Dis tyd dat SEB sy tas pak

paul-maritz

Paul Maritz, is die hoof van Solidariteit Jeug. (Foto: Verskaf.)

Deur Paul Maritz

Die skrif is werklik aan die muur ten opsigte van werkgeleenthede en indiensneming vir Suid-Afrikaners. Geen groep voel hierdie druk en lees hierdie skrif duideliker as die jeug van Suid-Afrika nie.

ʼn Onlangse studie toon aan dat 8,2 miljoen Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 15 en 34 nie in opleiding is nie, en ook nie aangestel is nie. Hierdie syfer staan as ʼn aanklag teen die owerhede van ons land – nie omdat hulle meer moet doen om werkgeleenthede te skep nie, maar juis omdat hulle uit die pad van besighede wat baie hard probeer om werkgeleenthede te skep moet kom.

Ekonomies het dit bitter lanklaas so moeilik gegaan as tans. Elke dag lees ons van nóg ʼn kleuterskooltjie, salon of onafhanklike restaurant wat nie ná die inperking hul deure sal kan open nie en wat natuurlik nie net die eienaar nie, maar ook die jongmense wat pas met hul loopbane begin het, onseker en rigtingloos, maar bowenal werkloos en inkomsteloos laat.

Daar is slegs twee maniere om aan jongmense ʼn werk te besorg:

Ten eerste is daar die gedagte dat die regering elke liewe jongmens in diens sal kan neem deur die openbare lonerekening só op te blaas dat dit breekpunt bereik. Hierdie model het nog nooit gewerk nie en gaan ook nie binnekort begin werk nie, gewoon omdat ʼn regering nie die behoefte het om miljoene jongmense aan te stel wat nie werklik veel waarde kan toevoeg nie.

Tweedens is daar besighede – hetsy hul eie of ʼn goeie pos by ʼn vooraanstaande besigheid – met ander woorde die private sektor van die ekonomie. Hierdie sektor het al in die verlede in baie lande groot armoede verlig, en kan dit in Suid-Afrika ook doen.

As ons dan die regverdige aanname kan maak dat geen regering sy jongmense bloot weens hul armoede sal aanstel nie, en dat besighede dus die enigste antwoord is, dan is die remedie duidelik: Die regering moet uit die pad van besighede kom!  Regulasies wat die besigheidsektor demp en vertraag, moet weggesny word soos gras wat ʼn pad onbegaanbaar maak.

Die grootste, en mees bose regulasie van al hierdie regulasies, is die swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Dit is ʼn stuk wetgewing wat verag moet word in die sterkste denkbare Afrikaans. Hierdie stuk wetgewing is met die uitsluitlike doel geskep om gelykheid te kweek, en tog, ná 17 jaar daarvan is Suid-Afrika baie meer ongelyk as in 2003 toe dit geskryf is.

Hierdie stuk wetgewing waarmee maatskappye spog dat hulle nie een wit vennoot het nie, skry op advertensieborde langs die straat. Bowenal veroorsaak hierdie wetgewing dat openbare kontrakte uitgegee word om ʼn hele klomp redes, waarvan nie een meriete is nie.  Wat kan dan anders gebeur as dat prestasie nie na wense is nie?

Dit is hoog tyd vir SEB om geskrap te word.

  • Paul Maritz is die koördineerder van Solidariteit Jeug.

Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mallie ·

Hoekom is daar nie werkgeleenthede vir ons jongmense nie, omdat daar te veel onwettige immigrante is wat voordeel kry.

OW ·

Luister na die politieke debat tussen Solly Msimanga van die DA en Panyase Lesufi van die ANC van verlede jaar,dan sal jy hoor dat daar letterlik duisende onwettige mense van oral in Afrika is in SA wat nie gedokumenteer is nie.Dit is besig om in ‘n ramp te ontaard.

Michael 1 ·

Hierdie is die beste artikel wat ek in n baie lang tyd gelees het,en hierdie diskriminasie gebaseer op velkleur moet of stop of ons moet n onafhanklike tuisland kry waar ons en ons kinders n toekoms kan hê want huidiglik betaal ons net belasting sonder n stem.

Willem ·

En wat van hierdie brigades wat by Gautengse skole geplaas is en niks doen nie

david ·

E k wil graag twee kwessies rakende hierdie Wet aanraak–
1 SEB word grondwetlik geborg deur regulasie 9.2 in die grondwet.
Ek wil nie die Grondwet aanhaal nie, maar hierdie regulasie gee
aan die sg “voorheen benadeeldes” ewig durende bevoorregting
teen blankes.
Hierdie klousule was eers vervat in die “Interim Grondwet”–
wat deur die NP/ANC onderhandel was (wet 200 /1993)
Die de KLERK Regering het GEEN mandaat gehad om in te stem
tot so ‘n wet nie
2. Daar was in die moderne geskiedenis net geen land wat so
behep was met rasse verskille en onderdrukking van ‘n etniese
minderheid as Hitler se Nazi Duitsland nie.
Ek haal aan uit die Dokumentasie van Hitler se Nuremberg wette:
(hierdie inligtiging is op die internet beskikbaar) Op 7 April 1936
kondig Hitler ‘n nasionale BOIKOT van Joodse besighede aan, sowel
as wetgewing wat nie-Duitsers verbied in die staatsdiens en verban uit
die regsprofessie.
Leser moet maar eiegevolgtrekkings maak….

Heinrich ·

Ergste van als is dat ‘n groot volk so bedreig en ontoereikent kan voel teenoor ‘n minderheid. Hoe is dit moontlik dat ‘n 5% minderheid met wetgewing onderdruk moet word terwyl die res net nie die mas kan opkom nie…

BoerSonderRoer ·

Weet jy hoe onbevoeg moet jy wees dat jy 5% van die bevolking wil onderdruk?

