Dr. HF Verwoerd: Rots wat geen korrupsie sou duld

dr-hf-verwoerd

Dr. HF Verwoerd. Foto: Wikiwand.com

Deur Dr. Daan Verwoerd

As seun van ʼn bekende, en soms omstrede, openbare figuur word ek soms gevra: Hoe was jou pa as méns, hoe het julle kinders hom in familieverband beleef? Soms meer direk: Was hy werklik so ʼn dogmatiese “man van graniet”soos in die media voorgestel?

My antwoord is nee, hy was in werklikheid ʼn baie toeganklike maar terselfdertyd beginselvaste persoon met ʼn besondere vermoë om leiding te neem deur goed deurdagte beredeneerde debatsvoering. Hy was ʼn ware visioenêr met ʼn besondere visie vir die toekoms van Suid-Afrika as veelvolkige land waar elke volksgroep dieselfde mate van vryheid en selfbeskikking in ʼn eie gebied sou hê sonder dat enige groep ʼn ander sou oorheers. Hy was oortuig daarvan dat dit die enigste manier sou wees om ons geskiedkundige probleme van onderlinge stryd en uitbuiting op te los en het elke geleentheid gebruik om hierdie ideaal te verkondig.

Hy was egter nie net ʼn dromer nie en het die vermoë gehad om sy visie in praktiese stappe te omskep, soms teen groot teenkanting in. Het hy as vader hierdie sienings op sy kinders afgedwing? Mense is gewoonlik verbaas as ek sê dat ons selde tuis politiek gepraat het. My vader het sterk standpunt ingeneem dat ons as kinders ons eie pad moes vind, selfstandig oortuigings moes vorm. Hy was egter altyd beskikbaar om vrae te beantwoord, standpunte te verdedig en selfs te argumenteer.

As vader was hy streng, maar altyd regverdig wanneer ons foute gemaak het, dog steeds onkreukbaar waar beginsels betrokke was. Dit word goed geïllustreer deur ʼn voorval waarby ek betrokke geraak het as jong student aan die UP.

Ek was redelik betrokke by studentepolitiek en in ʼn stadium voorsitter van die UP se Afrikaanse Studentebondtak. Ons kry toe eendag ʼn brief uit die VSA van ʼn student wat sê dat hy belangstel in ons politiek en beplan om ’n besoek aan Suid-Afrika te bring en om verskillende groepe te besoek en hulle standpunte te ondersoek.

Ons beskou dit toe as ʼn gulde geleentheid om ons land te verdedig, nooi hom selfs uit om ʼn paar dae in Sonop, die koshuis waar ek toe ingewoon het, deur te bring. ʼn Paar maande later daag hy op, word met gasvryheid ontvang en rondgeneem, maar stel ons teleur deur ʼn gebrek aan werklike belangstelling en laat ook niks verder van hom hoor nie.

Enkele weke later kry ek ʼn oproep dat ek dringend my vader moet kom sien. Daar hoor ek toe dat die veiligheidspolisie besig is om ʼn saak teen my te ondersoek. Dit blyk toe dat hulle die “vriend” van my op die grens van Botswana betrap het met ʼn gesoekte ANC-aktivis in die kattebak van sy motor, blykbaar nie die eerste keer dat hy iemand oor die grens gesmokkel het nie. Hulle vind toe ook by hom my uitnodigingsbrief wat hy gebruik het om ʼn visum te bekom – alles mooi beplan.

My vader was natuurlik baie ontsteld en die eerste ding wat hy vir my gesê het, was, ek moet mooi verstaan, as ek skuldig is, sal hy nie ʼn vinger verroer om my te help nie en dan sal ek my straf moet uitdien.

Ek moes ʼn verklaring gaan aflê by die veiligheidspolisie en dit verdedig by die minister van buitelandse sake. Gelukkig het almal my verduideliking aanvaar. Eers later het ek verneem dat die Amerikaner ʼn bekende linkse aktivis was en dat die polisie reeds voorheen op sy spoor was.

Vir my was dit ʼn belangrike les om mense nie blindweg te vertrou nie. Belangriker egter, was dit ʼn bevestiging van my vader se onkreukbare veroordeling van enige vorm van korrupsie of bevoordeling.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Spook ·

Dr Vervoerd was seker ( verseker)die beste leier wat die wereld ooit gahad het. Hy het al die probleme wat ons nou het daai jare al raak gesien en wou dit nie laat gebeur nie.As hy nie vermoor was nie sou dinge baie anders gewees het nou,ons sou seker een van die groot wereld magte gewees het wat net sou vooruit streef!

