Discovery: Wit mense is as vredeoffers vir die regerende elite aangebied en hulle is woedend

adrian gore discovery

Adrian Gore die uitvoerende hoof van Discovery. Argieffoto.

Discovery se aankondiging dat 10% aandele van die Discovery Bank eksklusief aan swart kliënte beskikbaar gestel gaan word, het groot reaksie op sosiale media tot gevolg gehad. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het ʼn ope brief aan Adrian Gore, die uitvoerende hoof van Discovery geskryf waarop Gore gereageer het. Dr. Hermann antwoord in ʼn tweede ope brief op Gore se reaksie.

Geagte mnr. Gore

Ek sien u het gereageer op my ope brief. Opsommenderwys sê u dat Discovery, in u eie woorde, moet optree op ʼn manier wat ooreenstem met die maatskaplike en wetsvereistes wat op die groep van toepassing is.

U sê dat wetgewing swart eienaarskap in die nuwe Discovery Bank vereis en dat dit spesifiek as deel van u lisensiëringsproses vereis word. U het ook ʼn onderneming aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank gegee dat daar swart eienaarskap in die nuwe Discovery Bank gaan wees.

Ek sou graag wou weet na watter maatskaplike vereiste (imperative) u verwys. As ek na u skrywe kyk, wil dit lyk of die heersende politieke ideologie ook u maatskaplike raamwerk geword het. As een van Suid-Afrika se sakereuse, het u klakkeloos ingeval by die transformasie-ideologie van die regerende elite en dit sommer onkrities u eie gemaak.

Wat as dit moreel verkeerd is? Dit is jammer dat groot besigheid nie ʼn kultuur het om die moraliteit van ʼn magsorde uit te daag nie. Om ʼn groep suiwer op grond van ras uit te sluit, was, is en bly moreel verkeerd.

U moes intree vir u kliënte, maar u het nie. Inteendeel, u het ʼn groot deel van hulle as vredeoffer vir die regerende elite aangebied. U wit kliënte is tereg ontstoke daaroor. Hulle wil nie soos offerdiere voel nie. ʼn Mediese fonds of versekeraar word in jou persoonlike ruimte toegelaat. Daar bestaan ʼn band van vertroue en daardie band is gebreek.

U het u wit kliënte geminag omdat u aan die regering se maatskaplike vereistes wou voldoen. Hulle het dit nie aanvaar nie en daag u uit. U het die maatskaplike vereiste wat u kliënte stel, onderskat.

Die tweede vraag is: Wat is die wetsraamwerk waarna u verwys? U het die sogenaamde maatskaplike vereiste al so deel van uself gemaak dat u dit in regsterme aanbied.

U voer aan wetgewing vereis van u om swart mense in te sluit en wit mense uit te sluit. Dit is wat u transaksie doen. Daar is egter geen wetgewing wat dit vereis nie.

Die Bankwet het nêrens ʼn bepaling wat rassetransformasie as voorvereiste vir lisensiëring stel nie.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se lisensiëringsdokument noem nie een keer enige vereistes met betrekking tot rassetransformasie nie.

Die finansiële sektor het wel ʼn handves waarin teikens vervat is. Dit is egter nie wetgewing nie. Dit is ʼn vrywillige dokument met riglyne en geen harde teikens nie. Geen lisensie is daaraan onderworpe nie.

Daar moet vrywillig aan die handves voldoen word, maar dit is geen wet nie.

Hierdie handves maak voorsiening vir verskeie ander opsies wat nie absolute uitsluiting op grond van ras vereis nie. Daar kan dus aan die handves voldoen word sonder om uit te sluit. Daar kan aan alle ander wetgewings voldoen word sonder om uit te sluit.

Die enigste ander wetgewing is die swart bemagtigingswetgewing wat bepaal dat staatsliggame en openbare instellings kodes vir goeie praktyk in ag moet neem wanneer lisensies uitgereik word.

Die Reserwebank gee geen aanduiding dat hulle dit doen nie en is in elk geval privaat en nie ʼn staatsliggaam of openbare onderneming nie. Selfs al sou daar ʼn kode vir goeie praktyk wees, sal geen kode ʼn plig plaas om wit mense uit te sluit om ʼn lisensie te bekom nie.

