Dit het sin om Republiekdag te onthou

31-mei

Hierdie foto is geneem op 31 Mei 1961 op Kerkplein om 12:00, oomblikke nadat Suid-Afrika formeel ‘n Republiek geword het. Foto: FAK/Afrikanergeskiedenis.co.za

Op 31 Mei 1961 het Suid-Afrika ’n Republiek geword. Dié dag, toe Suid-Afrika sy algehele onafhanklikheid van die Britse Ryk verklaar het, was vir talle Afrikaners bevrydend en van groot betekenis.

Suid-Afrika se lidmaatskap van die Britse Statebond is met Republiekwording opgeskort en die land het eers weer in 1994 deel daarvan geword.

Daar was baie pessimiste en teenstanders wat gemeen het die opskorting van lidmaatskap van die Statebond sal geweldige negatiewe gevolge vir die land inhou. Die teendeel was egter waar en Suid-Afrika het onder leierskap van dr. HF Verwoerd van toe af ’n ongekende maatskaplike opbloei vir al sy inwoners ervaar.

Ondanks volgehoue boikotaksies het die land op haas elke terrein vooruitgegaan wat selfs die opposisie in die parlement verbyster het.

Marthinus van Bart het in ’n artikel vir die FAK geskryf: Die Bruto Binnelandse Produk van die Suid-Afrikaanse ekonomie het jaarliks teen ’n koers van 6% gegroei, terwyl die inflasiekoers 2% was. Die land was selfversorgend vir sy voedsel, terwyl hy ’n vername uitvoerder van vrugte en graanprodukte geword het. Met die stigting van Sasol en die verkryging van brandstof uit steenkool, was die land besig om hom van sy afhanklikheid van die petroleum-oliemark te speen. Sy verdedigingsmag het een van die doeltreffendstes ter wêreld geword en die vervaardiging van pantsertuig, wapens, ammunisie en vegvliegtuie het goed op dreef gekom. Ook die Vloot is met verbeterde skepe en wapentuig toegerus. Kernnavorsing het met rasse skrede gevorder sodat Suid-Afrika ’n wêreldleidende rol daarin begin speel het. Die geldstelsel is gedesimaliseer (rand en sent), goudproduksie is verhoog – met Federale Mynbou wat ook Afrikaanse kundigheid toegang tot die mynwese gebied het.

Nywerhede het sterk aangegroei en werkgeleenthede vir al die inwoners het vir ekonomiese opheffing van die hele gemeenskap gesorg. Net 5% van die swart bevolking was teen 1966 nog werkloos.

Van die ouer garde dink gereeld en met heimwee terug aan die kleurryke byeenkomste wat ter viering van Republiekdag, wat ook ’n vakansiedag was, gehou is. Dit was vir baie Afrikaners ’n kultuurbelewenis en dit het ’n belangrike dag in die geskiedenis geword wat met vryheid en die afskud van die Britse juk vereenselwig is. Ook op skoolvlak is dié geskiedenis oorgedra en is kinders op ’n jong ouderdom deelgemaak van die vieringe deur aan tablo’s, spreekkore, debatte en vlaghysingparades deel te neem.

Maar waarom is dit dan belangrik dat Republiekdag in die harte van mense voortleef en dat die nageslag steeds oor die betekenis hiervan ingelig word?

Met Republiekwording het ons ons vryheid teruggekry. Om vry te wees, het vandag nog meer waarde en betekenis vir Afrikaners as minderheidsgroep. Ons wil vry wees om oor onsself en ons instellings te besluit en te regeer. Ons wil vry wees om ons eie lot te beslis en nie van ‘n korrupte meerderheidsregering afhanklik wees nie.

Daarom pak organisasies soos AfriForum en Solidariteit veldtogte en projekte aan om uiteindelik by hierdie vryheidsideaal uit te kom.

Omdat ons ook vry wil wees om ons geskiedenis in herinnering te roep en aan ’n nuwe geskiedenis te bou, glo ons dat ons steeds Republiekdag in ons harte mag vier en ons kinders hiervan mag vertel.