Andre ·

Ek stem volkome saam. Ons moes ‘n model soos Europa gehad het, wat elke volk sy eie land gehad het. Maar toe vermoor hulle hom, en toe kom apartheid

Hendrik ·

Ek stem so saam spook hy het raak gesien en sou dit verander het maar nou ja nou sit ons met Zompie

Oupa ·

Ek wonder of daar óóit weer ‘n leier van Dr Verwoerd se formaat iewers op die aarde sal opstaan. Ons word egter verswelg deur vals profete met vroom beloftes wat die massas met rook en spieëls mislei. En die massas is vas aan die slaap…

JC ·

Vir almal wat wil luister: ONS AFRIKANERS IS NIE MEER SKAAM VIR ONS VERLEDE NIE. ONS HET GENOEG DAARVAN GEHAD! WAAROM MOES ONS in die eerste plek SKAAM WEES? ONS IS IMMERS DIE GEHARDSTE, VINDINGRYKSTE, VERGEWENDSGESINDE, WYSTE, SLIMSTE EN INNOVERENDSTE VOLK OP AARDE! DAAR IS GEEN GEBREK AAN VOORBEELDE NIE: DR VERWOERD, DR CHRIS BARNARD, DR JAKOB VAN ZYL VAN NASA, AFRIFORUM, AFRIFORUM JEUG, AKADEMIA, AROS EN AL ONS AFRIKAANSE KULTUURINSTELLINGS EN SO KAN EK AANGAAN. GEEN VOLK HET AL DEURGEMAAK WAT ONS MOES EN DAARUIT LEWEND GEKOM EN SOVEEL EN MEER BEHAAL NIE! ONS IS MOEG VIR DIE BESKULDIGINGS, EN VERAL DIE LINKSE MEDIA. ONS IS MOEG VIR DIE VIESLIKE VITRIOEL EN DIE DONKER WOLK WAT OM DIE RSA SE KOP HANG: ONS IS TROTS OP ALLES WAT AFRIKAANS IS, EN OP ALLES VAN AFRIKANERS, EN OP DR VERWOERD!!
ONS KOM SUID-AFRIKA!! ONS SAL LEWE, ONS SAL STERWE, ONS VIR JOU SUID-AFRIKA!!

Ouma Mossie ·

JC, daarop se ek: Amen! beter sou niemand dit kon stel nie.

Mariana Page ·

Hy was ‘n man van integriteit. Hy het eenvoudig onmiddellik vertroue ingeboesem. Iemand wie mens kon glo as waarlik eg en eerlik.

Hannes Coetzee ·

Was Hendrik Verwoerd nie vermoor nie, sou almal in SA (swart en wit) beter af gewees het as nou. Huidiglik is korrupsie in die staat ens. nr1 en hulle sal nie verander nie. Die wêreld het n uitstaande leier verloor.

Hanna ·

Baie dankie vir die plasing van dr Daan Verwoerd se skrywe! Dit verg mos deesdae baie moed om net die naam Verwoerd op die lippe te neem! Dit is vir opvallend hoeveel aandag dr Verwoerd die afgelope paar dae rondom die 50ste herdenking van sy moord in die media gekry het!

Dit sal egter baie help as daar uit al sy haters en teenstanders net ‘n handjievol is wat die moed van hulle oortuiging sal hê om iets positief, soos bogenoemde skrywe, te lees!!

Rynhardt ·

Die liberale het agter die beswaddering van dr.Verwoerd gesit.Vandag sit die einste liberale DA met Maimane die tradisie voort.Dr.Daan, ek wil graag iets by jou weet.Wie het werklik agter die moord op jou pa gesit of wie vermoed jy was verantwoordelik daarvoor? Ek glo daar was verskeie persone betrokke plaaslik en internasionaal wat namens n wereldorde opgetree het,NP se aandeel kan nie uitgesluit word nie!

Johan 2 ·

Ek sal daai antwoord ook graag wil hoor. NWO is die gif vir beskawing in die weste… Ek dink die enigste ander leier wat met Dr. Verwoed kan kersvashou is Mr.Putin…dult ook nie korrupsie nie en die NWO haat hom daarvoor.

stephen ·

Just google “the jews behind mandela euro folk radio “. Its a long discussion ,nearly an hour but you will get the answer if you are prepared to listen.