Ons het begrip daarvoor dat besigheid binne die werklikhede van Suid-Afrika gedoen moet word, maar ʼn koue benadering van uitsluiting is verkeerd en is nie nodig nie.

U het geen moeite gedoen om ʼn kreatiewe skema, wat nie uitsluitend is nie, te ontwikkel. Inteendeel – u het met trots op ʼn verhoog gestaan en rasse-uitsluiting as vindingryk aangebied.

U het die mees radikale opsie gekies. Dit was volgens wetsvereistes nie nodig nie, maar u het dié weg ingeslaan omdat dit, volgens u, die beste aan die magselite se maatskaplike vereistes voldoen.

Wat u egter totaal onderskat het, is die maatskaplike vereiste van ʼn reusegroep van u huidige en toekomstige kliënte. Hulle vereis lojaliteit van Discovery, want hulle is lojaal. Hulle verwag om as volle belanghebbers erken te word, want hulle het Discovery gebou. Hulle wil bloot net so deel wees van u transaksies as u ander kliënte. Hulle is nie lus om deel te wees van ʼn maatskappy se sosiale manipulasie nie. Hulle is al genoeg as slaansak deur die regering gebruik en nou kom Discovery en slaan hulle ook – toe slaan hulle terug.

Die maatskaplike vereistes van ʼn groot deel van u kliënte gaan dit vir u baie moeilik maak om u nuwe bank van stapel te stuur. U het dit reeds gestel dat die bank swaar steun op bestaande Discovery- kliënte wat daarby inkoop. U het egter nagelaat om u kliënte toe te laat om in te koop.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Dirk Hermann

Dirk Hermann is die bestuurshoof by Solidariteit.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

waarheid ·

Jip slaan terug en slaan HARD TERUG – dit is hoog tyd.

Nic Botha ·

Die blanke het Discovery begin en die blanke kan Discovery kelder. Dis oor en oor bewys dat die blanke in Suid-Afrika moeg is om slaansak te speel. Spur het dit gevoel. Momentum het dit gevoel. Sasol is besig om dit te voel. ‘n Meer aanvaarbare aandeleskena in due nuwe bank sou gewees het om te sê 10% aandele is beskikbaar vir alle Suid-Afrikaners met ‘n inkomste van bv minder R100 000.00 per jaar, of iets soortgelyks.

Carel ·

Discovery bevorder nie nasiebou nie.Ek sou tevrede gewees het as hulle die wat na 1994 gebore is, ongeag ras, ook ingesluit het.

Duppie ·

Ek is so dankbaar vir al die goed wat deesdae gebeur. Een ding is seker, dit het ons blankes geleer om saam te staan teen die wat ons wil probeer vertrap. Ons kon nog nooit saamstaan nie, maar nou begin dit gebeur en dit lei tot groot dinge vir ons as verdruktes

Leeu ·

@B-man, ongelukkig gee Adrian Gore nie ‘n vlenter om wat wie van hom, of sy besighede sê nie. Hy gaan voorgtaan om te doen wat hy wil doen, ten spyte van enige teenstand.

En blanke Suid-Afrikaners gaan voortgaan om Discovery te ondersteun, ten spyte van Discovery se openlike uitsluiting en diskriminering.

Hoeveel mense het werklikwaar hul ondersteuning van instansies soos Spur, Woolworths, Momentum en Sasol onttrek? Miskien ‘n honderd in totaal. Dalk die handjievol wat op hierdie blad kommentaar lewer.

Wel, dit maak GEEN impak nie. Al wou ons hoe graag hê dit moet.

As ‘n honderd duidsend mense kon saamstaan en hul ondersteuning onttrek, sou Discovery dalk luister wat hulle te sê het.

Eendrag maak mag.

Blankes gaan moet ophou brom en kla en, gaan daadwerklik moet begin optree.

Daar is genoeg blankes om impak te kan lewer. Maar te min van hulle het die moed of die lus om kaalvuis in te klim en die geveg teen onreg te veg.

.

AW ·

IS IT RIGHT –
“Cowardice asks the Question, is it Safe?
Expediency asks the Question, is it Politic?
Vanity asks the Question, is it Popular?

But Conscience ask the Question, is it Right?

And there comes a time when we must take a position that is neither safe, nor politic, nor popular,
but one must take it
because it is Right.”
– Martin Luther King Jr.

