvoorbeeld in Engels en Afrikaans kommunikeer, wat gaan dit help om Afrikaans te skrap? Hou eerder Afrikaans en voeg byvoorbeeld Xhosa by. Jy bou nie Afrikatale soos Zoeloe en Xhosa op deur Afrikaans te onderdruk nie.

As die DA aan bewind is, sal ons veg om Afrikaans se status te behou én te verbeter. Die reg om jou kind in Afrikaans te laat skoolgaan of om in Afrikaans klas te loop aan ’n universiteit, moet ten alle koste beskerm word. Maar ons sal ook geld bewillig om Afrikatale te bevorder en te laat groei. Kinders moet in Xhosa kan skoolgaan en Zoeloe-sprekers moet met ’n staatsdepartement in hul moedertaal kan kommunikeer.

As jy wil sien, hoe veeltaligheid prakties toegepas kan word, kan jy maar net in die gange van DA-kantore loop, of ’n vergadering van DA-parlementslede bywoon. Ons verteenwoordigers kom uit alle agtergronde. Gesprekke vind plaas in Engels, Afrikaans, Zoeloe, Xhosa, ensovoorts. In plaas van om Engels eksklusief te bevorder, verstaan ons die belangrikheid van om in jou moedertaal te kan kommunikeer.

Taal is nie bloot ’n kommunikasiemiddel nie; dis deel van ’n mens se identiteit. Ek dink en lewe in Afrikaans en is trots op my taal. Ons kan nie daarvan wegskram dat Afrikaans die taal van die apartheidsregering was nie en dat dit bevoordeel is ten koste van Afrikatale nie. In ’n demokratiese Suid-Afrika erken ons die onregte van die verlede, maar ten spyte daarvan is ons steeds versoen. Dis die ware reënboognasie wat Nelson Mandela in gedagte gehad het.

As ’n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner is ek trots op my identiteit, maar besef ook dat ’n Xhosa-sprekende landburger dieselfde moet voel. Ons word inderdaad verenig in ons diversiteit. Dis tyd dat ons sien wat werklik aangaan: Die ANC bevorder Engels, want dis die maklike opsie. Dis baie makliker om net een taal te hê as om werklik veeltaligheid te bevorder. Ek wil nie in ’n eentalige land woon nie; ek wil eerder hê dat ek moet kan tuis voel met my moedertaal wat beskerm word, terwyl my buurman se taalregte ook beskerm word.

Die ANC neem nie die taalregte van Afrikaanssprekendes ernstig op nie. Die DA se sentrale boodskap vir die opkomende verskiesings is “een Suid-Afrika vir almal”, nie “een taal vir almal” nie.

Dis tyd dat ons ’n boodskap na die regerende party stuur op 8 Mei: Basta met julle verengelsing!

  • Prof. Annelie Lotriet is ‘n politikus en die DA se skaduminister van wetenskap en tegnologie. Sy is ook die provinisiale voorsitter van die DA in die Vrystaat.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

willem Botha ·

Twak ,Solidariteit, Afriforum en VF+ baklei vir afrikaans en afrikaanssprekende mense die DA kruip nou vir stemme want dit is verkiesings jaar daarna verloën hulle jou weer gereeld.

Gert ·

Stem saam, gaan lees gerus die artikel deur Prof Hermann Giliomee “Afrikaans is in crisis and the DA is silent” van Augustus 2017.

Lizel Bekker ·

stem saam met Willem Botha. Die DA se leier het in Des 2017 genoem dat dit vir hom baie sleg is dat dit nog steeds die wit mense is wat koop en die swart mense is wat die werk moet doen. Ek weet nie eers waarom Maroelamedia die artikel plaas oor die DA nie. Enigeen wat 2 breinselle in sy kop het, weet dis snert. Hul soek net ons stemme, die res van die tyd is ons tweedehandse ondersteuners wat eintlik vir hul ‘n verleentheid is.

Piet Snot ·

Nooit, julle is verkeerd. Die DA het ‘n lang bewese geskiedenis as die voorste stryder vir Afrikaans.

Of dalk nie….

Teresa ·

I don’t know whether to laugh or throw up. Lack of support for Afrikaans is one of the reasons I stopped voting DA – and I’m English speaking.