Grassie ·

Daar was voor Dr Verwoerd se tyd en daarna nog nooit ‘n leier van sy gehalte in ons land nie. Ek het as 18-jarige jong polisieman soms wagdiens verrig by sy ampswoning. Ek onthou nog sy vriendelikheid – wanneer hy by die wagpos verbystap het hy altyd vriendelik gegroet en na ‘n mens se welstand verneem. Hy het egter soms hoofbrekens veroorsaak. Hy het hom nie veel gesteur aan veiligheidsmaatreels nie. Hy en mev Verwoerd het soms vir ‘n wandeling gegaan, doodluiters by die wagpos verby gestap en in die straat af. Wanneer hy ons konsternasie raaksien het hy breed geglimlag terwyl die wind sy wit kuif deurmekaar waai.
Die dag toe hy vermoor is (ek was toe darem al ‘n bietjie ouer) het ek instinktief geweet dat ons land en volk ‘n kruispad bereik het waarvan dit nooit gaan herstel nie. Ek glo nou nog die Skepper het dardie dag sy rug op ons volk gedraai.
Miskien, net miskien kom die son weer eendag op vir ons volk en kom daar weer ‘n man soos Dr Verwoerd op die toneel. Ek hoop dit gebeur in my leeftyd.

chrisp ·

Ek is te jonk maar het baie van my pa oor hom geleer.
Bitter min mense het my pa beindruk hy was egter een.

Waarvan ek egter oortuig is,is alhoewel hy nie apartheid se vader was nie(volgens my afsonderlike ontwikkeling dalk) sal sy naam nog baie in die toekoms herhaal word en ook wereldwyd. Dit nogal in ‘n positiewe lig.
Die wereld (lees weste) sal nog baie blaaie uit sy boek neem, as hulle gaan oorleef bygese. Die wiel draai en wat hy vir Suid Afrika voorsien het met ‘n eenheidstaat bestaande uit al die volkere wat tans hier is,is ook op die weste van toepassing.

Net dalk eendag sal die wereld en ook die liberaal blindes in die NSA leer dat hy geen volk gehaat het nie, maar hulle meer gerespekteer het as wat die weste en die liberales onder ons ooit gedoen het of in die toekoms kan doen.

Gottie Myb urgh ·

Ek hou baie van die kommentaar wat ek nou hier gelees het van Dr Verwoerd, ek wil net Andre se aandag daarop vestig dat apartheid reeds bestaan het toe die Engelse nog aan bewind was, en dat die Engelse ook die dompas metode ingestel het, ek is natuurlik nog klein, ek dink in Sub-b gewees toe Dr Verwoerd vermoor was, my persoonlike opinie is dat ek dink die NP agter die dood van Dr Verwoerd sit, want hulle het gesien waarheen hy gaan en wou dit nie laat gebeur het nie, en hoekom is sy moordenaar nooit werklik verhoor nie, maar in n gestig geplaas? Dit is maar hoe ek dit sien.

Kobus ·

Gaan lees gerus my kommentaar onder aan die artikel “[Foto’s] Verwoerd 50 jaar later”, waar kom die woord Apartheid vandaan.

moegviraldiebeloftes ·

ek was so 6 of 7 jaar oud toe hy vermoor is – selfs toe al was daar baie bespiegeling dat Stefendas nie die hoofbrein agter die moord was nie maar ander wat nie gehou het van die pad wat Dr Verwoerd wou hê SA moes volg nie. My skoonpa het ons baie dinge vertel wat hulle moes doen soos om hoë bome in tronke op te pas wat volgens die regering veraaiers was. Hulle was meeste van hulle het later hoë poste in die parlement gedien as ministers

SNEL ·

Ja, wat n yster van n man n leier duisende. Ek dink hy spin in sy graf as hy weet wat in ons land vandag aangaan.

Ben Prinsloo ·

Rynhardt ek gaan jou en dalk baie ander mense nou skok maar die kort antwoord is n man met die naam van BJ Voster. Ek wil nie daarop uitbrei nie want dit is te lank. Gebruik die internet en jy sal agterkom hy was die hoof van veiligheid en hy het geweet wie Demetrio Tsafendas was en hy het hom die klaring gegee om daar te wees. Jammer ou maat ek weet baie mense wildit nie hoor nie, maar dit is so.

Sarie ·

Lees die boek Bird on the wing van Allen Bird en volg die geskiedenis van Dr Solly Jackson wat beide Pratt en Tsafendas vir geestesversteurdheid behandel het. Pratt in SA en Tsafendas in Engeland.