Martin ·

Hierdie is die toets: Wat reg is!

Mag mense – sonder dat hulle emosioneel oorweldig is – keuses maak wat deurdag is. Dit kan bydra tot persoonlike keuses wat ‘reg’ is.

Deloris ·

Ek het klaar by n ander mediese groep aangesluit….. en so gaan hulle kliente verloor … nes Spur

Paul ·

Sir; in die kommentaar op die vorige artikels omtrent Discovery Bank, beveel die meeste mense Medihelp aan, baie ook Bestmed, Fedhealth en Bonitas.

VanAfrika ·

Adrian Gore, ek eis dat n deel van daardie 10% aandele aan my beskikbaar gestel word. Ek is al der jare lank n lid van Discovery. As U nie hierdie sienswyse van jou verander nie skuif ek Bonitas toe, wat ek klaar besluit het ek gaan doen. My seun is klaar by Medihelp. My ander seun gaan ook skuif. Wys my net dat jy dink my vel kleur en my geld is goed genoeg, ek daag jou uit.

ChrisE ·

Ek is tans besig om na alternatiewes te kyk. Die maatskappy het so pas ‘n lat vir hul eie stert gepluk. Laat ons geld praat, dit is al wanneer almal luister. Die maatskappy sal sy naam gestand doen en op ‘n Dicovery reis na nêrens aanpak

Geweeg en te lig bevind ·

Klaar geweeg en te lig bevind. Laat die arm massas en swart Elite hulle kliente wees. Die kan mekaar dan ondersteun wanneer lenings eenvoudig nie terug betaal word nie. Sal verseker nie ‘n sent aan die bank toevertrou nie.

Johan ·

Mr Gore, ek spandeer R15000 per maand by Discovery. As jy nie voor Januarie jammer sê en rigting verander kan jy totsiens sê vir R180K per jaar van my. Dis dalk peanuts vir jou maar ek werk hard vir my geld. Integriteit is vir my bitter belangrik en wat julle hier doen is nie reg. Oor na jou………..

Totsiens ·

Totsiens Discovery. Ongelukkig verloor julle nog ‘n paar kliente en ons maatskappy kyk ook nou na ander mediese fondse.

Johan ·

Laat die man sy finansiele voordele en aandele opoffer dan sal ons kyk!!!
Slaan Discovery waar dit seermaak….

Lys van Maatskappye wat Verander ·

Is dit moontlik dat MM ‘n lys saamstel van maatskappye wat besluit het om van mediese fonds te verwissel? En dalk van die wat besluit om maar eerder te bly?

RG ·

Wat my betref kan die swart elite van nou af hul eie massas armes dra. Hulle kan die kliente wees en hulle kan die swak skulde dra wat afgeskryf sal moet word omdat die massas nie weet van lenings terugbetaal nie. Dit geld nie net vir Discovery nie maar ook Woolworths, Checkers, Multichoice DSTV en al die ander banke en besighede wat steeds BEE nastreef en wittes uitsluit. Van nou af sal ek die klein sake man in my omgewing steun, Boere markte ondersteun, en terugkeer na die “butcher, baker and candle stick maker”. My geld sal ek oorsee bele. Dankie vir die voorreg en totsiens.

Ina Cronje ·

Ek voel ook so RG – ek is, dankie tog, nie ‘n Discovery klient nie. Ek is by ‘n wonderlike mediese fonds (die motorbedryf s’n) en sal nooit ‘n maatskappy wat so beleid nastreef ondersteun nie. Ek is ook ten gunste daarvan om ons eie sakemense, boere ens. te ondersteun as dit by voedsel aankope ens gaan. Staan bymekaar mense en doen dit wat reg is.

Irene ·

Aangesien ek dan nou nie meer goed genoeg is vir Discovery nie, dink ek dat my geld wat ek elke maand aan Discovery oor betaal dan ook nie meer goed genoeg is nie. Ek het reeds begin kyk na ander mediese fondse en lewens dekking en skuif binne die volgende paar dae na ‘n ander maatskappy. Eks moeg en op en gedaan om as ‘n slaansak in my eie land behandel te word. Totsiens Discovery

AH ·

Ek hoop hulle oë gaan ook oop soos Momentum s’n, maar dit sal dalk ten koste van miljoene Rand se inkomste wees en met reg. Ek is besig om tans te onderhandel met ander maatskappye sodat ek Discovery kan groet…..en ek stort nie ‘n enkele traan nie!

