Dít is hoekom ek, ongeag alles, nou en altyd vir die DA sal baklei

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap (Foto verskaf deur die DA)

[Red] In aanloop tot die nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar gee Maroela Media politieke partye die geleentheid om hul menings oor verskillende kwessies wat kiesers raak op Maroela Media se debatsportaal te lug. Alle politieke partye is welkom om meningstukke vir publikasie voor te lê onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Maroela Media se redaksionele beleid.

Deur Helen Zille – premier van die Wes-Kaap

Kommentators, leunstoelkritici en ander het hul verbasing uitgespreek oor my betrokkenheid in die DA die se verkiesingsveldtog. Hul verbasing verstom my.

Ons land se toekoms maak staat op ʼn sterk, groeiende uitdaging tot ʼn korrupte en onredbare ANC.

Gegewe wat ons weet van die ANC en hoe die party funksioneer, is dit ondenkbaar dat daar kommentators is wat steeds dink die ANC kan Suid-Afrika red van die ANC en dat ʼn swakker DA op een of ander manier sal help om die ANC te hervorm.

Die harde werklikheid is die ANC is onredbaar, aangesien dit ʼn groot web van korrupsie is wat bymekaar gehou word deur begunstigingskakels tussen gekompromitteerde individue. Oudpresident Jacob Zuma was reg toe hy gesê het die ANC sal hom nooit in die beskudigdebank sit om korrupsieklagte in die hof te beantwoord nie, want hy weet te veel van almal anders.

Dit is ook die werklike rede dat die hele ANC-lys bestaan uit eties-gekompromitteerde individue (alhoewel die ANC se eie integriteitskomitee sê hulle is nie geskik om die amp te beklee nie). Hulle weet te veel om nié op die lys te wees nie. Hull moet binne-in die tent gehou word sodat hulle nie buite kan sing nie.

Die waarheid is, elkeen wat vir daardie lys stem, word ʼn medepligtige van korrupsie. Dis onmoontlik om te sien hoe Suid-Afrika se belange deur so ʼn lys bevorder kan word. Dit simboliseer wat die ANC se beleid van kader-ontplooiing in die praktyk beteken.

Kader-ontplooiing het die Suid-Afrikaanse staat op die rand van ineenstorting gebring. Tog het die ANC aangekondig dit sal die beleid versterk wat kader-ontplooiing, staatskaping en korrupsie fasiliteer het.

Hoe meer die ekonomie gevolglik agteruitgaan, hoe meer probeer die ANC-elite minderheidsgroepe blameer terwyl hulle dreig met onteiening sonder vergoeding en die gedwonge investering van pensioenfondse in korrupte, bankrot staatsbeheerde instellings. Die waarheid is die ANC-elite en hul beleid is eintlik verantwoordelik vir toenemende werkloosheid en ekstreme armoede.

En al wat die ANC het om aan te bied, te oordeel aan hul manifes, is ʼn kortpad na die ellende van Zimbabwe en Venezuela.

Verbasend is daar baie ordentlike mense in die ANC wat privaat erken dat die interne stryd vir die siel van die ANC reeds lankal verlore is. As koalisies ná 8 Mei ter sprake kom, is die ANC meer geneig om met die EFF te belyn, wat die ANC se konstitusionaliste selfs meer sal marginaliseer.

Die beste hoop vir die toekoms van grondwetlikheid in Suid-Afrika is ʼn sterker DA. Dit sal ons in staat stel om ʼn magneet te vorm vir politieke herbelyning wat konstitusionaliste in alle partye saambring, en oor alle versperrings, om ʼn nuwe meerderheid te bou. Dit kan nie deur enigiemand gedoen word wat so hopeloos gekompromitteer is soos die ANC nie – veral nie as sy leier so bang is vir konflik soos president Ramaphosa blyk te wees nie.

Rampahosa se “lang spel” sal ons net verder lei op die verkeerde pad, tot ʼn punt waar ons nie sal kan terugkeer nie.

Nou, meer as ooit, het Suid-Afrika ʼn versterkte DA nodig. Ons is die enigste party wat die ANC kan uitdaag vanuit ʼn posisie wat daarop gemik is om die regte van alle Suid-Afrikaners te verdedig. Ons is die enigste party met ʼn rekord van goeie bestuur. Ons is nie perfek nie, en sonder twyfel is daar interne refleksie nodig. Maar, in teenstelling met die ANC, kan ons hierdie dinge regstel omdat ons nie bestaan uit ʼn gekompromitteerde beskermingsnetwerk van korrupsie nie, waar elkeen die ander moet beskerm sodat almal uit die tronk kan bly.