Michiel ·

Die enige, strukturele oplossing is ons eie klein Swazilandje. Klein, vry, welvarend. Geen SEB, geen rassisme, eentalig Afrikaans, geen ANC. Nie almal sal daar kan, of wil woon. Ons gaan hom nie net kry. Ons moet ons volkseie colaotieregering saamstel, en oor ons eie sake gaan. Ignoreer die ANC.

Michael 1 ·

Daai de klerk was n groot probleem met sy geliegery vir die mense voor die referendum.

BoerSonderRoer ·

Daarom moet ons weg breek van SA en ons eie staat stig wat nie deur ras bestuur word nie.

Piet parys ·

Wel Cyril wil dit verskerp . So sorg vir jou eie nasie want cyril doen dit . Nie alle besighede hoef gerigistreer te word nie . So hou jou besigheid klein en brei uit onder n ander naam en direk met die publiek . Moet nie baie winsgewend wees nie want dan betaal jy belasting .

gatgogga ·

Ons moet knaend druk toepas in belang van ons eie onafhanklike staat.
Ons kan nie net aanhou klae oor hoe die ANC ons uitdruk en verdag maak nie – die oplossing daarvoor in ‘n demokrasie is doodgewoon “as jy nie met jou regering tevrede is nie, bring hom dan tot ,n val by die stembus”. En dit sal nooit hier gebeur nie, as gevolg van getalle.
Ons enigste oplossing is dus om te veg vir ons eie staat. Ramaphosa en Malema doen daagliks dinge wat ons as motivering voor die wereld kan gebruik.
En vir die wat beweer dat ons weer ‘n apartheidstaat wil skep, is ons antwoord: ons het 27 jaar gelede gestem dat ons nie meer rasse-diskriminasie wil he nie. En dis presies waaroor ons nou nog steeds ontevrede is.
Ondersoek die opsies wat ons het, en jy sal vind dat ons eie staat wel moontlik is. Maar dan moet ons saamstaan.
Dit is miskien al reeds te laat, want geweldadige chaos is voor die deur.
As ons niks wil doen nie, sal ons niks kry nie.

Fluisterwind ·

Wat van die volgende kaart wat die regering uithaal naamlik (“employment equity”) gelyke indiensneming, maar wat die mense van die land weerspieël.
“Suid-Afrikaanse ondernemings moet voorberei op die beplande wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming (EEA), wat ‘n aantal wesenlike veranderinge aan die land se wetgewing oor billike indiensneming beloof.” 4 Feb.2020 Businesstech.

Gato ·

Die regering gebruik groot nywerhede (veral mynbou) om kleiner besighede te dwing om BBBEE na te jaag. Myne word gedryg met mynbou lisensies wat weggeneem sal word as hulle nie die doelwitte haal wat gestel word nie. Myne word dus gedwing om net met besighede sake te doen wat 51% of meer aan swart mense behoort. Die familie besighede moet dus nou meer as helfte van sy besigheid weggee om seker te maak hulle word nog oorweeg vir tenders van myne. Die ergste van alles is dat dit in baie gevalle blanke bestuurders by die myne is wat hiedie beleide implimenteer en dryf.

Michiel ·

STOP Die ANC!!! Die enige, strukturele oplossing is ons eie klein Swazilandje. Klein, vry, welvarend. Geen SEB, geen rassisme, eetalig Afrikaans, geen ANC. Nie almal sal daar kan, of wil woon. Ons gaan hom nie net kry. Ons moet ons volkseie colaotieregering saamstel, en oor ons eie sake gaan. Ignoreer die ANC.

Delon ·

ken jy die liedjie ” youv’e got high hopes” ?
droom aan ou maat jy sal nooit die einde van SEB sien solank hierdie anc aan bewind bly nie
en siende daar geen manier is vir ons om hulle op demokratiese manier uit te kry nie sal hulle
regeer tot die koeie eendag huis toe kom

marius ·

Waneer die sjinese skepe elke vyf minute land gaan bee onmiddelik verander na eish .

Delon ·

die sjinese regering is nie baie gepla met mense regte nie ou maat , hulle soek die grondstowwe en hulle gaan ons nie help nie , jy is dalk bietjie jonk om dit te onthou maar hulle was agter meeste van die terrorisme organisasies in afrika n paar dekades gelede
waarom sou hule nou skielik hulle skeppings laat vaar en ons help

weereens die boere is naief , julle kyk na amerika en sjina maar te arrogant om na God te te kyk

Althes ·

Ek is bly SA se Afrikaner jeug raak by politiek betrokke.
Dis tyd dat ons nasie ñ verskil maak en in opstand kom teen SEB.
Maar ons is te ordentlik en daarom word ons nie raakgesien nie. Ons brand nie, breek nie af sodat joernaliste ons op hoofnuus plaas nie.

BoerSonderRoer ·

Ek en 5 miljoen ander hoogs gekwalifiseerde belasting betalers kom eers terug SA toe wanneer rasse diskriminasie in die ekonomie stop.
Tot dan kan Oom Tito geld by Mr Ping gaan leen.
#SARSseMAAI

Andre ·

Sonder om emosies op te jaag en beskuldigings rond te slinger; is dit nie tyd dat ons die realiteit van die politieke situasie in SA reguit in die oe kyk nie want is die reenboognasie nie maar net ‘n mite nie. Vir 26 jaar elke dag is swart en wit polities in mekaar se hare dat die man en nie meer die bal gespeel word. Is dit nie duidelik dat daar na ander opsies gekyk moet word nie. Opsies soos selfbeskikking op streeksvlakke waar ras nie meer as verskoning gebruik kan word nie. Opofferings sal gemaak moet word as daar na vrede gesmag word vir generasies hierna

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.