John ·

Watter grappie so vroeg in die oggend… en dis nog nie eers 1 April wat nog 8 Mei nie… koebaai prof… have a nice day! And please, no more messages… Jul uiters arrogante lede wat foonnommers iewers koop en met ‘Hi… hoe gaan dit?’ vreemdes teister… Dit is onwettig en ongeskik.

marco polo ·

Hoekom wil julle eers wag tot julle aan bewind is om vir Afrikaanse taalregte te veg? Dit klink vir my al te veel na verkiesingsbeloftes. Hoekom veg julle nie reeds daarvoor nie, of is julle bang dat julle die swart stem gaan verloor. Ag nee DA, hou maar verby.

Frik Lotz ·

Wat het die DA al vir Afrikaans gedoen? Nee wat, die mense glo nie meer die DA nie en die DA gaan dit voel by die stembus.

gatiep ·

Hehe ek was self verbaas toe ek opskrif lees.
DA is deel van global agenda jy kan niks glo wat hulle se nie. Hulle ogend en aand praatjies is heel verskilend.Geen global outjie kan jy glo nie.

Duiwelsadvokaat ·

Dis nou omtrent vir jou kalkoenseisoen met die partye se gevryery na stemme nê? Die DA het onomwonde die “English only” taalbeleid ondersteun by Tukkies, en ook die Puk. Die ANC lite voel ‘n veer vir afrikaans, en nog minder vir die sogenaamde minderhede. Die minderhede gaan julle nie die meerderheid stemme gee om te wen nie…so verduidelik eerder vir my van watter kaas die maan gemaak is.

ANC-lite lid ·

Ek het dit bevestig; Albert Einstein, die uitvinder van die gloeilamp, (1986) het so gesê en dit staan so op die internet. Dit moet dus waar wees.

Afrikaner ·

Ek lees dit wat die DA dame hier bo skryf, maar dit is nie in hul manifes nie, nie sodat mens dit sal agterkom nie, ook tree hulle nie volgens die inhoud van hierdie artikel in die parlement op nie, hulle raak net eenvoudig nie daarby betokke nie, want hulle het te veel here wat hulle dien en hulle is bevrees hulle skrik een af en doen dan liewer niks, so hulle word oorwegend as ‘n diens-party op provinsiale en plaaslike vlak gesien en nie ‘n party wat ‘n voorstander van die minderhede se regte is nie . Maimane, haar partyleier, het dan juis ‘n week gelede gese ‘n party wat gebaseer is op taal- en kultuur is uit die bose.

Afrikaner ·

Ek lees dit wat die DA dame hier bo skryf, maar dit is nie in hul manifes nie, nie sodat mens dit sal agterkom nie, ook tree hulle nie volgens die inhoud van hierdie artikel in die parlement op nie, hulle raak net eenvoudig nie daarby betrokke nie, want hulle het te veel here wat hulle dien en hulle is bevrees hulle skrik een af en doen dan liewer niks, so hulle word oorwegend as ‘n diens-party op provinsiale en plaaslike vlak gesien en nie ‘n party wat ‘n voorstander van die minderhede se regte is nie. Maimane, haar partyleier, het dan juis ‘n week gelede gesê ‘n party wat gebaseer is op taal- en kultuur is uit die bose. Ons wil nie net in gange loop om Afrikaans te hoor nie.

Afrikaner ·

Ek lees dit wat die DA dame hier bo skryf, maar dit is nie in hul manifes nie, as dit is, nie sodat mens dit sal agterkom nie, ook tree hulle nie volgens die inhoud van hierdie artikel in die parlement op nie, hulle raak net eenvoudig nie daarby betrokke nie, want hulle het te veel here wat hulle dien en hulle is bevrees hulle skrik een (swart) af en doen dan liewer niks, so hulle word as ‘n diens-party op provinsiale en plaaslike vlak gesien en nie ‘n party wat ‘n voorstander van die minderhede se regte is nie, en ons wil nie net Afrikaans in gange hoor nie. Maimane, haar partyleier, het dan juis ‘n week gelede gesê ‘n party wat gebaseer is op taal- en kultuur is uit die bose.

Lee ·

Ag asseblief. Hulle is al nes die ANC deesdae. Wat doen julle vir die wittes??? Julle was nowhere to be seen met die doodskis ouens nie, en doen nog minder vir plaasmoorde. Vryheidsfront en Afriforum is al wat nog vir ons baklei.

Skuilnaam ·

Hulle manifes bevat niks oor taalregte of Afrikaans nie.