  • Hierdie nuuskommentaar word deur Pretoria FM verskaf. Luister daagliks na Klankkoerant op Pretoria FM vir die jongste nuuskommentaar.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

White Rhino ·

Republiekdag sal altyd vir my Republiekdag wees. Ek was daar in 1961. Klein – maar daar – en onthou dit . Ons ouers het ook vir ons as kinders vertel wat se belangrike dag/datum dit was en is. En so sal dit vir my as Suid-Afrikaner bly.

Eish ·

Pragtige artikel wat goed afgaan op n koue, nat wintersdag.
Daar is hoegenaamd geen paralelle te trek na April 1994 nie.

humor ·

Ons het vanaf SWA n treintog aangepak om tydens die republiekvieringe in Pretoria te wees. Wat n besonderse tyd in die geskiedenis van ons land.

DDT ·

Ek sal die dag nie vergeet nie. Ek het as Leergimnasium soldaat in kerk straat erewag gestaan. Ons het lekker nat gereen!

Vlaglied ·

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf’nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika

Paul ·

En as ek sê ek is trots op die simboliek van die drie kleure, wat daar van die pilare af hang, wat dit vir die land bygedra het, is dit nou haatspraak??

Paul ·

En dan sê CR nou die dag dat Die Stem en die ou vlag is nie deel van die Afrikaner se identiteit nie. dit gaan toe deur my kop, hoe weet hy wie en wat ‘n Afrikaner is, wie gee hom die reg om my te identifiseer?

JC ·

Dankie Alet, gelukkige Republiekdag almal !!!
31 Mei 1902-vrede word gesluit te Melrose Huis in Pretoria.
31 Mei 1910-die Unie van Suid-Afrika kom tot stand
31 Mei 1961-die Republiek van Suid-Afrika kom tot stand.

En die volgende belangrike 31 Mei…? Wat gaan dan gebeur? Volkstaatstigting, selfbeskikkingsdag?

Hendrik ·

Klink na ‘n goeie datum vir ons toekom. Sesessie (wegbreek van staat a.g.v politieke omstandighede) . ‘n Baie moderne konsep en dit is beslis volhoubaar met ons Afrikaner se durf en deursettingsvermoe. Ons moet dit net aangryp op die regte oomblik. Met buitelandse geld, beplanning , harde werk en vasstaan op ons beginsels kan ons dit regtig vermag. Dit lyk of die politiek en kostes die mense begin speen vanaf DSTV. Dit is regtig nie so erg om ‘n Super rugbywedstryd te mis en ‘n bietjie self die werk te doen by jou huis nie.

Frans C ·

Wat sê die Bybel.
1 Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem.
2 Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
3 Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?
4 Geslagte kom en geslagte gaan, maar die wêreld bly altyd dieselfde.
5 Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom.
6 Die wind waai suid, draai noord, waai hierheen en daarheen en dan draai hy maar weer.
7 Al die riviere loop in die see in, maar die see word nooit vol nie. Die riviere hou aan om te loop na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het.
8 Woorde vervaag mettertyd, en ‘n mens kry nie klaar met praat nie. Die oog kyk, maar kry nie klaar met kyk nie; die oor hoor, maar kry nie klaar met hoor nie.
9 Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.
10 Kan jy van iets sê dit is nuut? Nee, dit was lankal daar, lank voor ons tyd.
11 Wat verby is, word vergeet, en ook wat later kom, sal vergeet word deur dié wat daarna kom
Dinge het onheroeplik verander na 1994 toe dit wat en waarna voorgeslagte gesug en vir gewerk het het op ‘n skinkbord weggegee is.Het in die referendum voor republiekwording gewerk.

Boerseun ·

Die probleem was om die Kaap en Natal saam die Republieke te voeg.

JC ·

Jy slaan die spyker op die kop!

Totius was bitter ongelukkig daaroor (die totstandkoming v/d Unie) aangesien hy geweet het die enigste kanse vir federalisme en ware en betekenisvolle Afrikaner selfbeskikking was daarmee heen.
Dit sou beter gewees het om eerder ‘n Federasie te stig, dit sou vandag se probleme opgelos het, en kon state wat deel was van die federasie later BAIE makliker selfbeskikking verkry het.