In die DA ondersteun ons debat en daar is baie van ons wat nie aarsel om die spasie te gebruik om beleid en idees uit te daag nie. ʼn Sterker DA maak ons meer selfversekerd om die kwessies aan te spreek.

Identiteitspolitiek, die politieke filosofie wat die grondslag van apartheid was, word deur die EFF as “progressiewe” filosofie ingespan aangesien hulle daarop gefokus is om ʼn omgekeerde oorname van die ANC te bewerkstellig wat langdurige bondgenote soos David Mabuza en Julius Malema verenig.

Hulle gebruik ras om gemeenskappe te mobiliseer in hul poging om beleid te implementeer wat die ineenstorting van die ekonomie veroorsaak waar ook al hulle dit inspan.

Identiteitspolitiek is selfs gevaarliker vir minderhede. Klein etniese partye sal minderhede tot permanente marginalisasie verdoem.

Die enigste teenmiddel is om saam te werk met konstitusionaliste van alle rasse en in alle partye om ʼn nuwe meerderheid te bou wat ʼn kans het om ʼn verkiesing te wen en om vryhede te beskerm en geleenthede vir almal uit te brei. Dit is die enigste manier om elke individu se reg op onder meer taal, kultuur, eiendom, vryheid van spraak en assosiasie te verdedig.

In 2016 het die DA meer stemme gekry as die ANC in Tshwane, Nelson Mandelabaai, Kaapstad en elders. Dit het gebeur aangesien genoeg mense die belangrikheid begryp het van nie-rassige meerderhede wat die gevaar van rasse-nasionalisme kon weerstaan, verteenwoordig deur Jacob Zuma en Julius Malema. Dit het miljoene kiesers geverg om weg te beweeg van historiese vyandigheid en om op te staan vir mekaar se regte, teen staatskaping. Ons is gereed vir die uitdaging.

ʼn Gewilde sêding in die politiek is dat sukses nooit finaal is nie en foute selde fataal. Die DA het foute gemaak. Ons is saamgestel uit mense, feilbaar en onvolmaak. Die DA se missie is om die politiek te herbelyn – weg van ras en eerder na beginsels.

Die DA se rekord in regering is ongeëwenaard – vanaf dienslewering tot infrastruktuur-projekte, tot skoon regering en werkskepping.

Die DA het taai debatte gehad om ʼn manifes saam te stel wat niemand agterlaat nie, die grondwet eer en streef na ʼn gemeenskap, verenig in diversiteit. Hierdie is ʼn projek wat ek oorgeneem het van Tony Leon en wat Mmusi Maimane by my oorgeneem het. Hierdie projek is lewendig en gesond met die DA wat vir meer as 15 miljoen mense regeer.

Nou is nie die tyd vir self-flagellasie en self-twyfel nie. Die enigste manier om die oppergesag van die reg te versterk, die bekwame staat te bou en individuele regte te beskerm, is om die DA te versterk.

My meningsverskille met die leierskap van die DA in die verlede is uiters triviaal en onbelangrik gegewe wat op die spel is in hierdie verkiesing.

Ja, ek veg natuurlik vir die DA. Ek is lief vir hierdie land en ek wil hê dat elkeen wat hier woon die geleentheid kry om hul volle menslike potensiaal te bereik.

Suid-Afrika kan slegs veilig en selfversekerd wees in demokrasie as verkiesings vreedsame regeringsverandering moontlik maak. Die bevestiging en versterking van eenparty-dominering van die ANC in hierdie verkiesing sal ons in die teenoorgestelde rigting dryf.

Dit is reeds duidelik. In die toekoms, wanneer ons terugkyk, sal dit duidelik wees dat ʼn stem vir die ANC ʼn stem vir Suid-Afrika se voortgesette agteruitgang was. Dit sal dan so duidelik wees soos wat dit vandag is wanneer ons terugkyk op die verkiesing van 2009 en wens ons het meer gedoen om Zuma te stop.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Burger ·

N Nagedagte in Afrikaans n dag voor die verkiesing. Waar is die prominente gekleurde, Indier of Afrikaanse DA Kandidate? Tradisionele stemmers word net gebruik vir BEE

anton b meyer ·

Die DA in die Wes-Kaap is in ‘n “bubble”, vra die burgers van Wyk8 in Hermanus of hulle met Me Zille saamstem!
Ek vind dit verstommend day Maroela Media, min of niks van COPE skryf of ressenseer nie,
Cope se Manifesto is wereldklas, & sluit kulterele, taalregte, ekonomiese en ‘n toekoms vir ZA,!
Nul vir BEE, Rassisme, direkte demokrasie, meer as VF+ of die DA!!!!