Afrikaner ·

Skuilnaam, 100% korrek. Sy het uit Artikel 6 van hoofstuk 1 van die grondwet aangehaal. Dit maak mens nog te meer negatief juis omdat sy haar daarop beroep, daarop wys, maar dan versaak die DA daardie selfde Artikel en die kiesers.

Sê net ·

JD – Leon het dit sarkasties bedoel.
Geen mens met meer as drie werkende breinselle kan die DA glo nie. Sien ander kommentare oor hulle stilswyes by verskeie groot sake die afgelope paar maande.

Willem ·

Judge Dredd: Leon se dit met die tong in die kies.
Die meeste mense, nie almal nie, besef die DA is die ANC lite. Die DA het nog niks positief vir Afrikaans gedoen nie

Theoman ·

n Prof. in wat? seker DAkunde, jammer Prof julle is geweeg en te (ver)lig gevind en te na aan die ANC , daarom Prof breek ons weg en stem die keer en weer VF PLUS

Charles ·

Die DA veg gun vir ons gekoesterde taal Afrikaans nie, moet my NIE laat lag nie.
Afrikaners is nie onder kalkoene uitgebroei nie! Dankie!

Rasper ·

Die Afrikaner en ander minderhede gaan nog agterkom dat die DA die verkeerde behandeling is. As die DA regte omgegee het vir die minderhede sal hulle elke liewe poging aanwend wat hulle kan, om die Wes-Kaap en Noord-Kaap onafhanklik te kry van die res van SA. Alhoewel ek nie van die party hou nie, het ek respek vir Helen Zille. Ek moet wel ‘n pluimpie gee vir Maroela Media dat hulle al die partye en sienings plaas op hulle blad. Ons hoef nie met almal saam te stem nie, maar ons kan darrem luister wat word gesê.

Piet parys ·

As die DA dink hulle kan die mense heuning om die mond smeer maak hulle n groot fout. Julle het niks gedoen om skole en universiteite afrikaans te hou nie .

Judge Dredd ·

Maar tog is die DA tjoepstil as afrikaans aangeval/afgeskaf word by skole en Universiteite.

Huigelaars !!! – Dis verkiesingstyd en die Afrikaanses moet jul tog net nie verlaat nie, net sodat julle hulle later weer kan ignoreer of van rassisme beskuldig.

Btw – Ek sien die skrywer kan nie help om ons te herinner dat Afrikaans die taal van die Apartheidsregering was, maar vermy dat Engels die taal van die kolonialis is – Hoekom?

En tweedens – gedurende Apartheid was meerderheid staats kommunikasie/omsendbriewe en staatskole tweetalig. Inteendeel dit was ooglopend hoe swak Engels sprekendes Afrikaans kon praat, met die resultaat dat die Adrikaanses gewoonlik maar na Engels oorskakel.

Kerneels ·

Waar was hulle toe Afrikaans uit universiteite gehaal is. En waar was hulle toe Lesufe tekere gegaan het oor daardie Afrikaanse skool in Vaaldriehiek. Hulle het gese hy doen werk baie goed. Nee wat hulle moet regtig dink ons is vreeslik dom

O aarde ·

En wat van die DA se AA/BEE beleid? Moenie probeer om vir my as Afrikaner stroop om die mond te smeer met mooi woordjies nie. Het al laaaank terug geleer om nooit ‘n politikus te glo nie. Ek is miskien ‘n aap, maar ek is ‘n ou aap.

Afrikaner ·

Ek lees wat die DA dame hier bo skryf, maar dit is nie in hul manifes nie, as dit is, nie sodat mens dit sal agterkom nie, ook tree hulle nie volgens die inhoud van hierdie artikel in die parlement op nie, hulle raak net eenvoudig nie daarby betrokke nie, want hulle het te veel here wat hulle dien en hulle is bevrees hulle skrik een af en doen dan liewer niks, so hulle word net as ‘n diens-party op provinsiale en plaaslike vlak gesien en nie ‘n party wat ‘n voorstander van die minderhede se regte is nie, nasionaal of andersins, en ons wil nie net Afrikaans in gange hoor nie. Maimane, haar partyleier, het dan juis ‘n week gelede gesê dat hy ‘n party wat gebaseer is op taal- en kultuur verwerp.