WA ·

Dankie Dr. Daan. Jy het ‘n Vader gehad om op trots te wees.
Die beste Leier wat ons land ooit gehad het.

Johanna Botha ·

Verwoerd word regtig verkeerdelik uitgebeeld en dit is hartseer want hy was iemamd met beginsels en waardes en wou die beste vir almal bewerk ….iets wat die hele SA nie het nie VERAL die leiers wat so steel, plunder, brand en verniel.

thea ·

Die Beste leier in Suid Afrika ooit, n man wat beginsel vas was en baie baie slim
hy het al probleme gesien wat ons mee sit vandag

Schalk ·

As elkeen wat ‘n ander kritiseer net eers gaan staan en die positiewe en negatiewe dinge lys wat hy of sy gedoen het vir die land, sal min kan opstaan en oordeel vel op hom.
Die meeste mense kan net kla en doen self niks positief nie. Watter reg het enige draadsitter om te kritiseer. Draadsitters is negatiewe mense wat oppurtunistiese suurstofdiewe in my mening is

christine ·

Vorster is korrek en die ou wat die bode ingelaat het Tinie van den Berg hoof van die weermag. Die Smith moorde Dr Diederiks en Mc Dougel. Geen wonder op Dr Verwoerd se begrafnis was die vlgde gese STILL MENSE HIER GAAN N MAN VERBY.

Johann ·

Praat jy nie dalk van Lang Hendrik Johan van den Bergh nie?

Andries ·

Volgens my navorsing waarmee ek besig is oor die Vrymessalaars was dit vir my skokkend om volgens my bronne uit te vind dat die Vrymessalaars ( eliminate) en Vorster agter die mood gesit het.

Theuns ·

Dr. Daan uit die kommentaar is dit baie duidelik ons volk treur nou nog oor u vader. Ek was ook ‘n jong man toe dit gebeur het. My Pa was ‘n speurder en hy het geglo “Rooi Rus” van den Berg het iets met die moord te doen gehad en dat hy sy instruksies van John Vorster ontvang het om dit ten uitvoer te bring! Dit kan met reg gese word dat hierdie ‘n “Staatskaping deur moord op u vader” was. Dit was die einde van Suid Afrika soos ons dit geken het! As FW de Klerk en sy bende net vir ons kon beding wat u vader vir al die inheemse volke van SA wou he, dan was ons vandag beter af. Groete.

Sarel strydom ·

eerstens verbaas ek my vir die baie psitiewe kommentaar. Waar is hulle wat Dr. Verword op 6 September so sleg uitgeskel het. Mense wat nie mooi weet waarvan hulle praat nie. Dr. Verwoerd was sy tydgenote ver vooruit , maar niemand sal dit ooit erken dat hy reg was nie, veral nie die Engelse nie.

Regi ·

Ek neem nie aan kommentaar deel nie.Maar oor so groot man kan ek nie stil bly nie.Ek was 21 toe hy vermoor is.Ek en my twee broers was op Cradock by vergadering wat DR.toegespreek het.Dit was wonderlik om na so groot en begaafde mens te luister.Ek het ook n plaat met n paar van sy toesprake op.Ek wil nie hier name noem nie maar het die boek gelees van al die verraaiers.Ook van die een wat die moordenaar vierduisend rand betaal het vir sy daad.

m ·

Partykeer wonder ek wat sou manne soos hierdie gese het van die sogenaamde nuwe Suid Afrika as hulle nog geleef het vandag…………………………….

Arend ·

Niemand is heeltemal sleg of heeltemal goed nie. Ek glo Dr. Verwoerd het destyds gedoen soos hy op daai stadium gedink het die beste vir die land sou wees. Dis egter waar dat daar altyd mense met duistere motiewe en verskuilde agendas tussen ons rond beweeg. Ek glo beslis dat ou Tsafendas “gestuur” was om ander se vuilwerk vir hulle te doen. As ons bietjie gaan sit en mooi terugdink oor die gebeure lank gelede sal ons sien dat ou FW het ook basies vir PW gekaap het om in bewind te kon kom, dit, met ander se seëning, want mens kan so iets nie alleen aanpak nie. Ek werk in so ‘n omgewing, al dikwels beleef!

christine ·

Selfs ou siener het dit voorspel hy ook gese hy sien n pikswart slang aangeseil kom die gaan krul hom op in Vereniging. Snaaks dat FW die LP van Vereniging was