Dink weer ·

Ek bly ook maar by die DA. Daar is geen party waarmee ek heeltemal saamstem nie, so stem dan eerder vir die sterkste opposisie.

Frank ·

Het tevore plaaslik vir DA gestem (Kaap) en landswyd vir VF. My gewete laat my egter nie meer toe om vir die DA te stem met hulle wereldse, mensgerigte beginsels nie (sien anti-doodstraf, pro-aborsie, anti-lyfstraf, pro-BEE, anti-Afrikaans ens ens).
Ek trek maar my kruisie volgens my oortuigings en God sal die uitslag bepaal

Boerboel ·

Alles wat jy se van die ANC weet ons alreeds. So Hellen stem maar vir jou X ANC party.

Cobus ·

DINK mense stem DA vir jou kinders en klein kinders Helen is reg

Peter Frewen ·

‘Weg van ras’ – Frans Cronje van die IRR stem nie saam nie.

kolla ·

Ek hoop net die DA maak dit weer in die Wes-Kaap, die alternatief is te tragies om aan te dink. Worry nie eintlik wat elders gebeur nie.

Bonita ·

Moenie selfsugtig wees!! Ons in limpopo, vrystaat kry vrek swaar onder die slinkse skelm ANC. DA MOET HIER OOK WEN!!!!

alwyn burger ·

Selfs die mees goedgelowigste persoon behoort nou tot die slotsom te kan kom dat die ANC nie bedraad is om SA die toekoms in te neem nie. Die ANC sal seker die verkiesing wen…..maar ek dink dit sal hul laaste oorwinning wees.

Michelle leR ·

Weg van ras? DA is vinnig om enige wit op swart aangeleentheid op die klok te hang maar nie andersom?
Dink ek kan op die vingers van een hand tel hoeveel keer hulle die boere ondersteun het itv plaasmoorde. Maar nou ja dalk lees ek nie genoeg koerant. Sterkte vir môre VF (en DA).

Pieter du plessis ·

Ek bly maar by die VF+Die DA praat met”fork tongue “

Pieter du plessis ·

Ten minste het ek nie my siel verkoop vir n t hemp nie want dit is al wat jy kry by daardie party.

Susan ·

Ek weet van baie mense wat hulle stem van DA na VF+ verander het. Al sit ons stadig maar seker net nog ‘n paar mense in die parlement wat vir blankes ‘n stem gee. Die DA veg nie vir ons wit “kolonialiste” nie. Hulle is ook pro-grondhervorming en anti-wit. Hulle verf net mooier prentjies om blankes te flous.

jwc ·

Beste Mev. Zille

Dit is so jammer dat die huidige leier en jeuleier van die DA dit onomwonde ten toon gestel het hoe min hulle werklik vir die witmense omgee. U sal weet waarvan ek praat. Uitsprake is blitsvinnig gemaak by ‘n skool waar ‘n onskuldige wit onderwyseres nog besig was om haar klassie in groepe in te deel…. ons het ook nie vergeet wat tydens die Mallet / Botha uitsending gebeur het nie…. Uself is deur die huidige (onvolwasse) DA leier verguis oor u feitelik en korrekte opsomming van (Wit) Kolonialisme… Die DA leier het baie duidelik dit te kenne gegee dat hy witbevoorregting gaan verbreek…

Die DA het nie juis veel gedoen om die witvertroue te wen nie, het hulle? Maar nou is dit verkiesingstyd en skielik lui my foon oponthoudelik, want die DA het my nou (vir die oomblik) nodig. Ek het in die verlede vir die DA gestem….

Groete en sterkte!!

Frank ·

Hoor, hoor! Ja, ek dink hulle is so desperaat om die Kaap te behou, dat hulle dit waarvoor die DA staan (en nie staan nie) vergeet/ignoreer

Frik Lotz ·

Die DA ondersteun regstellende aksie en SEB, nes die ANC. Hul voel ook niks vir Afrikaans en minderhede nie. Die DA probeer ANC beleid beter toepas en probeer n beter ANC as die ANC self wees. As jy DA stem, dan stem jy teen jou eie toekoms! Nee wat, dis beter om VF Plus te stem!