Leuens ·

Haha, nou toe nou, so net voor die verkiesing… Ek glo lankal nie meer die DA dra my belange op die hart nie. Jammer, die jaar gaan die eerste een in 20 jaar wees wat ek NIE DA stem nie

Henry ·

Dankie dat die DA onderneem om ‘n positiewe/ondersteunende standpunt in te neem oor die behoud/beskerming van Afrikaans.

Julle party wat ook deur talle kiesers ondersteun word wat nie Afrikaanssprekend is nie, kan en sal nooit in ‘n posisie wees om een taal bo die ander te stel nie. Enige siel wat regop loop en ‘n kruisie kan trek, besef dit – sekerlik.

Terloops, my huis en meeste van my pelle is toe nie DA kiesers nie.
Ons is nietemin dankbaar vir enige hulp – uit watter oord ookal – wat ons wil ondersteun in die stryd om ons taal en Afrikanerwees te beskerm en uit te bou.

In ‘n droewe land met ‘n vyandige regime aan bewind, kan ons minuskule minderheid sekerlik nie bekostig om ‘n gegewe perd in die bek te kyk of te ruk nie!!!

Miggie ·

Sjoe, maar dit n grap het doe DA nie i die parlement gestem dat daar net een taal Engels moet wees nie? En ons kiesers se geheue is nie kort nie, het die DA nie ook deel geneem aan die staking teen die “rassistiese afrikaanse” skool nie. Dit n verkiesings foefie, wie kan die DA nog vertrou!!

André Badenhorst ·

“As die DA aan bewind is, sal ons veg om Afrikaans se status te behou én te verbeter.”

Die DA is al vir ‘n geruime tyd “aan bewind” op Stellenbosch en elke jaar sien ek hoe Afrikaans by munisipale geboue en aanwysings die knie moet buig voor Engels.

Die enigste tekens waar Afrikaans sigbaar bly, is op die DA se verkiesingsplakkate. Prof. Lotriet het ‘n verkeerde idee van haar party.

Terloops, waar het die DA burgemeester as deel van die universiteitsraad gestem toe besluit is om Afrikaans by die instansie uit te rangeer?

Dup ·

Eerste keer wat ek hoor die DA veg vir Afrikaans.

Wat ‘n grap!

Leuenaars ·

Maar hierdie prof praat mos nou n klomp bog. Die DA Jeuglede was van die voorbokke met die #AfrikaansMustFall protes op Tukkies en ander universiteite. Daar het hulle keer op keer geweier om standpunt in te neem teen die wat Afrikaans wou afskaf. Ons as studente het hulle baie daaroor uitgevra dan het hulle gesê hulle gaan nie opstaan vir Afrikaans nie.

So of die prof het nie ‘n idee wat aangaan in haar party nie of sy het ‘n droom gehad gisteraand.

Renier ·

… en sou daar goedgelowiges is wat hier strooi glo, en jdie DA wen ‘n paar setels, is Afrikaans die laaste ding waaroor die DA gaan aandag gee. Almal wil net op die soustrein klim. Maak nie saak wat hulle moet belowe of doen om daar te wees nie. Basta met die DA en ander partye! Hulle was nog altyd ‘n klomp leuenaars en dít gaan nie sommer gou verander nie.

Henning ·

Werklik Prof.? Ek kan nie dink dat jy enige iemand kan flous met die ooglopende leuens nie.

Stem Verantwoordelik ·

Dankie Prof. Lotriet dat u bereid is om in die openbaar te verklaar hoe sterk u voel oor Afrikaans en ander tale. Ek aanvaar u sal bereid wees om op alle terreine daarvoor te veg. Tot nou het die DA klaaglik misluk om as party vir taalregte op te kom, op politieke, Onderwys en die Staat se kommunikasie met die burgers van die land.
Die Wes Kaap word deur die DA regeer – vergewis uself wat die situasie in die praktyk is: die Wes Kaap se owerheids instellings raak almeer eentalig Engels ( en dan praat ons nie eens van die skandalige verengelsing van die Universiteit Stellenbosch, die enigste Afrikaanse Universiteit uit vier, in die provinsie waar die meerderheid mense Afrikaanssprekend is nie.
Prof. Lotriet is by die verkeerde Party – as u so sterk voel sluit aan en help die regte Party, die VF-Plus.