Neels Marnewick ·

Ek skryf gereeld briewe aan die Burger, Oos Kaap in Port Elizabeth. Vandag weer het hulle my brief oor dr Verwoerd geplaas. Dit was in antwoord op die joernalis Leopoldt Scholtz se artikel waarin hy die leuens en haat teen dr Verwoerd probeer regstel het, maar ook op n halwe manier. Ek hou van die kommentare wat ek hierbo gelees het. Ek is dan ook besig om n boek oor die geheime sameswering in die wêreld en hoe dit SA affekteer, waaroor ek baie materiaal besit, opsommend bymekaar te bring in een volume. Dit is ongelukkig n stryd deesdae om publikasiehuise geïnteresseerd te kry. Die geldfakror is n groot probleem. Moontlik sal dit voor die ende van die jaar op internet beskikbaar wees.

Fanie ·

Dr Verwoerd sou moedeloos wees oor baie van hierdie ‘kommintaar!’ Ja, hy was ‘n besondere mens, en word vandag verkeerdelik verguis terwyl hy reuse swart ontwikkelingswerk gedoen het en die land se ekonomie geweldig laat groei het. Maar sy beleid het nie gewerk nie- witmense wou swart arbeid hê- wat in hul der duisende kom werk en meer as ons geword het. Dís hoekom sy opvolgers dit verander het, nie omdat daar ‘n komplot was nie. Lees die Regter se hofuitspraak oor Tsavendas.

Henry ·

Dankie tog aan Fanie vir sy raak en objektiewe kommentaar oor die regeringsbeleid tydens Dr Verwoerd se bewind.
Dit is verstommend hoe sommiges nie huiwer om afgestorwenes op klakkelose wyse te beswadder. Indien die beledigings op werklike feite gebasseer is, kan mens nog ruimte laat vir die krasse beledigings. Maar wanneer dit aan die hand van growwe en foutiewe inligting geskied, is dit regtig tragies – om dit baie sagkens te stel.
Komplotters en hul ‘waarhede’ sal altyd met die mensdom wees. Koddig hoe diesulkes altoos met hul ‘onthullings’ vorendag kom, wanneer al die beskuldiges reeds dood is. Waarskynlik lugtig vir regsaksies wat teen hul ingestel kan word.
Moet sê dat die “Rooi Rus Van den Berg” ene die koek vat.
Maar nou ja sulke skryfsels vertel gewoonlik veel meer van die skrywer, as wat dit van enige nut vir mens of dier is.
:-)

Ben ·

Dr Verwoerd was ‘n intellektuele reus en was een van die beste staatsmanne ooit. Ons het nooit ooit iemand met so ‘n intellek gehad nie buiten Jan Smuts. Jan Smuts was egter reeds op ‘n vroeë ouderdom gekaap om teen sy eie mense te draai. John Vorster en Lang Generaal Hendrik vd Berg was verantwoordelik vir dr Verwoerd se dood. Tsafendas moes gedeporteer word maar die bevel is nooit deur John Vorster, toe minister van Justisie, geteken nie. Die volgende was dat Tsafendas aangestel is as bode in die Parlement. Hy was oa deur Leaboa Jonathan van Lesotho besoek en was hoog geag onder swart politici. Dit het die NP bedreig en so ook die magte wat uiteindelik SA met sy rykdomme in kommunistiese hande wou hê. 50 jaar later is ons daar. Dr Verwoerd het ook sy vyande binne sy eie geledere gehad. So was daar wrywing tussen hom en Anton Rupert. Die NP het baie wandade gepleeg. Die moord op dr Robert Smit en sy vrou. Dit was deur dr Nic Diederichs via Hendrik vd Berg georkestreer want Diederichs het miljoene onwettig uit SA geskuif en is later insolvent dood. Gaan lees die Lang Generaal en besluit self……..feite of fiksie?

Henry ·

Teen die agtergrond van al die inligting waaroor u en wie ookal mag beskik, sal u en wie ookal hopelik so gou as moontlik klagtes van moord, sameswering, medepligtigheid ens by die naaste polisiekantoor registreer teen die persone wat volgens u vir die moorde op Dr Verwoerd en die Smit egpaar verantwoordelik is.
Dit wil voorkom asof u en wie ookal oor verdoemende inligting beskik.
Duidelik dat daar ook ander individue betrokke moet wees, siende dat die afgestorwenes wat hierbo deur u en wie ookal beskuldig word, kwalik by die uitvoering van hierdie wrede dade betrokke kon wees.
Mag geregtigheid eens en vir altyd geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.