Adam ·

Frik, is Pieter Marais se teenwoordigheid in die VF+ nie ook maar bewys dat julle SEB gebruik wanneer dit julle pas nie.

Boer-in-die-Wind ·

flagella’sie s.nw. Geseling; geseling as selfkastyding

Flagellant’ s.nw., Flagellante.
1 Lid van een van die baie georganiseerde bendes of broederskappe wat sedert die 12de eeu selfkastyding om asketiese redes as ‘n rite beoefen het; geselaar, gesel-, kruisbroeder. Ten spyte van die veroordeling van die kerk het die gebruik voortgeduur tot die 16de eeu, toe dit, tydens die Swarte Dood, sy hoogtepunt bereik het. In moderne tye het dit weer sy verskyning in Europa, Asië, N. en S.Amer. gemaak.
2 flagellant.
a Persoon wat homself of ander mense kasty, veral ter wille van godsdienstige dissipline, soos by die Grieke en Egiptenare in die Oudheid, op verskillende tydperke in die Christelike kerk, en ook in moderne tye sporadies in baie lande nog; flagellator.
b Persoon wat op kunsmatige wyse geslagsdrif deur geseling opwek of bevredig; geselsadis

Bg volgens die WAT aanlyn woordeboek.

GB ·

Dieselfde ou holruggeryde DA retoriek. Maar wat my die meeste dwars in die krop steek is hul afkeur van identiteitspolitiek. Tipies liberalisme preek die DA die leun dat diverse kulture in n enkele gemeenskap saamgevoeg kan word. Vandaar hul slagspreuk “een SA vir almal”. Maar gooi diverse kulture in dieselfde pot en die resultaat is konflik. As jy als vir almal wil wees word jy uiteindelik niks vir niemand. Die enigste moontlik werkbare oplossing vir SA is federalisme, die spasie vir elke kultuur om sigself semi-onafhanklik te bestuur.

Andreas ·

Beste Helen Zille, ek mis jou twiets, baie. Dit het nogal vir ons gewys, hoe eng jou ‘nuwe’ DA se beskouing oor die verlede kan wees, hoe gevoelig hulle is en daarom het hulle jou daardie tyd pak gegee, hulle het nie eens met jou in debat getree nie, oor Mmusi se reaksie wil ek nie eens praat nie. Maar dan moet mens nie vergeet nie, dat in SA sit ons met die Eerste Wêreld (as ons dit nog het, meeste daarvan is nou al afgebreek), die Tweede Wêreld en ons het die Derde Wêreld. Die DA en veral jul bestuur, sal weet waarvan ek praat.

Jerry ·

Hoe dit ookal sy, Helen Zille is die enigste opposisie leier wat die oplossing om belasting te weerhou geopper het om die ANC te vernietig en waarvoor die ANC staat haar graag sal wil aankla vir hoogverraad, alhoewel die ANC staat reeds hoogverraad met staatskaping 1 gepleeg het. Tans is die ANC staat met staatskaping 2 besig om kwansuis die skade van staatskaping 1 te herstel deur nog meer geld te vat. Oor 5 jaar van more af sal Suid Afrikaners besef dat hulle die geldkrane vir die ANC staat moes toegedraai het toe Helen Zille dit voorgestel het. Oor 5 jaar gaan die ANC staat skatryk wees en almal wat hier kommentaar lewer, brandarm!

Andreas ·

DIS hoekom ek VF+ gaan stem. En Jerry veronderstel my seepbal bars met die uitslae, dan het ek ten minste my droom in hierdie tyd voor die verkiesing geleef.

VF heelbo ·

Daars ditse party en datse party maar geen een kom vir ons reguit op soos die VF nie.

Jerry ·

Jou droom gaan nie bewaarheid word nie, maar jou seepbal gaan ook nie bars nie. Die VF sal nie minder verteenwoordiging kry as wat hulle reeds het nie!

JaNee ·

Ja … dit is stemtyd …. almal belowe alles … waar was al die mooie praatjies voor nou? Nêrens nie. Mosterd na die maal

M ·

Daar is nie eers EEN politieke party in SA wat die moeite werd is om voir te stem nie MAAR om te stem vir ‘n party met 2 parlementslede oor sentimentele redes is selfmoord. Stem dan eerder die opposisie in om ten minste die grootste golwe te breek.