John ·

… mens vermoed dat bogenoemde versugtinge ok binnekort verbied sal word… selfs ‘n ondeurdagte sug sal gestraf word… al kan ‘n mens bewys dat dit bloot weens die brak was wat weer met modderpote oor die skoon vloer gedraf het…

JC ·

Jy slaan die spyker op die kop!

Totius was bitter ongelukkig daaroor (die totstandkoming v/d Unie) aangesien hy geweet het die enigste kanse vir federalisme en ware en betekenisvolle Afrikaner selfbeskikking was daarmee heen.
Dit sou beter gewees het om eerder ‘n Federasie te stig, dit sou vandag se probleme opgelos het, en kon state wat deel was van die federasie later BAIE makliker selfbeskikking verkry het.

Henk ·

Dis ons plug om te sorg dat ONS kinders ONS geskiedenis ken!! En onthou. Ons geloof en ons geskiedenis sal NIE deur die Britte, Amerikaners en Afrikane weggevat of dood gedruk word nie. Al reken Ramaphosa hy laat die plaat stadig maar seker van onder warm word.

Nettie ·

Ek sug maar net en sê …… ÁS Smuts se VP maar net in ’48 aan bewind gekom het. ÁS Malan se NP maar net níé met 8 setels in ’48 gewen het, danksy ‘n koalisie-ooreenkoms met die AP. Dan het niks van hierdie nonsense wat vandag in die land aangaan, gebeur nie.

Dr. Verwoerd het vir seker die land se belange gedien, maar sy grootste fout was te verklaar dat dit vir die witmense was. Die woorde “Apartheid” moes nooit eens genoem gewees het nie, dan was daar nie nou soveel twak aan die gang in die land nie.

Want “Apartheid” het die sambok geword waarmee ons geslag – diegene wat tydens Apartheid gebore is en niks met die besluitneming daarvan te doen gehad het nie, maar wat wel (onwetend) voordeel daaruit getrek het – geslaan word vandag. Ons word gestraf vir die sondes van ons vaders.

jaco ·

In kommentare hierbo verskyn die woorde afstigting, volkstaat en selfbeskikking.
19 jaar na die Republiek van SA se ontstaan, het organisies soos die AWB en Aksie Eie Toekoms in 1980 begin praat van selfbeskikking en ‘n volkstaat net vir Afrikaners. hulle rede: SA se bevolking bevat te veel verskillende groepe/volke en dit gaan te duur en moeilik word vir die wit minderheid om apartheid aan die gang te hou en die wit minderheid se beleid op die nie-wit meerderheid af te dwing.
Die wit Nasionale Party het gesê hierdie volkstaat-idees is rassisme, en eerder met hulle “hervorming” aangegaan. Hulle hervorming het in 1984 stemreg vir kleurlinge en indiers gegee, terwyl bloot vir swart mense gesê is “julle het mos julle tuislande”. Daarna het die stryd teen apartheid baie vererger. Die regse HNP en die regse Konserwatiewe Party het weer gesê “‘n volkstaat kan nie werk nie” en gedink dat as hulle ooit n wit verkiesing wen, hulle apartheid behoorlik sou toepas en dat dit dan ‘n sukses sou wees.
Maar toe werk dinge anders: ANC is in 1990 ontban. hulle het in 1994 aan bewind gekom. Orania is in 1991 met net 60 mense as volkstaat gestig. vandag bly daar maar 1200 mense. regse VF-Plus kry elke verkiesing sedert 1994 minder stemme. Kortom, ons het kanse in 1980’s gemis met ons idees van “dit kan nie werk nie”, nou neem ons nie aan die politiek deel nie en dus help meeste van ons om ons volk se ondergang te bewerkstellig.

Carel ·

As n mens 25 jaar na 1961 vergelyk met 25 jaar na 1994. Dit is letterlik dag en nag. ANC sal nooit dit erken nie, erder geskiedenis verdraai om haat te stook. Dan is die vraag mos wat gaan nou met ons land gebeur? Persoonlik dink ek ons donkerste is nog oppad en al hoe ons die sons opkoms gaan sien is om daar voor te baklei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.