Tiaan ·

Die DA veg nie op die oomblik vir die behoud van Afrikaans nie. Waarom wag tot wanneer hulle kwansuis in bewind sal kom voordat hulle wil begin veg vir Afrikaans. AfrikanerBoere is moeg vir verkiesing beloftes wat nooi waar word nie.

Eben ·

Ek kan maar net my kop skud. Presies hoe onnosel dink die DA is ons?

Pieter Groenewald ·

Met alle respek! Hoekom hoor ek nie hierdie standpunt in die parlement nie. Hoekom het die DA in die Wes-Kaap se provinsiale parlement in 2016 besluit Hansard sal van toe NET in Engels wees en Afrikaans verwyder. Wees minstens eerlik al is dit dalk moeilik. Mense is nie dom nieb

Frik Lotz ·

Dankie, Pieter Groenewald, jy slaan die spyker op sy kop! Enigste party wat veg vir Afrikaans is die VF Plus.

Jerry ·

Prof Annelie ten spyte van al die geregverdigbare kritiek teenoor jou party bly jy darem nog n wenner en n uitskieter wat gewikkel is in n ingewikkelde diverse politieke speelveld omrede jy glo dat die oplossing vir SA se probleme daar is, waar jy nou is. Al mag die klok vir verandering en oorgang na sosialisme reeds besig wees om te lui en al gaan die ANC die boodskap kry of nie, wat jou party beoog om met die komende verkiesing te bring, jy sal moet aanhou om die regdenkende stryd binne die DA voort te sit. Minderheidsgroepe in Suid Afrika is in groter moeilikheid as ooit in die geskiedenis en as jy en jou party glo dat die ANC en EFF gestuit kan word by die stembus, doen dan alles wat julle nodig mag ag om dit te vermag!

Niel ·

bewys dit DA… wys wat julle gedoen het vir Afrikaans… ek glo julle nie. finish en klaar.

Heinrich ·

Ek stem Neil, ‘talk is cheap’. Wys vir my, want sovêr sien ek absoluut zero wat die DA vir Afrikaans doen.

Sinies ·

Hoe welkom is Afrikaans in die DA se strukture?
.
Verkiesingspraatjies!

Weet van beter ·

Ag hoe lekker lag ek nou vir die prof. se beloftes. Ek is 72 en dit is nou die eerste keer dat ek hoor dat die DA spesifiek vir Afrkaans omgee of in die toekoms hom gaan beywer vir die bevordering daarvan.. Ek hoor nooit dat die DA tydens parlementêre debatte ‘n positiewe standpunt het vir die bevordering van Afrikaans nie. Ek hoor en sien gereeld op TV dat dr. Groenewald, leier van die VFPlus in Afrikaans sy saak stel en hom gereeld uitspreek oor die miskenning van ons taal deur die ANC-regering. Nee wat, prof. Annelie Lotriet probeer nou om voor die verkiesing verlore steun terug te wen. Ek en baie ander Afrikaanssprekendes gaan ons nie so maklik ‘n rat voor die oë laat draai nie.

Andre ·

Twak man, ons almal weet die waarheid. Gaan reguit verby begin en kry nie R200 nie.

Krummel ·

Benoude katte maak benoude spronge. Die DA is duidelik baie bekommerd omdat hulle baie blanke afrikaners se stemme gaan verloor. Ek is baie opgewonde daaroor, hulle sal saai wat hulle gemaai het.

Kato ·

Die paar DA parlementslede wat afrikaanse vanne het, sit ook maar nog net daar ter wille van die vet beursie. Hulle weet reeds lankal dat hulle nie meer welkom is nie. Dit moet aaklig wees.

Hans ·

Prof Lotriet die DA het nie ‘n hul DA jeugleier by Tukkies en ander lede van die party wat negatiewe aanmerkings oor afrikaans gemaak het gedisiplineer nie.

Melanie ·

Bulldust! Ek onthou musi se woorde asof ek dit gister gehoor het .. “ons soek nie blankes se stem nie.”

Dieter ·

Ai prof, jy moet in gedagte hou dat ek so vroeg soos 1992 nie ‘n enkele woord van die liberale NP geglo het nie. Dis natuurlik die rede hoekom ek trots NEE gestem het.
Ek nou, 27 jaar later, glo ek nog steeds nie liberale wit politici nie.
En oor nog 27 jaar van nou af? Jip, reg geraai prof, sal ek nog steeds geen wit liberale politikus glo nie!