Danie ·

Al is dit twee is dit n sterk span en koalisies gee krag aan klein partye. Dis eerder politieke selfmoord om te stem vir n groter party waarin jy n onbelangrike minderheid is.

koos ·

Daai 2 parlamentslede kan ‘n groot verskil maak. Wat as daar gestem moet word uitslag is 199 vir en 198 teen? Elke stem tel.

Gert ·

Nee M, werklike selfmoord is om te stem vir ‘n party met dieselfde beleid as die ANC, dit versterk die ANC in die parlement deur al sy siek wetsvoorstelle te steun, en dra by tot die huidige verval van groepsregte.
Dis duidelik baie van die kommentators hierbo het nie die debat tussen die DA en die VF+ gekyk nie. Hulle gaan weer stem teen hulle eie mense.

Pieter du plessis ·

Nelson mandela het 28 jaar in n tronk gesit oor wat en waarin hy geglo het ,”afrikaners ” kan nie eers n kruisie op n papier trek waarin hulle glo nie en dit omdat hulle oningelig of plain ……..is

koos ·

Ons politiek stagneer. Alle partye wys en bou hulle strategie op die ANC se mislukkings en bied niks nuut nie, almal behalwe een. Go Figure.

kolla ·

FN? Lyk vir my na die enigste party wat ‘n daadwerklik iets nuuts voorstel.

jaco ·

Helen Zille kan maklik praat. As premier van die Wes-Kaap vir 10 jaar lank was haar salaris elke jaar meer as R2miljoen, so sy is beslis nie arm nie. Albei haar oupas is in Duitsland gebore. Dit gee haar dus ‘n baie maklike aanspraak op Duitse burgerskap wanneer dit later baie sleg met wit mense in SA sal gaan. Ek en maklik 4 miljoen ander wit mense sal egter nie kan weggaan uit SA nie en maar daardie onderdrukking moet deurgaan.
Mense met sulke lekker “agterdeure” moet eerder stilbly, want hulle weet NIKS van swaarkry en selfs sterf onder onderdrukking nie.

Melanie ·

Toe ek vanoggend my stembriewe voor my gehad het, toe onthou ek al die tye wat die DA gehaas het na waar hulle “gehoor” het ‘n wit persoon het ‘n swarte te nagekom. Madame zille het met al haar maaitjies voor Kleinfontein se hek gestaan en op blankes geskree. Meer onlangs het die juffrou van Schweizer deurgeloop. Nie zille, moesie of enige DA lid het agterna vir die juffrou om verskoning gevra nie. My antwoord aan zille kan gesien word waar ek my kruisie vandag aangebring het. Ek wens helen suzman het vandag nog gelewe om te sien in watter gemors haar geliefde land nou is. Die DA moet nie blankes se stem verwag en daarna daardie einste witman verag!

Charl Koen ·

Ai, die DA het sy kredietwaardigheid verloor. Die ANC, EFF, BLF en die DA is soos kinders in ‘n huis – miskien verskillend maar van dieselfde “Pa” en dis wat my bekommer. Onderliggend het hulle almal dieselfde agenda. Hulle voer dit net op verskillende maniere. Uit Matt 7:15-17 word ons aangeraai om te kyk watse vrugte dra die boom. En DA, die vrugte wat jy dra is vrot. Net soos die res van jou boeties.

James ·

Die eersste deel van Helen se rubriek lees soos ‘n bevestiging van die voorspellings wat gemaak is – destyds – toe sy diegene wat nou na haar mening ‘n gevaar vir die voortbestaan van Suid-Afrika inhou, veilig in haar huis vir die Polisie weggesteek het daar in Houghton.

Waaroor kla sy? Sy’t mos gekry waarvoor sy geveg (en teen gewaarsku), is?

Koos ·

En wie is die ander 197. Dan kan jy mos maar vir die 197 stem

Judge Dredd ·

Mense erken maar moeilik hulle was verkeerd.
Dus waarom die JA stemmers nou DA stem.

Boerboel ·

Stem saam Judge.
Net gister maak Kolla vieslike bewerings oor die VF+ en verwys na walglikke rassisme. Hy kan egter nie sy bewerings staaf . So het seker vandag sy DA onderrok aangehad en by Hellen gaan stop sodat sy dit moet stryk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.