Slim van sy baas ·

Julle jubel en juig gou oor Momentum se magic stokkie, maar twee mense (N Kruger en M Vilakazi) aan wie korrupsie geraporteer is, het binne maande bedank by Momentum na die openbaring. Dus het hulle verdwyn, met hulle $$$ sonder om die probleem daar optelos.

Marie ·

Discovery is n skande.Hulle verdien so veel geld en buit hulle kliënte uit.As jy hulle nodig het is jou medies altyd uitgeput.Nou ja,ek is nou ook uitgeput.Kan iemand vir my n beter opsie aanbeveel asb.

Krummel ·

VanAfrika – moet asb nie met Bonitas sake doen nie. Ek het ‘n tyd terug oor hul ontstaan gelees. Hulle is begin deur die Struggle spul. Dit was die rede waarom hul begin is. Jy maak die fout van jou lewe!!

annie ·

Daar gaan nog baie meer bastionne wat ons help opbou het, val … sou wens Afriforum en Solidariteit kon ook ‘n Mediese Fonds op die been bring …. maar wat sal dit beteken in die lig van die nuwe rigting wat die regering in elk geval inslaan t.o.v. gesondheidhulp?

Johannes F ·

Sou oorgegaan het discovery medies toe maar sal nou rigting verander.

Marleen ·

Besig om te skuif na ander mediese fonds (wou al geruime tyd oor hul gratis fliekkaartjies ipv betaling van mediese rekeninge). Ek hoop alle Blankes slaan hul waar dit saakmaak: met ons geld. Lyk asof Fedhealth en Momentum goeie opsies is.

Janneman ·

Dirk, ek wens julle wil die ding op die naam noem: rassime. Help nie om mooi woordjies rondom dit te dans nie. Ja wat discovery & soveel ander doen aan ons blankes is moreel verkeerd, maar om hemelsnaam noem dit wat dit is: RASSISME!

Anita ·

Medihelp is as die beste mediesefonds in 2018 in Suid-Afrika aangewys. Ons al jare lid van hulle en geen klagtes en jy word in Afrikaans bedien.

Doekvoet ·

@Nic Botha

Discovery het dit duidelik gemaak hulle teikenmark is die vermoeënde, en nie die arm “mense” nie (R100k p.a. is arm volgens hulle).

Jy’t egter n goeie punt beet. So aanbod soos jy voorstel sal ook eerder meer mense na die bank lok as tans afstoot.

Prof Wortel van Rede van Askamdam die IIIde ·

In Julie vanjaar het Mkuseli Apleni, minister van Binnelandse sake onder n wolk bedank en is by Discovery Bank aangestel.

Ek’t toe al gesê hier kom n BBBEE Agenda
en siedaar!

“The BEE is inside Gore’s ear”, soos Trevor Noah sou kon sê

Gisela van Reenen ·

Kry Adrian Gore nie ook sy eie aandele uit hierdie bankstigting nie? Dan moet hy hulle ook opgee, want hy is dan wit!

Deon ·

Sal ook na alternatiewe begin kyk
Nie net hierdie storie nie maar Discovery se arogansie en kultuur van “net die beste is goed genoeg vir ons” en dan hulle beleid van altyd onmiddelik eise te verwerp en dan moet jy baklei vir wat jou toekom

Kosie Kramer ·

Dis nie vir almal moontlik om van Discovery (wat myns insiens `n piramideskema is) na `n ander fonds te skuif nie. Die rede is jou werkgewer. Daar is maatskappye waar jy slegs by Discovery mag aansluit – jy het geen ander keuse nie. (Kry die mpy dalk `n kick back?) Solank as wat sulke mpye hul werknemers dwing om by Discovery aan te sluit, sal die aanslag afgeweer word.

RG ·

GEEN maatskappy mag jou dwing om aan ‘n spesifieke medies te behoort nie. Hou op om soos skape in ‘n kamp gejaag te word en staan op vir jou regte.
Afriforum, hier is ‘n klas aksie om op te volg.

Neels ·

Discovery. As julle nie julle houding verander nie. Julle kan 100 persent in swart besit wees maar feit dat julle willens en wettens my uitsluit sal maak dat ek weggaan met my 9000 rand. Dit is soos Springbokspan . Hulle kan 23 swartes kies as hulle die beste is
Nie een op grond van ras nie.