Henning ·

Ai, Prof. as ek so na al die kommentaar kyk is dit duidelik dat niemand u glo nie. Probeer maar om die situasie te red en sê u het maar net ‘n ou grappie gemaak, anders maak u ‘n groot g@t van u self!

Disselboom ·

Goeie bedoelings, maar naïewiteit in die politiek is nie ‘n verskoning nie. Jammer dame, maar die DA kan nie vertrou word met die saak van Afrikaans nie.

Jaco Prins ·

Wat klomp absolute leuns. Dink Prof Annelie mense is onnosel? Die DA veg nog nooit vir Afrikaans nie, die DA verag afrikaans.
Kom kyk maar in die Wes-Kaap waar die land se grootste Afrikaanse populasie te vinde is. Die DA is besig om strate wat Afrikaanse name het se name te verander, al die munisipaliteite se offisiële tale is verander na Engels en die DA skeep Afrikaanse skole af maar bou Engelse en Xhosa skole. Gaan kyk maar wat het in Tulbagh gebeur.
Verder is al die Wes-Kaap se universiteite verengels tot Elsenburg is nou hoofsaaklik Engels.
Ek dink Mev Loriet behoort haarself te skaam vir die blatante leuens waaroor sy ‘n hele artikel geskryf het.
Almal weet die VF+ is die enigste party wat nog veg vir Afrikaans en in die proses trek alle inheemse tale voordeel daaruit.
Die DA daal werklik tot nuwe laagtes. Watter tipe mens stem nog vir hulle?

Pienk Martiens ·

Wonder watter taal die DA vergadering hou in Midvaal munisipaliteit. Julle is mos daar in bewind

Andrew ·

Snaaks al die stories so reg voor die verkiesing. Ek wonder net wat is hul amptelike beleid.

Terloops ·

Nee wat proffie. Ek ken jou nie en weet ook nie in watter studie veld jy gekwalifiseerd is om daardie titel voor jou naam te skryf nie. Die feit dat jy daardie titel verwerf het impliseer dat jy al ‘n paar tesise en akademiese artikels in jou lewe moes geskryf en gepubliseer het. Ek het dit ook nie gelees nie, maar geoordeel aan die loutere onsin wat jy hier geskryf en verkondig het, wil ek dit ook nie lees nie. Hierdie opstelletjie verwag ‘n mens van ‘n naiwe, nat agter die ore, eerstejaartjie wat ‘n kans vat met ‘n ewe naiwe lektor. Moet asb nie die gemiddelde Maroela leser as naïef en agter die klip tipeer nie. U artikel is beledigend en ‘n leun. Die DA gee nie om vir Afrikaans nie. Punt.

Nog n terleurgestelde ·

Nee wat die DA, ANC is voëls van eenerste vere beloftes beloftes. Wys my op watter staduim is daar vir Afrikaans geveg, of vir minderheids groepe. In die verlede is dit bewys dat jy aa kieser baie belangrik is voor n verkiesing en as hulle hul doel bereik het is jy vergete en gemors kom jy met enige voorstel of probleem oplossing kry jy niemand in die hande nie. Ja ek weet hulle is besig maar hulle moet tyd maak vir hulle mense en gaan kyk hoe het die DA sy eie mense van die party hanteer as hulle nie van jou hou nie raak hulle van n persoon ontslae met leuns wat hulle selfs in die openbaar probeer regverdig nee wat DA julle sien my nooit weer nie

Tiaan ·

“As die DA aan bewind is sal, sal ons veg om Afrikaans se status te behou en te verbeter” nou waarom veg julle nie reeds daarvoor nie? Waarom wag tot die DA eers aan bewind kom?

Cherokee ·

Annelie, Jy verteenwoordig nou dieselfde faksie wat ± ‘n kwart eeu gelede die ja-stem verteenwoordig het. En soos blanke Suid Afrikaners ons verraai het deur ja te stem, gaan hulle dit weer doen deur DA te stem. Julle maak misbruik van (meeste) kiesers se stadige denke en konserwatisme gaan weer opponeer word deur ‘n vloedgolf liberalisme.

Afrikaan ·

Die hartseer is dat baie Afrikaans sprekendes (wit, bruin, swart) hierdie goedkoop propaganda glo. Wat kan mens doen om hulle wakker te kry en te keer dat hulle vir Moesie en sy anti-wit trawante gaan stem?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.