Gerrie ·

Dalk tyd dat Solidariteit/ Afriforum ‘n nuwe mediese fonds begin……..

Leon ·

Ja kyk daardie luukse hoof kantoor wat hulle met die wit mense se bydraes gebou het in Sandton.Seker n miljard rand se gebou.Kom Virseker begin n medies dat ons ons eie mense kan ondersteen.Hoe gouer hoe beter.Ek skuif nou alle assuransie na hulle toe.

Stephan de S ·

Dirk se woorde: .”…die heersende politieke orde het jul maatskaplike raamwerk geword……” is n juweel met n waarheid wat ons almal moet onthou. Mens sien hierdie subtiele verbintenis so dikwels in die openbare media………maar ook in jou eie redenasies.

Zack ·

Lekker kry ek noe toe ek die Volksblad lees. Discovery Medies gaan met 48% op vir armes en oues. Iemand moet iewers betaal vir swak besluite van Discovery om gratis aandele aan swartes te gee. Hoop nog mense los die Rasistiese DIscovery—Een woord LEKKER

Jeremia ·

Stem 100% saam met RG en ons (nou nie CR sr ons nie) behoort die “butcher, baker ….” beginsel te dryf totdat dit bykans grens aan die Amiese (“Amishes) leefwyse.
Geld en goed sirkuleer in eie geledere.
Gaan lees gerus oor hierdie mense se lewens.
Dit is egter verseker nie nodig om met ‘n “buggy” rond te ry nie, want die eerste die beste taxi of bus sal met jou afreken.
Voorts het ons probleem met landbougrond hier wat deur “grondhongeres” verteer gaan word.
Amiese gemeenskappe se sleutel tot selfvoorsiening is onder andere landbougrond.
Die basiese beginsels waarop hul leefwyse geskoei is, lei tot groot voorspoed.
Van die beste landbougrond in die VSA is in hul besit.
En dink net: die gemiddelde Amiese gesin is groot, maar heel welvarend – juis omdat hul selfvoorsienend is.

Bernardt ·

My besluit is klaar gemaak – ek kanselleer einde vd maand my Medies, Vitality en Lewensversekering by Discovery grootliks agv die ras-kwessie, en omdat hulle te duur raak. Medihelp bied baie goeie mediese planne aan teen billikke pryse. Lewensversekering kan mens ook by enige ander goeie instansie kry. Ek stem saam dat maatskappye moet ophou om die regering se swak beleid tov swartbemagtiging ens te verdra want dit hou die land verdeeld.

Anette ·

Klaar gekanselleer met effek van 31 desember!! Ek ondersteun GEEN rassisme nie!!

Stella Berning ·

Klap in die witman se gesig. Dis op hul wit kliente se rug gebou. Goeie werk en goed gesê mnr Dirk Herman. Ek hoop elke witmens gee kennis by Discovery. Die soort ding blaas rassehaat aan. Sasol boikot baie wit mense alreeds. Kyk hoe gaan dit in ander banke. Alles maar alles gaan ten gronde. En dan loop onse edele n slag in n buurt en alles lyk vir die inwoners beter.

Dirk ·

As die ANC NDR programme en hulle meelopers hulself die reg toe eien om witmense uit te sluit, dan het witmense die reg om die ANC en hulle meelopers uit te sluit. Wat vir die een geld, geld dus vir die ander een. Jy moet net nie diskriminasie skreeu nie, jy moet dit net doen en wanneer hulle begin diskriminasie skreeu, gebruik jy hulle diskriminasie teen hulle as regverdiging vir jou diskriminasie. So kan witmense begin om afsonderlik te ontwikkel. As die grondwet ANC beleid vir uitsluiting van witmense (afsonderlike ontwikkelling) toelaat dan sal die grondwet ons afsonderlike ontwikkelling noodgedwonge ook toelaat! Wat de Vos se die ANC mag doen om witmense uit te sluit, kan ons ook met die ANC doen omrede swartmense was voorheen benadeeldes en witmense is tans die benadeeldes!

JAN ·

Soos Koos elders so-iets noem: ‘ ‘n opblaas dartboard’ ….
tipies van PikPark

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.